jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal...

21
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 1 11 - 18 Januarie 2019 Tema vir die jaar: “Volhoubare vooruitgang” VERWELKOMING: Baie welkom aan ons nuwe leerders en ouers, asook ons nuwe leerkrag, mev Santjie Kotze wat vir die graad 2B- klassie gaan skoolhou. Ons hoop dat u vinnig tuis sal voel en wens u ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool toe. SKOOL- EN KOSHUISGELD 2019: Skoolgeld vir Januarie is dadelik betaalbaar en dan tot en met November vóór die 7de van elke maand. (11 maande) Koshuisgelde vir die eerste kwartaal is dadelik betaalbaar en dan verder op die eerste dag van kwartale twee, drie en vier. Ouers wat koshuisgeld per maand wil betaal, moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen en gelde is dan op die eerste dag van ‘n maand betaalbaar. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 13:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 14 Januarie. MEDIALEIERS / MONITORS: Baie geluk aan die volgende leerders wat as MEDIALEIERS by die skool aangestel is: DIE VOLGENDE DOKUMENTE WAT BY NUUSBRIEF INGESLUIT IS, MOET INGEVUL/GETEKEN WORD EN TERUGGESTUUR WORD SKOOL TOE: (Klasonderwysers) Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram vir kwartaal 1. Uiteensetting van die skool- en koshuisgeld vir 2019. Gedragskode vir leerders vir 2019. (Teken afskeurstrokie onderaan die dokument en stuur terug na klasonderwysers) Gedragskode vir ouers vir 2019. (Teken afskeurstrokie onderaan die dokument en stuur terug na klasonderwysers) Vrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser. Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese medikasie gebruik. Basiese skool/koshuis medikasievormpie. Departementele gesondheidsvorm Aansluitingsvorm vir die sms-stelsel. Aansluiting vir alle ouers is verpligtend. Slegs R60 vir die hele jaar se sms’e. Afskeurstrokie vir ouers wat bereid is om toesig in klasse te hou indien onderwysers afwesig is. (Teen betaling) Periodetye vir 2019. BELANGRIKE INLIGTING: HOU ASB. AL U NUUSBRIEWE OP LÊER, U GAAN DIT WEER NODIG KRY. Ons verwys gereeld terug na vorige nuusbriewe. Ouers moet seker maak dat hulle kwitansies ontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. MEDIALEIERS: 2019 Kayde Philander, Yuna Mouton, Esna Marais en Anadia Coetzee

Upload: nguyendiep

Post on 15-Jul-2019

220 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 1 11 - 18 Januarie 2019Tema vir die jaar: “Volhoubare vooruitgang”VERWELKOMING:Baie welkom aan ons nuwe leerders en ouers, asook ons nuwe leerkrag, mev Santjie Kotze wat vir die graad 2B-klassie gaan skoolhou. Ons hoop dat u vinnig tuis sal voel en wens u ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre Skool toe.

SKOOL- EN KOSHUISGELD 2019: Skoolgeld vir Januarie is dadelik betaalbaar en dan tot en met November vóór die 7de van elke maand. (11 maande)Koshuisgelde vir die eerste kwartaal is dadelik betaalbaar en dan verder op die eerste dag van kwartale twee, drie en vier. Ouers wat koshuisgeld per maand wil betaal, moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen en gelde is dan op die eerste dag van ‘n maand betaalbaar.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 13:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 14 Januarie.

MEDIALEIERS / MONITORS:Baie geluk aan die volgende leerders wat as MEDIALEIERS by die skool aangestel is:

DIE VOLGENDE DOKUMENTE WAT BY NUUSBRIEF INGESLUIT IS, MOET INGEVUL/GETEKEN WORD EN TERUGGESTUUR WORD SKOOL TOE: (Klasonderwysers)

Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram vir kwartaal 1. Uiteensetting van die skool- en koshuisgeld vir 2019. Gedragskode vir leerders vir 2019. (Teken afskeurstrokie onderaan

die dokument en stuur terug na klasonderwysers) Gedragskode vir ouers vir 2019. (Teken afskeurstrokie onderaan

die dokument en stuur terug na klasonderwysers)

Vrywaringsvorm (leerderfoto’s/beeldmateriaal/video’s) Teken asb en stuur terug na klasonderwyser.

