john jansen life storie

1
15 Die Burger Vrydag 29 Julie 2016 Forum Stuur jou SMS na 45589. SMS’e wat die skrywer se naam bevat, kry voor- keur. V As al die beloftes realiseer wat politici  maak, gaan ons binnekort die land van melk en heuning wees. Marthinus Bekker V Hlaudi is soos ’n bokser wat in die eerste ronde sewe keer platgeslaan is met ’n uit- klophou wat wag. JP Dips, Lambertsbaai V Wat is die kanse dat die persoon wat verantwoordelik is vir sewe joernaliste se onregverdige ontslag, self ontslaan gaan word? Nul! André, Durbanville V Max, die SAUK-joernaliste wat Solidariteit help, is ’n mengsel van ons samelewing en nie net wit en Afrikaans nie. Boon, Kaap V Goed gestel, Kallie Kriel, jy lyk eerder na  die onpartydige joernalis as Max du Preez. Celia, Melkbosstrand V Asseblief, kykNET-sepies, daar is genoeg korrupsie en geweld in ons land. Moenie my aand spoil nie! Drienie, Gansbaai V Ai, die prokureur van Bloemfontein kon darem die vrou mildelik vir die terugvind van sy beursie vergoed het. Babsie, Stb V Dis nie net medisynepryse wat styg nie, maar ook siekefonds-bydraes. En die voor- dele raak ook al hoe minder. Barnie B V Laurie Mains het blykbaar geen idee dat min die afgelope 15 jaar vir gekleurde spe- lers verander het. Hoe kan jy ontwikkel as daar nie eers basiese geriewe vir oefen is nie? Patrick Arendse, Kuilsriver V Gerhard Beukes, ek het ’n naam (vir die Stormers). Die Warrelwindjies. Koos Lion Jy SMS Besef mense wat hulle aan ander doen? Marius du P, Kaapstad Politici, besluitnemers en diegene wat regstellende aksie so maklik bepleit en toepas, pleeg seker die grootste be- lediging teenoor swart en bruin men- se nog! Die ironie is dat hulle dit blyk- baar nie self besef nie. Laat ek eers duidelik sê dat niks die onregte van die verlede onklaar kan maak nie, en dat dit nooit ooit goed- of sagter gepraat kan word nie. Apart- heid hét mense gemarginaliseer en hul menswaardigheid afgetakel. Ver- keerd was destyds verkeerd, is vandag verkeerd, en sal môre steeds verkeerd wees. Deur iemand sonder die nodige op- leiding of ervaring in ’n posisie te plaas, fokus jy juis op daardie persoon se nog-nie-vermoë en skep daardeur die indruk dat hy/sy nie goed genoeg is nie. Hoe absurd dit ook al mag klink, is dit inderdaad rassisme teenoor mense wat selfs aan jou eie ras kan behoort. Want volgens die woordeboek is ras- sisme “die veronderstelling dat karak- ter en bekwaamheid bepaal word deur ras”. Wat sê jy eintlik met regstellende aksie sonder ’n einddatum? Jy sê: “Jy, my broer, is nie goed ge- noeg om dit op jou eie reg te kry nie. Ek sal jou maar moet help, want jy het nie self die vermoë nie.” Wat ’n gruwelike belediging vir die bekwaamheid en intellek van swart en bruin mense? Hoe durf jy? ’n Volle 22 jaar se on- vermoë om dit self reg te kry, kan nie steeds agter apartheid en politiek weg- gesteek word nie. Talle swart en bruin mense kom op elke moontlike gebied van die sake- en sportwêreld self die mas op omdat hulle kan en wil . . . sonder om as “kwotaspelers” of “reg- stellendeaksie-aanstellings” uitgewys te word. En wat van nasiebou en verdraag- saamheid? Regstellende aksie vuur juis rassis- me aan, want vir mense wat nie swart is nie, sê jy effektief dat daar altyd “swakker” mense in hul plek gekies en aangestel sal word. Moet ons ’n toekoms bou op die slegte dinge van die verlede? Daar is duisende wit Suid-Afrika- ners wat erken dat die ou bedeling menswaardigheid gruwelik afgetakel het en mense daardeur gemarginali- seer is. Maar in Paul Kruger se woor- de: “Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop”, en nie “neem uit die verlede wat sleg is en bou die toekoms daarop” nie. Gee almal eerder die geleentheid om, wat ons deur “bevoorregte” le- wens- en sake-ervaring opgedoen het, te deel deur middel van byvoorbeeld mentorskappe, sonder om nasietrots af te takel. Want oor die potensiële be- kwaamheid en intellek van alle mense twyfel ons nie. V Nuwe Boeings kom: Nog vier Boeing-passa- siersvliegtuie gaan deur die Suid-Afrikaanse