jacobsdal primêre skool  · web viewgravering wat op die silwer gedeelte van die beker self...

9
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 31 30 Sept - 14 Okt 2016 DISSIPLINÊRE STELSEL: Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende: ‘n Hersiene dissiplinêre stelsel word vir ‘n proeftydperk in die vierde kwartaal geloods. Kortliks sal dit as volg werk: Leerders wat skoolreëls of klasreëls oortree, gaan op Dinsdae en Donderdae vanaf 15:30 tot 16:30 detensie in die koshuis se eetsaal sit. Hierdie leerders sal nie toegelaat word om buitemuurs te doen of wedstryde te speel nie. Detensiebriefies gaan op Maandae en Woensdae uit na ouers wat ontvangserkenning daarvan moet teken en terugstuur skool toe. Koshuiskinders moet hulle ouers telefonies in kennis stel indien hulle detensie moet sit en ouers kan naweke die detensiebriefies teken. ‘n Leerder sal slegs verskoon word van detensie indien die ouer ‘n mediese sertifikaat indien. Indien ‘n leerder 3 keer detensie gesit het, kry hy/sy ‘n dissiplinêre verhoor en moet voor die SMT verskyn. Na die proeftydperk van een kwartaal sal die Personeel besluit of dit permanent vanaf 2017 geïmplementeer gaan word, waarna die Dissiplinebeleid verander sal word. TOP TIEN PRYSUITDELING: Die kwartaallikse Top Tien Prysuitdeling vind op Vrydag, 14 Oktober om 12:30 plaas. Die skool verdaag vir alle leerders net na die verrigtinge. JKJA : JKJA begin op Donderdag, 13 Oktober. KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: Die voorlopige kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit. BEKERS EN TROFEE’S: Leerders wat verlede jaar bekers en trofee’s ontvang het, kan dit vanaf Maandag, 10 Oktober by die kantoor kom inhandig. Gravering moet klaar gedoen wees asseblief. Almal graveer by Zane’s in Kimberley. Gravering wat op die silwer gedeelte van die beker self gedoen word, moet asseblief in Bloemfontein by Tocknell’s gedoen word. MIELIEMAN 2017: Die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêr het ‘n kompetisie geloods om die beste Mielieprodusent van ons omgewing vir 2017 aan te wys. ‘n Eerste prys van R50 000.00 kan gewen word. Tesame met die kontantprys kry die wenner, asook die betrokke saad-/kunsmis-/gifverskaffers promosieregte vir een jaar op die skool se kennisgewingbord. Die ½ hektaar wat die boer inskryf se opbrengs word aan die skool geskenk. Mielieboere wat wil inskryf vir die kompetisie kan met Riaan Jacobs kontak maak by: 082 371 8143 Enige ander navrae oor die kompetisie kan ook aan hom gerig word. Sluitingsdatum: 30 Januarie 2017 (Sien die advertensie) BEGROTING 2017: Die finansiële begroting vir die skool en koshuis is reeds beskikbaar in die kantoor vir ouers se insae. Die Ouerbegrotingsvergadering vind op Vrydag,

Upload: others

Post on 31-May-2020

6 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 31 30 Sept - 14 Okt 2016DISSIPLINÊRE STELSEL:Ouers moet asseblief kennis neem van die volgende:‘n Hersiene dissiplinêre stelsel word vir ‘n proeftydperk in dievierde kwartaal geloods. Kortliks sal dit as volg werk:

Leerders wat skoolreëls of klasreëls oortree, gaan op Dinsdae en Donderdae vanaf 15:30 tot 16:30 detensie in die koshuis se eetsaal sit. Hierdie leerders sal nie toegelaat word om buitemuurs te doen of wedstryde te speel nie.

Detensiebriefies gaan op Maandae en Woensdae uit na ouers wat ontvangserkenning daarvan moet teken en terugstuur skool toe.

Koshuiskinders moet hulle ouers telefonies in kennis stel indien hulle detensie moet sit en ouers kan naweke die detensiebriefies teken.

‘n Leerder sal slegs verskoon word van detensie indien die ouer ‘n mediese sertifikaat indien.

Indien ‘n leerder 3 keer detensie gesit het, kry hy/sy ‘n dissiplinêre verhoor en moet voor die SMT verskyn.

Na die proeftydperk van een kwartaal sal die Personeel besluit of dit permanent vanaf 2017 geïmplementeer gaan word, waarna die Dissiplinebeleid verander sal word.

TOP TIEN PRYSUITDELING:Die kwartaallikse Top Tien Prysuitdeling vind op Vrydag, 14 Oktober om 12:30 plaas. Die skool verdaag vir alle leerders net na die verrigtinge.

JKJA :JKJA begin op Donderdag, 13 Oktober.

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:Die voorlopige kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief ingesluit.

BEKERS EN TROFEE’S:Leerders wat verlede jaar bekers en trofee’s ontvang het, kan dit vanaf Maandag, 10 Oktober by die kantoor kom inhandig. Gravering moet klaar gedoen wees asseblief. Almal graveer by Zane’s in Kimberley. Gravering wat op die silwer gedeelte van die beker self gedoen word, moet asseblief in Bloemfontein by Tocknell’s gedoen word.

MIELIEMAN 2017: Die Beheerliggaam van Jacobsdal Primêr het ‘n kompetisie geloods om die beste Mielieprodusent van ons omgewing vir 2017 aan te wys. ‘n Eerste prys van R50 000.00 kan gewen word. Tesame met die kontantprys kry die wenner, asook die betrokke saad-/kunsmis-/gifverskaffers promosieregte vir een jaar op die skool se kennisgewingbord. Die ½ hektaar wat die boer inskryf se opbrengs word aan die skool geskenk. Mielieboere wat wil inskryf vir die kompetisie kan met Riaan Jacobs kontak maak by: 082 371 8143 Enige ander navrae oor die kompetisie kan ook aan hom gerig word.Sluitingsdatum: 30 Januarie 2017 (Sien die advertensie)

BEGROTING 2017:Die finansiële begroting vir die skool en koshuis is reeds beskikbaar in die kantoor vir ouers se insae. Die Ouerbegrotingsvergadering vind op Vrydag, 21 Oktober om 12:00 plaas, waartydens hierdie begrotings goedgekeur moet word.

BESKIKBARE VAKATURES:Belangstellende persone kan kennis neem van die vier beskikbare vakatures wat by die skool en koshuis vir 2017 beskikbaar is. Sien asseblief die advertensies wat by die nuusbrief ingesluit is.

KWARTAAL 4 HUISWERKBOEK: [AFSKEURSTROKIE]Graad 4 – 6 kan huiswerkboeke vir kwartaal 4 met die afskeurstrokie bestel. Handig die strokie en R25 op Maandag, 10 Oktober by julle klasonderwysers in. (Laaste kans!)

LEERDERDEELNAME:PRIVAAT SKAAKAFRIGTING:Mev Dina van der Walt kan volgende kwartaal privaatafrigting by ons skool kom aanbied. ‘n Inligtingstuk word by die nuusbrief ingesluit. Ons moedig ouers aan om van haar dienste gebruik te maak.

FIKSHEID:Ouers moet asseblief vir ons help om kinders gedurende die vakansie fiks te begin kry vir die komende Kleuratletiekbyeenkoms op 27 Oktober. Laat hulle asseblief elke dag ‘n ent draf en oefeninge doen. Baie dankie!

TWEEKAMP:Baie sterkte aan die atlete wat op 1 en 2 Oktober aan ‘n Interprovinsiale Tweekampbyeenkoms in Bloemfontein deelneem.

NAUTILUS:Leerders wat vir die finale nautiluskompetisie op Saterdag, 29 Oktober wil inskryf kan hulle inskrywingsgeld van R150 vanaf Maandag, 10 Oktober inbetaal. Sluitingsdatum vir inskrywings: Vrydag, 21 Oktober.

ALGEMEEN:SNOEPIE:Tenders word ingewag om die Snoepie by die skool te bedryf vir 2017. Tenders sluit: 31 Oktober 2016

JEUGPROJEK:Baie dankie aan almal wat ‘n brood vir die Jeugprojek geskenk het!

DIE SKOOL BEGIN OP MAANDAG, 10 OKTOBER OM 8:00 Geniet die rustydjie saam met u kinders.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Miandi Steenkamp (operasie)

AFSKEURSTROKIE: HUISWERKBOEK (Kwartaal 4) (Gr 4 – 6)

OUER: _______________________________________

LEERDER: ____________________________ GR.: ____

WIL GRAAG ‘N HUISWERKBOEK BESTEL @ R25 ELK.

AANTAL HUISWERKBOEKE: ______

BEDRAG INGESLUIT: __________

HANDTEKENING: __________________DAT: __________

VOORWAARDES EN TERME: Onbeperkte aantal inskrywings deur persoon/groep/maatskappy Indien daar meer as 10 inskrywings is, sal ‘n tweede prys oorweeg word Die ½ hektaar wat ingeskryf word, word deur die komitee, net voor strooptyd, met ‘n GPS

afgemerk en die eienaar kan self besluit watter deel van sy land vir die kompetisie ingeskryf gaan word

Geen beperkings op die praktyke vir maksimum opbrengs nie Teenwoordigheid van die komitee vir inspeksie van stroper en stroop van die ½ hektaar is

‘n vereiste Versuim om afgemerkte ½ hektaar te lewer sal ‘n inbetaling van R20 000.00 aan die skool

tot gevolg hê Indien verliese gely word as gevolg van natuurverskynsels, sal taksasiewaarde oorbetaal

word aan die skool Alle uitgawes is die deelnemer se onkoste behalwe vervoer ‘n Prysuitdeling sal vóór 30 Augustus 2017 plaasvind Die komitee se beslissing is finaal

SKRYF JOU ½-HEKTAAR IN EN SKENK DIE OPBRENGS DAARVAN AAN JACOBSDAL PRIMÊR

Kontak Riaan Jacobs: 082 371 8143 – vir navrae en inskrywingsvorm

JAKKIES

MIELIEMAN

2017

EERSTE PRYS:

R50 000.00 +

1 jaar spogKompetisie sluit:30 Januarie 2016