jacobsdal primêre skool · web viewbekers en trofee’s moet asseblief so gou as moontlik...

12
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 34 13 - 20 Oktober 2017 KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Ouers en leerders moet elke week hulle kwartaalprogram en buitemuurse rooster goed deurgaan. Indien u dit nie doen nie, gaan u nie voorbereid wees op die aktiwiteite wat gaan plaasvind nie. Indien u kind op ‘n Vrydag nie by die skool is nie, kan u Maandae ‘n nuusbrief by die boekstoor afhaal of dit oor die naweek op die webtuiste kry. JAARBLAD 2017: Belangstellendes en instansies wat nog ‘n advertensie in ons Jaarblad wil plaas kan met Elsabé Ueckermann in verbinding tree. Dit is ‘n pragtige kleurglansblad wat oor ‘n wye gebied versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer en u help ons so om hierdie spogblad uit te gee. Kostes is as volg: Volblad: R2000 Halfblad: R1000 Kwartblad: R500 U is self verantwoordelik om u advertensie te ontwerp of te laat ontwerp. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365 BEGROTING 2017: Die finansiële begroting vir die skool en koshuis is beskikbaar in die voorportaal ter insae van ouers. ‘n Baie belangrike Ouerbegrotingsvergadering vind op Maandag, 23 Oktober om 7:30 plaas waartydens hierdie begrotings deur u as ouers goedgekeur moet word. PRYSUITDELING 2017: Ouers wat nog nie trofeë en bekers laat graveer het nie, moet dit asseblief by Zane’s Trophy Centre in Georgestraat, Kimberley laat doen. Bekers en trofee’s moet asseblief so gou as moontlik ingehandig word. Daar sal op hierdie jaar se Prysuitdeling ‘n afdeling vir kategorie B-sportsoorte wees. (Dit is sportsoorte wat nie by ons skool aangebied word nie of prestasies buite die Vrystaat, of nie-Syrec sporte). Slegs leerders wat amptelike bewyse van hulle prestasies by ons ingee, sal op die verhoog verskyn. Ons kan selfs baadjies, diplomas of medaljes aan leerders oorhandig. Let wel: Slegs prestasies wat in ons skool behaal is, sal erken word. Geen deelname – geen erkenning. KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS] ‘n Voorlopige beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Ouers kan net hulle name kontroleer en enige veranderinge met Alfred Hodgson bespreek. Ons benodig nog 9 ouers om ons as beamptes te help. Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoene en ander onkostes. Julle kan die geld op Maandag, 16 Oktober by die klasonderwysers inbetaal. Finale inskrywings of veranderings, Maandag, 16 Oktober! Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings by die Kleuratletiek verskaf. Hulle benodig egter hulp in die verversingslokaal aangesien dit ‘n baie lang dag is. Enige pappa of mamma (van al die grade) wat hulle kan

Upload: others

Post on 13-Feb-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 34 13 - 20 Oktober 2017

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:

Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by

die nuusbrief ingesluit. Ouers en leerders moet elke week hulle kwartaalprogram en buitemuurse rooster goed deurgaan. Indien u dit nie doen nie, gaan u nie voorbereid wees op die aktiwiteite wat gaan plaasvind nie. Indien u kind op ‘n Vrydag nie by die skool is nie, kan u Maandae ‘n nuusbrief by die boekstoor afhaal of dit oor die naweek op die webtuiste kry.

JAARBLAD 2017:

Belangstellendes en instansies wat nog ‘n advertensie in ons Jaarblad wil plaas kan met Elsabé Ueckermann in verbinding tree. Dit is ‘n pragtige kleurglansblad wat oor ‘n wye gebied versprei word. Dit is werklik die moeite werd om in hierdie blad te adverteer en u help ons so om hierdie spogblad uit te gee.

Kostes is as volg:

Volblad: R2000

Halfblad: R1000

Kwartblad: R500

U is self verantwoordelik om u advertensie te ontwerp of te laat ontwerp.

Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen.

Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365

BEGROTING 2017:

Die finansiële begroting vir die skool en koshuis is beskikbaar in die voorportaal ter insae van ouers.

‘n Baie belangrike Ouerbegrotingsvergadering vind op Maandag, 23 Oktober om 7:30 plaas waartydens hierdie begrotings deur u as ouers goedgekeur moet word.

PRYSUITDELING 2017:

Ouers wat nog nie trofeë en bekers laat graveer het nie, moet dit asseblief by Zane’s Trophy Centre in Georgestraat, Kimberley laat doen. Bekers en trofee’s moet asseblief so gou as moontlik ingehandig word.

Daar sal op hierdie jaar se Prysuitdeling ‘n afdeling vir kategorie B-sportsoorte wees. (Dit is sportsoorte wat nie by ons skool aangebied word nie of prestasies buite die Vrystaat, of nie-Syrec sporte). Slegs leerders wat amptelike bewyse van hulle prestasies by ons ingee, sal op die verhoog verskyn.

Ons kan selfs baadjies, diplomas of medaljes aan leerders oorhandig.

Let wel: Slegs prestasies wat in ons skool behaal is, sal erken word.

Geen deelname – geen erkenning.

KLEURATLETIEK: [BEAMPTELYS]

‘n Voorlopige beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Ouers kan net hulle name kontroleer en enige veranderinge met Alfred Hodgson bespreek. Ons benodig nog 9 ouers om ons as beamptes te help.

Die leiers van die GEEL en die BLOU atletiekspanne vra dat alle leerders R5 moet bring om te help met die versiering van die paviljoene en ander onkostes. Julle kan die geld op Maandag, 16 Oktober by die klasonderwysers inbetaal. Finale inskrywings of veranderings, Maandag, 16 Oktober!

Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings by die Kleuratletiek verskaf. Hulle benodig egter hulp in die verversingslokaal aangesien dit ‘n baie lang dag is. Enige pappa of mamma (van al die grade) wat hulle kan help (al is dit net vir ‘n uur of twee) kan vir Lida Botha kontak by: 071 674 8859. Ons doen veral ‘n beroep op die graad 7-mammas wie se kinders vir die laaste keer in hulle Laerskoolloopbaan deelneem om by die Kleuratletiek teenwoordig en betrokke te wees.

Die volgende bestanddele kan deur die graad 1 tot 6 leerders se ouers geskenk word, indien dit vir u moontlik is. Stuur dit sommer na die boekstoor asb. By voorbaat baie dankie!

KOEKMEEL KOOKOLIE SUIKER EIERS

KOM GENIET DIE DAG SAAM MET ONS!

VCSV SKOOLVERLATERSKAMP:

Die graad 7’s se skoolverlaterskamp vind van 27 tot 29 Oktober plaas. Daar is nog net plek vir 5 graad 7’s in die bussie.

OUERKLASBESOEKE:

Slegs ouers met wie afsprake gemaak is, het hierdie kwartaal ouerklasbesoek by die onderwysers. Enige ander ouer wat onderwysers wil spreek, kan persoonlik met hulle ‘n afspraak maak.

FOTO-CD: [AFSKEURSTROKIE]

Ouers kan ‘n foto-CD van kwartaal 1 & 2 met die afskeurstrokie bestel. CD’s kos R30.

INSIDENTESTATISTIEK:

Ouers kan kennis neem van die insidentestatistiek wat by die nuusbrief ingesluit is.

KONTROLE VAN HANDBOEKE:

Leerders se handboeke is deur leerkragte gekontroleer.

Let wel: Indien leerders hulle handboeke verniel of beskadig het, sal ouers ‘n rekening ontvang om daardie boek/boeke te vervang.