Lugdiens teen ’n koste van sowat R16 miljoen aangekoop word. Die aankoop van die vier nu- we vliegtuie is deur die Minister van Vervoer, mnr. B.J. Schoeman, goedgekeur. Die nuwe be- stelling sal die Lugdiens se vloot op sestien te staan bring. V Man sterf ná duik: ’n Nederlandse immi- grant wat op Tweede Nuwejaar in ’n duik-onge- luk in Wellington se swembad sy nek gebreek het, is gisteraand in die Conradie-Hospitaal in Pinelands oorlede. Hy was die vyftigjarige mnr. F. van Stuijvenberg, wat ten tyde van die onge- luk ’n tekenaar by ’n popfabriek in die Paarl was. Hy het in die vlak kant van die swembad op sy kop te lande gekom toe hy een van sy dogters wou wys hoe om te duik. V U2 raak weg: ’n U2-vliegtuig wat van Ameri- ka na Suid-Amerika op pad was, word vermis. Die Amerikaanse verdedigingshoofkwartier het gister gesê die vlieënier het waarskynlik sy be- wussyn gedurende die vlug verloor. V Bekende in bokskringe oorlede: Een van die kleurrykste mense in Suid-Afrikaanse bokskringe is eergisteraand in ’n Seepuntse hospitaal oor- lede. Hy was mnr. Edgar Lipsett (81) wat byna 58 jaar ’n leidende rol in amateur- sowel as be- roepsboks gespeel het. Mnr. Lipsett het in 1902 vir die eerste maal in die kryt geklim. Hy het die veergewigtitel van die Westelike Provinsie verskeie kere verower. Hy het ook ’n Suid-Afri- kaanse titel verower wat egter nooit erken is nie, omdat die Suid-Afrikaanse Amateur-Boks- vereniging eers gestig is nadat hy die titel vero- wer het. Mnr. Lipsett was nie net bekend van- weë sy briljante boksloopbaan nie, hy het ook as skeidsregter uitgeblink. Hy het nl. by 354 be- roeps- en meer as 3000 amateur-boksgevegte as skeidsregter opgetree. Die laaste was die ge- veg tussen Willie Toweel en die Fransman Guy Garcia. V Advertensie: Gee u aartappelfynmaker die afskeidsgroet! Nou maak wêreldberoemde Mag- gi vir u kitsgaar fynaartappels, ses porsies in el- ke pakkie (so lekker dat ’n mens nie jou lus kan hou nie). 50 Jaar gelede | 29 Julie 1966 Oor die SAUK wat onverwags sewe van sy agt afgedankte joernaliste her- aangestel het: V Hulle moet maar die regskostes van Hlaudi Motsoeneng se goue handdruk af- trek. In elk geval sal sy volgende pos as ambassadeur of parlementslid baie meer betaal. Erna du Toit V Terwyl Hlaudi daar is, gaan hierdie arme mense se lewe ’n hel wees, want hy sal als in sy “ongewenste mag” doen om hulle te viktimiseer. Elane vd W V Dis hoogtyd dat persone verantwoordelik gehou word vir hofkostes en nie departe- mente nie, wat later deur die belastingbe- taler betaal moet word. Dan sal almal in hul spoor trap en toesien dat reg en orde geskied. Antionette Malan V Die ommeswaai is baie onverwags . . . is hier ’n slang in die gras? Johan Zwiegers V In die geheel gesien is die optrede van die SAUK-raad vreeslik onvolwasse, amper kinderlik, en wek nie vertroue nie. Uiters onprofessioneel. Dit is wat gebeur as per- sone sonder die regte kwalifikasies in top- posisies aangestel word! Yvonne Engel- brecht Jy op Facebook en Netwerk24 D it het alles begin by “ ’n laaitie in matriek” en ’n selfoon. Hannes Jansen (62), uitvoe- rende hoof van Montagu Droëvrugte en Neute, sit in sy kantoor op Mon- tagu en vertel ons die storie van hom en daardie seun. “Ek het ’n vrou gehad wat op ons plaas op Alma, daar in Vaalwater se wêreld, vir my gewerk het. En so kry ek elke oggend die selfoon wat daar lê op die charger in die werkswinkel. En op ’n dag vra ek vir my vrou: ‘Wie se selfoon is dit?’ Ek praat darem nou van ’n paar jaar terug; ek praat van ses, sewe jaar terug en die mense wat vir my gewerk het, was nou nie eint- lik mense wat kon bekostig om sel- fone te hê nie, so ek het gewonder waar kom dié selfoon vandaan. “Nee, dis een van die vroue s’n wat hier in die lande by ons werk, vind ek uit. En toe sy nou die middag kom om die selfoon te kom haal, toe vra ek vir haar: ‘Waar kry jy dié selfoon? En hoe bekostig jy ’n simkaart?’ Toe sê sy vir my sy’t nie ’n simkaart nie. Toe vra ek: ‘Maar hoekom charge jy dan die telefoon?’ Sy sê nee haar seun gebruik dit in die aande as ’n liggie om mee te studeer vir sy matriek, want hulle het nie krag nie. “Ek sê: ‘As dít is wat jou seun doen, wil ek hierdie outjie ontmoet.’ En so bring sy toe die outjie na my toe, sy naam is John . . . John Manganyi. Hy’s nou vandag John Jánsen Man- ganyi; ons het hom aangeneem. “Ek sê toe vir John: ‘Jô! Jy moet da- rem moed hê as jy so met ’n selfoon studeer.’ Toe sê hy vir my: ‘Sir, the only thing between me and poverty is to study.’ Toe sê ek vir hom: ‘John, what are you going to do when you are finished with matric?’ Toe sê hy: ‘I don’t know but I want to go and study.’ Ek sê: ‘Okay, you do your matric and get good results; I’ll spon- sor you for a degree.’ “En daai outjie het sy matriek ge- slaag in die eerste klas en ek het hom uitgevat na die Universiteit van Lim- popo toe . . . Nou, jy weet, ons men- se . . . As jy nie deur so ’n proses gaan nie beséf jy nie wát is die uitdagings wat die ouens daar buite het nie. Hy het nie ’n béd nie; hy’t nie kombérse nie; hy’t nie klére nie; hy’t nie eers ’n pénsakkie nie; hy’t nie eers ’n tas nie, maar hy wil universiteit toe gaan. “So dit kos ons toe nou vir hom ’n bed koop, matrás, lákens, kombérse, ’n klein yskassie, ’n stofie, want hy bly toe in ’n selfversorgingseenheid wat ons toe vir hom daar kry. Elke maand moes ek vir hom ’n toelae gee om kos te koop.” Jansen het hom vir ’n BA Kommu- nikasiekunde-graad ingeskryf. “Hy’t sy driejaarkursus klaarge- maak; hy’t in sy laaste jaar ’n toeken- ning gekry as die beste student in En- gels in die universiteit en hy het nie één keer een vak gedruip nie. “Toe hy daar klaar is, het ek vir hom ’n pos gekry by ’n maatskappy daar in Pretoria met die naam van die RussellStone Group. Hulle besit ’n klomp plase en hy het vir hulle opge- tree as ’n liaison officer tussen die mense en die bestuur. Hy’t nou sy eie besigheid begin, Desire2Win Group. “Hy gaan uit en spreek swart mense toe. Hy verkondig nou aan hierdie ou- ens die woord van as jý suksesvol wil wees in hierdie lewe, you’ve got to take charge of your own life. Life doesn’t owe you anything . . . want ek het met hom gesít, báie ure daar by my op die plaas en dan het ek vir hom die basiese goed geleer. Ek het vir hom gesê: Vergeet die ding van jy’s swart en daar was apartheid en jy’t swaargekry. Jy kan dit by jou dra as ’n wrok teen wit mense, maar dít gaan nie jou beursie vol maak nie. You gotta get beyond that! Jy moet kyk na die toekoms; aanvaar verant- woordelikheid vir jou eie toekoms. En onthou: Niémand skuld jou iets nie. Jý moet dit doen. “Ek dink hy het ’n damn goeie suk- ses gemaak. En dit het alles begin met ’n laaitie wat in matriek met ’n sel- foonliggie gestudeer het. En ek is baie trots op die outjie, baie, baie trots.” Ons praat oor sy kinderdae. “Ek is in Vereeniging gebore in ’n baie árm familie. My oupa het drie seuns gehad en ’n dogter en my pa was die een vir wie hy die oogmerk gehad het om die boerdery oor te neem. Hy het geboer daar agter die Soutpansberge langs die Sandrivier.” Nadat sy pa getroud is en Hannes gebore is, het hulle na die plaas ver- huis om te gaan boer. “Dit was maar ’n bietjie van ’n ver- keerde besluit. Die boerdery het glád nie uitgewerk vir my pa nie; glád nie. My pa is toe daar weg en het by ’n ou gaan boer in Cullinan, waar hy ’n stukkie grond kon huur. Ek en my boetie het toe by my ouma gaan bly in Langlaagte. My ouma was een van drie dogters. Hulle was weeskinders uit die Boereoorlog uit. Ons het daar reg langs die stasie gebly. My oupa was ’n spoorwegwerker; ek sal nooit vergeet nie: so ’n kort outjie met ’n swart petjie. “En elke oggend vyfuur dan . . . so tróts, nou gaan hy wérk met sy bicy- cletjie en agterop het hy daai silwer trommeltjie gehad met sy toebroodjies wat ouma vir hom die vorige aand ge- maak het en ’n flaskie koffie. “Toe kry my pa ’n werk by Yskor in Pretoria en toe koop hy vir hom ’n kleinhoewe buite Pretoria by Bavi- aanspoort. Toe’s ek standerd een soon- toe en my boetie saam.” J ohn Jansen Manganyi (28) woon deesdae in