Vormpies vir brildraers en leerders wat kroniese medikasie gebruik. Basiese skool/koshuis medikasievormpie. Departementele gesondheidsvorm Aansluitingsvorm vir die sms-stelsel. Aansluiting vir alle ouers is

verpligtend. Slegs R60 vir die hele jaar se sms’e. Afskeurstrokie vir ouers wat bereid is om toesig in klasse te hou

indien onderwysers afwesig is. (Teen betaling) Periodetye vir 2019.

BELANGRIKE INLIGTING: HOU ASB. AL U NUUSBRIEWE OP LÊER, U GAAN DIT WEER

NODIG KRY. Ons verwys gereeld terug na vorige nuusbriewe. Ouers moet seker maak dat hulle kwitansies ontvang vir alles wat

by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word by die klasonderwysers

ingehandig en meeste betalings word ook by die klasonderwysers gedoen.

Ouers (en veral ons nuwe ouers) kan kennis neem van die volgende nuttige inligting

Webtuiste: www.jakkies.com Eposadresse: [email protected] (Skoolhoof)

[email protected] (Sekretaresse) [email protected] (Finansies)

[email protected] (Sportkantoor – Adelé) Facebookblad: Jakkieloer - ouers is welkom om nuus daarop te laai (like asb!)

NUUSBRIEWE:- Elke oudste of enigste leerder in ons skool ontvang elke Vrydag

‘n nuusbrief met inligting en al die reëlings vir die volgende week. U moet assebief op die nuusbriefkontroleblad (in u kind se besit) teken dat u die nuusbrief ontvang en saam met u kind gelees het.

- Die nuusbrief word ook elke Vrydag op ons webtuiste geplaas.

DISSIPLINE:- Ons skool volg ‘n dissiplinestelstel wat as volg werk:- Detensie word op Donderdae vanaf 15:30 tot 16:30 in die

skoolsaal gesit.

MEDIALEIERS: 2019

Kayde Philander, Yuna Mouton, Esna Marais en Anadia Coetzee

Sterkte en baie dankie dat julle bereid is om te help

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

- Indien u kind ‘n pienk briefie ontvang is hy/sy verplig om detensie te sit. Slegs doktersertifikaat word as verskoning aanvaar.

- Ouers moet die detensiebriefies teken en terugstuur.- Met ‘n vierde oortreding kry ‘n kind ‘n geel briefie wat ‘n

dissiplinêre verhoor beteken.

AFWESIGE LEERDERS: - Leerders wat afwesig was en toetse gemis het, gaan op die

eerste Maandag daarná daardie toetse gedurende die eerste periode (admin) in mnr Schalk Meintjes se klas skryf. Indien ‘n leerder op daardie Maandag óók afwesig is (met ‘n geldige verskoning) mag hy op die daaropvolgende Maandag sy/haar toets inhaal. Indien hy of sy nie ‘n geldige verskoning het nie, kry daardie leerder ‘n 0-punt vir daardie toets.

- Ouers mag nie gedurende skoolure direk na ‘n klaskamer gaan om ‘n onderwyser te spreek nie. Meld asseblief by die kantoor aan sodat ons adminpersoneel u kan help.

- Leerders wat laat is vir skool moet eers by die kantoor aanmeld en ‘n register teken.

- Ouers moet asseblief die kantoor so vroeg as moontlik telefonies in kennis stel indien u kind siek is of nie in die skool is nie.

- Geen dokters-/tandartsafsprake gedurende skoolure tensy dit ‘n krisis is nie. Stel asseblief vooraf die Skoolhoof SKRIFTELIK in kennis en onthou om u kind by die kantoor te kom uitteken.

