jakaranda junie 2018 4 ster.pdf · wedstryde tussen die streke se boeppense. jakaranda het nou wel...

18
Jakaranda N u u s Hallo Jakaranda Lede Wat ‘n 4 Ster saamtrek!!! Laat in April is daar by ‘n Area C vergadering besluit dat Jakaranda die jaar weer die 5 Ster moet aanbied. Dit sou ons 3de 5 Ster wees in ‘n ry. Rustenburg kon dit nie aanbied nie. Juis vir die tradisie en die behoue van die 5 Ster het Jakaranda besluit om dit weer aan te bied. Eers het Jakaranda gespook met die tariewe en toe met die Venue en datum…. Lees meer op Bl 2. 4 Ster - Weesgerus Uitgawe 6/18 Junie 2018 Voorsitters verslag :

Upload: others

Post on 05-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

JakarandaNuus

Hallo Jakaranda Lede

Wat ‘n 4 Ster saamtrek!!! Laat in April is daar

by ‘n Area C vergadering besluit dat Jakaranda

die jaar weer die 5 Ster moet aanbied. Dit sou

ons 3de 5 Ster wees in ‘n ry. Rustenburg kon

dit nie aanbied nie. Juis vir die tradisie en die

behoue van die 5 Ster het Jakaranda besluit

om dit weer aan te bied. Eers het Jakaranda

gespook met die tariewe en toe met die Venue

en datum…. Lees meer op Bl 2.

4 Ster - Weesgerus

Uitgawe 6/18 Junie 2018

Voorsitters verslag :

Page 2: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Die gelukwense en dankies van verskeie

bronne en Streke spreek vanself.

Jakaranda is ‘n trotse Streek wat alles

met oorgawe en liefde aanpak, en daarom

die suksesse. Ek eer ons hemelse Vader

vir ons Jakaranda familie. Ons kan trots

wees op mekaar.

Baie dankie vir die Komitee en die lede

wat baie hard gewerk het. Kobus Jansen

van Rensburg, George Delport, Geoff &

Loraine het vroeër die week ingekom om

te help.

5 Ster word 4 Stermet baie goeie

tariewe!!

Kobus was klankman die naweek

en Coena het die bemarking

gedoen vir ons borge. Frik,

Drikus en Sampie het die bane

gaan uitmerk. Dit was moeilik

want dit was ‘n nuwe oord. Baie

dankie ook aan al ons borge

en in besonder vir Weesgerus.

Sonder julle bydrae sou so ‘n

naweek onmoontlik gewees

het.

Die uitdaging was baie groot.

Nadat dit vasgestel is, is die 5 Ster verander na ‘n 4 Ster, en ditword by Weesgerus aangebiedmet ‘n baie goeie tarief. By my het daar geen twyfel bestaan datJakaranda nie weer, op so ‘n kortkennisgewing, die saamtrek kanaanbied nie. Dit is in ons vermoëen met wonderlike lede was ditmoontlik.

Ons het hard gewerk om juis van

die 4 Ster ‘n reuse sukses temaak. Vir my was dit seker die lekkerste 5, óf 4 Ster, wat Jakaranda al ooit aangebied het.

Page 3: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Wat die getal karavane betref het die 4 Ster glad

nie afgeskeep nie. Ons was altesaam 93 karavane

gewees. 42 van Jakaranda, 26 van Pretoria, 21 van

Magalies (Waarvan 5 lede saam op ander lede se

staanplekke gestaan het), 3 van Verre Noord en 1 van

Noordkus streek. Ek dink dis ‘n goeie getal, aangesien

die 4 Ster op ‘n baie kort tydperk gereël is, met die

kort naweek in ag geneem. Weesgerus is definitief ‘n

oord vir die toekoms. Daar het niks ontbreek die

naweek nie. Die VIP funksie, fliek, kerkdiens en

Chairmans tea is alles in sale gehou. Hier het

Jakaranda weer raak gevat, aangesien baie mense vir

my gesê het dat ons asb. weer die 5 Ster by

Weesgerus moet aanbied.

Die dae was lekker warm, in die aande was dit maar

koud. Nogtans het ons almal lekker gekuier. Die gees

tussen die verskillende streke was soos gewoonlik

baie goed. Donderdag middag het ons gou die Goodi

bags gepak en gesorg dat daar vir elke bespreekte

staanplek ‘n Goodi bag was.

