jacobsdal primêre skool - web viewouers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar...

13
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 3 2 9 Februarie 2018 OUERS: SKOOLTERREIN: Geen ouer mag sy kind per voertuig binne die skoolterrein op of aflaai nie. Slegs personeel het tydens skoolure toegang tot die terrein. Ouers parkeer buite en gebruik die klein hekkie langs die swembad wat elke oggend om 7:30 toegesluit, en weer om 12:30 oopgesluit word. SKOLIERPATROLLIE: Padpatrollie tussen die skool en koshuis is daar vir die veiligheid van u kind. Ouers moet asseblief veral op ‘n Maandagoggend en Vrydagmiddag baie versigtig daar ry. Help en leer u kind asseblief deur self met die Zebrastrepe oor die pad te stap. Baie dankie aan ons skolierpatrollie wat elke oggend en middag daar diens doen. Ons waardeer julle! LEERDER KONFRONTASIE: Geen ouer kan in die straat of op die skoolterrein enige ander leerder direk konfronteer oor enige aangeleentheid nie. Indien u ‘n probleem met daardie kind het, moet u sy/haar ouer skakel. Skoolaangeleenthede moet eers by klasonderwysers en dan na die Skoolhoof verwys word. Volg asseblief die korrekte kanale. SKOOLGELD / KOSHUISGELD: Ouers moet kennis neem dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van elke jaar op u rekening geplaas word. U het wel die vergunning om daardie bedrag per maand (vóór die 7de) af te betaal. Koshuisgeld is kwartaalliks betaalbaar. Ouers moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen om dit per maand vooruit te kan betaal. Bewyse van enige elektroniese inbetalings moet asseblief per epos of faks bevestig word. [email protected] of 053 5910103. Verwysing: U kind se naam en van + waarvoor die betaling is. Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak. SKOOL VERDAAG VROEG: Die skool verdaag vir alle leerders op Woensdag, 7 Februarie om 11:00 as gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat die onderwysers moet bywoon. Geen buitemuurs sal die middag plaasvind nie, maar swem gaan normaal voort. GR 7 LEIERKAMP: Daar is steeds van die graad 7 leiers wat nog nie hulle kampgeld van R500 inbetaal het nie. Die kamp is vir Skoolleiers en monitors, asook koshuisleiers. Elke leier het ‘n vrywaringsvorm ontvang wat deur ouers voltooi moet word en op Maandag, 5 Februarie by die klasonderwysers ingehandig moet word. JAKKIE SWEMPETTE: Die geel Jakkie swempette het gekom en is by die Klerewinkel beskikbaar @ R80 per pet. REDENAARSKOMPETISIE / MONDELING: Die volgende onderwerpe word gebruik vir ons skool se eerste redenaarskompetisie op Dinsdag, 6 Maart.

Upload: hoangnga

Post on 28-Mar-2018

256 views

Category:

Documents


36 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 3 2 – 9 Februarie 2018OUERS:SKOOLTERREIN:Geen ouer mag sy kind per voertuig binne die skoolterrein op of aflaai nie. Slegs personeel het tydens skoolure toegang tot die terrein. Ouers parkeer buite en gebruik die klein hekkie langs die swembad wat elke oggend om 7:30 toegesluit, en weer om 12:30 oopgesluit word.

SKOLIERPATROLLIE:Padpatrollie tussen die skool en koshuis is daar vir die veiligheid van u kind. Ouers moet asseblief veral op ‘n Maandagoggend en Vrydagmiddag baie versigtig daar ry. Help en leer u kind asseblief deur self met die Zebrastrepe oor die pad te stap. Baie dankie aan ons skolierpatrollie wat elke oggend en middag daar diens doen. Ons waardeer julle!

LEERDER KONFRONTASIE:Geen ouer kan in die straat of op die skoolterrein enige ander leerder direk konfronteer oor enige aangeleentheid nie. Indien u ‘n probleem met daardie kind het, moet u sy/haar ouer skakel. Skoolaangeleenthede moet eers by klasonderwysers en dan na die Skoolhoof verwys word. Volg asseblief die korrekte kanale.

