jesus christus lig! hartklop - ngk onrusrivier · 2017. 6. 24. · warm klere, vader, dankie dat...

6
VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE 1 KORINTIËRS 13 (GELOOF, DEUR LIEFDE, TOT DADE) Hierdie week vier ons wat die Here tans besig is om te doen deur SY lig- gaam in verskeie gemeenskappe. Ons gemeente het die voorreg om 22 jongmense vir ‗n week lank Calitzdorp toe te stuur om daar te gaan beleef wat die Here reeds besig is om te doen. Hulle het aangemeld en wil graag dien as Jesus se hande en voete. Dit herinner my aan Jesaja se reaksie op Sy ervaring van die Here in die Tempel in Jesaja 6. Nadat Jesaja die Here se grootheid en Sy glorie beleef het, het Hy aangemeld tot diens met die woorde: ‗‘Hier is ek Heer, stuur my!‘‘ (hfsk. 6) Die Here is egter nie net besig om iets in Calitzdorp te doen nie, Hy is ook op ‗n bonatuurlike wyse in ons gemeenskap besig, maar soms is ons net te gekondisioneerd om dit raak te sien ons ken ons omgewing ‗‘te goed‘‘ en maak nie meer moeite om iets buite die gewone raak te sien nie. Mag hierdie erediens, wanneer ons vir die uitreikspan bid en die tyd saam met die Here, U werklik inspireer om net soos Jesaja en die uitreikers aan te meld vir diens nie noodwendig BY die kerk nie; maar AS die kerk. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR SON 2 JUL DR WILHELM BURGER LEES LUKAS 6:6-11 Ons dink na oor respek. * Jesus oortree die wet openlik deur 'n weerlose man te re- spekteer en hom op die Sabbat te genees. * Kan ons deur Jesus se optrede aflei dat liefde/respek vir mense alle wette relati- veer? * Bespreek die implikasie: Geloof gaan nie oor hoe "korrek" ons is nie, maar hoe eg my liefde is. * Watter tekens van respek het jy onlangs tussen ander mense waargeneem...of self betoon? TEENTRIX AFSLUITING VANAAND 18:00 - 20:00 WAT GAAN GEBEUR? Ons gaan saam Praise & Worship (die Here dank vir ‗n wonderlike kwartaal), speletjes speel, boereworsrolle eet en saam kuier. Koste: Verniet! Welkom! 25 JUNIE 2017 HARTLIK WELKOM! Lof en aanbidding. Dit is iets wat ons in hierdie gemeente hartlik en goed kan doen, maar waarom doen ons dit? Waarom hoor en lees ons gedurig dat ons die Here moet loof, dank en prys (Ps. 149v1-3 & 150)? Hoekom wil Hy dan gedurig hoor hoe groot, hoe goed, hoe barmhartig, hoe genadig en vol liefde Hy is? Is dit omdat God minderwaardig voel? (Weet die Here dit nie? Moet ons dit dan Sondag na Sondag vir Hom sê ....?) CS Lewis kan hierdie vraag beantwoord. Lewis was lank ‗n ateïs. In 1930 erken hy Jesus as Here en word hy ‗n volgeling van die Here. In 1958 skyf hy ‗n boek oor die Psalms (Reflections on the Psalms). Daarin vra hy dieselfde vrae: Waarom moet ons God gedurig deur loof, dank en prys? Hy sê self dat jy nie ‗n man, vrou of vriend wil hê wat daarop aandring dat jy aanhoudend moet sê hoe goed hulle is nie sulke mense noem ons ‗n narsis (‘n persoon met ‘n oordrewe self-liefde). Lewis sê vir ons dat God geen narsis is nie. Nee, ons aanbid die Here met lof en dank omdat ons vir die Here lief is. Kyk na ‘n verliefde paartjie – hulle kan nie genoeg hulle liefde en waardering betoon nie. Stap in die natuur jy kan nie help om nie die natuurskoon te bewonder en dit met iemand te deel nie. ―The world rings with praise—lovers praising their mistresses, readers their favorite poet, walkers praising the countryside, players praising their favorite gamepraise of weather, wines, dishes, actors, motors, horses, colleges, countries, historical personages, children, flowers, mountains, rare stamps, rare beetles, even sometimes politicians or scholars‖ En vandag sê ons dankie vir ons Musiekbediening (instrumente, stemme en tegnies). Julle maak ons lof en aanbidding spontaan. Julle help ons om ons lof en dank te verwoord. Wees LIG!

