jacobsdal primêre skool no 38.pdf · 2019. 11. 23. · jacobsdal primÊre skool nuusbrief: 38 22...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 38 22 November 2019 AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE: Ouers moet asseblief agterstallige gelde so gou as moontlik op datum bring. Dit sluit skool- en koshuisgeld, busgeld, handboekgeld, Top-10 balkies ens. in. Geen rapporte gaan uitgedeel word aan ouers wat enige bedrag aan die skool skuld nie. (Al is dit hoe klein.) Dit geld ook vir leerders wat nog in besit is van ons skool se sportdrag (netbalklere, tennishempie, kriekethempie, atletiekfrokkie, ens.) Ouers moet asseblief u kind se kas deurgaan en seker maak daar is nie sportklere wat aan die skool behoort, in sy/haar kas is nie. Ouers sal ‘n rekening ontvang om hierdie kledingstuk van die skool te vervang. RAPPORTE: Rapporte kan op Maandag, 2 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word. Ouers kan ook met ander ouers reël dat hulle u kinders se rapporte saamneem. Ons wil nie rapporte pos nie. Leerderrapporte van agterstallige ouers, kan vanaf 9:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaamvoorsitter besigtig/afgehaal word. Hierdie rapporte gaan nie gepos word nie. Koshuisouers wat agterstallig is met 2019 se fooie, se kind/ers verbeur sy/haar/hulle plek in die koshuis vir 2020. OUERLEIERKOMITEE 2019: ‘n Spesiale woord van dank aan die OLK wat hierdie jaar regtig baie hard gewerk het en ons skool en sy leerders met trots en groot sukses gedien het. Dankie vir al die opofferinge en ekstra myle wat julle gestap het. Julle verdien nie net ‘n handdruk nie, maar ook ‘n klop op die skouer! Ons het julle baie waardeer. Rus lekker. LYS VAN BENODIGDHEDE: Ouers moet asseblief kennis neem van die lys van benodigdhede wat u kinders vir die nuwe skooljaar moet hê. Dit word by die nuusbrief ingesluit. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Eerste kwartaal huiswerkboeke sal weer @ R25 vir graad 5 6 leerders beskikbaar wees. Graad 4 ontvang die eerste kwartaal elkeen ‘n gratis huiswerkboek. Graad 7 moet asseblief hulle eie huiswerkboeke hê. Ouers kan met die afskeurstrokie huiswerkboeke bestel op 15 Januarie 2020. JKJA: ‘n Baie spesiale woord van dank aan al ons mammas wat hierdie jaar JKJA by die skool aangebied het. Ons waardeer dit dat julle bereid was om hierdie onbaatsugtige liefdeswerk met ons kinders te doen. SKRYFBEHOEFTEPAKKETTE / “LABELS” / BOEKE OORTREK: Gelde vir die pakkette moet asseblief in die Trust se bankrekening betaal word met die verwysing: SB (en u kind se naam) Bankbesonderhede: Jakkies Trust FNB Tjekrekening Rekening nr.: 62794678006 Bestellings kan tot 30 November by die skool ingehandig word of kan direk by Lydia van Zyl bestel word. Stuur asseblief vir haar die bestelvorm, asook die bewys van betaling na: [email protected] Skakel haar by 082 522 1596 indien u enige navrae het. Indien daar ouers is wat “Labels” by Claudine Snyman bestel het, kan ‘n sms aan Lydia gestuur word. Sy sal dan u bestelling saambring. Bestellings moet egter eers by Claudine afgehandel wees. Ouers wat belang sal stel om hulle kinders se boeke te laat oortrek @ R8 per boek, in die eerste week van 2020, kan die advertensie besigtig wat by die nuusbrief ingesluit is. LEERDERDEELNAME: FIKSHEID VAN LEERDERS: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Leerders het ‘n belangrike pakkie met sportinligting ontvang met oefenprogramme vir die volgende sportsoorte: Atletiek NB! Swem Tennis Rugby Netbal Atlete moet asseblief hulle oefenprogram getrou deur die vakansie volg sodat hulle fiks kan wees vir die atletiekseisoen. Alle leerders moet ten minste een sportsoort se oefenprogram deur die vakansie volg sodat julle darem ‘n bietjie fikser kan terugkom volgende jaar. Onthou dat almal “Bleep”-fiksheidstoetse moet doen in die tweede week van die nuwe skooljaar. Rugby- en netbalproewe vind reeds baie vroeg in die eerste kwartaal van volgende jaar plaas.

