jona: duif - nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/jona-duif-2015... · 2015. 9. 26. ·...

28
1 JONA: DUIF deur Ina van Niekerk [email protected] Adam was die een wat elke dier wat geskape is, ‘n naam moes gee volgens Gen. 2:19. In Hebreeus is ‘n naam nie net ‘n titel nie. Dit is ‘n uitdrukking van die essensiële karaktertrekke van wie of wat ook al ‘n benaming moet kry. Die naamgewing sal dus funksionaliteit uitbeeld. So is mense in die Woord ook genoem volgens die roeping wat JaHUaH vir hulle gehad het, of wat hulle funksie of rol sou wees in daardie gegewe tydperk wat afgespeel het. Jona se naam Jona se naam is ook betekenisvol. Dit beteken: “Duif”. Hy was ‘n profeet wat gestuur was met ‘n boodskap vir Ninevè. ‘n Duif het ‘n uitstaande eienskap naamlik, diè van ‘n boodskapdraer. Duiwe is deur die eeue heen doeltreffend gebruik om boodskapdraers te wees, aangesien hulle altyd hulle weg huistoe kon kry. Hulle is ook letterlik as posduiwe gebruik, om boodskappe heen en weer te “pos”. ‘n Duif kan baie goed vlieg, en baie goed navigeer. ‘n Duif het gewoonlik net een maat vir sy hele leeftyd. ‘n Duif sal altyd terugvlieg na sy maat toe as hy ver weg geneem word en weer los gelaat word. Dit is as rein diere in die Woord verklaar (Lev. 12:8). Die Boodskappers of Profete van JaHUaH het ook dieselfde eienskappe. Hulle harte is gereinig en is onverdeeld op hulle “lewensmaat” JaHUaH gerig om van Hom te hoor. Jona was so ‘n persoon wat as JaHUaH se “Posduif” moes opereer. Maar hy was na die nasies buite Israel gestuur. Hy was inderdaad die eerste Profeet wat met JaHUaH se Boodskap na ‘n ander nasie gestuur is, en nie na Israel toe nie. Diè patroon word herhaal in die Brit Chadashah toe Petrus die eerste dissippel was om na ‘n ander nasie as Israel gestuur te word. Hy word genoem: “Simon bar Jona”. Dit beteken: “Simon, seun van Jona”. Simon kom van die Hebreeuse woord ‘Shimeon’ wat beteken ‘om te hoor’. Dis “shama” in Hebreeus, ( עַ מ ש) en beteken om met intelligensie te hoor, om met aandag te hoor, om te luister met die doel om te gehoorsaam. Dit beteken om sò ingestel te wees soos ‘n moeder vir haar baba se stem; sy hoor dit selfs as sy slaap.

Upload: others

Post on 15-Oct-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

1

JONA: DUIF deur

Ina van Niekerk [email protected]

Adam was die een wat elke dier wat geskape is, ‘n naam moes gee volgens Gen. 2:19. In

Hebreeus is ‘n naam nie net ‘n titel nie. Dit is ‘n uitdrukking van die essensiële karaktertrekke

van wie of wat ook al ‘n benaming moet kry. Die naamgewing sal dus funksionaliteit uitbeeld.

So is mense in die Woord ook genoem volgens die roeping wat JaHUaH vir hulle gehad het, of

wat hulle funksie of rol sou wees in daardie gegewe tydperk wat afgespeel het.

Jona se naam

Jona se naam is ook betekenisvol. Dit beteken: “Duif”. Hy was ‘n profeet wat gestuur was met

‘n boodskap vir Ninevè.

‘n Duif het ‘n uitstaande eienskap naamlik, diè van ‘n boodskapdraer. Duiwe is deur die eeue

heen doeltreffend gebruik om boodskapdraers te wees, aangesien hulle altyd hulle weg huistoe

kon kry. Hulle is ook letterlik as posduiwe gebruik, om boodskappe heen en weer te “pos”.

‘n Duif kan baie goed vlieg, en baie goed navigeer. ‘n Duif het gewoonlik net een maat vir sy hele leeftyd. ‘n Duif sal altyd terugvlieg na sy maat toe as hy ver weg geneem word en weer los gelaat word. Dit is as rein diere in die Woord verklaar (Lev. 12:8). Die Boodskappers of Profete van JaHUaH het ook dieselfde eienskappe. Hulle harte is gereinig en is onverdeeld op hulle “lewensmaat” JaHUaH gerig om van Hom te hoor. Jona was so ‘n persoon wat as JaHUaH se “Posduif” moes opereer. Maar hy was na die nasies buite Israel gestuur. Hy was inderdaad die eerste Profeet wat met JaHUaH se Boodskap na ‘n ander nasie gestuur is, en nie na Israel toe nie. Diè patroon word herhaal in die Brit Chadashah toe Petrus die eerste dissippel was om na ‘n ander nasie as Israel gestuur te word. Hy word genoem: “Simon bar Jona”. Dit beteken: “Simon, seun van Jona”. Simon kom van die Hebreeuse woord ‘Shimeon’ wat beteken ‘om te hoor’. Dis “shama” in Hebreeus, (ַמע en beteken om met intelligensie te hoor, om met aandag te (שָׁhoor, om te luister met die doel om te gehoorsaam. Dit beteken om sò ingestel te wees soos ‘n moeder vir haar baba se stem; sy hoor dit selfs as sy slaap.

Page 2: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

2

As mens nou ‘Simon bar Jona’ letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ‘Luister-met-toewyding, seun van Duif/Boodskapdraer’. Jona en Simon Petrus as Boodskappers In Hand. 10 word beskryf hoe dit gebeur het dat Cornelius vir Petrus, Simon seun van Jona, laat kom het omdat hy bonatuurlik gelei was om hom te laat haal. Petrus aan die ander kant, was ook bonatuurlik deur die Gees ontmoet, en het ‘n gesig gesien wat gehandel het oor onrein diere wat hy moes eet. Daardeur het hy afgelei dat dit wat JaHUaH rein gemaak het, hy nie onrein mag ag nie, en dis drie maal bevestig. Toe Cornelius, wat nie ‘n Israeliet was nie, hom laat haal het, het hy dus dadelik gegaan op grond van die gesig dat hy niks (niemand) onrein mag ag nie. Hand. 10:28 “……..Julle weet dat dit ongeoorloof is vir ‘n Joodse man om met iemand van ‘n ander volk omgang te hê of hom te besoek; maar Elohim het my getoon dat ek geen mens onrein mag noem nie.” Petrus het, anders as sy voorganger, Jona, dadelik gehoorsaam. Jona het sy opdrag gekry deurdat JaHUaH se Woord na hom gekom het. Jona 1:1: “en die woord van JHUH het gekom tot Jona”. Hoe dit na hom gekom het, weet ons nie, maar, die ‘Woord van JaHUaH’ is JaHUsha. Hy was dus eintlik in kontak met die Woord, wat Elohim self is, wat later vlees geword het en onder die mens as Mens kom woon het (Joh. 1:1 en 14). Beide Jona en Petrus het dus vir JaHUsha geken. Jona het Hom in ‘n geestelike hoedanigheid geken, en Petrus het Hom fisies gesien en geken. Hier is weer ‘n ontmoeting van die fisiese met die geestelike. Jona en Petrus het dus albei “gehoor”, ge”shema”. Maar Jona was die padskraper, hy het gesukkel om die saad van die simbool in grond te plant wat nog nooit bewerk is nie. Hy wàs die simbool, daarom moes hy die pad loop van ongehoorsaamheid om in die vis te kon beland, om sodoende profeties die drie dae en drie nagte wat JaHUsha in die graf sou wees, te simboliseer. So was Jona en Simon Petrus elkeen soos ‘n duif met ‘n boodskap, gestuur na die nasies buite Israel.