Pretoria. “My ma, Paulina, werk steeds in Alma. Sy is ’n bediende by ’n gaste- huis. Een van my projekte is om haar iewers heen te skuif waar ek vir haar ’n plek kan bou. Ek glo ons sal nog daar uitkom,” sê hy in ’n telefoniese gesprek. “Hannes is vir my soos ’n pa. Dis iets wat ek nooit gehad het nie, want my biologiese pa . . . die enigste mem- ory van hom is toe hy ’n mes gehad het en my ma wou steek. Dit was sleg gewees, maar Hannes het regtig my lewe omgedraai en hy het vir my ont- vang soos sy seuntjie en vir my prin- ciples geleer wat ek elke dag apply. “Nommer een-ding wat hy vir my gesê het, is niemand skuld vir my niks nie; ek moet iets vir myself doen. En jy moet altyd waarde skep en nie net aan jouself dink nie, so dit is ook ’n principle wat ek vir mense leer deur projekte wat ek hardloop en training-sessies wat ek hou. “Ons doen baie training om verhou- dings te verbeter in werksomgewings en ons kyk ook na leierskapontwikke- lingsprogramme en strategiestudies waar ons kyk waarheen gaan die maatskappy en wat is hulle doelwitte en hoe kom ons daarby uit. Dit help ook in terme daarvan dat die ouens die werkomgewing sien as ’n plek van groei waar hulle enigiets kan doen. Hulle hoef nie te verwag die maat- skappy moet alles vir hulle doen nie; hulle moet ook iets na die tafel toe bring. “Ek deel ook my life story. Mense vra vir my altyd hoekom kan ek Afri- kaans praat en hoekom is ek met die Jansens in ’n verhouding, en al daai goed. Dan verduidelik ek vir die ou- ens dis ’n kans wat die Here vir my gegee het om by so ’n familie in te kom en te leer hoe ons ons eie wealth kan bou en ’n verskil kan maak in die land. En dit kom by drie goedjies: mindset en lifestyle en habits. “Vir my gaan dit daaroor om ’n kans te kry om met my mense idees te deel. En ek weet dit gaan ons beslis as land of as mense na ’n ander vlak toe vat. “Enige company wat enige dienste nodig het in die lyn van besigheids- ontwikkeling of corporate social invest- ment – ons sal hulle definitief kan help.” Wat is sy beskouing van rassisme in ons samelewing? “Mense is besig om vir mekaar te blameer en apartheid en die regering en al daai goed. Ek dink dis een van die goedjies wat ons terughou. Mense besef nie daar is so baie wat ons kan doen nie. As ek met mense praat, vra ek eerste vir hulle: ‘Hoekom is jy hier?’ En dan: ‘Hoe wil jy onthou word?’ Dat mense kan sê: ‘John was hier; hy’t dít gedoen.’ As ’n persoon ’n groter prentjie kan sien van homself en die land, dan gaan hy nie ’n skool brand nie of by die werkplek kom met daai rassisme en sê: ‘Nee, die maat- skappy moet vir my dit en dit . . .’ Of: ‘Daar is te veel swart of wit mense hier.’ Mense moet kyk binne homself en vra wat kan hy doen vir homself en vir ander mense om hom. “Ek hou van verhoudings. So my nommer een-principle is if you get it right met verhoudings, sal dit goed- gaan met results en dan rewards . . . vir almal.” Die laaitie en die selfoon Hannes Jansen, ’n dinamiese sakeman wat arm grootgeword het, het dit vir ’n arm seun moontlik gemaak om ook bo sý omstandighede uit te styg. Hannes Jansen en John Jansen Manganyi op Montagu tydens ’n besoek van John aan sy aanneemgesin. Foto: VERSKAF Oop Kaarte Murray La Vita Hannes Jansen Hannes Jansen is in Vereeniging gebore en het arm grootgeword. Hy het deur korrespondensiekursusse gekwalifiseer as geoktrooieerde bestuursrekenmeester en is later as ’n genootskaplid van die Geoktrooi- eerde Instituut van Bestuursreken- meesters toegelaat (FCMA). Hy was hoofbestuurder van finansies by Nissan SA en besturende direkteur van Martin Jonker Motors in Pretoria voordat hy en sy vrou, Annatjie, en hul kinders, Jana en Henk, hulle op ’n besproeiingsplaas by Alma in Limpopo gaan vestig het. Hy het daar geboer totdat hulle in 2010 na Montagu verhuis het waar hy sedert 2014 uitvoerende hoof is van Montagu Droëvrugte en Neute. Onder sy leiding gaan die maatskappy van krag tot krag en mik nou na franchises in die buiteland. Jansen meen ons ekonomie het baie meer klein ondernemings nodig.

