jacobsdal primêre skool  · web viewword weer aan die skool terugbetaal. pryse is min of meer...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 9 8 – 15 Maart 2019 OUERS: SKOOL- EN KOSHUISGELD: Daar is heelwat ouers wat reeds agterstallig is met hulle kinders se skool- en koshuisgelde. Bring dit asseblief so gou as moontlik op datum. Die eerste oorhandigings, by invorderaars, word reeds in April gedoen. SKOLE SLUIT: Die skool sluit op Vrydag, 15 Maart om 10:00. JAKKIES SPORTDAG: ‘n Groot dankie aan ons Ouerleierkomitee wat met die Jakkies Sportdag baie hard gewerk het om verversings te verskaf. Dankie aan die ander ouers wat hulle gehelp het. Dankie aan ons ouers wat hulle kinders met die dag kom ondersteun het. Baie geluk aan Adéle Lübbe met ‘n uiters suksesvolle en goed georganiseerde Sportdag. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER: Ons wens ons onderwysers en leerders voorspoed toe met die toer na Hartenbos. Ons bid dat die Here julle sal beskerm en bewaar en veilig na ons toe sal terugbring. Geniet dit! BUITEMUURS: Daar sal volgende week geen buitemuurs plaasvind nie. KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER: ‘n Voorlopige kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief aangeheg. Dit is ‘n baie besige kwartaal en ouers moet seker maak dat hulle kinders weet hoe laat hulle elke dag buitemuurs het. D6 / NUUSBRIEWE: [AFSKEURSTROKIE] Ouers kan die d6 toepassing (“app”) solank op hulle fone aflaai. Ons gaan stadig maar seker die uitgee van nuusbriewe uitskakel. Dit sal elke week op die toepassing beskikbaar wees, asook op ons webtuiste by www.jakkies.com Ouers wat in besit is van fone wat nie die toepassing kan aflaai nie, moet asseblief vir ons die afskeurstrokie invul. “JAKKIES GOT TALENT”: “Jakkies got talent” vind reeds vroeg in volgende kwartaal plaas en leerders wat wil deelneem, moet solank hulle liedjies regkry. SMS-WEB: Ouers wat nog nie SMS-geld vir die jaar betaal het nie, se skoolgeldrekening is met R60 gedebiteur. Alle ouers moet elke jaar R60 aansluitingsfooi betaal. SWEMBAD: Die swembad word op Saterdag, 9 Maart vir ‘n privaatfunksie uitverhuur. Geen toegang vir enige persoon vir die hele dag. SEÑOR CHEF-PROJEK: [LYS VAN PRODUKTE] Ons skool loods volgende kwartaal die SEÑOR CHEF-PROJEK wat vanaf 17 Mei tot 3 Junie sal duur. Ons sluit ‘n lys van produkte by die nuusbrief in sodat u solank daarna kan kyk.

Upload: others

Post on 26-Mar-2020

5 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewword weer aan die skool terugbetaal. Pryse is min of meer dieselfde as op winkelrakke. ‘n Volledige pryslys en bestelvorm sal volgende kwartaal

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 9 8 – 15 Maart 2019OUERS:SKOOL- EN KOSHUISGELD:Daar is heelwat ouers wat reeds agterstallig is met hulle kinders se skool- en koshuisgelde. Bring dit assebliefso gou as moontlik op datum. Die eerste oorhandigings, byinvorderaars, word reeds in April gedoen.

SKOLE SLUIT:Die skool sluit op Vrydag, 15 Maart om 10:00.

JAKKIES SPORTDAG:‘n Groot dankie aan ons Ouerleierkomitee wat met die Jakkies Sportdagbaie hard gewerk het om verversings te verskaf. Dankie aan die ander ouerswat hulle gehelp het. Dankie aan ons ouers wat hulle kinders met die dag kom ondersteun het. Baie geluk aan Adéle Lübbe met ‘n uiters suksesvolle en goed georganiseerde Sportdag.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER:Ons wens ons onderwysers en leerders voorspoed toe met die toer na Hartenbos. Ons bid dat die Here julle sal beskerm en bewaar en veilig na ons toe sal terugbring.Geniet dit!

BUITEMUURS:Daar sal volgende week geen buitemuurs plaasvind nie.

KWARTAALPROGRAM EN BUITEMUURSE ROOSTER:‘n Voorlopige kwartaalprogram en buitemuurse rooster word by die nuusbrief aangeheg. Dit is ‘n baie besige kwartaal en ouers moet seker maak dat hulle kinders weet hoe laat hulle elke dag buitemuurs het.

