jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web viewtennisnette en netbalpale moet versigtig in en...

10
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 22 27 Jul – 3 Aug 2018 OUERS: VERWELKOMING: Baie welkom aan mej Marlise Meyer wat as graad 3B- leerkrag by ons span aangesluit het. Ons hoop dat sy ‘n lang en suksesvolle verbintenis met ons skool sal hê. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 30 Julie. AKADEMIE: Die toetsweek in September se rooster word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Geen huiswerk sal in daardie tyd gegee word nie, maar daar sal wel buitemuurs plaasvind. DEWALD GOUWS: Ons verwelkom graag die sanger en motiveringspreker, Dewald Gouws by ons skool op Maandag, 30 Julie om 10:00 in die skoolsaal. Ons vra dat alle leerders ‘n donasie van R5 vir sy optrede moet saambring. Donasies is nie verpligtend nie. Ouers en belangstellendes ook welkom!! KWARTAALPROGRAM: Doen asseblief die volgende toevoeging en veranderings op die kwartaalprogram: 3 Aug – Wintersmark Kleuterskool Tennisafsluiting van 15 September skuif na die vierde kwartaal 18 Augustus: Koshuis se gholfdag Loslitdag verskuif van 31 Augustus na 7 September 14 September: Kammaland se Oupa- en Ouma-dag Fotodag verskuif van 27 September na 19 September FOTO CD – KWARTAAL 1 & 2: [AFSKEURSTROKIE] Ouers en leerders kan ‘n foto-CD van die eerste en tweede kwartaal per afskeurstrokie bestel. Kostes: R30. Stuur asseblief die afskeurstrokie saam met R30 na die klasonderwysers. KUNSTEFEES – KOOROPTREDE: Ons senior koor gaan op 6 of 7 Augustus by die NK Kunstefees, wat by Newton gehou word, optree. Ons gaan ‘n Landboudalbus reël om ons koorlede mee te vervoer. Volledige besonderhede sal met die volgende nuusbrief deurgegee word. “WOW” SPELKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders van graad 1 – 7 is geïdentifiseer om op Donderdag, 2 Augustus aan die Departementele “WOW”- spelkompetisie in Koffiefontein deel te neem. Ouers van hierdie leerders moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar. Ouers wat hulle kinders self vervoer moet kennis neem dat hulle nie by die spelkompetisie mag ingaan nie. U sal dus buite vir hulle moet wag. Leerders mag om 12:00 verdaag en die bus vertrek om 12:15. GRAAD 1: Claire Combrink, Simon de Witt en Abi Greyling GRAAD 2: Wian Goosen, Amber Rheeder en Zoë Shepherd GRAAD 3: Marizel Swanepoel, Decoda Kilian, Carlené Masuret en Roelfie Bekker GRAAD 4: Leilah Snyman, Wian Germishuys en Jané Burger GRAAD 5: Mindy Wessels, Ewan Burger, Michan Tompies, Phillip Roodt en

Upload: hadan

Post on 03-Dec-2018

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 22 27 Jul – 3 Aug 2018OUERS:VERWELKOMING:Baie welkom aan mej Marlise Meyer wat as graad 3B-leerkrag by ons span aangesluit het. Ons hoop dat sy ‘n lang en suksesvolle verbintenis met ons skool sal hê.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële komiteevergadering om 12:00 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00 op Maandag, 30 Julie.

AKADEMIE:Die toetsweek in September se rooster word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Geen huiswerk sal in daardie tyd gegee word nie, maar daar sal wel buitemuurs plaasvind.

DEWALD GOUWS:Ons verwelkom graag die sanger en motiveringspreker, Dewald Gouws by ons skool op Maandag, 30 Julie om 10:00 in die skoolsaal. Ons vra dat alle leerders ‘n donasie van R5 vir sy optrede moet saambring. Donasies is nie verpligtend nie. Ouers en belangstellendes ook welkom!!

KWARTAALPROGRAM:Doen asseblief die volgende toevoeging en veranderings op die kwartaalprogram:

3 Aug – Wintersmark Kleuterskool Tennisafsluiting van 15 September skuif na die vierde kwartaal 18 Augustus: Koshuis se gholfdag Loslitdag verskuif van 31 Augustus na 7 September 14 September: Kammaland se Oupa- en Ouma-dag Fotodag verskuif van 27 September na 19 September

FOTO CD – KWARTAAL 1 & 2: [AFSKEURSTROKIE]Ouers en leerders kan ‘n foto-CD van die eerste en tweede kwartaal per afskeurstrokie bestel. Kostes: R30. Stuur asseblief die afskeurstrokie saam met R30 na die klasonderwysers.

KUNSTEFEES – KOOROPTREDE:Ons senior koor gaan op 6 of 7 Augustus by die NK Kunstefees, wat by Newton gehou word, optree. Ons gaan ‘n Landboudalbus reël om ons

koorlede mee te vervoer. Volledige besonderhede sal met die volgende nuusbrief deurgegee word.

“WOW” SPELKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders van graad 1 – 7 is geïdentifiseer om op Donderdag, 2 Augustus aan die Departementele “WOW”-spelkompetisie in Koffiefontein deel te neem.Ouers van hierdie leerders moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.Ouers wat hulle kinders self vervoer moet kennis neem dat hulle nie by die spelkompetisie mag ingaan nie. U sal dus buite vir hulle moet wag. Leerders mag om 12:00 verdaag en die bus vertrek om 12:15.

GRAAD 1: Claire Combrink, Simon de Witt en Abi GreylingGRAAD 2: Wian Goosen, Amber Rheeder en Zoë ShepherdGRAAD 3: Marizel Swanepoel, Decoda Kilian, Carlené Masuret en Roelfie BekkerGRAAD 4: Leilah Snyman, Wian Germishuys en Jané BurgerGRAAD 5: Mindy Wessels, Ewan Burger, Michan Tompies, Phillip Roodt en Werner Oosthuisen GRAAD 6: Marizanne Jacobs, Stefan Hugo, Caitlyn van Wyk en Janco ZeelieGRAAD 7: Elsje Jacobs, RJ Botes, Mariné Cloete, Jùhan Swanepoel en Anneline de WetBAIE STERKTE AAN ONS SPEL-SPAN. MAAK ONS TROTS!

KOSHUIS:Graag wil ons Wouter en Carike Goosen bedank vir die groot klomp “butter nuts” wat hulle aan die koshuis geskenk het. Ons waardeer dit baie!

LEERDERDEELNAME:TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]UITSLAE TEEN CBC:Seuns 0/13A wen 5 – 1 Seuns 0/11A wen 5 – 1 Dogters 0/13A wen 4 – 2 BAIE GELUK!Die 0/9, 0/11A en B en 0/13A en B seunstennisspanne speel op Woensdag, 1 Augustus teen Hopetown op hulle bane. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R60 is vooraf betaalbaar. Spelers mag om 12:45 verdaag en die bus vertrek om 13:00.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

TENNISTOER: [INSKRYWINGSVORM]Ons het dit goedgedink om die Novals Tennistoernooi in De Aar te omskep in ‘n tennistoer vir ons tennisspelers en hulle ouers. Dit vind op 12 en 13 Oktober plaas en die volgende ouderdomme kompeteer teen mekaar:0/8 (moet deur ouers vergesel word)0/10, 0/12 en 0/14U kan u eie verblyf reël of u kan saam met u kind in die koshuis bly teen billike fooie. (PLEK IS BEPERK!) Inskrywingsgeld vir die twee dae beloop R490 wat ‘n foto insluit.Volledige inligting, sowel as die inskrywingsvormpie, word by die nuusbrief ingesluit. Stuur u inskrywings asseblief so gou as moontlik terug na Adéle Lübbe. Sperdatum vir inskrywings: Maandag, 6 Augustus

TENNISBANE:Ons skool het twee van die tennisbane laat oordoen/herstel teen ‘n koste van amper R90 000.00. Hierdie geld kom uit ons ouers se sakke en ons doen ‘n beroep op u om die tennisbaanreëls se moets en moenies, wat by die nuusbrief aangeheg is, met u kind deur te gaan. Kom ons pas ons sportfasiliteite en toerusting baie mooi op!

