jacobsdal primêre skool · web viewklaar geskiet (jaco niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 16 20 – 27 Mei 2016 OUERS: SPORTAFSLUITING: [AFSKEURSTROKIE] Ons nooi ons ouers om saam met ons die afsluiting van ‘n suksesvolle Rugby- en Netbalseisoen te vier. Alle ouers van ons skool is welkom om dit by te woon. Ons het u ondersteuning nodig om leerders wat Provinsiale Sportspanne verteenwoordig, finansieel by te staan. BESONDERHEDE: Datum: Donderdag, 26 Mei (Net na die laaste wedstryde afgehandel is, word die vure aangesteek!) Koste: R100 per gesin (Pa, ma en kinders) ‘n WILDSVEILING gaan deur die loop van die aand gehou word. Die volgende wild gaan te koop aangebied word: 1 x Jong rooibokram (± 18mde oud) om self te jag en een nag akkomodasie in ‘n veldhuis vir 4 mense op die plaas Grenspan (Christo Brink) 1 x Springbok (klaar geskiet) 1 x Hartbees om te jag of klaar geskiet (Jaco Niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x Blesbok, klaar geskiet ‘n Reserweprys vir bogenoemde wildpakkette sal behou word. Die funksie is ‘n BRING EN BRAAI en ‘n lekker DANS in die skoolsaal. Musiek word deur die Eagles (geborg deur Tjoppie Botha!) gemaak. Ouers bring hulle eie vleis (of bestel ‘n vleispakkie), drinkgoed en eetgerei. Vure en roosterkoeke met botter en konfyt sal voorsien word. Let wel: Ouers wat die funksie bywoon, is welkom om dan hulle kinders huis toe te neem en hierdie leerders sal Vrydag, 27 Mei, van skool verskoon word! Op u danskaartjie gaan ‘n nommer verskyn. ‘n Gelukkige trekking gaan gedoen word en die wenner gaan met ‘n springbok wegstap! Ouers wat die funksie nie kan bywoon nie , kan ook R100 betaal en dan kan u kind/ers (ongeag hoeveel kinders in die gesin) Vrydag ook by die huis bly. Ouers wat niks betaal nie, se kinders moet Vrydag skoolgaan en indien hulle nie opdaag nie, word R100 boete op u skoolrekening geplaas. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur dit op Maandag, 23 Mei terug na die klasonderwysers. U kan ook met die afskeurstrokie ‘n braaipakkie @ R40 elk bestel. Die braaipakkie sluit ‘n steak, tjop en ‘n worsie in. OUERLEIERKOMITEE: Ons Ouerleierkomitee vra u hulp met verversings wat volgende week by die twee sportbyeenkomste aangebied gaan word. Ons vra graad 1 - 4 ouers vir skenkings van die volgende bestanddele: OLIE, AARTAPPELS, MAYONAISE, ENIGE KONTANTBEDRAG Ouers wat by die verversings kan werk op Dinsdag en Donderdag (24 en 26 Mei), kan Helicia by 0836440066 skakel. Baie dankie aan die ouers wat die afgelope week produkte en kontant geskenk het en ook kom help het met die verversings. Ons waardeer dit opreg! Die Ouerleierkomitee LEERDERDEELNAME: UITSLAE KOFFIEFONTEIN SPORTDAG:

Upload: others

Post on 05-Mar-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewklaar geskiet (Jaco Niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x Blesbok, klaar geskiet ‘n Reserweprys vir bogenoemde wildpakkette sal behou word

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 16 20 – 27 Mei 2016OUERS:SPORTAFSLUITING: [AFSKEURSTROKIE]Ons nooi ons ouers om saam met ons die afsluiting van ‘n suksesvolle Rugby- en Netbalseisoen te vier. Alle ouers van ons skool is welkom om dit by te woon. Ons het u ondersteuning nodig om leerders wat Provinsiale Sportspanne verteenwoordig, finansieel by te staan.BESONDERHEDE:Datum: Donderdag, 26 Mei (Net na die laaste wedstryde afgehandel is, word die vure aangesteek!)Koste: R100 per gesin (Pa, ma en kinders)‘n WILDSVEILING gaan deur die loop van die aand gehou word. Die volgende wild gaan te koop aangebied word:

1 x Jong rooibokram (± 18mde oud) om self te jag en een nag akkomodasie in ‘n veldhuis vir 4 mense op die plaas Grenspan (Christo Brink)

1 x Springbok (klaar geskiet) 1 x Hartbees om te jag of klaar geskiet (Jaco Niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x Blesbok, klaar geskiet ‘n Reserweprys vir bogenoemde wildpakkette sal behou word.

