jacobsdal primêre skool  · web view2019-01-08 · sport- en opvoedkundige toer: [afskeurstrokie]...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 6 17 - 24 Februarie 2017 OUERS: ELEKTRONIESE INBETALINGS: Ons doen ‘n beroep op ouers om nie net hulle kind se naam as verwysing in te sit as hulle ‘n elektroniese inbetaling doen nie. Daar is dalk meer as een kind in die skool met daardie naam. Sit asb die volgende in as verwysing en stuur bewys van betaling en waarvoor die betaling is na fin@jakkies.com : Naam + Van + Gr. Daar is steeds ouers wat verlede jaar se skool- en koshuisfondsfooie inbetaal. Skoolgeld vir 2017 is R760 en maandbetalings by die koshuis beloop R1 200 per maand. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer is aangewys en ouers moet op die afskeurstrokie bevestig of hulle kinders kan gaan toer. Graad 7 leerders kan ook gaan toer en moet ook die strokie invul. Borglyste is by die Sportorganiseerder beskikbaar om fondse in te samel. ‘n Naamlys van die spanne word by die nuusbrief ingesluit. Daar vind op Maandag, 20 Februarie om 7:30 ‘n Ouertoervergadering in die skoolsaal plaas. Ten minste een van die toerkinders se ouers moet die vergadering bywoon indien moontlik asseblief. REVUE 2017: In die derde kwartaal bied ons skool ‘n SKOOLKONSERT aan waaraan al ons leerders gaan deelneem. Dit gaan ‘n wonderlike geleentheid vir u kind wees om blootstelling op ander vlakke te ervaar. Ons wil ons ouers vra om werklik almal betrokke te raak by hierdie groot projek. ‘n Revuegroep gaan uit die konsert saamgestel word wat in Augustus in die Sand du PlessisTeater gaan optree. ‘n Inligtingsbrief word by die nuusbrief ingesluit waarop alles mooi verduidelik word. LEIERSKAMP FOTO-CD: [AFSKEURSTROKIE] ‘n Foto-CD kan by juffrou Elza @ R20 bestel word. Handig jou afskeur-strokie en geld by die klasonderwysers in. KLEREWINKEL: NB: Dit is die laaste week waarin ouers hulle kinders se winterskoolklere en sweetpakke kan bestel. Sluitingsdatum vir bestelling: Maandag, 27 Februarie om 8:00. LEERDERDEELNAME: SPORT- OF SKOOLKLERE BY SKOOLGELEENTHEDE: Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders sport- of skoolklere moet aanhê as hulle toeskouers by enige skoolgeleentheid is. (Bv. Gala’s, Kleuratletiek, rugby-/netbal-/krieket-/tenniswedstryde, skaaktoernooie, redenaarskompetisies, ens.) As jy in “sivvies” daar opdaag, kry jy ‘n R10 boete! FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS: Sterkte aan ons atlete wat vandag aan die Fichardtpark Atletiek-uitnodigingsbyeenkoms deelneem. OEFENTYE: Hekkie-atlete moet asseblief kennis neem dat hulle oefentye verander het: Dinsdae en Donderdae vanaf 16:00

Upload: others

Post on 16-Jan-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019-01-08 · SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 6 17 - 24 Februarie 2017OUERS:ELEKTRONIESE INBETALINGS:Ons doen ‘n beroep op ouers om nie net hulle kind se naam asverwysing in te sit as hulle ‘n elektroniese inbetaling doen nie.Daar is dalk meer as een kind in die skool met daardie naam.Sit asb die volgende in as verwysing en stuur bewys van betaling en waarvoor die betaling is na [email protected] :Naam + Van + Gr.Daar is steeds ouers wat verlede jaar se skool- en koshuisfondsfooie inbetaal. Skoolgeld vir 2017 is R760 en maandbetalings by die koshuis beloop R1 200 per maand.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE]Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer is aangewys en ouers moet op die afskeurstrokie bevestig of hulle kinders kan gaan toer. Graad 7 leerders kan ook gaan toer en moet ook die strokie invul. Borglyste is by die Sportorganiseerder beskikbaar om fondse in te samel.‘n Naamlys van die spanne word by die nuusbrief ingesluit.Daar vind op Maandag, 20 Februarie om 7:30 ‘n Ouertoervergadering in die skoolsaal plaas. Ten minste een van die toerkinders se ouers moet die vergadering bywoon indien moontlik asseblief.

REVUE 2017:In die derde kwartaal bied ons skool ‘n SKOOLKONSERT aan waaraan al ons leerders gaan deelneem. Dit gaan ‘n wonderlike geleentheid vir u kind wees om blootstelling op ander vlakke te ervaar. Ons wil ons ouers vra om werklik almal betrokke te raak by hierdie groot projek. ‘n Revuegroep gaan uit die konsert saamgestel word wat in Augustus in die Sand du PlessisTeater gaan optree. ‘n Inligtingsbrief word by die nuusbrief ingesluit waarop alles mooi verduidelik word.

LEIERSKAMP FOTO-CD: [AFSKEURSTROKIE]‘n Foto-CD kan by juffrou Elza @ R20 bestel word. Handig jou afskeur-strokie en geld by die klasonderwysers in.

KLEREWINKEL: NB: Dit is die laaste week waarin ouers hulle kinders se winterskoolklere en sweetpakke kan bestel. Sluitingsdatum vir bestelling: Maandag, 27 Februarie om 8:00.

LEERDERDEELNAME:SPORT- OF SKOOLKLERE BY SKOOLGELEENTHEDE:Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders sport- of skoolklere moet aanhê as hulle toeskouers by enige skoolgeleentheid is. (Bv. Gala’s, Kleuratletiek, rugby-/netbal-/krieket-/tenniswedstryde, skaaktoernooie, redenaarskompetisies, ens.) As jy in “sivvies” daar opdaag, kry jy ‘n R10 boete!

FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Sterkte aan ons atlete wat vandag aan die Fichardtpark Atletiek-uitnodigingsbyeenkoms deelneem.

OEFENTYE:Hekkie-atlete moet asseblief kennis neem dat hulle oefentye verander het:Dinsdae en Donderdae vanaf 16:00Rugby-oefening vind van nou af op die volgende tye plaas:0/11 Rugby: 15:00 – 16:000/13 Rugby: 16:00 – 17:15 (Dinsdae en Donderdae)

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE:Baie geluk aan ons swemmers wat goed presteer het met die Vrystaat Swemkampioenskappe. (Slegs eerste 6 plekke)

Wessel v Niekerk 0/12 1ste 50rug, 1ste 100rug 2de 50vry, 5de 50 vlinder,

Junior v Niekerk 0/13 4de 100m vlinder, 6de 50m vlinder 6de 200m IM

Dogters 0/10 - 200m individuele wisselslag aflos:Sandri, Danique, Izeldi en Leané 3de plek

Seuns 0/12 - 200m vryslag aflos:Hanru, Wessel, Rian en Shaun-Michael 4de plek

Seuns 0/13 - 200m individuele wisselslag aflos:Wessel, Theunie, Junior en Wynand 2de plek

NB FOTO: Die swemmers wat op die Vrystaatkampioenskappe medaljes verower het moet op Maandag, 20 Februarie hulle sportklere en medaljes saambring om vinnig ‘n foto te neem vir die Onderwysdepartement. Tannie Lanie sal julle by die saal kry as die klok 7:30 lui.Veels geluk en baie dankie aan al die SWEMAFRIGTERS wat baie hard gewerk het die afgelope seisoen. Ons besef dat julle baie van julle tyd opoffer om ons skool se swemmers af te rig en ons vra ouers en kinders om vir hulle die erkenning te gee wat hulle verdien.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019-01-08 · SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer

TWEEKAMP: Sterkte aan ons atlete wat op Dinsdag, 21 Februarie aan die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe in Bloemfontein gaan deelneem. Die hardloopitems begin om 14:00 op Pelliespark. Swem vind by die Kovsieswembad plaas.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op Vrydag en Saterdag, 24 en 25 Februarie in Bloemfontein wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsgeld, op Maandag, 20 Februarie by die klasonderwysers inhandig.

ALGEMEEN:HULP MET WISKUNDE:Solidariteit Helpende Hand het inisiatief geneem om ouers/leerders te help met wiskunde. Besoek gerus hulle webtuiste by www.ekstrawiskunde.co.za vir meer inligting.Navrae: Joline Krüger 071 434 8889

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Tannie Hannetjie Jacobs (operasie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019-01-08 · SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer

‘ n Baie groot dankie aan almal wat produkte vir die PANNAR Boeredag geskenk het, en/of tydens die Boeredag gewerk het.

‘n Ongelooflike bedrag van ± R43 000.00is vir ons skool ingesamel!

BAIE DANKIE AAN PANNAR WAT HIERDIE GELEENTHEID AAN ONS SKOOL GEBIED HET!

AFSKEURSTROKIE: LEIERSKAMP FOTO-CD - R20 OUER: _________________________________________

LEIER: ____________________________________

WIL GRAAG ‘N FOTO-CD VAN DIE LEIERSKAMP BESTEL.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

MAKATANE TE KOOP @ R50 ELK

Kontak Rina van Zyl: 083 562 6915

AFSKEURSTROKIE: HARTENBOS TOER 2017 OUER: _________________________________________

RUGBY-/ NETBALSPELER:

________________________________________________

BEVESTIG DAT MY KIND DIE TOER NA HARTENBOS GAAN MEEMAAK EN DAT EK VERANTWOORDELIK NEEM VIR DIE ONKOSTE DAARAAN VERBONDE.

OUER: __________________________________________

GRAAD 7 LEERDER: _______________________________

STEL BELANG OM SAAM TE GAAN TOER EN DAT EK VERANTWOORDELIK NEEM VIR DIE ONKOSTE DAARAAN VERBONDE.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI

Ouer: _________________________________________

wil graag my kind/ers:

vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi op 24 en 25 Februarie inskryf.

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

Inskrywingsgeld: R110

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019-01-08 · SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer

TOERGROEP NA HARTENBOS:RUGBYSPELERS: NETBALSPELERS:

Beyleveldt, Christopher Stadler, Smittie Chanel NiemannBooyens, Dylan Swanepoel, Juhan Anneline de WetBotha, Wynand Thuntsa, Divan Chané van ZylCalitz, FW Van der Merwe, Theunie Anke DuvenhageDuvenage, Pieter Van Niekerk, Junior Chrisna RoelofseEngelbrecht, JJ Van Rooyen, Boeta Marlien SmithGeldenhuys, Nico Wessels, Wikus Miandi SteenkampGroenewald, Herman Gudrun SpeekJacobs, Handré Cayla Da CamaraLe Roux, Dirk Karli KorbMoore, Vuyani Elana le RouxNaudé, Ansley Elsjé JacobsNoeth, Phillip Magdelize van ZylNolan, Grant Sané WilkenPretorius, Jaun Marina van der Watt

(22) Ninke JacobsGeraldine FourieCarlé van Zyl

(18)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web view2019-01-08 · SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: [AFSKEURSTROKIE] Die rugby- en netbalspanne wat hierdie jaar van 26 – 31 Maart na Hartenbos toer