jacobsdal primêre skool  · web viewu word daaraan herinner om asseblief die skool, indien...

7
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 30 19 – 26 September 2014 AFWESIGE LEERDERS: U word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlik voor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan wees nie. (SA Skolewet) Ouers moet die skool vooraf skriftelike in kennis stel indien u in skoolure u kind wil neem. Verskaf asseblief ‘n geldige rede. HERREGISTRASIE VIR 2015: [VORM] Alle huidige leerders van ons skool wat nog nie hulle registrasievorms vir 2015 ingehandig het nie moet dit op Maandag, 22 September by die klasonderwysers inhandig. Die Onderwysdepartement wil ons finale getalle voor 25 September hê. Hierdie inligting bepaal leerkragtoekennings vir 2015. Die vorm word weer by die nuusbrief ingesluit. Ons vra asseblief ons ouers se samewerking. BEKENDSTELLINGSDAG: Ons nooi hiermee alle graad R-ouers, asook nuwe ouers wat volgende jaar vir die eerste keer kinders by ons skool inskryf, na ons Bekendstellingsdag op Vrydag, 26 September om 9:00 vir 9:30. SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS: Ouers wat in besit is van ‘n swembadsleutel (Seisoen Sept 2013 tot Okt 2014) moet dit asseblief voor of op Dinsdag, 30 September kom inhandig of hernu. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2014 tot 30 September 2015) beskikbaar @ R250 per ouer. LET WEL: Sleutelhouers moet ouers van ons Laerskool wees en moet op datum wees met hulle skoolgeld. Skoolgelde moet op datum gehou word. Ouers wat agter raak met skoolgeld se sleutels word ingetrek. Ouers wat in besit is van ‘n tennisklubsleutel moet hulle sleutels aan die einde van die jaar ingee of hernu. FOTODAG: [BESTELVORM] Ons jaarlikse fotodag vind op Dinsdag, 30 September plaas. Ouers kan weer ‘n individuele fotopakket @ R50 bestel. Die individuele pakket bestaan uit die volgende: 1 x Vergroting van 15 x 20cm, 2 x jumbo’s 10 x 15cm, 4 x ID foto’s en ‘n boekmerkie. Hierdie foto’s word op ‘n A4 papier gedruk. Vul asseblief die afskeurstrokie in en handig dit saam met R50 (per pakket) by die klasonderwysers in. Sperdatum vir individuele pakkette: Maandag, 29 September. KOOR: Koorouers moet asseblief kennis neem dat die Senior Koor met die Bekendstellingsdag op Vrydag, 26 September gaan optree. Leerders moet asseblief hulle klere regkry en saambring (koshuiskinders!). BUITEMUURS: Geen buitemuurs op Dinsdag, 23 September as gevolg van die vakansiedag Woensdag, 24 September. Donderdag, 25 September is die laaste dag van buitemuurs, daarna staak alles. PRYSUITDELING 2014: Ouers kan solank wisseltrofees/-bekers, wat met verlede jaar se Prysuitdeling ontvang is, terugstuur skool toe. Ouers is self verantwoordelik vir die gravering van ‘n

Upload: others

Post on 28-Sep-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewU word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlik. voor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan wees. nie

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 30 19 – 26 September 2014 AFWESIGE LEERDERS:U word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlikvoor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan weesnie. (SA Skolewet) Ouers moet die skool vooraf skriftelike in kennis stel indien u in skoolure u kind wil neem. Verskaf asseblief ‘n geldige rede.

HERREGISTRASIE VIR 2015: [VORM]Alle huidige leerders van ons skool wat nog nie hulle registrasievorms vir 2015 ingehandig het nie moet dit op Maandag, 22 September by die klasonderwysers inhandig. Die Onderwysdepartement wil ons finale getalle voor 25 September hê. Hierdie inligting bepaal leerkragtoekennings vir 2015. Die vorm word weer by die nuusbrief ingesluit. Ons vra asseblief ons ouers se samewerking.

BEKENDSTELLINGSDAG:Ons nooi hiermee alle graad R-ouers, asook nuwe ouers wat volgende jaar vir die eerste keer kinders by ons skool inskryf, na ons Bekendstellingsdag op Vrydag, 26 September om 9:00 vir 9:30.

SWEMBAD-/ TENNISSLEUTELS:Ouers wat in besit is van ‘n swembadsleutel (Seisoen Sept 2013 tot Okt 2014) moet dit asseblief voor of op Dinsdag, 30 September kom inhandig of hernu. Sleutels is weer vir die nuwe seisoen (wat strek van 1 Oktober 2014 tot 30 September 2015) beskikbaar @ R250 per ouer. LET WEL: Sleutelhouers moet ouers van ons Laerskool wees en moet op datum wees met hulle skoolgeld. Skoolgelde moet op datum gehou word. Ouers wat agter raak met skoolgeld se sleutels word ingetrek.Ouers wat in besit is van ‘n tennisklubsleutel moet hulle sleutels aan die einde van die jaar ingee of hernu.

