jersey sa · klassifikasies 2015 -afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. elke...

5
JERSEY SA Nuusbrief Foto: Met vergunning van Nico v Rensburg Mei/Junie - 2015

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JERSEY SA · Klassifikasies 2015 -Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke streek word 2 keer per jaar besoek deur n Jersey SA klassifiseerder. Die streke is:

JERSEY SA Nuusbrief

Foto: Met vergunning van Nico v Rensburg

Mei/Junie - 2015

Page 2: JERSEY SA · Klassifikasies 2015 -Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke streek word 2 keer per jaar besoek deur n Jersey SA klassifiseerder. Die streke is:

Jersey SA Kontak besonderhede: Tel: 051 430 8020

Faks: 051 430 7719 Epos: [email protected]

Belangrike Datums Julie 2015

22 Julie – Suid-Kaap Jerseyklub Inligtingsdag

Klassifikasies 2015

Suid-Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke

streek word 2 keer per jaar besoek deur ‘n Jersey SA

klassifiseerder.

Die streke is:

Streek Besoekmaand 1 Besoekmaand 2

Gauteng, Limpopo,

Mpumalanga

Januarie Julie

Noordwes, Noord Kaap Februarie Augustus

Suid-Kaap en dele van

Overberg

Februarie Augustus

Natal en dele van

Mpumalanga

Maart September

Overberg en Wes-Kaap Maart September

Oos-Vrystaat April Oktober

Oos-Kaap Mei November

Noord- en Wes Vrystaat Junie Desember

Elke teler in die streek wat besoek word, word 2 weke voor die

besoek skriftelik in kennis gestel van die datum en tyd van die

besoek.

Nuus uit die Overberg

Die bestuur wil vir u die volgende inligting deurgee vir u kennisname: 1. Die Overberg Klubkampioenskappe vind plaas

tydens die Megaweek en wel op 16 & 17 September

2. Die Kuddekompetisie vind plaas vanaf 28 September tot 1 Oktober

3. Die jaarlikse miniskou sal weer DV in Februarie 2016 plaasvind

LEDE ADVERTENSIES

’n Genomies getoetste bul te koop uit ‘n

Deense beproefde koei familie.

Geboorte datum 14-04-2014.

Kontak [email protected] vir

besonderhede.

Joyful Jerseys het die volgende diere beskikbaar

om te verkoop:

Vers – Geïnsemineer met Legal sexed

semen, verwagte kalf datum 18/11/15.

Vaar: Eclipes-P – Prys R 10 000

Vers – Geïnsemineer met Legal sexed

semen, verwagte kalf datum 18/11/15.

Vaar: Valentino – Prys R 10 000

Kontak vir Firn Hyde by 076 739 9425

Bul te koop

Nondale Celebrity Volvo

Geboorte datum 2014-09-14

SAINET 108

Prys R 7 500 plus BTW

Vir meer inligting kontak Wouter Rabie by

0834676841

Page 3: JERSEY SA · Klassifikasies 2015 -Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke streek word 2 keer per jaar besoek deur n Jersey SA klassifiseerder. Die streke is:

Vanaf SA Stamboek

Die volgende is ‘n uittreksel uit die SA Stamboek Begrotingsvergadering rakende die Dienslewering van

Stamboek:

Dat alles duurder word, is ‘n gegewe Stamboek daarop ingestel om meer koste-effektief te wees in ons dienslewering, sonder om

gebruikersvriendelikheid in te boet: ▪ Poog om elektroniese kommunikasie so vêr as moontlik uit te brei

▪ Die beginsel van “gebruiker betaal”, waar moontlik in te bou en kruissubsidiëring uit te skakel

Voortdurend besig om nuwe verslae saam te stel, gegrond op tegnologiese ontwikkeling. Poog dus om op hoogte te bly van die wetenskap en nuwe ontwikkelings in hierdie verband

Omkeer tye is uiters belangrik en word deeglik gemonitor Sien toe dat alle dienste voldoen aan ICAR vereistes om sodoende internasionale akkreditasie te

behou. Poog voortdurend om telers ingelig te hou en te bemagtig deur:

▪ Advies en ondersteuning aan Genootskappe se tegniese komitees

▪ Kursusse en werkswinkels

▪ Doelgerigte bemarkingsaksies

▪ Besluit om te fokus op kernbesigheid naamlik die aantekening en geloofwaardige

verwerking van registrasie- en produksiedata

Parmalat Top Melk Produseerders

Parmalat wys jaarliks die Top Produseerders wat aan hulle melk lewer aan, gegrond op die gehalte van die melk wat aan

hulle gelewer is. Aspekte wat hulle na kyk vir die toekennings is die gemiddelde bakterieë vlak in die melk, volume melk

gelewer, vlakke van bottervet en proteïene en die somatiese sel telling. Die beoordelaar neem ook seisoenaliteit en

voedsel sekuriteit in ag.

