jesus christus lig! hartklop - ngk onrusrivier...michiel, wilhelm, anton, lifford, hookie &...

6
VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE SEMPER REFORMANDA (VOORDUREND VERNUWE) Hebreërs 13: 8 - 16 Jefferson Bethke, „n Amerikaanse Christelike “rapper” daag post-moderne Christene uit met die vraag: “Is die kerk „n museum vir die heiliges, of „n hospitaal vir die gebroke?" Indien die kerk soos ons dit vandag verstaan wil voort bestaan, is dit van kardinale belang dat ons die benadering tot kerk “wees” moet hersien en herbedink. „n Groot fout wat baie Christene vandag maak is om aan die oortuiging vas te hou dat die wêreld veronderstel is om die kerk te dien en dat kerklike aktiwiteite meer belangrik is as ander aktiwiteit wat rondom die kerk plaasvind. Die kerk is slegs kerk as sy die vermoë kan ontwikkel om Jesus se bedieningsstrategie aan te neem. Hierdie strategie is een van aanpassing, vernuwering, hoop verspreiding en self-opoffering. Ons as kerk is hier om die wêreld te dien. Ons taak is om te sien wat in die wêreld aan gaan en dan om die ewige Evangelie op só „n manier te verpak en te interpreteer sodat die wêreld dit sal verstaan. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles H ARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 26 FEBRUARIE DR CLIFFORD HEYS LUK 12:54-56 Clifford vra namens baie afvlerk- mense (en mense wat die rug op God gedraai het): Here God. Kyk na die lyding in die wêreld. Wil U help, maar U kan nie. Of: Kan U, maar U wil nie...?Vir bespreking: Hoe troos u „n boer wat alles verloor het? Hoe vertroos u „n ouer wat sy kind verloor het? Hoe vertroos u „n pasient wie se gebede nie beantwoord word nie? Lees Lukas 12v54-56. Jesus leer om om die elke situasie te interpreteer. Wat sê God? Bring diegene saam wat juis nou met God worstel. AANDDIENS VANAAND @ 18:00 DR WILHELM BURGER Ons nooi u almal graag uit na die diens. Kom gesels gerus saam oor die Heilige Gees. Welkom! Teentrix-groepe na die diens. DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Teologiese Kweekskool Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. 19 FEBRUARIE 2017 Wees LIG! HARTLIK WELKOM! In April 1521 staan Martin Luther voor die keiser. Hy bly by sy oortuiging en roep uit: “Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. So help my God!” Maar Luther kon nie alleen staan nie. As Luther die boom was, was Katharina von Bora die grond waarin die boom gestaan het. Katharina von Bora was die oudste kind van „n nie-welgestelde gesin in Lippendorf. Sy sluit aan by die Benediktynse klooster en word „n non. In die klooster hoor die nonne van hierdie brawe hervormer en nege stuks besluit die klooster te verlaat en by Luther aan te sluit. Hulle doen dit ook, maar toe 9 nonne in Wittenberg aankom, weet Luther nie wat om met die nonne te maak nie. In sy wysheid is die mees haalbare oplossing om vir elk van die nonne „n man te vind. Luther doen dit en hy bevestig die nonne in die huwelik. Almal, behalwe een, Katharina von Bora. Sy is nie tevrede met die mans wat Luther aanbied nie. Sy wil vir Martin Luther hê. Geen ander! Op die 13de dag van Junie 1525 staan Martin Luther en Katharina von Bora voor die kansel. Käthe was „n goeie vrou. Sy het haar eervolle titel verdien: „ Die Môrester van die Hervorming‟. Sy was eerstens ‘n vlytige tuisteskepper wat soggens vroeg opgestaan het om voorsiening te maak vir al die gaste wat tydig en ontydig by die huis sou opdaag om die hervormer te spreek. Sy was tweedens ‘n ekonoom. Sy kon met ‘n begroting werk, wat Luther niks van geweet het nie. Sy was derdens ‘n skerp teoloog. Op ‘n dag sit Luther in sy studeerkamer met sy kop in sy hande. Die depressie het hom oorval. Hy is onder in die put. Toe kom Käthe die kamer binne in swart geklee. “Wie is dood?” vra Luther vererg. “Jou God is dood!” antwoord Käthe. “Ek rou oor jou afgestorwe God”. „n Oomblik van stilte. Luther het onmiddellik opgestaan en sy depressie afgeskud. Käthe se boodskap het ingesink: As jou God leef, het jy geen rede om so neerslagtig te wees nie! As Luther die boom was, was sy die grond waarin die boom gestaan het. U is welkom! WELKOM DOOPOUERS Bernard en Ivy-Lizee Nel met baba Hannah Heather en Terus en Anri Wolmarans met baba Simon. Ons bid Vader God se seën op jul pragge gesinne.