- Leerders moet ‘n mediese sertifikaat toon indien hy/sy meer as twee dae afwesig is.

- Leerders is self daarvoor verantwoordelik om hulle huiswerk by maats te kry, en in te haal, as hulle afwesig was. Huiswerk is ook elke dag vir graad 4 – 7 net na skool in ‘n lêer in die boekstoor beskikbaar.

VEILIGHEID:Alle hekke van die skool word vanaf 7:30 tot 12:30 gesluit ter wille van die veiligheid van u kind. Ouers en leerders (ook Kleuterskool) moet asseblief van die Zebrastrepe gebruik maak om tussen die skool en koshuis oor die pad te gaan. Geen motors mag op die Zebrastrepe staan nie. Ry asseblief uiters versigtig en stadig in die straat voor die skool/koshuis. Geen voertuie word gedurende skoolure op die skoolterrein toegelaat nie. Parkeer buite in die straat en druk die klokkie by die klein hekkie langs die hoofhek.

SKOOL EN SPORTKLERE:- Leerders kom elke Woensdag met hulle sportklere skool toe.- Alle skool- en sportklere moet asseblief gemerk wees. - SELFONE: Leerders mag nie selfone tydens skoolure in hulle

besit hê nie. Selfone mag wel vóór skool by die kantoor ingehandig en ná skool weer afgehaal word.

KLEREWINKELTYE: Maandag: 7:30 – 9:00 Vrydag: 12:00 – 13:00

PRYSUITDELING: (Veral ons nuwe ouers)Die beleid bepaal dat leerders (indien hy/sy vir ‘n streek- of provinsiale span gekies word) eers kleure kry indien hy/sy vir daardie streek/span deelgeneem het. Indien deelname ná die Prysuitdeling van daardie jaar plaasvind, sal die leerder eers in die volgende jaar erkenning daarvoor kry. Ouers vervoer self hulle kinders na Provinsiale byeenkomste.

Die HANDBOEKE wat u kind ontvang, is vir ons skool baie kosbaar. Leerders wat handboeke verniel of laat wegraak, ontvang rekeninge.

Ouers wat skool- en koshuisgelde elektronies inbetaal moet asseblief hulle kind se naam en van en waarvoor die betaling is, as verwysing gebruik.

Ouers moet asseblief kennis neem dat daar kameras in die klaskamers is. Opnames kan met dissiplinêre verhore gebruik word.

MIDDAGETES is vir dagskoliere by die koshuis beskikbaar @ R40 elk. Etekaartjies moet vóór 10:00 by die kantoor gekoop word om ‘n ete te kan kry. Ouers wat vir die eerste keer hulle kinders by die koshuis wil laat eet en studie in die middae, moet ‘n aansoekvorm en beleid by die kantoor kom haal om u kind as dagskolier te registreer. Ouers wat reeds geregistreer het hoef dit nie weer te doen nie.

ADRESVERANDERING: Dit is u as ouers se verantwoordelikheid om die skool in kennis te stel indien u woonadres, posadres of telefoonnommer verander.

BOEKSAKKIES: Materiaal boeksakkies is by die klerewinkel beskikbaar @ R25 een. Ten bate van Jakkies Opwaarts Sentrum.

NB: Geen geld/boeke/kosblikke/sportklere/taakitems ens. word gedurende skoolure na kinders in klasse geneem nie. Hulle moet maar daarsonder klaarkom daardie dag.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

SMS-WEB: [AFSKEURSTROKIE]Ouers is verplig om by die sms-stelsel van die skool aan te sluit. U moet elke jaar herregistreer deur die strokie in te vul en R60 na die klasonderwyser te stuur. Ons skool moet ouers in ‘n noodgeval in die hande kry. Hierdie R60 is ‘n eenmalige bedrag vir die hele jaar.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Graad 5 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir kwartaal 1 by die klasonderwysers @ R25 elk bestel. (Graad 4’s kry kwartaal 1 se huiswerkboek gratis.) Afskeurstrokies en gelde na klasonderwysers asseblief.

