januarie 2014 - sawa.org.za · kamp resep grap jas sawa toer lief en leed hallo sawanante. ......

14
Januarie 2014 Lees Binne Koppisol Kamp Nuus Die Voorsitter Fotos 1 Fotos 2 Fotos 3 Senior Burgers Blad Advertensie Sawa kuikens Gedagte vir die Maand Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. Ek dink ons kampe is fantasies. Die deelname aan die verrigtinge is fantasmagories en n riem onder die hart vir enige kampkommandant. Dankie aan almal wat so ywerig kampe aanbied en so baie tyd en “EFFORT” insit. En beste van alles, JULLE wat die kampe bywoon! Wat wil jy op die volgende kamp sien? Die bestuur sal graag met jou daaroor wil gesels en kyk hoe ons dit kan akkomodeer. Dit is wat ons kampe lewendig maak en n lekker gees skep vir ons almal om te geniet. Ek hoor ons volgende kamp gaan n rustige een wees. Ons Kamp by Sionbergh en vir die van julle wat hou van baars hengel, die is net die plek vir dit. Bring gerus die vistokke saam! Redaksie Lede 88 Naweek Totale 20 Vaalrivier 18 Besoekers 2 Sawa Vaalrivier

Upload: others

Post on 22-Mar-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Januarie 2014

Lees Binne

Koppisol Kamp Nuus

Die Voorsitter

Fotos 1

Fotos 2

Fotos 3

Senior Burgers Blad

Advertensie

Sawa kuikens

Gedagte vir die Maand

Kamp resep

Grap Jas

Sawa Toer

Lief en Leed

Hallo Sawanante. Ek dink ons kampe is fantasies. Die deelname aan die verrigtinge is fantasmagories en n riem onder die hart vir enige kampkommandant. Dankie aan almal wat so ywerig kampe aanbied en so baie tyd en “EFFORT” insit. En beste van alles, JULLE wat die kampe bywoon! Wat wil jy op die volgende kamp sien? Die bestuur sal graag met jou daaroor wil gesels en kyk hoe ons dit kan akkomodeer. Dit is wat ons kampe lewendig maak en n lekker gees skep vir ons almal om te geniet. Ek hoor ons volgende kamp gaan n rustige een wees. Ons Kamp by Sionbergh en vir die van julle wat hou van baars hengel, die is net die plek vir dit. Bring gerus die vistokke saam! Redaksie

Lede 88

Naweek Totale 20

Vaalrivier 18

Besoekers 2

Sawa Vaalrivier

Page 2: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Hallo Vaalrivier Sawanante en vriende. Die eerste kamp van 2014 by Koppisol is verby en wat ‘n lekker en aangename kamp was dit nie. Ek wil net vir die kampkommandante asook vir Carine wat gehelp het as sekretaresse, baie dankie se vir hulle harde werk en aandeel om die kamp so aangenaam en lekker te maak. Reinette en Neels is op’ n bootreis en ons vertrou dat hulle dit baie geniet. Die kinders het die se vermaak geniet . Die grootmense asook van die kinders wat saamgespeel het tydens die Bingo spel Saterdag middag het dit terdee geniet. Ons het baie gelag en pret gehad. Die wenner het ook ‘ n prys gewen. Dit was die beste uit drie en die wenner het twee van die drie gewen. Saterdagaand het almal gekuier en saamgebraai met hulle families en vriende. Sondagoggend is daar Sondagskool gehou vir die kinders. Baie dankie ook vir almal wat daarby betrokke is en dit so met liefde vir die kinders aanbied. Daarna het ons na die kerkdiens op TV op die Kyknet kanaal van die lewende woord Alberton met prediker Andries Enslin geluister wat ‘n baie goeie boodskap gelewer het. Dit word al hoe moeiliker om ‘n predikant te kry vir Sondae se erediens tydens ons kampe. Soos die meeste van julle reeds weet bied van ons lede self van tyd tot tyd ‘n diens aan maar dit is ook nie reg dat net ons dit doen nie. In die toekoms sal van ons lede steeds dienste hou maar ons gaan meer van die TV dienste gebruik maak asook boodskappe wat opgeneem op CD luister. Dit se nie dat ons nou glad nie meer gaan probeer om’n predikant te kry nie maar indien nodig sal dit ons ander opsies wees. Indien daar van julle lede is wat weet van julle predikante wat ons kan nader stuur asseblief vir ons die name en kontak besonderhede en ons sal dit opvolg. Daar is nog ‘n probleem wat ook aandag geniet en dit is ons volgende kamp in Mei maand by AMIGO”S. Die dam is nou so leeg dat dit nie moontlik sal wees om ‘n visvang naweek daar te kan aanbied nie. Die area het ook ‘n droogte en water tekort en mag op die stadium geen tuine natspuit of enige besproeings doen nie. Ons hou die situasie dop en sal die lede laat weet as ons die kamp na ‘n ander oord sal skuif. Die huidige brandstof prys raak ‘n probleem asook vir persone wat eers laat Vrydagmiddag by die huis kom om dan nog na die kampplek moet ry wat veroorsaak dat minder lede die ver kampe bywoon . Ons wil graag vir almal ‘n geleentheid gee om die kampe by te woon. Ons as bestuur sal graag julle mening hieroor wil weet. Stuur asb. enige terugvoering na myself of die sekretaresse ( Reinette). Ons is op die stadium maar ‘n klein groepie wat gaan toer vanaf 13-02-2014 ,en ons sien baie uit daarna. Onthou dat ons streekkamp op 21-02-2014 nou by Sionbergh is en NIE by die Leeuplaas nie. Die verlore seun wat soek was in ons vorige Kekkelbek het toe ook die naweek saam met ons geniet. Ons almal het hom met ‘n groot gejuig terug verwelkom. So hou ons soektog na vermiste persone in die Kekkelbek dop en help soek. Namens myself en al die bestuurslede wil ons net vir julle almal baie dankie se vir die lekker kampe wat ons saam geniet. Die wat nog nie die nuwe gees van SAWA Vaalrivier ondervind het tydens ons kampe nie JULLE MIS BAIE!!!!!. SAWA groete. Sien julle almal by ons volgende saamtrek. Henry Hartslief.

Page 3: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active
Page 4: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active
Page 5: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Sarie wen n prys

Nuwe lede! Francois wen n prys

Frans wen n prys

Dankie julle!

Page 6: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active
Page 7: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Stuur jou advertensies na [email protected]

Tel: 016.362.0017 / Faks: 016.362.0095 / Sell: 083.455.3580 / www.autoclinic.co.za [email protected] / 60 Mitchell weg, Meyerton, 1961

Ons koop en verkoop woonwaens en waentjies. Kom sien ons gerus vir goeie waardes. Ons roem ons daarop om goeie diens, met uitmuntende vriendelikheid te lewer.

Finansiering is beskikbaar:

FSP no: 19417

Page 8: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Spikkel As jy na die prent van Spikkel kyk, sal jy dink dat hy dalk groterig is. Maar eintlik is hy baie klein. Hy is so klein dat jy hom amper nie eens kan sien nie. Hy is net ‘n spikkel. En dis die hele probleem… Wanneer Spikkel op ‘n blaar sit, sluk die ou skilpad hom amper sáám met die blaar in, want hy sien hom nie daar nie! En wanneer Spikkel teen die stam van die boom sit, kom skuur Woef die hond hom amper van die stam af, want hy sien hom nie daar nie! Dis vreeslik gevaarlik om ‘n spikkel te wees. “Ek wens ek was nie so klein en spikkelrig nie,” sug Spikkel een dag toe hy op ‘n grasspriet sit. ‘n Kewertjie wat daar naby verby kruip, hoor hom. Die kewertjie kyk mooi en hy kyk weer. En dan sien hy vir Spikkel daar op die grasspriet. “O, dis jý wat so praat,” sê die kewertjie. “Ek het jou amper nie eens gesien nie.” “Dis die hele probleem…” sug Spikkel. “Niemand sien my nie. Ek is eintlik heeltemal alleen.” “Ek verstaan wat jy bedoel…” sê die kewertjie. “Miskien kan ek jou help om aan ‘n plan te dink.” Die tweetjies dink en hulle dink. “Miskien kan ons ‘n groot rooi ballon aan jou lyfie vasknoop…” sê die kewertjie. “En dan sal almal weet waar jy is.” Maar toe hulle die ballon wil vasknoop, sien hulle sommer gou dat dit nie gaan werk nie, want Spikkel is heeltemal te klein en te spikkelrig – die ballon wil hom sommer in die lug in opvat! “Ek weet,” sê die kewertjie nou. “Miskien kan ons vir jou vreeslike swaar skoene aantrek wat so klipklop raas oral waar jy loop! Dan kan almal sommer hoor as jy naby is.” Maar o aarde, met sulke swaar skoene kan ‘n spikkelrige klein dingetjie soos Spikkel glad nie eens loop nie! Dis heeltemal te swaar! Weer dink die kewertjie en Spikkel baie hard. En net toe Spikkel dink hulle gaan nooit aan ‘n plan kan dink nie, kry die kewertjie die beste plan wat daar nog ooit was. Dis ‘n bielie van ‘n plan, ‘n blink plan, ‘n wonderlike idee! “Jy kan op my rug ry – oral waar ek gaan!” roep die kewertjie. “Dan sal jy nie meer alleen wees nie, en ek sal nie meer alleen wees nie, en oral waar jy gaan sal almal weet jy is daar, omdat hulle vir my kan sien. En ek en jy is saam.” En dit is presies wat gebeur het met die Spikkel en die kewertjie… van daardie dag af aan.

