jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web view‘n voorlopige junie eksamenrooster word by...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 17 1 – 8 Junie 2018 OUERS: RUGBY- EN NETBALAFSLUITINGSFUNKSIE / WILDSVEILING: [AFSKEURSTROKIE] ‘n Groot en hartlike woord van dank aan ons ouers en belangstellendes wat hulle harte en beursies oopgemaak het met die skenk van wilds- en vleispakkette en ander items. Dankie vir elkeen wat ‘n pakket of item aangekoop het en ouers wat heerlike potjiekos gemaak of items/kontant geskenk het. Navrae oor pakkette: Adéle Lübbe ‘n Spesiale woord van dank aan Clivé Burger en John Roelofse wat Adéle met die reëlings gehelp het. Daar is nog wynbottels beskikbaar met rugby- en netbal spanfoto’s op @ R250 per bottel. Vul asb. die afskeurstrokie in, indien u daarin belangstel. Hierdie is ‘n eenmalige aanbod en sluit op Maandag, 4 Junie. Baie dankie aan die OLK vir al hulle moeite en harde werk(en ander ouers wat hulle so onbaatsugtig gehelp het). Dit word raakgesien en verskriklik baie waardeer. Ons is trots op wat julle vir ons skool en personeel doen en beteken. Ons waardering ook aan oom Giel en al die werkers wat ons terrein en al die lokale so mooi netjies skoongemaak het. EKSAMENROOSTER / EKSAMENWERK: ‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang. REDENAARSKOMPETISIE: Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons Redenaarskompetisie wat op Maandag, 4 Junie in klaskamer 23 plaasvind. Leerders moet almal skooldrag aanhê. WISKUNDE HOOFREKENE / AFRIKAANSE SPEL: Die graad 1 – 7 klasse skryf in die loop van volgende week Afrikaanse speltoetse en gr 2 – 7 Wiskunde hoofrekenetoetse. “JAKKIES GOT TALENT”: Leerders het tot Maandag, 4 Junie kans om vir die “jakkies got talent”-kompetisie in te skryf wat op Donderdag 7 Junie om 18:00 plaasvind. Skryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas braaibroodjies sal @ R10 te koop aangebied word. LEERDERDEELNAME: UITSLAE MCDONALDSDAG: Netbal: SPAN: NEWTON: 0/7 & 0/8 Mini netbal gespeel. Geen tellings word gehou. Rugby: SPAN: UITSLAE: 0/7 Wen Jim Fouché A 20 – 0 en B 15 – 10. wen Newton 5 – 0, gelykop teen Hopetown 10 – 10. 0/9 Wen Staats 10 – 5, Wen Newton 25 – 0, wen Eureka 20 – 0 en gelykop teen Hopetown 5 – 5. UITSLAE NEWTON: Netbal: SPAN: NEWTON:

Upload: phungdieu

Post on 26-Aug-2018

247 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 17 1 – 8 Junie 2018OUERS:RUGBY- EN NETBALAFSLUITINGSFUNKSIE / WILDSVEILING:[AFSKEURSTROKIE]‘n Groot en hartlike woord van dank aan ons ouers en belangstellendes wat hulle harte en beursies oopgemaak het met die skenk van wilds- en vleispakkette en ander items. Dankie vir elkeen wat ‘n pakket of item aangekoop het en ouers wat heerlike potjiekos gemaak of items/kontant geskenk het. Navrae oor pakkette: Adéle Lübbe

‘n Spesiale woord van dank aan Clivé Burger en John Roelofse wat Adéle met die reëlings gehelp het.

Daar is nog wynbottels beskikbaar met rugby- en netbal spanfoto’s op @ R250 per bottel. Vul asb. die afskeurstrokie in, indien u daarin belangstel. Hierdie is ‘n eenmalige aanbod en sluit op Maandag, 4 Junie.Baie dankie aan die OLK vir al hulle moeite en harde werk(en ander ouers wat hulle so onbaatsugtig gehelp het). Dit word raakgesien en verskriklik baie waardeer. Ons is trots op wat julle vir ons skool en personeel doen en beteken.

Ons waardering ook aan oom Giel en al die werkers wat ons terrein en al die lokale so mooi netjies skoongemaak het.

EKSAMENROOSTER / EKSAMENWERK:‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang.

REDENAARSKOMPETISIE:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons Redenaarskompetisie wat op Maandag, 4 Junie in klaskamer 23 plaasvind. Leerders moet almal skooldrag aanhê.

WISKUNDE HOOFREKENE / AFRIKAANSE SPEL: Die graad 1 – 7 klasse skryf in die loop van volgende week Afrikaanse speltoetse en gr 2 – 7 Wiskunde hoofrekenetoetse.

“JAKKIES GOT TALENT”:Leerders het tot Maandag, 4 Junie kans om vir die “jakkies got talent”-kompetisie in te skryf wat op Donderdag 7 Junie om 18:00 plaasvind. Skryf asseblief by juffrou Rina in en betaal jou inskrywingsgeld van R10. ‘n Snoepie sal beskikbaar wees en heerlike ham en kaas braaibroodjies sal @ R10 te koop aangebied word.

LEERDERDEELNAME: UITSLAE MCDONALDSDAG: Netbal:

SPAN: NEWTON:0/7 & 0/8 Mini netbal gespeel.

Geen tellings word gehou. Rugby:

SPAN: UITSLAE:0/7 Wen Jim Fouché A 20 – 0 en B 15 – 10.

wen Newton 5 – 0, gelykop teen Hopetown 10 – 10.

0/9 Wen Staats 10 – 5, Wen Newton 25 – 0, wen Eureka 20 – 0 en gelykop teen Hopetown 5 – 5.

UITSLAE NEWTON: Netbal:

SPAN: NEWTON:0/7A Wen 3 – 1 0/7B Wen 3 – 0 0/8 Gelykop 8 – 8 0/9A Wen 7 – 6 0/9B Wen 6 – 5 0/10 Verloor 12 – 7 0/11 Gelykop 11 – 11 0/12 Verloor 16 – 6 0/13A Wen 23 – 21 0/13B Wen 10 – 3

Rugby:SPAN: NEWTON:0/9 Verloor 0 – 44 0/11A Verloor 0 – 30 0/11B Verloor 10 – 49 0/13A Verloor 19 – 26 0/13B Verloor 22 – 24

(So trots op ons afrigters en spanne)NETBALUITSLAG: HOPETOWN:Ons het per ongeluk nagelaat om die 0/12 netbalspan se uitslag teen Hopetown op die nuusbrief te plaas. Hulle het 12 – 8 gewen.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang

PRESIDENT STEYN SPORTDAG:Sterkte aan ons 0/11 en 0/13 rugby- en netbalspanne wat op Saterdag, 2 Junie aan President Steyn se sportdag deelneem. Die bus vertrek om 6:15 vanaf die skool. (Laaste wedstryde van die seisoen)

XHARIEPDAG NETBAL:Baie geluk aan ons netbalspanne wat as volg presteer het met die afgelope Xhariep Netbaldag:0/13: Wen Koffiefontein 29 – 2 en Oranjekrag 22 - 50/12: Die 0/13-span kwalifiseer om aan die Vrystaat Netbaldag deel te neem wat op 8 en 9 Junie by Fichardtpark in Bloemfontein plaasvind.

LANDLOOP:UITSLAE 24 MEI:1 km: Janae Nothnagel - 2de, SW Engelbrecht – 3de, Claire Combrink – 3de, Wimpie Moolman – 6de

2 km: Luné Fourie (0/9) – 5de, Karla Cloete (0/10) – 6de

3 km: Marine Cloete (0/13) – 1ste, Justine Rampaleng (0/12) – 2de, Louis-Harm Fourie (0/12) - 4de, Simoné Somers (0/12) – 5de

4 km: Anke Duvenhage (0/14) – 2de, JC Lübbe (0/13) – 4de, Wessel van Niekerk (0/13) – 5deSterkte aan die atlete wat op Vrydag, 1 Junie aan die byeenkoms in Bloemfontein deelneem.Landloopatlete oefen op hulle normale tye volgende week:Gr 1 – 3: 13:45 – 14:30Gr 4 – 7: 14:30 – 15:00

TENNISOEFENING / REVUE-OEFENING:Tennisspelers oefen van volgende week af op Dinsdae en Donderdag op die volgende tye:0/9: 14:00 – 15:000/11 en 0/13: 15:00 – 16:30Revue-oefening vind van volgende week af op Maandae en Woensdae op die volgende tye plaas:Gr 1 – 4: 14:15 – 15:30Gr 5 – 7: 15:30 – 16:45

GIMNASTIEK:Baie geluk aan Sumarie en Mariné Oosthuizen wat verlede week aan die Motheo/Xhariep Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem het en in die span opgeneem is wat op 14 – 16 Junie aan die Sone Gimnastiekkampioenskappe gaan deelneem. Trots op julle!

SWEM:Baie geluk aan Wessel van Niekerk wat vir die Vrystaat swemspan gekies is. Trots op jou!

BYBELVASVRA:Baie geluk aan ons Bybelvasvraspan wat na die eerste rondte eerste in die Vrystaat lê. Ons glo julle gaan daardie mooi posisie verdedig met die tweede rondte kompetisie later in die jaar.

ATKV REDENAARS:Baie geluk aan Anica Ueckermann wat ‘n 5de plek in die semi-finaal van die ATKV Redenaarskompetisie in die Vrystaat behaal het.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 4 klasse hou hulle koekieverkoping op Maandag, 4 Junie. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

SKIET:Baie geluk aan Leané du Toit wat verlede naweek ‘n 2de en 3de plek in ‘n skietkompetisie behaal het.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Marietjie Badenhorst (Ma oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang

EKSAMENROOSTER (Voorlopig)13 - 22 Junie 2018

Dag: Dat: Gr 1: Gr 2: Gr 3: Gr 4: Gr 5: Gr 6: Gr 7:

Wo: 13 Jun ENG 1 ENG 1 ENG 1 WISK WISK WISK WISK

Do: 14 Jun WISK 1 WISK 1 WISK 1

ENG 1 & 2

LanguageWriting

ENG 1 & 2

LanguageWriting

ENG 2 ENG 2

Vry: 15 JunWISK

Data en meting

WISK WISK LV SW(Geo) AFR 2 AFR 2

Ma: 18 Jun WISK 2 WISK 2 WISK 2

AFRTaalwerk

SW(Gesk) AFR 3 NW

AFR 3

Di: 19Jun AFR AFR AFR NWT AFR

Taalwerk ENG 3 TEG ENG 3

Wo: 20 Jun AFR AFR AFR SW(Gesk) NWT SW

(Gesk) LO

Do: 21 Jun LV LV LV SW

(Geo) LV NWT EBW

Vry: 22 Jun ENG 2 ENG 2 ENG 2 AFRSkryfwerk

AFRSkryfwerk LV SW

AFSKEURSTROKIE: WYNBOTTELS

OUER: ____________________________________________________

SPELER: ____________________________________________

SPAN: ______________________________

WIL GRAAG ‘N WYNBOTTEL BESTEL MET MY KIND SE SPANFOTO OP.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN R __________

HANDTEKENING VAN OUER: _____________________________

DATUM: _____________

R250 per bottel

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang

Phantom 4 Pro+

Flight time: 30 minutes/batteryWERKSURE BESKIKBAAR:

Maandae tot Donderdae: 7:00 tot 10:30

Vrydae: Die hele dag

Winter spesiale aanbieding vir Mei en Junie:

Sny, blaas en Manikuur (hande) of Pedikuur (voete) vir

R280

Skakel vir Liezel

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view‘n Voorlopige Junie eksamenrooster word by die nuusbrief ingesluit. Leerders het hulle eksamenwerk in alle vakke skriftelik ontvang

Control range: 7kmSpeed: 72 km/h

Camera/Video resolution: 24mega pixels/ 4K 60fps

Sensor range: 30mObstacle sensing: 5 Direction

Ekstra lootjie kaartjies beskikbaar by Juffrou Delene@ R50/kaartjie.

Trekking by Kleuratletiek

BIOLINK STUDIEMETODESNuwe groepsessies begin volgende

week.Daar is nog enkele plekke beskikbaar!