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER...Michiel, Wilhelm, Anton, lifford, hookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel

VANOGGEND SE EREDIENS DS ANTON DUVENHAGE

SEMPER REFORMANDA (VOORDUREND VERNUWE)

Hebreërs 13: 8 - 16

Jefferson Bethke, „n Amerikaanse Christelike “rapper”

daag post-moderne Christene uit met die vraag: “Is die

kerk „n museum vir die heiliges, of „n hospitaal vir die

gebroke?"

Indien die kerk soos ons dit vandag verstaan wil voort bestaan, is dit van kardinale

belang dat ons die benadering tot kerk “wees” moet hersien en herbedink. „n Groot

fout wat baie Christene vandag maak is om aan die oortuiging vas te hou dat die

wêreld veronderstel is om die kerk te dien en dat kerklike aktiwiteite meer

belangrik is as ander aktiwiteit wat rondom die kerk plaasvind.

Die kerk is slegs kerk as sy die vermoë kan ontwikkel om Jesus se

bedieningsstrategie aan te neem. Hierdie strategie is een van aanpassing,

vernuwering, hoop verspreiding en self-opoffering.

Ons as kerk is hier om die wêreld te dien. Ons taak is om te sien wat in die wêreld

aan gaan en dan om die ewige Evangelie op só „n manier te verpak en te interpreteer

sodat die wêreld dit sal verstaan.

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTKLOP TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 26 FEBRUARIE

DR CLIFFORD HEYS

LUK 12:54-56

Clifford vra namens baie afvlerk-

mense (en mense wat die rug op

God gedraai het):

„Here God. Kyk na die lyding in die wêreld. Wil U help, maar U kan nie. Of: Kan U, maar U wil nie...?‟

Vir bespreking:

Hoe troos u „n boer wat alles

verloor het?

Hoe vertroos u „n ouer wat sy

kind verloor het?

Hoe vertroos u „n pasient wie se

gebede nie beantwoord word nie?

Lees Lukas 12v54-56. Jesus leer

om om die elke situasie te

interpreteer. Wat sê God?

Bring diegene saam wat juis nou

met God worstel.

AANDDIENS

VANAAND @ 18:00

DR WILHELM BURGER

Ons nooi u almal graag uit na

die diens. Kom gesels gerus

saam oor die Heilige Gees.

Welkom!

Teentrix-groepe na

die diens.

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin Koll. Teologiese Kweekskool

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

19 FEBRUARIE 2017

Wees LIG!

HARTLIK WELKOM!

In April 1521 staan Martin Luther voor die keiser. Hy bly by sy oortuiging en roep uit:

“Hier staan ek. Ek kan nie anders nie. So help my God!” Maar Luther kon nie alleen staan

nie. As Luther die boom was, was Katharina von Bora die grond waarin die boom gestaan

het.

Katharina von Bora was die oudste kind van „n nie-welgestelde gesin in Lippendorf. Sy sluit

aan by die Benediktynse klooster en word „n non. In die klooster hoor die nonne van

hierdie brawe hervormer en nege stuks besluit die klooster te verlaat en by Luther aan te

sluit. Hulle doen dit ook, maar toe 9 nonne in Wittenberg aankom, weet Luther nie wat om

met die nonne te maak nie. In sy wysheid is die mees haalbare oplossing om vir elk van die

nonne „n man te vind. Luther doen dit en hy bevestig die nonne in die huwelik. Almal,

behalwe een, Katharina von Bora. Sy is nie tevrede met die mans wat Luther aanbied nie.

