jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewseuns wie se hare nie reg is nie, sal nie...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 21 20 – 27 Julie 2018 OUERS: SEUNS SE HARE: Ons herinner ouers daaraan dat seuns in ons skool se hare aan sekere vereistes moet voldoen. Modieuse “Comb- over”-style en geskeerde paadjies in seuns se hare is nie vir ons aanvaarbaar nie. Seuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. Ons maak staat op u samewerking. (Sien asseblief foto’s van korrekte hare wat by die nuusbrief ingesluit is) OUERKLASBESOEK: Ouers het die geleentheid om leerkragte te kom spreek op Maandag, 23 Julie op die tye soos op die kwartaalprogram aangedui. Geen buitemuurs daardie middag behalwe skaak, Wiskundeklub en landloop/tweekamp. HANDBOEKE/HUISWERKBOEKE/SKRYFBEHOEFTES: Leerkragte hou op Maandag, 23 Julie kontrole van leerders se handboeke, huiswerkboeke en skryfbehoeftes. TOETSWEEK: Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders vanaf 4 tot 14 September ‘n formele toetsweek sal hê en dat formele assessering in daardie tydgleuf plaasvind. KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. TOELATINGS – 2019: Toelating vir nuwe leerders vir 2019 sluit op 31 Augustus 2018. Graad R leerders van Kammaland Pre- Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie. JKJA: Ons benodig ouers (pappas of mammas) of enige ander gewillige persone om vir ons te help met die aanbieding van JKJA op ‘n Donderdagoggend vanaf 7:30 – 8:00. Kontak asseblief vir Elza van Wyk as u kan help. REDENAARS: Onderwerpe vir die finale Redenaarskompetisie in die derde kwartaal: GRAAD 4 EN 5: Kinders het grootmense nodig. Ja of nee? Troeteldiere hou kinders gesond en gelukkig. Sê nou…. GRAAD 6 EN 7: Daar is ‘n groot verskil in die oorgang van Laerskool na Hoërskool. Ja of nee? Wat gaan aan op die planete? Nuut is nie altyd beter nie. Kultuur Hierdie onderwerpe word deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om mondeling in die klas te praat. KOSHUIS: Hou asseblief eerder u siek kind by die huis totdat hy/sy gesond is.

Upload: vanthu

Post on 11-Nov-2018

227 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 21 20 – 27 Julie 2018OUERS:SEUNS SE HARE:Ons herinner ouers daaraan dat seuns in ons skool se hareaan sekere vereistes moet voldoen. Modieuse “Comb-over”-style en geskeerde paadjies in seuns se hare is nie vir ons aanvaarbaar nie. Seuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. Ons maak staat op u samewerking.(Sien asseblief foto’s van korrekte hare wat by die nuusbrief ingesluit is)

OUERKLASBESOEK:Ouers het die geleentheid om leerkragte te kom spreek op Maandag, 23 Julie op die tye soos op die kwartaalprogram aangedui. Geen buitemuurs daardie middag behalwe skaak, Wiskundeklub en landloop/tweekamp.

HANDBOEKE/HUISWERKBOEKE/SKRYFBEHOEFTES:Leerkragte hou op Maandag, 23 Julie kontrole van leerders se handboeke, huiswerkboeke en skryfbehoeftes.

TOETSWEEK:Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders vanaf 4 tot 14 September ‘n formele toetsweek sal hê en dat formele assessering in daardie tydgleuf plaasvind.

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit.

TOELATINGS – 2019:Toelating vir nuwe leerders vir 2019 sluit op 31 Augustus 2018. Graad R leerders van Kammaland Pre-Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie.

JKJA:Ons benodig ouers (pappas of mammas) of enige ander gewillige persone om vir ons te help met die aanbieding van JKJA op ‘n Donderdagoggend vanaf 7:30 – 8:00. Kontak asseblief vir Elza van Wyk as u kan help.

REDENAARS:Onderwerpe vir die finale Redenaarskompetisie in die derde kwartaal:

GRAAD 4 EN 5: Kinders het grootmense nodig. Ja of nee? Troeteldiere hou kinders gesond en gelukkig. Sê nou….

GRAAD 6 EN 7:

Daar is ‘n groot verskil in die oorgang van Laerskool na Hoërskool. Ja of nee?

Wat gaan aan op die planete? Nuut is nie altyd beter nie. Kultuur

Hierdie onderwerpe word deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om mondeling in die klas te praat.

KOSHUIS: Hou asseblief eerder u siek kind by die huis totdat hy/sy gesond is.Baie, baie dankie aan JP Metaalwerke (Jan Cloete) wat die koshuis se “boiler” herstel het. Ons waardeer dit baie!!

LEERDERDEELNAMELANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat op Donderdag, 26 Julie aan die landloopliga by Newton wil deelneem, asook die liga op 27 Julie in Bloemfontein, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 23 Julie by die klasonderwysers inhandig. Atlete verdaag om 13:00 en die bus vertrek om 13:15. (Kby)Atlete verdaag om 11:45 en die bus vertrek om 12:00. (Bfn)Registrasie vind om 14:00 plaas en liga begin 14:30.Onthou asseblief om elke keer jou lisensienommers met 8x spelde voor- en agterop jou hempie vas te steek en jou kaartjie in te vul. Jy betaal jou R10 inskrywingsgeld self by die baan.Op 3 Augustus is daar ‘n ligabyeenkoms in Bloemfontein. Ouers neem self hulle kinders.

XHARIEP KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die Xhariep Krieketproewe vir 0/11 en 0/13 vind op Maandag, 23 Julie vanaf 14:00 – 17:00 by St. Andrews in Bloemfontein plaas. Spelers wat geïdentifiseer is om proewe te speel, ontvang inligtingsbriewe. Hulle verdaag om 11:45 en die bus vertrek om 12:00. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om die spelers se vervoer te bevestig. Busgeld: R80

Krieketspelers moet asseblief oefeninge toe kom al het hulle nie hulle eie “kit” nie.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende spanne speel op Dinsdag, 24 Julie teen CBC in Kimberley:0/13A Seuns en dogters0/11A SeunsWedstryde begin om 14:30. Spelers verdaag om 13:00 en die bus vertrek om 13:15 Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. Busgeld: R30Daar is op Maandag, 23 Julie vanaf 16:00 – 17:00 oefening vir bogenoemde spanne, behalwe die seuns wat krieketproewe toe gaan.

Let wel: Wedstryde vind almal in hierdie kwartaal plaas, met enkele wedstryde

in die vierde kwartaal. (9 Weke) Alle spelers wat tennis speel hierdie jaar, moet asseblief onthou om

hulle R100 ballegeld in te betaal. Dit sluit beginners in! Spelers wat gereeld kom oefen gaan ook geleentheid kry om

wedstryde te speel. Tennisafsluiting: Saterdag, 15 September om 11:00.

TWEEKAMP / SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat hierdie kwartaal aan tweekamp (gratis) en/of skaak (R450 per kwartaal) wil deelneem, moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 23 Julie by die klasonderwysers inhandig.

HOKKIE:Die skool het ‘n beperkte aantal hokkiestokke (nie ‘n goeie kwaliteit nie) wat spelers kan leen. Elke speler moet sy/haar eie gemerkte bal hê. (Dit hoef nie duur te wees nie)

SWEM:Leerders wat vir die seisoen vir swem wil affilieer, kan die “land training”-sessies bywoon wat tannie Verona op ‘n Maandag, Woensdag en Donderdag gaan aanbied. Sien die tye op die buitemuurse rooster. Probeer om twee oefeninge per week by te woon.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]‘n Kwalifiserende skaaktoernooi vind op Vrydag, en Saterdag, 27 en 28 Julie in Bloemfontein plaas. Spelers wat daarvoor wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 by die klasonderwysers ingee op Maandag, 23 Julie.NAUTILUS:Leerders wat vir die Nautiluskompetisie op 4 Augustus wil inskryf, kan vanaf

Maandag, 23 Julie hulle inskrywingsgeld van R160 by die finansiële kantoor inbetaal.

SKIET: Baie geluk aan CJ Oertel wat tydens die Nasionale Baanskiet-kampioenskappe as volg presteer het:1ste plek: Seuns 0/13 Grootgeweer Gesamentlike 1ste plek: Seuns 0/13 .22-geweer afdeling 3de plek: Seuns 0/13 Windgeweer afdeling Bekker Schutte is in die Vrystaat se skietspan vir die .22 geweer afdeling opgeneem en sal vanaf 9 – 11 Augustus aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Baie geluk Bekker!

MOTORFIETSWEDREN:Tydens ‘n wedren op 7 Julie het die volgende seuns mooi presteer:Hanno van tonder: 3de plek in KiddiesafdelingWJ van Tonder: 3de plek in Kiddies-Pro afdelingDylan Britz: 4de plek in Kiddies-Pro afdeling

TENTPEGGING:Geluk aan JC Lübbe wat die vakansie aan die SA Jeugfees deelgeneem het en pragtig presteer het:Hulle 0/14-span eindig eerste in die kompetisie! Hulle het 7 ander SA-spanne, asook die 0/18 Britse span uitgestof.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 5-klasse hou op Maandag, 23 Julie hulle koekieverkoping. Bring asseblief ‘n geldjie saam om hulle te ondersteun.

JAKKIELOER – FACEBOOK:Gaan “like” ons Facebook-bladsy asseblief. U is welkom om foto’s van u kinders en hulle prestasies daarop te plaas.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie

GEBEDSLYS:

Sorita Seekoei (dogter ernstig beseer in ongeluk)Giel de Beer (operasie)Fanie Dignon (operasie)

Schimper van Niekerk (beroerte – in hospitaal)Oom Chris Roelofse (bloedklont – in hospitaal)

Johnny Swanepoel (operasie gehad)

GELUKWENSING:Baie geluk aan ds Elize en Sebastiaan Stander met die

geboorte van hulle babadogtertjie!

AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP (Don 26/7 & Vry 27/7)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN ATLEET: ____________________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE LANDLOOPLIGA OP 26 JULIE BY NEWTON IN KIMBERLEY.

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EK BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

~~~

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE LANDLOOPLIGA OP 27 JULIE IN BLOEMFONTEIN.

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN CBC IN KBY (Dins 24/7)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN SPELER: ____________________________________

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EK BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

BUSGELD: R30

AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP (Don 26/7 & Vry 27/7)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN ATLEET: ____________________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE LANDLOOPLIGA OP 26 JULIE BY NEWTON IN KIMBERLEY.

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EK BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

~~~

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE LANDLOOPLIGA OP 27 JULIE IN BLOEMFONTEIN.

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMP / SKAAK (Belangstelling)

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN SPELER: ___________________________

HIERMEE BEVESTIG EK DAT EK VIR DIE KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI OP 27 EN 28 JULIE WIL INSKRYF.

INGESLUIT MY INSKRYWINGSGELD VAN: R110

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: XHARIEP KRIEKETPROEWE(Maandag 23/7)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie

Loslitdag(Ten bate van mense met ‘n gestermdheid)

Vrydag 7 September 2018Jakkies Opwaarts Sentrum het LOSLIT plakkers vir ‘n donasie van R10 beskikbaar, dit is deel van ons jaarlikse fondsinsameling (‘n gedeelte van die

geld kry Jakkies Opwaarts Sentrum vir elke plakker wat verkoop word).

Die Loslit tema vir 2018 is “wees elke dag ‘n Held “

Plakkers is beskikbaar by Jakkies Opwaarts Sentrum of dit kan gekoop word by tannie Maryke

by die boekstoor.

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMP / SKAAK (Belangstelling)

AFSKEURSTROKIE: XHARIEP KRIEKETPROEWE(Maandag 23/7)

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewSeuns wie se hare nie reg is nie, sal nie tydens saalbyeenkomste in die saal toegelaat word nie. ... asook die liga op 27 Julie

Aandag Gr. 6 en Gr. 7 seuns!!!LEES HIER!

Wonder jy klaar wat jy die Oktobervakansie met jouself gaan aanvang? Hier is net dié ding vir jou!Die Hoër Landbouskool Marlow in Middelburg, Oos-Kaap, bied van 28 September 2018 tot 2 Oktober 2018 ‘n HEERLIKE avontuurkamp aan - net wat dit sê: PROPVOL AVONTUUR.Die doel van die kamp is om nader aan die natuur te leef en dit te kombineer met vet pret! Seuns woon in die koshuis en een nag word in die veld geslaap. Die kamp word aangebied deur onderwysers en studente wat veiligheid voorop stel.Kyk net waarna jy kan uitsien:

Vlotbou en vlotresies Visvang in die Groot Visrivier Toutrekkompetisie Kleilatgooi Springhaas soek Boomhuis bou Leer van die veld Nagmars Hindernisbaan-kompetisie Swem, tennis speel en buitebandry op die rivier

Klink lekker né! Vra jou pa of ma of sy vir jou ‘n R500 het om te belê in ‘n onvergeetlike tyd! Spring gou, daar is net plek vir 100 seuns!Vir meer inligting en die program, skakel gerus vir Clivé Burger by 083 708 3974 of stuur ‘n epos na [email protected]! Jy gaan nie spyt wees nie! Kindwees is PRET!

BIOLINKKonsentrasie is die sleutel tot prestasie

Is u tevrede met u kind se prestasie die afgelope kwartaal? Biolink kan help om u kind se punte drasties te verbeter.

Biolink is die no.1 oplossing in Suid-Afrika vir kinders en volwassenes wat sukkel met fokus en konsentrasie. Dit kan ‘n oorsaak van u kind se leerprobleme of swak prestasie wees.

Wonder u nog? Gesels gerus met Biolink-ouers. Leerders se prestasie is meetbaar en duidelik sigbaar in hul toets- en eksamenuitslae. Biolink Lees is ook ‘n opsie vir kinders wat sukkel om te lees - dit het ‘n beduidende invloed op u kind se ontwikkeling en die leerproses self. Die leesprogramme is vir verskillende Grade aangepas. ‘n Gr 1-seuntjie wat baie gesukkel het met klank en lees, kan ná net een kwartaal al pragtig lees!

Bel gerus vir meer inligting oor hierdie programme. Biolink Study Hub kan u kind ook bystaan met sy daaglikse huis- en leerwerk.

Skakel Miranda van der Walt van die Jacobsdal Biolink-sentrum by 083 7090 688 of stuur ‘n epos na [email protected]. Besoek gerus ook Biolink se webwerf by www.bio-link.co.za.