Upload: others

Post on 26-Jan-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 38 22 November 2019 AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE: Ouers moet asseblief agterstallige gelde so gou as moontlik op datum bring. Dit sluit skool- en koshuisgeld, busgeld, handboekgeld, Top-10 balkies ens. in. Geen rapporte gaan uitgedeel word aan ouers wat enige bedrag aan die skool skuld nie. (Al is dit hoe klein.) Dit geld ook vir leerders wat nog in besit is van ons skool se sportdrag (netbalklere, tennishempie, kriekethempie, atletiekfrokkie, ens.) Ouers moet asseblief u kind se kas deurgaan en seker maak daar is nie sportklere wat aan die skool behoort, in sy/haar kas is nie. Ouers sal ‘n rekening ontvang om hierdie kledingstuk van die skool te vervang. RAPPORTE: Rapporte kan op Maandag, 2 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word. Ouers kan ook met ander ouers reël dat hulle u kinders se rapporte saamneem. Ons wil nie rapporte pos nie. Leerderrapporte van agterstallige ouers, kan vanaf 9:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaamvoorsitter besigtig/afgehaal word. Hierdie rapporte gaan nie gepos word nie. Koshuisouers wat agterstallig is met 2019 se fooie, se kind/ers verbeur sy/haar/hulle plek in die koshuis vir 2020. OUERLEIERKOMITEE 2019: ‘n Spesiale woord van dank aan die OLK wat hierdie jaar regtig baie hard gewerk het en ons skool en sy leerders met trots en groot sukses gedien het. Dankie vir al die opofferinge en ekstra myle wat julle gestap het. Julle verdien nie net ‘n handdruk nie, maar ook ‘n klop op die skouer! Ons het julle baie waardeer. Rus lekker. LYS VAN BENODIGDHEDE: Ouers moet asseblief kennis neem van die lys van benodigdhede wat u kinders vir die nuwe skooljaar moet hê. Dit word by die nuusbrief ingesluit. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Eerste kwartaal huiswerkboeke sal weer @ R25 vir graad 5 – 6 leerders beskikbaar wees. Graad 4 ontvang die eerste kwartaal elkeen ‘n gratis huiswerkboek. Graad 7 moet asseblief hulle eie huiswerkboeke hê. Ouers kan met die afskeurstrokie huiswerkboeke bestel op 15 Januarie 2020.

    JKJA: ‘n Baie spesiale woord van dank aan al ons mammas wat hierdie jaar JKJA by die skool aangebied het. Ons waardeer dit dat julle bereid was om hierdie onbaatsugtige liefdeswerk met ons kinders te doen.

    SKRYFBEHOEFTEPAKKETTE / “LABELS” / BOEKE OORTREK: Gelde vir die pakkette moet asseblief in die Trust se bankrekening betaal word met die verwysing: SB (en u kind se naam) Bankbesonderhede: Jakkies Trust FNB Tjekrekening Rekening nr.: 62794678006

    Bestellings kan tot 30 November by die skool ingehandig word of kan direk by Lydia van Zyl bestel word. Stuur asseblief vir haar die bestelvorm, asook die bewys van betaling na: [email protected] Skakel haar by 082 522 1596 indien u enige navrae het.

    Indien daar ouers is wat “Labels” by Claudine Snyman bestel het, kan ‘n sms aan Lydia gestuur word. Sy sal dan u bestelling saambring. Bestellings moet egter eers by Claudine afgehandel wees.

    Ouers wat belang sal stel om hulle kinders se boeke te laat oortrek @ R8 per boek, in die eerste week van 2020, kan die advertensie besigtig wat by die nuusbrief ingesluit is.