Sy wil vir Martin Luther hê. Geen ander! Op die 13de dag van Junie 1525 staan Martin

Luther en Katharina von Bora voor die kansel.

Käthe was „n goeie vrou. Sy het haar eervolle titel verdien: „Die Môrester van die

Hervorming‟. Sy was eerstens ‘n vlytige tuisteskepper wat soggens vroeg opgestaan het

om voorsiening te maak vir al die gaste wat tydig en ontydig by die huis sou opdaag om die

hervormer te spreek. Sy was tweedens ‘n ekonoom. Sy kon met ‘n begroting werk, wat

Luther niks van geweet het nie. Sy was derdens ‘n skerp teoloog. Op ‘n dag sit Luther in sy

studeerkamer met sy kop in sy hande. Die depressie het hom oorval. Hy is onder in die

put. Toe kom Käthe die kamer binne in swart geklee. “Wie is dood?” vra Luther vererg.

“Jou God is dood!” antwoord Käthe. “Ek rou oor jou afgestorwe God”. „n Oomblik van stilte.

Luther het onmiddellik opgestaan en sy depressie afgeskud. Käthe se boodskap het

ingesink: As jou God leef, het jy geen rede om so neerslagtig te wees nie!

As Luther die boom was, was sy die grond waarin die boom gestaan het. U is welkom!

WELKOM DOOPOUERS Bernard en Ivy-Lizette Nel

met baba Hannah Heather en Tertius en Anri Wolmarans

met baba Simon.

Ons bid Vader God se seën op jul pragtige gesinne.

Page 2: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER...Michiel, Wilhelm, Anton, lifford, hookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel

DINSDAG 21 FEBRUARIE Sopkombuis

SPESIALE UITNODIGING NA ‘N HEERLIKE BRAAI AAN ALLE ERE-DIENSWERKERS, GASVRYHEID, PARKERING, KLANK, MUSIEK, BLOMME, SIMBOLIEK - 21 FEB 2017 @ 18:00 (MAALRUIMTE) ‘n Worsbraai word in die Maalruimte beplan om almal te be-dank vir jul onbaatsugtige diensbaarheid wat só sigbaar is tydens die Eredienste. RSVP: Hanna de Jager 028 316 2116 of [email protected] Bring asb. eie eetgerei en ‘n drink dingetjie saam. Donasies sal baie welkom wees.

ALPHA BELEWENIS 2017 BEGIN (DIENSSENTRUM) DINSDAE 21 FEBRUARIE TOT 21 MEI 2017 @ 18:00 Kom deel die Alpha belewenis aam met Clifford

Heys en Malan en Ria Erasmus. Dit is ‘n reeks oor geloof, die verstaan van die drie-enige God en vele meer. Mark Twain het gesê: Die twee belangrikste dae van jou lewe is die dag toe jy gebore is en die dag toe jy uitgevind het waarom. Alpha word een keer per week aangebied en strek oor 11 weke (Elke sessie duur ongeveer 2 ure). INSKRYWINGS / NAVRAE: Tel: Malan / Ria Erasmus 028 316 1109 of 083 415 5046 E-pos: [email protected]

WOENSDAG 22 FEBRUARIE 11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Kom kyk gerus.

18:00 BYBELSKOOL BY NG HERMANUS Tema: MEER AS OOR-WINNAARS IN ‘N TYD SOOS HIERDIE. Onderwerpe uit Romeine 7-8 volgende drie weke: Die stryd om te doen wat jy wil (7:14-25); Die stryd tussen die vlees en die Gees (8:1-17); Lyding en oorwinning (8:18-39)Aanbieder: Dr. Kobus Kellerman Notas is beskikbaar. Daar is geen kostes nie. En almal is welkom. Navrae: Clifford by 028 316 4895.

