jacobsdal primêre skool  · web viewons groot bus is tans nie beskikbaar nie en veroorsaak dat...

6
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 12 26 April - 4 Mei 2018 GRYS SKOOLHEMDE: Ouers wat reeds vir hulle seun/s wit skoolhemde aangeskaf het en nie meer nut vir die grys hemde het nie, kan dit asb. vir ons instuur skool toe. Ons gaan dit alles aan ‘n behoeftige skool/kinderhuis skenk. Baie dankie by voorbaat. GR 3 ENTREPRENEURSDAG: Die graad 3-klasse se Entrepreneursdag vind op Vrydag, 4 Mei plaas. Leerders het volledige inligting ontvang. Ouers word uitgenooi om tussen 10:00 en 11:30 hulle stalletjies te kom besigtig/ondersteun. Leerders moet asseblief ook ‘n ekstra geldjie saambring om hulle maats te ondersteun. BUITEMUURS: Rugby- en netbaloefening vir al die spanne (behalwe 0/11A en 0/13B rugby) vind op Woensdag, 2 Mei op die gewone oefentye plaas ter voorbereiding vir Donderdag se wedstryde teen Douglas. Geen tennisoefening op Woensdag, 2 Mei nie. BUSVERVOER / AFSKEURSTROKIES: Ons vra asseblief ouers se geduld en begrip vir die probleme wat ons moontlik die hele kwartaal met wegwedstryde gaan hê. Ons groot bus is tans nie beskikbaar nie en veroorsaak dat ons ‘n beperkte aantal spelers kan vervoer. Ons vra asseblief u hulp om ons spelers in Kimberley of elders te kry. Baie dankie vir ouers wat sommer uit hul eie aanbied om ‘n klompie ander kinders ook saam te neem. Ons waardeer julle!! Vul asb. u kind se afskeurstrokie in om sy/haar vervoer te reël. Ons kan nie op die nippertjie vervoerreëlings vir u kind tref waarvan ‘n strokie nie ontvang is nie. Indien u besluit om u kind self na die wedstryd terug te bring móét u die busbestuurder in kennis stel asseblief. Kontak Adéle asseblief indien u enige navrae het. JUWELE MET WEDSTRYDE: Rugby- en netbalspelers mag volgens reëls geen horlosies/juwele aanhê met wedstryde nie. Ouers moet asseblief help om hulle kidners se horlosies, oorbelle (meisies) ens. voor wedstryde af te haal en te bewaar. Afrigters kan dalk hierdie items verloor as hulle alles moet hou. ONDERSTEUNERSBRAAI: Ons nooi al ons ouers uit om ‘n lekker Ondersteunersbraai saam met ons afrigters en personeel te hou na afloop van die 0/13 rugbywedstryd teen Douglas op Donderdag, 3 Mei. Vure sal voor die tyd aangesteek word en ouers kan dadelik begin braai. Bring asseblief u eie vleis, eie eetgerei en drinkgoed asseblief. Ons sal bykosse verskaf. LEERDERDEELNAME: WILDEKLAWER RUGBY: Baie geluk aan die volgende seuns wat vir die 0/12 Wildeklawer rugbyspan gekies is en die komende naweek aan die Wildeklawer rugbytoernooi deelneem: De Wet du Plooy, Zander Carbutt en Craven Crause. Baie sterkte! NETBAL EN RUGBY: UITSLAE: Rugby:

Upload: others

Post on 30-Apr-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 12 26 April - 4 Mei 2018GRYS SKOOLHEMDE:Ouers wat reeds vir hulle seun/s wit skoolhemde aangeskaf het en nie meer nut vir die grys hemde het nie, kan dit asb. vir ons instuur skool toe. Ons gaan dit alles aan ‘n behoeftige skool/kinderhuis skenk. Baie dankie by voorbaat.

GR 3 ENTREPRENEURSDAG: Die graad 3-klasse se Entrepreneursdag vind op Vrydag, 4 Mei plaas. Leerders het volledige inligting ontvang. Ouers word uitgenooi om tussen 10:00 en 11:30 hulle stalletjies te kom besigtig/ondersteun. Leerders moet asseblief ook ‘n ekstra geldjie saambring om hulle maats te ondersteun.

BUITEMUURS:Rugby- en netbaloefening vir al die spanne (behalwe 0/11A en 0/13B rugby) vind op Woensdag, 2 Mei op die gewone oefentye plaas ter voorbereiding vir Donderdag se wedstryde teen Douglas. Geen tennisoefening op Woensdag, 2 Mei nie.

BUSVERVOER / AFSKEURSTROKIES:Ons vra asseblief ouers se geduld en begrip vir die probleme wat ons moontlik die hele kwartaal met wegwedstryde gaan hê. Ons groot bus is tans nie beskikbaar nie en veroorsaak dat ons ‘n beperkte aantal spelers kan vervoer. Ons vra asseblief u hulp om ons spelers in Kimberley of elders te kry. Baie dankie vir ouers wat sommer uit hul eie aanbied om ‘n klompie ander kinders ook saam te neem. Ons waardeer julle!!Vul asb. u kind se afskeurstrokie in om sy/haar vervoer te reël. Ons kan nie op die nippertjie vervoerreëlings vir u kind tref waarvan ‘n strokie nie ontvang is nie. Indien u besluit om u kind self na die wedstryd terug te bring móét u die busbestuurder in kennis stel asseblief. Kontak Adéle asseblief indien u enige navrae het.

JUWELE MET WEDSTRYDE:Rugby- en netbalspelers mag volgens reëls geen horlosies/juwele aanhê met wedstryde nie. Ouers moet asseblief help om hulle kidners se horlosies, oorbelle (meisies) ens. voor wedstryde af te haal en te bewaar. Afrigters kan dalk hierdie items verloor as hulle alles moet hou.

ONDERSTEUNERSBRAAI:Ons nooi al ons ouers uit om ‘n lekker Ondersteunersbraai saam met ons

afrigters en personeel te hou na afloop van die 0/13 rugbywedstryd teen Douglas op Donderdag, 3 Mei. Vure sal voor die tyd aangesteek word en ouers kan dadelik begin braai. Bring asseblief u eie vleis, eie eetgerei en drinkgoed asseblief. Ons sal bykosse verskaf.

LEERDERDEELNAME:WILDEKLAWER RUGBY:Baie geluk aan die volgende seuns wat vir die 0/12 Wildeklawer rugbyspan gekies is en die komende naweek aan die Wildeklawer rugbytoernooi deelneem:De Wet du Plooy, Zander Carbutt en Craven Crause. Baie sterkte!

NETBAL EN RUGBY:UITSLAE: Rugby:

SPAN: STAATS: BRANDFORT: REDDERSBURG:0/7 Verloor --- ---0/9 Verloor 36 - 5 --- ---

0/11A --- Verloor 12 - 5 Wen 17 - 50/11B Wen 34 - 10 Baie dankie aan al die ouers wat die

0/11 rugbytoer moontlik gemaak het. 0/13 Wen 26 - 12 Netbal:

SPAN: STAATS: SPAN: STAATS:0/7 Wen 5 - 2 0/8 Wen 8 - 20/9 Verloor 11 - 2 0/10 Wen 8 - 3

0/11 Wen 11 - 8 0/12A Verloor 27 - 20/12B Verloor 13 - 6 0/13B Wen 4 - 30/13A Wen 33 - 10

WEDSTRYDE VOLGENDE WEEK: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/11A en 0/13B rugbyspanne speel op Woensdag, 2 Mei wedstryde teen Staats op hulle veld. Tye:0/11A: 14:300/13B: 15:20Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om die spelers se vervoer te bevestig. R30 busgeld vooraf betaalbaar.

