jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewdie trekking van die “drone”-projek se...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 35 2 - 9 November 2018 BEDANKING: Hiermee ‘n hartlike woord van dank aan Eddie en Elsabé Ueckermann, wat ‘n opslaan asbeshuis aan die skool geskenk Het, om as ekstra klaskamers by ons skool op te rig. Baie dankie aan John Roelofse wat die vrag met sy vragmotor gaan haal het. Ons het soveel waardering daarvoor!! EKSAMENROOSTER: Ouers en leerders moet asseblief kennis neem van die eksamenrooster wat by die nuusbrief ingesluit is. Eksamenwerk is op skrif aan leerders verskaf! JAARBLAD 2018: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief. Stuur die bestellings en kontant asseblief na die klasonderwysers. Dit is ‘n pragtige boek wat u gerus kan aanskaf! PRETDAG: Leerders sal eers hulle toetse klaar skryf voordat die Pretdag begin. Leerders mag in hulle span se kleure skool toe kom. Geelspan en Blouspan neem teen mekaar deel. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Inskrywingsgeld beloop R10 per leerder vir die hele dag se pret. Ouers word uitgenooi om ook te kom deelneem aan die driekamp en pretdag. Inskrywingsgeld vir ouers is R20. Kontak vir Adéle as julle wil inskryf! Driekamp vind op die skoolterrein plaas en die res van die items op die rugbyveld. Die trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook die spesifikasies van die opgegradeerde “drone” wat gewen kan word. Ouers wat dalk kans sien om skenkings te maak vir die Ouerleierkomitee kan dit na die boekstoor stuur volgende week: KOEKMEEL TAMATIESOUS BOTTELTJIES COKE Hulle gaan heerlike verversings verskaf! SNOEPIE: Tenders vir die skoolsnoepie sluit op Vrydag, 9 November om 8:00. VCSV-KAMP: [AFSKEURSTROKIE] Graad 7 leerders wat ‘n foto CD (R30) van die VCSV-kamp wil hê, kan dit met die afskeurstrokie by juffrou Elza bestel. Kontant met bestelling asseblief. Baie dankie aan juffroue Elza van Wyk, Madeleine Koorzen, Wollie en Danie Noeth wat hulle tyd opgeoffer het om ons kinders te vergesel. GRYS SKOOLHEMDE VIR SEUNS: Ouers word daaraan herinner dat seuns vanaf 2019 verplig is om wit skoolhemde te dra. (Somer en winter) Die grys hempie word aan die einde van 2018 uitgefaseer. LEERDERDEELNAME: KRIEKET: Ons 0/13 krieketspan het in die plaatfinaal met 2 paaltjies teen Eureka verloor. Baie geluk aan Vuyani Moore wat as kolwer van die toernooi aangewys is!! Baie trots op jou!

Upload: ngotram

Post on 08-Apr-2019

219 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 35 2 - 9 November 2018BEDANKING:Hiermee ‘n hartlike woord van dank aan Eddie en ElsabéUeckermann, wat ‘n opslaan asbeshuis aan die skool geskenk Het, om as ekstra klaskamers by ons skool op te rig. Baie dankie aan John Roelofse wat die vrag met sy vragmotor gaan haal het.Ons het soveel waardering daarvoor!!

EKSAMENROOSTER:Ouers en leerders moet asseblief kennis neem van die eksamenrooster wat by die nuusbrief ingesluit is. Eksamenwerk is op skrif aan leerders verskaf!

JAARBLAD 2018: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan die Jaarblad @ R120 per kopie met die afskeurstrokie bestel. Kontant met bestelling asseblief. Stuur die bestellings en kontant asseblief na die klasonderwysers. Dit is ‘n pragtige boek wat u gerus kan aanskaf!

