jacobsdal primêre skooljakkies.com/nb38 en 2015.docx  · web viewword lekker fiks in die vakansie...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 38 26 November 2015 OUERS: MEEGEVOEL: Ons is baie hartseer oor die afsterwe van ons geliefde oom Bennie. Ons innige meegevoel aan tannie Martie en haar gesin. Ons gaan hom baie mis. VAKATURE: Aansoeke word hiermee ingewag vir die vakante faktotumpos by ons skool. Dit is ‘n Beheerliggaampos en diensaanvaarding is op 2 Januarie 2016. Salaris onderhandelbaar. Rig aansoek aan: Die Beheerliggaam, Jacobsdal Primêre Skool Faks na: 053 5910103 of epos na: [email protected] Aansoeke sluit op 9 Desember om 13:00. RAPPORTE: Ouers kan leerders se rapporte op Woensdag, 9 Desember tussen 9:00 en 10:00 hier by die skool kom afhaal. Rapporte van leerders wie se ouers agterstallig is met skool- of koshuisgeld kan op Woensdag, 9 Desember vanaf 10:00 tot 11:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaam in die kantoor besigtig word. Dit sal nie aan hierdie ouers gepos word nie. Rapporte wat nie by die skool afgehaal word nie, word om 10:00 gepos. Ons wil ouers vra om so ver moontlik reëlings te tref om u kinders se rapporte self te kom haal of iemand anders te vra om dit vir u te doen. BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM: Aangesien baie datums nog uitstaande is sal ons poog om die buitemuurse rooster en kwartaalprogram saam met die leerders se rapporte te stuur. JKJA: ‘n Baie spesiale woord van dank aan al ons mamma’s wat hierdie jaar JKJA by die skool gegee het. Ons waardeer dit dat julle bereid was om hierdie onbaatsugtige liefdeswerk met ons kinders te doen. DISSIPLINÊRE BELEID EN GEDRAGSKODE: Ouers kan kennis neem van die aangehegte Dissiplinêre beleid en gedragskode wat op die eerste Ouervergadering van 2016 bespreek en aanvaar sal word. LYS VAN BENODIGDHEDE: ‘n Lys van benodigdhede vir 2016 word by die nuusbrief ingesluit. Maak asseblief seker dat jy in Januarie skool toe kom met alles wat jy nodig het. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Eerste kwartaal huiswerkboeke sal weer @ R25 vir graad 5 – 6 leerders beskikbaar wees. Graad 4 kry die eerste kwartaal elkeen ‘n gratis huiswerkboek. Graad 7 moet asseblief hulle eie huiswerkboeke hê. Ouers kan met die afskeurstrokie huiswerkboeke bestel op 13 Januarie 2016. JNA-TOETSE: Departementele JNA-toetse vir gr 1 – 7 gaan moontlik vanaf 19 – 22 Januarie 2016 geskryf word. LEERDERDEELNAME: SKAAK: Sterkte aan Johandre van den Berg, Fransien Steenkamp en Rian Steenkamp wat vanaf 4 – 7 Januarie 2016 aan die SA Skaak-kampioenskappe by UCT in Kaapstad deelneem. Baie

Upload: others

Post on 18-Apr-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 38 26 November 2015OUERS: MEEGEVOEL:Ons is baie hartseer oor die afsterwe van ons geliefde oom Bennie. Ons innige meegevoel aan tannie Martie en haar gesin. Ons gaan hom baie mis.

VAKATURE:Aansoeke word hiermee ingewag vir die vakante faktotumpos by ons skool. Dit is ‘n Beheerliggaampos en diensaanvaarding is op 2 Januarie 2016. Salaris onderhandelbaar. Rig aansoek aan:Die Beheerliggaam, Jacobsdal Primêre Skool Faks na: 053 5910103 of epos na: [email protected] Aansoeke sluit op 9 Desember om 13:00.

RAPPORTE:Ouers kan leerders se rapporte op Woensdag, 9 Desember tussen 9:00 en 10:00 hier by die skool kom afhaal. Rapporte van leerders wie se ouers agterstallig is met skool- of koshuisgeld kan op Woensdag, 9 Desember vanaf 10:00 tot 11:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaam in die kantoor besigtig word. Dit sal nie aan hierdie ouers gepos word nie.Rapporte wat nie by die skool afgehaal word nie, word om 10:00 gepos. Ons wil ouers vra om so ver moontlik reëlings te tref om u kinders se rapporte self te kom haal of iemand anders te vra om dit vir u te doen.

BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM:Aangesien baie datums nog uitstaande is sal ons poog om die buitemuurse rooster en kwartaalprogram saam met die leerders se rapporte te stuur.

JKJA:‘n Baie spesiale woord van dank aan al ons mamma’s wat hierdie jaar JKJA by die skool gegee het. Ons waardeer dit dat julle bereid was om hierdie onbaatsugtige liefdeswerk met ons kinders te doen.

DISSIPLINÊRE BELEID EN GEDRAGSKODE:Ouers kan kennis neem van die aangehegte Dissiplinêre beleid en gedragskode wat op die eerste Ouervergadering van 2016 bespreek en aanvaar sal word.

LYS VAN BENODIGDHEDE:‘n Lys van benodigdhede vir 2016 word by die nuusbrief ingesluit. Maak asseblief seker dat jy in Januarie skool toe kom met alles wat jy nodig het.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Eerste kwartaal huiswerkboeke sal weer @ R25 vir graad 5 – 6 leerders beskikbaar wees. Graad 4 kry die eerste kwartaal elkeen ‘n gratis huiswerkboek. Graad 7 moet asseblief hulle eie huiswerkboeke hê. Ouers kan met die afskeurstrokie huiswerkboeke bestel op 13 Januarie 2016.

JNA-TOETSE:Departementele JNA-toetse vir gr 1 – 7 gaan moontlik vanaf 19 – 22 Januarie 2016 geskryf word.

LEERDERDEELNAME:SKAAK:Sterkte aan Johandre van den Berg, Fransien Steenkamp en Rian Steenkamp wat vanaf 4 – 7 Januarie 2016 aan die SA Skaak-kampioenskappe by UCT in Kaapstad deelneem. Baie geluk aan mnr Peet Steenkamp wat as bestuurder van die Vrystaat 0/16-span optree.

OEFENPROGRAMME: [SPORTBRIEF]Atlete, rugby- en netbalspelers het oefenprogramme vir die vakansie ontvang. Word lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer. Ouers moet asseblief kennis neem van die Sportbrief wat by die nuusbrief ingesluit is.BLEEPTOETSE: Ouers en leerders moet kennis neem dat “Bleep”-toetse (fiksheidstoets) vir gr 4 - 7 leerders op Woensdag, 20 Januarie 2016 in LO-periodes afgelê gaan word.

ALGEMEEN:GRAAD 7’S:Ons groet ons graad 7-klas van 2015 en wens julle alles van die beste toe met die nuwe fase wat in julle lewens aanbreek. Hou Jakkies se naam hoog en onthou waar julle wortels lê! Koester ook die sewe waardes wat jy hier by ons skool geleer het. (2 Kor. 12:9 “Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees.)

Dankie aan elke borg, ouer, leerder en personeellid wat betrokke was, positiewe insette gelewer het en getrou was in die nakom van hulle verskeie verantwoordelikhede. Mag u ‘n geseënde Christusfees en ‘n rustige vakansie saam met u kinders ervaar en mag ‘n blink 2016 op u wag.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer

Dankie aan al die kinders wat ‘n bydrae gemaak het vir my geskenk. Ek waardeer dit baie! Mnr Tait

SKOOL HEROPEN OP 13 JANUARIE 2016 OM 8:00. Leerders kom daardie dag met volledige skoolklere skool toe. Die hoof- en onderhoofleiers van die skool moet op daardie dag hulle uitgaandrag aanhê! Hulle moet om 7:45 by die Skoolhoof aanmeld.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

Woonstel te huur.Modderrivier omgewing

2 Slaapkamer woonstel2 x badkamers

Oopplan sit/tv kamer en kombuis.Ingeboude kaste

GasstoofStoep en grasperk

120 m²SekuriteitshekR3800 / maand

Skakel 0836295643

GEBEDSLYS:

Martie van Jaarsveld en gesin

Ai Bennie ou maat,ons gaan jou baie mis.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer

HULP MET HUISWERK – 2016

Beperk tot 6 leerder.

