jacobsdal primêre skool - web viewdaar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 12 22 – 29 April 2016 SKOOLGELD: Ons doen ‘n beroep op ouers om nie met hulle skoolgeld agterstallig te raak nie. Skoolgeld is voor die 7de van elke maand betaalbaar. Die skool kan nie funksioneer as ouers nie getrou hulle verantwoordelikheid nakom nie. Daar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te oorhandig. Hierdie ouers is verantwoordelik vir die daaropvolgende prokureurskostes en hulle name kan op die swartlys beland. BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING: Ons herinner ouers aan die Beheerliggaam Tussenverkiesing wat op Dinsdag, 26 April plaasvind, indien meer as een nominasie ontvang word. Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 Stemming: 11:00 tot 13:00 Tel van stemme: Vanaf 13:00 GRAAD 3 ENTREPRENEURSDAG: Ouers kan op Dinsdag, 26 April vanaf 10:00 tot 12:00 die graad 3-leerders se stalletjies kom ondersteun tydens hulle Entrepreneursdag. Allerhande produkte gaan te koop aangebied word. Die skool verdaag om 13:00 vir alle leerders en geen buitemuurs sal op Dinsdagmiddag plaasvind nie. VAKANSIEDAG – 27 APRIL: Die koshuis sal op Woensdag, 27 April oop wees vir kinders wat wil inbly. Daar sal op 28 en 29 April normaal skoolgegaan word. HEMELVAARTDAG: Ouers moet asseblief kennis neem dat die skool nie op Donderdag, 5 Mei gesluit sal wees nie. Ons sal wel ‘n kort programmetjie aanbied om Hemelvaart te gedenk. ONDERSTEUNERSHEMPIES: [AFSKEURSTROKIE] Die verskaffer wat die kwotasie vir ons Ondersteunershempies deurgestuur het, het per ongeluk ‘n fout met die pryse gemaak. Sy vra nederig om verskoning vir die fout en gee die hempies kosprys vir ons en doen alle borduurwerk gratis. Die veranderde pryse van die hempies is as volg: Mans en dames: Small/Medium/Large: R175 Mans en dames: XL – 4XL: R185 Ons vra ouers om net die geringe bedrag wat bykom na die klasonderwysers te stuur. Die bestelling is reeds deurgegee. BUSGELD / VERVOERGELD: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Tariewe word as volg aangepas met onmiddelike effek: Kimberley/Koffiefontein: R30 Hopetown/Douglas/Barkly-Wes: R50 Bloemfontein: R80 Prieska/De Aar: R100 Spelers wat saam met ander ouers ry betaal steeds bus-/vervoergeld. Daardie ouer kan die kinders, wat saam met hom/haar gery het, se vervoergeld by die finansiële kantoor kom eis. Busgeld word op ouers se skoolgeldrekening geplaas indien spelers nie vooraf hulle busgeld kom inbetaal nie.

Upload: doanminh

Post on 07-Mar-2018

249 views

Category:

Documents


27 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDaar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te . ... Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Tar. iewe

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 12 22 – 29 April 2016SKOOLGELD:Ons doen ‘n beroep op ouers om nie met hulle skoolgeldagterstallig te raak nie. Skoolgeld is voor die 7de van elke maand betaalbaar. Die skool kan nie funksioneer as ouers nie getrou hulle verantwoordelikheid nakom nie.Daar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te oorhandig. Hierdie ouers is verantwoordelik vir die daaropvolgende prokureurskostes en hulle name kan op die swartlys beland.

BEHEERLIGGAAM TUSSENVERKIESING:Ons herinner ouers aan die Beheerliggaam Tussenverkiesingwat op Dinsdag, 26 April plaasvind, indien meer as een nominasieontvang word.Nominasievergadering: 10:30 tot 11:00 Stemming: 11:00 tot 13:00Tel van stemme: Vanaf 13:00

GRAAD 3 ENTREPRENEURSDAG:Ouers kan op Dinsdag, 26 April vanaf 10:00 tot 12:00 die graad 3-leerders se stalletjies kom ondersteun tydens hulle Entrepreneursdag. Allerhande produkte gaan te koop aangebied word.Die skool verdaag om 13:00 vir alle leerders en geen buitemuurs sal op Dinsdagmiddag plaasvind nie.

VAKANSIEDAG – 27 APRIL:Die koshuis sal op Woensdag, 27 April oop wees vir kinderswat wil inbly. Daar sal op 28 en 29 April normaal skoolgegaanword.

HEMELVAARTDAG:Ouers moet asseblief kennis neem dat die skool nie opDonderdag, 5 Mei gesluit sal wees nie. Ons sal wel ‘n kortprogrammetjie aanbied om Hemelvaart te gedenk.

ONDERSTEUNERSHEMPIES: [AFSKEURSTROKIE]Die verskaffer wat die kwotasie vir ons Ondersteunershempies deurgestuur het, het per ongeluk ‘n fout met die pryse gemaak. Sy vra nederig om verskoning vir die fout en gee die hempies kosprys vir ons en doen alle borduurwerk gratis. Die veranderde pryse van die hempies is as volg:

Mans en dames: Small/Medium/Large: R175Mans en dames: XL – 4XL: R185Ons vra ouers om net die geringe bedrag wat bykom na die klasonderwysers te stuur. Die bestelling is reeds deurgegee.