PRETDAG: Leerders sal eers hulle toetse klaar skryf voordat die Pretdag begin. Leerders mag in hulle span se kleure skool toe kom. Geelspan en

Blouspan neem teen mekaar deel. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Inskrywingsgeld beloop R10 per leerder vir die hele dag se pret. Ouers word uitgenooi om ook te kom deelneem aan die driekamp en pretdag. Inskrywingsgeld vir ouers is R20. Kontak vir Adéle as julle wil inskryf!Driekamp vind op die skoolterrein plaas en die res van die items op die rugbyveld.Die trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook die spesifikasies van die opgegradeerde “drone” wat gewen kan word.Ouers wat dalk kans sien om skenkings te maak vir die Ouerleierkomitee kan dit na die boekstoor stuur volgende week:

KOEKMEEL TAMATIESOUS BOTTELTJIES COKE

Hulle gaan heerlike verversings verskaf!

SNOEPIE:Tenders vir die skoolsnoepie sluit op Vrydag, 9 November om 8:00.

VCSV-KAMP: [AFSKEURSTROKIE]Graad 7 leerders wat ‘n foto CD (R30) van die VCSV-kamp wil hê, kan dit met die afskeurstrokie by juffrou Elza bestel. Kontant met bestelling asseblief. Baie dankie aan juffroue Elza van Wyk, Madeleine Koorzen, Wollie en Danie Noeth wat hulle tyd opgeoffer het om ons kinders te vergesel.

GRYS SKOOLHEMDE VIR SEUNS:Ouers word daaraan herinner dat seuns vanaf 2019 verplig is om wit skoolhemde te dra. (Somer en winter) Die grys hempie word aan die einde van 2018 uitgefaseer.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET:Ons 0/13 krieketspan het in die plaatfinaal met 2 paaltjies teen Eureka verloor. Baie geluk aan Vuyani Moore wat as kolwer van die toernooi aangewys is!! Baie trots op jou! Baie dankie vir die ouers wat hulle kinders so getrou ondersteun het, asook die afrigters van hierdie span.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]UITSLAE TEEN NEWTON: 0/13A verloor 6 – 0 0/11A + 2 verloor 8 – 0 0/9A verloor 6 – 0 WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:Die 0/9A + 2, 0/11A en B en 0/13A en B dogterstennisspanne speel op Maandag, 5 November teen Hartswater op Tuine se bane in Kimberley. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om u kinders se vervoer te bevestig en na die klasonderwysers terugstuur. Spelers mag om 12:45 verdaag en die bus vertrek om 13:15. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.

Dit is die laaste wedstryd van die jaar. Baie dankie aan ouers wat kinders oral heen vervoer het en spelers wat getrou kom oefen het. Ons is trots op julle goeie sportmangees en gedrag!

NETBALPROEWE:Die eerste rondte netbalproewe vind op Dinsdag, 6 November om 16:00 plaas. Alle dogters wat volgende jaar 0/12, 0/13 en 0/14 is, is welkom!!

KAREEBOKKIE TENNISTOERNOOI:Veels geluk aan die volgende spelers wat goed presteer het:0/7:

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook

Christiaan Wilkinson: 3de plekSimon de Witt: 4de plekJomar Cloete: 5de plek0/9: Leo Wilkinson: 2de plek

NEWTON SWEMGALA/TWEEKAMP:Baie geluk aan al ons swemmers en tweekampers wat met die Newton byeenkomste ons naam so hoog gehou het.Trots op julle!

BUITEMUURS:Tennis en krieket het klaargemaak. Tweekamp, swem en atletiek gaan normaal voort.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie om die graad 7-klas se koekieverkoping op Maandag, 5 November te ondersteun.

DISCONTO BOEKUITSTALLING:Disconto kom ons weer besoek op Dinsdag, 13 en Woensdag, 14 November. Maak solank ‘n geldjie bymekaar om boeke teen baie billike pryse te kom koop. Kom doen julle Kersaankope!