Liewe Sawa Maats Wanneer weet ons wie is oupa smurf? Hy is die oudste , jy herken hom aan sy rooi mussie , broek en sy lang wit baard. Dankie dat jul maats so mooi na al ons SAWA oupas kyk Groete Saartjie

Page 9: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Bly ons het ons verlore Sawanante

gevind.

Wanneer laas het ons hulle op n kamp gesien?

Page 10: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

BREEK UIT EN LÉÉF... WANT GOD IS ORAL In die Britse Museum is daar ’n landkaart wat uit die sestiende eeu dateer. Oral op die kaart is daar, in ooreenstemming met die opvattings van die tye, sketse en byskrifte aangebring as waarskuwings vir voornemende reisigers. Op party plekke staan geskryf: “Hier bly reuse.” Op ander: “Pasop vir die drake.” En nog ander: “Hier woon vuurspuwende skerpioene.” Hoewel die waarskuwings meeste reisigers afskrik, het dit ’n ander effek op die wetenskaplike, sir John Franklin gehad. Nadat hy die kaart vir ’n geruime tyd lank bestudeer het, het hy elk van die waarskuwings doodgetrek en regoor die kaart geskryf: “God is oral.” Nie een van ons is gevrywaar dat gerugte van “drake, reuse en vuurspuwende skerpioene” (in die vorm van finansiële druk, siekte of uitdagings by die huis of werkplek) op pad mag kruis nie. Tog, wat is jou reaksie wanneer dit kom? Laat jy toe dat vrees jou lamlê en hoop vir ’n beter toekoms uit jou wese gepars word? Of herinner jy jouself, soos Sir John Franklin, dat God, Hy wat nooit verander nie, jou toekoms ken en reeds die antwoorde op elke uitdaging het? In Spreuke 15:3 skryf die Spreukedigter: “Die Here sien oral...” In Lukas 10:19 sê Jesus: “Kyk, Ek het aan julle die mag gegee om op slange en skerpioene te trap en om die vyand met al sy geweld te oorwin, sonder dat iets julle enige leed aandoen.” En in Johannes 10:10 sê Jesus: “Die dief kom net steel en slag en uitroei; Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê en dit in oorvloed.” Wat is jou uitdaging vandag? Voel dit asof dit besig is om die oorhand in jou lewe te kry? Daar is hoop. God is oral. Jesus het aan ons die outoriteit gegee om oor elke “reus, skerpioen of draak” te heers en te danke aan Hom kan ons losbreek en ’n lewe in oorvloed begin leef. Kom ons plaas ons oë in nuut op Hom met die wete dat Hy ons deur elke uitdaging sal dra. Sterkte!

Wat dink julle van die “soen groet” op SAWA kampe. Laat weet ons.

Page 11: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Pretzel Hot Dog Buns Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active dry yeast 2 tablespoons unsalted butter 2 small cloves garlic, grated 3 cups all-purpose flour, plus more for dusting 1 cup bread flour 1/2 cup baking soda Pretzel salt or coarse ground sea salt, for sprinkling In a small saucepan, heat the milk, 1/2 cup water, sugar and honey to 105 to 110 degrees F. Add to the bowl of a stand mixer. Sprinkle the yeast over the water mixture and wait for at least 10 to 15 minutes until the yeast blooms. In a separate saucepan over medium heat, add the butter and garlic and cook until the butter is melted and the garlic is fragrant, 2 to 3 minutes. Combine the all-purpose flour and bread flour in a mixing bowl. Add the flour mixture to the bowl with the blooming yeast, and then add in the melted butter and garlic mixture. Mix on medium speed until the dough has come together and is smooth and elastic in texture and pulling away from the sides of the bowl, 5 to 7 minutes. Line 2 baking sheets with silicone mats. Turn the dough out onto a lightly floured cutting board and form into a ball. Cut into 4 equal pieces, and then cut those in half to form 8 equal pieces. Using your hands, roll each piece into a ball and place onto a prepared baking sheet. Cover with a dish cloth and let them rest in a warm place for 12 to 15 minutes. Once rested, lightly dust your work surface again and roll the balls into 7-inch logs. Place onto the other prepared baking sheet, cover, place back in the warm spot and let rest for an additional 30 minutes. Preheat the oven to 425 degrees F. Place one oven rack high and one low. Line 2 more baking sheets with silicone mats or parchment paper. In a large pot, bring 8 cups water to a boil, and then add the baking soda. In batches, place the dough in the water and cook for 30 seconds on each side. Using a slotted spatula, remove the logs and place onto the prepared baking sheets. Sprinkle the logs with pretzel salt as they come out of the water, to ensure the salt sticks. Then cut 3 diagonal slits on top of the bread, not too deep. Bake for 10 to 13 minutes, rotating between the top and bottom racks of the oven halfway through the cooking.