Page 3: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

3

Maar dit moes vir Jona uiters vreemd gewees het, amper soos ‘n skaap wat nou soos ‘n vark in die modder moet gaan rol. Dis asof hy homself moes besmet om te gehoorsaam. Ons moet ook onthou dat Ninevè Israel geteister het. Ninevè was die hoofstad van Assirië op die linker oewer van die Tigris. Dit was eers genoem: Nina, na aanleiding van ‘n godin van die stad. Volgens die boek: “The Two Babylons” deur Alexander Hyslop, het hulle die Moeder en kind, Semiramis en Tammuz, m.a.w. die Hemelgodin, daar aanbid. In 2 Kon. 14:25 lees ons dat Jona die seun van Amittai was. Amittai beteken: ‘My waarheid’, naamlik, die ‘Waarheid van JaHUaH”. Die Duif/Jona is dus afkomstig vanaf die “Waarheid van JaHUaH”, die Afgesonderde Waarheid van JaHUaH. Die fondasie van daardie Waarheid is vir ons van die begin af neergelê in die eerste vyf boeke van die Woord, en daarna is die hele Woord tot aan die einde van Openbaringe, gebou op daardie fondasie. Dit is dus die hele ‘Huis van die Woord’, die fondasie met die gebou wat daarop gebou is, die Huis wat op die Rots staan. Noag se ark op die watervloed Kom ons ontleed nou die prentjie van die vloed met die ark op die waters, om dit alles beter te kan verstaan. Die woord maboel, wat vloed beteken, kom vanaf die woord: ‘jabal’ , en dit beteken: ‘hy dra’, of, ‘hy bring’. Nou word die ‘mem’ (m-klank) bygevoeg, en dit bring ‘n opwekking in die sin van ‘n vloeiende beweging na dit wat gebring of gedra word. Die fokus is dus nie op die water nie, maar op dit wat die water doen, naamlik, dit wat op die water gedra of gebring word. Dit is natuurlik die ark. Die Ark was ‘n behoudende faktor waarsonder geen dier of mens sou bly lewe nie. Dus, die vloed dra of bring lewe. Die Ark simboliseer die “My Verbond” van JahUaH wat uitgeloop het op die Versoeningswerk van JaHUsha Messias. JaHUsha Messias is vir ons die Ark. Die Hebreeuse konsonante van die woord: ַמּבּול (maboel), wat vloed beteken, vertel ‘n interessante storie:

1. Die mem (מ) waarmee die woord begin, is ‘n prentjie van vloeiende waters. Dit is heel verstaanbaar in hierdie geskiedenis van die vloed.

2. Die beit (ּב) is die prentjie van ‘n huis en die huishouding van daardie huis.

Page 4: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

4

3. Die wav (ּו) , wat in hierdie geval ‘n klank soos ”oe” maak, is die prentjie van ‘n spyker of

‘n pen (soos ‘n tentpen), wat twee objekte aan mekaar verbind en dit kan ook iets agterna trek.

4. Die lamed (ל), is ‘n prentjie van ‘n prikkelstok waarmee osse aangepor is om te trek (ox-

goad) en dit is simbolies van die vermoë om rigting aan te dui, en ‘n dier se instink te kan beheer, m.a.w. dit gee ons die vermoë om bose neigings te bowe te kom. ‘n Os wat uit sy plek uit wil gaan wanneer daar geploeg word, kry ‘n prikkel op die lyf, en hy weet dan om terug te gaan in lyn met die span en sodoende word sy rigting gekorrigeer.

Voeg nou al hierdie simbole van die Hebreeuse woord ‘maboel’, agtereenvolgend bymekaar en jy kry die volgende boodskap: “Die vloeiende waters (mem) bring mee dat daar ‘n ark is, wat die oorblyfsel van die huishouding van die mens (beit) bevat; dit veroorsaak (wav) ‘n korreksie in die rigting van die mens se weg op aarde (lamed).” Die doel van die vloed was dus om ‘n algehele regstelling op die aarde te doen. By hierdie tyd was ‘n korreksie noodsaaklik. Die aarde was besmet met die onreinheid van ander godsdienste en hulle afgodery wat vanaf die val van Adam en Chawa (Eva) ruimte gekry het en sy piek bereik het met die Nefilim waarvan ons in Gen. 6 lees. Dit was ‘n godsdienstige en politieke bestel wat opgerig was om JaHUaH as Almagtige, te opponeer. Nadat al die onreinheid uitgewis is deur die vloed, geld hierdie vloed ook as ‘n mikveh (doop) vir die aarde. Die aarde gaan nou ‘n nuwe siklus betree en hernu word. Die mikveh is die simbool van ‘n geestelike reiniging en ‘n deurgang na ‘n nuwe seisoen van lewe en produktiwiteit. ‘n Vrou wat geboorte geskenk het, moes ook altyd ‘n sekere tyd nà die geboorte, deur die mikveh gaan, sodat sy hernu kon word vir ‘n volgende siklus, en sy word dan wèèr aan haar man verbind soos ‘n rein maagd. Hier by die Ark sien ons dat ‘n hele nuwe mensdom uitgaan uit hierdie nuwe siklus en reiniging spruit uit. Lewe ontspring uit lewe. Net in die Ark was lewe en juis uit diè Ark van lewe, word die Duif, Jona, gestuur. Die simbool van die Ark en die Duif Hier by Noag se ark, is dit die eerste plek in die Woord waar ons van ‘n duif lees, en alle “eerstes” is betekenisvol. Dis soos ‘n fondasie waarvolgens daarop gebou kan word en dit