Upload: john-jansen-manganyi

Post on 28-Jan-2018

56 views

Category:

Leadership & Management


5 download

TRANSCRIPT

Page 1: John jansen life storie

15Die Burger

Vrydag29  Julie  2016Forum

Stuur  jou  SMS  na  45589.  SMS’e  wat die  skrywer  se  naam  bevat,  kry  voor­keur.

V As  al  die  beloftes  realiseer  wat  politici   maak,  gaan  ons  binnekort  die  land  van melk  en  heuning  wees.  Marthinus  BekkerV Hlaudi  is  soos  ’n  bokser  wat  in  die  eerste ronde  sewe  keer  platgeslaan  is  met  ’n  uit­klophou  wat  wag.  JP  Dips,  LambertsbaaiV Wat  is  die  kanse  dat  die  persoon  wat verantwoordelik  is  vir  sewe  joernaliste  se onregverdige  ontslag,  self  ontslaan  gaan word?  Nul!  André,  DurbanvilleV Max,  die  SAUK­joernaliste  wat  Solidariteit help,  is  ’n  mengsel  van  ons  samelewing  en nie  net  wit  en  Afrikaans  nie.  Boon,  KaapV Goed  gestel,  Kallie  Kriel,  jy  lyk  eerder  na   

die  onpartydige  joernalis  as  Max  du  Preez. Celia,  MelkbosstrandV Asseblief,  kykNET­sepies,  daar  is  genoeg korrupsie  en  geweld  in  ons  land.  Moenie my  aand  spoil  nie!  Drienie,  GansbaaiV Ai,  die  prokureur  van  Bloemfontein  kon darem  die  vrou  mildelik  vir  die  terugvind van  sy  beursie  vergoed  het.  Babsie,  StbV Dis  nie  net  medisynepryse  wat  styg  nie, maar  ook  siekefonds­bydraes.  En  die  voor­dele  raak  ook  al  hoe  minder.  Barnie  BV Laurie  Mains  het  blykbaar  geen  idee  dat min  die  afgelope  15  jaar  vir  gekleurde  spe­lers  verander  het.  Hoe  kan  jy  ontwikkel  as daar  nie  eers  basiese  geriewe  vir  oefen  is nie?  Patrick  Arendse,  Kuilsriver V Gerhard  Beukes,  ek  het  ’n  naam  (vir  die Stormers).  Die  Warrelwindjies.  Koos  Lion

Jy SMSBesef mense wat hulle aan ander doen?Marius  du  P,  KaapstadPolitici, besluitnemers en diegene wat regstellende aksie so maklik bepleit en toepas, pleeg seker die grootste be-lediging teenoor swart en bruin men-se nog! Die ironie is dat hulle dit blyk-baar nie self besef nie.

Laat ek eers duidelik sê dat niks dieonregte van die verlede onklaar kan maak nie, en dat dit nooit ooit goed- of sagter gepraat kan word nie. Apart-heid hét mense gemarginaliseer en hul menswaardigheid afgetakel. Ver-keerd was destyds verkeerd, is vandag verkeerd, en sal môre steeds verkeerd wees.

Deur iemand sonder die nodige op-leiding of ervaring in ’n posisie te plaas, fokus jy juis op daardie persoon se nog-nie-vermoë en skep daardeur die indruk dat hy/sy nie goed genoeg is nie.

Hoe absurd dit ook al mag klink, isdit inderdaad rassisme teenoor mense wat selfs aan jou eie ras kan behoort. Want volgens die woordeboek is ras-sisme “die veronderstelling dat karak-ter en bekwaamheid bepaal word deur ras”.

Wat sê jy eintlik met regstellende aksie sonder ’n einddatum?

Jy sê: “Jy, my broer, is nie goed ge-noeg om dit op jou eie reg te kry nie. Ek sal jou maar moet help, want jy het nie self die vermoë nie.”

Wat ’n gruwelike belediging vir diebekwaamheid en intellek van swart

en bruin mense? Hoe durf jy? ’n Volle 22 jaar se on-

vermoë om dit self reg te kry, kan nie steeds agter apartheid en politiek weg-gesteek word nie. Talle swart en bruin mense kom op elke moontlike gebied van die sake- en sportwêreld self die mas op omdat hulle kan en wil . . . sonder om as “kwotaspelers” of “reg-stellendeaksie-aanstellings” uitgewys te word.

En wat van nasiebou en verdraag-saamheid?

Regstellende aksie vuur juis rassis-me aan, want vir mense wat nie swart is nie, sê jy effektief dat daar altyd “swakker” mense in hul plek gekies en aangestel sal word.

Moet ons ’n toekoms bou op die slegte dinge van die verlede?

Daar is duisende wit Suid-Afrika-ners wat erken dat die ou bedeling menswaardigheid gruwelik afgetakel het en mense daardeur gemarginali-seer is. Maar in Paul Kruger se woor-de: “Neem uit die verlede wat goed is en bou die toekoms daarop”, en nie “neem uit die verlede wat sleg is en bou die toekoms daarop” nie.

Gee almal eerder die geleentheid om, wat ons deur “bevoorregte” le-wens- en sake-ervaring opgedoen het, te deel deur middel van byvoorbeeld mentorskappe, sonder om nasietrots af te takel. Want oor die potensiële be-kwaamheid en intellek van alle mense twyfel ons nie.

V Nuwe  Boeings  kom:  Nog  vier  Boeing­passa­siersvliegtuie  gaan  deur  die  Suid­Afrikaanse Lugdiens  teen  ’n  koste  van  sowat  R16  miljoen aangekoop  word.  Die  aankoop  van  die  vier  nu­we  vliegtuie  is  deur  die  Minister  van  Vervoer, mnr.  B.J.  Schoeman,  goedgekeur.  Die  nuwe  be­stelling  sal  die  Lugdiens  se  vloot  op  sestien  te staan  bring. 

