jacobsdal primêre skool  · web viewword nie, moet asseblief op maandag, 8 mei aan...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 5 – 12 Mei 2017 OUERS: MIA-JEAN ELLIS: [AFSKEURSTROKIE] Ons innige simpatie aan Riaan en Jenny Ellis en boetie Darian, met die skielike afsterwe van ons maatjie Mia-Jean. Ons bid dat die Here julle sal vashou in Sy Vaderhand en dat Sy troos vir julle genoeg sal wees. Die begrafnis vind op Maandag, 8 Mei om 11:00 by die Liggaam van Christus Kerk in Petrusville plaas. Die graad 5 klasmaats, asook haar vriende, wat hulle name by juffrou Elza ingegee het, se ouers moet per afskeurstrokie toestemming gee dat hulle die begrafnis mag bywoon. Die bus vertrek om 8:30 vanaf die skool en leerders moet netjies in skooldrag geklee wees. Ouers wat hulle kinders self begrafnis toe neem moet asseblief die Skoolhoof in kennis stel. Kospakkies vir koshuiskinders moet gereël word. AFWESIGE LEERDERS: Daar is ongelukkig ouers wat hulle kinders vir onbenullige redes uit die skool hou. Baie van hierdie leerders haal ook glad nie verlore werk in nie. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om te sorg dat u kind elke dag by die skool is. Belangrike akademiese werk en asseserings gaan verlore wat u kind se punte en vordering nadelig beïnvloed. WINTER SKOOL- EN SPORTKLERE: Ouers wat wintersklere bestel het, moet solank hulle kwitansies gereed kry. Sodra ons die klere van die verskaffers af ontvang het, sal u die klere met die toon van u kwitansie kan kry. Ons sal u per sms in kennis stel as die klere gekom het. Skenk asseblief u kinders se ou (of te klein) klere aan die tweedehandse bank. Alles is welkom. KLEREWINKEL: Vanaf Maandag, 8 Mei sal die Klerewinkel op die volgende tye oop wees: Maandae: 7:30 tot 9:00 Vrydae: 12:00 tot 13:00. Ons vra ouers om asseblief by hierdie tye te hou. MOEDERSDAGGESKENKIES: Geskenkies @ R10 elk beskikbaar by juffrou Tersia. (Gr. 7-projek) TROLLIETREK PROJEK: Alle kaartjies wat tans in leerders se besit is, en wat nie verkoop gaan word nie, moet asseblief op Maandag, 8 Mei aan klasonderwysers teruggehandig word. Ons wil dit weer versprei aan leerders wat ekstra kaartjies wil hê. Die leerder wat die meeste kaartjies in die skool verkoop, kry ‘n prys en die klas wat die meeste kaartjies verkoop, kry ‘n lekker verrassing! Baie dankie aan ouers wat reeds produkte ingestuur het. Ons kan al twee trollies vol maak! Ons mik vir 4 of 5!! Hoe meer trollies hoe meer wenkanse. SO, STUUR IN JULLE PRODUKTE! KOSHUIS: HEININGPROJEK: John Roelofse het aangebied om ‘n heining (Devils Fork) aan die bokant van Piet Retiefstraat gratis op te rig as ons die materiaal aan hom kan verskaf. Baie dankie

Upload: danganh

Post on 27-Aug-2018

234 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 15 5 – 12 Mei 2017OUERS: MIA-JEAN ELLIS: [AFSKEURSTROKIE]Ons innige simpatie aan Riaan en Jenny Ellis en boetie Darian,met die skielike afsterwe van ons maatjie Mia-Jean. Ons bid datdie Here julle sal vashou in Sy Vaderhand en dat Sy troos vir julle genoeg sal wees. Die begrafnis vind op Maandag, 8 Mei om 11:00 by die Liggaam van Christus Kerk in Petrusville plaas. Die graad 5 klasmaats, asook haar vriende, wat hulle name by juffrou Elza ingegee het, se ouers moet per afskeurstrokie toestemming gee dat hulle die begrafnis mag bywoon. Die bus vertrek om 8:30 vanaf die skool en leerders moet netjies in skooldrag geklee wees. Ouers wat hulle kinders self begrafnis toe neem moet asseblief die Skoolhoof in kennis stel. Kospakkies vir koshuiskinders moet gereël word.