Upload: others

Post on 10-Mar-2021

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 6. 24. · warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie. WOENSDAG 28 JUNIE Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê

VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE

1 KORINTIËRS 13

(GELOOF, DEUR LIEFDE, TOT DADE)

Hierdie week vier ons wat die Here tans besig is om te doen deur SY lig-

gaam in verskeie gemeenskappe. Ons gemeente het die voorreg om 22

jongmense vir ‗n week lank Calitzdorp toe te stuur om daar te gaan beleef

wat die Here reeds besig is om te doen. Hulle het aangemeld en wil graag

dien as Jesus se hande en voete. Dit herinner my aan Jesaja se reaksie op

Sy ervaring van die Here in die Tempel in Jesaja 6. Nadat Jesaja die Here se grootheid en Sy glorie beleef het, het

Hy aangemeld tot diens met die woorde: ‗‘Hier is ek Heer, stuur my!‘‘ (hfsk. 6)

Die Here is egter nie net besig om iets in Calitzdorp te doen nie, Hy is ook op ‗n bonatuurlike wyse in ons gemeenskap

besig, maar soms is ons net te gekondisioneerd om dit raak te sien – ons ken ons omgewing ‗‘te goed‘‘ en maak nie meer

moeite om iets buite die gewone raak te sien nie. Mag hierdie erediens, wanneer ons vir die uitreikspan bid en die tyd

saam met die Here, U werklik inspireer om net soos Jesaja en die uitreikers aan te meld vir diens – nie noodwendig BY die kerk nie; maar AS die kerk.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR SON 2 JUL DR WILHELM BURGER

LEES LUKAS 6:6-11

Ons dink na oor respek.

* Jesus oortree die wet openlik

deur 'n weerlose man te re-

spekteer en hom op die Sabbat

te genees.

* Kan ons deur Jesus se

optrede aflei dat liefde/respek

vir mense alle wette relati-

veer?

* Bespreek die implikasie:

Geloof gaan nie oor hoe

"korrek" ons is nie, maar hoe

eg my liefde is.

* Watter tekens van respek

het jy onlangs tussen ander

mense waargeneem...of self

betoon?

TEENTRIX AFSLUITING

VANAAND 18:00 - 20:00

WAT GAAN GEBEUR?

Ons gaan saam Praise &

Worship (die Here dank vir

‗n wonderlike kwartaal),

speletjes speel,

boereworsrolle eet

en saam kuier.

Koste: Verniet!

Welkom!

25 JUNIE 2017

HARTLIK WELKOM! Lof en aanbidding.

Dit is iets wat ons in hierdie gemeente hartlik en goed kan doen, maar waarom

doen ons dit? Waarom hoor en lees ons gedurig dat ons die Here moet loof,

dank en prys (Ps. 149v1-3 & 150)? Hoekom wil Hy dan gedurig hoor hoe groot,

hoe goed, hoe barmhartig, hoe genadig en vol liefde Hy is? Is dit omdat God

minderwaardig voel? (Weet die Here dit nie? Moet ons dit dan Sondag na

Sondag vir Hom sê ....?)

CS Lewis kan hierdie vraag beantwoord. Lewis was lank ‗n ateïs. In 1930 erken hy

Jesus as Here en word hy ‗n volgeling van die Here. In 1958 skyf hy ‗n boek oor die

Psalms (Reflections on the Psalms). Daarin vra hy dieselfde vrae: Waarom moet ons

God gedurig deur loof, dank en prys? Hy sê self dat jy nie ‗n man, vrou of vriend wil

hê wat daarop aandring dat jy aanhoudend moet sê hoe goed hulle is nie – sulke

mense noem ons ‗n narsis (‘n persoon met ‘n oordrewe self-liefde).

