jacobsdal primÊre skool · web view(sien nuusbrief 5 vir inligting en bestelvorm) daar word net...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 6 23 Feb – 2 Maart 2018 OUERS: BEDANKING: Baie dankie aan Linda Jansen wat vir ons netbalspanne pragtige beffies gemaak het. Ons waardeer dit opreg! POSTE BESKIKBAAR: Neem asseblief kennis van die twee poste wat by die skool en koshuis beskikbaar is: (Advertensies aangeheg) Terreinwerker: Skool Koshuistoesigkrag: Koshuis BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Ouers moet asseblief die ouerkieslys wat in die voorportaal beskikbaar is, kontroleer en enige foute daarop by die sekretaresse aanmeld. Slegs persone wat op die kieslys is mag stem. Geen oumas en oupas mag stem nie, tensy hulle kan bewys dat hulle wettige voogde is. Hierdie bewyse kan by die kantoor ingehandig word, waarna so ‘n persoon op die kieslys bygevoeg sal word. JEUGSKOU: Ons wil graag hê dat leerders vir so veel as moontlik van die Jeugskou-aktiwiteite moet inskryf. Dit kos R10 per aktiwiteit en 1ste tot 3de plekke word in elke ouderdomsgroep vir al die aktiwiteite aangewys. ‘n Uitstalling van al die items wat gemaak is, kan op Vrydag, 2 Maart vanaf 8:00 tot 11:00 deur ouers besigtig word. ‘n Inligtingsblad is verlede week aan leerders verskaf. JAKKIES SPORTDAG – VRYDAG, 2 EN SATERDAG, 3 MAART: Die volgende spanne neem aan ons sportdag deel. VRYDAG: Skaak: 0/14, 0/12 en 0/10. Soveel as moontlik kinders kan inskryf! Inskrywings word by juffrou Naomi gedoen. Tennis: Slegs die eerste twee van elke ouderdom (S & D) Elke tennisspeler wat gaan speel, het ‘n brief gekry. SATERDAG: Rugby: 0/13A en B, 0/11, 0/9 en 0/7A en B Netbal: 0/13A, B en C, 0/12, 0/11A en B, 0/10, 0/9A en B, 0/8 en 0/7 Daar is vier ander skole wat ons besoek. ‘n Program sal volgende week beskikbaar wees. Spelers moet 30 minute voor elke wedstryd by hulle afrigters aanmeld. Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf. Ouers van die graad 3 en 4 klasse word gevra om behulpsaam te wees met die voorbereiding en verkoop van verversings. Kontak Jeanette by: 082 335 7333 as u kan help. Indien dit vir u onmoontlik is om Saterdag hier te wees, sal skenkings van die volgende produkte baie waardeer word: TAMATIESOUS MAYONNAISE KOEKMEEL SUIKER OLIE EIERS KLEIN BOTTELTJIES: COKE EN FANTA (Stuur asseblief die produkte na die boekstoor) Baie dankie dat ons op die gr 3- en 4-ouers kan staatmaak! SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Graad 7’s wat wil gaan saam toer moet so gou as moontlik hulle toerstrokies by tannie Adéle inhandig. Daar is nog net ‘n paar plekkies oop.

Upload: others

Post on 15-Aug-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL · Web view(Sien nuusbrief 5 vir inligting en bestelvorm) Daar word net een groot bestelling geplaas. Almal is welkom om ‘n afbetalingsooreenkomste met

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 6 23 Feb – 2 Maart 2018OUERS:BEDANKING:Baie dankie aan Linda Jansen wat vir ons netbalspanne pragtigebeffies gemaak het. Ons waardeer dit opreg!

POSTE BESKIKBAAR:Neem asseblief kennis van die twee poste wat by die skool en koshuis beskikbaar is: (Advertensies aangeheg)Terreinwerker: SkoolKoshuistoesigkrag: Koshuis

BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Ouers moet asseblief die ouerkieslys wat in die voorportaal beskikbaar is, kontroleer en enige foute daarop by die sekretaresse aanmeld. Slegs persone wat op die kieslys is mag stem. Geen oumas en oupas mag stem nie, tensy hulle kan bewys dat hulle wettige voogde is. Hierdie bewyse kan by die kantoor ingehandig word, waarna so ‘n persoon op die kieslys bygevoeg sal word.

JEUGSKOU:Ons wil graag hê dat leerders vir so veel as moontlik van die Jeugskou-aktiwiteite moet inskryf. Dit kos R10 per aktiwiteit en 1ste tot 3de plekke word in elke ouderdomsgroep vir al die aktiwiteite aangewys. ‘n Uitstalling van al die items wat gemaak is, kan op Vrydag, 2 Maart vanaf 8:00 tot 11:00 deur ouers besigtig word. ‘n Inligtingsblad is verlede week aan leerders verskaf.

JAKKIES SPORTDAG – VRYDAG, 2 EN SATERDAG, 3 MAART:Die volgende spanne neem aan ons sportdag deel. VRYDAG:Skaak: 0/14, 0/12 en 0/10. Soveel as moontlik kinders kan inskryf! Inskrywings word by juffrou Naomi gedoen.Tennis: Slegs die eerste twee van elke ouderdom (S & D) Elke tennisspeler wat gaan speel, het ‘n brief gekry.SATERDAG:Rugby: 0/13A en B, 0/11, 0/9 en 0/7A en BNetbal: 0/13A, B en C, 0/12, 0/11A en B, 0/10, 0/9A en B, 0/8 en 0/7Daar is vier ander skole wat ons besoek. ‘n Program sal volgende week beskikbaar wees.Spelers moet 30 minute voor elke wedstryd by hulle afrigters aanmeld.

Die Ouerleierkomitee gaan heerlike verversings verskaf. Ouers van die graad 3 en 4 klasse word gevra om behulpsaam te wees met die voorbereiding en verkoop van verversings. Kontak Jeanette by: 082 335 7333 as u kan help. Indien dit vir u onmoontlik is om Saterdag hier te wees, sal skenkings van die volgende produkte baie waardeer word:

TAMATIESOUS MAYONNAISE KOEKMEEL SUIKER OLIE EIERSKLEIN BOTTELTJIES: COKE EN FANTA(Stuur asseblief die produkte na die boekstoor)

Baie dankie dat ons op die gr 3- en 4-ouers kan staatmaak!

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Graad 7’s wat wil gaan saam toer moet so gou as moontlik hulle toerstrokies by tannie Adéle inhandig. Daar is nog net ‘n paar plekkies oop.Daar vind op Maandag, 26 Februarie om 7:30 ‘n Ouertoervergadering in die skoolsaal plaas. Ten minste een van die toerkinders se ouers moet die vergadering bywoon, indien moontlik asseblief.

SMS-WEB:Ouers wat steeds nie hulle SMS-geld betaal het nie se skoolrekening sal aan die einde van Februarie met R60 gedebiteer word om een nommer te registreer. Alle ouers betaal SMS-gelde, ook ouers wat kwytskelding ontvang.

KLEREWINKEL: NB: Dit is die laaste week waarin ouers hulle kinders se winterskoolklere en sweetpakke kan bestel. (Sien nuusbrief 5 vir inligting en bestelvorm) Daar word net een groot bestelling geplaas.Almal is welkom om ‘n afbetalingsooreenkomste met die klerewinkelbestuurders aan te gaan. Skenk asseblief skool- en sportklere wat u kinders nie meer gebruik nie, aan die tweedehandse klerebank as dit enigsins vir u moontlik is.Sluitingsdatum vir bestelling: Woensdag, 28 Februarie om 14:00.

LEERDERDEELNAME:SPORT- OF SKOOLKLERE BY SKOOLGELEENTHEDE:Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders sport- of skoolklere moet aanhê as hulle toeskouers by enige skoolgeleentheid is. (Bv. Gala’s, Kleuratletiek, rugby-/netbal-/krieket-/tenniswedstryde, skaaktoernooie, redenaarskompetisies, ens.) As jy in “sivvies” by ‘n skoolbyeenkoms of wedstryde opdaag, kry jy ‘n R10 boete!

Page 2: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL · Web view(Sien nuusbrief 5 vir inligting en bestelvorm) Daar word net een groot bestelling geplaas. Almal is welkom om ‘n afbetalingsooreenkomste met

SKOOL SE SPORTKLERE / APPARAATKAMER:Daar is leerders wat nog nie hulle atletiekfrokkies en Jakkies swemhempies teruggebring het nie. Gee dit asb. Maandag by tannie Adéle in.Alle afrigters moet asseblief vir ons help om apparaat wat uit die apparaatkamer geneem word, weer netjies terug te pak.

ATLETIEK:Baie geluk aan die volgende atlete wat met die Motheo/Xhariep Atletiekbyeenkoms goed presteer het en kwalifiseer om aan die Vrystaatkampioenskappe op Saterdag, 3 Maart in Bloemfontein deel te neem:Marius Etzebeth: 1ste plek SG, 5de plek 150mHMarlien Smith: 2de plek HSWessel van Niekerk: 2de plek 200mH, 3de plek 80mHJustine Rampaleng: 5de plek 150mDie volgende atlete is ook bevoorreg om te kwalifiseer om aan die Vrystaat Kampioenskappe deel te neem, nadat voordeel aan die Xhariepstreek se atlete gegee is (ontwikkeling). Baie geluk aan die volgende atlete:Izeldi Jacobs: GSSandri van Niekerk HSCayla Da Camara 75mHSané Wilken: GSLouis-Harm Fourie: VSDewaal Britz: 75mHDe Wet du Plooy: DGZander Carbutt: HSOuers moet asseblief die afskeurstrokie invul om atlete se deelname en vervoer te bevestig. Handig asseblief julle afskeurstrokies en inskrywingsgeld van R25 op Maandag, 26 Februarie by die klasonderwysers in.

VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE:Baie geluk aan ons swemmers wat goed presteer het met die Vrystaat Swemkampioenskappe. (Slegs eerste 6 plekke)

Wessel v Niekerk 0/13

1ste plek 50m rug, 2de plekke 50mvry, 50m vlinder en 100m rug.3de plek 200m rug

Rian Steenkamp 0/13 6de plek 100m borsShaun-Michael Zondagh 0/13 5de plek 200m borsLeané van Eeden 0/11 4de plek 50m vlinder

Izeldi Jacobs 0/11 5de plekke 50m vlinder, 50m vry en 50m rug

Jannie de Waal 0/9 5de plek 50m vryLeo Wilkinson 0/9 6de plek 50m bors

Seuns 0/13 - 200m individuele wisselslag aflos:Wessel, Rian, Shaun-Michael en JC Lübbe 3de plek

Dogters 0/11 - 200m individuele wisselslag aflos:Izeldi, Danique, Leané en Sandri 3de plek

Die swemspan wat gekies gaan word om aan ‘n provinsiale byeenkoms op 1 Maart om 12:00 by die Stadion swembad deel te neem, is nog nie amptelik bekend nie.

Veels geluk en baie dankie aan al die SWEMAFRIGTERS wat baie hard gewerk het die afgelope seisoen. Ons besef dat julle baie van julle tyd opoffer om ons skool se swemmers af te rig en ons vra ouers en kinders om vir hulle die erkenning te gee wat hulle verdien.

TWEEKAMP: Baie geluk aan die volgende atlete wat vir die Suid-Vrystaat Tweekampspan gekies is en op 31 Maart aan die SA Kampioenskappe in Pretoria deelneem:Jaco de Waal 0/9Leo Wilkinson 0/9Ewan Burger 0/11

BYBELVASVRA:Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Bybelvasvraspan gekies is en later in die jaar aan die Nasionale Bybelvasvrakompetisie deelneem:Anica UeckermannPhillip NoethWessel van NiekerkClaire NolanBaie sterkte met julle voorbereiding vir die kompetisie!!

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Jané Badenhorst (hospitaal)

Page 3: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL · Web view(Sien nuusbrief 5 vir inligting en bestelvorm) Daar word net een groot bestelling geplaas. Almal is welkom om ‘n afbetalingsooreenkomste met

AFSKEURSTROKIE:VRYSTAAT ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE

(2 Maart)

OUER: _______________________________________

ATLEET: __________________________________

HIERMEE BEVESTIG EK DAT MY KIND AAN DIE VOLGENDE ITEMS GAAN DEELNEEM:

_________________________________________________

EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN

MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN

INGESLUIT, INSKRYWINGSGELD VAN : _________

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: ________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL · Web view(Sien nuusbrief 5 vir inligting en bestelvorm) Daar word net een groot bestelling geplaas. Almal is welkom om ‘n afbetalingsooreenkomste met