jacobsdal primêre skool  · web viewgéén laat bestellings gaan gedoen word nie. alle uitstaande...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 33 17 – 24 Oktober 2014 OUERS: KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Let op veranderinge veral by die buitemuurse rooster. KONSERT: [AFSKEURSTROKIE] Baie dankie aan al ons ouers vir julle ondersteuning, asook hulp met die maak van klere en benodighede. Dit was heerlik om die saal so vol te sien! ‘n Konsert-DVD is @ R80 en ‘n foto-CD @ R20 beskikbaar en kan op Maandag, 20 Oktober met die afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestellings asseblief. Sluitingsdatum vir bestellings: Woensdag, 22 Oktober om 14:00. Géén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig word. VAKATURES BESKIKBAAR: Ingesluit by die nuusbrief is die advertensie van die Koshuisvader- en moeder vir 2015, asook ‘n Sportorganiseerder vir 2015. Ons vra ouers om hierdie inligting so ver moontlik te versprei. KLEURATLETIEK: [AFSKEURSTROKIE] Ouers wat bereid is om nog te help by die Kleuratletiek op 30 Oktober en nog nie die strokie onderaan die leerders se inskrywingsvorm ingevul het nie, kan die afskeurstrokie invul en dit op Maandag, 20 Oktober na die klasonderwysers terugstuur. Ons het beamptes nodig, asook ouers wat kan help met verversings. Leerders wat in die blou of geel spanne is moet asseblief onthou om R5 te bring vir die opmaak van die paviljoene en ander onkostes. Gee dit vir julle spanleiers asseblief. PRYSUITDELING: Alle bekers en trofee’s (van 2013) moet asseblief teen die einde van volgende week by die skool ingehandig word. Gravering wat swak gedoen is kan gratis by Trophy & Gift oorgedoen word. Indien dit nog nie gegraveer is nie, moet dit asseblief eerder by Zane’s in George straat gedoen word aangesien hulle netjieser werk. VCSV SKOOLVERWISSELINGSKAMP: Sterkte aan die graad 7-leerders wat die naweek die Skoolverwisselingskamp gaan bywoon. Juffrou Elza vergesel hulle. HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE] Huiswerkboeke vir hierdie kwartaal, kan nog per afskeurstrokie by die klasonderwysers @ R25 elk bestel word. KOSHUIS: Ouers moet asseblief kennis neem dat die koshuis nou ‘n selfoon het. Die nommer is: 060 961 0073 Die toesigkrag kan elke dag so gekontak word. Mev Annerine van Heerden is tans in mev Erika Brink se plek as toesigkrag, aangesien mev Brink nog met siekverlof is. Baie welkom aan ons tydelike koshuisouers, mnr en mev Danie Noeth asook ons assistent toesigkrag, Christelle Page. VEEPAKKETTE: Die Koshuiskomitee, ouers en kinders bedank graag die volgende borge:

Upload: others

Post on 11-Jun-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 33 17 – 24 Oktober 2014 OUERS:KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. Let op veranderinge veral by die buitemuurse rooster.

KONSERT: [AFSKEURSTROKIE]Baie dankie aan al ons ouers vir julle ondersteuning, asook hulp met die maak van klere en benodighede. Dit was heerlik om die saal so vol te sien!‘n Konsert-DVD is @ R80 en ‘n foto-CD @ R20 beskikbaar en kan op Maandag, 20 Oktober met die afskeurstrokie by die klasonderwysers bestel word. Kontant met bestellings asseblief. Sluitingsdatum vir bestellings: Woensdag, 22 Oktober om 14:00. Géén laat bestellings gaan gedoen word nie.Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig word.

VAKATURES BESKIKBAAR:Ingesluit by die nuusbrief is die advertensie van die Koshuisvader- en moeder vir 2015, asook ‘n Sportorganiseerder vir 2015. Ons vra ouers om hierdie inligting so ver moontlik te versprei.

KLEURATLETIEK: [AFSKEURSTROKIE]Ouers wat bereid is om nog te help by die Kleuratletiek op 30 Oktober en nog nie die strokie onderaan die leerders se inskrywingsvorm ingevul het nie, kan die afskeurstrokie invul en dit op Maandag, 20 Oktober na die klasonderwysers terugstuur. Ons het beamptes nodig, asook ouers wat kan help met verversings. Leerders wat in die blou of geel spanne is moet asseblief onthou om R5 te bring vir die opmaak van die paviljoene en ander onkostes. Gee dit vir julle spanleiers asseblief.

PRYSUITDELING:Alle bekers en trofee’s (van 2013) moet asseblief teen die einde van volgende week by die skool ingehandig word. Gravering wat swak gedoen is kan gratis by Trophy & Gift oorgedoen word. Indien dit nog nie gegraveer is nie, moet dit asseblief eerder by Zane’s in George straat gedoen word aangesien hulle netjieser werk.

VCSV SKOOLVERWISSELINGSKAMP:Sterkte aan die graad 7-leerders wat die naweek die Skoolverwisselingskamp gaan bywoon. Juffrou Elza vergesel hulle.

HUISWERKBOEKE: [AFSKEURSTROKIE]Huiswerkboeke vir hierdie kwartaal, kan nog per afskeurstrokie by die klasonderwysers @ R25 elk bestel word.

KOSHUIS:Ouers moet asseblief kennis neem dat die koshuis nou ‘n selfoon het. Die nommer is: 060 961 0073 Die toesigkrag kan elke dag so gekontak word.Mev Annerine van Heerden is tans in mev Erika Brink se plek as toesigkrag, aangesien mev Brink nog met siekverlof is.Baie welkom aan ons tydelike koshuisouers, mnr en mev Danie Noeth asook ons assistent toesigkrag, Christelle Page.

VEEPAKKETTE: Die Koshuiskomitee, ouers en kinders bedank graag die volgende borge:Doug en Lara Cox, Gert Lamprecht, Tjaart van Zyl, Trompie Beylefeld, Johan Henning en Danie Noeth.‘n Totale bedrag van R22 280,00 is met die projek vir die koshuis ingesamel.Wenners was as volg:Volwasse kaartjies: Kinderkaartjies:1ste plek: Hein van Zyl 1ste plek: JC Lübbe2de plek: Albertus de Wet 2de plek: Jomari Lübbe3de plek: James Oertel (Snr) 3de plek: Ninke JacobsMeeste kaartjies verkoop: 1ste plek: CJ Oertel2de plek: Anneline de Wet3de plek: Jan-Hendrik EsterhuisenBAIE DANKIE VIR ALMAL SE ONDERSTEUNING!

KOSHUIS GHOLFDAG: [AFSKEURSTROKIE]Die koshuis bied op Saterdag, 1 November ‘n gholfdag aan. Sien asseblief die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is.Alle koshuisouers wat bereid is om iets te skenk vir die maak van kos by die gholfdag, kan die afskeurstrokie invul en dit op Maandag, 20 Oktober na die klasonderwysers terugstuur. Bestanddele wat benodig word:Wors, heel hoenders, skaapboude en kontant.Geld wat met hierdie projek ingesamel word gaan vir noodsaaklike herstelwerk by die koshuis gebruik word.

LEERDERDEELNAME:KRIEKET: UITSLAE: Die 0/13 krieketspan het met 4 paaltjies teen Eureka verloor.Die 0/13 krieketspanne speel op Donderdag, 23 Oktober teen Kimberley Junior op hulle veld. Leerders verdaag 13:00 en die bus vertrek om 13:15.

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig

Die wedstryd begin om 14:30. Die hele span ry met die bus. R30 busgeld is vooraf betaalbaar.

NETBALPROEWE:Die eerste rondte netbalproewe vir die 0/13 toerspan van volgende jaar vind op Woensdag, 22 Oktober vanaf 15:00 tot 16:00 plaas. Alle 0/12 en 0/13 netbalspelers moet asseblief daar wees.

DISKUSGOOI - KLEURSPORT:Die 0/12 tot 0/14 dogters se diskusitem van die Kleursport vind op Donderdag, 23 Oktober om 14:15 by tannie Lanie plaas. Die 0/12 – 0/14 seuns se diskusitem vind op Woensdag, 29 Oktober om 14:15 plaas. Almal wat vir die Kleuratletiek ingeskryf het, moet asseblief daar wees. Oefentye van hierdie (sowel as die geïdentifiseerde spiesgooigroep) word op die buitemuurse rooster aangedui.

TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Ons 0/13A, 0/11A en 0/9A dogters tennisspanne speel op Maandag, 20 Oktober teen Hopetown op hulle bane. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur terug na die klasonderwysers op Maandag, 20 Oktober. Spelers kan 13:00 verdaag en die bus vertrek om 13:15. R50 busgeld is vooraf betaalbaar.

SKAAK:Sterkte aan Fransien en Rian Steenkamp wat die naweek aan die eerste kwalifiserende skaaktoernooi (vir 2015) in Bloemfontein gaan deelneem.

LIGTEGEREI BOOTHENGEL:Baie geluk aan Leané du Toit wat haar Noordkaap klere in Ligtegerei Boothengel tydens die Binnelandse toernooi op Hartbeespoortdam verwerf het.

KARATE:Baie geluk aan CJ Marx wat vir die SA Ontwikkelingspan gekies is. ‘n Junior Protea span word volgende jaar aangewys wat in Amerika gaan toer.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

EKSAMENROOSTER 18 November – 27 November 2014

DAG: DAT: GRAAD 4: GRAAD 5: GRAAD 6: GRAAD 7:

DINS: 18 Nov AFR [Taal] AFR [Taal] ENG [1]WISKTEG

WOENS: 19 Nov WISK WISK AFR [2] AFR

DON: 20 Nov NWT SW LV NW

VRY: 21 Nov LV NWT NWT ENG

MAAN: 24 Nov SW ENG [Lang] WISK EBW

DINS: 25 Nov ENG [Lang] LV SW MSWWOENS: 26 Nov ENG [Comp] ENG

[Comp]AFR [Begrip] LO

GEBEDSLYS:

Tannie Ria Wilke (Knievervanging)Johan van Heerden en gesin

Mnr Tait (Pa ernstig siek)Juffrou Tersia (skoonma siek)

Drikus van Rooyen en gesin (oupa oorlede)Devon de Koker en gesin (oupa oorlede)

OU KLEUTERSKOOL WORD NUUT!

Jakkies Inklusief beplan om in 2015 die Ou Kleuterskool te betrek.

Ons benodig die volgende en vra asseblief hulp met die opgradering.

Enige vloerbedekking, al is dit net ‘n paar teëlsBinne- en buiteverf wat in blikke by u rondstaan.

Draad en pale vir heining om te beveilig.Hout vir afskortings en rakke.

Wasbak, wastrog en toilet wat u dalk nie meer gaan gebruik nie.

Enige hulp sal regtig baie waardeer word.

GELUKWENSING:

Drikus van Rooyen het ‘n bababoetie ryker geword!

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig

DON: 27 Nov AFR [Begrip] AFR [Begrip] ENG [Comp] SK

AFSKEURSTROKIE: KLEURATLETIEK (OUERS)

NAAM VAN OUER: _______________________________________

EK IS BEREID OM TE HELP TYDENS DIE KLEURATLETIEK OP 30 OKTOBER:

BEAMPTE: MELD PLEK: ___________________________ (Bv. spiesgooi, tydopnemer, uitvanger ens.)

VERVERSINGS:

TYDGLEUF WAAARIN EK SAL HELP: ________________________

HANDTEKENING VAN OUER: ____________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

As jy alreeds die strokie onder aan die inskrywingsvorm van die kinders ingevul het, hoef jy nie weer bostaande strokie in te vul nie

AFSKEURSTROKIE: DOGTERSTENNISLIGA - HOPETOWN (Maandag, 20 Okt)

(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________

(LEERDER SE NAAM EN VAN) ______________________________

KAN MY EIE KIND/ERS NA HOPETOWN VERVOER:

EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.

BENODIG VERVOER NA HOPETOWN:

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

AFSKEURSTROKIE: KONSERT DVD / FOTO CD

NAAM VAN OUER: __________________________________

WIL GRAAG DIE VOLGENDE BESTEL:

KONSERT DVD @ R80

KONSERT FOTO-CD @ R20

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

SLUITINGSDATUM: 22 OKTOBER OM 14:00

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN LEERDER: _______________________________

GRAAD VAN LEERDER: ___________

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK @ R25 BESTEL:

BEDRAG INGESLUIT: R ______

HANDTEKENING: _________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig

1.

AFSKEURSTROKIE: KOSHUIS SE GHOLFDAG (1 Nov)

NAAM VAN OUER: __________________________________

NAAM VAN LEERDER: _______________________________

IS BEREID OM DIE VOLGENDE SKENKING TE MAAK:

WORS HEEL HOENDERS SKAAPBOUDE KONTANT

__________________________________________________ (Omkring asseblief en meld aantal of bedrag)

HANDTEKENING: _________________________

KONTAKNOMMER: _______________________

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

Aansoeke word ingewag vir ‘n permanente

SPORTORGANISEERDER

AANVANGSDATUM: 12 Januarie 2015

Volledige CV met aansoekbrief inhandig of epos na [email protected]

Skoolhoof, mnr PW Tait [email protected]

Piet RetiefstraatJACOBSDAL053 5910039

Faks: 053 5910103

(‘n Jaarlikse kontrak word gesluit)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig

NAVRAE:

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig

Kontak my gerus vir hierdie spesiale aanbieding,my laaste bestelling vir die maand: 21 Oktober 2014 voor 12am

Betaling met bestelling asb. Patricia Maclachlan 082 596 8931

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewGéén laat bestellings gaan gedoen word nie. Alle uitstaande konsertklere moet op Maandag, 20 Oktober by juffroue Van Zyl of Da Camara ingehandig