Page 5: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

5

ontsluit die sentrale tema daarvan deur die hele Skrif. Daarom moet ons bou op die betekenis van die duif van Genesis 8 as ons ‘Jona’ en ‘Simon Bar-Jona’ wil verstaan. Kom ons “zoom” bietjie in hier. Simon, seun van Jona, word Petrus (rots). JaHUsha self, gee vir hom die naam. Maar let op, hy noem hom eers: ‘Simon, seun van Jona (die duif)’. Joh.1:43 “……. Toe kyk JaHUsha hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Cefas, wat vertaal word Petrus (Rots) “. Dus, eers moes hy Simon wees (om met toegewydheid te kon hoor), en ook seun van die Duif (Jona). Seun van die duif, om die boodskap te kan dra en aflewer, en daarna sal hy genoem word Petrus, die rots. Die Rots is ook ‘n simbool van JaHUsha, soos ons dit lees in die Woord. 1 Kor. 10:4 “….. en die rots was die Messias.” Die Rots, die fondasie van die geestelike huis van elkeen wat gehoor en gedoen (ge-“shema) het. Matt. 16:16 tot 18 “En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Gesalfde, die Seun van die lewende Elohim. Toe antwoord JaHUsha en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” Duiwe maak ook graag nes in rotse as dit beskikbaar is, en dit is simbolies van elke gelowige wat sy huis op JaHUsha, die Rots bou en Hom as Beminde het. Dit is simbolies van Simon Bar-Jona wat ook Petrus genoem word. Hooglied 2:14 “My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik.” Die gedeelte in Matt. 7 spel vir ons uit wie is die een wat sy huis op die rots bou. Matt. 7:24 “Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met ‘n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.” Saamgevat: Eers moet met toegewydheid geluister word, dan moet die boodskap gedra en afgelewer word, en so word dit die rots wat die fondasie is van die huis van Elohim. Maar dit gaan gepaard met ‘n intieme liefdesverhouding met JaHUsha.

Page 6: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

6

Nà die verklaring van liefde, volg die opdrag. Dis so letterlik uitgebeeld in Joh. 21:15 en 17: “ …….. Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Meester, U weet dat ek U liefhet, Hy sê vir hom: Laat my lammers wei. Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy my waarlik lief: Hy antwoord Hom: Ja, Meester, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op. Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy my lief? En hy antwoord Hom: Meester, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. JaHUsha sê vir hom: Laat my skape wei.” Duiwe kan liefde uitdruk. Hulle streel mekaar en koer vir mekaar. Hulle is maats vir ‘n leeftyd, en deel hulle ouerlike pligte. Hulle is sagmoedige, onskuldige diere en dit kan in hulle oë gesien word. Dit is simbolies van die verhouding tussen die Bruidegom, JaHUsha Messias en die Bruid. Hooglied 1:15 “Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!” So word Petrus hier aangespreek as Simon, seun van Duif (Jona), wanneer hy gevra word of hy JaHUsha lief het. Hy het telkens positief geantwoord, en hy is tòè met ‘n opdrag vertrou, naamlik om die skape en die lammers op te pas en te laat wei. Dan weet ons ook dat die Gees (Ruach HaKodesh), se beweging vergelyk word met die “neerdaal” van ‘n duif. Matt. 3:16 “En nadat JaHUsha gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van Elohim soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom.” Luk. 3:22 “en die Afgesonderde Gees het in liggaamlike gedaante soos ‘n duif op Hom neergedaal; en ‘n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek ‘n welbehae.” Die Afgesonderde Gees van JaHUaH is die Draer van die boodskap. Hy is die Duif hier. Dit is Hy wat die profete met Sy Boodskap vervul het. Nadat die Gees op JaHUsha neergedaal het, het Hy begin om in die openbaar die Boodskap van die Koninkryk te verkondig. Die duif word ook simbolies aan JaHUsha verbind deurdat Jona, met die boodskap van bekering op pad na Nineve, in die vis beland het vir drie dae en drie nagte. JaHUsha self, was nie net die Boodskapper van versoening en bekering nie, maar Hy wàs die Versoening, en Hy was drie dae en drie nagte in die graf. Jona 1:17 “En JaHUaH het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.”

Page 7: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

7

Matt. 12:40 “Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.” So word Jona en die Messias aan mekaar gekoppel, of dan die Duif en die Messias, want Jona beteken dan mos ‘duif’. Matt. 16:4 “ ’n Slegte en owerspelige geslag soek na ‘n teken, en geen teken sal aan hom gegee word nie, behalwe die teken van Jona, die profeet…..”. Die kraai Die eerste plek in die Skrif waar ons lees van ‘n duif, is in Gen. 8:8 waar Noag ‘n duif uit die ark gestuur het. Maar vóór die duif, het hy eers die kraai gestuur. Alles is baie betekenisvol, kom ons kyk daarna. Volgens Lev. 11:15 is die kraai ‘n onrein dier. Al die diere wat aas eet en eintlik die aarde se “reinigers” is, is onrein diere. Juis omdat hulle dooie en verrotte goed sal eet. Die woord vir kraai in Hebreeus is, ôrêv: עֵֹרב, Strongs: H6158. Die wortelwoord daarvan is H6150 in Strongs en is ‘arav’: ַרב .עָׁ Dis waar die naam ‘Arabier’ vandaan kom, en beteken eintlik dat dit ‘n donkerkleurige persoon is. Ook die woord vir “aand” in Hebreeus, is vanaf dieselfde wortel. Aand is ‘erev’. Arav/b beteken: “to grow dusky at sundown, to be darkened (toward evening)”. Met ander woorde, skemerte. As lig en duisternis begin meng met die oorgang van dag na nag, dan kry ons skemer. Arav/b is die mengsel van lig en duisternis. Nie heeltemal lig nie, maar ook nog nie heeltemal donker nie. Dis dus ‘n mengsel. So, dis die kraai se naam: Mengsel van lig en duisternis. Dis ineengevleg. Alle mengsels is onrein. Ook in ons geestelike lewe. Ons moet die “kraaie” uit ons geloof kry. Noag het die kraai uitgestuur en die kraai het heen en weer gevlieg totdat die waters opgedroog het van die aarde af (Gen. 8:7). Dit het nie terug gekom nie. Heel waarskynlik het daar vir hom aas op die water gedryf, wat hy nie omgegee het om te eet nie. Hy het nie behoefte gehad om terug te gaan ark toe vir kos nie. Daar kon ook goed op die water gedryf het waarop hy kon gesit het, ons weet nie. Feit is, hy het nie terug gekom vir kos of ‘n sitplek nie. Hy het die moeite ontsien om terug te gaan na die ark toe.

Page 8: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

8

Is mense nie ook partymaal dieselfde nie? Tevrede met aas en enige sitplek sonder om seker te maak waar die waarheid is en waar ‘n veilige geestelike tuiste is? Maar ……… die ark was ‘n simbool van JaHUsha Messias. Die Ark en die Duif Net hulle wat ìn die ark was, mens en dier, het bly lewe. Elkeen wat in JaHUsha is, sal gered word! 1 Joh. 3:24 “En hy wat Sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly: aan die Gees wat ons gegee het.” 1 Joh. 4:15 “Elkeen wat bely dat JaHUsha die Seun van Elohim is – Elohim bly in hom, en hy in in Elohim.” Die kraai het nie terug gekom nie, maar die duif het terug gekom. Hy het geen rusplek vir sy voet gevind nie volgens Gen. 8:8. Daar was nie vir hom ‘n rusplek in die wêreldse godsdienste nie. Die duif is veilig by JaHUsha, in die ark.

