jacobsdal primêre skool · web viewinspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 10 5 - 12 April 2019 OUERS: BEHEERLIGGAAM: Lede word herinner aan die vergaderings wat op Maandag, 8 April op die volgende tye plaasvind: Finansiële vergadering: 8:00 Beheerliggaamvergadering: 14:00 FAKTOTUM: (ADVERTENSIE) Hiermee ‘n woord van hartlike dank aan oom Giel de Beer vir sy harde werk by ons skool in sy dienstermyn. Oom Giel gaan aan die einde van Mei aftree en ons wens hom ‘n heerlike rustyd toe. Ingesluit by die nuusbrief is ‘n advertensie vir die faktotumpos by ons skool. Diensaanvaarding: 1 Junie 2019. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Ons opregte dank aan die afrigters en onderwysers vir julle opoffering en harde werk met die afgelope toer. Ons waardeer julle! Baie dankie aan al ons ouers wat lekker beskuit, koekies, produkte en vleis vir die toer geskenk het. Baie dankie aan die volgende borge: Gerhard Cilliers: Braaivleis Jannie du Plooy/Johan Crause/Uniekum (Cornel Zeelie): Toer rugbytrui Decalb (Louwtjie Steenkamp): Pette vir rugby- en netbalspanne Nicky vd Walt en Fanie Schoeman: Toersakke – rugby Halsted (Charlene Zondagh) / Oudewerf (Corné de Jongh): 0/13 netbalrokkies, “hoodies” en sakke Inteligro (Emile Masuret): 0/12 netbalsakke en toerhempies Mariaan van Eeden / Stef vd Merwe: Netbal toerhempies en sakke James Oertel: Gr 7 toerhempies en sakke Broer de Waal/Henriëtte de Villiers: Borg van kinders Ander ouers wat bydraes gemaak het maar nie genoem wil word nie. BAIE BAIE DANKIE DAARVOOR! Dankie ook vir ekstra fondse wat ingesamel is en donasies wat vir behoeftige leerders ingestuur is. Ons waardeer dit baie! GESONDHEIDSONDERSOEK / BRILLE: Graag stel ons u in kennis dat die plaaslike kliniek volgende week ons skool besoek om al ons leerders vir kopluise te ondersoek. Dit is ‘n ernstige probleem wat so gou as moontlik aangespreek moet word, aangesien dit maklik van kind tot kind kan versprei en in ‘n epidemie kan ontaard. Volgens Departementele beleid mag geen kind, wat kopluise het, die skool bywoon todat die probleem heeltemal opgelos is nie. Petra Myne in Koffiefontein het aan 5 van ons leerders nuwe brille geskenk. Hulle sal op Woensdag, 10 April om 8:00 by die skool wees om die brille aan hierdie leerders te pas. Hierdie leerders het elkeen ‘n kennisgewingbrief ontvang. Ouers moet dit asseblief teken en op Maandag, 8 April terugstuur skool toe. HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES: Kontrole van handboeke en leerders se skryfbehoeftes word op Maandag,

Upload: others

Post on 28-Jul-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 10 5 - 12 April 2019OUERS:BEHEERLIGGAAM:Lede word herinner aan die vergaderings wat op Maandag,8 April op die volgende tye plaasvind:Finansiële vergadering: 8:00Beheerliggaamvergadering: 14:00

FAKTOTUM: (ADVERTENSIE)Hiermee ‘n woord van hartlike dank aan oom Giel de Beer virsy harde werk by ons skool in sy dienstermyn. Oom Giel gaan aan die einde van Mei aftree en ons wens hom ‘n heerlike rustyd toe. Ingesluit by die nuusbrief is ‘n advertensie vir die faktotumpos by ons skool. Diensaanvaarding: 1 Junie 2019.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Ons opregte dank aan die afrigters en onderwysers vir julle opoffering en harde werk met die afgelope toer. Ons waardeer julle!Baie dankie aan al ons ouers wat lekker beskuit, koekies, produkte en vleis vir die toer geskenk het. Baie dankie aan die volgende borge:Gerhard Cilliers: BraaivleisJannie du Plooy/Johan Crause/Uniekum (Cornel Zeelie): Toer rugbytruiDecalb (Louwtjie Steenkamp): Pette vir rugby- en netbalspanneNicky vd Walt en Fanie Schoeman: Toersakke – rugbyHalsted (Charlene Zondagh) / Oudewerf (Corné de Jongh): 0/13 netbalrokkies, “hoodies” en sakkeInteligro (Emile Masuret): 0/12 netbalsakke en toerhempiesMariaan van Eeden / Stef vd Merwe: Netbal toerhempies en sakkeJames Oertel: Gr 7 toerhempies en sakkeBroer de Waal/Henriëtte de Villiers: Borg van kindersAnder ouers wat bydraes gemaak het maar nie genoem wil word nie.

BAIE BAIE DANKIE DAARVOOR! Dankie ook vir ekstra fondse wat ingesamel is en donasies wat vir behoeftige leerders ingestuur is. Ons waardeer dit baie!

GESONDHEIDSONDERSOEK / BRILLE:Graag stel ons u in kennis dat die plaaslike kliniek volgende week ons skool besoek om al ons leerders vir kopluise te ondersoek. Dit is ‘n ernstige probleem wat so gou as moontlik aangespreek moet word, aangesien dit maklik van kind tot kind kan versprei en in ‘n epidemie kan ontaard.

Volgens Departementele beleid mag geen kind, wat kopluise het, die skool bywoon todat die probleem heeltemal opgelos is nie.Petra Myne in Koffiefontein het aan 5 van ons leerders nuwe brille geskenk. Hulle sal op Woensdag, 10 April om 8:00 by die skool wees om die brille aan hierdie leerders te pas. Hierdie leerders het elkeen ‘n kennisgewingbrief ontvang. Ouers moet dit asseblief teken en op Maandag, 8 April terugstuur skool toe.

HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES:Kontrole van handboeke en leerders se skryfbehoeftes word op Maandag,15 April deur klasonderwysers gedoen.

KLEREDRAG EN HARE:Inspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling op Vrydag, 12 April. (Sien webblad vir voorbeelde van seuns se hare)

BUITEMUURSE ROOSTER EN KWARTAALPROGRAM:‘n Finale buitemuurse rooster en kwartaalprogram word by die nuusbrief ingesluit.

HUISWERKBOEK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders in gr 4 – 6 wat huiswerkboeke vir die tweede kwartaal wil bestel, kan die afskeurstrokie invul en R25 by hulle klasonderwysers inbetaal op Maandag, 8 April.

FOTO-CD VAN TOER: [AFSKEURSTROKIE]‘n Foto-CD van die afgelope toer kan per afskeurstrokie bestel word. Kostes: R30 per CD

INSIDENTESTATISTIEK:Ouers kan die insidentestatistiek wat by die nuusbrief ingesluit is, bestudeer.

WERKERSDAG 1 MEI:Ouers moet asseblief solank kennis neem dat ons op Woensdag, 1 Mei (Werkersdag) normaal skoolgaan en dan Donderdag 2 Mei en Vrydag, 3 Mei as vakansiedae sal neem. KOSHUISOUERS:NB: Neem asseblief kennis dat koshuiskinders op Woensdag, 1 Mei alles in hulle kamers moet ontruim. Paarl Gimnasium se rugbyspanne kom daardie naweek in ons koshuis bly.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling

KOSHUIS:AGTERSTALLIGE KOSHUISGELD:Ouers wie se koshuisgelde agterstallig is se kinders sal nie op Sondag, 7 of Maandag, 8 April in die koshuis toegelaat word nie. Spaar asseblief u kind daardie verleentheid. Ons maak staat op u samewerking.

AANSTELLINGS:Baie geluk aan Yolandé du Preez en Chanté Smit wat as toesigkragte by die koshuis aangestel is.

SKENKINGS: Baie dankie aan al die ouers wat gedurende die eerste kwartaal produkte aan die koshuis geskenk het. Wees verseker dat ons dit regtig baie waardeer!

LEERDERDEELNAME:TROMPSBURG SPORTDAG:Sterkte aan die 0/13A en B en 0/11 netbalspanne, sowel as die 0/13 rugbyspan wat op Vrydag, 5 April aan die Trompsburg sportdag deelneem. Busgeld van R60 is betaalbaar en die bus vertrek om 6:00 vanaf die skool.

RUGBY:Ons 0/11 rugbyspan gaan op ‘n naweektoer en speel Vrydag teen Bloemfontein Laerskool en Saterdag teen Reddersburg. Dankie aan Danie Noeth wat ons spannetjie gaan ontvang en onthaal.

EUREKA SPORTDAE: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende spanne neem volgende week aan die sportdae by Eureka deel:Donderdag, 11 April: 0/7 en 0/8 rugby en netbalVrydag, 12 April: 0/9 tot 0/13 rugby en netbalOuers moet asseblief die afskeurstrokie invul om u kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.Ons wag vir die program en sal dit aan die afrigters verskaf so gou as wat ons dit ontvang het.

RUGBYPROEWE: [AFSKEURSTROKIE]Sterkte aan die volgende spanne wat volgende week aan die rugbyproewe gaan deelneem:Dinsdag 9 April om 14:00: 0/12 (Wildeklawer proewe)Donderdag 11 April om 14:00: 0/13 (GW Kimberleystreek)Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om spelers se vervoer te bevestig. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.

NETBAL:Die Letsemeng netbalproewe vind op Woensdag, 10 April op die volgende tye plaas: Daar sal ‘n snoepie by die proewe wees.0/12: 14:00 (verdaag 13:15)0/13: 14:30 (verdaag 13:45)0/14: 15:00Alle spelers moet 30 minute voor die tyd aanmeld en enige speler is welkom om aan die proewe deel te neem.Ouers moet asseblief ‘n gesertifiseerde afskrif van geboortesertifikaat en ‘n ID foto van spelers op Maandag, 8 Mei by juffrou Delene inhandig vir die proewe. Ons kan nie dokumente laat sertifiseer nie, aangesien ons nie die oorspronklike geboortesertifikate in ons besit het nie.

LANDLOOP: Ouers moet asseblief op Maandag, 8 April uitstaande lisensienommers terugstuur na die klasonderwysers. Registrasiefooie is ook nou betaalbaar:R60 per atleet en R130 vir 0/13 en ouer (vanaf 2006). Kontak die sportorganiseerder vir enige navrae. NB: Ouers moet onthou dat atlete in die nuwe frokkie/hempie aan byeenkomste moet deelneem. Dit is in ons klerewinkel te koop.

TENNIS:Die Xhariep tennisspan speel op Vrydag, 12 April teen Noordkaap en op 13 April teen Noord-Wes in Kimberley. Sterkte aan die volgende spelers:Stefan Hugo, Juhan vd Westhuizen, Marius Etzebeth, Janco Zeelie, Hanru Hugo, Riko Swart, Lehan Hugo, Suzanne le Roux, Johandri de Wet, Izeldi Jacobs en Zanté Oertel.Ewan Burger, Jaco de Waal, Leo Wilkinson en Jannie de Waal is ook intussen in die Xhariepspan opgeneem. Baie geluk!Ouers vervoer self hulle kinders na die wedstryde.

ALGEMENE FIKSHEID:Ons wil ‘n beroep doen op ouers om hulle kinders (enige ouderdom) vir algemene fiksheid na die landloopoefening (Maandae tot Donderdae) te stuur. Hierdie oefening word deur Irene en Adéle hanteer en baie aandag word aan “High intensity” en “Core training” gegee wat ‘n groot bydrae tot kinders se prestasie in alle sportsoorte kan lewer. Kinders wat tans aan geen sport deelneem nie is ook baie welkom om hierdie oefeninge by te woon. Kyk asseblief na die buitemuurse rooster om tye te sien. Op ‘n Maandag wil die afrigters asseblief al die rugby-, netbal- en tennisspelers by hierdie oefening hê.

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Die graad 5-klasse hou op Maandag, 8 April hulle koekieverkoping. Bring asseblief ‘n geldjie om hulle te ondersteun.

ALGEMEEN:“JAKKIES GOT TALENT”:“Jakkies got talent” vind op 6 Mei plaas en leerders wat wil deelneem, moet solank hulle liedjies regkry.

D6 TOEPASSING / NUUSBRIEWE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat nog nie op d6 geregistreer het nie, sal weer ‘n sms kry met ‘n skakel waarop u moet ingaan om op “d6 connect” te registreer. Elke ouer ontvang ‘n unieke “token” wat gebruik word om te kan registreer. Hierdie “token” verval na 24 uur.Afgerolde nuusbriewe sal oor ‘n week of twee heeltemal uitgeskakel word. Ouers wat selfone het wat nie die toepassing kan aflaai nie, kan die afskeurstrokie invul om steeds die afgerolde nuusbrief te ontvang.

.............................PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Lu-Allen, Chanelle en Marlu Rossouw (oupa oorlede)Verona Burger (rugoperasie)

GELUKWENSING:

Baie geluk aan Zelmari Lotz wat ‘n babasussieryker geword het.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEKE – GR 4 - 6

OUER: _________________________________________

LEERDER: __________________________ GR.: _____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK @ R25 BESTEL

BEDRAG INGESLUIT: _______

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

AFSKEURSTROKIE: TOER CD

OUER: _________________________________________

LEERDER: __________________________ GR.: _____

WIL GRAAG ‘N TOER CD @ R30 BESTEL

BEDRAG INGESLUIT: _______

HANDTEKENING VAN OUER: ________________________

DATUM: __________________

MAKATANE TE KOOP

Kontak Rina van Zyl by:

083 562 6915

AFSKEURSTROKIE: D6 “APP”

OUER: ________________________________

LEERDER/S: _________________________ GR.: ___

_________________________ GR.: ___

EK KAN NIE DIE D6 “APP” OP MY FOON AFLAAI NIE EN WIL GRAAG NOG DIE GEWONE NUUSBRIEF ONTVANG.

HANDTEKENING: _______________________

DATUM: ______________________

AFSKEURSTROKIE: RUGBYPROEWE (9 & 11 April)

OUER: _______________________________________

SPELER/S: _______________________________________

EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA KBY:

DINSDAG, 9 APRIL:

DONDERDAG, 11 APRIL:

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling

AFSKEURSTROKIE: EUREKA SPORTDAE (11 & 12 April)

OUER: _______________________________________

SPELER/S: _______________________________________

EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA KBY:

DONDERDAG, 11 APRIL:

VRYDAG, 12 APRIL:

MY KIND BENODIG VERVOER NA KBY:

DONDERDAG, 11 APRIL:

VRYDAG, 12 APRIL:

HANDTEKENING: _________________ DAT: __________

AFSKEURSTROKIE: RUGBYPROEWE (9 & 11 April)

OUER: _______________________________________

SPELER/S: _______________________________________

EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA KBY:

DINSDAG, 9 APRIL:

DONDERDAG, 11 APRIL:

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling
Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling

Konsentrasieleer...studiemetodes...leeskursus...ekstra klasse in Wiskunde,

Engels en Afrikaans

Vir meer inligting skakel Miranda van der Walt (Biolink, leesprogram, huiswerk en Afrikaans- en Engels-klasse)

by 083 709 0688 of Clivé Burger (Wiskunde ekstra klasse vir Gr 1 tot 7)

by 083 708 3974.

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewInspeksie van leerders se kleredrag en hare sal volgende week gedoen word. Alle leerders moet netjies wees vir die kwartaallikse Prysuitdeling