jacobsdal primêre skool - jakkies.com  · web view(nie leerders nie) by die finansiële kantoor...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 13 21 – 28 April 2017 OUERS: TOER: Baie dankie aan die ouers wat ons toerkinders in Hartenbos ondersteun het. Ons het ‘n baie suksesvolle toer gehad. Dankie ook aan ouers wat bydraes tot die toer gemaak het, in watter vorm ook al. Dankie aan afrigters en personeel wat die kinders vergesel het en tannie Joline wat lekker kos gemaak het. Ons eer ons Hemelse Vader dat Hy ons kinders en personeel veilig teruggebring het. Die toerkomitee kon daarin slaag om minder fondse met die toer te gebruik. Die R300 wat elke toerlid ekstra moes betaal, kan deur ouers (nie leerders nie) by die Finansiële Kantoor teruggeëis word. Fondse wat nie opgeëis word nie, sal in die Jakkie Hulpfonds betaal word. SKOOL- EN KOSHUISGELD: Ouers wie se skool- en/of koshuisgelde nie op datum is nie moet kennis neem dat die volgende invorderingprosedure op Woensdag, 26 April plaasvind. GRAAD 1-ASSISTENT: Aansoeke word ingewag vir die graad 1 Assistentpos. Werksure: 8:00 – 12:00 Aansoeke sluit op Dinsdag, 25 April. Aansoekbriewe en CV’s kan by die kantoor ingehandig word of epos dit na: [email protected] KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. OUERKLASBESOEKE: Ouers het die geleentheid om leerkragte te kom spreek op Maandag, 24 April. Bestudeer asseblief u kind se rapport baie mooi en maak van die geleentheid gebruik om die akademiese vordering van u kind te bespreek. Tye as volg: Graad 1 en 2: 13:00 in hulle klaskamers Graad 3: 13:15 in die klas Graad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal TROLLIETREK PROJEK: Ons loods hierdie kwartaal ons Trollietrek Fondsinsamelingsprojek. Elke kind in die skool het ‘n inligtingsbrief en ‘n boekie met 5 kaartjies ontvang. Sien asseblief die inligtingsbrief vir volledige verduideliking van die projek. Alle produkte moet vóór of op Woensdag, 31 Mei by die klasonderwysers ingehandig word en kaartjies kan tot Maandag, 12 Junie verkoop word. Trekking van pryse: Donderdag, 15 Junie in die skoolsaal. REDENAARS: Mondeling- en Redenaarsonderwerpe vir kwartaal twee is as volg: GRAAD 4 & 5: Ons mense gee te min om Op Pluto het die hoenders tande Vriende GRAAD 6 & 7: Kinders is uniek Negatiwiteit kan nooit ‘n positiewe maak nie. Die gejaagdheid van die hedendaagse lewe Al die leerders van graad 4 – 7 gebruik bostaande onderwerpe om mondeling in die Afrikaansklas te praat.

Upload: others

Post on 24-Oct-2019

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view(nie leerders nie) by die Finansiële Kantoor teruggeëis word. Fondse wat nie opgeëis word nie, sal in die Jakkie Hulpfonds betaal

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 13 21 – 28 April 2017OUERS:TOER:Baie dankie aan die ouers wat ons toerkinders in Hartenbos ondersteun het. Ons het ‘n baie suksesvolle toer gehad. Dankie ook aan ouers wat bydraes tot die toer gemaak het, in watter vorm ook al. Dankie aan afrigters en personeel wat die kinders vergesel het en tannie Joline wat lekker kos gemaak het. Ons eer ons Hemelse Vader dat Hy ons kinders en personeel veilig teruggebring het.Die toerkomitee kon daarin slaag om minder fondse met die toer te gebruik. Die R300 wat elke toerlid ekstra moes betaal, kan deur ouers (nie leerders nie) by die Finansiële Kantoor teruggeëis word. Fondse wat nie opgeëis word nie, sal in die Jakkie Hulpfonds betaal word.

SKOOL- EN KOSHUISGELD:Ouers wie se skool- en/of koshuisgelde nie op datum is nie moet kennis neem dat die volgende invorderingprosedure op Woensdag, 26 April plaasvind.

GRAAD 1-ASSISTENT: Aansoeke word ingewag vir die graad 1 Assistentpos. Werksure: 8:00 – 12:00Aansoeke sluit op Dinsdag, 25 April. Aansoekbriewe en CV’s kan by die kantoor ingehandig word of epos dit na: [email protected]

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit.

OUERKLASBESOEKE:Ouers het die geleentheid om leerkragte te kom spreek op Maandag, 24 April. Bestudeer asseblief u kind se rapport baie mooi en maak van die geleentheid gebruik om die akademiese vordering van u kind te bespreek.Tye as volg:Graad 1 en 2: 13:00 in hulle klaskamersGraad 3: 13:15 in die klasGraad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaal

TROLLIETREK PROJEK: Ons loods hierdie kwartaal ons Trollietrek Fondsinsamelingsprojek. Elke kind in die skool het ‘n inligtingsbrief en ‘n boekie met 5 kaartjies ontvang.