Baie geluk aan die onderstaande Jersey telers wat toekennings ontvang het:

Gerhard v Rensburg

Alfie Louw

Jan Schoonwinkel

Suiwel in Sport Voeding

In ‘n artikel geskryf deur Angela Bentley het sy die volgende baie interessante en belangrike inligting rakende Suiwel

in Sport Voeding gegee:

Sjokolade melk is ‘n ideale drankie om te herstel na oefening

‘n Porsie suiwel (250ml melk/maas; 175 ml jogurt of 40g kaas) voorsien 15g koolhidrate, 7 g protein, vloeistowwe en elektroliete benodig vir hidrering.

Suiwel het ook ‘n stadige vrylatings vlak van energie wat bloedsuikertekort verhoed Suiwel kan dus ‘n goeie alternatief maak as sport drankie omdat dit die nodige koolhidrate en elektroliete bevat soos in sport drankies gevind.

Page 4: JERSEY SA · Klassifikasies 2015 -Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke streek word 2 keer per jaar besoek deur n Jersey SA klassifiseerder. Die streke is:

JERSEY SA ITEMS TE KOOP

Pryse

Pette – R 75

Hemde – R 140

Penne – R 8

Buckle – R 130

Die volgende items werk op bestellings basis:

Swart baadjie – R 400

Flitslig & Knipmes stel – R 160

Moulose Fleezy Baadjie – R 230

Page 5: JERSEY SA · Klassifikasies 2015 -Afrika is huidiglik in 8 klassifikasie streke opgedeel. Elke streek word 2 keer per jaar besoek deur n Jersey SA klassifiseerder. Die streke is:

Klubvoorsitters Kontak Besonderhede

Highveld Club Darren Hutchinson 082 829 4284

Noord VS Klub Cobus Behrens 082 493 8809

Eastern Cape

Club

Gerhard v Rensburg 082 376 5038

Drie Provinsies

Klub

Riaan Jacobs 082 371 8143

Kaapse Jersey

Klub

Rikus v Wyk 084 422 2111

Outeniqua Klub Nico van Rensburg 083 635 9907

Overberg Klub Albert Myburgh 082 567 7841

Natal Club Arno Theron 082 444 0362

Suid-Kaap Klub Pieter v Deventer 082 456 1209

Royal Skou 2015

Die Royal Skou is gehou die jaar op 3 Junie 2015 soos altyd by die Pietermaritzburg Skougronde. Die Resultate vir die

geleentheid is as volg:

Groot Kampioenkoei; Interras Kampioen; Kampioen Jongkoei; Beste Uier op die skou; Kampioen Jong Koei

Uier – Sh’Ma Headline Anene – JW Lotz

Reserwe Groot Kampioen; Senior Kampioen Koei; Reserwe Senior Kampioen Uier – Voorloper Iatola Jacomie

– JW Lotz

Reserwe Beste Uier op Skou; Senior Kampioen Uier – Baldinnie Sienhoe Future Platter – Glenfern Estates

(Pty) Ltd

Kampioen Hoë Produseerder – Tetbury T Bone Lobellia – GJ & VA Holmwood

Reserwe Senior Kampioen – Rubicon Country WIlamena – JA Theron

Reserwe Jongkoei Kampioen; Reserwe Jongkoei Uier - Glen Gowrie Zuma Shae – FB Williams

Kampioen Vers – Tetbury Vernon Gina 4th – GJ & VA Holmwood

Reserwe Kampioen Vers – Tetbury May Las 10th – GJ & VA Holmwood

Groot Kampioen Koei – Sh’Ma Headline Anene Reserwe Groot Kampioen Koei – Voorloper Iatola Jacomie