Vrydagoggend vroeg het ons gou die ontvangs (waar al die

karavane moes aanmeld as hulle inkom) opgeslaan en gereed

gekry. Toe die eerste karavaan opdaag was ons gereed vir

hom. Elke gesin is hartlik verwelkom en het sy Goodi bag en

‘n sakkie hout gekry. Die gees tussen ons mense wat

ontvangs beman het was baie lekker. George en Frik het vir

ons lekker wors gebraai en George het heeltyd gesorg dat

ons kele nie te droog word nie.

Vrydagaand se VIP funksie was ook beter as ander jare. Dit

was in ‘n saal wat Weesgerus vir ons voorberei het. Verlede

jaar was die tent maar koud. Al die Komitee lede van die

verskillende streke het baie lekker geëet en gekuier.

Page 4: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Saterdag was dit die groot dag waar al die lede teen mekaar meegeding het in die verskeie sportsoorte. Die

sportmans gees onder die streke was uitstekend. Ongelukkig was Jakranda die enigste streek wat nie volspanne

gehad het nie. Ons kon nie ‘n Hoërskool span in volleyball inskryf nie. Nietemin het ons goed gedoen in al die ander

items. Jakaranda het eerste plekke behaal in Junior volleyball, Dames Jukskei en Dames volleyball. Die eerste plek in

Dames volleyball was vir ons iets spesiaal, aangesien ons by Michelle Swart se begrafnis vir mekaar gesê het hierdie

jaar wil ons die beker vir haar wen en dit aan haar opdra. Michelle was ‘n kranige volleyball speller en het destyds in

ons harte ingekruip. Baie dankie aan ons dames, julle het puik gespeel. Julle was die heel beste op die veld. Geluk ook

aan ons ander wenners en sommer aan al die deelnemers. Dankie vir al ons skeidsregters en almal wat gehelp het.

Vanjaar het al die streke omtrent ewe veel items gewen. Die sport was baie gelykop m.a.w. die spanne was omtrent

almal ewe sterk wat die sport baie opwindend gemaak het. Ek stel voor dat ons deur die jaar ook moet oefen- baie

Oorde het volleyball bane. Die Mans & Dames volleyball finale was baie opwindend en is gevolg deur ewe opwindende

wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat

daar niks fout is met ons skrum nie. Ons het Pretoria uitmekaar geskrum. Dit alles in baie goeie sportmansgees.

Page 5: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Sondag se Erediens is gelei deur Pastoor Cornelius du Preez. Wat ‘n treffende boodskap! Die kerkdiens en

chairmans tea is ook in ‘n saal gehou. Geluk aan die mense wat raffles gewen het. Baie dankie almal wat Rys,

Spaghetti en Macaroni vir Gracia kids geskenk het. Ek het altesaam 73.4 kg voorraad vir Gracia gevat. Nogmaals

baie dankie vir ‘n puik naweek. Ek dink regtig die lede wat nie die naweek bygewoon het nie, het baie uitgemis.

Veels geluk aan al ons lede wat in die maand verjaar. Mag julle ‘n baie Geseënde lewensjaar ervaar. Geluk

ook aan ons lede wat hierdie maand hulle huwelik herdenk

Ons volgende Saamtrek is by Mbizi Game Lodge. Die saamtrek vind plaas op 27 – 29 Julie en die kostes is

R 500.00 saamtrek fooie ingesluit. Jakaranda was jare gelede by Mbizi wat op sy beurt ‘n baie gewilde Oord is. Ek

het 40 staanplekke bespreek, kom ons nooi vriende saam en kyk hoe baie waens ons kan wees.

Baie dankie vir ons Hemelse Vader vir ‘n puik streek soos Jakaranda.

Jakaranda Groete

Gys

VoorsitterVolgende Kamp:

Aankoms : 27 Julie 2018Vertrek : 29 Julie 2018

Tipe Saamtrek : Nasionale saamtrek

Page 6: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

ONS WYS JOU …

Page 7: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Ontvangs: waar al die karavanemoes aanmeldas hulle inkom.

Page 8: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum
Page 9: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum
Page 10: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum
Page 11: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum
Page 12: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Baie dankie aan Weesgerus vir al julle

opofferings en bydraes om van die naweek ‘n groot sukses te maak. Ek wil vir Elna Kruger uitlig vir die besprekings, die Borge en jou span vir al die reelings en harde werk gedurende die naweek. Julle is ‘n span duisend. Dankie ook aan Theresia en ook aan André Nel vir julle bydraes. André het altyd gesorg dat as ons iets nodig het, ons dit dadelik kry. Dankie vir die opmaak van die sale. Ek sal graag wil sien dat die 5 Ster in die toekoms vir jare nog by Weesgerus aangebied word.