GRAAD 1 “EERSTE SKOOLDAG”-FOTO’S: [AFSKEURSTROKIE]Graad 1 se “Eerste Skooldag”-foto’s kan deur ouers per afskeurstrokie by juffroue Marisan en Mariska bestel word. (Een foto is in die saal tydens die “kloklui”-seremonie geneem en nog ‘n individuele foto is in die klaskamer geneem)Jumbo: R15 A5 vergroting: R30Kontant met bestelling asb. Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 25 Januarie.

KOSHUIS: Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuiskomiteevergadering wat plaasvind op Maandag, 14 Januarie om 7:30 in die eetsaal. BAIE BAIE DANKIE aan al die ouers wat vir ons koshuis groente geskenk het en wat elke week of twee groente by die koshuis aflaai. Ons is hard besig om dit te bewerk en waardeer julle skenkings verskriklik baie!Die koshuis gebruik ook al van hulle eie groentetuin se groente! Baie dankie aan Liezel Roodt en haar helpers wat die tuin aan die gang hou.

LEERDERDEELNAME:BLEEPTOETSE:Bleeptoetse (fiksheidstoetse) word op Woensdag, 23 Januarie tydens die LO periodes afgelê. Gr 4 - 7

KLEURATLETIEK: DONDERDAG 17 JANUARIE OM 7:00Kontroleer asseblief die aangehegte lys van name wat as beamptes gaan optree en kontak Adéle indien daar veranderinge is. Ons benodig steeds beamptes op sekere plekke. Help asseblief anders kan ons hierdie byeenkoms nie aanbied nie.

Kinders wat nuut is, het inskrywings vorms ontvang en het hulleself ingeskryf, ouers moet asb. daarby teken en terugstuur op Maandag, 14 Januarie. Inskrywings is gekontroleer met kinders – GEEN nuwe inskrywings op die dag van die atletiek nie asb.Die eerste twee plekke by die Kleuratletiek gaan deur na die Sone- kompetisie op Dinsdag, 29 Januarie in Bloemfontein.Ouers gaan ‘n afskeurstrokie (in Nuusbrief 2 wat volg) moet invul om te bevestig dat u kind/ers aan die Sone kan deelneem of nie. Inskrywings vir Sone word op Maandag 21 Januarie gedoen.HULP AAN OLV:Ouers van die verskillende grade kry beurte om skenkings te maak vir sport/funksies wat hier by ons aangebied word. Hierdie grade se ouers moet asseblief ook help om verversings voor te berei.Graad 1, 2 en 3 se ouers werk by die KLEURATLETIEK. Die volgende skenkings kan gedoen word:

KOEKMEEL EIERS OLIE MAYONAISE TAMATIESOUS KONDENSMELK OF KONTANT

(Stuur dit asb. na die boekstoor)

Indien u by die verversingslokaal kan werk, kan u vir Maritza du Plooy by 0824152679 ‘n boodskap stuur. Ons het regtig u hulp baie nodig. BAIE DANKIE BY VOORBAAT!

TENNIS: Baie sterkte aan die volgende tennisspelers wat op Vrydag, 11 Januarie aan die Vrystaat tennisproewe deelneem:Suzanne le Roux, Riko Swart, Leo Wilkinson en Johandri de Wet.

KLOPPERS TENNISTOERNOOI: 18-20 JANUARIEInskrywings sluit Dinsdag, 15 Januarie om 11:45. Ouers moet self op die webtuiste inskakel en kinders registreer vir die jaar. Na registrasie kan u, u kind inskryf vir Kloppers en enige ander Mini toernooi deur die jaar. (Kontak die Sportorganiseerder vir besonderhede.)

XHARIEP TENNISPROEWE: [INSKRYWINGSVORM]Inskrywings moet asb. op Maandag 14 Januarie in wees. Kinders wat verlede jaar tennisliga’s gespeel het, kan inskryf vir die proewe.

