januarie maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › dissipel...januarie — maart...

16
Januarie Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4 Kosbare Pêrels 5 Nuwe Projek 6 Lesotho Uitreik 7 MC Coetzee 89 Kruis Media 10 Stukkie Wysheid 11 Nuus uit Malawi 12 Dissipel Dear Lord 13 Uit die Dominee se pen 14-15

Upload: others

Post on 04-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

Januarie — Maart 2014

Sending Binne

Voorwoord 2

The Difference 3

King Fisher Hengelkompetisie

4

Kosbare Pêrels 5

Nuwe Projek 6

Lesotho Uitreik 7

MC Coetzee 8—9

Kruis Media 10

Stukkie Wysheid 11

Nuus uit Malawi 12

Dissipel

Dear Lord 13

Uit die Dominee se pen

14-15

Page 2: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

2

VOORWOORD VAN DIE VOORSITTER

Aan die begin van elke jaar is ons in die sendingbediening baie opgewonde oor dit wat God

in gedagte het vir die onbereikte massas, ons sendelinge en evangeliste se bedieninge en vir

elkeen wat op sy en haar besondere manier betrokke is by sending. Ons het as rentmeesters

van hierdie enorme sending die verantwoordelikheid om jaarbeplanning so noukeurig

moontlik te doen, maar ervaring het geleer dat God se beplanning ons sin by verre oortref

met geestelike en materiële seëninge op plekke en tye wanneer ons dit die minste verwag –

prys Sy Naam! Hiervan getuig die liefdesverhaal tussen pa en dogter op bl. 5 van hierdie

uitgawe.

Daar is meer as genoeg geleenthede om betrokke te raak by sendingsaktiwiteite vanjaar en sodoende ‘n bydrae te lewer tot God se Koninkrykswerk. Sommer vroeg in Februarie skop ons af met ‘n hengelkompetisie wat tergelykertyd dien as ‘n opbouende sosiale geleentheid asook ‘n fondsinsameling vir sending. Indien jy meer van fietsry hou kan jy ook aan ‘n soortgelyke aksie deelneem wanneer ‘n splinternuwe projek – bergfietsrenne – afskop later vanjaar. Ons stel u graag nou al in kennis van ons eerste van vele korttermynuitreike, nl. na Lesotho onder leiding van MC en Lezelle Coetzee gedurende die April vakansie. Maak seker jy loop nie die unieke geleentheid mis om die Here te dien in een van die mooiste bebergde gebiede in Suider Afrika nie. Ons sendingsprofiel in hierdie uitgawe handel ook oor MC en op watter besondere wyse die hele Coetzee gesin saam sendelinge vir Christus is. Van almal hier by die sendingkantoor, mag 2014 ‘n besondere jaar van geestelike vernuwing

en verdieping wees aan elk van ons lesers.

Groete in Christus,

Ché

Page 3: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

3

Page 4: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

4

King Fisher

Hengelkompetisie

Datum: 8 Februarie 2014

Plek: Klipdrift dam

Kostes: R250 per pen

(2x persone)

Daar is groot pryse wat

gewen kan word!!

Vir verdere inligting skakel die kantoor gedurende

kantoorure of stuur ‘n epos aan

[email protected]

Page 5: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

Jenny, vyf jaar oud, het met haar eie geldjies ‘n string wit pêrels van

R30 gekoop. Die pêrels het haar groot en mooi laat voel en sy het dit

baie gedra. Jenny se pa was baie lief vir haar, en een aand na

storietyd vra hy: “Jenny, is jy lief vir my?” “Ja, Pappa, baie!”

antwoord sy.“Nou gee dan jou pêrels vir my, toe?” “Nee, Pappa, nie

my pêrels nie! Maar Pappa kan my wit perdjie daar op die bedkassie

kry…” “Nee, dis oukei, skat. Lekker slaap. Pappa is lief vir jou!” ‘n

Week later na storietyd vra hy haar dieselfde vraag. Haar antwoord

is dieselfde, en weer wil sy nie haar pêrels vir haar pa gee nie.“Pappa

kan my pop met die pienk rok kry. Sy kan huil en bottel drink!”

“Toemaar, skat. Ek sal nie jou pop vat nie. Lief vir jou! Lekker slaap.”

‘n Paar aande later stap hy by Jenny se kamer in. Sy sit kruisbeen op

haar bed. Toe hy nader kom, sien hy haar kennetjie bewe en ‘n groot

traan rol oor haar wang. “Wat is verkeerd, Jenny?” vra haar pa. Sy

steek haar handjie uit en gee die boksie met die pêrels in vir hom.

“Hierso, Pappa, dit is vir jou,” sê sy met ‘n bewerige stemmetjie.

Met trane in sy oë vat Jenny se pa die goedkoop string pêrels. Met

sy ander hand haal hy ‘n fluweelboksie met ‘n string egte pêrels uit

en sit dit vir haar aan. Hy het dit al die tyd gehad, maar hy het ge-

wag dat sy die goedkoop pêrels vir hom gee sodat hy vir haar die

ware skat kon gee. So is dit ook met God. Hy wag vir ons om die

goedkoop dinge in ons lewe prys te gee, sodat Hy vir ons geskenke

van onskadbare waarde kan gee.

Kosbare Pêrels

5

Page 6: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

6

Die sendingkantoor wil graag hierdie jaar se nuwe

projek aan u bekendstel.

Daar word 3 bergfietswedrenne vir 2014 beplan. Die

doel daarmee is om mense saam te bring, saam fiets te

ry en net die wonder van God se natuur te aanskou.

Ons sien baie uit daarna!!

Verdere inligting sal met die volgende Dissipel aan u

deurgegee word.

Page 7: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

7

Lesotho 2014 Maak ‘n verskil … kom raak deel ...

26 — 29 April

Daar is ‘n plek vir jou ….

JesusFilm/Kinderbediening/Perdebediening

Mediesespan/Gebedspan/Kosspan/

Kreatiwiteitspan/ Bergfietsevangelisasie

Page 8: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

8

MC is gebore op 14 Maart 1968 in die Queen Victoria Hospitaal in Johannesburg. Hy het in

Laerskool Muldersdrif skool gegaan en is later na die Tegniese Hoërskool Nic Diedericks. As

jy hom vra wat die lekkerste herinnering van sy kleintyd was, antwoord hy: “My ouma-hulle

het saam met ons op die plot gewoon in Muldersdrif. Die familie het altyd daar saamgetrek.

Na ‘n bedrywige dag van speel saam met nefies en lekker eet, het hulle onder die koffietafel

aan die slaap geraak terwyl die grootmense lekker gesels het”. Na skool het hy sy N6 gedoen

en by RAU sy Teol.Hons graad verwerf. Hy het sy weermag opleiding gaan doen en later by

die lugmag aangesluit. Hy was gekeur om ‘n vlugingineurkursus te doen toe hy ervaar dat die

Here hom roep om Sy werk te doen.

MC en Lezelle is al 20 jaar getroud en het twee pragtige kinders. Chane (15) en haar boetie

Michael (13) het basies op die sendingveld groot geword. So klein soos wat hulle was, het

hulle saam met die studente avontuur aktiwiteite aangepak en het geen bang haar op hulle

koppe nie. Abseiling, riverrafting, highropes, ens, kan hulle al op hulle CV skryf a.g.v die

uitreike wat hulle saam met studente gedoen het. Michael is mal oor sport, maar soos hy sê:

“Rugby and underwater hockey is my thing, but Jesus is my King”. Chane speel graag hokkie

en is die atleet in die gesin.

Lezelle is voltyds saam met MC in die bediening betrokke en op die “side line” bestuur sy die

Run/Walk For Life tak in Potchefstroom. Sy sien dit ook as ‘n plek waar sy iets kan beteken

vir die lede.

Hulle gunsteling tydverdryf as gesin is om op Vrydae-aande ‘n groot bak springmielies te skiet

en lekker rustig ‘n gesins DVD te kyk. Hulle hou ook daarvan om water toe te trek met pa se

baie ou “windsurfer” en om in die aande as gesin saam ’n koppie koffie te drink voordat

almal bed se kant toe staan. Dit is vir hulle baie kosbaar.

