jacobsdal primêre skool - jakkies.com sewentien.docx  · web viewalle leerders in die skool mag...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 17 19 – 26 Mei 2017 OUERS: DRAMAKOMPETISIE: [INSKRYWINGSVORM] Die Dramaklub bied op Maandag, 29 Mei ‘n kompetisie aan. Leerders wat wil inskryf, kan die inskrywingsvorm invul en na die klasonderwysers terugstuur. Inskrywings beloop R5 per afdeling. Op die inskrywingsvorm kan ouers al die voorwaardes en reëls mooi bestudeer. Beoordeling vind apart vir Juniors (gr 1 – 3) en Seniors (gr 4 – 7) plaas. Alle leerders in die skool mag deelneem aan die kompetisie. Ons moedig Jakkies aan om deel te neem en so ook hulle talente te ontwikkel. HLS BEKENDSTELLINGSDAG: Die graad 7-klas besoek Landboudal op Vrydag, 26 Mei. Die hele klas ry om 8:15 met Landboudal se bus en sal weer om 12:00 terug wees by die skool. Leerders moet asseblief onberispelik netjies in wintersdrag geklee wees. Ouers wat self hulle kinders na die Bekendstellingsdag neem, moet die skool daarvan in kennis stel. HEMELVAARTDAG: Ouers moet asseblief kennis neem dat ons skool op Donderdag, 25 Mei as gevolg van Hemelvaartdag gesluit sal wees. Die koshuis sal wel oop wees. Vrydag, 26 Mei is ‘n normale skooldag. RUGBY- EN NETBALAFSLUITINGSFUNKSIE: Ons speel ons laaste wedstryde op 1 Junie teen Hopetown hier op ons velde. Na afloop van die wedstryde nooi ons alle Jakkie-ouers en alle ander ondersteuners om die aand saam met ons die afsluiting van die rugby- en netbalseisoen te hou. Al wat u moet saambring is eetgerei, borde en eie drinkgoed. Ons gaan vir u lekker potjiekos voorberei en kinders kry worsbroodjies. Geen kostes daaraan verbonde. Daar sal ‘n lekker sokkie wees met Jan Rhaap wat musiek maak. ‘n Vee- en wildsveiling sal deur die loop van die aand plaasvind. Tref asseblief vroegtydig u reëlings sodat ons almal daardie aand lekker saam kan kuier. LEERDERDEELNAME: KOFFIEFONTEIN SPORTDAG / KORTVOLKDAG: Netbal: SPAN: TEEN: 0/9 Gelykop 4 – 4, Verloor 4 – 3 Verloor 10 – 0 Kortvolkdag te Newton 0/12 Verloor 23 – 2 teen Koffiefontein 0/13A Verloor 18 – 0 teen Luckhoff 0/13A 0/13B Wen 12 – 1 teen Diamanthoogte Wen 13 – 0 teen Luckhoff Rugby: SPAN: TEEN: 0/9 Wen 26 – 22 teen Seodin Wen 14 – 5 teen Pres Brand Kortvolkdag te Newton 0/7 0/13B Verloor albei hulle wedstryde teen Koffiefontein RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON: Netbal: SPAN: NEWTON: 0/8A Verloor 6 – 5

Upload: others

Post on 30-Aug-2019

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 17 19 – 26 Mei 2017OUERS:DRAMAKOMPETISIE: [INSKRYWINGSVORM]Die Dramaklub bied op Maandag, 29 Mei ‘n kompetisie aan. Leerders wat wil inskryf, kan die inskrywingsvorm invul en na die klasonderwysers terugstuur. Inskrywings beloop R5 per afdeling. Op die inskrywingsvorm kan ouers al die voorwaardes en reëls mooi bestudeer. Beoordeling vind apart vir Juniors (gr 1 – 3) en Seniors (gr 4 – 7) plaas. Alle leerders in die skool mag deelneem aan die kompetisie. Ons moedig Jakkies aan om deel te neem en so ook hulle talente te ontwikkel.

HLS BEKENDSTELLINGSDAG:Die graad 7-klas besoek Landboudal op Vrydag, 26 Mei. Die hele klas ry om 8:15 met Landboudal se bus en sal weer om 12:00 terug wees by die skool. Leerders moet asseblief onberispelik netjies in wintersdrag geklee wees. Ouers wat self hulle kinders na die Bekendstellingsdag neem, moet die skool daarvan in kennis stel.

HEMELVAARTDAG:Ouers moet asseblief kennis neem dat ons skool op Donderdag, 25 Mei as gevolg van Hemelvaartdag gesluit sal wees. Die koshuis sal wel oop wees. Vrydag, 26 Mei is ‘n normale skooldag.

RUGBY- EN NETBALAFSLUITINGSFUNKSIE:Ons speel ons laaste wedstryde op 1 Junie teen Hopetown hier op ons velde. Na afloop van die wedstryde nooi ons alle Jakkie-ouers en alle ander ondersteuners om die aand saam met ons die afsluiting van die rugby- en netbalseisoen te hou. Al wat u moet saambring is eetgerei, borde en eie drinkgoed. Ons gaan vir u lekker potjiekos voorberei en kinders kry worsbroodjies. Geen kostes daaraan verbonde. Daar sal ‘n lekker sokkie wees met Jan Rhaap wat musiek maak. ‘n Vee- en wildsveiling sal deur die loop van die aand plaasvind. Tref asseblief vroegtydig u reëlings sodat ons almal daardie aand lekker saam kan kuier.

LEERDERDEELNAME:KOFFIEFONTEIN SPORTDAG / KORTVOLKDAG: Netbal:

SPAN: TEEN:0/9 Gelykop 4 – 4, Verloor 4 – 3

Verloor 10 – 0 Kortvolkdag te Newton

0/12 Verloor 23 – 2 teen Koffiefontein 0/13AVerloor 18 – 0 teen Luckhoff 0/13A

0/13B Wen 12 – 1 teen DiamanthoogteWen 13 – 0 teen Luckhoff

Rugby:

SPAN: TEEN:0/9 Wen 26 – 22 teen Seodin

Wen 14 – 5 teen Pres BrandKortvolkdag te Newton

0/7 0/13B

Verloor albei hulle wedstryde teen Koffiefontein

RUGBY EN NETBAL TEEN NEWTON: Netbal:

SPAN: NEWTON:0/8A Verloor 6 – 5 0/9A Verloor 17 – 3 0/10 Verloor 13 – 3 0/11 Verloor 24 – 0 0/13A Verloor 33 – 6 0/13B Verloor 14 – 10 teen Newton 0/12A0/13C Verloor 13 - 0 teen Newton 0/13B

Rugby:SPAN: NEWTON:0/7 Verloor 10 – 0 0/9 Verloor 27 – 14 0/11 Verloor 34 – 5 0/13A Verloor 44 – 5 0/13B Verloor 20 – 0

RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS: Sterkte aan al ons spanne wat op Maandag, 22 Mei teen Staats hier op ons bane speel. Heerlike verversings gaan te koop aangebied word. ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit. Spelers mag om 13:30 verdaag en wedstryde begin om 14:00. Ons nooi alle ouers uit om die middag saam met ons te kom geniet.

XHARIEP NETBALDAG: [AFSKEURSTROKIE]

Baie sterkte aan ons 0/12 en 0/13 netbalspanne wat op Woensdag, 24 Mei aan die Xhariep netbaldag in Bloemfontein deelneem. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. Busgeld van R80 is vooraf betaalbaar. Spelers mag om 10:30 verdaag en die bus vertrek om 10:45.

NETBALPROEWE:Sterkte aan die volgende netbalspelers wat op Saterdag, 27 Mei aan die Vrystaat Laerskole Netbalproewe in Welkom gaan deelneem. Spelers het inligtingsbriewe ontvang.0/14: Chanel Niemann0/13: Chrisna Roelofse en Miandi Steenkamp0/12: Chané van Zyl, Gudrun Speek en Anneline de Wet

SKAAK:Baie geluk aan HJ Noeth en JG Noeth wat aan ‘n Interprovinsiale Skaaktoernooi deelgeneem het en as volg presteer het:HJ wen 3 uit 5 en JG wen 1½ uit 5. Ons is trots op julle 2!

OMGEWINGSVASVRA:Baie sterkte aan die graad 6-leerders wat op Dinsdag, 23 Mei aan die eerste rondte van die Omgewingsvasvrakompetisie deelneem.

BYBELVASVRA:Die Bybelvasvraspan skryf hulle vraestelle op Woensdag, 24 Mei vanaf 14:30 tot 15:30 in die Konferensiekamer. Sterkte met julle voorbereiding.

ALGEMEEN:KLERE:Ouers moet asseblief die nuwe skool- en sportklere baie duidelik merk. Ook klere wat u dalk by iemand anders gekry het. Verlore klere wat nie gemerk is nie sal geskud word en deur die tweedehandse bank na ander leerders versprei word. Leerders is self verantwoordelik om hulle skool- en sportklere goed op te pas. Die personeel neem geen verantwoordelikheid vir verlore klere nie.Leerders is vanaf Maandag, 22 Mei verplig om korrekte wintersdrag aan te hê.

…………………. PW Tait

SKOOLHOOF

RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS:Maandag, 22 Mei 2017

RUGBYPROGRAM:TYD: SPANNE: SKEIDSREGTER:

14:00 - 14:25 Jacobsdal 0/9A vs Staats

0/9A Jannie du Plooy

14:30 - 15:15 Jacobsdal 0/13B vs Staats

0/13B Jannie du Plooy

15:20 - 15:55 Jacobsdal 0/11A vs Staats

0/11A Marius Jacobs

16:00 - 16:55 Jacobsdal 0/13A vs Staats

0/13A Mnr de Goede

NETBALPROGRAM:TYD: BAAN A: BAAN B:

14:00 – 14:40Jacobsdal 0/10

vsStaats 0/10

Jacobsdal 0/13Bvs

Staats 0/12

14:40 – 15:05Jacobsdal 0/9

vsStaats 0/9

Jacobsdal 0/11vs

Staats 0/1115:05 – 15:40 Jacobsdal 0/13A

vs

GEBEDSLYS:Louwtjie Wiid

Mnr en mev van Tonder Tjoppie Botha

Le Roux familie (tannie oorlede)

Staats 0/13A

AFSKEURSTROKIE: XHARIEP NETBALDAG (Woensdag, 24 Mei)

OUERS: ___________________________________________

SPELER: _________________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

HANDTEKENING: _____________________________

DATUM: __________________

Busgeld vir elke speler: R80

BESKIKBAAR:Jacobsdal Primêre Skool

TWEE LOKALE IN DIE OU SKOOL(Oorkant die Kleuterskool)

BESKIKBAAR VIR UITVERHURING

KONTAK:Die Skoolhoof by:

[email protected]