iederark jan.pdf · 2016-01-29 · 31 januarie 2016 iederark ds willem louw ds okkie cilliers (018)...

8
Wat gebeur DV hierdie week….…… 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected] Sondag 31 Januarie Erediens Sondagskool Gr 1-6 Koffiediens 09:15 17:30 Maandag 1 Februarie Gemeente Bestuur ver- gadering 18:00 Dinsdag 2 Februarie Woensdag 3 Februarie Donderdag 4 Februarie Vrydag 5 Februarie Kamp Gr 1-6 Manne biduur 07:00 Saterdag 6 Februarie Uitgawe 3/2016 ‘Waar die hart van vol is. Loop die mond van oor’ - Matt 12:34

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Wat gebeur DV hierdie week….……

31 Januarie 2016

Iederark

Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 Kerkkantoor Tel (018) 294 8121 Faks (018) 294 3900 Webwerf http://www.ngkmiederpark.co.za Epos [email protected] Sendingkantoor [email protected] Jeugkantoor [email protected]

Sondag 31 Januarie

Erediens Sondagskool Gr 1-6

Koffiediens

09:15

17:30

Maandag 1 Februarie

Gemeente Bestuur ver-gadering

18:00

Dinsdag 2 Februarie

Woensdag 3 Februarie

Donderdag 4 Februarie

Vrydag 5 Februarie

Kamp Gr 1-6

Manne biduur 07:00 Saterdag 6 Februarie

Uitgawe 3/2016

‘Waa

r di

e ha

rt v

an v

ol is.

Loo

p di

e mon

d va

n oo

r’

- M

att 12

:34

Page 2: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 2

SENDING GEBEDSVERSOEKE

HOSPITAAL SENDING (Petro Zaayman) Vandag is dit Willie Smit van Mooirivier gemeente en sy groep se beurt om die boodskap by die hospitaal te bring. Bid asb dat die Here hulle werk sal seën. Bid asb vir : Drie vroue wat hierdie week mastek-

tomies gehad het. Iemand van 81 wat beroerte gehad het.

Haar man versorg haar. Bid asb vir hom vir die nodige krag en wysheid elke dag.

BOTSWANA SENDING (Jerry en Magda) Ons eer ons Vader vir genade en ontferming. Dankie vir mildelike reën. Ons vorder met die bou vd Kerk. Die

Here is goed vir ons. Bid asb saam vir goedkeuring vir fondse

waarvoor Willemien aansoek gedoen het vanaf die Botswana regering vir “Farming God’s way”.

Dankie vir genade en herstel van nier-stene laas week.

Boere wat kan plant en in die veld is. Almal help in die veld, so die mense is maar min in die Bybelstudie en dienste.

Saterdagaand is daar ‘n groot by-eenkoms by die kerk waar film vertoon word. Ons vertrou die Here vir ‘n groot siele oes.

VERTIAS SENDING (Ds Dawie en Naomi de Wet) Net ’n vinnige nota vanaf Vrede in die Vrystaat waar ons besig is met die opleiding van sewe kerkleiers van verskillende geloofsgroepe in die omgewing. Baie dankie vir julle voorbidding. Die opleiding is baie geseënd. Die een pastoor merk gister op dat die opleiding vir hom die gevoel gee dat die wolke lig en die son deurbreek. „Ek het nog altyd net oor versies

gepreek. Nou sien ek hoe belangrik dit is om die hele prent te sien.“ Die stilste een in die groep sê toe ons vanmiddag groet: “Ek is so geseënd om hierdie opleiding te kan doen, ek leer so baie.“ As mens sien hoe die Bybel vir hulle oopgaan is die opoffering om hierheen te kom oor en oor die moeite werd. Bid asb vir die res van die week se opleiding.

MALAWI SENDING (Pieter) Pieter skryf: Vandag is dit die eerste keer vandat ek

terug is in Malawi dat dit reën. Dit reën net sag, nie baie nie, maar ons prys die Here. Die mielies is verdroog. Bid asb vir nog baie reën.

Soos seker ook by julle word alles nou baie duur. Ek kon vroeër mielies teen K5000 per sak koop en nou kos dit K13 000 (K = kwatcha). In SA het ek Morvite pap vir die kinders gekoop teen R14. Hier kos hulle R30.

Die mense begin honger kry en om kos te koop is te duur vir hulle. Hier was ’n ouma wat 3 dae gelede laas pap gehad het om te eet. Nou net ’n stukkie brood. Vir die Malawiërs is dit so...... as jy nie pap geëet het nie, het jy niks geëet.

Chelifa, die verstandelik gestremde jong-man se ma is oorlede. Bid asb vir hom. Dit gaan vir hom baie swaar wees om alleen aan te gaan. Sy het hom altyd so mooi bygestaan en gehelp.

Page 3: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 3

HOSPITAAL OPNAMES Wanneer lidmate van die gemeente opgeneem

word in Potch Medi Kliniek, moet hulle asseblief

by opname duidelik meld dat hulle lidmate van die

NG Kerk Miederpark is. Dit maak dit vir die

leraars makliker om hulle tydens die weeklikse

hospitaalbesoeke (Dinsdae en Donderdae) op te

spoor.

GEBEDSVERSOEKE By die sydeur en in die ingansportaal is ’n

houtkassie gemerk ”Gebedsversoeke” As jy

wil hê ons moet saam met jou bid oor ’n

saak of dat ons by jou huis saam met jou

moet kom bid, gooi jou versoek in die

houer en dit sal opgevolg word.

GEBEDSKAMER Ds Okkie is soggens na die erediens in

die gebedskamer beskikbaar indien ie-

mand wil gesels of wil bid.

Sondagaand 7 Februarie om 18:00. Ons gaan ondergronds! Die NG Kerk

nooi alle jongmense (tieners) om saam te trek op die krieketstadion. Ouers word spesiaal genooi om die jeugsaamtrek by te woon! ʼn Kollekte word opge-

neem. (Ons stel ons eie koffiediens die aand af sodat almal kan inval by die geleentheid!)

VAKANTE POS:

VOLTYDSE GEREGISTREERDE MAATSKAPLIKE WERKER

Vereistes:

Suid Afrikaanse burger

Registrasie by SACSSP moet ten volle opbetaald wees

Geldige rybewys [EB/Kode 8]

Tweetalig: Afrikaans & Engels

Rekenaar geletterd

Slegs ‘n verkorte CV aan: [email protected] Faks: 086 696 2072 Sluitingsdatum: 12 FEBRUARIE 2016 Indien nie voldoen aan al die vereiste nie, moet dan nie aansoek doen nie

Page 4: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 4

As daar iets is wat elke ouer nodig het, dan is dit die beste toerusting om hul kinders die

beste opvoeding in die lewe te gee. God se wysheid oor kinderopvoeding, bly die beste,

omdat God die skepper van die huisgesin is. Die leraars wil ernstig pleit dat elke ouer

wie se kinders in Miederpark se jeugbediening ingeskryf is, die kursus oor Vaderskap

sal bywoon. Ons wil versoek dat (indien moontlik) Pa’s en Ma’s dit saam bywoon omdat

julle saam ʼn gedugte span kan vorm.

Dis maklik om ʼn Man te wees, maar waar leer jy om ʼn goeie pa te wees, veral as jy nie

ʼn goeie rolmodel gehad het nie (40% van alle kinders woon vandag nie by hul biologiese vaders

nie!). Boonop bestaan daar bitter min opleidingsgeleenthede vir mans om effektiewe

Pa’s te wees. Sonder dat die gemeenskap dit weet het afwesige Pa’s ( dit sluit pa’s in wat by

die huis is maar te besig is sodat hulle nie aandag aan hul kinders kan gee nie), die grootse probleem

geword wat bydra tot disfunksionele families. Afwesige Pa’s het ʼn enorme impak in die

lewe van kinders!

Kyk na die volgende statistiek (navorsing is in 21 lande wêreldwyd gedoen): 63% van selfmoorde kom van huise met afwesige pa’s

80% van verkragtings wat uit woede en frustrasie gepleeg word, kom van huise met afwesige pa’s

70% van jeugdiges in institusionele inrigtings wat deur die staat bestuur word, kom uit huise met afwesi-

ge pa’s.

85% van kinders met gedragsprobleme kom van huise met afwesige pa’s.

90% van kinders wat rondswerf sonder vaste huisvesting, kom van huise met afwesige pa’s.

71% van kinders wat nie hul skoolloopbaan voltooi nie, kom van huise met afwesige pa’s

Wanneer mans eienaarskap neem om hul lewe en prioriteite te verander en hul ver-

antwoordelikheid en outoriteit beoefen soos God dit bedoel het, kan dit ʼn reuse veran-

dering en impak in ʼn gemeenskap bring.

Nou is hier ʼn Puik toerustingsgeleentheid waar ouers mekaar begelei om

weer die pa en ma te word wat God bedoel het hulle moet wees.

Kursus besonderhede: Wanneer: Elke Dinsdagaand vanaf 6-8nm (2 Feb tot 8Mrt ) en Donder-

dag 17 Maart sluit ons af.

Internasionale kursusmateriaal ontwikkel deur: Cassie Carstens “The

World needs a Father”.

Aanbieder: Ds Willem Louw

Waar: NG Miederpark (h/v Suikerbos en Aarbeilaan, Potch.)

Koste: Materiaal word gratis voorsien (vrywillige donasies welkom)

Registreer vooraf deur jou naam, van en sel nommer per sms te stuur na

ds Willem (sel. 082 340 7549 of e-pos: [email protected] )

Wat elke Pa en Ma moet weet!

Page 5: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 5

Page 6: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 6

Page 7: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 7

Verjaarsdae Februarie

Page 8: Iederark Jan.pdf · 2016-01-29 · 31 Januarie 2016 Iederark Ds Willem Louw Ds Okkie Cilliers (018) 294 8197 (018) 297 7926 082 340 7549 083 262 6783 mond van oor’ Kerkkantoor Tel

Uitgawe 3/2016 Bladsy 8

Redakteur:

Naomi Scheepers

E-pos gerus enige voorstelle, idees of

bydraes na:

[email protected]

(Kritiek Welkom!)