SWEM:Tannie Verona se “land training” gaan eers vanaf September plaasvind as gevolg van te veel aktiwiteite by die skool.Ouers moet solank kennis neem van die Swemvergadering wat op Maandag, 6 Augustus om 7:30 in die skoolsaal plaasvind. Alle ouers van leerders wat hierdie komende seisoen by swem wil inskakel, moet daar wees. (Of ten minste een van die ouers.)

LANDLOOP: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat vir die landloopligabyeenkoms op Donderdag, 2 Augustus by Newton wil inskryf, moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 30 Julie by die klasonderwysers inhandig. Atlete wat vir die ligabyeenkoms op Vrydag, 3 Augustus in Bloemfontein wil inskryf moet hulle name by tannie Adéle gaan ingee, sodat sy julle kan inskryf. Geen busvervoer dan beskikbaar nie, ouers vervoer hulle kinders self na Bloemfontein.

TWEEKAMP:Leerders wat aan tweekamp by ons skool wil deelneem, kan nog die afskeurstrokie van Nuusbrief 21 instuur.

ATLETIEKKLINIEKE: [AFSKEURSTROKIE]Atlete en afrigters/ouers wat belangstel om die volgende atletiekklinieke by te woon, kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 30 Julie na die klasonderwysers terugstuur:24 – 25 Augustus: Bloemfontein31 Augustus – 1 September: KimberleyKostes beloop R200 – R250 per persoon. Volledige inligting sal dan aan u gestuur word.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Sterkte aan Rian Steenkamp wat die naweek aan ‘n kwalifiserende Skaaktoernooi deelneem. Ouers moet asseblief weer die skaakafskeurstrokie invul indien hulle belangstel om skaaklesse by Dina van der Walt te kry. Kostes beloop R450 vir 8 lesse. Dit is werklik baie billik. Maak gebruik van hierdie geleentheid sodat u kind skaakvaardighede kan aanleer. Haar lesse vind elke Woensdag op die volgende tye plaas:Gr 1 & 2: 11:50 of 13:30Gr 3: 12:30 of 14:20Gr 4 – 7: 14:20 – 15:15 Lestye wissel van 30 tot 60 minute. Gelde word direk by Dina betaal, nie by die skool nie.

AMESA WISKUNDE:Leerders skryf hulle Amesa wiskundevraestelle op Woensdag, 1 Augustus deur die loop van die oggend. Baie sterkte!

“KICKBOXING”Baie geluk aan die volgende leerders wat hulle belde verwerf het:Jason Louw: Rooi (Little Ninja’s)Sue-lé Sutherland: Rooi (Little Ninja’s)Gerhard Henning: Geel, vlak 1Inge van der Merwe: Geel, vlak 3SW Engelbrecht: Oranje, vlak 2Matthew de Wet: Oranje, vlak 3Hanco Sutherland: Groen, vlak 1Elza van Graan: Groen, vlak 1

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die mammas wat lekker eetgoed gestuur het met die graad 5-klas se koekieverkoping. Hulle het ‘n pragtige bedrag van R1 974.00 ingesamel.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

HULP MET WISKUNDE:

Juffrou Rina van Zyl is op ‘n Maandag-, Dinsdag- en Donderdagmiddag beskikbaar om leerders met wiskunde te help. Sy sal veral graad 7-leerders wil help met hulle wiskunde.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

TENNISBAAN REËLS (Moets en moenies)

1. Slegs tekkies!

2. Maak seker daar is nie klippies onder jou tekkies nie.

3. Slegs tennis- en netbalballe, nie krieket- of hokkieballe

nie.

4. Geen skaatsplanke of fietse nie.

5. Mag nie op tennisbane eet of kougom kou nie. As

koeldrank gemors word, maak onmiddelik skoon.

6. Tennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal

word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie.

Om dit te verhoed moet 2-3 mense help om pale te

verwyder en te dra na plekke waar dit nie op die baan lê

nie.

7. Geen stoele en tafels op die bane nie.

8. Tel asseblief klein klippies, takkies, ens., wat op die baan

lê, op voor jy tennis speel.

GEBEDSLYS:

Giel de Beer (operasie)Phillip Noeth (herstel van operasie)

Christiaan Wilkinson (operasie)AJ Burger (knie-behandeling)

AFSKEURSTROKIE: SKAAKAFRIGTING - WOENSDAE (Dina van der Walt)

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

AFSKEURSTROKIE: SKAAKAFRIGTING - WOENSDAE (Dina van der Walt)

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN HOPETOWN (Seuns - 0/9, 0/11A & B en 0/13A & B) (Woensdag, 1 Augustus)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

GAAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R60

AFSKEURSTROKIE: FOTO-CD - R30 (Kwartaal 1 & 2) NAAM VAN OUER: ___________________________________

NAAM VAN LEERDER: _______________________________

WIL GRAAG ‘N FOTO-CD VIR KWARTAAL 1 & 2 BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN R ______

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

AFSKEURSTROKIE: LANDLOOP (Don 2 Augustus)

NAAM VAN OUER: _________________________________

NAAM VAN ATLEET: _______________________________

WIL GRAAG INSKRYF VIR DIE LANDLOOPLIGA OP 2 AUG BY NEWTON IN KIMBERLEY.

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EK BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

BUSGELD: Kby R30Onthou:

Meld 30 minute voor die tyd aanLisensienommers voor- en agterop hempies.

Kaartjie ingevul met speldjieAtlete betaal self hulle R10 inskrywingsgeld by die baan

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

AFSKEURSTROKIE: ATLETIEKKLINIEKE ATLEET: _______________________________

AFRIGTER: _____________________________

STEL BELANG OM DIE VOLGENDE ATLETIEKKLINIEK BY TE WOON:

24 – 25 AUGUSTUS: BLOEMFONTEIN

31 AUG – 1 SEPT: KIMBERLEY

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

3-SLAAPKAMERHUI

S TE HUUR

KERKSTRAAT NR 88

JACOBSDALR5 000.00 PER

MAANDWATER EN LIGTE

AFSKEURSTROKIE: “WOW”-SPELKOMPETISIE (Don 2 Augustus)

NAAM VAN OUER: _________________________________

NAAM VAN LEERDER: _______________________________

MY KIND MAG AAN DIE “WOW’-SPELKOMPETISIE DEELNEEM OP DONDERDAG, 2 AUGUSTUS.

EK VERVOER SELF MY KIND NA KOFFIEFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA KOFFIEFONTEIN:

BUSGELD: R30

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

3-SLAAPKAMERHUI

S TE HUUR

KERKSTRAAT NR 88

JACOBSDALR5 000.00 PER

MAANDWATER EN LIGTE

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

Loslitdag(Ten bate van mense met ‘n gestermdheid)

Vrydag 7 September 2018Jakkies Opwaarts Sentrum het LOSLIT plakkers vir ‘n donasie van R10 beskikbaar, dit is deel van ons

jaarlikse fondsinsameling (‘n gedeelte van die geld kry Jakkies Opwaarts Sentrum vir elke plakker wat verkoop word).

Die Loslit tema vir 2018 is “wees elke dag ‘n Held “

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web viewTennisnette en netbalpale moet versigtig in en uitgehaal word. Moenie die pale op die baan sleep of laat val nie. Om dit te verhoed

Plakkers is beskikbaar by Jakkies Opwaarts Sentrum of dit kan gekoop word by tannie Maryke by die boekstoor.