jacobsdal primêre skool · web viewouers en leerders word herinner aan die ouervereniging se...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 23 1 - 8 Augustus 2014 OUERS: SKOOL-/KOSHUISGELD: Ouers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die 7de van elke maand betaalbaar is. Koshuisgeld was op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Maandbetalers se geld is op die eerste dag van ‘n maand betaalbaar. Probeer asseblief getrou by hierdie reëlings hou. BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 4 Augustus. JNR EN SNR KORE – KUNSFEES: [AFSKEURSTROKIE] Ouers moet asseblief kennis neem dat die organiseerders die program vir kooroptredes met ‘n week vervroeg het. Koorleerders moet asseblief hulle koorklere gereed kry en koshuiskinders moet asseblief onthou om dit Maandag saam te bring. Ons Junior koor tree op Woensdag, 6 Augustus om 13:30 op en ons senior koor om 15:30 by die Kunsfees te Newton. Let wel: As gevolg van kursusse wat ons onderwyspersoneel ook op daardie dag in Bloemfontein en Koffiefontein moet bywoon, is slegs die groot bus (25 sitplekke) vir die Senior koor beskikbaar. Die Junior koor se ouers moet asseblief vir ons help om hierdie leerders na Kimberley en terug te vervoer Senior koorleerders se ouers moet asseblief almal die afskeurstrokie invul sodat vervoerreëlings gefinaliseer kan word. Strokies moet op Maandag, 4 Augustus by die klasonderwysers ingehandig word. R30 bus-/vervoergeld is vooraf betaalbaar. Die Junior koor het briefies met afskeurstrokies ontvang wat op Maandag, 4 Augustus by juffrou Rina van Zyl ingehandig moet word. Baie dankie by voorbaat! WOENSDAG, 6 AUGUSTUS: Die skool sal vir alle leerders op Woensdag, 6 Augustus om 11:00 verdaag. Geen buitemuurs op daardie dag nie. OUERVERENIGING: KARNAVAL / POTJIEKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers en leerders word herinner aan die Ouervereniging se Karnaval met potjiekoskompetisie wat op Saterdag, 9 Augustus by die skool plaasvind. Daar gaan ‘n Fotohokkie met ‘n verskeidenheid kostuums en versierings beskikbaar wees waar jy poskaartfoto’s kan neem wat @ R15 per foto bestel kan word. Spaar jou geldjie vir hierdie stalletjie! Willie Viljoen Fotografie doen die foto’s. Advertensie by die nuusbrief aangeheg. Ouers wat belangstel om ‘n pot in te skryf kan die afskeurstokie invul en in die volgende twee weke na die klasonderwysers terugstuur. Nooi asseblief u vriende om die dag saam met u te kom geniet. KOSHUIS: [AFSKEURSTROKIE] Ouers word versoek om nie te lank met koshuiskinders oor die telefoon te praat nie. Ander leerders wil ook die telefone gebruik. Probeer om oproepe tot 5 minute te beperk en dan totsiens te sê. Koshuiskinders se name mag nie op koshuiseiendom geskryf word nie. Ouers wat nie tevrede is met hulle kinders se matrasse nie, is welkom om vir

Upload: vuongtuyen

Post on 03-Jul-2018

218 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 23 1 - 8 Augustus 2014OUERS:SKOOL-/KOSHUISGELD:Ouers word daaraan herinner dat skoolgeld voor die 7de van elke maand betaalbaar is. Koshuisgeld was op die eerste dag van die kwartaal betaalbaar. Maandbetalers se geld is op die eerste dag van ‘n maand betaalbaar. Probeer asseblief getrou by hierdie reëlings hou.

BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die Finansiële vergadering om 10:30 en die Beheerliggaamvergadering om 14:00, op Maandag, 4 Augustus.

JNR EN SNR KORE – KUNSFEES: [AFSKEURSTROKIE]Ouers moet asseblief kennis neem dat die organiseerders die program vir kooroptredes met ‘n week vervroeg het.Koorleerders moet asseblief hulle koorklere gereed kry en koshuiskinders moet asseblief onthou om dit Maandag saam te bring. Ons Junior koor tree op Woensdag, 6 Augustus om 13:30 op en ons senior koor om 15:30 by die Kunsfees te Newton. Let wel: As gevolg van kursusse wat ons onderwyspersoneel ook op daardie dag in Bloemfontein en Koffiefontein moet bywoon, is slegs die groot bus (25 sitplekke) vir die Senior koor beskikbaar. Die Junior koor se ouers moet asseblief vir ons help om hierdie leerders na Kimberley en terug te vervoerSenior koorleerders se ouers moet asseblief almal die afskeurstrokie invul sodat vervoerreëlings gefinaliseer kan word. Strokies moet op Maandag, 4 Augustus by die klasonderwysers ingehandig word. R30 bus-/vervoergeld is vooraf betaalbaar. Die Junior koor het briefies met afskeurstrokies ontvang wat op Maandag, 4 Augustus by juffrou Rina van Zyl ingehandig moet word.Baie dankie by voorbaat!

WOENSDAG, 6 AUGUSTUS:Die skool sal vir alle leerders op Woensdag, 6 Augustus om 11:00 verdaag. Geen buitemuurs op daardie dag nie.