Page 9: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

9

Die duif was ‘n rein dier wat die regverdige lewenswyse van die gelowige simboliseer, iemand wat die Waarheid liefhet. Die duif is ‘n simbool van JaHUsha se Bruid wat gewas is met Sy bloed en wat wandel in Sy weë en Hom volg waar Hy lei. Noag het 7 dae gewag, en weer die duif uitgestuur. Toe kom dit terug met ‘n Olyfblaar. Sewe is die getal dae vir reiniging of toewyding vanaf die onrein realm na die rein realm (Lev. 8:33). Die duif kom terug met ‘n groen Olyfblaar. Vars gepluk. Niks oud en verrot wat op die water dryf nie! Gen. 8:11 – 12 “En die duif het teen die aand na hom gekom, en daar was ‘n groen olyfblad in sy bek! Toe merk Noag dat die waters oor die aarde verminder het. Daarna wag hy weer sewe dae en stuur die duif uit. Maar hy het nie weer na hom terug gekeer nie. Hy het die duif drie keer uitgestuur. Eers na die derde keer kon hy ‘n rusplek vir sy voet kry.” Die derde dag, sal ook eers moet aanbreek voordat ons nie meer pelgrims sal wees nie, maar kan tuis kom in die Koninkryk van die Hemel (Hosea 6:2). Wat was die doel van die duif? Wat moet ons hier leer? Ons moet leer wat die afgesonderde Waarheid van JaHUaH is, naamlik Sy ou paaie en daarna terugkeer. Ons moet terugkeer na die Torah van JaHUaH, na Sy Afgesonderde Weg wat JaHUsha as Messias vir ons kom toon het in Sy Torah, naamlik die Torah van die Messias. Omdat JaHUsha self die Torah van JaHUaH is en elke instruksie daarvan onderhou het, kon Hy sterf en versoening doen vir die mens se verbreking daarvan. Nou, wat is dan die simbool van Noag in hierdie gebeurtenis van die vloed. Noag Noag se naam beteken: ‘rus’. Rus is waar vrede is. In die Duisendjarige Vrederyk sal daar rus wees. Rus van oorloë, rus van allerhande aanslae van die Vyand soos wat ons dit nou ken. Rus van vervolging en bedrog en allerhande wanpraktyke. ‘n Rus wat ons onsself nie kan indink nie. En nou, nadat die aarde gereinig is van alle korrupsie en onreinheid, bly net Noag en sy gesin oor. Met ander woorde, Rus bly oor met sy gesin. Kan die nuwe tydperk nou ‘n aanvang neem?

Page 10: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

10

Eers stuur hy die kraai. Hy kom nie terug nie. Nou stuur hy die duif, JaHUaH se Boodskapper, soos wat Jona was en ook Simon Petrus, seun van Jona. Die duif kom onverrigter sake terug. Daar is nog geen rusplek vir sy voet nie. Die Boodskapper met sy Boodskap kan nog nêrens land nie. Daar is geen ontvangs vir die Boodskap nie. So, Noag neem die Boodskapper weer terug by hom, en wag 7 dae. En hy stuur hom weer uit … en daar kom die duif terug met ‘n Olyfblaar in sy bek! Die water het soveel gesak dat daar iewers ‘n teken van lewe is! Die Olyfboom en die Olyfblaar Die Olyfblaar is beduidend. Ons kry die Olyfboom in Romeine 11. Romeine 11 se Olyfboom dui aan dat ons nader aan die Millennium kom, die Duisendjarige Vrederyk, waar die mens weer reg sal hê op die Boom van die lewe in die Paradys. Die Millennium is die tydperk waar die mens weer fisies versoen sal wees met sy Skepper soos dit was met Adam en Chawa (Eva) voor die val. Dis Eden. Die wiel het gedraai, die siklus is voltooi, en ons is weer by Eden. Nou kom die duif met die Olyfblaar. Die woord vir blaar is: ‘alêh’ (Strongs H5929). Dit stam af van die wortelwoord: ‘alah’, wat beteken om op te gaan (Strongs H5927). Dit is ook die woord: dagbreek (wanneer die son opkom). Die Millennium word ook die Dag van JaHUaH genoem. Daar sal geen nag meer wees nie. Geestelik is dit nag waar ons nie lig het nie, en dinge nie kan eien of waarneem nie. Die Olyfboom se geparste vrug lewer olie waarmee ‘n lamp aangesteek kan word. Hierdie lig van die lamp sal die duisternis verdryf. Daar is al tekens dat die Olyfboom sigbaar word. Die geestelike vereniging van Juda en Efraim in JaHUsha Messias is net-net sigbaar. Dis die Regverdige Oorblyfsel wat voortgegaan het om die Waarheid te volg soos die Ruach gelei het deur die verloop van tyd. Verhouding staan mos nie stil nie. Net soos wat die Israeliete van ouds die “Teenwoordigheid van JaHUaH” moes volg, naamlik die Vuurkolom en die Wolkkolom, net so mag ons nie vas val nie.

Page 11: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

11

Die Boodskapper moet gedurig kyk waarheen die Ruach verskuif en Hom volg al die pad op pad na die Beloofde Land, die Koninkryk van die Hemel. Die Boodskapper van JaHUaH kry dus ‘n oor vir sy Boodskap, en hy vlieg terug met die bewys daarvan, die Olyfblaar.

Juda en Efraim kan mekaar net vind in JaHUsha Messias as die Torah van JaHUaH wat vlees

geword het, wat Sy lewe vir ons afgelê het vir elke oortreding van die Torah van JaHUaH in die “My Verbond”. Die velle van die Torah boekrol, is ook blare genoem. Dis waar ons die woord “blaaie” of “bladsy” kry. Daardie “blare” is dan om twee Olyfstokke gerol om die boekrol te vorm. Die twee Olyfstokke verteenwoordig die twee Olyfbome van Sagaria 4. Die twee Olyfbome is simbolies van die twee takke van die Olyfboom, gelowiges in JaHUsha Messias uit Juda en Efraim, wat gesalf is om die lig van JaHUaH se Waarheid uit te dra. Dis die Oorblyfsel uit Juda en Efraim wat ook in die Woord genoem word, die Huis van Israel en die Huis van Juda. Hierdie Oorblyfsel is verteenwoordigers of getuies van die Waarheid van die Woord van JaHUaH. Die vernaamste Waarheid is die feit dat dat die Seun JaHUsha Messias die Verlosser is vanuit JaHUaH die Vader. Die loon van die sonde is die dood, en daardie dood het Hy in ons plek gesterf, want sonder bloedvergieting is daar geen reiniging en geen vergifnis nie (Heb. 9:22). Dit is die skietlood van die Waarheid. Alle lering wat afwyk van die skietlood, is nie die Waarheid nie, en moet verwyder word. Die Waarheid is dan soos die “blaaie/blare” wat om hierdie twee Olyfstokke van die Oorblyfsel “gerol” word. Hulle skyn nie net die lig op die Waarheid van die Woord nie, hulle leef ook die Woord. Die Duif wat terugkom met die groen Olyfblaar, was simbolies van die Bruid van JaHUsha wat weer ingeënt is in die Olyfboom deur die Gees van JaHUaH. Nou verstaan ons beter as die Skrif sê dat die blare van die boom tot genesing van nasies sal wees (Open. 22:2). Juda en Efraim as Olyftakke, naamlik almal wat JaHUsha as Messias aanvaar het, sal Sy lig uitdra soos die Kandelaar tussen die twee Olyfbome/Olyftakke in Sag. 4.