DONDERDAG 23 FEBRUARIE 09:00 BYBELSKOOL BY NG ONRUS

SONDAG 26 FEBRUARIE (1ste Lydensweek) 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. 09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor. Rooitrein en Bybelgroepe tydens die diens. WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 29) 18:00 AANDDIENS & TEENTRIX

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

DRIE VAN DIE BESTES (Kevin Leo, Mathys Roets, Danie Niehaus) 26 FEB 2017 @ 18:00 NG KERK HERMANUS Kaartjies R220pp beskikbaar by NG Onrus kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING 27 FEB 2017 @ 18:00 IN DIE ARK Ons vra u voorbidding asb. Baie dankie!

BELYDENIS VAN GELOOFAFLEGGING SONDAGAAND 26 FEB @ 18:00 Ons bid nou reeds al vir hierdie spesiale aand en vir elke jongmens wat “JA” gaan antwoord. U is almal baie welkom!

ASWOENSDAG 1 MAART @ 18:00 (SENTRUM) Ons begin die 40 dae Lydenstydperk saam.

MOSAÏEKGROEPBYEENKOMS OP 27 FEBRUARIE 2017 om 15h00 in Dienssentrum. Melinda Wright van die Clive Prinse sentrum, vir Jeug dwelm afhanklikheids behandelings program, is ons spreker die middag. Hierdie organisasie is gestig deur Abbagold nadat een van hulle werknemers oorlede is aan mes-wonde wat deur 'n dwelmverslaafde toegedien is. Verlede jaar het die Hermanus skoolhoofde hulle genader om in te gryp by hulp vir 178 leerlinge wat dwelm afhanklik is. Almal wat belang-stel in die praatjie is welkom. Navrae: Rika 082 679 1312.

SPOELKLIPPE-LAATONTBYT DONDERDAG 16 MAART by die GHOLFKLUB R70 per persoon (fooi ingesluit) Buffet-ontbyt wat muesli, jogurt, spek, boerewors, eier, sampioene, brood en koffie insluit. Gee name op en betaal R70 by die kerkkantoor voor of op Maandag 13 Maart DV.

SPOELKLIPPE-UITSTAPPIE DONDERDAG 19 - 20 OKTOBER DV Treinrit op die DIAZ-EXPRESS....oornag in HARTENBOS KOSTE: R550 pp (vervoer na Hartenbos uitgesluit) GELDE SAL LATER INGEVORDER WORD. BELANGSTELLENDES MOET ASSEBLIEF VIR JOEP SKAKEL by 028 316 4018 of 083 297 9230 SLEGS PLEK VIR 30 PERSONE OP DIE TREIN! Gou spring want reëlings moet so gou as moontlik getref word.

VOSBURG VLEIS Daar is nog vleis beskikbaar en

sal te koop wees Sondag 19 Feb direk na die oggend-

diens. Baie dankie vir u ondersteuning.

Springbok/skaap wors: R70 p/kg

Skaap/bees wors: R70 p/kg

Wildspastei: R70

Russians: R80, Skilpadjies: R50

Vleis vir potjiekos: R60 p/kg

18 - 20 MAART 2017

BREDASDORP (R550pp)

ALLE TIENERS BAIE WELKOM!

Registrasievorms beskikbaar by die kerkkantoor of by die Teen-trix aande. Vul dit asb so gou moontlik in en besorg terug - Roeleen Wessels sal die registrasie op die webwerf doen. Reg-istrasie sluit 15 Maart 2017. Vir enige navrae, kontak asb vir ds Anton Duvenhage.

*** Die Koste per tiener is heelwat meer hierdie jaar, daarom vra

ons graag vir enige van ons lidmate wat kans sien om ‘n kind te borg, om asb vir Anton te kontak. Ons wil graag seker maak

dat elke tiener wat graag wil gaan, dit kan doen. Baie dankie!!

KOEKSISTERS TE KOOP OP 3 & 10 MAART 2017 Koeksisters word gebak en verkoop teen R30 vir 12 koeksisters,

op Vrydag, 3 Maart vanaf 10:30 in die Maalruimte.