FOTODAG: [BESTELVORM]Ons jaarlikse fotodag vind op Dinsdag, 30 September plaas. Ouers kan weer ‘n individuele fotopakket @ R50 bestel. Die individuele pakket bestaan uit die volgende:1 x Vergroting van 15 x 20cm, 2 x jumbo’s 10 x 15cm, 4 x ID foto’s en ‘n boekmerkie. Hierdie foto’s word op ‘n A4 papier gedruk.Vul asseblief die afskeurstrokie in en handig dit saam met R50 (per pakket) by die klasonderwysers in.Sperdatum vir individuele pakkette: Maandag, 29 September.

KOOR:Koorouers moet asseblief kennis neem dat die Senior Koor met die Bekendstellingsdag op Vrydag, 26 September gaan optree. Leerders moet asseblief hulle klere regkry en saambring (koshuiskinders!).

BUITEMUURS:Geen buitemuurs op Dinsdag, 23 September as gevolg van die vakansiedag Woensdag, 24 September. Donderdag, 25 September is die laaste dag van buitemuurs, daarna staak alles.

PRYSUITDELING 2014:Ouers kan solank wisseltrofees/-bekers, wat met verlede jaar se Prysuitdeling ontvang is, terugstuur skool toe. Ouers is self verantwoordelik vir die gravering van ‘n kind se naam op die plaatjies. Maak asseblief seker dat die gravering se skrif en grootte dieselfde lyk. Die skool maak gewoonlik van Trophy and Gift Centre, Du Toitspanweg 79 in Kimberley gebruik. Name wat op die beker self gegraveer word, word deur die skool in Bloemfontein gedoen. Hierdie bekers kan net ná die Prysuitdeling weer by die skool ingehandig word. Kontak die skool as u onseker is.

GRAAD 7 VCSV KAMP:Graad 7-leerders moet asseblief die volle R400 vir die VCSV-kamp voor of op Vrydag, 26 September by die kantoor kom inbetaal om jou plek te verseker.

“MIND MOVES”:‘n Meester opvoeder / meester ouer 5 kern leer Opkikker-werkswinkel word by Jacobsdal Primêr aangebied vanaf 23 tot 25 Oktober 2014. Ouers of onderwysers wat belangstel om hierdie werkswinkel by te woon kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 22 September na die klasonderwysers terugstuur. Navrae: Hetmarie Geldenhuys - 0822976605

KOSHUIS:Die koshuis is oop op Woensdag, 24 September (vakansiedag). Koshuisleerders moet asseblief op Maandag, 22 September weet of hulle Woensdag in die koshuis gaan wees of nie, sodat etes beplan kan word.

LEERDERDEELNAME:KLEURATLETIEK:Ons jaarlikse Kleuratletiek vind op Donderdag, 30 Oktober plaas. Elke kind het ‘n inskrywingsvorm ontvang waarop die items waaraan hy/sy wil

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewU word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlik. voor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan wees. nie

deelneem, ingevul moet word. Elke atleet mag aan ‘n maksimum van vyf (5) items deelneem, plus ‘n ontwikkelingsitem (0/9, 0/10 en 0/11 atlete). Atlete mag vir minder as 5 items inskryf.Maak asseblief saam met u kind seker van die items aangesien ‘n kind nie op daardie dag van ‘n item mag onttrek nie. Inskrywingsvorms moet teen die einde van die kwartaal by die klasonderwysers ingehandig word aangesien dit gedurende die vakansie op die rekenaarstelsel ingevoer gaan word. Onthou asseblief dat u kind onder volgende jaar (2015) se ouderdom moet inskryf. Graad R-leerders moet asseblief ook inskryf. OUERS kan solank onderaan die vorm invul waar hulle kans sien om te werk op daardie dag. Dui asseblief aan of u bereid is om ‘n beampte te wees en by watter item u wil werk. Dui asseblief ook aan as u kans sien om die Ouervereniging met verversings te help. Dit is altyd ‘n heerlike dag waar ons almal saam werk en kuier.

MINI-KRIEKET:Sterkte aan ons mini-krieketspanne wat op Saterdag, 20 September aan ‘n toernooi in Hopetown gaan deelneem. Spelers het inligtingsbriewe ontvang.Alle oefening vir mini-krieket spelers staak behalwe vir die spannetjie wat Fauresmith toe gaan op Saterdag, 27 September (spelers het inligtingsbriewe ontvang). Hierdie spannetjie oefen op Maandag, 22 September vanaf 15:00 tot 16:00.

KRIEKET:Ons 0/13 krieketspan speel op Maandag, 22 September ‘n wedstryd teen Koffiefontein hier op ons veld. Spelers kan 13:45 verdaag en die wedstryd begin om 14:30. Elke speler moet ‘n blikkie koeldrank en ‘n klein pakkie aartappelskyfies saambring om vir hulle opponente te gee. 0/11 Krieketoefening het gestaak en 0/13 krieketoefening staak na Maandag se wedstryd.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Ignus Jacobs (longontsteking)

Al ons ander siek leerders

Dis lente in die natuur. Oral om ons breek polsende, bruisende lewe in duisend vorme uit.

Alles is so mooi dat dit ons tot verwondering dwing.

U aarde ontwaak uit die winterslaap. Heiland, raak ook my lewe aan en bring nuwe lewe en

groei in my dorre bestaan. Ek voel die stuwende lentelofsang in my binneste:

Loof die Here, o my siel!

AFSKEURSTROKIE: “MIND MOVES” WERKSWINKEL (23 – 25 Oktober)

EK (NAAM EN VAN): ___________________________________ STEL BELANG OM DIE “MIND MOVES” MEESTER WERKS-WINKEL BY TE WOON.

EPOS ADRES: ______________________________________

KONTAKNOMMER: __________________________

HANDTEKENING: ______________________________

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewU word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlik. voor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan wees. nie

BESTELVORM: INDIVIDUELE FOTOPAKKET/TE

R50 PER PAKKET

Naam van leerder:(Een leerder)

Gr:

Name van leerders:(Indien meer as een leerder saam

afgeneem moet word, bv. boetie en sussie ens.)

Aantal

foto’s:

TOTALE BEDRAG INGESLUIT: R ______

OUER SE NAAM EN VAN:

HANDTEKENING:

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewU word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlik. voor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan wees. nie

REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2015

OMSENDBRIEF: BYLAAG E

BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS

Geagte Ouer/Voog

Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.

Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:

Dag: 22 Maand: September Jaar: 2014

Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.

Die uwe

_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool

____________________________________________________________________________

AFSKEURSTROKIE:

Voltooi asseblief en stuur voor bostaande datum terug.

My kind/ers:

___________________ / ___________________ / ___________________/ __________________

sal in 2015 terugkeer na hierdie skool, (Onderstreep die korrekte opsie)

sal nie in 2015 terugkeer na hierdie skool toe nie.

Hiermee doen ek aansoek vir ‘n oorplasingsertifikaat:

OUER SE HANDTEKENING: ______________________

DATUM: _______________(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewU word daaraan herinner om asseblief die skool, indien moontlik. voor 7:30, in kennis te stel indien u kind nie by die skool gaan wees. nie

BIOLINKKonsentrasie is die sleutel tot prestasie

Het u al Biolink vir u kind oorweeg? Dit is die oplossing vir kinders (en volwassenes!) wat sukkel om te fokus en te konsentreer. ‘n Gebrek hieraan kan ‘n geweldige negatiewe invloed hê op u kind se skoolprestasie.

Wonder u nog? Maak gerus met my ‘n afspraak en kom bespreek enige vrae of kwellinge.

Gesels gerus ook met ouers wie se kinders reeds Biolink doen. Hierdie leerders kan reeds ná 10 sessies ‘n groot verbetering toon. Onderwysers bevestig ook dat leerders wat Biolink doen, beter in die klas konsentreer en hul punte bevestig dit!

Wat is Biolink?Biolink is ‘n alternatiewe metode tot medikasie om konsentrasie en fokus te verbeter, maar nog só veel te meer, om kinders te help om selfvertroue te verkry deur bioterugvoering aktiwiteite en oefeninge. Dit verbeter geheue, help hulle vinniger werk en harder konsentreer.

Hoe werk dit?Biolink is gekondisioneerde oefeninge wat help om suurstof in die bloed te vervoer na die areas van die brein wat dit benodig. Die hooffokus van hierdie oefeninge is om konsentrasie te verbeter. Biolink maak gebruik van konsentrasie-toerusting en is die enigste verskaffer van “PlayAttention”-toerusting op die Afrika-kontinent.

Hoe word die vordering gemeet?Verskeie toetse om aandag en konsentrasie te meet, word na afloop van ‘n sekere hoeveelheid sessies gedoen. Dit is ‘n rekenaartoets wat reaksietyd, konstantheid, die gebrek aan konsentrasie en impulsiwiteit meet. Dit word die TOVA-toets genoem. ‘n Verslag word aan die ouers gegee sodat hulle hul kind se vordering kan volg.

Konsentrasie kan gemeet word Beter konsentrasie en fokus = beter punte BioLink is uniek Dit lewer gelukkige kinders met hope selfvertroue Vordering word wetenskaplik gemeet Biolink lewer toppresteerders Kinders voltooi hul huiswerk nou in die helfte van die oorspronklike tyd Biolink is vir enigiemand

Skakel Miranda van der Walt by 083 7090 688 of stuur ‘n epos na [email protected].