LEERDERDEELNAME:

LANDLOOP/MIDDELAFSTANDE/TWEEKAMP:

Ouers moet asseblief kennis neem van bogenoemde oefening wat elke middag van 14:30 tot 15:00 deur Irene Wilkinson aangebied word. Maak asseblief van hierdie geleentheid gebruik om atlete fiks te kry. Ons is baie dankbaar vir ouers wat ons help met die afrigting van sport by ons skool!

KRIEKET:

Ons 0/13 span verloor met 9 lopies teen Kimberley Junior in die Pro-20 liga.

Die 0/13 krieketspan speel op Woensdag, 18 Oktober om 14:00 ‘n Pro-20 krieketwedstryd teen RPC hier op ons veld. Spelers kan om 13:30 verdaag.

Sterkte aan ons 0/13 Xhariep krieketspelers wat op Donderdag,

19 Oktober teen Fichardtpark speel.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]

UITSLAE TEEN HARTSWATER:

0/13 (A-liga): Verloor 4 – 2

0/11 (B-liga): Verloor 4 – 2

0/9 (B-liga): Verloor 5 – 1

Baie sterkte aan Jannes en Hanru Krause wat die naweek aan die Novals Tennistoernooi op De Aar deelneem. Sterkte ook aan Dirk le Roux, Wynand Botha, JC Lübbe en Suzanne le Roux wat die naweek en volgende week aan tennistoernooie deelneem.

Schalk-Willem Engelbrecht, Edrich Olwagen, Riko Swart, Nico Smith en Jannes Krause neem op 20 en 21 Oktober aan ‘n tennistoernooi in Hopetown deel.

Die 0/13, 0/11 en 0/9 dogters tennisspanne speel op Maandag,

16 Oktober teen Hopetown op hulle bane. Vul asseblief die afskeurstrokie in om julle vervoer te bevestig. Spelers kan om 12:30 verdaag en die bus vertrek om 12:45. Busgeld van R50 is betaalbaar.

TWEEKAMP:

Baie geluk aan Leo Wilkinson wat ‘n sesde plek behaal het met die afgelope Interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Bloemfontein.

ATLETIEK:

Atlete wat nog aan die Jim Fouché atletiekbyeenkoms wil deelneem, moet

op Maandag, 16 Oktober by mnr Alfred inskryf. Laaste kans!

Inskrywingsgeld beloop R20 en ouers is self verantwoordelik om atlete na die byeenkoms te vervoer.

Baie sterkte aan die paar atlete wat op 19 Oktober aan Newton se atletiekbyeenkoms gaan deelneem. As daar nog atlete is wat wil deelneem moet hulle Maandag na mnr Hodgson toe gaan.

MUSIEK:

Baie geluk aan die volgende twee leerders wat met die afgelope UNISA praktiese musiekeksamen pragtig presteer het:

Marlien Smith: 84% (met lof)

Anica Ueckermann: 94% (eervolle vermelding)

Anica word ook op UNISA se ererol geplaas. Baie geluk!

GIMNASTIEK:

Louis-Harm Fourie het die afgelope vakansie aan die SA Gimnastiekspele in Pretoria as deel van die Noordkaap gimnastiekspan deelgeneem. Baie geluk!

“MARTIAL ARTS”:

Baie geluk aan die volgende leerders wat met die afgelope “Matial Arts” kampioenskappe in Stellenbosch goed presteer het:

Schalk-Willem Engelbrecht: 1ste plek seuns 6&7

(wit en geel belde – “Continuous fighting”)

Edrich Duvenage: 3de plek seuns 8&9 (wit en geel belde – “Point fighting”)

Pieter Duvenage: 2de plek seuns 12&13 (wit en geel belde – “Point

fighting”)

3de plek (wit en geel belde – “Continuous fighting”)

ALGEMEEN:

JOS ROOMYSVERKOPING:

Jakkies Opwaarts Sentrum verkoop om Maandag, 16 Oktober lekker roomys by die skool. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

SPORTKOUSE:

Sportkousies is in die Klerewinkel beskikbaar @ R35 per paar. Hierdie kouse sal mettertyd deel van ons skooldrag word.