Page 9: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

9

MC vertel dat die kinders se waagdurf hom baie op sy senuwees maak. Hy hanteer dit nie

goed nie en moet dikwels wanneer hy kalmeer het, die kinders roep en hulle‘n drukkie gee.

Hy sal dan aan hulle verduidelik waarom hy so opgewonde geraak het. As MC ‘n verskriklike

afdag het, sal hy graag vroeg in die oggende gaan stap met “Bella” sy Bull Terrier. Hy luister

ook graag na lofprysingsmusiek of gaan sit graag in sy kantoor met ’n lekker koppie

boeretroos. Hy is lief vir diere en beskou elke dier as ‘n wonderwerk en geniet dit om hulle so

naby as moontlik in hulle natuurlike habitat dop te hou.

MC is al amper 14 jaar betrokke by sending. Die sending het hom geleer om dankbaar te wees

vir wat hy het, vir die geleenthede wat hy gehad het en die bewuswording dat ‘n mens eintlik

met min kan klaar kom. Van sending geniet hy die uitreike die meeste. Dit het sy uitkyk op

die lewe baie verander. Hy is ‘n baie diep, kreatiewe en rustige mens. Hy is baie van die huis af

weg en dit is soms vir hulle as gesin moeilik, veral toe die kinders nog kleiner was.

MC is op die oomblik baie betrokke by World Outreach International. Dis ‘n internasionale

sending organisasie wat sendelinge regoor die wêreld het. Die hooffokus van die organisasie is

om die evangelie uit te dra aan mensegroepe wat nog nie die evangelie gehoor het nie.

Sy droom vir die sending is, dat kerke hande sal vat en saam sal uitreik. Dat lidmate van

gemeentes opgelei sal word om draers van die woord te wees en dat die gemeentes hulle sal

uitdaag om dit wat hulle hoor in hulle eie lewens toe te pas.

Page 10: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

Die gemeente se boekwinkel bied ‘n

groot verskeidenheid Christelike

boeke, kinderboeke, Bybels, CD’s en

DVD’s wat beskikbaar is teen baie

goeie pryse!

UITVERKOPING

-50% afslag op uitgesoekte

voorraad.

Oop

Maandag — Vrydag

9:00 — 13:00

Saterdag

9:00 — 11:00

10

Page 11: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

11

Page 12: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

12

12

Ons het ‘n baie Geseënde Kersfees en nuwe jaar beleef!

Een ding wat vir my uitstaan is dat die gelowiges van verskillende Bybelstudies nou graag die ander groepe wil besoek en ondersteun.

By die huis gaan dit tans moeilik. Daar is baie druk van verskillende rigtings op die gemeenskap en die gelowiges. Hulle het baie gebedsondersteuning nodig. Ek kan veral vra dat julle spesifiek vir Patuma, Doricas en Catherin sal bid.

Wat die groentetuin betref, staan alles doodstil. Die mense is tans so besig om in hulle eie mielielande te werk dat hulle nie tyd of energie oor het vir die groentetuin nie. Ek probeer hulle maar aanspoor en ondersteun waar ek kan.

Ons het nog nie veel reën gehad nie. Die bietjie reën wat by ons geval het, was net genoeg om die mielies en soja’s aan die gang te hou. Ons het nog baie reën nodig!!

Hier is nuwe dinge wat by ons besig is om te gebeur en hier is baie invloede wat nooit hier was nie. Weens die onkunde van die mense, gryp hulle die verkeerde dinge aan.

Ek glo dat ons as kinders van God daar moet wees om ander mense te help. Ons moet nie net oë toe knyp en maak asof ons niks gesien het nie. Dit is nodig vir my en die gemeente in Mpalume om ander te help om die daaglikse gevare raak te sien, sodat hulle ook Jesus in hulle lewens kan innooi.

Bid asseblief vir ons elkeen vir wysheid van die Here af en dat Hy ons sal bystaan in alles wat ons doen.

Groete

Pieter Loots

Page 13: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

13

Page 14: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

Jy kan ‘n verskil maak, net daar waar jy is!