V Man  sterf  ná  duik:  ’n  Nederlandse  immi­grant  wat  op  Tweede  Nuwejaar  in  ’n  duik­onge­luk  in  Wellington  se  swembad  sy  nek  gebreek het,  is  gisteraand  in  die  Conradie­Hospitaal  in Pinelands  oorlede.  Hy  was  die  vyftigjarige  mnr. F.  van  Stuijvenberg,  wat  ten  tyde  van  die  onge­luk  ’n  tekenaar  by  ’n  popfabriek  in  die  Paarl was.  Hy  het  in  die  vlak  kant  van  die  swembad op  sy  kop  te  lande  gekom  toe  hy  een  van  sy dogters  wou  wys  hoe  om  te  duik. 

V U2  raak  weg:  ’n  U2­vliegtuig  wat  van  Ameri­ka  na  Suid­Amerika  op  pad  was,  word  vermis. Die  Amerikaanse  verdedigingshoofkwartier  het gister  gesê  die  vlieënier  het  waarskynlik  sy  be­wussyn  gedurende  die  vlug  verloor. 

V Bekende  in  bokskringe  oorlede:  Een  van  die kleurrykste  mense  in  Suid­Afrikaanse  bokskringe is  eergisteraand  in  ’n  Seepuntse  hospitaal  oor­lede.  Hy  was  mnr.  Edgar  Lipsett  (81)  wat  byna 58  jaar  ’n  leidende  rol  in  amateur­  sowel  as  be­roepsboks  gespeel  het.  Mnr.  Lipsett  het  in  1902 vir  die  eerste  maal  in  die  kryt  geklim.  Hy  het die  veergewigtitel  van  die  Westelike  Provinsie verskeie  kere  verower.  Hy  het  ook  ’n  Suid­Afri­kaanse  titel  verower  wat  egter  nooit  erken  is nie,  omdat  die  Suid­Afrikaanse  Amateur­Boks­vereniging  eers  gestig  is  nadat  hy  die  titel  vero­wer  het.  Mnr.  Lipsett  was  nie  net  bekend  van­weë  sy  briljante  boksloopbaan  nie,  hy  het  ook as  skeidsregter  uitgeblink.  Hy  het  nl.  by  354  be­roeps­  en  meer  as  3000  amateur­boksgevegte as  skeidsregter  opgetree.  Die  laaste  was  die  ge­veg  tussen  Willie  Toweel  en  die  Fransman  Guy Garcia.

V Advertensie:  Gee  u  aartappelfynmaker  die afskeidsgroet!  Nou  maak  wêreldberoemde  Mag­gi  vir  u  kitsgaar  fynaartappels,  ses  porsies  in  el­ke  pakkie  (so  lekker  dat  ’n  mens  nie  jou  lus  kan hou  nie). 

50 Jaar gelede | 29 Julie 1966

Oor  die  SAUK  wat  onverwags  sewe van  sy  agt  afgedankte  joernaliste  her­aangestel  het:

V Hulle  moet  maar  die  regskostes  van Hlaudi  Motsoeneng  se  goue  handdruk  af­trek.  In  elk  geval  sal  sy  volgende  pos  as ambassadeur  of  parlementslid  baie  meer betaal.  Erna  du  Toit V Terwyl  Hlaudi  daar  is,  gaan  hierdie  arme mense  se  lewe  ’n  hel  wees,  want  hy  sal  als in  sy  “ongewenste  mag”  doen  om  hulle  te viktimiseer.  Elane  vd  WV Dis  hoogtyd  dat  persone  verantwoordelik 

gehou  word  vir  hofkostes  en  nie  departe­mente  nie,  wat  later  deur  die  belastingbe­taler  betaal  moet  word.  Dan  sal  almal  in hul  spoor  trap  en  toesien  dat  reg  en  orde geskied.  Antionette  Malan V Die  ommeswaai  is  baie  onverwags . . . is hier  ’n  slang  in  die  gras?  Johan  Zwiegers V In  die  geheel  gesien  is  die  optrede  van die  SAUK­raad  vreeslik  onvolwasse,  amper kinderlik,  en  wek  nie  vertroue  nie.  Uiters onprofessioneel.  Dit  is  wat  gebeur  as  per­sone  sonder  die  regte  kwalifikasies  in  top­posisies  aangestel  word!  Yvonne  Engel­brecht 

Jy op Facebook en Netwerk24

Dit het alles begin by “ ’n laaitiein matriek” en ’n selfoon.

Hannes Jansen (62), uitvoe-rende hoof van Montagu Droëvrugte en Neute, sit in sy kantoor op Mon-tagu en vertel ons die storie van hom en daardie seun.

“Ek het ’n vrou gehad wat op ons plaas op Alma, daar in Vaalwater se wêreld, vir my gewerk het. En so kry ek elke oggend die selfoon wat daar lê op die charger in die werkswinkel. En op ’n dag vra ek vir my vrou: ‘Wie se selfoon is dit?’ Ek praat darem nou van ’n paar jaar terug; ek praat van ses, sewe jaar terug en die mense wat vir my gewerk het, was nou nie eint-lik mense wat kon bekostig om sel-fone te hê nie, so ek het gewonder waar kom dié selfoon vandaan.

