jacobsdal primêre skool · web viewouers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan...

8
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 18 26 Mei - 2 Junie 2017 OUERS: INENTINGS / MEDIKASIE: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: Dit is die skool en koshuis se beleid om geen medikasie aan leerders te gee nie. Ouers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool self gedoen nie. Die Gesondheidsdepartement doen dit en ouers moet skriftelik toestemming gee dat hulle kinders dit mag kry. Dit is ouers se verantwoordelikheid om te sorg dat hulle kinders se Immunisering op datum is en ‘n bewys daarvan word by hulle toelatingsvorms gevoeg. Die Onderwysdepartement vereis dit. LEIEROPLEIDING: Skool- en koshuisleiers word herinner aan die Leieropleiding wat op Maandag, 29 Mei vanaf 14:30 – 16:00 in die Sportkamer plaasvind. RUGBY- EN NETBALAFSLUITINGSFUNKSIE: Ons speel ons laaste rugby- en netbalwedstryde op Donderdag, 1 Junie teen Hopetown hier op ons velde. Na afloop van die wedstryde nooi ons alle Jakkie-ouers en alle ander ondersteuners om die aand saam met ons die afsluiting van die rugby- en netbalseisoen te hou. Al wat u moet saambring is eetgerei, borde en eie drinkgoed. Ons gaan vir u lekker potjiekos voorberei en kinders kry worsbroodjies. Stel asseblief vir mnr Alfred Hodgson in kennis indien u die funksie gaan bywoon en hoeveel volwassenes en kinders u gaan wees. Ons moet weet vir hoeveel mense ons kos moet maak. GEEN KOSTES AAN DIE FUNKSIE VERBONDE NIE. Daar sal ‘n lekker sokkie wees met Jan Rhaap wat musiek maak. ‘n Vee- en wildsveiling vind deur die loop van die aand plaas. Ons sien daarna uit om saam met u die seisoen af te sluit. ETES BY DIE KOSHUIS: Ouers moet asseblief weer kennis neem dat etekaartjies voor 10:00 by die finansiële kantoor gekoop moet word. daardie tyd is etes nie meer beskikbaar nie. Ouers mag ook nie direk met Adri by die koshuis reël vir etes nie. Gebruik asseblief die korrekte prosedure. KLEREWINKEL: Die Klerewinkel is slegs op die volgende dae en tye oop: Maandae: 7:30 – 9:00 Vrydae: 12:00 – 13:00 KOSHUIS: Dit is vir ons aangenaam om koshuisouers in kennis te stel dat mnr en mev Louis en Charmaine Fourie van Boshof as nuwe Koshuisouers aangestel is. Hulle aanvaar diens op 1 Julie 2017. LEERDERDEELNAME: UITSLAE EUREKA SPORTDAG: RUGBY: 0/7 Verloor 20 – 10, 10 – 0 en 15 – 0.

Upload: others

Post on 23-Apr-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 18 26 Mei - 2 Junie 2017OUERS:INENTINGS / MEDIKASIE:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:

Dit is die skool en koshuis se beleid om geen medikasie aan leerders te gee nie. Ouers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word.

Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool self gedoen nie. Die Gesondheidsdepartement doen dit en ouers moet skriftelik toestemming gee dat hulle kinders dit mag kry.

Dit is ouers se verantwoordelikheid om te sorg dat hulle kinders se Immunisering op datum is en ‘n bewys daarvan word by hulle toelatingsvorms gevoeg. Die Onderwysdepartement vereis dit.

LEIEROPLEIDING:Skool- en koshuisleiers word herinner aan die Leieropleidingwat op Maandag, 29 Mei vanaf 14:30 – 16:00 in die Sportkamer plaasvind.

RUGBY- EN NETBALAFSLUITINGSFUNKSIE:Ons speel ons laaste rugby- en netbalwedstryde op Donderdag, 1 Junie teen Hopetown hier op ons velde. Na afloop van die wedstryde nooi ons alle Jakkie-ouers en alle ander ondersteuners om die aand saam met ons die afsluiting van die rugby- en netbalseisoen te hou. Al wat u moet saambring is eetgerei, borde en eie drinkgoed. Ons gaan vir u lekker potjiekos voorberei en kinders kry worsbroodjies. Stel asseblief vir mnr Alfred Hodgson in kennis indien u die funksie gaan bywoon en hoeveel volwassenes en kinders u gaan wees. Ons moet weet vir hoeveel mense ons kos moet maak.GEEN KOSTES AAN DIE FUNKSIE VERBONDE NIE. Daar sal ‘n lekker sokkie wees met Jan Rhaap wat musiek maak. ‘n Vee- en wildsveiling vind deur die loop van die aand plaas. Ons sien daarna uit om saam met u die seisoen af te sluit.