Kontak asseblief virChriselda Swart by:

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK 2016 (R25) (Slegs gr. 5 – 6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: ______________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 1 2016 BESTEL.

(ONTHOU DAT GRAAD 4’S HULLE EERSTE KWARTAAL SE HUISWERKBOEKIE GRATIS KRY)

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _______________________

B & H DIESELMODDERRIVIER

Goeie pryse!!

50pp Diesel: Pompprys @ R11.56500pp Diesel: Pompprys @ R11.38

~~~~~

Dieselkarre beskikbaar om te leenvir selflaai, 500L en meer:

@ R11.35 vir 50pp diesel@ R11.24 vir 500pp diesel

Kontak:

Hanli: 083 2744 494Maryna: 053 5817015

Ai Bennie ou maat,ons gaan jou baie mis.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer

HULP MET HUISWERK – 2016

Beperk tot 6 leerder.

Kontak asseblief virChriselda Swart by:

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK 2016 (R25) (Slegs gr. 5 – 6)

OUER: ___________________________________

LEERDER: ______________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 1 2016 BESTEL.

(ONTHOU DAT GRAAD 4’S HULLE EERSTE KWARTAAL SE HUISWERKBOEKIE GRATIS KRY)

INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _______________________

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer

Geagte Ouers

NEEM ASSEBLIEF KENNIS VAN DIE VOLGENDE:

Atlete wat in die atletiek- en swemspanne is, se oefeninge is prioriteit. Sorg dus dat julle stiptelik by die oefeninge uitkom.

Let daarop dat dit ons missie is om van volgende jaar ‘n groot sportjaar te maak. Moedig u kinders aan om naweke en vakansies die basiese fiksheidsoefenprogram te volg sodat ons die nuwe jaar met entoesiasme kan aanpak.

Help beplan asseblief u kind/ers se oefenprogram. Let daarop dat ons reeds die eerste kwartaal met tennisafrigting in die middae wil begin. Met die eerste nuusbrief van 2016 sal u ‘n afskeurstrokie moet invul, om aan te dui wie gratis tennisafrigting twee keer per week wil ontvang en dan word hulle in 4 groepe ingedeel. Daar sal botsings met ander sportsoorte wees, maar ons moet maar aanpassings maak en groepe omruil/verskuif om soveel as moontlik kinders te akkommodeer.

Behalwe die tennisafrigting, beoog ons om Maandae ook met krieketoefeninge te begin. Ons het ‘n baie bekwame krieketafrigtingspan en ons wil graag ons kinders die geleentheid gee om maksimaal te ontwikkel (Sien buitemuurse rooster).

Rugby- en netbalvaardigheidsoefeninge gaan ook reeds vroeg in die nuwe kwartaal begin.

Met al bogenoemde aktiwiteite in ag genome, is dit dus van kardinale belang dat u as ouer sal toesien dat u kind behoorlik oefen gedurende die vakansie, anders sal hy/sy nie die pas kan volhou gedurende die eerste kwartaal nie. Uiteraard sal u u kind in sommige gevalle moet help om keuses te maak, aangesien hy/sy nie altyd al die oefeninge van al die sportsoorte sal kan bywoon nie.

Kom ons span al ons energie in om almal in dieselfde rigting te trek om volgende jaar van Jacobsdal Primêre Skool ‘n skool van uitnemendheid te maak!

CARPE DIEM!!

Mnr Alfred HodgsonSPORTORGANISEERDER

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLjakkies.com/NB38 en 2015.docx  · Web viewWord lekker fiks in die vakansie sodat ons van die begin van 2016 af, gereed is om prestasies vir ons skool te lewer

WAAR: MOREDOU PADSTAL DATUM: 28 NOVEMBER 2015

TYD: 19:00 PRYS: R90.00 PER PERSOON

BESPREKINGS MOET ASB VOOR OF OP DIE 26 NOVEMBER 2015 GEDOEN WORD.

SKAKEL ASB VIR ODRIE BY: 073 231 4757

MAANDAE - VRYDAE 07:00 TOT 21:00

MOREDOU PADSTAL HOU CALAMARI-AAND!

KONTANTKROEG BESKIKBAAR!

URE DEUR DIE WEEK: