jacobsdal primêre skool · web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie....

11
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 8 - 15 Februarie 2019 OUERS: INTERSKOLE GALA / MEDALJES: Baie dankie aan al ons ouers wat met die Interskolegala as beamptes opgetree het. Ons waardeer dit regtig baie. Aan ons OLK wat so hard onder die warm afdak gewerk het, baie baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie aan die ouers van gr 6- & 7 wat produkte gestuur het. Die medaljes wat met die Kleur- en Interskolegala uitgedeel is, is deur die volgende persone/instansie geborg: Broer en Carlien de Waal Stingray Swemklub Baie baie dankie! Ons waardeer dit opreg. SWEMBAD: Die swembad is op Saterdag, 9 Februarie gesluit vir alle persone, aangesien ‘n privaatfunksie vir die hele dag daar plaasvind. ONDERSTEUNERSHEMPIES: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat belangstel om vir hulle ‘n ondersteunershempies aan te skaf om met sportgeleenthede te dra, kan dit met ‘n afskeurstrokie bestel. Ons sal graag vir die rugby- en netbalseisoen ‘n groen golf van ouers langs ons veld/bane wil sien! Ongelukkig is die dames L en XL nie beskikbaar tot Junie maand nie. Besluit maar self of u ‘n manshempie wil bestel in daardie nommers. Pryse: S / M / L: R250 XL tot 3XL (dames) en XL tot 4XL (mans): R260 VALENTYNSGESKENKIES: Die Jakkies Opwaarts Sentrum hou op Maandag, 11 Februarie ‘n Valentynsdagverkoping. Daar is ‘n groot verskeidenheid eetgoed en mooigoed te koop teen sakpaspryse met liefde gemaak deur die Sentrum se kinders. Bring ‘n geldjie en koop ietsie vir die spesiale persoon in jou lewe. GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE: Die graad 7-klas bied op Donderdag, 14 Februarie vanaf 18:00 tot 20:00 ‘n lekker VALENTYNSOKKIE vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Almal kan rooi aantrek vir die geleentheid! Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Daar sal genoeg volwasse toesig wees, stuur gerus u kind. KLEREWINKEL: WINTERSKLERE- / SPORTSAKBESTELLING: [BESTELVORMS] Daar word slegs een bestelling vir 2019 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Donderdag, 28 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar en kan aangepas word by tannie Maryka. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. (Nie telefonies of met “Whattsapp”-boodskappies nie.) Kostes is as volg: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: 22 - R450,00 34 - 44 R470,00

Upload: others

Post on 20-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 5 8 - 15 Februarie 2019OUERS:INTERSKOLE GALA / MEDALJES:Baie dankie aan al ons ouers wat met die Interskolegala as beamptesopgetree het. Ons waardeer dit regtig baie.Aan ons OLK wat so hard onder die warm afdak gewerk het, baie baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie aan die ouers van gr 6- & 7 wat produkte gestuur het.Die medaljes wat met die Kleur- en Interskolegala uitgedeel is, is deur die volgende persone/instansie geborg:Broer en Carlien de WaalStingray SwemklubBaie baie dankie! Ons waardeer dit opreg.

SWEMBAD:Die swembad is op Saterdag, 9 Februarie gesluit vir alle persone, aangesien ‘n privaatfunksie vir die hele dag daar plaasvind.

ONDERSTEUNERSHEMPIES: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat belangstel om vir hulle ‘n ondersteunershempies aan te skaf om met sportgeleenthede te dra, kan dit met ‘n afskeurstrokie bestel. Ons sal graag vir die rugby- en netbalseisoen ‘n groen golf van ouers langs ons veld/bane wil sien! Ongelukkig is die dames L en XL nie beskikbaar tot Junie maand nie. Besluit maar self of u ‘n manshempie wil bestel in daardie nommers.Pryse:S / M / L: R250XL tot 3XL (dames) en XL tot 4XL (mans): R260

VALENTYNSGESKENKIES: Die Jakkies Opwaarts Sentrum hou op Maandag, 11 Februarie ‘n Valentynsdagverkoping. Daar is ‘n groot verskeidenheid eetgoed en mooigoed te koop teen sakpaspryse met liefde gemaak deur die Sentrum se kinders. Bring ‘n geldjie en koop ietsie vir die spesiale persoon in jou lewe.

GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE:Die graad 7-klas bied op Donderdag, 14 Februarie vanaf 18:00 tot 20:00 ‘n lekker VALENTYNSOKKIE vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Almal kan rooi aantrek vir die geleentheid!

Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Daar sal genoeg volwasse toesig wees, stuur gerus u kind.

KLEREWINKEL:WINTERSKLERE- / SPORTSAKBESTELLING: [BESTELVORMS]Daar word slegs een bestelling vir 2019 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Donderdag, 28 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar en kan aangepas word by tannie Maryka. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. (Nie telefonies of met “Whattsapp”-boodskappies nie.)Kostes is as volg:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R195,00 34 - 44 R225,00

GROOT ASSEBLIEF Ouers wat klere het van hulle kinders wat dalk te klein geword het en

bereid is om dit vir ons klerebank te skenk, kan dit asb. boekstoor toe stuur. Ons sal dit baie waardeer!

NS: Die Klerewinkel het kaartfasiliteite. Hou asb. u kwitansie as bewys van betaling.

SPORTSAKKE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat vir hulle kind/ers skoolsportsakke wil bestel, kan die afskeurstrokie invul en dit met die geld na die klasonderwysers stuur. Kostes: R280 Sperdatums vir bestellings: Donderdag, 28 Februarie.

SMS-STELSEL:Daar is heelwat ouers wat nog nie hulle sms-geld betaal het nie. Alle ouers (ook ouers wat kwytskelding vir skoolgeld ontvang) moet by die sms-stelsel aansluit. R60 sal op u skoolgeldrekening geplaas word aan die einde van Februarie, aangesien aansluiting verpligtend is. Ouers moet elke jaar herregistreer en dit sluit die hele jaar se sms’e in. Vul asseblief die afskeurstrokie (nuusbrief 1) in en stuur saam met die geld na die klasonderwysers.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

KOSHUIS:Baie dankie aan ouers wat op ‘n gereelde basis groente en vrugte by die koshuis aflaai. Wees verseker dat ons kinders dit baie waardeer!

LEERDERDEELNAME:XHARIEP TENNIS:Baie geluk aan die volgende leerders wat in die Xhariep tennisspan opgeneem is:

Nr.: 0/12 Nr.: 0/141 Johandri de Wet 2 Juhan vd Westhuizen (LS span)2 Izeldi Jacobs 3 Marius Etzebeth (LS span)5 Zanté Oertel 4 Janco Zeelie (LS span)

3 Hanru Hugo 4 Suzanne le Roux (HS span)5 Riko Swart 4 Stefan Hugo (HS span)

Leo Wilkinson moes saam met 0/12 spelers meeding en kan moontlik in Mangaung se 0/10 B-span gebruik word.

Onthou asseblief dat julle op ‘n Maandagmiddag vanaf 14:30 tot 16:00 oefening het.

FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Baie sterkte aan ons atlete wat op Saterdag, 9 Februarie aan die Fichardtpark Atletiekbyeenkoms deelneem. Naamkaartjies is aan die atlete gegee. (Program: Nuusbrief 4)

MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKBYEENKOMS:Atlete wat in die Motheo/Xhariep Atletiekspan is, het almal op Woensdag, 13 Februarie ‘n oefening by Landboudal. Die bussie laai julle om 14:40 by die skool op en julle behoort weer om 17:30 terug te wees.Die bus vertrek op Vrydag, 15 Februarie om 5:00 vanaf die skool. Atlete moet betyds wees en genoeg water saamneem asseblief. Hulle sal hulle deelnemerskaartjies by tannie Adéle kry. Die program word by die nuusbrief ingesluit.

SWEM: [AFSKEURSTROKIE]Die swemspan wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 19 en 20 Februarie deel te neem het inligtingsbriewe en ‘n program ontvang. Die span is as volg:

D9 Retana SwartD10 Tané Van RooyenD10 Marizel SwanepoelD12 Leané Van EedenD12 Danique JacobsD12 Izeldi JacobsD12 Sandri Van NiekerkD12 Zante OertelD13 Zoé- Lee ZondaghD13 Lené LavarackD13 Anadia CoetzeeS9 Aidan BrooksS10 Leo WilkinsonS11 Jaco De WaalS11 Lehan HugoS12 Jannie De WaalS12 Louis-Harm FourieS12 Ewan BurgerS13 Zander Carbutt

Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om te bevestig dat hulle gaan deelneem en ook merk of hulle vervoer benodig. Stuur dit asseblief op Maandag, 11 Februarie terug na die klasonderwysers. Kontak Adéle direk indien u enige navrae oor die swemmers se items het.

