jacobsdal primêre · web viewgedoen word, (bv die doeltreffendheidsbeker en ander) word...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 36 11 – 18 November 2016 OUERS: RAPPORTE / AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE: Rapporte kan op Woensdag, 7 Desember tussen 9:00 en 10:00 by die skool afgehaal word. Net daarna word die rapporte gepos. Leerderrapporte van agterstallige ouers (skoolgeld) kan ook tussen 9:00 en 10:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaamvoorsitter besigtig word. Hierdie rapporte gaan nie gepos word nie. AFWESIGE LEERDERS: Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders by die skool teenwoordig moet wees al skryf hulle nie die dag eksamen nie. Belangrike assessering en kontroles word op daardie dae gedoen. Gedurende die eksamen bly alle leerders tot aan die einde van elke dag. Ouers kan nie leerders sonder ‘n grondige rede kom uitteken soos hulle wil nie. PRYSUITDELING: Baie geluk aan al ons leerders wat pryse ontvang het. Ouers het tot Vrydag, 18 November kans om skriftelik navrae te doen of beswaar aan te teken oor toekennings wat gedoen is. Clivé Burger het foto’s tydens die Prysuitdeling geneem. Hierdie foto’s sal in volgende week by die boekstoor opgeplak word. Ouers kan foto’s per bestelvormpie by Maryka bestel tot Maandag, 21 November. Foto’s kos R15 elk. Ouers van leerders wat bekers of trofeë by die Prysuitdeling ontvang het, moet asseblief kennis neem van die volgende: Pas asseblief ons bekers en trofeë op. Sommige bekers is onvervangbaar en is deel van ons skool se tradisie. Ouers is daarvoor verantwoordelik om leerders se name op die bekers te laat graveer. Gravering van bekers (slegs plaatjies) moet asseblief by Zane’s in Georgestraat Kimberley gedoen word. Gravering wat op die kant van die silwer bekers gedoen word, (bv die Doeltreffendheidsbeker en ander) word in Bloemfontein by Tocknell Engravers gedoen. Niemand in Kimberley kan dit doen nie. KLEURATLETIEKFOTO’S: Pragtige aksiefoto’s is tydens die Kleuratletiek deur Clivé geneem. Die foto’s is by die boekstoor opgeplak. Ouers het tot Vrydag, 18 November om bestellings by Maryka te plaas. Foto’s kos R10 elk. FOTO CD’S: [AFSKEURSTROKIE] Die volgende CD’s kan @ R20 elk per afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word: 1. Koshuisafsluiting 2. Kwartaal 1 & 2 – 2016 3. Kwartaal 3 & 4 – 2016 4. VCSV-kamp 5. Soetdoringkamp gr 7 6. Toer 2016 Sluitingsdatum vir bestellings: Maandag, 14 November om 13:00. TOP-10 BALKIES:

Upload: phungcong

Post on 19-Mar-2018

244 views

Category:

Documents


8 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE · Web viewgedoen word, (bv die Doeltreffendheidsbeker en ander) word in Bloemfontein by Tocknell Engravers gedoen. Niemand in Kimberley kan dit doen nie. KLEURATLETIEKFOTO’S:

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 36 11 – 18 November 2016OUERS:RAPPORTE / AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE:Rapporte kan op Woensdag, 7 Desember tussen 9:00 en10:00 by die skool afgehaal word. Net daarna word die rapportegepos.Leerderrapporte van agterstallige ouers (skoolgeld) kan ook tussen 9:00 en 10:00 by die Skoolhoof en Beheerliggaamvoorsitter besigtig word. Hierdie rapporte gaan nie gepos word nie.

AFWESIGE LEERDERS:Ouers moet asseblief kennis neem dat leerders by die skoolteenwoordig moet wees al skryf hulle nie die dag eksamen nie.Belangrike assessering en kontroles word op daardie dae gedoen. Gedurende die eksamen bly alle leerders tot aan die einde van elke dag. Ouers kan nie leerders sonder ‘n grondige rede kom uitteken soos hulle wil nie.

PRYSUITDELING: Baie geluk aan al ons leerders wat pryse ontvang het.

Ouers het tot Vrydag, 18 November kans om skriftelik navrae te doen of beswaar aan te teken oor toekennings wat gedoen is.

Clivé Burger het foto’s tydens die Prysuitdeling geneem. Hierdie foto’s sal in volgende week by die boekstoor opgeplak word. Ouers kan foto’s per bestelvormpie by Maryka bestel tot Maandag, 21 November. Foto’s kos R15 elk.