Page 12: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

12

Hulle sal die waarheid van die Torah van die Messias leer, as Sy dissipels, naamlik die geestelike toepassing van die Torah van Moses! Hulle is ‘n boek met blaaie (Olyfblare) wat “gelees” kan word, want die Torah van die Messias is op hulle harte geskryf.

Page 13: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

13

2 Kor. 3:2 “omdat julle duidelik ‘n brief van die Messias is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende Elohim; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.” Die Duif bly weer vir sewe dae by Noag. As hy hom dan vrylaat, kom hy nie weer terug nie. Dan is daar sekerlik genoeg van die Olyfboom sigbaar om sodoende vir die Duif ‘n rusplek vir die holte van sy voet te kan gee.

Dit sal die sewe duisendste jaar vanaf Adam tot en met die Millennium wees, waar gelowiges sal rus vind in die Messias, die Boom van die Lewe! Dit neem sewe duisend jaar om die aarde te herstel na ‘n rein realm toe, nadat dit onrein geraak het met die Sondeval. Intussen vind die Gelowige rus in die Ark, soos Noag, m.a.w. in JaHUsha Messias. Alles geskied op die patroon wat in die Torah van JaHUaH gegee is. Ons staan op die drumpel van die sewe duisendste jaar vanaf Adam.

Page 14: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

14

Maar pasop, eers kom die kraai na die mens toe. Die natuurlike het altyd die eerste reg. 1 Kor. 15:46 “Die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die natuurlike; daarna die geestelike.” Net soos wat jou natuurlike geboorte jou geestelike geboorte vooraf gegaan het, en dit nie andersom kan wees nie. Die kraai is soos die vlees, die fisiese. Sigbaar en eerste daar! As daar dan genoeg onreinheid en gemengde saad in die mens se lewe is, dan bly hy daar. Solank hy verblyfreg het, sal hy nie plek maak vir die Duif nie. Die Boodskap Hierdie Duif kom met hierdie skrywe weereens met ‘n Olyfblaar vanaf die Olyfboom, naamlik die Boodskap wat nog dieselfde is as tweeduisend jaar gelede. Dis opgesom in 1 Joh. 5:10 - 12. “Wie in die Seun van Elohim glo, het die getuienis in homself. Hy wat Elohim nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak, omdat hy die getuienis nie geglo het nie. En dit is die getuienis: dat Elohim ons die ewige lewe gegee het, en diè lewe is in sy Seun. Hy wat die Seun het, het die lewe”. Het ons die Seun of het ons Hom nie, maak ons plek vir die Messias of maak ons plek vir die Anti-Messias. Judaïsme het al tweeduisend jaar gelede gekies om te glo dat JaHUsha nie die Messias is nie en dat JaHUaH nie ‘n Seun het nie. Dit is die een enkele, maar reuse groot probleem waarmee ons sit as ons probeer om lering te kry by Judaïsme. By die twee duisend jaar gelede, was die keuse op die tafel. Die Jode van daardie tyd moes ‘n keuse maak. ‘n Elohim met ‘n Seun, of ‘n elohim sonder ‘n Seun. Gaan hulle JaHUsha as die Messias aanvaar of nie. In Matt. 27:16 – 26 en ooreenstemmende plekke in die ander evangelies lees ons van Barabbas. Dis “Bar Abbas”. Seun (bar) van die vader (Abba-s), maar watter vader?

Page 15: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

15

BarAbbas was ‘n gevangene omdat hy ‘n dief en ‘n moordenaar was (Joh. 18:40, Mark. 15:7, Luk. 23:18). Hy was dus vanaf die duiwel as vader (Joh. 8:44). Aan die ander kant is daar JaHUsha die Messias wat vanaf Sy Vader kom. Hy en die Vader is een. Sy Vader was JaHUaH (Joh. 5:43, Joh. 17:1 - 26). JaHUsha het met Sy Vader gepraat toe Hy op die folterpaal was (Luk. 23:34, Luk, 23:46). Die naam “BarAbbas” hier in Matt. 27 het gesinspeel op diegene wat Satan, die Anti-Messias, as hulle vader sou kies, soos hulle “BarAbbas” hier gekies het. Toe hulle gevra word wie losgelaat moet word, “BarAbbas” of JaHUsha (Matt. 27:19), het hulle uitgeroep: “BarAbbas”. Tydens Jom Kippur word daar die lot gewerp tussen twee bokke (Lev. 16:8 – 10). Die een bok word geoffer as sondoffer vir ons sondes (Jes. 53, Rom. 4:25). Dit het gedui op JaHUsha en die dood wat Hy sou sterf ter wille van ons sondes. Die ander bok, die sondebok, Asasel, word dan losgelaat in die woestyn. Net soos wat BarAbbas” hier losgelaat is! In die boek van Henog lees ons van Azazel (Henog 54,55). Hy word as Satan uitgebeeld. Asasel, die sondebok, is Satan. Dieselfde patroon word gegee in Lev. 14:4 -7 met twee duiwe. Een word geslag, en een word vrygelaat. Daar is egter ‘n sinspeling met name op hierdie kritieke tyd tweeduisend jaar gelede, waar daar gekies moes word deur die mense. BarAbbas of Messias JaHUsha. BarAbbas, Asasel, het sy volgelinge, naamlik diegene wat nie die Messias kies nie, maar wat JaHUsha as Messias weereens “dood” verklaar. BarAbbas was soos ‘n politieke leier van sy tyd en het hulle bevryding van die Romeinse juk belowe. Hulle het nie ‘n lydende Messias verwag soos wat JaHUsha was nie. Maar tog het ander Jode soos Sy disspels JaHUsha gevolg as hulle groot Hoë Priester in die Orde van Melgisèdek. Dit is “Silo” (Shilo) wat gekom het (Gen. 49:10), die Koninkryk van die Hemel se Priesterorde wat herstel is, en Hy is nou die Wetgewer met Sy wette wat geopenbaar is in die Brit Chada- shah, naamlik die Torah van die Messias.