RUGBY:

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

Daar is seuns wat nog nie die Boksmart rugbyvorm ingehandig het nie (ook graad R-ouers asseblief). Vul asseblief die vorm volledig in! Al gaan jou kind nie rugby speel nie, moet u dit nog steeds ingee. Daar vind ‘n Sportnaweek by Landboudal plaas vanaf 15 – 16 Februarie waarby ons 0/13 rugbyspelers betrokke gaan wees. Spelers het ‘n inligtingstuk gekry.0/13 Rugbyoefening is reeds aan die gang. Spelers moet asseblief alle oefeninge getrou bywoon. Die jonger spelers begin op 19 Februarie.

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat aan die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe op Dinsdag,19 Februarie wil deelneem, kan solank met die afskeurstrokie inskryf. Inskrywingsgeld van R100 per atleet is vooraf betaalbaar.Sperdatum vir inskrywings: Maandag, 18 Februarie (Laatinskrywings: R150)

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Christian du Preez (oupa oorlede)

Ouers en vriende wat aan die Midmar gaan deelneem.

ONS DANK DIE HERE VIR DIE REËN!

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

Dit is alweer tyd om die Liefde in jou lewe te bederf met ‘n oulike, spesiale, sakpas geskenkie... Kom ondersteun

Jakkies opwaarts sentrumop Maandag, 11 Februarie 2019

gedurende pouse, op die stoep voor die saal.Ons het ‘n verskeidenheid geskenkies te kies en

te keur, teen bekostigbare pryse... Daar is ietsie vir jou Geliefde,

beste Maat, Mamma, Pappa en selfs jou gunsteling onderwyser…

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

DAMESHEMPIE

MANSHEMPIE

S/M/L: R250 (Let wel: Dames L en XL ongelukkig nie beskikbaar nie)XL – 3XL (Dames) en XL - 4XL (Mans): R260

BORDUURWERK:JAKKIE ONDERSTEUNER (in geel)

AFSKEURSTROKIE: BESTELLING VAN ONDERSTEUNERSHEMPIES

OUER: ______________________________________

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNr. van sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNr. van sweetpakbroek:

Bedrag: R

Totale bedrag ingesluit: R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________ (Leerders kan gedurende langpouse in die klerewinkel verskillende nommers gaan aanpas met die oog op bestellings – Tannie Maryka)

‘N AFBETALINGSOOREENKOMS KAN MET DIE SKOOL GEREËL WORD

Kaartfasiliteite by die Klerewinkel beskikbaar

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

AFSKEURSTROKIE: BESTELLING VAN ONDERSTEUNERSHEMPIES

OUER: ______________________________________

AFSKEURSTROKIE: VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE (19 en 20 Februarie)

OUER: _______________________________________

AFSKEURSTROKIE: TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE (Dinsdag, 19 Februarie)

OUER: _______________________________________________

WIL GRAAG MY KIND VIR DIE SUID-VRYSTAAT TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE INSKRYF:

ATLEET/E: ________________________________________________

EK NEEM SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

HANDTEKENING: __________________________DAT.: ___________

INSKRYWINGSGELD: R100 per atleet

AFSKEURSTROKIE: SPORTSAK

OUER: ______________________________________

LEERDER: _____________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N SPORTSAK @ R280 BESTEL:

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: ____________

HANDT: ____________________ DATUM: _________

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie

OPEDAGKom kyk hoe werk Biolink!!!

Biolink is ‘n rekenaarprogram wat die brein leer om te fokus en konsentreer! Sessies

word daagliks by die laerskool aangebied.

Datum: 15 Februarie 2019

Plek: JPS Skoolsaal

Tyd: 12:00 - 14:00 Kom maak enige tyd ‘n draai. Bring jou kind saam om een van die speletjies op die rekenaar te speel! Ouers

is ook welkom om te speel. Kyk hoe goed is jou konsentrasievlakke!

Besoek ook www.bio-link.co.za

AFSKEURSTROKIE: VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE (19 en 20 Februarie)

OUER: _______________________________________

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie
Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewwat so hard onder die warm afdak gewerk het, bai e baie dankie. Ons waardeer ook die hulp van gewilliges wat elke keer aanbied om te werk. Dankie