jacobsdal primêre skool - web viewoefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 21 22 – 29 Julie 2016 OUERS: KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. LANDBOUDAL BEKENSTELLINGSDAG: Al ons graad 7 leerders woon op Vrydag, 29 Julie die Bekendstellingsdag by Hoër Landboudal by. ‘n Bus van Landboudal gaan hulle om 9:30 kom oplaai en sal die leerders na afloop van die verrigtinge weer terugbring. Leerders het ‘n keuse om na die verrigtinge daar agter te bly. Hulle ouers moet hulle dan daar gaan haal. HLS aansoeke kan tot en met 25 Julie by die kantoor ingegee word. TOELATINGS – 2017: Toelating vir nuwe leerders vir 2017 sluit op 30 September 2016. Graad R leerders van Kammaland Pre- Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders van gr 4 – 6 kan nog hierdie week ‘n huiswerkboek koop as hy/sy nog nie een het nie. Vul die afskeurstrokie in en handig dit saam met R25 by die klasonderwysers in. Ouers maak asb. seker dat u kinders die nodige skryfbehoeftes in hulle pennesakkies het. AMESA EN WISKUNDE UITDAGING: Leerders skryf op Dinsdag, 26 Julie om 14:00 die Wiskunde Uitdaging en die Amesa finale rondte vind op Woensdag, 27 Julie plaas. Leerders is reeds geïdentifiseer. LEERDERDEELNAME TENNIS: Die tennisdaag bly oop. Die tennisrangleer is op die drukbord. Spelers word aangemoedig om hulle posisie op die rangleer te probeer verbeter. Onthou dat die daag by juffrou Tersia geregistreer moet word voordat julle die wedstryd mag speel. Ouers moet asb. kennis neem dat die derde kwartaal geallokeer word vir die seuns se tennisligawedstryde en die dogters speel eers in die vierde kwartaal hul ligawedstryde. Die dogters oefen reeds gedurende die derde kwartaal saam met die seuns, maar wedstryde word soms op Dinsdae en Donderdae gespeel en dan is daar geen oefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle saam met die seuns weg is. Hou dus die nuusbriewe dop. Tenniswedstryd teen Hartswater vind op Dinsdag, 26 Julie, plaas. Ons speel op Tuine se bane in Kimberley. Die bus vertrek om 13:30 vanaf die skool en dit is net die seuns 0/9, 0/11 en 0/13 spanne wat speel. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 25 Julie na die klasonderwysers. Busgeld van R30 per speler is vooraf betaalbaar. REDENAARS: Geluk aan die volgende leerders wat deurdring na die finale Redenaarskompetisie in die derde kwartaal. Graad 4: Brinkie Bruwer, Esna Marais, Marizanne Jacobs, Hanru Krause en Suzanne le Roux Graad Kayla van der Linden, André Brink, Anica

Upload: ngohuong

Post on 06-Mar-2018

281 views

Category:

Documents


37 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewoefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle ... Jonathan Schutte. AFSKEURSTROKIE

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 21 22 – 29 Julie 2016OUERS:KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit.

LANDBOUDAL BEKENSTELLINGSDAG:Al ons graad 7 leerders woon op Vrydag, 29 Julie die Bekendstellingsdag by Hoër Landboudal by. ‘n Bus van Landboudal gaan hulle om 9:30 kom oplaai en sal die leerders na afloop van die verrigtinge weer terugbring. Leerders het ‘n keuse om na die verrigtinge daar agter te bly. Hulle ouers moet hulle dan daar gaan haal.HLS aansoeke kan tot en met 25 Julie by die kantoor ingegee word.

TOELATINGS – 2017:Toelating vir nuwe leerders vir 2017 sluit op 30 September 2016. Graad R leerders van Kammaland Pre-Primêr en Laaities en Ladies wat reeds ons toelatingsvorm voltooi het, hoef nie weer vir gr 1 in te skryf nie.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders van gr 4 – 6 kan nog hierdie week ‘n huiswerkboek koop as hy/sy nog nie een het nie. Vul die afskeurstrokie in en handig dit saam met R25 by die klasonderwysers in. Ouers maak asb. seker dat u kinders die nodige skryfbehoeftes in hulle pennesakkies het.

AMESA EN WISKUNDE UITDAGING:Leerders skryf op Dinsdag, 26 Julie om 14:00 die Wiskunde Uitdaging en die Amesa finale rondte vind op Woensdag, 27 Julie plaas. Leerders is reeds geïdentifiseer.