AFWESIGE LEERDERS:Daar is ongelukkig ouers wat hulle kinders vir onbenullige redesuit die skool hou. Baie van hierdie leerders haal ook glad nie verlore werk in nie. Dit is u as ouer se verantwoordelikheid om te sorg dat u kind elke dag by die skool is. Belangrike akademiese werk en asseserings gaan verlore wat u kind se punte en vordering nadelig beïnvloed.

WINTER SKOOL- EN SPORTKLERE:Ouers wat wintersklere bestel het, moet solank hulle kwitansies gereed kry. Sodra ons die klere van die verskaffers af ontvang het, sal u die klere met die toon van u kwitansie kan kry. Ons sal u per sms in kennis stel as die klere gekom het.

Skenk asseblief u kinders se ou (of te klein) klere aan die tweedehandse bank. Alles is welkom.

KLEREWINKEL:Vanaf Maandag, 8 Mei sal die Klerewinkel op die volgende tye oop wees:Maandae: 7:30 tot 9:00Vrydae: 12:00 tot 13:00.Ons vra ouers om asseblief by hierdie tye te hou.

MOEDERSDAGGESKENKIES:Geskenkies @ R10 elk beskikbaar by juffrou Tersia. (Gr. 7-projek)

TROLLIETREK PROJEK:Alle kaartjies wat tans in leerders se besit is, en wat nie verkoop gaan

word nie, moet asseblief op Maandag, 8 Mei aan klasonderwysers teruggehandig word. Ons wil dit weer versprei aan leerders wat ekstra kaartjies wil hê. Die leerder wat die meeste kaartjies in die skool verkoop, kry ‘n prys en die klas wat die meeste kaartjies verkoop, kry ‘n lekker verrassing! Baie dankie aan ouers wat reeds produkte ingestuur het. Ons kan al twee trollies vol maak! Ons mik vir 4 of 5!! Hoe meer trollies hoe meer wenkanse. SO, STUUR IN JULLE PRODUKTE!

KOSHUIS:HEININGPROJEK:John Roelofse het aangebied om ‘n heining (Devils Fork) aan die bokant van Piet Retiefstraat gratis op te rig as ons die materiaal aan hom kan verskaf. Baie dankie John, ons waardeer dit regtig baie. Inligting oor materiaal by Danie Noeth beskikbaar.

LEERDERDEELNAME:HOPETOWN SPORTDAG:Baie sterkte aan ons rugby- en netbalspanne wat Saterdag aan die Sportdag op Hopetown deelneem. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit en spelers moet ten minste ‘n halfuur voor hulle wedstryde by die afrigters aanmeld. Die bus vertrek om 6:00 vanaf die skool. Busgeld: R50 RUGBY:Koffiefontein bring op Maandag, 8 Mei drie rugbyspanne om teen ons te kom speel. Ons 0/7 (14:30), 0/9 (15:00) en 0/13B (15:45) spanne speel hier op ons veld.

EKSTRA OEFENING MAANDAG:0/11 en 0/13A rugbyspelers oefen wel rugby op Maandag, 8 Mei om 16:30.Al die netbalspanne het ook ekstra oefening Maandag en wel op hulle gewone oefentye.

RUGBY EN NETBAL TEEN DOUGLAS: [AFSKEURSTROKIE]‘n Groot aantal van ons rugby- en netbalspanne speel op Dinsdag, 9 Mei teen Douglas op hulle velde.Rugby: 0/7, 0/9 0/11 en 0/13Netbal: 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Ons vra ook ons ouers om ons te help om hierdie groot aantal spelers na Douglas te vervoer.Die bus vertrek om 12:00 en busgeld van R50 is vooraf betaalbaar. Wedstryde begin om 14:00.

DIE HELE SKOOL VERDAAG OP DINSDAG, 8 MEI OM 11:40.

SPORTDAG KOFFIEFONTEIN: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende rugby- netbalspanne speel op Saterdag, 13 Mei op die Koffiefontein Sportdag:Rugby: 0/7 en 0/13B Netbal: 0/12A en 0/13BOuers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. Busgeld beloop R30.(Die 0/9 rugby- en netbalspanne neem op daardie dag aan die Kortvolkdag te Newton deel.)

GW RUGBYPROEWE:Baie geluk en sterkte aan Smittie Stadler, Vuyani Moore en Wikus Wessels (0/13), asook JJ Engelbrecht, Phillip Noeth en Nico Geldenhuys (0/12) wat op 12 en 13 Mei aan die finale GW Rugbyproewe by Staats in Kimberley deelneem.