Lewis sê vir ons dat God geen narsis is nie. Nee, ons aanbid die Here met lof en

dank omdat ons vir die Here lief is. Kyk na ‘n verliefde paartjie – hulle kan nie

genoeg hulle liefde en waardering betoon nie. Stap in die natuur – jy kan nie help

om nie die natuurskoon te bewonder en dit met iemand te deel nie.

―The world rings with praise—lovers praising their mistresses, readers

their favorite poet, walkers praising the countryside, players praising their

favorite game—praise of weather, wines, dishes, actors, motors, horses,

colleges, countries, historical personages, children, flowers, mountains, rare

stamps, rare beetles, even sometimes politicians or scholars‖

En vandag sê ons dankie vir ons Musiekbediening (instrumente, stemme en

tegnies). Julle maak ons lof en aanbidding spontaan. Julle help ons om ons lof

en dank te verwoord.

Wees

LIG!

Page 2: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 6. 24. · warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie. WOENSDAG 28 JUNIE Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê

MAANDAG 26 JUNIE 15:00 MOSAÏEKGROEP BYEENKOMS in Dienssentrum. Bring 'n gedig, gebed of mooi gedagte saam en kom deel met die groep. Almal is welkom om deel van die groep te word.

DINSDAG 27 JUNIE SOPKOMBUIS 09:00 BESTUURSPAN verg in die Ark. Ons bid vir die nuwe saamgestelde Bestuurspan vir wysheid, insig, nderskeidingsver-moeë en ‘n oop hart vir die inspraak van die Heilige Gees.

WOENSDAG 28 JUNIE 18:00 BYBELSKOOL (NG HERMANUS) Dr Kobus Kellerman lees vir ons Paulus se Romeine-Brief. Almal is welkom. Navrae: Clifford Heys by 028 316 4895 11:00 - 13:00 KLEREKAS

DONDERDAG 29 JUNIE 09:00 BYBELSKOOL (NG ONRUSRIVIER)

VRYDAG 30 JUNIE SKOLE SLUIT 09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE TEETUIN by die Dienssentrum. Kom kuier gerus saam!

SATERDAG 1 JULIE 09:00 MENGELMARKIE Daar is weer 'n Onrus Mengelmarkie De Wetsaal in Roosstraat., Onrusrivier. Kom vroeg, snuffel rond en kry iets lekker vir die naweek

SONDAG 2 JULIE 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 7) Rooitrein en Bybelgroepe tydens die erediens.

09:00 EREDIENS Dr Wilhelm Burger gaan voor. Welkom!

18:00 GEEN AANDDIENS

WAARNA KAN ONS UITSIEN? DINSDAG 27 JUNIE @ 18:00 HULDEBLYK AAN JOHANN BOTHA vorige aanbied van “Dis Opera” - ‘n een uur samestelling van gepaste operamusiek op DVD deur Carl van Dyk. Sop en brood na afloop. (NG KERK HERMANUS)

TRANS WÊRELD RADIO ONTBYT 15 JULIE 2017 @ 09:00 BY DIE NG KERK HERMANUS TWR wil graag meer inligting deurgee oor wat hulle tans mee besig is in Suid-Afrika en nooi u na ‘n ontbyt om die oggend met hulle te geniet en saam te gesels oor sending. Toegang is gratis. Bespreek asb net u plek vooraf by Connie Jordaan (021) 856 4836 / 082 512 0554 / [email protected]

ONDERSTEUNINGSGROEP: Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Demensie ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep wat op Dinsdag, 4 Julie, om elf uur tot twaalf uur in die sitkamer van die Dienssen-trum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die Dienssentrum en kom gesels saam of sit net ag-teroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering!

