jacobsdal primêre skool - jakkies.comjakkies.com/nuusbrief no 33.docx  · web viewna afloop van...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 33 11 – 18 Oktober 2013 OUERS: BEDANKINGS: Graag wil ons vir Ian Lavarack en sy werkers hartlik bedank vir die moeite wat hulle gehad het om ons ligkruis weer te herstel. Baie dankie ook aan Marius Jacobs en die manne van Jacobsdal Rugbyklub wat hom bygestaan het en vir die gratis ge bruik van hulle gereedskap. Ons besef dit was ‘n groot werk wat julle gedoen het. Ons het baie waardering daarvoor en is dankbaar vir hierdie belangrike baken van ons skool wat weer werk! ‘n Groot dankie aan Oranje Mynbou Vervoer wat ‘n “conveyer belt” aan ons skool geskenk het vir gebruik by die krieketnette. Ons waardeer dit opreg! OUERKLASBESOEK: Ouers moet kennis neem dat slegs ouers waarmee afsprake gemaak is op Maandag, 14 Oktober na die Ouerklasbesoek toe kom. Indien daar bekommerde ouers is wat noodgedwonge sekere onderwysers wil spreek staan dit u vry om self ‘n afspraak met hom/haar te maak. Buitemuurs wat op Maandag deur buite-afrigters/ouers aangebied word gaan voort asook die diskusgooi van tannie Lanie. Geen buitemuurs vir sporte wat deur onderwysers aangebied word nie. BUITEMUURS – DINSDAG, 15 OKTOBER: Buitemuurs wat op Dinsdag deur buite-afrigters/ouers aangebied word gaan voort. Geen buitemuurs vir sporte wat deur onderwysers aangebied word nie. Hulle het ‘n Prysuitdelingvergadering. KWARTAALPROGRAM: Bring asseblief die volgende veranderinge op u kwartaalprogram aan: 0/13 Aandkrieket teen Eureka: Skuif na Dinsdag, 22 Oktober Koshuisafsluiting: 31 Oktober Kleuterskool se Kersmark: 1 November Kleuterskoolkonsert: 13 November KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS / AFSKEURSTROKIE] Die beamptelys word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Kontak asseblief vir Lanie indien u enige probleem het. Beamptes moet asseblief wit bo en navy onder aanhê en om 8:30 by die tent aanmeld. Ouers moet asseblief onthou dat naellope in uitdunne plaasvind en dat die finale later in die dag eers plaasvind. Alle leerders moet by die Kleuratletiek bly totdat die aflosse aan die einde van die byeenkoms verby is. Na afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone- span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. Leerders wat nuut in 2014 inkom sal die geleentheid kry om ook vir hierdie span in aanmerking te kom. ‘n Finale span sal vroeg in 2014 aangewys word. NB: Die Ouervereniging benodig mammas om met die Kleuratletiek te help met die voorbereiding en verkoop van verversings. Indien u kans sien om hulle te help (al is dit net vir ‘n paar ure) kan u die afskeurstrokie invul en op Maandag, 14 Oktober na die klasonderwysers terugstuur. Baie dankie by voorbaat! WAARDES: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kry weer die geleentheid om ‘n bydrae te maak om die 5 top-waardes van ons skool te bepaal. Slegs 42 van die 180 ouers het met die laaste opname gereageer. Dit

Upload: nguyennguyet

Post on 23-Apr-2018

228 views

Category:

Documents


13 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 33 11 – 18 Oktober 2013 OUERS:BEDANKINGS:Graag wil ons vir Ian Lavarack en sy werkers hartlik bedank vir die moeite wat hulle gehad het om ons ligkruis weer te herstel. Baie dankie ook aan Marius Jacobs en die manne van Jacobsdal Rugbyklub wat hom bygestaan het en vir die gratis gebruik van hulle gereedskap. Ons besef dit was ‘n groot werk wat julle gedoen het. Ons het baie waardering daarvoor en is dankbaar vir hierdie belangrike baken van ons skool wat weer werk!‘n Groot dankie aan Oranje Mynbou Vervoer wat ‘n “conveyer belt” aan ons skool geskenk het vir gebruik by die krieketnette. Ons waardeer dit opreg!

OUERKLASBESOEK:Ouers moet kennis neem dat slegs ouers waarmee afsprake gemaak is op Maandag, 14 Oktober na die Ouerklasbesoek toe kom. Indien daar bekommerde ouers is wat noodgedwonge sekere onderwysers wil spreek staan dit u vry om self ‘n afspraak met hom/haar te maak.Buitemuurs wat op Maandag deur buite-afrigters/ouers aangebied word gaan voort asook die diskusgooi van tannie Lanie. Geen buitemuurs vir sporte wat deur onderwysers aangebied word nie.