KLEURGALA:Alle inskrywings IS ook reeds gekontroleer met leerders. Indien daar nog kinders is wat graag wil deelneem, moet inskrywings asb. op

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

Maandag 14 Januarie in wees. Ons benodig beamptes vir die Kleurgala en Interskole gala asb.

SWEM:UITSLAE:NACASA “CHAMPS”: Elri de Waal: 2de plek 50m bors 3de plekke 50m rug- en vryslagJaco de Waal: 6de plekke 50m rug- en borsslagSterkte aan die swemmers wat Saterdag, 12 Januarie aan die Good Hope Gala in Kimberley deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Baie geluk aan Hoër Landbouskool met hulle pragtige matrieksuitslae van

2018 (34 jaar 100% slaagsyfer).

Ons is veral baie trots op Oud-Jakkies wat pragtig presteer het.

GEBEDSLYS:

Naomi van Eck (moeder oorlede)Die boere in ons omgewing (droogte)

Ons skoolOns onderwysers

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

OF

Merk asseblief u keuse met ‘n X

LEERDERS IN ONS SKOOL SE NAAM, VAN EN GRAAD:

____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

_____________________________ GRAAD: ______

(Elke leerder in die gesin moet aan die selfoonnommer gekoppel word)

SELFOONNOMMER: 1 (Gewoonlik Mamma!)

NOEMNAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ___________________________

EPOS-ADRES MA: _________________________________________

EPOS-ADRES PA: _________________________________________

SELFOONNOMMER: 2 (Pappa – slegs as u R120 betaal het)

NOEMNAAM EN VAN: __________________________________

SELFOONNOMMER: ________________________

NB: Ouers moet elke jaar vir die SMS-stelsel herregistreerNS: Ouers kan op ‘n sms “reply”, dit kom dan as ‘n epos na die skool toe

terug.

AFSKEURSTROKIE: GRAAD 1 EERSTEDAG FOTO’S

HIERMEE WIL EK _________________________________

OUER VAN __________________________________

DIE VOLGENDE GRAAD 1 FOTO(’S) BESTEL:

JUMBO @ R15 ELK: Klokfoto Individuele foto

A5 @ R30 ELK: Klokfoto Individuele foto (Skryf aantal foto’s in blokkies)

AANTAL FOTO’S: _______ BEDRAG INGESLUIT: ________

HANDTEKENING: ______________________ DATUM: _____________

(Sluitingsdatum vir bestellings: Vrydag, 25 Januarie)

AFSKEURSTROKIE: AFLOSSE VIR ONDERWYSERS

Geagte ouers:Ons wil nie graag klasse sonder toesig laat nie en benodig plaasvervangers (ouers) om vir onderwysers wat kursusse in skooltyd moet bywoon, siek is of dringend verlof moet neem, in te staan.Vul asseblief die onderstaande in as u ons kan help.

Naam en van: Toesig:Gee van

onderwys:(Slegs gekwalifeerde

onderwysers)

( Merk asseblief die toepaslike)

HANDTEKENING: ______________________ DATUM: _____________

KONTAKNOMMER: ________________________

AANSLUITING BY JAKKIES SE SMS-STELSEL 2019 - Verpligtend vir alle ouers

Graad R – 7

1 x Selfoonnommer@ R60 per jaar

2 x Selfoonnommers@ R120 per jaar

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

TOESTEMMINGSBRIEF (2019)BASIESE MEDISYNE

(Alle leerders by die skool en koshuis)

Hiermee gee ek: ____________________________________ ouer van die volgende leerders:

_______________________ Gr: ___ / ______________________Gr: ___

_______________________ Gr: ___ / ______________________Gr: ___

Toestemming dat my kind/ers basiese medisyne (sien onder) by die skool en koshuis mag ontvang.

Ek neem volle verantwoordelikheid vir hierdie besluit en vrywaar die skool- en koshuispersoneel van enige vervolging in hierdie verband.