Ons rugby- en netbalwedstryde teen Douglas vind op Donderdag, 3 Mei by ons veld/bane plaas. Wedstryde begin om 14:00 en die program word by die nuusbrief ingesluit. Die OLK gaan heerlike verversings verskaf en hulle vra dat die

Gr. 6-klas se ouers asseblief behulpsaam sal wees by die voorbereiding en verkoop van verversings. (Indien dit vir u moontlik is.) NB OUERS: Onthou elke klas se ouers kry ‘n beurt om te help, dit is nie net die gr. 7-klas wat werk nie. Die OLK kan dit ook nie alleen doen nie. Hulle het met elke funksie hulp nodig van ons skool se ouers.U kan Jeanette Engelbrecht by 082 335 7333 kontak indien u kan help.Gr. 6-ouers vir wie dit nie moontlik is om Donderdag te werk nie, kan ‘n skenking van die volgende produkte maak:

KANEEL BAKPOEIER OLIE MAALVLEIS BLATJANG(Stuur asseblief die produkte na die boekstoor)

Kom ondersteun u kind en geniet die middag saam met ons! Trek asseblief groen ondersteunershempies aan. Leerders moet skoolklere of sportklere aanhê. Geen “sivvies” nie. (Boete!)

SKIET:Leané du Toit het met ‘n skietliga by Landboudal ‘n eerste plek behaal vir dogters 0/14. Sy het verlede naweek op Vrydag, 20 April, ‘n silwermedalje in luggeweer behaal en ook die Saterdag.Baie geluk Leané!

ALGEMEEN:Maandag, 30 April is ‘n skoolvakansiedag.

..............................PW TAIT SKOOLHOOF

Phantom 4 Pro+Flight time: 30 minutes/battery

Control range: 7kmSpeed: 72 km/h

Camera/Video resolution: 24mega pixels/ 4K 60fpsSensor range: 30m

Obstacle sensing: 5 Direction

Ekstra lootjie kaartjies beskikbaar by Juffrou Delene@ R50/kaartjie.

Trekking by Kleuratletiek.

GEBEDSLYS:

Johanna Erasmus (knie-operasie)Petro Cloete

GELUKWENSING:Mnr en mev Wimpie Adams (Jordan & Caylum)

babadogtertjie bygekry!

WOONSTEL TE HUUREen slaapkamer ten volle

gemeubileer.Water en krag ingesluit.

R3000.00 per maand.

Kontak Ansie: 0713720864

MOTORFIETS “FUN RUN”

Saterdag, 5 Mei by

Vlakvark

Ons Ouerleierkomit

ee doen die verversings.Kom maak ‘n draai daar!

Ouerhulp met die verkoop van sosaties

en roosterkoeke

sal baie waardeer

word.

AFSKEURSTROKIE: RUGBY TEEN STAATS (0/11A en 0/13B) (Woensdag, 2 Mei)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN SPELER: ______________________________

NEEM SELF MY KIND NA STAATS:

BENODIG BUSVERVOER NA STAATS:

HANDTEKENING: ________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

R30 busgeld

PAASPRET

Baie dankie aan al die kinders wat vir die Paaspret ingeskryf het. Ons hoop julle het dit baie

geniet.

Dankie aan die mammas wat gehelp het en vir dieskenkings wat ons ontvang het.

Die personeel: Jakkies Opwaarts Sentrum

WAAR: MOREDOU PADSTAL

WANNEER: 13 MEI 2018

TYD: 12:30 VIR 13:00

PRYS: R 150 PER PERSOON

R 70 PER KIND 12JR EN JONGER

INDIEN KINDERS NIE VAN DIE MAALTYD WIL EET NIE, GEE ONS

‘N MOREDOU SPECIAL.

ONS BIED ‘N HEERLIKE DRIEGANG MAALTYD AAN, SOOS NET ONS KAN!

VOORGEREG, HOOFGEREG, NAGEREG

DIE DAG SAL ONS OOK HEERLIKE “SPECIALS” OP DRINKGOED HÊ!

BESPREEK ASB VOOR OF OP 11 MEI 2017 BY ODRIE – 073 231 4757

WEGNEEM EN AANSIT IS BESKIKBAAR!

MOEDERSDAG ETE !!!