Die funksie is ‘n BRING EN BRAAI en ‘n lekker DANS in die skoolsaal. Musiek word deur die Eagles (geborg deur Tjoppie Botha!) gemaak.Ouers bring hulle eie vleis (of bestel ‘n vleispakkie), drinkgoed en eetgerei. Vure en roosterkoeke met botter en konfyt sal voorsien word.Let wel:Ouers wat die funksie bywoon, is welkom om dan hulle kinders huis toe te neem en hierdie leerders sal Vrydag, 27 Mei, van skool verskoon word!Op u danskaartjie gaan ‘n nommer verskyn. ‘n Gelukkige trekking gaan gedoen word en die wenner gaan met ‘n springbok wegstap!Ouers wat die funksie nie kan bywoon nie, kan ook R100 betaal en dan kan u kind/ers (ongeag hoeveel kinders in die gesin) Vrydag ook by die huis bly. Ouers wat niks betaal nie, se kinders moet Vrydag skoolgaan en indien hulle nie opdaag nie, word R100 boete op u skoolrekening geplaas.Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur dit op Maandag, 23 Mei terug na die klasonderwysers. U kan ook met die afskeurstrokie ‘n braaipakkie @ R40 elk bestel. Die braaipakkie sluit ‘n steak, tjop en ‘n worsie in.

OUERLEIERKOMITEE:Ons Ouerleierkomitee vra u hulp met verversings wat volgende week by die twee sportbyeenkomste aangebied gaan word. Ons vra graad 1 - 4 ouers vir skenkings van die volgende bestanddele:OLIE, AARTAPPELS, MAYONAISE, ENIGE KONTANTBEDRAGOuers wat by die verversings kan werk op Dinsdag en Donderdag (24 en 26 Mei), kan Helicia by 0836440066 skakel. Baie dankie aan die ouers wat die afgelope week produkte en kontant geskenk het en ook kom help het met die verversings. Ons waardeer dit opreg! Die Ouerleierkomitee

LEERDERDEELNAME: UITSLAE KOFFIEFONTEIN SPORTDAG: Rugby:

SPAN: KOFFIEFONTEIN:0/9B Wen 24 – 12 0/11B Wen 24 – 17 0/13B Verloor 32 – 5

Netbal:SPAN: KOFFIEFONTEIN SPORTDAG:0/7 Wen 4 – 3 @ Koffiefontein en 3 – 0 @ Luckhoff

Verloor 8 – 1 @ Tjokkies A en 6 – 0 @ Tjokkies B0/9A Wen 1 – 0 @ Koffiefontein en 17 – 1 @ Luckhoff0/9B Verloor 14 – 0 @ Koffiefontein A en 8 – 6 @ Luckhoff A0/10 Gelykop 3 – 3 @ Koffiefontein

Verloor 14 – 1 @ Tjokkies A en 7 – 0 @ Tjokkies B0/11A Wen 17 – 2 @ Luckhoff

Verloor 7 – 4 @ Tjokkies A en wen 10 – 4 @ Tjokkies B0/11B Wen 10 – 0 @ Oppermans0/12 Verloor 25 – 2 @ Tjokkies A en 6 – 4 @ Tjokkies B0/13A Wen 16 – 0 @ Koffiefontein en 26 – 0 @ Luckhoff0/13B Wen 6 – 5 @ Koffiefontein A

Verloor 8 – 3 @ Tjokkies 0/12A 0/13C Wen 9 – 4 @ Oppermans

Verloor 29 – 1 @ Tjokkies 0/12A

RUGBY- EN NETBAL UITSLAE TEEN EUREKA: Rugby:

SPAN: EUREKA:0/7 - 0/8 Verloor 35 – 0 0/9 Verloor 26 – 5 0/11A Verloor 15 – 10 0/13A Wen 19 – 10

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewklaar geskiet (Jaco Niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x Blesbok, klaar geskiet ‘n Reserweprys vir bogenoemde wildpakkette sal behou word

0/13B Verloor 56 – 0 Netbal:

SPAN: EUREKA:0/9A Gelykop 6 – 6 0/9B Verloor 6 – 4 0/10 Verloor 12 – 1 0/11A Wen 16 – 6 0/11B Wen 5 – 1 0/12 Verloor 19 – 4 0/13A Wen 26 – 16 0/13B Wen 10 – 7 0/13C Verloor 18 – 11

NETBAL TEEN HARTSWATER: Die volgende netbalspanne speel op Dinsdag, 24 Mei teen Hartswater op ons bane:0/10, 0/11A en B, 0/12, 0/13 A en B ‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.

RUGBY TEEN NEWTON: Die volgende rugbyspanne speel op Donderdag, 26 Mei teen Newton op ons veld:0/7, 0/9, 0/11 en 0/13. Verversings word te koop aangebied.‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.Netbal: Ons probeer vir hierdie dag ook netbalwedstryde teen ‘n Bloemfontein skool reël!