GEBEDSLYS:

Danél du Toit (hospitaal)

Karin Page (siek)

ONS IS DANKBAAR VIR DIE REËN!

………………….

PW Tait

SKOOLHOOF

Skenk asseblief al julle ou medaljes, wat nie meer vir julle waardevol is nie, vir liefdadigheid.

Handig by die boekstoor in asb.

Baie dankie!

AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN HOPETOWN

(Maandag, 16 Oktober)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________

GAAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Bus/vervoergeld vir elke speler: R50

AFSKEURSTROKIE: FOTO-CD

OUER: ___________________________________

LEERDER: ______________________________

WIL GRAAG ‘N FOTO-CD @ R30 VIR KWARTAAL 1 & 2 BESTEL

BEDRAG INGESLUIT: R _______

HANDTEKENING: ___________________

DATUM: _____________

VAKANTE BETREKKING

JSM MAKELAARS – MODDERRIVIER

SEKRETARIëLE POS

CV KAN BY DIE KANTOOR AFGEGEE WORD OF KAN EPOS NA [email protected]

KONTAK RAMPIE NIEMANN :

078 607 1036

VIR ENIGE VERDERE NAVRAE

Poppie- en karretjieprojek:

Ons het al sowat 50 poppies en 50 karretjies

vir ons kinderprojek.

Ons het egter nog 80 poppies en 100 karretjies nodig.

Vul asseblief die onderstaande strokie in

as u by hierdie projek betrokke is en stuur dit asseblief terug na die klasonderwysers:

OUER: _______________________________

KINDER/S IN GRAAD?: __________________

EK SAL SORG VIR POPPIES

EN KARRETJIES.

HANDTEKENING: ______________________

BEAMPTELYS: KLEURATLETIEK

Aankondiger: Tjoppie Botha

Skeidsregters: Pieter Tait

Lanie Steenkamp

Afsitter: Schalk Meintjes

Afsittershulp: Delene Da Camara

Marleen le Gras

Maritza du Plooy

Wenpaalbeampte: Marisan Jacobs

Madeleine Koorzen

Rekenaar: Tersia Mostert

Rehetta Schoeman

Medaljes: Naomi v Eck

Suzaan Wessels

Verversings: Rina van Zyl

+ Helpers

Aksiefoto’s: Clivé Burger

Aantekenaars: Karin Page

Elza van Wyk

Rekords: Maryna Scholtz

Spanbestuurders:

BAAN:

Uitvangers:

Maritza de Wet (Hoof)

Clivé Burger (Kamera)

Linda Jansen

Karin Strauss

Mariska v Zyl

Anéle Hugo

Irene Wilkinson

Deandri van Vuuren

Rozanne Meyer

Tydhouers:

Riaan Jacobs (Hoof)

Pieter Groenewald

Jannie du Plessis

Abré Strauss

Jacques Conradie

Dewald Burger

Schimper van Niekerk

Tjaart v Zyl

John Roelofse

VELDITEMS:

VELDITEMS:

Verspring Put A:Peet Steenkamp (Hoof)Theuns SchutteElsabé Ueckermann

Verspring Put B:Michael Zondagh (Hoof)Charlene ZondaghRetha Schutte

Hoogspring Put A:Adéle Lübbe (Hoof) Vera SteenkampLinette Carbutt

Hoogspring Put B:Jannie du Plooy (Hoof)Nico Jacobs

Lizmari Jacobs

Gewigstoot Put A:

Suzaan Wessels

Benodig nog 2 persone

Gewigstoot Put B:

Benodig 3 persone

Spiesgooi:

Benodig 4 persone

Slingerbal:Irene Wilkinson

Noodhulp: Lizette Krause

Chrismae de Witt (fisio)

Jeanette Engelbrecht (fisio)

Kontakpersoon: Reza Hodgson - 0844137731