    LEERDERDEELNAME: FIKSHEID VAN LEERDERS: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Leerders het ‘n belangrike pakkie met sportinligting ontvang met oefenprogramme vir die volgende sportsoorte: Atletiek NB! Swem Tennis Rugby Netbal Atlete moet asseblief hulle oefenprogram getrou deur die vakansie volg sodat hulle fiks kan wees vir die atletiekseisoen. Alle leerders moet ten minste een sportsoort se oefenprogram deur die vakansie volg sodat julle darem ‘n bietjie fikser kan terugkom volgende jaar. Onthou dat almal “Bleep”-fiksheidstoetse moet doen in die tweede week van die nuwe skooljaar. Rugby- en netbalproewe vind reeds baie vroeg in die eerste kwartaal van volgende jaar plaas.

    mailto:[email protected]

  • SWEM: Oefentye in die vakansie is reeds aan swemmers deurgegee. Sterkte aan die swemmers wat gedurende die vakansie aan die volgende gala’s deelneem” FS Champs in Bloemfontein: 26 – 28 November NCASA Champs by Karen Muir: 5 – 7 Desember Good Hope Short Course (age group 4) by CBC in Kby: 11 Januarie XHARIEPSTREEK TENNISTOERNOOI: Ouers word herinner aan die Xhariepstreek tennistoernooi wat op Saterdag, 18 Januarie in Bloemfontein plaasvind. Inskrywingsgeld is maar net R10. Ouers neem self hulle kinders na die toernooi.

    ALGEMEEN: SWEMBAD: Die swembad is vir ‘n privaatfunksie bespreek op die volgende dae en tye: Vrydag, 22 November 15:00 tot 19:00 Sondag, 24 November 13:00 tot 17:00 Saterdag, 30 November vir die hele dag. Geen toegang vir enige ander persoon op bogenoemde tye nie. NOORDKAAP DROOGTEHULP (HELPENDE HAND): Ons boerderygemeenskap in die Noordkaap kan aansoek doen vir droogtehulp. Aansoekvorms is by die skoolkantoor beskikbaar.

    Ons beste seënwense aan elke leerder en ouer van ons skool vir die vakansie en Feesseisoen. Mag ons Skepper u elkeen veilig bewaar en terugbring in 2020. Ons beste wense vergesel elke leerder wat ons skool aan die einde van die jaar verlaat. Baie dankie vir elke leerder, ouer en onderwyser se harde werk en mooi gesindheid in 2019. RUS LEKKER! …………………. PW Tait SKOOLHOOF

    GEBEDSLYS:

    Boere (droogte) Graad 7’s wat Hoërskool toe gaan.

    Bewaring van ons ouers, personeel en kinders deur die vakansie.

  • AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK 2020 (R25) (Slegs gr. 5 – 6) OUER: ___________________________________ LEERDER: _____________________________ GR.: ____ WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK VIR KWARTAAL 1 2020 BESTEL. (ONTHOU DAT GRAAD 4’S HULLE EERSTE KWARTAAL SE HUISWERKBOEKIE GRATIS KRY) INGESLUIT: R ______ HANDTEKENING: _______________________ (Handig saam met die korrekte bedrag op 15 Januarie 2020

    by julle klasonderwysers in)

    BOEKE OORTREK

    As deel van die Ouerleierkomitee se fondsinsameling vir die skool, wil ons as ouers die leerders se boeke oortrek teen

    ‘n koste van R8 per skryfboek of handboek.

    Ons voorsien die plastiek en naamplakkers soos nodig.

    Die beoogde diens sal plaasvind op 15,16 en 17 Januarie 2020. (Of later)

    Ouers kan ons asseblief vooraf laat weet indien hulle van die

    diens gebruik wil maak. U kan ‘n whatsapp of sms stuur na:

    Lydia van Zyl – 082 522 1596 Karlien de Waal – 082 498 2973

  • HUIS TE HUUR:

    3 Slaapkamers, 2 badkamers

    Oopplan kombuis / sitkamer

    Veiligheidsomheining

    Beskikbaar: 1 januarie 2020

    Kontak:

    Hans steyn: 082 877 6774

    WOONSTEL TE HUUR:

    2 Slaapkamers, 1 badkamer

    Sitkamer en kombuis

    Beskikbaar: 1 Januarie 2020

    Kontak:

    Hans steyn: 082 877 6774

    https://www.google.co.za/url?sa=i&url=http://gclipart.com/house-clipart_26338/&psig=AOvVaw17axGPQ-MIuneyUFDyKwmR&ust=1574408444630000&source=images&cd=vfe&ved=0CAIQjRxqFwoTCLDm7ebm-uUCFQAAAAAdAAAAABAD