HANDTEKENING: _______________________ DATUM: ______________

Neem asseblief kennis: Koshuiskinders moet elkeen sy/haar eie 2L-roomysbak met basiese

medisyne in hê wat onder toesig aan u kind uitgedeel word. In hierdie houer plaas die ouer medikasie wat sy/haar kind mag gebruik.

Leerders wat medisyne by die skool kry, se name word in ‘n register aangeteken.

Let wel: Indien u kind hoofpyn, maagpyn, diarree, keelseer of naarheid ervaar en u nie ‘n toestemmingsbriefie geteken het nie, sal u geskakel word om u kind dadelik te kom haal.

BASIESE MEDISYNE: (Tipe medikasie kan verander)Kopseer Maagpyn Diarree Naar Keelseer

Naam van medisyne (of iets soortgelyk)

Painamol Spasmol Prodium Nauzine Iodisedtroat loz

Medisyne vir toestande soos allergieë, verkoue, griep, hoes ens. sal nie deur die skool of koshuis voorsien word nie.

Kontakpersone:Skool - Maryka van Straaten: 0833686202Koshuis - Charmaine Fourie: 0828765458

KRONIESE MEDIKASIE (2019)Bv. Ritalin, Concerta ens.

(Nie antibiotika of vitamienaanvullings nie!)

Hiermee stel ek Jacobsdal Primêre Skool in kennis dat my kind kroniese medikasie gebruik. (Ook medikasie wat by die huis gebruik word)

Naam van kind: _______________________________ Gr: ___

_______________________________ Gr: ___

Naam van medikasie: ____________________________________

Waarvoor dit gebruik word: _______________________________

Ek vra hiermee toestemming dat chroniese medikasie (slegs Ritalin en Concerta) deur die sekretaresse by die skool aan my kind verskaf word.

Naam van ouer: ____________________________

Handtekening: _________________________

NB: ‘n Mediese voorskrif/sertifikaat vir hierdie medikasie moet verskaf word voordat personeel hierdie diens mag verrig. Handig dit asseblief saam

met die medikasie by die kantoor in.

LEERDERS WAT ‘N BRIL DRA (2019)Hiermee stel ek u in kennis dat my kind:

Naam en van: _________________________________ graad: ________

‘n by die skool moet dra.

(Merk die toepaslike)

Naam van ouer: ____________________________

Handtekening: _________________________

Permanente bril / Leesbril

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

Xhariep Tennisproewe 2019Datum: Vrydag, 1 Februarie 2019Plek: UniversiteitsbaneTyd: Spelers meld om 8h30 aan, begin stiptelik om 9h00Kostes: R150 per speler. Betaalbaar by bane.

Elke speler bring sy/haar eie houer “green dot” balle. 0/10 (2010/2009)0/12 (2008/2007)0/14 LS (2006)0/14 HS (2005)

SLUITINGSDATUMS VIR ALLE INSKRYWINGS: MAANDAG, 14 Januarie 2019

AFSKEURSTROKIE:

Naam van ouer:______________________________________

Kind:___________________________Ouderdom________

Geboortedatum:____________

Kind:___________________________Ouderdom________

Geboortedatum:____________

Kind: ___________________________Ouderdom________

Geboortedatum:____________

Handtekening: ___________________ Datum:_______________

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK KWARTAAL 1 (R25) (Slegs gr. 5 – 6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: ______________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 1, 2019 BESTEL.

(ONTHOU DAT GRAAD 4’S DIE EERSTE KWARTAAL SE HUISWERKBOEKIE GRATIS KRY)

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _______________________

(Handig op 14 Januarie by klasonderwysers in)

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL: SKOOL- EN KOSHUISGELDE - 2019

SKOOLGELDE: ENB 52561347174 1 LEERDER 2 LEERDERS 3 LEERDERS 4 LEERDERS

PER JAAR: [R885 oor 11 maande] R9 735.00 R19 470.00 R29 205.00 R38 940.00PER KWARTAAL: Kwartaal 1 R2 655.00 R5 310.00 R7 965.00 R10 620.00