Ouers van leerders wat bekers of trofeë by die Prysuitdeling ontvang het, moet asseblief kennis neem van die volgende:

Pas asseblief ons bekers en trofeë op. Sommige bekers is onvervangbaar en is deel van ons skool se tradisie.

Ouers is daarvoor verantwoordelik om leerders se name op die bekers te laat graveer.

Gravering van bekers (slegs plaatjies) moet asseblief by Zane’s in Georgestraat Kimberley gedoen word. Gravering wat op die kant van die silwer bekers gedoen word, (bv die Doeltreffendheidsbeker en ander) word in Bloemfontein by Tocknell Engravers gedoen. Niemand in Kimberley kan dit doen nie.

KLEURATLETIEKFOTO’S:Pragtige aksiefoto’s is tydens die Kleuratletiek deur Clivé geneem. Die foto’s is by die boekstoor opgeplak. Ouers het tot Vrydag, 18 November om bestellings by Maryka te plaas. Foto’s kos R10 elk.

FOTO CD’S: [AFSKEURSTROKIE]Die volgende CD’s kan @ R20 elk per afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word:

1. Koshuisafsluiting2. Kwartaal 1 & 2 – 20163. Kwartaal 3 & 4 – 2016 4. VCSV-kamp5. Soetdoringkamp gr 76. Toer 2016

Sluitingsdatum vir bestellings: Maandag, 14 November om 13:00.

TOP-10 BALKIES:Leerders kan vanaf Maandag, 14 November hulle Top-10 prestasiebalkies by die kantoor gaan inhandig. Steek jou balkie aan ‘n papiertjie vas waarop jou naam geskryf is.

SWEMBAD:Die swembad is op die volgende datum vir ‘n privaatfunksie bespreek. Saterdag, 19 November: Die hele dagGeen toegang vir enige ander persone op daardie dag nie.

LEERDERDEELNAME:TWEEKAMP:Sterkte aan die atlete wat op Saterdag, 12 November aan die Interprovinsiale byeenkoms in Kimberley gaan deelneem.

NOORDKAAP SWEM:Geluk aan Rian Steenkamp wat ‘n vierde plek behaal het in die 50m borsslag tydens die vierhoekige swembyeenkoms wat verlede naweek plaasgevind het. Rian het vir die Noordkaap swemspan deelgeneem.

ALGEMEEN:DISCONTO BOEKUITSTALLING:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na die Disconto Boekuitstalling wat op Dinsdag en Woensdag, 15 en 16 November in die Sportkamer

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE · Web viewgedoen word, (bv die Doeltreffendheidsbeker en ander) word in Bloemfontein by Tocknell Engravers gedoen. Niemand in Kimberley kan dit doen nie. KLEURATLETIEKFOTO’S:

plaasvind. Kom doen gerus u Kersaankope. ‘n Mooi boek is ‘n goeie geskenk!

“MIND MOVES”-PRAATJIE:Dr Melodie de Jager hou op 19 Januarie 2017, om 17:30 ‘n praatjie oor “Sintuiglike Ontwikkeling” by Jacobsdal Primêre Skool. Kaartjies kos R80 per persoon en is by die skool, asook by die deure die aand te koop. Dit sluit iets te ete in.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Bruwer gesin (Schalk ongeluk)

Dewaal Britz (pa operasie)

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE · Web viewgedoen word, (bv die Doeltreffendheidsbeker en ander) word in Bloemfontein by Tocknell Engravers gedoen. Niemand in Kimberley kan dit doen nie. KLEURATLETIEKFOTO’S:

.

AFSKEURSTROKIE: FOTO CD’S (R20 per CD) OUER: __________________________________________________

LEERDER: ______________________________ GRAAD: _______

WIL GRAAG DIE VOLGENDE CD’S BESTEL:

KOSHUISAFSLUITING: AANTAL: _____ KWARTAAL 1 & 2: AANTAL: _____

KWARTAAL 3 & 4: AANTAL: _____ VCSV-KAMP: AANTAL: _____

SOETDORINGKAMP GR 7: AANTAL: _____ TOER 2016: AANTAL: _____

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R ___________

HANDTEKENING VAN OUER: ___________________________________

Kontant met bestelling asseblief -Sperdatum vir bestelling: Maandag, 14 November 2016

6 SKAAPHONDJIES TE KOOP

Goeie werkende ouers uit ‘n bekende

Bloedlyn

Skakel Schalk Fourie by:0835007597

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE · Web viewgedoen word, (bv die Doeltreffendheidsbeker en ander) word in Bloemfontein by Tocknell Engravers gedoen. Niemand in Kimberley kan dit doen nie. KLEURATLETIEKFOTO’S: