jju unnni iie ee 222000111555 nnuuuusssbbbrrriieefffons verneem graag voor 15 augustus 2015 van u....

20
Bladsy 1 J J J U U U N N N I I I E E E 2 2 2 0 0 0 1 1 1 5 5 5 N N N U U U U U U S S S B B B R R R I I I E E E F F F Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET I I I n n n h h h i i i e e e r r r d d d i i i e e e u u u i i i t t t g g g a a a w w w e e e 1 Finsolnet / Sygnia Nuus Bl.2 2 Beleggingsbeleidsaanpassings Bl.2 3 Projekte Bl.3 4 Ekonomiese Oorsig en Grafieke 4.1 Markte in oënskou Bl.3 4.2 Rentekoers oorsig / olieprys Bl.3 4.3 Grafieke en Terugvoer Bl. 4-12 5 Inkomstebelasting 5.1 Die werking van Artikel 10C van die Belastingwet Bl.13 5.2 Uittree-annuïteite en Boedelbelasting Bl.13 5.3 Jaarlikse Uittree Annuïteit “omrol” projek Bl.13 6 Vlekvryestaal Houers Bl.14 7 Maandelikse Reisprogram Bl.14 8 Algemeen 8.1 R30,000 Belastingvrye Spaarplan(ne) Bl.15 8.2 Direkte aandele evalueringsopsie deur Old Mutual Wealth Bl.16 8.3 Interessante statistiek van RSA Makelaars aktiwiteite Bl.16 9 RSA Makelaars Personeel Nuus Bl.17 10 Bylaes Bl.18-19 11 Personeel en Kontakbesonderhede Bl.20

Upload: others

Post on 09-Aug-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 1

JJJUUUNNNIIIEEE 222000111555 NNNUUUUUUSSSBBBRRRIIIEEEFFF

Stigterslid en Assosiaat van FINSOLNET

IIInnn hhhiiieeerrrdddiiieee uuuiiitttgggaaawwweee

1 Finsolnet / Sygnia Nuus Bl.2

2 Beleggingsbeleidsaanpassings Bl.2

3 Projekte Bl.3

4 Ekonomiese Oorsig en Grafieke

4.1 Markte in oënskou Bl.3

4.2 Rentekoers oorsig / olieprys Bl.3

4.3 Grafieke en Terugvoer Bl. 4-12

5 Inkomstebelasting

5.1 Die werking van Artikel 10C van die Belastingwet Bl.13

5.2 Uittree-annuïteite en Boedelbelasting Bl.13

5.3 Jaarlikse Uittree Annuïteit “omrol” projek Bl.13

6 Vlekvryestaal Houers Bl.14

7 Maandelikse Reisprogram Bl.14

8 Algemeen

8.1 R30,000 Belastingvrye Spaarplan(ne) Bl.15

8.2 Direkte aandele evalueringsopsie deur Old Mutual Wealth Bl.16

8.3 Interessante statistiek van RSA Makelaars aktiwiteite Bl.16

9 RSA Makelaars – Personeel Nuus Bl.17

10 Bylaes Bl.18-19

11 Personeel en Kontakbesonderhede Bl.20

Page 2: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 2

1. SYGNIA BELEGGINGS-OPBRENGS Sygnia en hul 6 portefeuljebestuurders het, soos

duidelik in die meegaande op-brengsstate op Bl. 10-11 uiteenge-sit, weereens uitstekende opbreng-ste gelewer. Let spesifiek op na hul uitprestering

van die markgemiddeldes vir maatskappye met dieselfde doel-witte.

2. SYGNIA NOTEER 14 OKTOBER OP DIE JOHANNESBURG EFFEKTEBEURS

Sygnia beoog om 14 Oktober 2015 op die JSE te noteer en beplan om ook internasionaal te noteer. Ons wens graag die Maatskappy hiermee geluk en voorspoed toe.

ʼn Baie belangrike toegewing word aan bestaande Sygnia kliënte, wat belangstel, om ná notering van hierdie aandele te bekom, gedoen. Kontak ons asseblief direk sodat ons die nodige dokumentasie aan u

kan voorsien. Op hierdie stadium blyk dit dat: a) die minimum bedrag wat in aanmerking sal kom R50,000.00 sal wees; b) sodra die prospektus beskikbaar is, sal ons dit aan belangstellende kliënte besorg; c) ons die rekeningnommer daarna vir die aankope sal verskaf en ons die individuele FICA dokumente weer sal benodig. Ons verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees.

In ons vorige Nuusbrief het ons die vordering met die oordrag van opsionele en verpligte geld (uittree-annuïteite en lewende annuïteite) vanaf AIMS administrasie na Sygnia administrasie, aan u gerapporteer.

Op daardie stadium was ons nog van mening dat ons die kapitaal in die sogenaamde 5 jaar-lewensreeks by AIMS wou laat. Ons het intussen weer ʼn deeglike studie van die interne polisgeld en baie duurder administratiewe koste van AIMS in

vergelyking met Sygnia gemaak. (Sygnia vra geen polisgeld nie).

1) Gevolglik stel ons nou aan betrokke kliënte die volgende voor dat, waar hierdie beleg-

gings op die AIMS administratiewe platform: a) in voortsetting vir groei is, (die kapitaal is

reeds langer in die belegging as die oorspronklike

5 jaar-termyn) die kapitaal opgevra en belas-tingvry in die kliënt se bankrekening inbetaal word;

b) nog nie die aanvanklike 5 jaar-uitkeerdatum bereik het nie, die kapitaal in terme van Artikel 54 van die inkomstebelasting wet opgevra word. Die volgende formule word toegepas, nl.: die oorspronklike kapitaal + 5% saam-gestelde rente. Die balans word op die oor-spronklike uitkeerdatum uitbetaal;

c) in voortsetting is en ʼn inkomste onttrek word, die kapitaal opgevra en by Sygnia in ʼn konserwatiewe strategie met dieselfde inkom-ste onttrekking herbelê word.

2) Met ontvangs van die kapitaal in u bankrekening moet u ons onmid-dellik in kennis stel en die finale bedrag bevestig sodat ons vir

Sygnia kan versoek om die kapitaal elektronies vir herbelegging te onttrek. Opsies a) en b) word in ʼn 5 jaar-polisstruktuur op die Sygnia platform met hul portefeuljes wat vir groei aan-gewend word, herbelê.

3) Begunstiging geskied per die oorspronklike beleggings.

4) Daar is geen aanvanklike advieskoste verbonde nie en die standaard deurlopende adviesfooi soos in die oorspronklike beleggings, sal geld.

Let daarop dat Sygnia se administrasiekoste vir

saldo’s vanaf R0 tot R2-miljoen slegs 0.25% per jaar van fonds-waarde beloop en vir bedrae groter as R2-miljoen, word die administrasiekoste na 0.10% per jaar van fondswaarde verlaag.

Daarbenewens word die individuele saldo’s van ʼn gesin, met ander woorde man, vrou en kind(ers) (studente onder die ouderdom van 26), asook enige kapitaal wat in Trusts/maatskappye belê is, byme-kaar gevoeg. Oor die algemeen is dit dus geredelik maklik om die R2-miljoen perk te oorskry, met die gepaardgaande uiters kompeterende koste. Wanneer Pieter en Japie aan individuele kliënte terugvoer gee en waar hierdie tipe beleggings ter sprake is, word die nodige ontslag- en herbeleg-gingsvorms voorsien om die proses te bespoedig. Ten einde hierdie proses nog verder te bespoedig, gaan ons binnekort ʼn aparte motiveringskrywe aan betrokke kliënte rig met die vereiste vorms daarby aangeheg om hierdie kapitaal, soos hierbo genoem, te herbelê.

11.. FFIINNSSOOLLNNEETT NNUUUUSS

22)) BBEELLEEGGGGIINNGGSSBBEELLEEIIDD AAAANNPPAASSSSIINNGGSS

Page 3: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 3

3.1 LIBERTY LIFE VERSKUIWINGSPROJEK Soos in ons vorige Nuusbrief bevestig, is ons reeds ver gevorder met die oordrag van kliënte se Liberty Life portefeuljes na beter fondse op die Sygnia administratiewe platform. Die twee Liberty Life portefeuljes wat ons vir ʼn geruime tyd gebruik het, onderpresteer verreweg Sygnia se gemiddelde opbrengs.

3.2 UITTREE-ANNUÏTEIT OMSKAKELING Ons het ook ver gevorder met die omskakeling van ou uittree-annuïteite, wat in swakker opbrengsgewende portefeuljes belê is, na alternatiewe beleggingsplat-forms met beter fondsprestasie en beter kostestruk-ture.

3.3 VERSKUIWING VAN AIMS SE ADMINIS-TRASIE NA SYGNIA SE ADMINISTRASIE Ons het aanvanklik gesukkel om betyds terug-voering en die betrokke instruksies van AIMS te

verkry om die kapitaal vanaf hulle platform na Sygnia oor te dra. Ná ʼn besoek deur Sygnia se uitvoerende personeel aan AIMS se Hoofkantoor, is hierdie aangeleentheid egter bespoedig. Ons is bly om te kan rapporteer dat die proses tans baie vinniger vorder. Ons sien daarna uit om die hele portefeulje binnekort op Sygnia se Administratiewe platform te kan finaliseer.

3.4 OORDRAG VAN AIMS 5 JAAR-LEWENS-REEKSBELEGGINGS NA ‘N SOORTGELYKE BELEGGING OP DIE SYGNIA PLATFORM Soos reeds bespreek poog Pieter en Japie om hierdie projek so gou as moontlik af te handel en sal ons ook individuele kliënte skriftelik nader om die proses te finaliseer.

4.1 MARKTE IN OËNSKOU Ons het die afgelope maande weer-eens verskeie beleggingsaanbiedings bygewoon, onder andere by Allan Gray, Investec en ook deur middel van Finsolnet se Kwartaalvergade-ring. Die grafieke wat ons graag in hierdie Nuusbrief aanhaal, kom uit Sygnia se terugvoer sessie tydens die Finsolnet Kwartaalvergadering. Ten spyte van ʼn werklik uitstekende afgelope 12 maande wat beleggingsopbrengste betref, bly die tema van Fondsbestuurders vir die volgende 5 tot 10 jaar vooruitsigte, versigtig optimisties. In Suid-Afrika bly die eskalerende probleem van krag-onderbrekings deur Eskom, ʼn baie groot bekommer-nis wat geweldige ekonomiese verliese tot gevolg het. Die mynbedryf in Suid-Afrika en internasionaal gaan deur ʼn moeilike tydperk, omdat groei in die wêreld-

ekonomie steeds, met die uitsondering van die VSA en China, die pas makeer. Plaaslik is tans sterk sprake van werksvermindering, met die moontlikheid dat sekere myne mag sluit. Dit sal tot groter werkloosheid met

gepaardgaande onrus bydra.

4.2 RENTEKOERS OORSIG / OLIEPRYSE

Rentekoerse het internasionaal in die groot finansiële moondhede nog nie begin styg nie en in China het rente inderwaarheid verminder. Indien rente-

koerse internasionaal nie styg nie, is dit baie on-waarskynlik dat die Reserwe Bank plaaslike rente sal laat styg. Indien plaaslike rente egter wél sou styg, sal dit RSA baie meer aantreklik vir buitelandse beleggers maak. Die invloei van buitelandse kapitaal sal ʼn versterkende uitwerking op ons betalingsbalans teweeg bring, wat gevolglik tot ʼn versterking van die Rand kan lei. Daarteenoor is daar egter steeds weinig positiewe stygings in die olieprys, wat vir olieproduserende lande nie goeie nuus mag wees nie, maar vir die res van die internasionale ekonomieë, is dit wél goeie nuus. Die soeke na alternatiewe kragbronne om olie en petrol te vervang, vorder flink en word veral opge-merk in nuwe elektriese motorvoertuie wat op die mark beskikbaar gestel word, asook die aanwen-ding van son- en windkrag.

33.. PPRROOJJEEKKTTEE

44.. EEKKOONNOOMMIIEESSEE OOOORRSSIIGG EENN GGRRAAFFIIEEKKEE

Page 4: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 4

4.3 GRAFIEKE EN TERUGVOER

KOMMENTAAR: Hierdie uiteensetting toon die verwagte tendense by die onderliggende plaaslike bateklasse.

CURRENT INVESTMENT VIEWS

KOMMENTAAR: Die eerste kwartaal van 2015 toon ʼn geringe verbetering op die laaste 2 kwartale van 2014. Die porte-

feuljebestuurders maan egter steeds kliënte tot versigtigheid vir die res van 2015

MARKET PERFORMANCE TO 30 APRIL 2015

Page 5: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 5

KOMMENTAAR: Die hoof temas wat ekonomiese verandering vir 2015 tot gevolg kan hê, word hier deeglik uiteengesit, nl. moontlike veranderings in die olieprys; die gevaar van deflasie, aangesien verskeie lande rentekoerse verminder het; daarteenoor is die implementering en gevolge van aanvullende kapitaal wat veral in Europa beskikbaar gestel gaan word; die moontlikheid dat rentekoerse stadig in die VSA mag begin styg; en politiese onsekerheid bly ʼn baie groot gevaar

in verskeie lande.

KOMMENTAAR: Die volgende skyfie lig bogenoemde toe. Let op dat verskeie lande se rentekoerse verminder

is. In die Verenigde Koninkryk is dit nou gelyk aan NUL.

Page 6: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 6

KOMMENTAAR: Interne probleme in die Suid-Afrikaanse ekonomie dra nie tot ʼn positiewe vooruitsig vir 2015 by

nie.

109 Key investment drivers plus 110+117+126+127

KOMMENTAAR: Die toevoeging van kapitaal tot veral Europa het die potensiaal om hulle ekonomieë dramaties

te verbeter, soos die geval met die VSA was. Dit sal egter nie ʼn vinnige proses wees nie en sal

etlike jare neem om te voltooi.

Page 7: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 7

KOMMENTAAR: Die VSA bly steeds wêreldwyd die markleier en die mees stabiele ekonomie wat noodwendig

die grootste buitelandse kapitaal vir belegging trek.

US EQUITY MARKET - SAFEST BET

INTERNATIONAL BUILDING BLOCK

KOMMENTAAR: Baie van ons kliënte doen navraag oor die moontlikheid om in die buiteland te belê. Dit is

goed om op die individuele maatskappye te let wat Sygnia in hul portefeuljes gebruik. Ons

verwys u ook na die opbrengs-statistiek wat in hierdie Nuusbrief, Bl. 10-12, vervat is. Kontak

ons gerus vir meer inligting. Hou in gedagte dat 25% van al Sygnia se inflasie+ portefeuljes in

die Buiteland belê is.

Page 8: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 8

Kliënte vra gereeld in watter mate hul beleggings deur wetgewing beskerm word. Sygnia het in

die volgende verslag ʼn baie duidelike uiteensetting van die wettiese vereistes met betrekking tot

die industrie gegee. Die administratiewe platforms (LISP’s) is ingesluit, asook die maatskappye

wat van langtermyn lewensversekeringslisensies gebruik maak. Dit geld ook vir maatskappye

wat van effektetrust gebruik maak. U kan hieruit aflei dat die hele bedryf intens gereguleer is en

van daar die sekuriteit wat vir beleggers hierin ingebou is.

Page 9: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 9

Page 10: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 10

SYGNIA INTERNATIONAL FUND PERFORMANCE

INVESTMENT PERFORMANCE

OPBRENGS VAN SYGNIA SE PRIMÊRE FONDSBESTUURDERS

SYGNIA INTERNATIONAL FUND

Aggressief

Matig

Konserwatief

Page 11: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 11

SYGNIA INTERNASIONALE AANDELE FONDSE

Ag

gre

ss

ief

Ma

tig

K

on

serw

ati

ef

SYGNIA INDEKS FONDSE

SYGNIA FONDSE IN AFGELEIDE INSTRUMENTE

Page 12: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 12

KO

NS

ER

WA

TIE

F

MA

TIG

A

GG

RE

SS

IEF

Page 13: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 13

5.1 DIE WERKING VAN ARTIKEL 10C VAN DIE BELASTINGWET

“Bydraes nie voorheen toegestaan” is enige eie bydraes wat ʼn persoon tot enige aftreefonds (pensioen/voorsorg/ uittree-annuïteit) gemaak het wat in terme van Artikel 11 van die Belas-tingwet nie as ʼn aftrekking van belas-bare inkomste toegestaan is nie.

Hierdie bydraes kon in die volgende belastingjaar as “bydraes nie voorheen toegestaan nie” van belasbare inkomste afgetrek word of wanneer die persoon uit die fonds aftree.

Wanneer ʼn lid by bedanking/skeidingspakket/ aftrede uit die fonds aftree, kon die belastingvrye-voordeel van hierdie “bydraes nie toegestaan” tot 28 Februarie 2014 slegs teen ʼn enkelbedrag onttrek-king uit die fonds verhaal word. Die maksimum onttrekking wat toegelaat word, is 1/3 van fonds-waarde. Indien dit kleiner was as die belastingvrye “bydraes nie toegestaan”, is die oorskryding in die lewende annuïteit/lyfrente belê en is die belasting-vryevoordeel op daardie deel “verlore”. Die regstelling wat die Ontvanger met Artikel 10C maak, is dat die inkomste uit die lewende annuïteit en/of lyfrente belastingvry sal wees totdat die volle belastingvryevoor-deel ontvang is.

Tans heers daar egter nog onse-kerheid oor presies hoe kontrole van hierdie toegewing deur die Ontvanger en/of die Produkverskaf-fer uitgeoefen sal word.

Een groot voordeel van hierdie nuwe wetgewing is dat (waar van toepassing) ʼn kliënt die maksimum inkomste uit ʼn lewende annuïteit, wat 17,5% pj van fondswaarde is, aan-vanklik sal kan onttrek om sodoende die belastingvrye komponent so gou as moontlik uit die lewende annuïteit te onttrek, met die doel om dit in ʼn belastingvrye portefeulje te herbelê. Slegs die bedrag wat benodig word om aan die maandelikse kontantvloeibegroting te voldoen, sal gebruik word. Die res moet gespaar word sodat die kliënt, bo en behalwe die belasting-vrye kapitaal wat uit die aftreefonds by aftrede onttrek sou kon word, ʼn aanvullende belastingvrye portefeulje vir toekomstige inkomste kan skep. Sodra die belastingvrye kapitaal uit die lewende annuïteit onttrek is, word die inkomste onttrekking weer verminder, indien moontlik na die minimum van 2.5% pj. Aangesien dit waarskynlik die enigste belasbare inkomste mag wees, is dit onwaarskynlik

dat die deursnee kliënt enige inkomstebelasting sal betaal. Die bestaande en nuwe diskresionêre effektetrust-portefeuljes sal vir belastingvrye inkomste en/of groei aangewend word. Sodra daar meer duidelikheid oor die hantering van hierdie saak is, sal ons met die betrokke kliënte, wat ná die intree datum van hierdie wysiging, nl. 01/03/2015 afgetree het, in verbinding tree.

5.2 BOEDELBELASTING EN UITTREE- ANNUÏTEITBELEGGINGS

Ons verwys na ons Desember 2014 Nuusbrief waarin ons hierdie opsie bespreek het en bevestig dat die Ontvanger in voorlopige belastingwysigings vir Maart 2015, te kenne gegee het dat die praktyk om groot enkelbedrae in annuïteite te belê ten einde boedelbelasting te vermy, voorkom gaan word deur die opbrengs ná dood as belasbaar te beskou. Hierdie opsie is dus nie meer geldig nie.

5.3 JAARLIKS UITTREE-ANNUÏTEIT “OMROL” PROJEK

Gedurende Augustus 2015 stuur ons weer aan alle kliënte, wat reeds deur middel van die “omrol” van annuïteite jaarliks geweldig baie belasting bespaar, die betrokke skrywe om, waar van toepassing, bestaande annuïteite belastingvry op te vra vir her-belegging - moontlik by ʼn alternatiewe maatskappy - ten einde die belastingvoordeel vir die huidige belastingjaar te bewerkstellig. Soos in die verlede versoek ons u dringend om op ontvangs van die skrywe, die vorms goed te keur, te onderteken en onmid-dellik per faks of e-pos aan ons terug te stuur.

Enkele van ons kliënte het nagelaat om die vorms betyds vir die 2015 belasting-jaareinde terug te stuur en sal ongeluk-kig meer inkomstebelasting moet betaal. Deur egter vroegtydig op te tree, kan u hierdie teleurstelling vir die 2016 belastingjaar voorkom.

Indien daar enige kliënte is wat nog nie hierdie begrip verstaan nie of meer inligting in hierdie verband benodig, is u baie welkom om met ons in verbinding te tree sodat ons vir u ʼn volledige ontle-ding van u situasie, met die gepaardgaande verduidelikking, kan voorberei.

55)) IINNKKOOMMSSTTEEBBEELLAASSTTIINNGG

Page 14: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 14

6.1 MULTISTAR Ons bly steeds in kontak met die prokureurs, Son-nenberg, en enige goeie nuus in hierdie verband sal onmiddellik aan ons kliënte oorgedra word. Dit is duidelik dat Multistar bewus is van die gevaar

van die twee hofsake wat tans in Engeland teen hulle gevoer word as gevolg van die feit dat baie houers uit sirkulasie onttrek word en kliënte bloot ʼn enkelbedrag in hulle banke ontvang, sonder die nodige uitoefen van keuses soos

in die Multistar kontrakte vervat. As gevolg van die hoë hofkostes ter sprake, is dit feitlik onmoontlik om in hierdie verband vir Multistar in Engeland te dagvaar. Ons versoek dus dat sodra kliënte sulke inbetalings in hulle bankrekening ont-

vang, daar onmiddellik met ons geskakel word om die kapitaal te herbelê met die gepaardgaande inkomste om die houer inkomste te vervang.

6.2 INTERNATIONAL TANK CONTAINERS

Hierdie Maatskappy lewer uitste-kende diens en opbrengs op hulle produkte en kan steeds aanbeveel word vir die moontlike aankoop van nuwe en/of tweedehandse vlekvryestaal houers.

Enige kliënte wat steeds inkomstebelastingprobleme ervaar, kan die belegging in ʼn tweedehandse houer oorweeg. Vir die tegniese samestelling en voordele daarvan is belangstellende kliënte welkom om met ons in verbinding te tree.

7.1 REISROETE Ons herbevestig hiermee ons maandelikse reisprogram. Indien u buite ons normale geskeduleerde besoeke spesi-fieke finansiële sake wil be-spreek, is u welkom om ʼn afspraak deur Maria de Jongh te reël. Let egter daarop dat, indien u finan-siële omstandighede tot so ʼn mate verander het dat herbeplanning benodig word, dit noodsaaklik is dat u volledige inligting aan ons verskaf om ʼn gewysigde ontleding voor te berei.

OOS-KAAP - word gedurende die 2de week van

elke maand besoek. Vanaf George beweeg ons via Jeffreysbaai na Port Elizabeth en vlieg via Oos-Londen terug na Kaapstad.

JOHANNESBURG/ POTCHEFSTROOM/ PRETORIA - word gedurende die laaste week van die maand besoek.

KAAPSTAD EN OMGEWING - kliënte word na

gelang van omstandighede in die 1ste en 3de week van die maand gesien.

7.2 ADRESSE VAN KANTOORLOKALE Ons bevestig weer dat indien enige van ons kliënte moontlik ʼn probleem het om ons by die kantoorlokale te sien, dit net aan Maria bevestig moet word en ons sal dan die nodige reëlings tref om u aan huis te sien.

ADRES TE JOHANNESBURG: Regus Grond Vloer, Twickenham Gebou The Campus H/v Main & Sloanestraat Bryanston ADRES TE POTCHEFSTROOM: 2de Vloer, Oktrongebou, James Morokarylaan 62 Potchefstroom ADRES TE PRETORIA: Renwick House, Rubensteinrylaan 878, Moreletapark ADRES TE GEORGE: Office Reliance 123 Mitchellstraat George ADRES TE PORT ELIZABETH: Regus House, Fairview Office Park, Ringstraat, Greenacres ADRES TE OOS LONDEN: Second Office 6 Donaldstraat Vincent

77)) MMAAAANNDDEELLIIKKSSEE RREEIISSPPRROOGGRRAAMM

66)) VVLLEEKKVVRRYYEESSTTAAAALL HHOOUUEERRSS

Page 15: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 15

8.1 R30,000 JAARLIKSE BELASTINGVRYE SPAARPLAN

Die Ontvanger van Inkomste het aangekondig dat, vanaf 1 Maart 2015, elke individu jaarliks ʼn maksi-mum bedrag van R30,000 in ʼn belastingvrye spaar-produk tot ʼn kumulatiewe maksimum oor tyd, van R500,000 mag belê.

Dit is ʼn uitstekende opsie veral vir jonger persone, wat deur middel van hierdie produk vir studies, motor, behuising en/of enige ander toekomstige kapitaalbehoefte, voorsiening kan maak. Persone met bestaande beleggings kan ook hierdie belastingvrye belegging benut.

Ons kry baie navrae hieroor en bespreek die produk bondig soos volg: 1) ʼn Maksimum per persoon van R30,000 per

jaar mag in hierdie produk belê word. 2) Die maksimum bydrae oor ʼn leeftyd is

R500,000 per persoon. 3) Die bedrag kan deur middel van maandelikse/

kwartaallikse/6-maandelikse of jaarlikse paaie-mente gefinansier word.

4) Indien die bydraebedrag van R30,000 in ʼn jaar oorskry word, sal daar ʼn penalisasie van 40% belasting op die bedrag bo R30,000 gehef word.

5) Toegang tot kapitaal: Kapitaal kan te enige tyd belastingvry en sonder enige penalisa-sie uit hierdie beleggings onttrek word, maar mag nie in daardie betrokke belastingjaar weer terug belê word nie. ʼn Onttrekkingsbedrag kan slegs in die daaropvolgende belastingjaar as deel van die volgende jaar se R30,000 weer

herbelê word. 6) Die opbrengs is 100% belastingvry, maar bly

steeds onderhewig aan boedelbelasting. (Boe-delbelastingkorting per persoon beloop tans R3,500,000).

7) Begunstiging: Begunstiging kan slegs op beleggingsprodukte, wat in terme van ʼn verse-keringslisensie hanteer word, geskied (met ander

woorde by die meeste Versekeringsmaatskappye). Dit beteken dat daar by dood geen Ekseku-teursvergoeding op die kapitaal sal wees nie. Beleggings waar die onderliggende bate effek-tetrust is, kan nie begunstig word nie.

8) Koste: Die volgende koste kan op die produk gehef word: (verwys na Bylae B vir voorbeeld uiteensetting) a) ʼn administrasiefooi; b) ʼn bestuursfooi; c) ʼn deurlopende adviesfooi.

9) Termyn: Daar is geen termyn nie en daar is geen verpligting om jaarliks sodanige bydraes te maak nie.

10) Fondskeuse: Daar is ʼn wye keuse van fondse deur middel van versekeraars en/of effektetrust produkverskaffers. Met die uitsondering van

Banke, is daar egter geen gewaarborgde pro-dukte nie. Beleggings by Banke word as gevolg van lae rentekoerse, nie aanbeveel nie.

11) Bondige opsomming van die produkvoor-dele: Ter verduidelikking gebruik ons Old Mutual en Sygnia as ʼn beleggingsopsie.

Die belegging by Old Mutual word in terme van hul Versekeringsmaatskappy lewenslisensie gedoen, waar Sygnia se belegging in terme van hul effektetrust lisensie gedoen word.

ʼn Verskeidenheid van Ou Mutual se interne produkte, asook die van alternatiewe maat-skappye, bv. NedGroup, Coronation, Prudential en Investec, kan aangewend word. Waar ander fondse as Ou Mutual se fondse egter gekies word, moet die belegging deur ʼn Adviseur en/of Makelaar geskied.

Die minimum bydrae per maand is R350.

Die minimum enkelbedrag is R5,000.

Indien gereelde enkelbedrae beoog word, kan die bedrag na R1,000 verminder word.

Hierdie produk is dus uitstekend vir individue wat die volgende behoeftes het:

a) Belastingvrye Kapitaalgroei. b) Toegang tot kapitaal sonder penalisasie. c) Om die buigbaarheid te hê om die totale bydrae

deur middel van paaiemente en/of enkelbedrae te maak.

d) Geen spesifieke termyn nie. e) Vir individue wat hulle eie beleggingsfondse wil

kies en om dit van tyd tot tyd te kan verskuif. Hierdie produk is NIE vir die volgende beleggers aan te beveel nie:

a) wat nie oor R350 per maand en/of ʼn minimum enkelbedrag van R5,000 beskik nie;

b) wat reeds die R30,000 maksimum vir ʼn belas-tingjaar op hierdie produk belê het;

c) wat ʼn gewaarborgde opbrengs benodig; d) wat alternatiewe beleggings verkies wat nie op

die individuele maatskappye se platforms be-skikbaar is nie.

RSA Makelaars onderneem om geen aanvanklike adviesfooi te vra nie en beperk ons deurlopende adviesfooi tot 0.30% per jaar, wat ʼn baie groot kostetoegewing is. Indien u in hierdie belegging belangstel, verneem ons graag van u.

88)) AALLGGEEMMEEEENN

Page 16: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 16

8.2 EVALUERING VAN BESTAANDE AANDELE PORTEFEULJES DEUR OLD MUTUAL WEALTH Ons het so pas ʼn baie goeie kontrak met Old Mutual Wealth gesluit waardeur Old Mutual kliënte se bestaande aandeleportefeuljes, waarvan die saldo’s groter as R1-miljoen is, deur middel van ʼn baie tegniese proses kosteloos evalueer kan word.

Ons benodig hiervoor ʼn maand- of kwartaalverslag van die bestaande portefeulje wat ons aan Old Mutual oorhandig vir ʼn deeglike, tegniese ontleding. Die verslag gee toepaslike aanbevelings en die kliënt het die keuse om Old Mutual teen ʼn verlaagde bestuurstarief aan te stel.

Indien kliënte spesifieke voorkeur aandele wil behou, kan dit gereël word. Waar ʼn kliënt vir Old Mutual aanstel sal RSA Makelaars ʼn deurlopende fooi van slegs 0.25% pj van fondswaarde vir deurlopende advies vra. Indien u dus oor sodanige aandeleportefeulje beskik, is u baie welkom om die nodige verslae aan ons te stuur en ons sal aandag daaraan skenk. ʼn Groot verskeidenheid van ons kliënte is reeds deur die proses en is baie beïndruk met die analise en die portefeuljes wat daarin voorgestel word.

8.3 INTERESSANTE JAARLIKSE STATISTIEK

VAN RSA MAKELAARS SE AKTIWITEITE 1) Die 6 administratiewe dames hanteer elk tussen

350 en 400 kliënte elk.

2) Hulle funksies sluit onder meer in:

die hantering van alle kliënte navrae met betrekking tot administrasie;

die hantering van nuwe beleggings;

die hantering van kontant opvragings;

die hantering en afhandeling van ʼn ver-skeidenheid spesiale projekte.

3) Die gemiddelde aantal telefoon-oproepe wat per persoon per maand hanteer word, wissel tussen 86 en 96.

4) RSA Makelaars beheer meer as R2-biljoen se kapitaal namens ons sowat 2,500 kliënte. Dit maak RSA Makelaars een van die grootste onafhanklike makelarye in Suid-Afrika.

5) Finsolnet hanteer sowat R15,5-biljoen. 6) Pieter en Japie het gedurende die 2014 jaar

meer as 1,379 afsprake hanteer.

RSA Makelaars het van middel Mei 2015 op ʼn nuwe Databasis, “X-plan” oorgegaan en die personeel moet dus die nodige opleiding ontvang. Deesdae geskied dit nie meer onder die oog van ʼn persoon nie, maar kry ons die opleiding via rekenaarverbinding met ’n persoon in die Oos-Kaap. Ons vra u geduld in hierdie oorgangsfase.

Page 17: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 17

99)) RRSSAA MMAAKKEELLAAAARRSS -- PPEERRSSOONNEEEELL NNUUUUSS

Die oudste seun van Linda en Johan Marais, Jean, is onlangs met Clair, (afkomstig uit Engeland) langs die see by Yzerfontein, getroud. Baie geluk aan die jong getroudes, wat hulle nou in Singapore gaan

vestig en aan Johan en Linda met die nuwe skoondogter.

Die goeie nuus is dat Maria en Pierre de Jongh in Oktober vanjaar die nuwe lewensstatus van Oupa en Ouma gaan bereik. Ons wens die nuwe ouerpaar sterkte toe met al die voorbereiding vir die groot aankoms en hoop

dat alles voorspoedig sal verloop.

Heidi Fontini se oudste dogter, Diandi, het onlangs weer tydens die Life Saving Nationals in Port Elizabeth baie goed presteer en het met verskeie medaljes tuisgekom. Baie geluk Diandi. Heidi self het as Hoof-beampte opgetree, wat ‘n uiters verantwoordelike en stresvolle taak is, en sy het weereens dit baie goed hanteer. Ons is

trots op jou Heidi.

Ons het so pas gehoor dat Denise se seun, Stian van Zyl, vir die Protea toetsgroep wat einde Julie in Bangladesj speel, gekies is. Ons sien uit om hom

weer in aksie te sien.

Ons is baie bevoorreg om te kan aankondig dat Tanja Snyman vanaf 2 Mei 2015 in Anien se posisie aangestel is. Tanja het wye en deeglike ervaring in die beleggings- en versekeringsbedryf en sy is ook uitstekend gekwalifiseerd. Sy het reeds binne ʼn baie kort bestek van tyd die basiese aktiwitei-te by RSA Makelaars baasgeraak en ons het geen twyfel dat sy uitstekende diens aan ons

kliënte sal lewer nie.

Anien Schoeman, wat Derick Payne se portefeulje hanteer het, het ons diens op 30 April 2015 verlaat om haar man met sy vinnig groeiende vervoer-besigheid by te staan. Ons wens hulle baie sukses in hierdie besigheidsaktiewiteit toe.

Ons verwelkom graag ons nuwe ontvangsdame by RSA Makelaars. Thea Horak het in Februa-rie 2015 reeds by ons aangesluit. Sy is intussen al heeltemal deel van die familie en begin ons kliënte reeds goed ken. Sy het van Pretoria verhuis en ons is bly dat sy so lekker in die Kaap inpas.

Page 18: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 18

BYLAE A – FINSOLNET FONDSFEITESTAAT

1100)) BBYYLLAAEESS

Page 19: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 19

BYLAE B

KOSTEVERGELYKING R30,000 PJ BELASTINGVRYE BELEGGING

Page 20: JJU UNNNI IIE EE 222000111555 NNUUUUSSSBBBRRRIIEEFFFOns verneem graag voor 15 Augustus 2015 van u. Na ons mening behoort dit ʼn uitstekende beleg-gingsgeleentheid te wees. In ons vorige

Bladsy 20

VOOR : Van links na regs Maria de Jongh; Japie Louw; Pieter Smitsdorff; Derick Payne AGTER: Van links na regs Colleen Knoetze; Magda Matthee; Michelle Hüsselmann; Heidi Fontini; Ingrid Singels; Tanja Snyman; Linda Marais; Denise van Zyl; Thea Horak; Pam Coetzee – Belastingkonsultant Sarah Pieterse – Teedame

Insurance House Edwardstraat 126 BELLVILLE 7530

GPS: S 33º52.707’ E018º38.171’

E-pos: [email protected] Webtuiste: www.rsabrokers.co.za www.finsolnet.co.za Tel: 021- 9196916 Faks: 021- 9199718

1111)) PPEERRSSOONNEEEELL KKOONNTTAAKK BBEESSOONNDDEERRHHEEDDEE

PPEERRSSOONNEEEELL EE--PPOOSS:: TTeell.. UUiittbbrr.. NNrr..:: FFaaxx--22--eemmaaiill Peter-John Smitsdorff [email protected] Derick Payne [email protected] Japie Louw [email protected] 112 0865 752647 Maria de Jongh (Persoonlike Assistent) [email protected] 101 0866 151808 Colleen Knoetze (Persoonlike Assistent) [email protected] 118 0866 102734 Ingrid Singels (Finansiële Ontledings) [email protected] 108 0866 151618 Thea Horak (Ontvangs/dikteerwerk) [email protected] 100 0866 102734

AAddmmiinniissttrraattiieewwee AAssssiisstteennttee // KKlliiëënntteeddiieennss:: Magda Matthee (A-C ) [email protected] 111 0866 151811 Denise van Zyl (D-H) [email protected] 115 0865 950180 Michelle Hüsselmann (I-M) [email protected] 109 0865 152843 Heidi Fontini (N-S) [email protected] 107 0865 576843 Linda Marais (T-Z) [email protected] 110 0866 151810

Tanja Snyman (Portefeulje D Payne) [email protected] 113 0865 208156

Posbus 3547 TYGERVALLEI 7536

FSB KODE: 11108