Kwartaal 2 R2 655.00 R5 310.00 R7 965.00 R10 620.00 Kwartaal 3 R2 655.00 R5 310.00 R7 965.00 R10 620.00 Kwartaal 4 R1 770.00 R3 540.00 R5 310.00 R7 080.00

PER MAAND (R885 oor 11 maande) R 885.00 R1 770.00 R2 655.00 R3 540.00

Skoolgeld streng vooruitbetaalbaar op die eerste skooldag van elke kwartaal, daarna voor of op die 7de van elke maand. (1 Jan tot 1 Nov) Aansoek om kwytskelding van skoolgeld geskied volgens Departementele beleid en moet by die Beheerliggaam ingehandig word voor

7 Februarie 2019. (Met die nodige dokumentasie) Navrae: Finansiële Assistent

KAREEHOF KOSHUIS: ENB 52560006664 1 LEERDER 2 LEERDERS 3 LEERDERS 4 LEERDERSKoshuisgelde per mnd afbetaal: Slegs met skriftelike aansoek & toestemming van die Beheerliggaam

PER KWARTAAL Kwartaal 1 R4 200.00 R8 400.00 R12 600.00 R16 800.00

Kwartaal 2 R4 200.00 R8 400.00 R12 600.00 R16 800.00

Kwartaal 3 R4 200.00 R8 400.00 R12 600.00 R16 800.00

Kwartaal 4 R2 800.00 R5 600.00 R8 400.00 R11 200.00

PER MAAND (R1400 oor 11 maande) R1 400.00 R2 800.00 R4 200.00 R5 600.00Koshuisgelde vir die kwartaal moet vooruitbetaal word op die eerste skooldag van elke kwartaal.

Streng vooruitbetaalbaar op die 1ste maandeliks (1 Jan tot 1 Nov)

Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

PERIODETYE: (Somer en Winter)

PERIODES: MAANDAE, TOTDONDERDAE: VRYDAE:

1 7:30 – 8:00 7:30 – 8:002 8:00 – 8:30 8:00 – 8:303 8:30 – 9:00 8:30 – 9:004 9:00 – 9:30 9:00 – 9:305 9:30 – 10:00 9:30 – 10:00

LANGPOUSE 10:00 – 10:20 10:00 – 10:206 10:20 – 10:50 10:20 – 10:50 7 10:50 – 11:20 10:50 – 11:20 8 11:20 – 11:50 11:20 – 11:509 11:50 – 12:20 11:50 – 12:20

KORTPOUSE 12:20 – 12:30 12:20 – 12:3010 12:30 – 13:00 12:30 – 13:0011 13:00 – 13:3012 13:30 – 14:00

GRAAD 1-LEERDERS VERDAAG VIR DIE EERSTE TWEE WEKE VAN 2019 OM 12:00 (9 – 18 Januarie 2019)

Graad 1 & 2 verdaag Maandae tot Donderdae om 13:00 en Vrydae om 12:30 Graad 3 verdaag Maandae tot Donderdae om 13:30 en Vrydae om 12:30 Graad 4 – 7 verdaag Maandae tot Donderdae om 14:00 en Vrydae om 13:00 DONDERDAE: 7:30 – 8:00 KOOR en JKJA: Kooroefening begin reeds vir koorlede om 7:20

Die skool heropen aan die begin van elke kwartaal om 8:00.Die skool sluit aan die einde van elke kwartaal om 11:00

KOSHUISUITNAWEKE:

Ouers moet asseblief kennis neem dat elke naweek ‘n koshuisuitnaweek is.Die koshuis sluit op ‘n Vrydagmiddag om 14:00 en maak weer op ‘n Sondagmiddag

om 16:00 oop.

---------------------///--------------------

Page 10: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word
Page 11: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

BALLET EN MODERNE DANS KLASSE!WANNEER: Woensdae, klasse begin 16 Januarie.PLEK & TYD : Ouderdom 3-5 (kleuterskool meisies) : 11:00-11:30

Laerskool meisies: klas na skool vir 45 minuteFOOIE: R150 registrasie per danser R700 per kwartaal vir ballet en moderne danse

KLERE: Pakket sluit in skoene, kort kousies, lang sykouse, groen leotard,groen rompie en ballet sak vir R600,of bestel items afsonderlik.