“Nee, dis een van die vroue s’n wathier in die lande by ons werk, vind ek uit. En toe sy nou die middag kom om die selfoon te kom haal, toe vra ek vir haar: ‘Waar kry jy dié selfoon? En hoe bekostig jy ’n simkaart?’ Toe sê sy vir my sy’t nie ’n simkaart nie. Toe vra ek: ‘Maar hoekom charge jy dan die telefoon?’ Sy sê nee haar seun gebruik dit in die aande as ’n liggie om mee te studeer vir sy matriek, want hulle het nie krag nie.

“Ek sê: ‘As dít is wat jou seun doen,wil ek hierdie outjie ontmoet.’ En so bring sy toe die outjie na my toe, sy naam is John . . . John Manganyi. Hy’s nou vandag John Jánsen Man-ganyi; ons het hom aangeneem.

“Ek sê toe vir John: ‘Jô! Jy moet da-rem moed hê as jy so met ’n selfoon studeer.’ Toe sê hy vir my: ‘Sir, the only thing between me and poverty is to study.’ Toe sê ek vir hom: ‘John, what are you going to do when you are finished with matric?’ Toe sê hy: ‘I don’t know but I want to go and study.’ Ek sê: ‘Okay, you do your matric and get good results; I’ll spon-sor you for a degree.’

“En daai outjie het sy matriek ge-slaag in die eerste klas en ek het hom uitgevat na die Universiteit van Lim-popo toe . . . Nou, jy weet, ons men-se . . . As jy nie deur so ’n proses gaan nie beséf jy nie wát is die uitdagings wat die ouens daar buite het nie. Hy het nie ’n béd nie; hy’t nie kombérse

nie; hy’t nie klére nie; hy’t nie eers ’n pénsakkie nie; hy’t nie eers ’n tas nie, maar hy wil universiteit toe gaan.

“So dit kos ons toe nou vir hom ’n bed koop, matrás, lákens, kombérse, ’n klein yskassie, ’n stofie, want hy bly toe in ’n selfversorgingseenheid wat ons toe vir hom daar kry. Elke maand moes ek vir hom ’n toelae gee om kos te koop.”

Jansen het hom vir ’n BA Kommu-nikasiekunde-graad ingeskryf.

“Hy’t sy driejaarkursus klaarge-maak; hy’t in sy laaste jaar ’n toeken-ning gekry as die beste student in En-gels in die universiteit en hy het nie één keer een vak gedruip nie.

“Toe hy daar klaar is, het ek vir hom ’n pos gekry by ’n maatskappy daar in Pretoria met die naam van die RussellStone Group. Hulle besit ’n klomp plase en hy het vir hulle opge-tree as ’n liaison officer tussen die mense en die bestuur. Hy’t nou sy eie besigheid begin, Desire2Win Group.

“Hy gaan uit en spreek swart mensetoe. Hy verkondig nou aan hierdie ou-ens die woord van as jý suksesvol wil wees in hierdie lewe, you’ve got to take charge of your own life. Life doesn’t owe you anything . . . want ek

het met hom gesít, báie ure daar by my op die plaas en dan het ek vir hom die basiese goed geleer. Ek het vir hom gesê: Vergeet die ding van jy’s swart en daar was apartheid en jy’t swaargekry. Jy kan dit by jou dra as ’n wrok teen wit mense, maar dít gaan nie jou beursie vol maak nie. You gotta get beyond that! Jy moet kyk na die toekoms; aanvaar verant-woordelikheid vir jou eie toekoms. En onthou: Niémand skuld jou iets nie. Jý moet dit doen.

“Ek dink hy het ’n damn goeie suk-ses gemaak. En dit het alles begin met ’n laaitie wat in matriek met ’n sel-foonliggie gestudeer het. En ek is baie trots op die outjie, baie, baie trots.”

Ons praat oor sy kinderdae.“Ek is in Vereeniging gebore in ’n

baie árm familie. My oupa het drie seuns gehad en ’n dogter en my pa was die een vir wie hy die oogmerk gehad het om die boerdery oor te neem. Hy het geboer daar agter die Soutpansberge langs die Sandrivier.”

Nadat sy pa getroud is en Hannes gebore is, het hulle na die plaas ver-huis om te gaan boer.

“Dit was maar ’n bietjie van ’n ver-keerde besluit. Die boerdery het glád

nie uitgewerk vir my pa nie; glád nie. My pa is toe daar weg en het by ’n ou gaan boer in Cullinan, waar hy ’n stukkie grond kon huur. Ek en my boetie het toe by my ouma gaan bly in Langlaagte. My ouma was een van drie dogters. Hulle was weeskinders uit die Boereoorlog uit. Ons het daar reg langs die stasie gebly. My oupa was ’n spoorwegwerker; ek sal nooit vergeet nie: so ’n kort outjie met ’n swart petjie.

“En elke oggend vyfuur dan . . . so tróts, nou gaan hy wérk met sy bicy-cletjie en agterop het hy daai silwer trommeltjie gehad met sy toebroodjies wat ouma vir hom die vorige aand ge-maak het en ’n flaskie koffie.