Sien asseblief die inligtingsbrief vir volledige verduideliking van die projek. Alle produkte moet vóór of op Woensdag, 31 Mei by die klasonderwysers ingehandig word en kaartjies kan tot Maandag, 12 Junie verkoop word.Trekking van pryse: Donderdag, 15 Junie in die skoolsaal.

REDENAARS:Mondeling- en Redenaarsonderwerpe vir kwartaal twee is as volg:GRAAD 4 & 5:

Ons mense gee te min om Op Pluto het die hoenders tande Vriende

GRAAD 6 & 7: Kinders is uniek Negatiwiteit kan nooit ‘n positiewe maak nie. Die gejaagdheid van die hedendaagse lewe

Al die leerders van graad 4 – 7 gebruik bostaande onderwerpe om mondeling in die Afrikaansklas te praat. Die eerste Redenaarskompetisie vind op Maandag, 12 Junie om 14:30 plaas.

AMESA WISKUNDE:Graad 4 – 7 leerders wat wil inskryf vir die Amesa Wiskundekompetisie moet op Maandag, 24 April R12 inskrywingsgeld by hulle wiskunde- onderwysers inbetaal.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 leerders kan huiswerkboeke vir die tweede kwartaal met die afskeurstrokie by hulle klasonderwysers bestel @ R25 elk.

KLEREWINKEL:Ouers wat klere wil betaal of navrae het rondom die Klerewinkel kan met Maritza du Plooy of Maryka van Straaten kontak maak. Hulle hanteer voortaan die Klerewinkel. Ons sal u in kennis stel indien die wintersklere wat bestel is, gekom het. Klere moet betaal word voordat leerders hierdie klere ontvang.

KOSHUIS:Paarl Gimnasium se rugbyspelers bly vanaf Woensdag, 26 April tot Maandag, 1 Mei in ons koshuis. Alle koshuiskinders moet op Woensdag, 26 April hulle kamers heeltemal ontruim.Hierdie rugbygroep gaan op Sondag, 30 April die swembadterrein gebruik. Geen toegang vir enige ander persoon.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view(nie leerders nie) by die Finansiële Kantoor teruggeëis word. Fondse wat nie opgeëis word nie, sal in die Jakkie Hulpfonds betaal

LEERDERDEELNAME:ATLETIEK:Wessel van Niekerk was deel was van die Vrystaat se 0/12 atletiekspan wat aan die SA Atletiekkampioenskappe deelgeneem het. Hy het ook aan die SA Swemkampioenskappe deelgeneem en as volg presteer:Klublevels in Sasolburg: 2de plek 100m rugslagSA’s: 3de plek 400m IM 5de plekke in 50m rugslag en aflos 6de plekke in 100m rugslag en aflosBaie geluk Wessel, ons is baie trots op jou!

TWEEKAMP:Vier van ons tweekampatlete het aan die SA Tweekampkampioenskappe in die Paarl deelgeneem en baie goeie punte behaal:Jannes Krause 0/9: 2312 punteEwan Burger 0/9: 2256 punteHanru Krause 0/11: 2217 punteWynand Botha 0/13: 2038 punteBaie geluk, trots op julle!

WILDEKLAWER RUGBY:Die volgende seuns is deur na die volgende rondte proewe:0/12: Phillip Noeth, JJ Engelbrecht, Nico Geldenhuys Reserwe: Handré Jacobs 0/13: Vuyani Moore, Smittie Stadler, Herman Groenewald, Wikus Wessels Reserwe: Wynand BothaBaie geluk!

LETSEMENG NETBALPROEWE: Die Letsemeng netbalproewe vind op Maandag, 24 April by ons bane plaas en alle 0/12 en 0/13 netbalspelers wat belangstel om deel te neem mag om 13:30 verdaag. Die 0/12’s se proewe begin om 14:00.

TENNIS:Die volgende seuns neem op 28 en 29 April aan die 4life Tennistoernooi in Bethlehem deel.Hanru Krause, Jannes Krause en Marius Etzebeth. Baie sterkte!Baie dankie aan Lizette Krause wat as spanbestuurder vir ons span optree.

TENTPEGGING:Baie geluk aan Chrisna Roelofse en Miandi Steenkamp wat aan die SAETA Youth Festival deelgeneem het die afgelope vakansie. Hulle 0/14 span het ‘n tweede plek behaal.

ALGEMEEN:VAKANSIEDAE:Donderdag, 27 April: WerkersdagVrydag, 28 April: SkoolvakansiedagMaandag, 1 Mei: Werkersdag

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Mariaan van Eeden

Deandri van Vuuren (oupa oorlede)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view(nie leerders nie) by die Finansiële Kantoor teruggeëis word. Fondse wat nie opgeëis word nie, sal in die Jakkie Hulpfonds betaal
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - jakkies.com  · Web view(nie leerders nie) by die Finansiële Kantoor teruggeëis word. Fondse wat nie opgeëis word nie, sal in die Jakkie Hulpfonds betaal