LEERDERDEELNAMETENNIS: Die tennisdaag bly oop. Die tennisrangleer is op die drukbord. Spelers word aangemoedig om hulle posisie op die rangleer te probeer verbeter. Onthou dat die daag by juffrou Tersia geregistreer moet word voordat julle die wedstryd mag speel. Ouers moet asb. kennis neem dat die derde kwartaal geallokeer word vir die seuns se tennisligawedstryde en die dogters speel eers in die vierde kwartaal hul ligawedstryde. Die dogters oefen reeds gedurende die derde kwartaal saam met die seuns, maar wedstryde word soms op Dinsdae en Donderdae gespeel en dan is daar geen oefeninge vir die dogters nie

aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle saam met die seuns weg is. Hou dus die nuusbriewe dop. Tenniswedstryd teen Hartswater vind op Dinsdag, 26 Julie, plaas. Ons speel op Tuine se bane in Kimberley. Die bus vertrek om 13:30 vanaf die skool en dit is net die seuns 0/9, 0/11 en 0/13 spanne wat speel.Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 25 Julie na die klasonderwysers. Busgeld van R30 per speler is vooraf betaalbaar.

REDENAARS:Geluk aan die volgende leerders wat deurdring na die finale Redenaarskompetisie in die derde kwartaal.

Graad 4: Brinkie Bruwer, Esna Marais, Marizanne Jacobs, Hanru Krause en Suzanne le Roux

Graad 5:Kayla van der Linden, André Brink, Anica Ueckermann,JJ Engelbrecht, Mariné Cloete en Phillip Noeth (6 leerders gaan deur a.g.v. 2 x gelyke 5de plekke)

Graad 6: Wynand Botha, Ninke Jacobs, FW Calitz, Boeta van Rooyen en Chrisna Roelofse

Graad 7: Cathrene van Heerden, Anri Meades, CJ Marx, Michela Steenkamp en Juané Ludwick

Die onderwerpe vir die finale Redenaarskompetisie in die derde kwartaal: GRAAD 4 EN 5:

Boekeparadys Dagdrome Grond

GRAAD 6 EN 7: Gesprek met ‘n rekenaar Gaan na ‘n mier luiaard en word wys Padkaarte

Hierdie onderwerpe word deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om mondeling in die klas te praat.

GIMNASTIEK:Sterkte aan ons gimnaste wat op Saterdag, 23 Julie aan ‘n gimnastiekkompetisie in Bloemfontein deelneem.

KOSHUIS: Indien u kind siek is hou hom/haar eerder by die huis totdat hy/sy gesond is.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewoefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle ... Jonathan Schutte. AFSKEURSTROKIE

Dis volgende week koud, maak asb. seker dat u kinders warm aantrek en warm beddegoed saambring.

SKAAK: Sterkte aan 8 leerders wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.

RUGBY: Die 0/11 rugbyspelers se afsluiting vind op Maandag, 25 Julie plaas. Hulle vertrek om 14:30 met die bussie na The Park plaas (10km buite Jacobsdal). Hulle gaan ‘n wildrit doen en dan braai. Hulle sal tussen 16:30 en 17:00 terug wees by die skool. Pa’s wat belangstel om saam te gaan, kan met mnr Meintjes of Jannie du Plooy kontak maak.

ALGEMEEN:KAMMALAND PRE-PRIMÊR:Daar word op Vrydag, 31 Julie lekker Jaffels @ R10 en poeding @ R10 verkoop

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Rehetta Schoeman en gesinMarisan Jacobs (Pa baie siek)

Gerhard Maritz (Skoonpa in hospital)Sonja van Graan (Pa oorlede)

Tannie Doris CrousJonathan Schutte

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK (R25)

OUER: _______________________________________

LEERDER: ____________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK BESTEL @ R25 ELK.

AANTAL HUISWERKBOEKE: ______

BEDRAG INGESLUIT: __________

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: ___________________

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN HARTSWATER IN KBY (Dins 26/7)

NAAM VAN OUER: ______________________________________

NAAM VAN SPELER: ____________________________________

EK VERVOER SELF MY KIND NA KIMBERLEY:

EK BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

BUSGELD: R30

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewoefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle ... Jonathan Schutte. AFSKEURSTROKIE

TE KOOP:Klein Bullterriërs hondjies te koop!

OpregOuers geregistreer

Kontak:Anita Wessels 083 417 9933

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewoefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle ... Jonathan Schutte. AFSKEURSTROKIE
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewoefeninge vir die dogters nie aangesien die bane dan gebruik word of die personeel is nie hier nie omdat hulle ... Jonathan Schutte. AFSKEURSTROKIE

NUWE LYSNUWE LYS METMET

SPECIALSSPECIALS ONTVANG!ONTVANG!BEPERKTEBEPERKTE

VOORRAAD!VOORRAAD!BAIE GOEIEBAIE GOEIE

PRYSE!PRYSE!