jacobsdal primêre skool  · web viewouers het nog tot maandag, 29 augustus om hulle kinders se...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 26 26 Aug – 2 Sept 2016 AFWESIGE LEERDERS: Ons herinner ouers daaraan om die skoolhoof vroegtydig (verkieslik ‘n dag voor die tyd), skriftelik in kennis te stel indien u, u kind in skoolure gaan uitneem. Stel die kantoor asseblief, indien moontlik, voor 7:15 in kennis indien u kind siek is. Op die derde dag van afwesigheid, moet ‘n doktersertifikaat voorsien word. TOELATINGS VIR 2017: [HERREGISTRASIEVORM] Alle huidige leerders in ons skool (gr R – 6) moet herregistreer vir 2017. Die herregistrasievorm word vir die laaste keer by die nuusbrief ingesluit. Al die kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7 nie) Alle herregistrasievorms moet voor of op 23 September by die klasonderwysers ingehandig word. GR 7 VCSV-KAMP: Daar is nog ‘n paar plekke beskikbaar vir graad 7- leerders om na die VCSV-kamp vanaf 28 – 30 Oktober te Bloemfontein te gaan. Kostes beloop R460 per leerder en kan in paaiemente tot voor die kamp afbetaal word. JAARBLAD – 2016: Instansies en persone wat weer hierdie jaar in ons JAARBLAD wil adverteer, kan kennis neem van die volgende: Advertensiekoste: (Dieselfde as in 2015) Volblad: R2000 Halfblad: R1000 Kwartblad: R500 Dit is ‘n pragtige kleurblad wat wyd in ons distrik versprei word en ons kan sterk aanbeveel dat u hierin adverteer. Dit is werklik goeie waarde vir u geld! Kontak Lucille Bruwer 082 889 2920 (voorsitster Borge- en Bemarkingskomitee) vir enige inligting. U is self verantwoordelik vir die ontwerp van u advertensie. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365 FOTO’S: Indien u ‘n oulike aksiefoto van u kind of van ‘n ander kind het, kan u dit gerus vir ons epos na: [email protected] . Ons kan dit dalk in die Jaarblad gebruik. TROFEE’S VIR GRAAD 7 VAKKE: Ouers het inisiatief gebruik om vir die 9 graad 7-vakke geld in te samel sodat hulle hierdie jaar in plaas van ‘n medalje, ‘n trofee op die Prysuitdeling kan ontvang. Borge is reeds gekry vir: EBW / NW / SW / TEG / WISK Borge word nog benodig vir: AFR / ENG / SK / LO Kontak asseblief vir Lucille Bruwer by 082 889 2920, indien u sou belangstel om so ‘n trofee te borg. LOSLITDAG: VRYDAG, 2 SEPTEMBER 2016 Daar is nog net een week oor voor Loslitdag! Opskud en gaan koop ‘n plakker vir R10 by tannie Maryka in die boekstoor. Hierdie jaar se tema is Sporthelde. Indien ‘n leerder ‘n loslitkaartjie gekoop het, mag hy/sy op daardie dag ‘n gunsteling Sportheld namaak.

Upload: others

Post on 06-Feb-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers het nog tot Maandag, 29 Augustus om hulle kinders se toestemmingsbriefies vir die oog- en oortoetse op 5 September by die klasonderwysers

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 26 26 Aug – 2 Sept 2016AFWESIGE LEERDERS:Ons herinner ouers daaraan om die skoolhoof vroegtydig (verkieslik ‘n dag voor die tyd), skriftelik in kennis te stel indien u, u kind in skoolure gaan uitneem.Stel die kantoor asseblief, indien moontlik, voor 7:15 in kennis indien u kind siek is. Op die derde dag van afwesigheid, moet ‘n doktersertifikaat voorsien word.

TOELATINGS VIR 2017: [HERREGISTRASIEVORM]Alle huidige leerders in ons skool (gr R – 6) moet herregistreer vir 2017. Die herregistrasievorm word vir die laaste keer by die nuusbrief ingesluit. Al die kinders in ‘n gesin kan op een vorm ingevul word. (Nie vir gr 7 nie) Alle herregistrasievorms moet voor of op 23 September by die klasonderwysers ingehandig word.

GR 7 VCSV-KAMP:Daar is nog ‘n paar plekke beskikbaar vir graad 7-leerders om na die VCSV-kamp vanaf 28 – 30 Oktober te Bloemfontein te gaan. Kostes beloop R460 per leerder en kan in paaiemente tot voor die kamp afbetaal word.

JAARBLAD – 2016:Instansies en persone wat weer hierdie jaar in ons JAARBLAD wil adverteer, kan kennis neem van die volgende:Advertensiekoste: (Dieselfde as in 2015)Volblad: R2000Halfblad: R1000Kwartblad: R500Dit is ‘n pragtige kleurblad wat wyd in ons distrik versprei word en ons kan sterk aanbeveel dat u hierin adverteer. Dit is werklik goeie waarde vir u geld! Kontak Lucille Bruwer 082 889 2920 (voorsitster Borge- en Bemarkingskomitee) vir enige inligting. U is self verantwoordelik vir die ontwerp van u advertensie. Anica Weideman doen die ontwerp van ons Jaarblad en u kan ook u persoonlike advertensie teen ‘n baie billike tarief by haar laat doen. Kontak haar gerus by: Epos: [email protected] Tel: 0725282365

FOTO’S: Indien u ‘n oulike aksiefoto van u kind of van ‘n ander kind het, kan u dit gerus vir ons epos na: [email protected]. Ons kan dit dalk in die Jaarblad gebruik.