BUITEMUURS – DINSDAG, 15 OKTOBER:Buitemuurs wat op Dinsdag deur buite-afrigters/ouers aangebied word gaan voort. Geen buitemuurs vir sporte wat deur onderwysers aangebied word nie. Hulle het ‘n Prysuitdelingvergadering.

KWARTAALPROGRAM:Bring asseblief die volgende veranderinge op u kwartaalprogram aan:

0/13 Aandkrieket teen Eureka: Skuif na Dinsdag, 22 Oktober Koshuisafsluiting: 31 Oktober Kleuterskool se Kersmark: 1 November Kleuterskoolkonsert: 13 November

KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS / AFSKEURSTROKIE]Die beamptelys word by die nuusbrief ingesluit vir u kennisname. Kontak asseblief vir Lanie indien u enige probleem het. Beamptes moet asseblief wit bo en navy onder aanhê en om 8:30 by die tent aanmeld.Ouers moet asseblief onthou dat naellope in uitdunne plaasvind en dat die finale later in die dag eers plaasvind. Alle leerders moet by die

Kleuratletiek bly totdat die aflosse aan die einde van die byeenkoms verby is.Na afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee gekies. Leerders wat nuut in 2014 inkom sal die geleentheid kry om ook vir hierdie span in aanmerking te kom. ‘n Finale span sal vroeg in 2014 aangewys word.NB: Die Ouervereniging benodig mammas om met die Kleuratletiek te help met die voorbereiding en verkoop van verversings. Indien u kans sien om hulle te help (al is dit net vir ‘n paar ure) kan u die afskeurstrokie invul en op Maandag, 14 Oktober na die klasonderwysers terugstuur. Baie dankie by voorbaat!

WAARDES: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kry weer die geleentheid om ‘n bydrae te maak om die 5 top-waardes van ons skool te bepaal. Slegs 42 van die 180 ouers het met die laaste opname gereageer. Dit is belangrik dat al ons ouers almal saam besluit oor hierdie belangrike saak.

SWEMBAD EN SPORTKAMER:Ouers van ons skool kan die swembad en Sportkamer + swembadterrein huur @ R600. Dit sluit alle breekware, tafels en stoele in. ‘n Deposito van R500 moet ook betaal word.Slegs die swembadterrein: R200Ouers wat nog in besit is van swembadsleutels van die vorige seisoen moet dit asseblief op Maandag, 14 Oktober inhandig.

RUGBYTRUIE / BORG:Die 0/13 rugbytruie word hierdie jaar almal verkoop. Seuns kan hulle truie by tannie Lanie @ R100 elk koop. Daar is dus nou vir ‘n ouer/instansie die geleentheid om volgende jaar (2014) se 0/13 rugbytruie te borg. U kan met Lanie kontak maak indien u belangstel om dit te doen.

GRENSGEVALLE / DRUIPELINGE:Ouers moet asseblief kennis neem dat huidige grensgevalle/druipelinge nie toegelaat word om enige buitemuurs te doen nie. Hulle moet die ekstra klasse / studie bywoon sodat onderwysers hulle kan help met die vakke waarin hulle probleme ondervind. Ouers van hierdie leerders moet asseblief toesien dat hulle kinders langer studeer in die middae en hulle bystaan met elke dag se werk asook in die eksamen.

VCSV KAMP:Graad 7-leerders wat die Skoolverwisselingskamp bygewoon het kan by juffrou Elza ‘n foto CD @ R20 bestel.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten

KLEREWINKEL:Die klerewinkel sal op Vrydag, 18 Oktober vanaf 10:00 tot 12:00 oop wees.

RUGBY- EN NETBALTOER 2014:Ouers kan solank kennis neem dat die rugby- en netbaltoer DV van 21 tot 27 Maart 2014 te Hartenbos gaan plaasvind.

MUSIEK:Musiekleerders van tannie Hannelie Viljoen kan kennis neem dat sy op Dinsdag, 15 Oktober terug is by die skool.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/13 span speel vanaand in die aandliga teen Staats. Spelers wat met hulle eie vervoer gaan moet 17:45 by Staats aanmeld.Uitslae teen Hopetown: 0/11 en 0/13 het albei verloor.Die 0/11 en 0/13 krieketspanne speel op Woensdag, 16 Oktober teen Douglas op hulle veld. Leerders verdaag 12:45 en die bus vertrek om 13:00. Ouers kan die afskeurstrokie invul en op Maandag,14 Oktober na Lanie terugstuur. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.

TWEEKAMP / JF ATLETIEK:Sterkte aan ons tweekampatlete wat op Saterdag, 12 Oktober aan ‘n Interprovinsiale kompetisie in Kimberley gaan deelneem en ons atlete wat aan die Jim Fouché Atletiekbyeenkoms gaan deelneem in Bloemfontein. Atlete moet ‘n uur voor hulle items by Wilna Roelofse (spanbestuurder) aanmeld.