SKOOLGELD / KOSHUISGELD:Ouers moet kennis neem dat skoolgeld vir die hele jaar aan die begin van elke jaar op u rekening geplaas word. U het wel die vergunning om daardie bedrag per maand (vóór die 7de) af te betaal. Koshuisgeld is kwartaalliks betaalbaar. Ouers moet skriftelik by die Beheerliggaam aansoek doen om dit per maand vooruit te kan betaal. Bewyse van enige elektroniese inbetalings moet asseblief per epos of faks bevestig word. [email protected] of 053 5910103. Verwysing: U kind se naam en van + waarvoor die betaling is.Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

SKOOL VERDAAG VROEG:Die skool verdaag vir alle leerders op Woensdag, 7 Februarie om 11:00 as gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat die onderwysers moet bywoon. Geen buitemuurs sal die middag plaasvind nie, maar swem gaan normaal voort.

GR 7 LEIERKAMP:Daar is steeds van die graad 7 leiers wat nog nie hulle kampgeld van R500 inbetaal het nie. Die kamp is vir Skoolleiers en monitors, asook koshuisleiers. Elke leier het ‘n vrywaringsvorm ontvang wat deur ouers voltooi moet word en op Maandag, 5 Februarie by die klasonderwysers ingehandig moet word.

JAKKIE SWEMPETTE:Die geel Jakkie swempette het gekom en is by die Klerewinkel beskikbaar @ R80 per pet.

REDENAARSKOMPETISIE / MONDELING: Die volgende onderwerpe word gebruik vir ons skool se eerste redenaarskompetisie op Dinsdag, 6 Maart. Hierdie onderwerpe word ook deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om mondeling te praat in die Afrikaanse klasse. (Leerders mag ook oor dieATKV onderwerpe mondeling praat.)GRAAD 4 EN 5:

Moderne tegnologie Wat is onder die see? Wurms

GRAAD 6 EN 7: Ligte, kamera, aksie! Het die gesin van vandag ‘n bestaansreg? Keuses

ATKV REDENAARS:Onderwerpe vir die ATKV se redenaarskompetisie (2018) is as volg:Graad 1 – 3:

Goud Druppeltjies Miere

Graad 4 – 5: Smaak Vingers Drup

Ons het per ongeluk verlede week verkeerde onderwerpe vir gr 6 en 7 geplaas! Onderstaande is die korrektes.Graad 6 – 7:

Uurglas Hoop Teken

Kostes: R185 per leerder. Inskrywings sluit 16 Februarie en ouers neem self hulle kinders na die kompetisie. Kontak asb. vir juffrou Elza vir inskrywing van u kind. Haar nommer is 0716876477.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word

LEERDERDEELNAME:RUGBYTRUIE:Indien daar ouers is wat belangstel om die 0/7, 0/9 en 0/11 rugbytruie te borg kan u met Adéle Lübbe kontak maak. Daar is reeds ‘n borg vir 0/13. Ons truie is nie meer mooi nie en ons wil graag al ons spanne netjies op die veld stuur. Baie dankie by voorbaat!

KLEURGALA:Baie dankie aan al die ouers wat as beamptes/helpers tydens die Kleurgala opgetree het. Dankie aan ons Ouerleierkomitee wat heerlike verversings verskaf het. Ons waardeer julle harde werk!Baie geluk aan die volgende swemmers:Junior Victor Ludorum: Leo WilkinsonJunior Victrix Ludorum: Luné FourieSenior Victor Ludorum: Wessel van NiekerkSenior Victrix Ludorum: Izeldi Jacobs

INTERSKOLE GALA:Alle swemmers wat tydens die Kleurgala ‘n eerste en tweede plek behaal het, swem by die Interskolegala op Maandag, 5 Februarie om 13:00. ‘n Lys van swemmers wat deelneem word by die nuusbrief ingesluit asook ‘n beamptelys. Kontak asseblief vir Adéle as u nie ‘n beampte kan wees nie.Indien daar ‘n plekkie of twee in ‘n baan oop is, sal ‘n ekstra Jakkie swemmer deur Adéle (nie ouers nie) daarin geplaas word. Die skool verdaag op Maandag, 5 Februarie om 12:30.

Ouers moet asseblief die swemspan baie goed kontroleer om te sien in watter items u kind Maandag swem.

Swemmers moet asseblief ons skool se swemdrag (swart) aanhê met ‘n geel Jakkie swempet. Geen veelkleurige swembroeke of pette nie.

Ons swemspan sit almal saam op die aangewese plek op die paviljoen. Nie by julle ouers nie.

Leerders wat die gala as toeskouers wil bywoon moet in skooldrag of sportdrag wees. Geen sivvies! (R10 boete vir sivvies)

NB: Ouers moet kennis neem dat die Interskole galaspan nie die swemspan is wat gekies is om Vrystaat kampioenskappe toe te gaan nie. Ons Ouerleierkomitee gaan weer heerlike verversings verskaf. Kom geniet die dag saam met ons. Baie dankie aan die graad 2-klas se ouers wat produkte vir die gala geskenk het. Ons waardeer dit opreg!