ONTHOU! HUIS LETTIE THERON BASAAR

SATERDAG 29 JULIE 2017 OM 09H00, IN DIE

GROBBELAARSAAL, HERMANUS

Ons benodig donasies vanaf kontant, gebak soos

koeke, beskuit, koekies, brood en nageregte tot wit-

olifant-items (skakel en ons sal kom afhaal) asook

leë 2L roomysbakke. Alle donasies welkom. Plaas op

basaarlyste in sirkulasie of lewer af by die tehuis

voor die basaar. Baie dankie vir u ondersteuning!

AANDAG ALLE BYBELSTUDIEGROEPE

In die Mediateek is daar ‗n leêr beskikbaar

met verskillende boeke / studiemateriaal /

kleingroep toerusting vir u bybelstudiegroep.

Kom kyk gerus en kies ‗n 6 weke reeks uit wat u as

groep saam kan geniet. Welkom!

WEES LIG!

In my time of extreme darkness, when

I could see no light at the end of the

tunnel, I looked to Jesus Christ. He

took me out of that tunnel, set me on a rock and

gave me a second chance. And He can do it for you

today. He is the light of the world.

It doesn‘t matter how badly or how tough things

are going at this time; if you keep looking to Him,

the Author and the Finisher of your faith, you will

never walk in darkness again. Jesus says, ―I am the

light of the world.‖ He says, ―If you follow after

Me you will not walk in darkness, but you shall have

the light of life.‖

Page 3: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 6. 24. · warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie. WOENSDAG 28 JUNIE Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE Vader, wanneer ons hierdie winde hoor, die reën in vlae afkom, dan kan ons met ʼn lied in

ons harte U loof en dank vir die beskerming van ʼn dak oor ons kop wat nie lek nie. Maar... Vader, dan kom buig ons voor U en ons bid vir die mense wat in sink huisies woon en vir die wie se huise nie dig genoeg is om die koue en reën uit te hou nie. Vader, behoed en beskerm hulle en dankie vir gemeentes wat klere en komberse uitdeel.

WEEK 26 JUN-2 JUL

MAANDAG 26 JUNIE

Here, baie dankie vir ons sopkombuise. Dankie vir die sop wat mense se magies vol

maak en hulle lywe warm hou. Here, dankie vir elke bydrae wat ontvang is vir brood en sop. Dankie vir elkeen wat by ons sopkombuis betrokke is. Sop kook, sop aanry en brood wat gegee word. Seën elkeen wie betrokke is Here, en dankie vir gehoorsaamheid aan U om te dien.

DINSDAG 27 JUNIE

Here Jesus, ons lees in die Woord, as ons goed doen, dan doen ons dit aan U. Here,

baie dankie vir ons klerekas en die persone wat daarmee werk. Baie dankie vir die klere wat ons ontvang van ons Christen vriende. Dankie dat ons ʼn bydrae kan doen deur vir mense wat nie het nie, te gee. Dankie vir ons warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie.

WOENSDAG 28 JUNIE

Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê dankie, baie dankie vir ons

Maatskaplike Werker. Ons bid vir haar werk. Sy wat betrokke is by die kospakkies, by al die mense wat swaar kry. Erika, wat besluite moet neem en nie altyd alles vir die behoeftes kan gee nie. Versterk haar, Vader, en seën haar vir die werk wat sy doen. Dankie vir haar liefde en toewyding.

DONDERDAG 29 JUNIE

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila du Toit 082 895 9479

ONS BID VIR: Mariska Wagenaar, Chantelle

Theron, Krappies Carstens, Elize Hardy, Ruben

van Zyl, Alta en Gerhard van Helsdingen,

Ineke McClaghlan, Ester Kleinloog

CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING

Nonnie Blignaut, Piet Haumann, Deon Smit,

Amanda Symington, Marietjie Pieterse,

Sumien Warwick, Jakes Jacobs se kleinseun,

Hoepie Howell, Willie Slabbert

Jean Burger Operasie gehad

Hannatjie Oosthuizen Huis Lettie Theron

Sarika Uys, Lorna de Villiers - Rug

Sakkie & Joyce du Toit Hospitaal

Antoinette Wiggens Scleroderma

Marietjie von Wielligh Aansterk

Johan Acker Been geamputeer

Katinka Heyns Operasie gehad

Ananda Burger Heup operasie gehad

Hanlie Chambers – wag op Lewer oorplanting

(Hanlie is Ina & Rassie Erasmus se dogter)

MEEGEVOEL Met Jeanette, Marinda en

Eben Jr met Eben Kotze se heengaan verlede

Sondagoggend.

Met Rudolf en Rochell Geldenhuys met die

heengaan van Adriaan Geldenhuys.

SPESIALE GEBED: Ons bid in besonder vir al

ons kinders tydens die winter skoolvakansie.

Ons bid vir beskerming, veiligheid, geduld en ‘n

oormaat liefde. Ons bid vir al die ouers en

versorgers en dat hierdie tyd ‗n baie spesiale

tyd vir elke gesin sal wees van liefde en

waardering vir mekaar.

GEBED VIR VERSORGERS: Ons bid vir alle

personeel wat by ‗n sorgeenheid werk asook by

die hospitale. Ons bid vir hulle baie geduld en

liefde toe. Vader, seën elkeen van hulle in U

oorvloed. Amen!

Jesus, U het alles vir ons gegee. U liefde, U lewe en U genade. U het ʼn deur geopen dat

ons direk na die troon van ons Vader kan gaan en daar tree U vir ons in by ons Vader. Dankie daarvoor, Jesus. Vandag bid ons vir ons skole wat sluit. Ons bid vir elkeen wat op ons paaie reis en ons bid ook vir ons verkeers-personeel.

VRYDAG 30 JUNIE

Page 4: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 6. 24. · warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie. WOENSDAG 28 JUNIE Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak Ester 081 453 8130. KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira om 09h30. Tel: 073 218 1789.

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir sr. Calitz.

10H00 KOM WEES KREATIEF: Kom wys vir ons watter tipe handewerk jy kan doen. Kom leer ons en

ons is gereed om saam te leer. Ons hou daarvan om met ons hande te werk en kreatief te wees. Ons

groep hou daarvan om nuwe dinge/kuns/handwerk aan te leer. Almal is baie welkom.

TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed. Fooie mag aangepas word vir ekstra prosedures soos deur Marilyn bepaal.

10H00 KOM BREI SAAM met dr. Hoepie Howell. Sit rustig, brei/wees kreatief, ontspan en luister na haar voor-lesings. BAIE WELKOM!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745

KONTAK VIR JOAN

OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

MAANDAG 26 JUNIE (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 27 JUNIE

WOENSDAG 28 JUNIE

DONDERDAG 29 JUNIE

DIENSSENTRUM ALGEMENE INLIGTING

JAARGELD: Onthou om u jaargeld te betaal. R400 vir 'n enkelpersoon en

R600 vir 'n egpaar.

OPLEIDING ALZHEIMER EN DEMENSIE: Ons wil graag 'n behoefte-

bepaling doen vir wie belangstel in opleiding hoe om 'n persoon met Alzheimer en Demensie te hanteer. Indien dit 'n familielid/eggenoot/huishulp is - ons wil probeer om u te help. Kontak asseblief vir Joan/Hannie by 028 316 1745 of vir Erika by 079 322 0998 (los SMS) of epos u naam en van vir my by [email protected]. Dit is belangrik dat ons die getalle kry sodat ons die nodige opleiding kan reël.

DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OP SOEK NA 'N KOÖRDINEERDER. Marie en Joep Korf wil graag uittree en soek

iemand om in hulle plek beheer van die teetuin oor te neem. Die Kolwyntjie Teetuin is die belangrikste bron van inkomste vir die dienssentrum. Ons soek iemand met 'n liefde vir mense, 'n gasvryheidshart en iemand wat kan organiseer. Marie en Joep het al die inligting hoe om so iets te organiseer en sal met die grootste liefde al die vrae beantwoord. Indien u belangstel om die Teetuin oor te neem kontak asseblief vir Marie/Joep by 083 457 1896 of Erika by 028 316 3115 of Hannie/Joan by 028 316 1745.

ONRUS MENGELMARKIE: Onthou daar is weer 'n mark op Sat 1 Julie in die De Wet Saal. Fondse tbv die Dienssentrum.

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG 30 JUNIE

09:30 - 11:30

Kom verdryf die koue met 'n

warm beker filterkoffie en 'n

soet of sout te ete vir net R30.

Kontak Marie by 083 457 1896 as jy

belangstel om die teetuin oor te neem.

Dis 'n pragtige geleentheid om mense te

leer ken en tot diens vir HOM te wees.

WELKOM!!

TROETELDIERSKOU BY DIENSSENTRUM

DINSDAG 11 JULIE @ 10H00 Inskrywingsfooi - gee ons net 'n donasie. Ons gaan kyk na die

vriendelikste, die mooiste, die vierbeen wat die meeste na sy/haar

eienaar lyk, ensovoorts. Ons is

op soek na pryse. Indien u dalk

by die huis 'n prys sien rondlê

wat ons kan gebruik - bring dit

asseblief vir Hannie/Joan.

Ons sal dit baie waardeer.

Welkom!!

Page 5: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 6. 24. · warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie. WOENSDAG 28 JUNIE Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê

KOSMAAK DEMONSTRASIE

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

20 JUNIE 2017

DEUR ANGELIQUE BRINK

Baie dankie aan Angelique vir die heerlike

oggend vol demonstrasies oor hoe om heerlike

visgeregte, slaaie en soetgoed te maak.

Daar was baie geleer, gesels, gekuier en

gesmul aan die lekkernye!

VOORBIDDING VIR DIE CALITZDORP UITREIK

15 - 21 JULIE 2017

Die voorbereiding vir Calitzdorp het alreeds begin, maar geen pro-

gram kan suksesvol afgehandel word indien die fondasie nie inplek

is nie. Ons wil U graag vra om vir die span te bid (as ‗n groep indi-

widue, maar dan ook as ‗n eenheid). Dit is elke uitreiker se verant-

woordelikheid om self geestelik voor te berei en tyd saam met Je-

sus te spandeer voor hierdie uitreik, sodat almal met ‗n diensbare

hart op die bus kan klim Saterdag, 15 Julie. Die span bestaan uit

die hele gemeente – maar slegs ‗n paar verteenwoordigers kan hierdie keer die Calitzdorp gemeenskap gaan besoek.

Daardie mense is Almarie, Ariska, Bernadine, Bianca Kloppers, Cornel, Curwin, Deon, Gia, Inge, Lismari, Marlize,

Marnus, Micheala, Ds Michiel, Milia, Nadja, Nellis, Oom Jannie, Tania, Tayla, Yzane en myself. Al is dit nie moontlik

vir die hele gemeente om te gaan nie, wil ons U graag aanmoedig om hierdie reistog saam met ons aan te pak deur

middel van voorbidding!

ONS BID VIR:

* Meer Jesus/minder ons. * ‗n Dienskneg ingesteldheid. * Teen die aanslae van die duiwel.

* Ontvanklike harte in Calitzdorp. * Beskerming op die pad.

Ons sien baie uit na die uitreik – ons kan nie wag om te sien wat God besig om in

Calitzdorp te doen nie.

Byvoorbaat dankie vir U gebede, Anton

Page 6: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER · 2017. 6. 24. · warm klere, Vader, dankie dat ons nie koud kry nie. WOENSDAG 28 JUNIE Vandag kom buig ons voor U Vader, en ons sê

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Johan Symington

082 546 7415

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES BAIE DANKIE vir al die

liefdegawes ontvang! Gesinne kon weer kos

op die tafel hê. Ons Vader seën ons

almal sodat ons 'n seën vir ander kan wees.

wees KLEREKAS - WINTERSKLERE DRINGEND NODIG ASB

Die klerekas vra dringend enige wintersklere (kinders, mans en vroue) - die kaste is

leeg en dit raak koud!! Gaan loer gerus deur u kaste vir klere wat u nie dra nie. ..

iemand het dit baie nodig. Baie dankie! U is welkom om dit na die

kerkkantoor te bring.