Page 16: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

16

Diegene wat Hom gekies het, het afstand gedoen van enige Judaïsme. Dis daar waar die skeiding al gekom het! BarAbbas die moordenaar, is vrygelaat en JaHUsha wat onskuldig was, is wat hulle betref, vermoor. Hand. 3:14 “En julle het die Afgesonderde en Regverdige verloën en gevra dat ‘n moordenaar aan julle geskenk word.” JaHUsha was egter die geslagte Lam wat self Sy lewe met Pesag afgelê het om versoening te doen (met Jom Kippur) vir ons sondes. Die Anti-Messias se weg eindig in die vuur (Open. 19:20 – 21), terwyl die Messias se weg in Eden eindig, die Hemelse Koninkryk (Open. 21,22). Ons moet die koers kies. Watter pad gaan ons bewandel. Wie gaan ons leermeester wees. Judaïsme het nie JaHUsha as Messias gekies nie. Judaïsme Ons wil nie saam met Judaïsme daaraan skuldig wees dat ons BarAbbas kies nie. Judaïsme kan vergelyk word met die kraai. Hierdie godsdiens pas die Torah van Moses in ‘n fisiese hoedanigheid toe want dit was eerste daar, vòòrdat die Boodskap van die Goeie Nuus van JaHUsha Messias gekom het, net soos wat die kraai eerste uitgestuur is. Om vanuit die Skrif na Judaïsme te kyk, is nie ‘n mooi prentjie nie. Die Skrif is baie reguit. 2 Joh. Vers 7 – 11 “Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat JaHUsha Messias in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Anti-Messias. Wees op julle hoede, dat ons nie verloor wat ons deur arbeid verkry het nie, maar ‘n volle loon ontvang. Elkeen wat ‘n oortreder is en nie bly in die leer (Torah) van Messias nie, hy het Elohim nie. Wie in die leer van Messias bly, hy het die Vader sowel as die Seun. As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie. Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.” Ons kan nie toelaat dat Judaïsme in ons ‘huis’ van lering inkom nie. Ons kan dit ook nie ‘groet’ asof dit ‘n familielid is nie. Dit gaan glad en geheel nie nou oor die persoon of persone as sulks nie, maar oor die Godsdiens van Judaïsme wat ‘n kragtige misleiding is.

Page 17: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

17

JaHUsha het vir elke Jood ook gesterf en het dus, net so ‘n hart vir Jode as vir my en jou (Joh. 3:16). Ons praat dus nie van die mense, of van die individue as sulks nie en niemand word hier aangemoedig om Jode te haat of te vervolg nie! Mens het mos ook ‘n hart vir hulle, soos vir enige ander verlore siel. Maar dit gaan wel oor die Judaïstiese godsdiens, dit wat daar geleer word. Dit is die groot probleem. Kan daar waarheid daar te vinde wees? Ja, daar sal waarheid te vinde wees, maar dis lig gemeng met duisternis wat maak dat die misleiding ook volop is. Die krag van geestelike outoriteit wat gekoppel is aan godsdienstigheid by mense moet nie onderskat word nie. Dit is inderdaad die Verborgenheid, die groot Babilon (Open. 17:5). Ons moet verhouding hê, nie godsdiens nie. Daar is ‘n baie groot verskil. Die een lei, die ander jaag aan. Judaïsme kan tot gevolg hê dat die Gelowige as ‘n trotse Besitter van die kosbare Skat van die Ewige lewe in die Seun, sy of haar kosbare Skat uiteindelik mag verloor. Sal ons houtgerus saam met ‘n dief in ons huis verkeer? Sal ons ‘n dief blindelings vertrou? Of sal ons hom dalk angstig dophou om te sien of daar nie iets van ons gesteel gaan word nie. Iets baie kosbaars? Joh. 10:7 – 14 “JaHUsha het toe weer vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, Ek is die deur van die skape. Almal wat voor My gekom het, is diewe en rowers; maar die skape het nie na hulle geluister nie. Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word, en hy sal ingaan en uitgaan en weiding vind. Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. Ek is die Goeie Herder. Die Goeie Herder lê sy lewe af vir die skape. Maar die huurling en hy wat nie ‘n herder is nie, van wie die skape nie die eiendom is nie, sien die wolf kom en laat die skape staan en vlug, en die wolf vang hulle en jaag die skape uitmekaar. Ek is die Goeie Herder, en Ek ken my eie en word deur my eie geken.”

Page 18: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

18

Die Een wat dus Sy lewe aflê vir die skape, Hy is die Messias wat die deur van die skape is na die Vader, JaHUaH, toe. Die ander is diewe en rowers. JaHUsha self was baie reguit om te verklaar dat diegene wat nie glo dat Hy die Seun van Elohim is nie, inderdaad die duiwel as vader het. Joh. 8:42 -44 “En JaHUsha sê vir hulle: As Elohim julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit Elohim uitgegaan en gekom; want Ek het ook nie uit Myself gekom nie, maar Hy het My gestuur. Waarom ken julle my spraak nie? Omdat julle na my woord nie kan luister nie. Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was ‘n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie. Wanneer hy leuentaal praat, praat hy uit sy eie, omdat hy ‘n leuenaar is en die vader daarvan.” Die hele punt daarvan dat JaHUsha die Messias is, is dat JaHUaH sy Vader is en Hy is dan die ‘Eersgeborene van baie broeders’. Sonder Hom, kan ons nie deel word van daardie Huisgesin nie en is daar nie ‘n Huisgesin nie. Glo Judaïsme dat JaHUaH ‘n Vader is, ‘n Seun het? Of glo hulle dat Hy nie ‘n Seun het nie? Moslems glo ook dat Allah geen seun het nie. Die vyand kom na die mens toe in die vorm waarin die mens hom sal aanvaar. Vir die een kom hy in die vorm van die Songodaanbidding van die algemene Christendom, vir die ander in die vorm van Judaïsme, vir nog ‘n ander een in die vorm van Islam asook nog baie ander vorms waarin hierdie engel van die lig hom soos ‘n verkleurmannetjie kan laat geld. Maar ons het die onfeilbare Skrif en moet dit nie verruil vir intellektuele menslike leringe nie. Die Skrif oortuig omdat die Gees die leser lei na die volle waarheid. Gaan ons uiteindelik ‘n Vader hê wat wel ‘n Seun het, of een wat nie ‘n seun het nie, soos tweeduisend jaar gelede. Dis nog steeds dieselfde oorlog tussen Lig en Duisternis. Daar is niks nuuts onder die son nie. Dis nie ‘n nuwe stryd tussen twee gelowe nie. Die spesifieke Naam wat iemand sou gebruik vir die Verlosser, maak ons ook reeds ‘n geloofsverklaring.

Page 19: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

19

Die Naam van ons Verlosser Omdat JaHUsha JaHUaH is wat verlos (verlos is ‘jasha’ in Hebreeus), word daar ‘n verklaring gedoen wanneer ons Sy Naam gebruik. Die Naam geskryf as: JaHU (uit JHUH) + sha (uit ‘jasha’), maak ‘n verklaring. Dus, JaHU + sha = JaHUaH Verlos. Anders gestel, die Verlossing van JaHU, of die Verlossing van JaH. Daar word dus iets geproklameer, naamlik: “Dit is JaHUaH, die Vader wat red”.