OUERVERENIGING:KARNAVAL / POTJIEKOMPETISIE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers en leerders word herinner aan die Ouervereniging se Karnaval met potjiekoskompetisie wat op Saterdag, 9 Augustus by die skool plaasvind.

Daar gaan ‘n Fotohokkie met ‘n verskeidenheid kostuums en versierings beskikbaar wees waar jy poskaartfoto’s kan neem wat @ R15 per foto bestel kan word. Spaar jou geldjie vir hierdie stalletjie! Willie Viljoen Fotografie doen die foto’s. Advertensie by die nuusbrief aangeheg. Ouers wat belangstel om ‘n pot in te skryf kan die afskeurstokie invul en in die volgende twee weke na die klasonderwysers terugstuur.Nooi asseblief u vriende om die dag saam met u te kom geniet.

KOSHUIS: [AFSKEURSTROKIE] Ouers word versoek om nie te lank met koshuiskinders oor die

telefoon te praat nie. Ander leerders wil ook die telefone gebruik. Probeer om oproepe tot 5 minute te beperk en dan totsiens te sê.

Koshuiskinders se name mag nie op koshuiseiendom geskryf word nie. Ouers wat nie tevrede is met hulle kinders se matrasse nie, is welkom om vir hulle kinders matrasse aan te koop en dan hulle name daarop aan te bring.

‘n Wasdiens gaan vir ouers in die koshuis beskikbaar gestel word @ R50 per was (8kg) per kind. Dit sal vanaf 11 Augustus in werking tree. Indien u belangstel in so ‘n diens kan u die afskeurstrokie invul en op Maandag, 4 Augustus terugstuur na die klasonderwysers. Hierdie ouers sal dan meer inligting ontvang.

LEERDERDEELNAME:TENNIS- / KRIEKETHEMPIES:Tennis- en krieketspelers ontvang elkeen ‘n hempie by die skool wat gebruik word om wedstryde mee te speel. Ouers moet asseblief vir ons die hempies silwerskoon was en dadelik terugstuur na Maryka by die boekstoor. Die hempie moet in ‘n plastiese sakkie met u kind se naam op ingehandig word. Help ons asseblief om hierdie hempies so wit as moontlik te hou. Baie dankie by voorbaat!

TENNIS: UITSLAE:Die 0/9A, 0/9B en 0/11A seunsspanne het al drie met 6 – 0 teen Newton se spanne verloor.Sterkte aan ons 0/13 seuns en dogters tennisspanne wat volgende week aan ‘n tennistoernooi in Bethlehem gaan deelneem.

GIMNASTIEK: Baie geluk aan die volgende gimnaste wat mooi presteer het met die afgelope Gimnastiekkompetisie:

Vlak 1:Ankia v Schalkwyk 4de Cayla Da Camara 5deKayla vd Linden 6de Carlien McLachlan 1ste

Vlak 2:Chrisna Roelofse 1ste Monique van Zyl 2deNinke Jacobs 4de

Vlak 3:Tharina Roelofse 1ste Bonolo Julies 5deMabel Coetzee 5de

Baie sterkte met julle deelname aan die Suid-Vrystaat Kampioenskappe op Saterdag, 2 Augustus in Bloemfontein. Program is as volg:Vlak 1: 7jr, 8jr en 10&U – 8:00Vlak 1: 6&U, 12&U en 13&U – 10:00

Vlak 2: 6&U, 8jr en 11&U – 11:45Vlak 3: Alle ouderdomme – 15:00

SKAAK:Baie sterkte aan Rian Steenkamp, Fransien Steenkamp en Johandré vd Berg wat die naweek aan ‘n Ope/Kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 5-klas hou hulle koekieverkoping op Maandag, 4 Augustus. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Sonja van Graan (suster is siek)

Jaco Mostert

Veels geluk aan JS en Verona Burger met die geboorte van ‘n baba dogtertjie!

AFSKEURSTROKIE: JNR EN SNR

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER KOORLEDE SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

DIE MELODRAMA KOM!!

Kurt Darren, Patricia Lewis, Karlien van

Besprekings open Maandag, 11 Augustus Kaartjies: R50 per persoon Kosstalletjies bekikbaar!

AFSKEURSTROKIE: POTJIEKOSKOMPETISIE (R100) (Saterdag 9 Augustus)

NAAM EN VAN: ____________________________________

WIL GRAAG VIR DIE POTJIEKOSKOMPETISIE OP 9 AUG

INSKRYF.

TIPE POT: ________________________________

INSKRYWINGSFOOI VAN R ________ INGESLUIT.

HANDTEKENING: __________________________

KONTAKNOMMER: ______________________

DATUM: _____________________

LEKKER PRYSE TE WEN!!

AFSKEURSTROKIE: WASDIENS IN KOSHUIS

NAAM EN VAN: ____________________________________

KOSHUISLEERDER/S: ______________________________

__________________________________________________

AFSKEURSTROKIE: WASDIENS IN KOSHUIS

NAAM EN VAN: ____________________________________

KOSHUISLEERDER/S: ______________________________

__________________________________________________