XHARIEP NETBALPROEWE: Veels geluk en sterkte aan die volgende dogters wat na die afgelope proewe deur is na die Vrystaat Laerskole proewe op 26 Mei in Welkom:0/12: Gudrun Speek, Chané van Zyl en Anneline de Wet0/13: Miandi Steenkamp en Chrisna Roelofse0/14: Chanel Niemann

TENNIS:Ons 0/11 seunstennisspan het met die Spangeesbeker weggestap na afloop van die Inter Africa 4 LifeTennistoernooi in Bethlehem. 36 Spanne het aan die toernooi deelgeneem. Trots op julle!

SKAAK:Sterkte aan JG en HJ Noeth wat op 12 en 13 Mei aan ‘n Interprovinsiale Skaaktoernooi te Noordwes deelneem.

AMESA WISKUNDE:Leerders wat ingeskryf het vir Amesa Wiskunde skryf die vraestel op Donderdag, 11 Mei om 14:15 in mnr Meintjes se klas.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 5-klas hou eers op Maandag, 15 Mei hulle koekieverkoping. Dit word uitgestel as gevolg van die begrafnis.

FOTO CD’S:

Stel asseblief vir juffrou Elza in kennis indien enige van die foto CD’s nie ge-”write” het nie.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Ellis gesin (Mia-Jean oorlede)

Tjoppie BothaMarietjie Badenhorst (pa baie siek)

Herman Odendaal (oorlede)Erika Smit (ma oorlede)

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL TEEN DOUGLAS (Dinsdag, 9 Mei)

HULDEBLYK AAN MIA-JEAN ELLIS

1 Kor. 1. 3 – 5 – “Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid uitkoms gee. In elke moeilikheid help Hy ons. Daarom kan ons ook weer ander help wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig, want net soos daar vir ons ‘n oorvloed van lyding is ter wille van Christus, is daar ook vir ons ‘n oorvloed van bemoediging deur Christus.”

Ons neem met stukkende harte afskeid van ‘n geliefde leerling van ons skool. ‘n Ware Jakkie wat met trots en respek haar skool en haar maats gedien het. Wat tydens die 3 jaar wat sy saam met ons gespeel en geleer het, ontwikkel het tot ‘n pragtige tienerdogter waarop ons altyd trots kon wees.

Sy het nie net by ons geleer nie maar ons het ook by haar geleer en sy het ‘n groot impak gemaak op baie mede-Jakkies. Sy was geliefde dogtertjie en ons neem swaar afskeid van hierdie Jakkiemaatjie.

Mia-Jean dit was vir ons ‘n voorreg om jou maat, leermeester en vriend te kon wees en neem ons dan afskeid van jou op ons tydelike woning.

Ons wat agterbly vind vertroosting in die volgende woorde: “Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde: die lammers maak Hy bymekaar in Sy arms en Hy dra hulle teen Sy bors, Hy sorg vir die lammerooie [Jes. 40:11]

Ons groet jou vandag Mia, totdat ons mekaar weer ontmoet.

MET BAIE LIEFDE VAN ONS JAKKIE PERSONEELEN KINDERS!

AFSKEURSTROKIE: KOFFIEFONTEIN SPORTDAG (Saterdag, 13 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KOFFIEFONTEIN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

AFSKEURSTROKIE: BEGRAFNIS – Mia-Jean Ellis (Maandag, 8 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

LEERDER SE NAAM EN VAN __________________________________

HIERMEE GEE ONS TOESTEMMING DAT BOGENOEMDE LEERDER DIE BEGRAFNIS VAN MIA MAG BYWOON.

ONS NEEM ONS KIND SELF BEGRAFNIS TOE:

ONS KIND MOET MET DIE BUS RY:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL TEEN DOUGLAS (Dinsdag, 9 Mei)

OUERS:As daar ouers is wie se kinders ‘n aanlyn-

speletjie op hulle fone of rekenaars speel met die naam Blue Whale, moet u dit asseblief so

gou as moontlik stopsit.Baie gevaarlike speletjie

Versprei die boodskap asseblief.

AFSKEURSTROKIE: KOFFIEFONTEIN SPORTDAG (Saterdag, 13 Mei)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

SPELER SE NAAM EN VAN __________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KOFFIEFONTEIN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.