Die Naam JaHUsha proklameer nog waarhede voorspruitend uit die feit dat dit JaHUaH is wat red, soos dit gesien kan word uit die Skrif. ■ Die Seun het gekom in die Naam van Sy Vader. Joh. 5:43 “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie Naam kom, hom sal julle aanneem.” ■ Die Vader en die Seun is een. Joh. 10:30 “Ek en die Vader is een.” ■ Die Vader praat en doen werke deur die Seun. Joh. 14:9 – 11 “JaHUsha sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy my My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader? Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in my; of anders, glo My ter wille van die werke self. ■ Om in die Vader te kan wees, moet ons eerstens in die Seun wees.

Page 20: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

20

Joh. 14:20 “In diè dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.” ■ Die Vader en die Seun is tot vandag toe nog èèn. Joh. 16:27 – 28 “want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van Elohim uitgegaan het. Ek het van die Vader uitgegaan en in die wêreld gekom. Weer verlaat Ek die wêreld en gaan na my Vader.” ■ Die Naam wat ons gebruik, merk ons dus, of toon wie ons is, of wie ons volg. Dit konnekter ons aan die Vader, deur JaHUsha die Seun. Joh. 17:21 – 26 “dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het. En Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld. Regverdige Vader, al het die wêreld U nie geken nie, tog het Ek U geken, en hulle hier het erken dat U My gestuur het. En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle.” Ander Name Maar … met die gebruik van die meer algemene J’shua/Jeshua, kom die verklaring nie duidelik uit nie, dit sê dan, Verlossing van ‘J’ en nie van ‘JaH’ of ‘JaHU’ nie. Dit maak nie die geloofsverklaring soos gesien uit die bogenoemde Skrifte nie. Hoewel die gebruiker kan bedoel dat JaHUsha wel JaHUaH is, kan die hoorder dit interpreteer soos dit vir hom aanvaarbaar is. Hy hoef met ander woorde nie noodwendig te dink dat die Spreker bedoel dat daar erken word dat dit die Messias as Seun en Verlossing van JaH (JHUH) is, van wie daar gepraat word nie. Die twee wat kommunikeer het dalk net nie dieselfde Persoon in gedagte nie, veral wanneer mens met iemand kommunikeer wat vanaf Judaïsme se kant af kom. Die twee partye wat in gesprek is het dalk nie noodwendig dieselfde Persoon in gedagte nie.

Page 21: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

21

Die een dink dat hulle ooreenstemmig is, terwyl die ander een weet dat dit nie so is nie, en hy gebruik dan die dubbelsinnigheid tot sy voordeel. ‘JaHUsha’ is seker nie ‘n naam wat Judaïsme ooit sal wil gebruik nie, aangesien hulle nie glo dat JaHUaH ‘n Seun het nie maar hulle glo wel dat ‘Jeshua’ van wie hulle wel sou praat, nie die Messias is nie en dus ook nie JaHUaH is nie. Dit is ‘n baie belangrike feit. Daarom kan ons glad nie verwag om by hulle die waarheid te hoor aangaande die Naam nie. Ons maak dus reeds by die gebruik van Sy Naam al ‘n geloofsbelydenis vir die Messias as JaHUsha en nie vir BarAbbas nie. Tog, wil ek nie hiermee sê dat Vader nie diegene hoor of verhoor wat ander name gebruik nie. Hy sien ook ons harte en weet of ons ons hele vertroue op JaHUsha as Messias plaas, al dan nie. Maar beter lig oor die aangeleentheid bring ook die moontlikheid van meer begrip en moontlike aanpassing mee, veral in die Hebreeuse wortels waar daar wel skouers geskuur word met diegene in Judaïsme. Die vraag kom dan: Kan ons die regte Messias onderskei en hoe kan ons Hom onderskei. Ja, ons kan Hom beslis onderskei as ons meet en bou volgens die skietlood van die Woord (Amos 7:7 – 8). Die Skietlood Die Goeie Nuus of Evangelie, is die kern van die Boodskap van die Duif. Dit is die Skietlood waarvolgens daar gebou moet word as ons die ware Messias wil onderskei, as ons wil uitsorteer wat die waarheid is en wat die leuen is. Die Goeie Nuus is in die Brit Chadashah. Daarom moet die Brit Chadashah ons fokuspunt wees as ons die Waarheid in die Skrif wil leer ken. Dit sal die Tanach op ‘n lewende wyse ontsluit en misleiding sal dan nie so maklik sy voet in die deur kry nie. Paulus het aanvanklik vanuit Judaïsme mense vervolg wat in JaHUsha Messias geglo het. Totdat hyself ‘n ontmoeting met Hom gehad het (Hand. 9). Daarnà het hy oorgestap vanuit Judaïsme, na die Weg van JaHUsha as Messias. Hy het die Torah van Moses agtergelaat en die Torah van die Messias JaHUsha verkondig.

Page 22: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

22

Petrus het ons ook gemaan dat Paulus met wysheid bedeeld was en beslis hoog aangeslaan moet word as ons na Waarheid soek. 2 Pet. 3:15 – 16 “En ag die lankmoedigheid van onse Meester as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het, net soos in al die briewe. Hy spreek daarin oor hierdie dinge, waarvan sommige swaar is om te verstaan, wat die ongeleerde en onvaste mense verdraai, net soos die ander Skrifte, tot hule eie verderf.” Die Boodskap wat hierdie Posduif dus nou vandag bring is baie baie belangrik, naamlik: dat ons skuld betaal is, hoewel ons ‘n doodsvonnis teen ons gehad het a.g.v. ‘n reuse skuldrekening in ons naam weens sonde, afhangende of ons die Kwitansie aanneem of nie. Dit is baie goeie nuus! Die Boodskap van die Goeie Nuus van die Koninkryk van die Hemel ■ In Gen. 15 het JaHUaH met Abram ‘n Verbond gesluit waar bloed gevloei het. So ‘n verbond sou die twee Verbondsgenote aanmekaar verbind en die Verbondsooreenkoms (Torah van JaHUaH) sou nie verbreek kon word sonder om die dood skuldig te wees soos wat daardie dooie diere die simbool van was nie. Daarna het Abram, Abraham geword. Abraham is ons vader en voorloper in die geloof. Gal. 3:6 – 9 “Net soos Abraham in Elohim geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. En die Skrif wat vooruit gesien het dat Elohim die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.” ■ Ons is dus reeds as die nageslag van Abraham die dood skuldig, as sondaars en oortreders van die Torah van JaHUaH. Daar wag vir ons ‘n vonnis volgens die Woord. Rom. 6:23 “Want die loon van die sonde is die dood……….. “ ■ Dit geld vir ons almal, want elkeen is ‘n sondaar volgens Rom. 3:23. “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid/kavod van Elohim.” Jes. 53:6a “Ons het almal gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop … “ ■ Ongeregtigheid, oortreding en sonde moet gestraf word volgens die Torah. Ons lees dit in Ex. 34:7a.