Jakaranda het ‘n KSA aanbevelings bord aan Weesgerus oorhandig wat beteken dat ons Weesgerus aanbeveel by al die ander KSA Streke. Dit is ook ‘n goeie advertensie vir al die ander besoekers aan Weesgerus.

Lezanne Grové saam met Gys van Dyk tydens die oorhandiging.

Page 13: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Ons wil net graag die volgende Borge bedank vir al hulle bydraes wat gehelp het

om van die naweek ‘n groot sukses te maak.

• Caravan Fitment Centre – Michael Barwise • Theron’s Foam Craft – Evert Kreder

• RCL Foods – Gert J van Vuuren • Pretoria Karavane – Adri Conradie

• Media 24 • George Delport

• Frik Botha • Stewards & Loydds

• Weesgerus Vakansie Oord • NTK - Modimole

• Fast Trail • Oase water - Modimole

• Jumas Sekeriteit • Outhere 24

• Bergsig • Autozone – Modimole

• Cake a Bake • Plaasmark – Nylstroom

• Hunters vleis • Ola roomys

• Snack a Juice • Janet sqeezy

• Ina Lessing – Tuisgebak • Blue Ribbon

• Abba Liquor • Essential Marketing

• Bakhuis – Nylstroom • Robica

• Deluxe Chemicals • van Heerden Apteek Groep

• Bosveld Car wash – Bela Bela • Dros - Bela Bela

• Lone Bear Spur Steak ranch - Nylstroom • Battery Centre - Pretoria

• Louis se Chile Bielie sous • Monica Krause

BORGSKAPPE

Page 14: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Verskeie Borge wat

deel van die naweek se sukses was.‘n Groot dank aanalmal!

Page 15: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Beste Gys,

Namens KSA Pretoria, wil ek graag vir jou as Voorsitter, jou komitee en lede bedank vir ‘n naweek waaroor ons nog lank sal gesels. Om op kort kennisgewing so naweek aan te pak, kos baie tyd en durf en het jul ‘n sukses daarvan gemaak. Niemand kan ‘n vinger wys dat daar enigsins iets fout geloop het nie. In die goeie gees wat die sport aangebied is, dankie! Dit gaan nie net altyd oor “wen” of “verloor” nie, maar goeie sportmangees! Geluk aan elke span wat ‘n eerste, tweede en derde plek behaal het!

Ons sien uit na volgende jaar!

Met beste wense

Sampie NieuwoudtVoorsitterKSA Pretoria

Positiewe Terugvoer vanaf die Pretoria Streek~ WELGEDAAN! JAKARANDA ~

E-pos ontvang: 11 Junie ‘18

Page 16: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum
Page 17: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

LIEF EN LEED• Tannie Marie Bekker se broer,

asook Corrie Botha se moeder is onlangs oorlede. Baie vertroosting

word julle toegebid tydens die hartseer tyd.

• Chris Coetzee sterk aan nadat hyweer in die hospitaal was.

• Baie Geluk aan Reylin Eksteen wat deurgedring het tot die NationaleSeemas Wiskunde Kompetisie wat

op 28 Julie sal plaasvind. BaieSterkte ook vir jou tydens hierdie

geleentheid.

Mei 2018Junie 2018

Baie Geluk!Baie Geluk ook aanalmal wat hulhuweliksherdenkings in hierdie tyd vier!

Zoé Raath 3

Annebel Dirks 4

Maureen Botha 10

Ruben Dreyer 10

Hendrik de Bruyn 11

Robin Bloem 14

Adéle Dreyer 17

Lauren Lourens 22

Jannie Dirks 2

Marike Malherbe 4

Luan Bekker 5

Lenro Nel 5

Angelique Meiring 5

Allistair

Brendenkam

p 10

Prise Boshoff 12

Drikus Stoltz 13

Charlene Nel 14

Wally Bentley 24

Annatjie Terblanche 26

Karien Dirks 29

PJ Barnard 30

Dateer asb jul inligting met ons op.Ons vra onverskoning indien ons

enige person uitgelaat het. Baie geluk aan almal wat ‘n

verjaardag of herdenking vier!

Page 18: Jakaranda Junie 2018 4 Ster.pdf · wedstryde tussen die streke se Boeppense. Jakaranda het nou wel in die finaal verloor, maar het vir almal gewys dat daar niks fout is met ons skrum

Kampeer plekke vir die res van 2018, Bespreek jou plek

sommer vroegtydig! ….en, Lekker Kamp!