jacobsdal primêre skool  · web viewalle betalings word by die klasonderwysers gedoen. let wel:...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 18 - 25 Januarie 2019 DEPARTEMENTELE KURSUS: Die skool sluit op Donderdag, 24 Januarie vir alle leerders om 10:50. Al die onderwysers vertrek om 11:00 na verpligte Departementele kursusse. Geen buitemuurs, behalwe swem, sal op daardie dag plaasvind nie. KWYTSKELDING: Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op Donderdag, 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen. AFSKEURSTROKIES/VORMS – NUUSBRIEF 1: BEWAAR ASSEBLIEF AL U NUUSBRIEWE IN ‘N LÊER. Die volgende afskeurstrokies/vorms van Nuusbrief 1 moet asseblief almal op Maandag, 21 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word: Medisynebriefie vir skool, kroniese medikasie vormpie, gedragskodes (ouers + leerders), vrywaringsvorm (foto’s ens.), SMS-stelsel briefie (verpligtend @ R60 vir die hele jaar) , brildraers, aflosse vir leerkragte, Departementele gesondheidsvorm . Alle betalings word by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD MEESTE VAN DIE TYD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. Stuur dit asseblief dadelik in. BUITEMUURS: Geen buitmuurs op Maandag, 21 Januarie. Alle leerders moet asb. die Kleurgala bywoon. Bring julle blou/geel klere saam skool toe en kom sing lekker saam op die pawiljoen. Die skool verdaag om 12:30 sodat leerders kan eet en aantrek. SWEMBAD: Ons wil graag ons swembad skoon kry vir die Kleurgala. Geen swemafrigting of sosiale swem vanaf Donderdag, 17 Januarie tot Maandag, 21 Januarie nie. Die sand moet kans kry om af te sak bodem toe sodat ons dit elke dag kan uitsuig. Ons vra ouers en leerders om asseblief nie oor die muur te klim om te gaan swem nie. Dit is nie ‘n openbare dorpswembad nie! Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak. “LOCKERS”: In die seuns- en dogters se kleedkamers is “lockers” wat teen R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor. KAMMALAND KLEUTERSKOOL: Geen leerders van die Laerskool mag tydens pouses of skoolure by die Kleuterskool wees nie. MONDELING / REDENAARSKOMPETISIE: Die volgende onderwerpe word hierdie kwartaal deur die graad 4 – 7 leerders gebruik om Mondeling in die Afrikaanse klasse te praat: GRAAD 4 EN 5: Stokperdjies Talente Fiemies

Upload: others

Post on 02-Mar-2021

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewAlle betalings word by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD . MEESTE VAN DIE TYD . SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. Stuur dit asseblief

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 2 18 - 25 Januarie 2019DEPARTEMENTELE KURSUS:Die skool sluit op Donderdag, 24 Januarie vir alle leerdersom 10:50. Al die onderwysers vertrek om 11:00 na verpligteDepartementele kursusse. Geen buitemuurs, behalwe swem,sal op daardie dag plaasvind nie.

KWYTSKELDING:Aansoeke vir kwytskelding van skoolgeld sluit op Donderdag, 7 Februarie. Navrae en vorms by die finansiële kantoor. Ouers moet elke jaar heraansoek doen.

AFSKEURSTROKIES/VORMS – NUUSBRIEF 1:BEWAAR ASSEBLIEF AL U NUUSBRIEWE IN ‘N LÊER.Die volgende afskeurstrokies/vorms van Nuusbrief 1 moet asseblief almal op Maandag, 21 Januarie by die klasonderwysers ingehandig word:

Medisynebriefie vir skool, kroniese medikasie vormpie, gedragskodes (ouers + leerders), vrywaringsvorm (foto’s ens.), SMS-stelsel briefie (verpligtend @ R60 vir die hele jaar), brildraers, aflosse vir leerkragte, Departementele gesondheidsvorm .

Alle betalings word by die klasonderwysers gedoen.

LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD MEESTE VAN DIE TYD SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. Stuur dit asseblief dadelik in.

BUITEMUURS:Geen buitmuurs op Maandag, 21 Januarie. Alle leerders moet asb. die Kleurgala bywoon. Bring julle blou/geel klere saam skool toe en kom sing lekker saam op die pawiljoen. Die skool verdaag om 12:30 sodat leerders kan eet en aantrek.

SWEMBAD:Ons wil graag ons swembad skoon kry vir die Kleurgala. Geen swemafrigting of sosiale swem vanaf Donderdag, 17 Januarie tot Maandag, 21 Januarie nie. Die sand moet kans kry om af te sak bodem toe sodat ons dit elke dag kan uitsuig. Ons vra ouers en leerders om asseblief nie oor die muur te klim om te gaan swem nie.

Dit is nie ‘n openbare dorpswembad nie!Baie dankie dat ons op u samewerking kan staatmaak.

“LOCKERS”: In die seuns- en dogters se kleedkamers is “lockers” wat teen R100 elk vir ‘n leerder se hele Laerskoolloopbaan gehuur kan word. Navrae by die kantoor.

KAMMALAND KLEUTERSKOOL:Geen leerders van die Laerskool mag tydens pouses of skoolure by die Kleuterskool wees nie.

MONDELING / REDENAARSKOMPETISIE: Die volgende onderwerpe word hierdie kwartaal deur die graad 4 – 7 leerders gebruik om Mondeling in die Afrikaanse klasse te praat:

GRAAD 4 EN 5: Stokperdjies Talente Fiemies

GRAAD 6 EN 7: Grappe ESKOM / Elektrisiteit ‘n Nuwe skooljaar

Bostaande onderwerpe word ook vir ons eerste REDENAARSKOMPETISIE gebruik wat op Dinsdag, 26 Februarie plaasvind. Leerders mag ook ‘n ATKV-onderwerp kies om oor mondeling te praat en mag dit ook gebruik om aan die Redenaarskompetisie deel te neem.