Page 12: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Kampe vir 100% bywoning 1. Agustus 2013 AJV Koppisol 2. 25-27 September 2013- Eastco Parys 3. 25-27 Oktober 2013 - Sionbergh 4. 21-23 November 2013- Klipdraai Kersboom 5. 24-26 Januarie 2014- Koppisol 6. 21-23 Febuarie 2014- Sionbergh 7. 25-27 Julie 2014- Koppisol

Presidente tel vir n joker.

Page 13: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Groete Francois Pretorius

SAWA Vaalrivier se mini Vrystaat toer Ons toer gaan begin op 13 Februarie wanneer ons koers kies na Reitz toe. Ons kamp vanaf Donderdag af by Bass Feather lodge. Die oord is 7 kilometers buite Reitz. Ons gaan dan almal die BIELIE MIELIE FEES bywoon oor die naweek. Almal se smaak verskil en elkeen kan dus deur die fees program werk om dan te sien wat hulle wil bywoon. Die oord het n dam vir die van julle wat net wil hengel oor die naweek. Die kostes per nag is R140 per staanplek en R30 per persoon bo 12 en R20 vir n kind onder 12. Distansie vanaf Vereeniging – 170 km Maandag oggend 17 Februarie vertrek ons in konvooi na Meiringskloof in Fouriesburg waar ons dan vir die week sal bly tot en met Vrydag oggend. Hier is fantastiese plekkies om te ontdek. Daar is ook n dam vir hengel en baie grotte om te gaan ontdek. Oom Attie het vir ons n plekkie gekry wat verskeie oudhede het wat ons na sal kyk op Dinsdag. Daar is selfs 4 trek roetes vir die manne wat dit wil aanpak. Kostes is R90 per persoon vir die eerste 2 en R40 per persoon daarna. Kinders is R22. Distansie vanaf Reitz – 90 km Hier vertrek ons weer teen Vrydag oggend 21 Februarie en ry al die pad terug na Sionbergh naby Heidelberg wat dan ook as n streek kamp sal dien. Beraamde kostes vir die toer vir 2 mense. Bass feather lodge – R 200 X 4 = R800 Meiringskloof – R 180 X 4 = R720 Sionbergh – R170 X 2 = R340

Page 14: Januarie 2014 - sawa.org.za · Kamp resep Grap Jas Sawa Toer Lief en Leed Hallo Sawanante. ... Sandwich king 1 cup milk 1/4 cup light brown sugar 2 tablespoons honey 1 packet active

Lief • Saartjie - Matriek 2013 geslaag met Universiteits Studietoelating! • Ansie is gekies vir die IPTs Juniorspan vir Axi-netbal Toer wat in einde Maart, begin April gebeur. Leed • Annetjie Kloppers- operasie • Eugene en Beverley Ferreira - Seun was in ongeluk maar het gelukkig nie seer gekry. • Fanie Bezuidenhout - bosluiskoors • Hannetjie Boshoff - Kanker is weer aktief. Haar suster is oorlede • Reinette Kriel - Pa nog steeds siek, maar dit gaan goed onder omstandighede

Datum Kampplek Tarief 14 - 25 Febuarie 2014 Mini Toer

20 – 22 Maart 2014 Aasvoelkrans

17 – 21 April 2014 Presidente

VOORSITTER: Henry Hartslief

0824191505 e-pos: [email protected]

ONDERVOORSITTER:

Reney Connoway 0847641289

e-pos: [email protected]

SEKRETARESSE: Reinette Kriel 0823587588

e-pos: [email protected]