VUL ASB DIE SKEURSTROKIE IN EN STUUR NA SKOOL KANTOOR MAANDAG, 14 JANUARIE !

Bang hy raak weg voor hy by die kantoor uitkom? Vul in, en stuur gerus 'n foto van die strokie via Whatsapp op 082 665 3064. Ouers word gekontak met finale tye!

Vir meer informasie, kontak vir Annemé Fouché op 082 665 3064

NAAM EN VAN(DOGTER)_________________________________________ GRAAD ________

MAMMA NAAM________________________________ SELNR ___________________________

ANDER AKTIWITEITE OP 'n WOENSDAGMIDDAG EN TYE_______________________________

BESIGHEIDS-URE:

Maandae tot Donderdae tot 11:00Vrydae heeldag

Elke tweede Saterdag op Jacobsdal

Page 12: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

HUISWERK kan ‘n RILLER wees!Is jou dag vol en kom jy nie by jou kind se huiswerk uit nie? Het jy ‘n koshuiskind wat hulp nodig het met sy huiswerk? Laat ek help. Huiswerkhulp elke middag by die laerskool. Skakel my gerus vir meer inligting.

Nog dienste beskikbaar:

Leesprogramme - moenie die belangrikheid van lees by die agterdeur uitgooi nie - dit bepaal jou kind se prestasie in die klaskamer!

Biolink - fokus- en konsentrasiesessies om jou kind te leer om in die klas aandag te gee en makliker te leer.

Oortrek van boeke - kom ek maak jou las ligter en help met boeke oortrek. R7.50 per A4-boek.

Miranda van der Walt - 083 7090 688 of [email protected]

Page 13: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

Swembadspeelgoed

Aan die begin van die Desembervakansie was daar mense wat die skoolswembad gebruik het. Iemand het die swembadkrat se speelgoed uitgehaal uit die dogtersbadkamers en daarmee gespeel.

‘n Groen dinosaurus met klippies in, wat ek gebruik vir kinders om uit te duik, is weg. Ek gebruik dit al vir 16 jaar in my swemlesse en ek heg sentimentele waarde daaraan!!

As iemand dit dalk gesien of geneem het, sal julle dit asb terugbesorg en in die dogtersbadkamer los?

Ouers, sal julle asb jul kinders vra wat die swembad gebruik het, of hulle dit moontlik gesien het? Ek sal dit baie waardeer as ek dit kan terugkry!

Baie dankieClivé Burger (083 708 3974)

Naaldwerk!!!!Skakel my vir enige herstel/veranderinge

aan klere.Ek help ook met die merk van skool- en sportklere. Die maak

van servette, tafeldoeke en gordyne.- Materiaalsakkies vir boeke om dit te beskerm @ R300

vir 6- Wasgoedsakke vir koshuiskinders @ R120 elk

Miranda by 083 7090 688

Vierslaapkamerhuis te HUUR!!!

Vol gemeubileerde huis te huur in Jacobsdal.

Vier slaapkamers met 2 badkamers. Groot erf. DSTV. Water ingesluit.

Koopkrag.

Ideaal vir koshuismammas wat wil deel om in die week in Jacobsdal te bly.

Vir verdere navrae skakel: Miranda by 083 7090 688

Page 14: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewontvang vir alles wat by die skool inbetaal word. Hou asseblief u kwitansies as bewyse. Alle dokumente en afskeurstrokies word

TE HUUR

3-Slaapkamer woonstel – dadelik beskikbaar

Toesluitmotorhuis

R3000.00 per maand(Koopkrag)

~~~~~Ruim 1-slaapkamer woonstel –

dadelik beskikbaarToesluitmotorhuis

R2 500.00 per maand(Koopkrag)

Kontaknommer: 053 5910458