jesus in my gebedskamer - shofarsermons.org - am - werner...word: “een wat ek liefhet” en jou...
TRANSCRIPT
Jesus in my Gebedskamer
Hoekom bid Christene in die naam van Jesus?
Wat gebeur wanneer op n verhoudingsvlak wanneer ons
bid?
Die Geskiedenis van Gebed
(Heb 9:1) Die eerste verbond het voorskrifte vir die erediens
en ’n aardse heiligdom gehad.
(Heb 9:2) Wat die aardse heiligdom betref: die verbondstent
het twee vertrekke bevat. In die eerste een, dié een wat die
Heilige genoem word, het die kandelaar en die tafel met die
offerbrode gestaan.
(Heb 9:3) Aan die agterkant van die Heilige was daar ’n
tweede gordyn, en daaragter was die tweede vertrek wat
bekend gestaan het as die Allerheiligste.
Die Geskiedenis van Gebed
(Heb 9:4) Daardie vertrek het die goue reukofferaltaar bevat
en die ark van die verbond wat heeltemal met goud beklee
was. Binne-in die ark was die goue kruik met manna, Aäron
se kierie wat gebot het, en die kliptablette van die verbond
waarop die Tien Gebooie gegraveer was.
(Heb 9:5) Bo-op die ark het die glansende gerubs die deksel
van die ark – die plek van versoening – met hulle vlerke
oorskadu. Ek kan egter nie nou op die besonderhede ingaan
nie.
Die Geskiedenis van Gebed
(Heb 9:6) Wat die erediensbepalings betref: Met alles so
ingerig, het die priesters gereeld in die voorste vertrek van
die verbondstent ingegaan om hulle dienste te verrig.
(Heb 9:7) Maar in die agterste vertrek, die Allerheiligste,
kon net die hoofpriester ingaan en dit net een keer per jaar
– boonop altyd met bloed wat hy aan God moes offer vir
sy eie sondes sowel as vir die sondes wat die volk in hulle
onkunde begaan het
Die Geskiedenis van Gebed
(Heb 9:11) Maar nou het Christus as Hoofpriester gekom
om al God se weldade te bedien. Hy het daardie groot,
volmaakte heiligdom in die hemel binnegegaan wat nie die
handewerk van mense is nie, en dus nie deel uitmaak van
hierdie skepping nie.
(Heb 9:12) Eens en vir altyd het Hy met bloed in die
Allerheiligste ingegaan, maar nie met die bloed van bokke
en kalwers nie, nee, Hy het met sy eie bloed daar
ingegaan en vir ons ’n ewige verlossing bewerk.
Die Geskiedenis van Gebed
(Heb 10:19) Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het
om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus
(Heb 10:20) op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons
ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees,
(Heb 10:21) en ons ‘n groot Priester oor die huis van God
het,
(Heb 10:22) laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in
volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling
gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met
rein water.
Die Geskiedenis van Gebed
(Joh 14:6) Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die
waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe
deur My nie.
1) Gelowiges bid die “naam van Jesus” want deur
Sy lewe en deur Sy dood, betree ons die Vader
se teenwoordigheid.
Wat gebeur in die Gebedskamer?
(Psa 84:5) Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle
prys U gedurig. Sela.
(Psa 84:11) Want ‘n dag in u voorhowe is beter as
duisend; ek wil liewer by die drumpel staan in die huis van
my God as om te woon in die tente van goddeloosheid.
Wat gebeur in die Gebedskamer?
(Luk 24:51) En terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle geskei
en is in die hemel opgeneem.
(Luk 24:52) En hulle het Hom aanbid en na Jerusalem
teruggegaan met groot blydskap.
(Luk 24:53) En hulle was gedurig in die tempel en het God
geprys en gedank. Amen.
(Fill 4:4) Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly
julle!
1) Gelowiges bid die “naam van Jesus” want deur
Sy lewe en deur Sy dood, betree ons die Vader
se teenwoordgheid.
2) Gebed leer ons om God te geniet (lief te hê)
(Jes 62:4) Hulle sal jou nie meer die Verstoteling noem
nie en jou land nie meer die Verlatene nie. Jy sal genoem
word: “Een wat Ek liefhet” en jou land: “My Bruid.” Die
Here het jou lief, en jou land behoort aan Hom.
(Jes 62:5) Soos ’n jong man met ’n meisie trou, so sal jou
kinders vir jou sorg. En soos ’n bruidegom bly is oor sy
bruid, so sal jou God bly wees oor jou.
(Jes 62:5) Ek het wagte op jou mure gesit, Jerusalem.
Hulle sal dag en nag bid. Julle wat die Here herinner aan
sy beloftes, moenie rus nie.
(Jer 29:11) Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die
Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek
wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.
(Jer 29:12) Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle
luister.
(Jer 29:13) As julle heelhartig na My soek, sal julle My
vind.
1) Gelowiges bid die “naam van Jesus” want deur
Sy lewe en deur Sy dood, betree ons die Vader
se teenwoordgheid.
2) Gebed leer ons om God te geniet (lief te hê)
3) In gebed ervaar ons God se genot (guns)
teenoor ons
(Luk 5:16) Maar Hy het Hom in verlate plekke teruggetrek
en gebid.
(Luk 6:12) En Hy het in daardie dae uitgegaan na die
berg om te bid en die nag in die gebed tot God
deurgebring.
1) Gelowiges bid die “naam van Jesus” want deur
Sy lewe en deur Sy dood, betree ons die Vader
se teenwoordgheid.
2) Gebed leer ons om God te geniet (lief te hê)
3) In gebed ervaar ons God se genot (guns)
teenoor ons
Jesus Bid
(Luk 6:12) En Hy het in daardie dae uitgegaan na die
berg om te bid en die nag in die gebed tot God
deurgebring.
(Luk 6:13) En toe dit dag geword het, het Hy sy dissipels
na Hom geroep en twaalf van hulle uitgekies, wat Hy
apostels genoem het:
Die Dissipels Bid
(Hand 13:2) En terwyl hulle besig was om die Here te
dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou
Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek
hulle geroep het.
(Hand 13:3) En toe hulle gevas en gebid het en hulle die
hande opgelê het, laat hulle hul gaan.
1) Gelowiges bid die “naam van Jesus” want deur
Sy lewe en deur Sy dood, betree ons die Vader
se teenwoordgheid.
2) Gebed leer ons om God te geniet (lief te hê)
3) In gebed ervaar ons God se genot (guns)
teenoor ons
4) Vanuit ons tye in gebed, gee God rigting vir jou
roeping
(Mat 26:38) Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot
die dood toe; bly hier en waak saam met My.
(Mat 26:39) En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy
aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit
moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans
nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
(Heb 4:15) Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met
ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle
opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
(Heb 4:16) Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon
van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan
verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.
1) Gelowiges bid die “naam van Jesus” want deur
Sy lewe en deur Sy dood, betree ons die Vader
se teenwoordgheid.
2) Gebed leer ons om God te geniet (lief te hê)
3) In gebed ervaar ons God se genot (guns)
teenoor ons
4) Vanuit ons tye in gebed, gee God rigting vir jou
roeping
5) Dit is in gebed, waar Jesus ons troos en krag
gee om uitdagings te oorkom