NAUTILUS:Sterkte aan ons leerders wat op Saterdag, 12 Oktober aan die Nautilus kompetisie in Bloemfontein gaan deelneem.

ATLETIEK:0/12 tot 0/14 Diskusgooikompetisie (vir Kleuratletiek) vind reeds op Maandag, 14 Oktober om 14:00 (0/13 en 0/14) en om 15:30 (0/12) by tannie Lanie plaas.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Ons 0/13A, 0/11A en 0/9A dogters tennisspanne speel op Woensdag, 16 Oktober teen Newton op hulle bane. Vul asseblief die afskeurstrokie in en

stuur terug na Lanie op Maandag, 14 Oktober. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Die eerste kwalifiserende rondte vir 2014 vind alreeds op 18 en 19 Oktober 2013 by Brebner Primary School, 31 Deale Road, Bayswater in Bloemfontein plaas. Skaakspelers wat vir hierdie toernooi wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 14 Oktober saam met die R85 inskrywingsfooi by juffrou Naomi inhandig. Ouers is self verantwoordelik vir vervoer en verblyf.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Forbé Klindt (hospitaal)

Rehetta Schoeman (operasie)REËN VIR ONS OMGEWING

AFSKEURSTROKIE: KLEURATLETIEK – VERVERSINGS

NAAM VAN OUER: _______________________________________

EK IS BEREID OM TE HELP MET VERVERSINGS TYDENS DIE

KLEURATLETIEK OP 17 OKTOBER.

TYDGLEUF WAAARIN EK SAL HELP: ________________________

HANDTEKENING VAN OUER: ____________________________

KONTAKNOMMER: ____________________

Bring asseblief alle ou en te klein kinderklere wat u by die huis het Maandag, 14 Oktober skool toe. Daar is ‘n groot behoefte in ons

gemeenskap en ons wil graag ‘n helpende hand uitreik na hulle. Gee dit by die kantoor in asseblief.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten

AFSKEURSTROKIE: WAARDES IN ONS SKOOL

NAAM VAN OUER: _______________________________________

EK WIL GRAAG DIE VOLGENDE WAARDES VIR JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL AANBEVEEL EN SAL DIT GRAAG BY ONS KINDERS WIL WAARNEEM:

1. ___________________________

2. ___________________________

HANDTEKENING VAN OUER: ____________________________

DATUM: ____________________

AFSKEURSTROKIE: SKAAKTOERNOOI (18/19 Okt)

NAAM VAN OUER: _______________________________________

EK WIL GRAAG MY KIND/ERS INSKRYF VIR DIE SKAAKTOERNOOI.

BESONDERHEDE VAN LEERDERS:

Naam:Van:ID nr:Sel nr. Pa:Sel nr. Ma:Epos adres:Faks nr.:

HANDTEKENING VAN OUER: ____________________________

BEDRAG INGESLUIT: ____________

AFSKEURSTROKIE: DOGTERSTENNISLIGA TEEN NEWTON (Woensdag, 16 Okt)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM:

AFSKEURSTROKIE: 0/11 EN 0/13 KRIEKET TEEN DOUGLAS (Woensdag, 16 Okt)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA DOUGLAS VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA DOUGLAS:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM:

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten

Independent Distributor

Herbalife produkte – vir gewigisverlies, gewigstoename en algehele gesondheid!!Buiten die uitsondering van twee produkte is Herbalife so veilig, dat ek dit selfs tydens my swangerskap gebruik het!! Vandag is my seuntjie drie jaar oud en is mal oor die Herbalife sjokolade shake! Het jy dalk ‘n kind wat nie wil eet nie of sleg eet? Die Herbalife shake is ‘n lekker maaltyd met al die nodige proteine, vitamiene en minerale wat hulle nodig het. 2 Lekker specials huidiglik aan:

1) Koop 2x shakes vir R690.00 en kry Herbalife Protein Bars ter waarde van R210.00 GRATIS OF 50g Thermojetics ter waarde van R235.00 GRATIS!!

2) Koop die Herbalife healthy breakfast (1x Shake, 1x Aloe concentrate en 1x 50g Thermojetics) vir slegs R925.00 en kry Herbalife Protein Bars ter waarde van R210.00 GRATIS.

Vir meer inligting kontak my gerus!

Adéle ViljoenSel: 082 399 5807 (BBM PIN 28B516A5)Email: [email protected]

Herbalife healthy breakfast!

Herbalife Protein Bars!

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.comjakkies.com/Nuusbrief no 33.docx  · Web viewNa afloop van die byeenkoms word die voorlopige Sone-span vir 2014 deur die Sportkomitee ... Buiten