Die fondse word aangewend vir koeksister bestanddele vir die

basaar asook vir ons Dienssentrum se Markie wat op 10 Maart

plaasvind in die maalruimte. Koeksisters sal ook by ons

Dienssentrum se Markie verkoop word.

Bestel asseblief voor 1 Maart by

Ria Niemann Sel: 082 971 8257

Page 3: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER...Michiel, Wilhelm, Anton, lifford, hookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE VIR ONS GEMEENTE Dank vir Sondag se ‘koinonia’

Michiel, Wilhelm, Anton, Clifford, Chookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel (Christa, Ella, Edmore) Vir al ons Bedieningsleiers en die Bedieninge

WEEK 20 - 26 FEB

MAANDAG 20 FEB

VIR ONS SIEK EN AFVLERK NAASTES Almal iewers in ‘n Siekeboeg, Ons bid die lys van

name hier langsaan. Ons bid ook vir mense wat alleen is en voel. VIR ONS DIENSSENTRUM Erika, Joan, Hannie en al die wonderlike bedieninge in die sentrum, Suster Ronel & Tuisversorging, Kolwyntjie TeeTuin en almal betrokke.

DINSDAG 21 FEB

VIR ONS SENDELINGE Chookie, Brine, Lubabalo, Woodings, Brey-

tenbachs, Koekemoer, Mattie & Uys by die van Jaarsvelds, Bloemhofs, Jaguasi-gesin. Die vervolgde Kerk: Vlugtelinge uit Sirië. Oorlogsgeteisterde lande. Moenie vir krukke bid nie. Bid vir vlerke (Jes. 40v29-31)

WOENSDAG 22 FEB

VIR ONS LAND Regering en die Overstrand Munisipaliteit

Droogte, Brande, Vloede. Ons bid vir die Ekonomie wat druk & Werkloos-heid, Stakings, Geweld, Polisie, Sekuriteitsmaatskappye, Howe. Vader, in U hande ...

DONDERDAG 23 FEB

GEBED

GEBEDSVERSOEKE Annette McMillan

072 903 9189

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

VIR ONS JEUG Ons skole: Opvoeders & Leerders, Op die Sportveld

Ds Anton as Rolmodel vir Jeugleiers. Ons bid vir die Teentrix Sondagaande en dank Vader vir die pragtige leiers daar. Ons bid ook vir die #Imagine na-week op 18-20 Maart.

VRYDAG 24 FEB

Francois Goosen Chemo

Basie Strydom, Krappies Carstens

Mariska Wagenaar Kanker

Chantelle Theron Kanker

Coleen Louw G/Harvest

Jannie Smit ICU

Piet Hoffman Chemo

Sarel Vorster Onrus Manor

Piet Haumann Behandeling

Mike Swart Hospitaal

Hannatjie & Ronnie Oosthuizen

Eben Kotze ICU

Berry Pflügler Sterk aan

Relene Retief Tweeling baba‟s

Muller Ballot Hart komplikasies

Piet de Wet Siekeboeg

Barney Els Kanker behandeling

Jan Eksteen Longfibrose

Marie Nel, Carel Roux

Antoinette Wiggins, Sheila du Toit

Deon Smit Behandeling

Meegevoel met Irene en familie met die heen-

gaan van Jan Vrey

Toemaar, sterkte, ek weet hoe jy voel

maar dis nie altyd waar nie

want g'n een mens weet presies

hoe voel ‟n ander een se voel nie

my blues is dalk blouer as joune

my gat dieper, my opdraend steiler

jou woede witwarmer as myne

jou seer vir jou totaal ondraaglik

terwyl ons ander dieselfde dimensie seer

met lydsaamheid gedra kry

maar mens wil tog bly troos, en getroos word

dan is „n kloppie op die skouer

of ‟n handvol woorde

al wat ons het om te offer

al bly woorde maar skrapse pleisters

vir die einas so diep in mens se brose binneste

Page 4: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER...Michiel, Wilhelm, Anton, lifford, hookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kom maak u gerus mooi vir 2017. Vir ’n afspraak, kontak Ester op 081 453 8130. Welkom! KLERE VERSTEL deur Rita Ferreira om 09h30. Tel: 073 218 1789. KLINIEK 10h00 – 12h00: Ons kliniek bied vir die eerste twee weke van Februarie gratis bloeddruk en suiker toetse aan. Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandag - Vrydag: 08h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Indien u 'n versorger (iemand om na u of u geliefde of u moeder en vader om te sien/ of iemand wat u kan help met hantering van u en u huishouding) benodig kontak asb vir Ronel. RONEL KAN WEEKSOGGENDE (MAANDAE TOT VRYDAE) VAN 08H00 - 13H00 GEKONTAK WORD.