Een van die drome van ons gemeente is dat elkeen soos ‘n ware dissipel van Jesus Christus sal

leef. Dissipel wees beteken ek volg Jesus se voorbeeld. Oral waar ek kom leef ek my

Christelike waardes uit. Veral daar waar ek elke dag werk en beweeg! Ons kan maklik in die

slaggat trap om te dink die evangelie kan net oor taal en kultuurgrense in lande wat daar vêr

is, uitgedra word. Ons kan so maklik besig word, en in ‘n gewoonte kom om nie die

geleenthede raak te sien wat God elke dag oor ons pad bring nie.

Emmers vol liefde het n verskil gemaak! Ek raak elke keer opgewonde as ek verhale hoor van gemeentelede wat die geleentheid om ‘n verskil in iemand se lewe te maak raaksien! Daar was bv. talle gemeentelede wat die afgelope November/Desember die geleentheid raakgesien het om ‘n emmer voedsel te skenk vir ons gemeente se projek, “Emmers vol liefde” (Daarvoor sê ons uit ons hart uit opreg dankie!). Met die ongeveer vyftig emmers kos wat die sendingkantoor ontvang het, kon ons ‘n groot verskil maak. Elkeen wat deur ons gemeente se noodbank ondersteun word, kon weer vanjaar ‘n emmer voedsel as geskenk ontvang.

Ons het ook verder gegaan en vanjaar besluit om die res van die emmers vir Huis Hebron te skenk. Huis Hebron is geleë op die pad na Vereniging net buite Potchefstroom. Dit is hoofsaaklik blankes wat daar tuisgaan. Die meeste het geen tuiste nie en is werkloos. Een van ons gemeente lede, Harry Swart, is reeds geruime tyd besig om die inwoners van Huis Hebron te bedien.

14

Uit die dominee se pen Deur Ds. Willem Louw

Hier is Harry Swart besig om emmers af te laai

Page 15: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

Ons het hierdie geleentheid raakgesien om ook Harry se bediening in huis Hebron te ondersteun. Dit was ‘n lekker ervaring om te sien hoe die inwoners opgewonde help om die emmers af te laai. Iemand het opgemerk: “Ek kan nie onthou wanneer laas ek blikkieskos geëet het nie!” Daar was groot opgewondenheid.

Harry het stil-stil vrywillig betrokke geraak by

Huis Hebron. Hy is ‘n pragtige voorbeeld van

dissipelskap. Tydens my besoek aan Huis

Hebron, het Harry vertel hoe hy gereeld Huis Hebron besoek en ‘n geestelike boodskap aan

die inwoners bring. Harry is ‘n tipiese voorbeeld hoe elkeen van ons in die omgewing waar

ons werk ook ‘n verskil kan maak!

2014 is die jaar waarin ons almal ‘n praktiese verskil vir die Here wil maak! Hou jou oë oop, bid en vra die Here om jou geleenthede te wys waar jy by Sy plan kan aansluit en ‘n dissipel kan wees! (As jy ʼn mooi storie het oor waar jy besig is om ʼn verskil te maak, kontak ons sendingkantoor en ons plaas graag iets oor jou storie. So kan ons mekaar aanspoor!)

15

Almal dankbaar vir die emmers

kos wat hulle ontvang het.

Page 16: Januarie Maart 2014 - ngkmiederpark.co.za › pdf2014 › dissipel › Dissipel...Januarie — Maart 2014 Sending Binne Voorwoord 2 The Difference 3 King Fisher Hengelkompetisie 4

Indien u ’n finansiële bydrae tot Sending wil maak, kan u die sendingkantoor skakel

tussen 7:30 tot 13:00 vanaf Maandag– tot Vrydag, of ‘n e-pos aan die sendingkantoor

stuur.

Ons kontakbesonderhede is as volg:

Tel nr : 018 - 294 6900

E-pos: [email protected]

U bydrae kan by die sendingkantoor inbetaal word, of u kan ‘n elektroniese oorplasing

maak aan:

Miederpark Sending

Absa Bank

Takkode 632005

Rek nr 405 041 9146

BAIE DANKIE BY VOORBAAT VIR U BYDRAE.

MAG DIE HERE U RYKLIK SEËN!