CALITZDORP UITREIK (15 - 21 JULIE)

Calitzdorp raak gedurende

die wintermaande ysig koud

en ons vra dat die

gemeente serpe en

"beanies" brei vir die

die kinders van die

Gemeenskap wat ons kan

saamvat op die uitrek. BAIE DANKIE!

Navrae: Ds Anton.

BROOD VIR DIE

SOPKOMBUIS

Ons het dringend hulp

nodig by die sopkombuis

asb. Ons verskaffers

van brood is redelik uitgeput en ons het asb u hulp

nodig. Ons sal dit baie waardeer indien u brood

(snye of rolletjies) kan bring na die kerk (enige dag

is welkom, ons het vrieskaste) Hierdie sop en brood

gaan uit na kinders en bejaardes in ons gemeenskap

wat ons help voed. Baie, baie dankie!!!

KASANE UITREIK (Tussen Botswana en Zambia) 29 SEPT - 6 OKT 2017 DOEL VAN UITREIK Reisigers tussen Botswana en Zambië gebruik ‘n pont by Kasane in die Noorde van

Botswana om die Choberivier oor te steek. Die gevolg is dat letterlik honderde vragmotorbestuurders soms tot

sewe dae aan albei kante van die rivier wag om die rivier met die pont oor te steek. Oor die afgelope paar jaar

het die Here dit op ons hart gelê om hierdie vragmotorbestuurders te besoek en die geleentheid te gebruik om

God se evangelie en liefde uit te dra. ‘n Pakkie met ‘n CD en gebruiksartikels soos seep, sjampoo en tandepasta

gaan uitgedeel word. Jak127 het spesiaal ‘n CD saamgestel wat die Evangelie binne die konteks van

vragmotorbestuurders vertel. Die boodskappe van die CD is gebaseer op die temas van die living ball

(www.livingball.co.za). Ons wil ook die geleentheid gebruik om die Engelse weergawe van die CD amptelik by

Kasane te loods, waar die Here ons die opdrag gegee het om die CD saam te stel.

Skole by Kasane en Pandamatenga gaan besoek word waar die evangelie met behulp van die “Living ball”

verkondig gaan word. ‘n Besoek aan die Victoriawaterval, white water rafting op die Zambezirivier, ‘n bootvaart

op die Choberivier en ‘n wildbesigtigingsrit in die Chobe Nasionale Park kan ingesluit word by die besoek.

JAK 127 Jak127 is ‘n interkerklike Christen organisasie wat geroep is volgens Jakobus 1 vers 27. Jak127 fokus op

die fisiese en geestelike versorging van mense. Daar word in die fisiese behoeftes van mense voorsien deur die

beginsels van Matteus 25 toe te pas. Jak127 is onder meer betrokke by voedingskemas, ‘n pleegsorghuis, ‘n

studiefonds vir hoërskoolleerlinge en studente, manne- en vrouekampe en die ondersteuning van slagoffers van

rampe. Besoek gerus die webblad www.jak127.org. Jak127 se stragiese beleidsdokument is op navraag

beskikbaar.

GEMEENTE ONDERSTEUNING

Jak127 is daarvan oortuig dat Christene op drie

maniere by uitreike betrokke kan wees, naamlik

om iemand te stuur, om self te gaan, of om vir

uitreike te bid.

Indien u belangstel om meer te weet of om in te skakel, kontak gerus vir

Charl van der Merwe op 079 528 0854 of

[email protected]

Groot dank en waardering vir die Kalenderborg van Juniemaand wat die druk van ons ge-

meentekalender moontlik gemaak het. Ons bid Vader se seën oor jul besigheid en gesinne.

BENODIG DRINGEND: Enkelbed vir baie siek per-

soon. Kontak Karin by die

kerkkantoor. Dankie!