10:00 WYNPROE GELEENTHEID BY WINE VILLAGE

Vertrek na Wine Village vir wynproe. Indien iemand nog belangstel om

te gaan kontak asseblief vir Joan en Hannie voor Maandagmiddag.

Koste R5: lede en R10 nie lede. Ons vertrek om 10h00 vanaf die kerk.

TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.

VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en ons hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi en goed.

10h00: KOM BREI SAAM met 'n groep persone en luister na voorlesings deur dr. Hoepie Howell (psigiater). Sit rustig, brei, ontspan en luister na haar voorlesings saam met 'n koppie tee.

ONSTEATER @ 14:30 (FILM: HEIDI)

SLEGS DONASIE VIR ONS DIENSSENTRUM

Kom geniet HEIDI in lewende lywe (nie animasie nie!)

Daar is oupa, Almohi, Peter, Klara en natuurlik juffrou

Rottenmeier met pragtige stemwerk in AFRIKAANS deur Jenna

Dunster, Louis van Niekerk, Sandra Prinsloo en ander bekende

stemme. Moenie dit misloop nie! Herinneringe in ons jongdae loop

dik! Welkom!

ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM

Deur die

genade van God

PROGRAM

20 - 24 FEB

MAANDAG 20 FEBRUARIE (DIENSENTRUM GESLUIT)

DINSDAG 21 FEBRUARIE

WOENSDAG 22 FEBRUARIE

DONDERDAG 23 FEBRUARIE

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”)

R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”)

R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”)

R40 (nie lede R60)

Page 5: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER...Michiel, Wilhelm, Anton, lifford, hookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel

KONTAK NOMMERS

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN OF HANNIE

(09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

ALGEMENE INLIGTING

VERSORGING: So baie keer is daar iemand wat versorg moet word,

maar die eggenoot/eggenote/kinders is te versigtig om so iemand by die persoon te plaas wat siek is. Ongelukkig kom daar 'n dag wat mens nie meer die versorging van jou geliefde kan hanteer nie. Vir jou eie beswil en vir jou eie gesondheid is dit belangrik om 'n versorger te kry. Iemand het eendag vir ons gesê sy is so dankbaar dat sy 'n versor-ger kon kry want nou kan sy weer die eggenoot/geliefde van haar man wees wat sy so graag wil wees en die tyd saam met hom geniet in plaas daarvan om sy versorging te hanteer. Dit is ook belangrik om te onthou dat uself die besluit moet neem en dit eers moet verwerk voordat u 'n versorer kry. Moet ook nie dink 'n mens pas binne een week aan by 'n nuwe persoon (versorger) in die huis nie. 'n Mens het nodig om ten minste een maand saam met 'n versorger die pad te stap voordat jy besluit dit gaan nie werk nie. Kontak sr. Calitz by 073 152 5623 (maandae - vrydae: 8h00 - 13h00) en maak 'n afspraak. Sy kom na u huis en doen 'n evaluering van u omstandighede en bespreek dan die moontlikhede met u. Dit bly u besluit. Ons sorg dat ons versorgers (huishoudsters) Vlak 1 van die Rooikruis Opleiding het.

JUKSKEI: Ons beoog om op Donderdag, 2 Maart, om 10h00 te begin

met jukskei saam met die rummikub wat in die sitkamer gespeel word. Bevestig asseblief by Joan/Hannie indien u belangstel om saam te speel.