ATKV REDENAARS:Ouers wat belangstel om hulle kinders vir die ATKV se redenaarskompetisie in te skryf, kan solank kennis neem van die ATKV-onderwerpe:Graad 1 – 3:

Maniere Droom Jok

Graad 4 – 5: Spaar Kuns Frons

Graad 6 – 7:

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewAlle betalings word by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD . MEESTE VAN DIE TYD . SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. Stuur dit asseblief

Vrees Dink Dans

Inskrywingsgeld beloop R185 per leerder. Inskrywings sluit op Maandag,18 Februarie en ouers neem self hulle kinders na die kompetisie. Kontak asb. vir juffrou Elza vir die inskrywing van u kind en meer besonderhede. Haar nommer is 0716876477. Hou in gedagte dat die standaard van hierdie kompetisie baie hoog is en dat leerders streng volgens die ATKV se voorskrifte moet voorberei. Graad 1 – 7 leerders kan aan hierdie kompetisie deelneem.

KOSHUIS:Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuisouervergadering wat op Vrydag, 25 Januarie om 11:00 in die koshuis se eetsaal plaasvind.

LEERDERDEELNAME:KLEURATLETIEK: [AFSKEURSTROKIE – SONE ATLETIEK]Atlete wat eerste en tweede plekke by die Kleuratletiek behaal, word vir die Sone atletiekspan gekies en ingeskryf. Die Sone atletiekbyeenkoms vind op Dinsdag, 29 Januarie in Bloemfontein plaas. Ouers van atlete wat eerste en tweede plekke behaal het, moet die afskeurstrokie invul om te bevestig dat u kind aan die Sone mag gaan deelneem. Ouers wat hulle kinders wil onttrek van die Sonespan moet dit ook met die afskeurstrokie doen.Meld ook of u van ons busvervoer gebruik wil maak @ R80 per atleet.Baie dankie aan ouers wat vir ons skenkings gestuur het vir die atletiek. Ons waardeer dit baie!Baie dankie aan ons ouers wat bereid is om as beamtes op te tree en lede van die Ouerleierkomitee wat hard werk om verversings te voorsien.

KLEURGALA: Ons nooi u hartlik uit na ons Kleurgala wat op Maandag, 21 Januarie vanaf 13:00 plaasvind. Na afloop van die gala sal die span bekend gemaak word wat aan die Interskole gala gaan deelneem. Beamptes meld om 12:45 aan.

Leerders verdaag om 12:30 en kan gaan eet en hulle blou/geel klere gaan aantrek. Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf! HULP AAN OLV:Ouers van die verskillende grade kry beurte om skenkings te maak vir

sport/funksies wat hier by ons aangebied word. Hierdie grade se ouers moet asseblief ook help om verversings voor te berei.Graad 4 en 5 leerders se ouers werk by die KLEURGALA. Die volgende skenkings kan gedoen word:

KOEKMEEL EIERS OLIE MAYONAISE TAMATIESOUS KONDENSMELK OF KONTANT

(Stuur dit asb. na die boekstoor)

Indien u by die verversings kan werk, kan u vir Maritza du Plooy by 0824152679 ‘n boodskap stuur. Ons het regtig u hulp baie nodig. BAIE DANKIE BY VOORBAAT!

Die Jnr en Snr Victor en Victrix Ludorum bekers word op die Kleurgala toegeken. Net prestasies in die 50m items word in aanmerking geneem.

KRIEKET:Baie sterkte aan die spelers wat op Dinsdag, 22 Januarie aan die Xhariep krieketproewe vir 0/11 en 0/13 spelers gaan deelneem.

SWEM:Die “Good Hope” swemgala word tot 19 Januarie uitgestel.Baie geluk aan Izeldi Jacobs wat vir die Noordkaap swemspan gekies is en op 26 Januarie aan ‘n 4-in-1 Interprovinsiale swemgala deelneem.

UNISA MUSIEK:Baie geluk aan Carla Meintjes wat haar UNISA teorie-eksamen met lof (86%) geslaag het.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Leon Prinsloo (blindederm)

Reën vir ons boerderygemeenskap

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewAlle betalings word by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD . MEESTE VAN DIE TYD . SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. Stuur dit asseblief

AFSKEURSTROKIE: SONE ATLETIEK (Dinsdag, 29 Jan)

OUER: ____________________________________________

ATLEET/E: ____________________________________ OUD: _____

____________________________________ OUD: _____

____________________________________ OUD: _____

HIERMEE BEVESTIG EK DAT MY KIND/ERS WEL AAN DIE SONEATLETIEKBYEENKOMS MAG DEELNEEM.

HIERMEE WIL EK MY KIND VAN DIE SONE (merk met X)ATLETIEKBYEENKOMS ONTTREK:

~~~~~

EK NEEM SELF MY KIND NA DIE SONE BYEENKOMS:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

ATLETE BETAAL DIE INSKRYWINGSGELD VAN R20 BY DIE SKOOL HANDTEKENING VAN OUER: _____________________

DAT: __________

BUSGELD VAN R80 IS VOORAF BETAALBAAR

BESIGHEIDS-URE:

Maandae tot Donderdae tot 11:00Vrydae heeldag

Elke tweede Saterdag op Jacobsdal

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewAlle betalings word by die klasonderwysers gedoen. LET WEL: AFSKEURSTROKIES WORD . MEESTE VAN DIE TYD . SLEGS EEN MAAL GEPLAAS. Stuur dit asseblief