TROFEE’S VIR GRAAD 7 VAKKE:Ouers het inisiatief gebruik om vir die 9 graad 7-vakke geld in te samel sodat hulle hierdie jaar in plaas van ‘n medalje, ‘n trofee op die Prysuitdeling kan ontvang.Borge is reeds gekry vir: EBW / NW / SW / TEG / WISK Borge word nog benodig vir: AFR / ENG / SK / LOKontak asseblief vir Lucille Bruwer by 082 889 2920, indien u sou belangstel om so ‘n trofee te borg.

LOSLITDAG: VRYDAG, 2 SEPTEMBER 2016Daar is nog net een week oor voor Loslitdag! Opskud en gaan koop ‘n plakker vir R10 by tannie Maryka in die boekstoor.Hierdie jaar se tema is Sporthelde. Indien ‘n leerder ‘n loslitkaartjie gekoop het, mag hy/sy op daardie dag ‘n gunsteling Sportheld namaak.‘n Parade sal gehou word om die besgeklede Sporthelde te kies.

JAKKIES KOORFEES:Ouers en belangstellendes word vriendelik uitgenooi na die Jakkies Koorfees wat op Donderdag, 8 September om 18:00 plaasvind. Ons Junior Koor tree saam met 4 ander skoolkore op. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders. Daar sal verversings te koop aangebied word. Kaartjies by die kantoor en die aand by deure beskikbaar.

OOG- EN OORTOETSE:Ouers het nog tot Maandag, 29 Augustus om hulle kinders se toestemmingsbriefies vir die oog- en oortoetse op 5 September by die klasonderwysers in te handig. Dit is ‘n projek wat deur Petra Diamantmyne aangebied word en geen kostes is daaraan verbonde nie.

WISKUNDEKLUB:Wiskundeklub op Maandag, 29 Augustus slegs vir graad 3’s.

LEERDERDEELNAME:TENNIS: UITSLAE TEEN EUREKA (B-LIGA):0/13A: Wen 4 – 2 0/11A: Verloor 4 – 2 0/9A: Wen 6 – 0 Ons 0/13A en 0/11A & B, en 0/9A seunspanne speel op Donderdag,

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers het nog tot Maandag, 29 Augustus om hulle kinders se toestemmingsbriefies vir die oog- en oortoetse op 5 September by die klasonderwysers

1 September teen Newton hier op ons bane. 0/11A en B speel weer op HLS se bane. Wedstryde begin om 14:00 en spelers kan om 13:30 verdaag.

KRIEKET: Die 0/13-span wen met 7 paaltjies en die 0/11-span verloor net-net met 1 paaltjie teen De Aar.XHARIEP KRIEKET:Die 0/11 en die 0/13 Xhariep krieketspanne speel op Saterdag, 27 Augustus hulle eerste wedstryde. Spelers het reeds inligting ontvang.

MINI-KRIEKET:0/7, 0/8 en 0/9 Krieketspanne speel op Saterdag, 3 September op Douglas in ‘n Mini-kriekettoernooi.Dankie aan ons ouers en belangstellendes vir julle ondersteuning met ons Mini-krieketdag wat verlede Saterdag gehou is.

SKAAK:Baie geluk aan Rian Steenkamp en Juhandre vd Berg wat elk 3 van hulle 5 wedstryde gewen het met die afgelope Kwalifiserende Skaaktoernooi.

GIMNASTIEK:Sterkte aan ons gimnaste wat op Vrydag, 26 en Saterdag, 27 Augustus vir die Suid-Vrystaat aan die Sone Gimnastiekkampioenskappe te Centurion deelneem.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Louis Nel (oupa kanker)

KOMPRESSOROns faktotum, Gerhard Maritz wil vir die

skool ‘n kompressor opbou en kan enige ongebruikte onderdele gebruik,

wat u dalk nie meer gaan nodig hê nie.Baie dankie by voorbaat!

GESAKTE MIELIES TE KOOPTeen R3 per kilogramSkakel: 082 456 2296

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers het nog tot Maandag, 29 Augustus om hulle kinders se toestemmingsbriefies vir die oog- en oortoetse op 5 September by die klasonderwysers

REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2017

OMSENDBRIEF: BYLAAG E

BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS

Geagte Ouer/Voog

Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.

Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:

Dag: 30 Maand: September Jaar: 2016

Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.

Die uwe

_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool

_________________________________________________________________________

AFSKEURSTROKIE:

Voltooi asseblief en stuur voor bostaande datum terug.

My kind/ers:

_________________ / _________________ / _________________/ __________________

sal in 2017 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep asb. die korrekte opsie)

sal nie in 2017 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: ______________________

DATUM: _______________

(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers het nog tot Maandag, 29 Augustus om hulle kinders se toestemmingsbriefies vir die oog- en oortoetse op 5 September by die klasonderwysers
Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewOuers het nog tot Maandag, 29 Augustus om hulle kinders se toestemmingsbriefies vir die oog- en oortoetse op 5 September by die klasonderwysers