D6 / NUUSBRIEWE: [AFSKEURSTROKIE]Ouers kan die d6 toepassing (“app”) solank op hulle fone aflaai. Ons gaan stadig maar seker die uitgee van nuusbriewe uitskakel. Dit sal elke week op die toepassing beskikbaar wees, asook op ons webtuiste by www.jakkies.com Ouers wat in besit is van fone wat nie die toepassing kan aflaai nie, moet asseblief vir ons die afskeurstrokie invul.

“JAKKIES GOT TALENT”:“Jakkies got talent” vind reeds vroeg in volgende kwartaal plaas en leerders wat wil deelneem, moet solank hulle liedjies regkry.

SMS-WEB:Ouers wat nog nie SMS-geld vir die jaar betaal het nie, se skoolgeldrekening is met R60 gedebiteur. Alle ouers moet elke jaar R60 aansluitingsfooi betaal.

SWEMBAD:Die swembad word op Saterdag, 9 Maart vir ‘n privaatfunksie uitverhuur. Geen toegang vir enige persoon vir die hele dag.

SEÑOR CHEF-PROJEK: [LYS VAN PRODUKTE]Ons skool loods volgende kwartaal die SEÑOR CHEF-PROJEK wat vanaf 17 Mei tot 3 Junie sal duur. Ons sluit ‘n lys van produkte by die nuusbrief in sodat u solank daarna kan kyk.

‘n Eenmalige bestelling (binne 2 weke) sal gedoen word en daar is pryse beskikbaar vir leerders, asook klasse, wat die meeste produkte in die skool verkoop.

Die produkte is van ‘n goeie kwaliteit en u kan met vrymoedigheid vir uself daarvan aanskaf en u familie en vriende aanmoedig om dieselfde te doen!Baie skole het al hierdie projek suksesvol aangebied. 25% VAN ALLE VERKOPE word weer aan die skool terugbetaal.Pryse is min of meer dieselfde as op winkelrakke. ‘n Volledige pryslys en bestelvorm sal volgende kwartaal aan ouers verskaf word.

LEERDERDEELNAME:ATLETIEK:Baie geluk aan Justine Rampaleng wat in die Vrystaat Atletiekspan opgeneem is. Sy het met die Vrystaatkampioenskappe ‘n vierde plek in die 200m behaal. Die SA Kampioenskappe vind op 15 en 16 Maart in Germiston plaas. Ons is trots op jou Justine!

TWEEKAMP:Baie geluk aan Jaco de Waal wat ook in die Suid-Vrystaat Tweekampspan opgeneem is. Hy gaan op 29 Maart saam met Louis-Harm Fourie aan die SA Tweekampkampioenskappe in PE deelneem.Baie sterkte vir julle!

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewword weer aan die skool terugbetaal. Pryse is min of meer dieselfde as op winkelrakke. ‘n Volledige pryslys en bestelvorm sal volgende kwartaal

BYBELVASVRA:Baie geluk aan die volgende leerders wat vir die Bybelvasvraspan gekies is:Carla MeintjesAnadia CoetzeeYuna MoutonMarizanne Jacobs Hulle gaan later in die jaar aan die Nasionale Bybelvasvrakompetisie deelneem.

MOTORFIETSWEDRENNE:Baie geluk aan die volgende leerders wat met die “Good Hope” Hopetown 150 byeenkoms goed gevaar het:WJ van Tonder: 4de plek in die Kiddies Pro klasHanno van Tonder: 3de plek in die Kiddies beginnersklas

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie aan die graad 6-ouers wat lekker eetgoed gestuur het. Die klas het ‘n pragtige bedrag van R2 130.00 ingesamel.

Ons wens ons ouers, leerders en onderwysers ‘n heerlike rustyd toe. Ry veilig indien u weggaan die vakansie. Die skool begin DV weer op Dinsdag, 2 April om 8:00.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Ons Toergroep!

AFSKEURSTROKIE: D6 “APP”

OUER: ________________________________

LEERDER/S: _________________________ GR.: ___

_________________________ GR.: ___

EK KAN NIE DIE D6 “APP” OP MY FOON AFLAAI NIE EN WIL GRAAG NOG DIE GEWONE NUUSBRIEF ONTVANG.

HANDTEKENING: _______________________

DATUM: ______________________

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewword weer aan die skool terugbetaal. Pryse is min of meer dieselfde as op winkelrakke. ‘n Volledige pryslys en bestelvorm sal volgende kwartaal
Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL  · Web viewword weer aan die skool terugbetaal. Pryse is min of meer dieselfde as op winkelrakke. ‘n Volledige pryslys en bestelvorm sal volgende kwartaal