jacobsdal primêre skool  · web viewbaie dankie aan lanie steenkamp wat vir oulaas die...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 11 11 – 17 April 2014 www.jakkies.com OUERS: TOER: Ons het weereens ‘n baie suksesvolle Sport en Opvoedkundige toer na Hartenbos onderneem die afgelope vakansie. Baie dankie aan Lanie Steenkamp wat vir oulaas die toerreëlings getref het. Dankie aan ons ouers wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning word waardeer. Adri du Toit en Lizette Jacobs was op diens in die kombuis en het gesorg dat ons kinders lekker eet. Baie dankie daarvoor. Baie dankie aan die volgende borge: Rugby: Fanie Schoeman en Hein van Zyl Netbal: Charel Wilke en Jan Cloete Dit was vir ons lekker om teen Blanco Laerskool in George mee te ding en ons rugby het met 24 – 5 teen hulle gewen. 0/13A Netbal verloor 8 – 3 teen Koedoeskop en wen 11 – 3 teen Blanco 0/13B Netbal verloor 18 – 3 teen Koedoeskop en 10 – 3 teen Blanco OUERKLASBESOEK / OUERVERGADERING: [AFSKEURSTROKIE] Ouerklasbesoeke vind op Maandag, 14 April op die volgende tye plaas: Gr. 2: 13:00 – 14:00 (in klaskamer) Gr. 3: 13:15 – 14:15 (in klaskamer) Gr. 4-7: 15:00 – 17:00 (in die skoolsaal) Ouers word uitgenooi om leerkragte te kom spreek rakende u kind se akademiese vordering na afloop van die eerste kwartaal se rapporte. (Juffrou Elza van Wyk sal ongelukkig nie beskikbaar wees nie. Afsprake kan met haar persoonlik gemaak word) Die Ouervergadering vind om 17:30 plaas en ouers het die geleentheid om punte op die agenda te plaas deur middel van die afskeurstrokie. PUNTE TANS OP DIE AGENDA: 1. Gedragskode vir leerders/Ouers 2. Waardeprojek (Waardetuin) 3. Statistieke eerste kwartaal 4. Lotto 5. Akademiese verslag 6. Projekte vir die kwartaal KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by hierdie nuusbrief ingesluit. HUISWERKBOEKE: Graad 4 – 6 leerders kan op Maandag, 14 April huiswerkboeke vir die kwartaal by hulle klasonderwysers aankoop @ R25 per huiswerkboek. ONDERSTEUNERSHEMDE: Ouers word herinner aan die ondersteunershemde wat ons in die rugby- en netbalseisoen by sportgeleenthede dra. Pryse is as volg: Dameshempie: S/M/L: R160 XL–XXL: R170 3XL- 5XL: R180 Manshemp: S/M/L: R180 XL–XXL: R190 3XL-5XL: R200 Maak asseblief by Maryka ‘n draai en kry jou Jakkie Ondersteunershemp! KOORKAMP:

Upload: others

Post on 15-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewBaie dankie aan Lanie Steenkamp wat vir oulaas die toerreëlings getref het. Dankie aan ons ouers wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 11 11 – 17 April 2014www.jakkies.com OUERS:TOER:Ons het weereens ‘n baie suksesvolle Sport en Opvoedkundige toer na Hartenbos onderneem die afgelope vakansie. Baie dankie aan Lanie Steenkamp wat vir oulaas die toerreëlings getref het. Dankie aan ons ouers wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning word waardeer. Adri du Toit en Lizette Jacobs was op diens in die kombuis en het gesorg dat ons kinders lekker eet. Baie dankie daarvoor. Baie dankie aan die volgende borge:Rugby: Fanie Schoeman en Hein van ZylNetbal: Charel Wilke en Jan CloeteDit was vir ons lekker om teen Blanco Laerskool in George mee te ding en ons rugby het met 24 – 5 teen hulle gewen. 0/13A Netbal verloor 8 – 3 teen Koedoeskop en wen 11 – 3 teen Blanco0/13B Netbal verloor 18 – 3 teen Koedoeskop en 10 – 3 teen Blanco

OUERKLASBESOEK / OUERVERGADERING: [AFSKEURSTROKIE]Ouerklasbesoeke vind op Maandag, 14 April op die volgende tye plaas: Gr. 2: 13:00 – 14:00 (in klaskamer)Gr. 3: 13:15 – 14:15 (in klaskamer) Gr. 4-7: 15:00 – 17:00 (in die skoolsaal)Ouers word uitgenooi om leerkragte te kom spreek rakende u kind se akademiese vordering na afloop van die eerste kwartaal se rapporte. (Juffrou Elza van Wyk sal ongelukkig nie beskikbaar wees nie. Afsprake kan met haar persoonlik gemaak word)Die Ouervergadering vind om 17:30 plaas en ouers het die geleentheid om punte op die agenda te plaas deur middel van die afskeurstrokie.PUNTE TANS OP DIE AGENDA:

1. Gedragskode vir leerders/Ouers2. Waardeprojek (Waardetuin)3. Statistieke eerste kwartaal4. Lotto5. Akademiese verslag6. Projekte vir die kwartaal

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word byhierdie nuusbrief ingesluit.