BUSGELD / VERVOERGELD:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:Tariewe word as volg aangepas met onmiddelike effek:Kimberley/Koffiefontein: R30Hopetown/Douglas/Barkly-Wes: R50Bloemfontein: R80Prieska/De Aar: R100Spelers wat saam met ander ouers ry betaal steeds bus-/vervoergeld. Daardie ouer kan die kinders, wat saam met hom/haar gery het, se vervoergeld by die finansiële kantoor kom eis. Busgeld word op ouers se skoolgeldrekening geplaas indien spelers nie vooraf hulle busgeld kom inbetaal nie.

KLEREWINKEL:Ons vra asseblief ons ouers om ou skool- en sportklere, wat u kind nie meer gebruik nie, aan die klerewinkel te skenk. Ons het ‘n dringende behoefte aan tweedehandse klere vir behoeftige leerders. Baie dankie by voorbaat!Ouers moet asseblief leerders se klere mooi duidelik merk. Ons tel elke week ongemerkte klere op die terrein op. Indien dit nie opgeëis word nie, skud ons dit vir die tweedehandse bank.

LEERDERDEELNAME:RUGBYPROEWE:Baie geluk aan Louis van der Westhuizen wat vir die 0/13 Kimberley-span gekies is wat aan die GW-proewe gaan deelneem.Vuyani Moore en Wynand Botha is vir die Kimberley-span sowel as die Wildeklawerspan in die 0/12 afdeling gekies. Wikus Wessels is ook in die Wildeklawer 0/12-span opgeneem. Die Wilkdeklawertoernooi vind vanaf 27 – 29 April in Kimberley plaas. Spelers sal inligting ontvang sodra dit aan ons deurgegee word.Baie geluk!

RUGBY:Die 0/7’s oefen voortaan vanaf 14:15 en die 0/9-span vanaf 14:45.Ons 0/9 rugbyspan het ver teen President Brand verloor en ons 0/11A span wen 27 – 0 teen hulle 0/11B-span.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDaar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te . ... Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Tar. iewe

Seuns sal toegelaat word om ‘n “Compression short” onder hulle rugbybroeke te dra tydens rugby-oefening en wedstryde. (Nie by sportklere nie.) Geen gewone “ski-pants” sal toegelaat word nie.

NETBALUITSLAE TEEN NEWTON:

0/9A Verloor 11 – 10/9B Verloor 5 – 2 0/10 Verloor 17 – 0 teen 0/10A en wen 12 – 8 teen 0/10B0/11A Verloor 17 – 7 0/11B Verloor 7 – 3 0/13B Verloor 9 – 8 teen 0/12A0/13C Verloor 7 – 5 teen 0/13B0/13A Wen 17 – 14 Wow!! Ons is trots op julle!

Baie dankie aan ons ouers wat ons spelers by die wedstryde kom ondersteun het!

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK:Die volgende spanne speel op Maandag, 25 April teen Staats in Kimberley:Rugby: Pienkvoete (0/7), 0/8, 0/9, 0/11A, en 0/13A en B.Netbal: Pienkhandjies (0/7), 0/9A en B, 0/11A en B, 0/12 en 0/13A, B en C.NB: Ouers moet asseblief help om hierdie groot aantal spelers na Staats te vervoer. Kom ondersteun ons asseblief!Vul die afskeurstrokie in en stuur dit na die klasonderwysers op Maandag, 25 April. Bus-/vervoergeld van R30 is vooraf betaalbaar.‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.

TENNIS:Sterkte aan Jomari en JC Lübbe en Jannes en Hanru Krause wat die naweek aan ‘n TSA Toernooi deelneem.

SKAAK:Baie geluk aan Phillip Noeth en Rian Steenkamp wat op 5 en 6 Mei vir die 0/12-span aan ‘n Interprovinsiale skaaktoernooi gaan deelneem.

REDENAARS:Baie geluk aan Anica Ueckermann wat na die ATKV se semi-finale rondte deurgedring het.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Verandering op kwartaalprogram:Graad 4 koekieverkoping: Maandag, 9 MeiGraad 3 koekieverkoping: Maandag, 30 Mei

..............................PW TAIT SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Rina van Zyl (Knie-operasie Maandag)Daan Vorster (Bestraling)

Klasse moet onthou van hulle Bybelprojekgeldjies!

Nog net een week oor!

HEERLIKE KOEK VIR DIE WEN-KLAS!

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDaar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te . ... Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Tar. iewe

AFSKEURSTROKIE: RUGBY EN NETBAL TEEN STAATS

OUER: _____________________________________________

SPELER: ____________________________________________

NEEM SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EN KAN _______ (AANTAL) ANDER SPELER SAAM MET MY NEEM.

SPELER BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R30

AFSKEURSTROKIE: ONDERSTEUNERSHEMPIES (Slegs ouers wat reeds bestel het)

OUER: _____________________________________________

HIERMEE DIE BYBETALING VIR DIE ONDERSTEUNERSHEMPIES:

AANTAL HEMPIES: _______ NOMMER/S VAN HEMPIES: ______ ______

BEDRAG INGESLUIT: ____________

S/M/L: R25 EKSTRA PER HEMPIEXL – 4XL: R35 EKSTRA PER HEMPIE

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

NOGMAALS JAMMER VIR DIE ONGERIEF - NAMENS DIE VERSKAFFER

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDaar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te . ... Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Tar. iewe

VAKATURE: KOSHUIS

Posbenaming: Algemene werkerBeheerliggaampos

Diens kan onmiddelik aanvaar word.Salaris onderhandelbaar.

Dien asseblief die volgende in:AansoekbriefAfskrif van ID

CV

Sluitingsdatum vir aansoeke:Vrydag, 29 April om 13:30

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewDaar sal voortgegaan word om, ouers wat nie betaal nie, aan ons prokureurs te . ... Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Tar. iewe