DONASIE: Baie dankie vir die besondere persoon wat vir ons R1 000

donasie gegee het. Dit word opreg waardeer en sal handig te pas kom.

JAARGELD: Dit raak nou weer tyd vir jaargeld. Jaargelde is betaal-

baar vanaf 1 Maart. As 'n mens aan 'n organisasie/klub behoort moet jy jaarliks jaargeld betaal - dit is ook so met die Dienssentrum. Om aan die dienssentrum te behoort vra ons jaargeld. Uit die jaargeld kry u goedkoper haarversorging, goedkoper voete- en hande versorging, goedkoper tee en eetgoed by die teetuin en gaan u ook goedkoper op uitstappies. Ons het die jaargeld vir 2017 aangepas. Ons vra R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar. U kan die jaargeld afbetaal of u kan dit eenmalig betaal by Joan/Hannie. Indien u nie die jaargeld kan bekostig nie praat asseblief met Hannie/Joan. Ons sal luister en 'n aanpassing maak.

KOLWYNTJIE TEETUIN VRYDAG 24 FEB 09:30 - 11:30 Die dames van GOLDEN HARVEST het 'n verjaardag by ons kom vier.

En was dit nie 'n jolige klomp dames nie! Ons het dit ook saam met hulle geniet.

R30 vir koek en tee. Ook R10 porsies. ALMAL IS MEER AS WELKOM!

Vir enige navrae

en groepbespre-

kings, kontak

asb vir Marie op

028 316 4018.

FACEBOOK Die Dienssentrum het 'n face-

bookblad. Word asseblief

vriende met ons. U gaan net in op

Onrusrivier Dienssentrum en "invite" ons.

MARKIE: Ons

eerste markie

vir die jaar sal

wees op Vrydag,

10 Maart, vanaf

9h00 - 12h00.

Die koste is R20

per tafel en word

betaal wanneer die

tafel bespreek word by Joan/Hannie (028 316

1745). U is baie welkom om nou reeds te be-

spreek en seker te maak jy het „n plekkie.

Page 6: JESUS CHRISTUS LIG! HARTKLOP - NGK ONRUSRIVIER...Michiel, Wilhelm, Anton, lifford, hookie & Erika Alle Wyke en Wyksleiers/Dienswerkers Administrasie (Rika, Hanna, Mervian, Karin) Skoonmaakpersoneel

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe 084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons

dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te

doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul

besigheid en gesinne.

KOSPAKKIES 20 FEBRUARIE DV Pakkies word môreoggend om 8:30 in Moederskamer gepak. BAIE DANKIE vir almal se skenkings. Mag ons Vader julle ryklik seën met Sy goedheid en genade.

KLEREKAS: Daar is 'n vergadering vir almal wat betrokke is by die Klerekas op Dinsdag, 28 Februarie, om 9h00 in die moederskamer (ou een). Stel asseblief vir almal betrokke by die klerekas hiervan in kennis. Navrae: Erika Oosthuysen.

VLYTIGE DAMES GESOEK: Ons soek 'n paar dames om inkopiesakke van materiaal te maak vir Camphill. Die materiaal is klaar geknip, net reguit stik!! Kontak vir Joan/Hannie by 028 316 1745 op Dinsdagoggend vanaf 09:30. Dit sal baie waardeer word. Camphill doen sulke won-derlik werk en die fondse is maar altyd skraps - so kan ons help en ‘n verskil maak. Dankie!

wees

PRAGTIGE HEMDE MET ONRUSGEMEENTE LOGO OP BESKIKBAAR BY DIE

KERKKANTOOR (SLEGS DONASIES) T-Hemde met kragie, Kortmou en Langmou

hemde. Verskeie groottes.

Foto onder: Kom stap saam op 25 Februarie om 7:00. Kontak Sandri vir meer inligting (082 907 4060). Wat 'n voorreg om nog gesondheid te kan geniet om te kan klim en klouter in ons Vader se pragtige berge en dit nogal saam met ons gemeentelede! U is welkom.

Bootcamp op 11 Feb - Daar was behoor-lik geoefen! Dankie vir almal wat saam kom oefen het.