ETES BY DIE KOSHUIS:Ouers moet asseblief weer kennis neem dat etekaartjies voor 10:00 by die finansiële kantoor gekoop moet word. Ná daardie tyd is etes nie meer beskikbaar nie. Ouers mag ook nie direk met Adri by die koshuis reël vir etes nie. Gebruik asseblief die korrekte prosedure.

KLEREWINKEL:Die Klerewinkel is slegs op die volgende dae en tye oop:Maandae: 7:30 – 9:00Vrydae: 12:00 – 13:00

KOSHUIS:Dit is vir ons aangenaam om koshuisouers in kennis te stel dat mnr en mev Louis en Charmaine Fourie van Boshof as nuwe Koshuisouers aangestel is. Hulle aanvaar diens op 1 Julie 2017.

LEERDERDEELNAME:UITSLAE EUREKA SPORTDAG:

RUGBY:0/7 Verloor 20 – 10, 10 – 0 en 15 – 0.0/9 Wen 24 – 0 0/11 Wen 19 – 5

NETBAL:0/8 Verloor 2-1 teen Staats, 9-0 teen Eureka, 6-2 teen JF(A) en 3-

2 teen JF(B). Wen 6-1 teen Lime Acres, 10-0 teen Saamwerk en 5-1 teen Futurum.

0/10 Verloor 11-4 teen Staats, 6-3 teen JF(A )en 7-4 teen EurekaWen 8-6 teen Postmasburg

0/11 Verloor 7-1 teen Staats, 13-0 teen Eureka, 16-1 teen Postmasburg(A) en 8-3 teen Lime Acres.Wen 4-3 teen JF(B), 4-0 teen Postmasburg(B) en 7-5 teen Hot Rock

0/13A Verloor 11-5 teen Eureka en 11-10 teen HartswaterWen 12-3 teen JF(A) en 11-3 teen Staats

0/13B Wen 9-3 teen Postmasburg, 12-6 teen Hot Rock, 12-1 teen JF(B) en 5-5 gelykop teen Eureka se 0/12’s

0/13C Verloor 5-0 teen Postmasburg en 9-0 teen Lime AcresWen 5-0 teen Eureka

UITSLAE STAATS:RUGBY:0/9 Wen 42 – 0 0/11 Wen 7 – 5 0/13A Gelykop 17 – 17 0/13B Verloor 30 – 10

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool

NETBAL:0/9 Wen 11 – 3 0/10 Wen 10 – 9 0/11 Verloor 13 – 1 0/13A Wen 30 - 180/13B Wen 12 – 10

XHARIEP NETBALDAG:UITSLAE:Baie geluk aan die 0/12 netbalspan wat met die Xhariep Netbaldag as wenners aangewys is! Ons is baie trots op julle!

RUGBY BONDEDAG:Sterkte aan Vuyani Moore en Smittie Stadler wat van vandag af aan die Bondedag in Bloemfontein deelneem as deel van die GW 0/13 A-span. Wikus Wessels neem vir die GW 0/13 B-span deel en Phillip Noeth vir die 0/12 A-span. Phillip is intussen as kaptein van sy span aangewys. Ons is baie trots op jou Phillip!

0/9 RUGBY:Die 0/9 rugbyspan neem op Saterdag, 3 Junie aan ‘n rugbytoernooi op Hartswater deel. ‘n Program sal eers volgende week beskikbaar wees.

RUGBY- EN NETBAL TEEN EUREKA: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende spanne speel op Woensdag, 31 Mei teen Eureka op hulle bane. Netbal: 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/13A en BRugby: 0/7A en B, 0/9, 0/11, 0/13A en BDie hele skool verdaag om 13:00 en busse vertrek om 13:15. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 29 Mei terugstuur na die klasonderwysers. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.

RUGBY- EN NETBAL TEEN HOPETOWN:Die volgende spanne speel op Donderdag, 1 Junie teen Hopetown hier op ons bane:Netbal: 0/8, 0/9, 0/10, 0/11, 0/13A en BRugby: 0/7A en B, 0/9, 0/11, 0/13A en B‘n Program word by die nuusbrief ingesluit.Heerlike verversings sal te koop aangebied word. Kom ondersteun u kinders met hulle laaste ligawedstryde.