XHARIEP NETBALDAG:Geluk aan die 0/13 netbalspan wat 25 - 2 teen Zastron HS en 23 – 5 teen Oranjekrag Laerskool gewen het. Die 0/12-span het 14 – 13 teen Oranjekrag verloor en 17 – 15 teen Zastron HS gewen.

RUGBYPROEWE:Geluk aan Louis van der Westhuizen (0/13) en Vuyani Moore (0/12) wat volgende week aan die finale Griekwaland-Wes rugbyproewe gaan deelneem.

MCDONALDS RUGBYDAG:Sterkte aan ons 0/8 rugbyspan wat op Saterdag, 21 Mei aan die McDonalds Rugbydag te Newton gaan deelneem.

BYBELVASVRA:Sterkte aan die Bybelvasvraspan wat op Maandag, 23 Mei hulle Bybelvasvra-vraestel skryf. Julle skryf om 14:30 in die skoolsaal.

ATKV REDENAARSBaie sterkte aan Anica Ueckermann wat op Vrydag, 20 Mei aan die ATKV semi-finale redenaarskompetisie in Sasolburg deelneem.

ALGEMEEN:VOLDIENSSKOOL:Tydens die “2016 Narional Education Excellence Awards” is Jacobsdal Primêre Skool aangewys as een van die beste Voldiensskole in Suid-Afrika!

PANNEKOEK: [AFSKEURSTROKIE]Die “Vroue in Aksie” van die Woord en Lewe gemeente bied ‘n “Winter Warmer” pannekoekverkoping aan. Pannekoeke kos R4 elk en kan met die afskeurstrokie bestel word. U het kans om tot Donderdag, 26 Mei om 12:00 u bestelling te kom inhandig. Pannekoeke sal op Vrydag, 27 Mei afgelewer word. Kontant met bestelling asseblief.

VERLORE KLERE:‘n Kortmou- en langmousporthempie is verlore. Dit is gemerk “J Lübbe”. Indien iemand dit dalk tussen hulle klere ontdek kan u dit by die kantoor inhandig.

................................. Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Maryka van StraatenCarlien McLachlan

Zondagh familie (Brunni Botha oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewklaar geskiet (Jaco Niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x Blesbok, klaar geskiet ‘n Reserweprys vir bogenoemde wildpakkette sal behou word

AFSKEURSTROKIE: SPORTAFSLUITING – DON 26 MEI

OUERS: _________________________________________

STEL BELANG OM DIE SPORTAFSLUITING OP DONDERDAG26 MEI BY TE WOON.

KOSTE PER GESIN: R100

ONS WIL GRAAG ______ (AANTAL) BRAAIPAKKIES @ R40ELK BESTEL. (STEAK, TJOP EN WORSIE)

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R __________

HANDTEKENING: ___________________________

KONTAKNOMMER: ________________________

Kom geniet die aand saam met ons!!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

AFSKEURSTROKIE: R100 VIR AFDAG

OUERS: ________________________________________

ONS KAN ONGELUKKIG NIE DIE AFSLUITINGSFUNKSIEBYWOON NIE, MAAR STEL BELANG OM R100 TE BETAAL OM ONS KIND/ERS BY DIE HUIS TE HOU OP VRYDAG,27 MEI.

HANDTEKENING: _____________________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewklaar geskiet (Jaco Niemann) 2 x skape, opgesaag en verpak 1 x Blesbok, klaar geskiet ‘n Reserweprys vir bogenoemde wildpakkette sal behou word

NETBAL TEEN HARTSWATER: DINS, 24 MEIPROGRAM

TYD: BAAN A: BAAN B: BAAN C:

14:30

Jacobsdal 0/11B

Hartswater 0/11B

Jacobsdal 0/12

Hartswater 0/12

Jacobsdal 0/10

Hartswater 0/10

15:00

Jacobsdal 0/11A

Hartswater 0/11A

Jacobsdal 0/13B

Hartswater 0/13B

15:30

Jacobsdal 0/13A

Hartswater 0/13A

RUGBY TEEN NEWTON: DON, 26 MEIPROGRAM

Tyd: SPAN: Skeidsregter:14:00 – 14:25 0/7 @ Newton 0/7B Jannie du Plooy

14:30 – 15:05 0/9 @ Newton 0/9A Marius Brink

15:10 – 15:55 0/11 @ Newton 0/11A Marius Jacobs

16:00 – 16:55 0/13A @ Newton 0/13B Pedro Enslin

KANON HOTELKom en geniet ‘n lekker aand saam met ‘n

Kunstenaar en ‘n skaapstertjie-ete.Datum: Vrydag, 27 Mei

R20 per persoonBesprekings by Kanon Hotel:

053 5910458