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPEDie swemspan wat aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 20 en 21 Februarie deelneem, sal in volgende week bekend gemaak word en volledige inligting en ‘n program ontvang.

KRIEKET:Baie geluk aan Hanru Hugo en Riko Swart wat in die 0/11 Xhariepspan opgeneem is en Vuyani Moore wat vir die 0/15-span gekies is.

MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK: [AFSKEURSTROKIE]‘n Lys van atlete wat kwalifiseer om aan die Motheo/Xhariep Atletiekkampioenskappe op 16 Februarie deel te neem word by die nuusbrief ingesluit. Baie geluk! Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en saam met die inskrywingsgeld van R20 op Maandag, 5 Februarie na die klasonderwysers terugstuur. Hierdie atlete moet alle atletiekoefeninge getrou bywoon!

EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS: Sterkte aan die atlete wat op Saterdag, 3 Februarie aan die atletiekbyeenkoms by Eureka deelneem.

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Ons hou op Donderdag, 8 Februarie ‘n plaaslike Biathle byeenkoms. As jy kan hardloop en swem, KOM! Dit gaan groot pret wees. Ons wil graag hê dat kinders blootstelling daaraan kry. Dit begin om 14:30 en almal kom by die rugbyveld bymekaar. Trek sommer jou swembroek onder jou hardloopklere aan. Sien julle daar!Atlete wat vir die Tweekampkampioenskappe op Dinsdag, 13 Februarie wil inskryf kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 5 Februarie na die klasonderwysers terugstuur. Inskrywingsgeld beloop R80 per atleet. Busgeld van R80 is vooraf betaalbaar. Atlete wat inskryf sal volledige inligting ontvang. Graad 7’s wat by die kamp is kan ook inskryf. Vervoerreëlings sal getref word.Sluitingsdatum vir inskrywings: Donderdag, 8 Februarie

SKAAK: Baie sterkte aan Rian Steenkamp wat die naweek aan ‘n kwalifiserende skaaktoernooi in Bloemfontein deelneem.Skaakspelers moet onthou dat hulle op Maandae en Woensdae om 14:30 in juffrou Naomi se klas skaak het. Julle moet kom oefen want ons gaan op 2 Maart tydens ons sportnaweek teen ander skole wedstryde speel.Indien daar iemand is wat ons met skaakafrigting kan help, sal ons dit baie waardeer. Kontak asseblief vir Adéle by die Sportkantoor.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word

NAUTILUS:Leerders van gr 4 – 7 wat aan die Nautilus wiskundekompetisie op Saterdag, 17 Februarie in Bloemfontein wil deelneem, kan R170 by hulle klasonderwysers inbetaal. Volledige inligting sal aan hierdie leerders verskaf word. Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 12 Februarie

BYBELVASVRA:Enige leerder van graad 4 – 7 wat belangstel om in die Bybelvasvraspan te kom, kan Jesaja 1 en 2 bestudeer. Julle gaan om Maandag, 12 Februarie ‘n toets oor hierdie twee gedeeltes skryf. Ons skool neem later vanjaar in twee rondtes van die Nasionale Bybelvasvrakompetisie deel.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie en kom ondersteun die graad 1-koekieverkoping op Maandag, 5 Februarie.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS

ONS IS DANKBAAR VIR DIE REËNWAT OP PLEKKE GEVAL HET.

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE (Dinsdag, 13 Februarie) SWEMBAD

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word

AFSKEURSTROKIE: MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK (Vrydag, 16 Februarie)

OUER: _______________________________________________

BEVESTIG HIERMEE DAT MY KIND/ERS AAN DIE MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE GAAN DEELNEEM:

ATLEET: ________________________________________________

ITEMS: __________________________________________________

EK NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

Busgeld van R80 vooraf betaalbaar.

HANDTEKENING: _______________________ DAT.: ___________

INSKRYWINGSGELD: R20

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE (Dinsdag, 13 Februarie)

BESIGHEIDSURE:

Maandag tot Donderdae 7:00 tot 10:30Vrydae en Saterdae enige tyd

SWEMBAD

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word
Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word
Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word
Page 10: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL -   Web viewOuers moet kennis neem dat . skoolgeld. vir die hele jaar aan die . begin van elke jaar op u rekening geplaas word