NETBALPROEWE:Baie sterkte aan die volgende spelers wat op Saterdag, 27 Mei aan die

Vrystaat Laerskole Netbalproewe in Welkom deelneem:0/14: Chanel Niemann0/13: Chrisna Roelofse en Miandi Steenkamp0/12: Chané van Zyl, Gudrun Speek en Anneline de Wet

GIMNASTIEK:Baie geluk aan die gimnaste wat op Saterdag, 20 Mei tydens ‘n Bloemfontein Gimnastiekkompetisie medaljes gekry het:Vlak 1: Sumari OosthuizenVlak 2: Mariné Oosthuizen en Zanté OertelVlak 3: Sandri van NiekerkVlak 1: Chrizaan HoughVlak 1: Cailyn Kriel (Algehele derde plek!)Sterkte aan al hierdie gimnaste wat hierdie naweek aan die Suid-Vrystaat Gimnastiekkompetisie deelneem.

SKAAK: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat vir die Kwalifiserende Skaaktoernooi van 2 en 3 Junie wil inskryf, kan die afskeurstrokie invul en saam met R110 inskrywingsgeld op Maandag, 29 Mei na die klasonderwysers instuur.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 5-mammas wat lekker eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R2 082.95 ingesamel.

“JAKKIES GOT TALENT’Leerders kan inskryf vir “Jakkies got Talent” wat op Maandag, 5 Junie deur Jakkies Opwaarts Sentrum aangebied word. Leerders kan ‘n liedjie sing of iets voordra.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Willandie Swartz enMarice van der Merwe (ouma oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool

Live beneath your means.Return everything you borrow.

Stop blaming other peaple.Admit it when you make a mistake.

Give clothes not worn to charity.Do something nice and try not to get caught.

Listen more, talk less.

Take a 30-minute walk every day.Strive for excellence, not perfection.

Be on time. Don’t make excuses.Don’t argue. Get organized.

Be kind to people. Be kind to unkind people.Let someone cut ahead of you in line.

Take time to be alone.Cultivate good manners.

Be humble.Realize and accept that life isn’t fair.

Know when to keep you mouth shut.

Go an entire day without criticizing anyone.

Learn from the past.Plan for the future.Live in the present.

Don’t sweat the small stuff.It’s small stuff!

AFSKEURSTROKIE: RUGBY/NETBAL TEEN EUREKA (Woensdag, 29 Mei)

OUERS: ___________________________________________

SPELER: _________________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

MY KIND BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

HANDTEKENING: _____________________________

DATUM: __________________

Busgeld: R30

AFSKEURSTROKIE: KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI (2 EN 3 JUNIE)

OUERS: ___________________________________________

SPELER: _________________________________________

WILL GRAAG INSKRYF VIR DIE KWALIFISERENDE SKAAKTOERNOOI OP 2 EN 3 JUNIE.

HANDTEKENING: _____________________________

DATUM: __________________

Inskrywingsgeld: R110

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool

RUGBY EN NETBAL TEEN HOPETOWN Donderdag, 1 Junie 2017

RUGBYPROGRAM:

TYD: SPANNE: SKEIDSREGTER:

14:00 - 14:25 Jacobsdal 0/7 vs Hopetown

0/7

14:30 - 15:15 Jacobsdal 0/9 vs Hopetown

0/9

15:20 - 15:55 Jacobsdal 0/11 vs Hopetown

0/11

16:00 - 16:55 Jacobsdal 0/13A vs Hopetown

0/13A Stefan v d Walt

NETBALPROGRAM:

TYD: BAAN A: BAAN B: BAAN C:

14:30 – 15:00Jacobsdal 0/7

vsHopetown 0/7

Jacobsdal 0/9vs

Hopetown 0/9

Jacobsdal 0/10vs

Hopetown 0/10

15:00 – 15:30Jacobsdal 0/8

vsHopetown 0/8

Jacobsdal 0/11vs

Hopetown 0/11

Jacobsdal 0/13B

vsHopetown 0/12

15:30 – 16:00Jacobsdal 0/13A

vsHopetown 0/13A

VERVERSINGS SAL TE KOOP AANGEBIED WORD

Maak seker dat jy kaartjies koop vir ons Trollietrek-projek!

Vir R20 kan jy ‘n trollie vol kruideniersware en

skoonmaakmiddels wen.

Trekking van pryse: Donderdag, 15 Junie

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewOuers gee skriftelik toestemming indien basiese medikasie aan leerders gegee mag word. Geen inentings of mediese ondersoeke word deur die skool