HUISWERKBOEKE:Graad 4 – 6 leerders kan op Maandag, 14 April huiswerkboeke vir die kwartaal by hulle klasonderwysers aankoop @ R25 per huiswerkboek.

ONDERSTEUNERSHEMDE:Ouers word herinner aan die ondersteunershemde wat ons in die rugby- en netbalseisoen by sportgeleenthede dra. Pryse is as volg:Dameshempie: S/M/L: R160 XL–XXL: R170 3XL-5XL: R180Manshemp: S/M/L: R180 XL–XXL: R190 3XL-5XL: R200Maak asseblief by Maryka ‘n draai en kry jou Jakkie Ondersteunershemp!

KOORKAMP: Ouers moet asseblief kennis neem dat die Koorkamp verskuif het na Vrydag, 16 Mei.

FOTO CD: [AFSKEURSTROKIE]‘n Toer-CD is beskikbaar en kan met die afskeurstrokie bestel word. Handig die bestelling op Maandag, 14 April saam met R50 by die klasonderwyser in.

KOSHUIS:Hiermee geskied kennisgewing van ‘n Koshuiskomiteevergadering op Maandag, 14 April om 7:30 in die koshuis.Ouers moet asseblief vir koshuiskinders warm klere en beddegoed saamstuur. Dit begin nou koud word.

KLEREWINKEL:Die nuwe sweetpakke en baadjies sal volgens die verskaffers eers einde April tot middel Mei arriveer. Kinders kan voorlopig enige warm klere aantrek totdat die skoolklere gekom het. Kom ons hou dit asseblief so na as moontlik aan groen.

LEERDERDEELNAME:RUGBY: [AFSKEURSTROKIE]Baie sterkte aan ons rugbyseuns wat op Vrydag, 11 April aan die 0/13 Wildeklawer rugbyproewe gaan deelneem.Die 0/11 en 0/13 rugbyspanne speel op Woensdag, 16 April om 15:00 teen Roodepan op die ABASS stadion in Kimberley. Ouers kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 14 April na die klasonderwysers terugstuur. R30 bus/vervoergeld is vooraf betaalbaar.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewBaie dankie aan Lanie Steenkamp wat vir oulaas die toerreëlings getref het. Dankie aan ons ouers wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning

LAPEZA TENNIS:Gelde vir April beloop R210 per speler en is maandeliks vooraf betaalbaar by die finansiële kantoor.

NETBAL:Baie sterkte aan die volgende dogters wat op Woensdag, 16 April aan die Letsemeng netbalproewe hier op ons bane deelneem:0/12 – 14:00Ané Joubert, Maroeschka van Zyl, Elisma du Plooy, Suzelle Fourie en Fransien Steenkamp.0/13 – 14:30Kyla Cloete, Charlise Wilke en Iané Lavarack0/14 – 15:00Lerato MahlabeSpelers moet asseblief 30 minute voor hulle speeltyd by die bane aanmeld. ALGEMEEN:PAASSANGDIENS:Daar vind ‘n Paassangdiens in die NG Kerk van Jacobsdal plaas op Sondag, 13 April om 9:00. Belangstellendes word uitgenooi na hierdie besondere geleentheid.

..............................................Mnr PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Eddie Ueckermann (kanker)Julie van Graan

Jaco Mostert

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewBaie dankie aan Lanie Steenkamp wat vir oulaas die toerreëlings getref het. Dankie aan ons ouers wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning

AFSKEURSTROKIE: OUERVERGADERING (14/4 – 17:30)

EK: ___________________________________ (OUER)

STEL BELANG OM DIE VOLGENDE PUNTE OP DIE AGENDA

TE PLAAS:

__________________________________________________

__________________________________________________

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

AFSKEURSTROKIE: RUGBY TEEN ROODEPAN (Woensdag, 16 April)

(OUER SE NAAM EN VAN) ___________________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY:

(MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: TOER-CD

EK: ___________________________________ (OUER)

NAAM VAN LEERDER: ______________________________

STEL BELANG OM _____ (AANTAL) TOER-CD’s @ R50

AAN TE KOOP.

KONTANT MET BESTELLING ASSEBLIEF.

HANDTEKENING VAN OUER: _________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

INKLUSIEWE KLAS Benodig dik wol

en enige oorskiet geskenkpapierHandig dit asseblief by die kantoor

in.BAIE DANKIE!Baie dankie

Phoebé Corbett

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewBaie dankie aan Lanie Steenkamp wat vir oulaas die toerreëlings getref het. Dankie aan ons ouers wat die toer meegemaak het. Julle ondersteuning