“Toe kry my pa ’n werk by Yskor inPretoria en toe koop hy vir hom ’n kleinhoewe buite Pretoria by Bavi-aanspoort. Toe’s ek standerd een soon-toe en my boetie saam.”

John Jansen Manganyi (28) woondeesdae in Pretoria.

“My ma, Paulina, werk steedsin Alma. Sy is ’n bediende by ’n gaste-huis. Een van my projekte is om haar iewers heen te skuif waar ek vir haar ’n plek kan bou. Ek glo ons sal nog

daar uitkom,” sê hy in ’n telefoniese gesprek.

“Hannes is vir my soos ’n pa. Dis iets wat ek nooit gehad het nie, want my biologiese pa . . . die enigste mem-ory van hom is toe hy ’n mes gehad het en my ma wou steek. Dit was sleg gewees, maar Hannes het regtig my lewe omgedraai en hy het vir my ont-vang soos sy seuntjie en vir my prin-ciples geleer wat ek elke dag apply.

“Nommer een-ding wat hy vir my gesê het, is niemand skuld vir my niks nie; ek moet iets vir myself doen. En jy moet altyd waarde skep en nie net aan jouself dink nie, so dit is ook ’n principle wat ek vir mense leer deur projekte wat ek hardloop en training-sessies wat ek hou.

“Ons doen baie training om verhou-dings te verbeter in werksomgewings en ons kyk ook na leierskapontwikke-lingsprogramme en strategiestudies waar ons kyk waarheen gaan die maatskappy en wat is hulle doelwitte en hoe kom ons daarby uit. Dit help ook in terme daarvan dat die ouens die werkomgewing sien as ’n plek van groei waar hulle enigiets kan doen. Hulle hoef nie te verwag die maat-skappy moet alles vir hulle doen nie; hulle moet ook iets na die tafel toe bring.

“Ek deel ook my life story. Mense vra vir my altyd hoekom kan ek Afri-kaans praat en hoekom is ek met die Jansens in ’n verhouding, en al daai goed. Dan verduidelik ek vir die ou-ens dis ’n kans wat die Here vir my gegee het om by so ’n familie in te kom en te leer hoe ons ons eie wealth kan bou en ’n verskil kan maak in die land. En dit kom by drie goedjies: mindset en lifestyle en habits.

“Vir my gaan dit daaroor om ’n kans te kry om met my mense idees tedeel. En ek weet dit gaan ons beslis as land of as mense na ’n ander vlak toe vat. “Enige company wat enige dienste nodig het in die lyn van besigheids-ontwikkeling of corporate social invest-ment – ons sal hulle definitief kan help.”

Wat is sy beskouing van rassisme inons samelewing?

“Mense is besig om vir mekaar te blameer en apartheid en die regering en al daai goed. Ek dink dis een van die goedjies wat ons terughou. Mense besef nie daar is so baie wat ons kan doen nie. As ek met mense praat, vra ek eerste vir hulle: ‘Hoekom is jy hier?’ En dan: ‘Hoe wil jy onthou word?’ Dat mense kan sê: ‘John was hier; hy’t dít gedoen.’ As ’n persoon ’n groter prentjie kan sien van homself en die land, dan gaan hy nie ’n skool brand nie of by die werkplek kom met daai rassisme en sê: ‘Nee, die maat-skappy moet vir my dit en dit . . .’ Of: ‘Daar is te veel swart of wit mense hier.’ Mense moet kyk binne homself en vra wat kan hy doen vir homself en vir ander mense om hom.

“Ek hou van verhoudings. So my nommer een-principle is if you get it right met verhoudings, sal dit goed-gaan met results en dan rewards . . . vir almal.”

Die laaitie en die selfoonHannes  Jansen,  ’n dinamiese  sakeman wat  arm  grootgeword het,  het  dit  vir  ’n  arm seun  moontlik  gemaak om  ook  bo  sý omstandighede  uit  te styg.

Hannes  Jansen  en  John  Jansen  Manganyi  op  Montagu  tydens  ’n  besoek  van  John  aan  sy  aanneemgesin.  Foto:  VERSKAF

Oop  KaarteMurray  La  Vita

Hannes JansenHannes Jansen is in Vereeniging gebore en het arm grootgeword. Hyhet deur korrespondensiekursusse gekwalifiseer as geoktrooieerde bestuursrekenmeester en is later as’n genootskaplid van die Geoktrooi­eerde Instituut van Bestuursreken­meesters toegelaat (FCMA).

Hy was hoofbestuurder van finansies by Nissan SA en besturendedirekteur van Martin Jonker Motors inPretoria voordat hy en sy vrou, Annatjie, en hul kinders, Jana en Henk, hulle op ’n besproeiingsplaas byAlma in Limpopo gaan vestig het. 

Hy het daar geboer totdat hulle in2010 na Montagu verhuis het waar hysedert 2014 uitvoerende hoof is vanMontagu Droëvrugte en Neute.Onder sy leiding gaan die maatskappyvan krag tot krag en mik nou na franchises in die buiteland.

Jansen meen ons ekonomie hetbaie meer klein ondernemings nodig.