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Fees/PRETDAGPROGAM: 8:30 Optog na swembad

8:45 Driekamp begin (Kan individueel deelneem of 2-3 in ‘n span)

Graad Swem Fiets Hardloop1 25m 1km 500m2 25m 1km 500m3 25m 1km 500m4 75m 2km 800m5 75m 2km 800m6 100m 3km 1km

7 en ouers 100m 3km 1km

10:00 Optog na rugbyveld

10:20 Stasie 1: “Obstacle course”

10:40 Stasie 2: Golf en volleyball

11:00 Stasie 3: “Waterslides”

11:20 Stasie 4: Balle en Ballonne

11:40 Stasie 5: “Teamwork”

12:00 AFLOS:

GEBEDSLYS:Machné Kotze

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook

12:30 OUERS VS ONNIES EN “DRONE” TREKKING!!!

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLEKSAMENROOSTER

19 Nov. - 28 November 2018

Dag: Dat: Gr 1 Gr 2 Gr 3 Gr 4 Gr 5 Gr 6 Gr 7

Ma: 19 WISK WISK WISK NWT EBW

Di: 20 WISK WISK WISK SW GESK SW GESK

SWGESK WISK

Wo: 21 WISK WISK WISK AFR NWT AFR 2 AFR 2 & 3

Do: 22 AFR AFR AFR WISK WISK WISK NW

Vry 23 AFR AFR AFR ENG ENG ENG 2 LO

Ma: 26 LV LV LV NWT LV AFR 3 SW GEO& GESK

Di: 27 ENG ENG ENG SW GEO AFR SW GEOENG 3

ENG 2 & 3

Wo: 28 ENG ENG ENG LV SW GEO LV TEG

Graad 7-leerders skryf op 14 November hulle SK vraestel.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook

AFSKEURSTROKIE: JAARBLAD – 2018

OUER: ________________________________________

LEERDER: _______________________ GRAAD: ________

WIL GRAAG ‘N ______ (AANTAL) JAARBLAD VIR 2018 @ R120 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________________

AFSKEURSTROKIE: FOTO CD - GRAAD 7 VCSV-KAMP

OUER: _________________________________

LEERDER: ______________________________

WIL GRAAG ‘N ______ (AANTAL) VCSV FOTO CD @ R30 ELK BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN: R__________

HANDTEKENING: _________________________

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN HARTSWATER (Maandag, 5 November)

OUER: _______________________________________

SPELER: ___________________________________________

VERVOER SELF MY EIE KIND NA KIMBERLEY:

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

HANDTEKENING: ____________________________

Datum: _____________________

Busgeld vir elke speler: R30

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook

“Drone”-kaartjies:GRAAD: AANTAL BOEKIES VERKOOP:

1 222 20

3A 63B 54A 144B 65A 55B 40 1ste6A 126B 147A 38 2de7B 6

TOTAAL: 188 (R47 000.00)

Vandag Vrydag, 2 November is 4 kinders beloon met ‘n mini drone omdat hulle die laaste week die meeste kaartjies verkoop het. Dankie en geluk aan Nico van Zyl(Gr.5B) wat 20 boekies verkoop het, Schalk Willem Engelbrecht(Gr.2) 10, Marizanne Jacobs(Gr.6A) 7 boekies en Tjaart Venter(Gr.1) 4 boekies.Vrydag 9 November voor die trekking word die kinders wat die meeste verkoop het in die laaste week ook beloon met ‘n Mini drone.Trekking vind plaas om 12h30 by ons Fees/Pretdag na die ouers en onderwysers se “Obstacle Course”. Die ouer met die beste gees sal ge-identifiseer word om die Drone trekking te doen ☺ Tannie Jeanette

Daar is ‘n nuwe voorloper by die klasse!Onthou die wenklas kry ‘n lekker bederfie by

Blikaspaai

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewDie trekking van die “drone”-projek se wenner, word tydens die Pretdag gedoen. Koop vir oulaas ‘n paar kaartjies!! Sien ook