Page 23: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

23

“wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; …” ■ Volgens die Woord het ons dus ‘n rekening teen ons wat gedelg moet word omdat JaHUaH se Voorskifte en Insettinge verbreek is. Kol. 2:14 “en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was …” ■ As daar ‘n rekening is, moet dit betaal word. Dis soos ‘n transaksie, nie met ‘n mens nie, maar met die Heerser en Skepper van die Heelal. Hierdie rekening kan net met die dood, met bloed betaal word. Heb. 9.22 “En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.” Messias JaHUsha het vir ons die losprys betaal, deur Sy bloed. Sy Bloed was die betaalmiddel en kan nooit, ooit verloën word nie. Daarsonder is jou rekening nie betaal nie. 1 Pet. 1:18 – 21 “omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Messias, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil, julle wat deur Hom glo in Elohim wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op Elohim kan wees.” ■ Dis dus dan net hier waar JaHUaH self vir ons daardie dood kom sterf het, as die Seun. JaHUaH is die Vader wat die Seun uit Homself uit gegenereer het (Ps. 2:7) omdat Hyself as die Verbondsgenoot volgens Gen. 15 vir ons die dood sou sterf wat òns moes sterf. Joh. 1:1, 14 “In die begin was die Woord, en die Woord was by Elohim, en die Woord was Elohim. En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborenene wat van die Vader kom – vol genade en waarheid.” Heb. 9:15 “En daarom is Hy Middelaar van ‘n nuwe testament, sodat, terwyl daar ‘n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.” ■ Daardeur het Hy self die volle rekening betaal vir elkeen van ons toe Hy Sy lewe op die folterpaal afgelê het. Jes. 53:6b “ ……. maar JaHUaH het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.”

Page 24: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

24

JaHUsha se laaste woorde op die folterpaal in Joh. 19:30 was: “Dit is volbring”. Dit is ‘tetelestai’ in Grieks en beteken: ‘Dit is betaal’. So het Hy dan die skuldbrief of rekening teen ons uitgedelg, met ander woorde, betaal. Kol. 2:13 – 14 “En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het, en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die folterpaal vas te nael… “ ■ Dit beteken dat JaHUsha self die Kwitansie is. Hy het dus vir almal in die hele wye wêreld hierdie rekening betaal. Joh. 3:16 “Want so lief het Elohim die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.” Tog kan mens net bewys dat ‘n rekening betaal is as mens die kwitansie in jou hande het. ■ Hoewel die Kwitansie daar is, moet dit fisies aangeneem word. Dit help nie om net daarvan te weet nie. Destyds het Sy eie volk, die Jode, nie die Kwitansie aangeneem nie, behalwe diegene wat Hom gevolg het, soos Sy dissipels. Dit is reeds as gevolg van Sy dissipels dat ons vandag wel die Kwitansie kan kry. Hulle was die Duiwe wat vir ons die Boodskap gebring het. Joh. 1:11 – 12 “Hy het na sy eiendom gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van Elohim te word, aan hulle wat in sy Naam glo…” Joh. 5:43 “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hòm sal julle aanneem.” Die aanneming van die Kwitansie So moet ons vandag, soos die Jode tweeduisend jaar gelede, kies wie die Messias is. Dis hoe ons JaHUsha as Kwitansie sal aanneem of nie. Rom. 10:8 – 10 verduidelik dat ons die Messias nie net met die mond, of net met die hart nie, maar beide met die hart en die mond, moet aanvaar. Jou dade moet jou woorde bevestig.

Page 25: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

25

Soos ons in Engels sê: “Put your money where your mouth is”. “Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Meester JaHUsha bely en met jou hart glo dat Elohim Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.” “Glo met die hart tot geregtigheid en bely met die mond tot redding”. Mens dink of sê miskien: … “Maar ek glo JaHUsha is die Messias”, maar terselfdertyd skaar ons ons by Judaïsme wat nie so glo nie en laat toe dat daardie godsdiens ons leermeester word. Dus, as ons sê dat ons die Messias aanvaar en tog die pad van die Anti-Messias loop saam met Judaïsme, is ons hart nie waar ons mond is soos Rom. 10:9 sê nie. Die mond bely dan reg, maar hoe ons met Skrif omgaan getuig die teenoorgestelde. Dis tweeledig en dan dobbel ons met ons Kwitansie. Die Goeie Nuus van die Koninkryk van die Hemel leer ons dat daar slegs vergifnis is as ons skuldrekening met dood/bloed betaal is. Judaïsme glo in vergifnis sonder die Offerlam se Bloed. Hoe gaan die Skrifte dan uitgelê word? Alles word dan net mooi omgedraai. Wat bo was met die leer van die Goeie Nuus, is nou onder, en wat onder was is nou bo. Werklik ‘n Babelse verwarring met ‘n rampspoedige einde. Vanuit die Tanach word die Brit Chadashah onder ons uit gerysmier en vernietig …. deur diewe en rowers (Joh. 10:8). Aan die ander kant gebruik die Goeie Nuus weer die Tanach om die Brit Chadashah te bevestig. Die hele Woord word dan in perspektief verklaar (2 Tim. 3:16). Die Goeie Nuus van die Koninkryk van die Hemel opgesom Daar was ‘n seuntjie wat vir homself ‘n bootjie uit hout gekerf het. Hierdie bootjie is deur ‘n dief gesteel wat jaloers was en dit vir homself wou gehad het, maar eintlik later toe ook geen erg daaraan gehad het nie, met die gevolg dat hy dit vir geld gaan verpand het. Eendag loer die seuntjie toevallig deur die venster van die pandjieswinkel en daar sien hy die bootjie wat hyself gemaak het. Hy het dadelik huis toe gehardloop om geld te gaan kry en dit teruggekoop. Met die bootjie in sy hande, sê hy toe hardop:

Page 26: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

26

“Bootjie, nou is jy vir die tweede keer myne. Eers het ek jou gemaak, maar nou het ek jou gekoop.” Net so is dit met die mens en sy Skepper. Eers het Hy ons gemaak en toe het Hy ons kom koop. Wil die Hoorder van hierdie boodskap wat ‘Simon bar Jona’ gebring het, gekoop word deur sy/haar Maker om weer Syne te wees, nadat die hele mensdom deur die dief gekaap is? Die Keuse Die Posduif het die Boodskap nou afgelewer, nou het die Hoorder ‘n keuse wat hy daarmee gaan maak. Vir watter span gaan die Hoorder speel. Vir die Messias JaHUsha of die Anti-Messias? Daar is die verhaaltjie van die “Ander Loods asseblief”. Ek sal dit kortliks probeer oordra. Die vliegtuig was op die punt om vanaf ‘n internasionale lughawe te vertrek, toe die loods skielik die proses tot halt bring en na die terminaal terugkeer. Hy het verskoning gemaak en gesê dat daar ‘n tegniese probleem is en dat die vlug vertraag sal wees. Nadat ‘n uur of meer verloop het, word daar aangekondig dat die vliegtuig weer sal opstyg en die vlug hervat sal word. ‘n Bekommerde passasier het navraag gedoen by die lugwaardin, waarop diè toe gesê het: “Vroeër het die loods ‘n hele paar rooi waarskuwingsligte gesien met die opstyging en toe omgedraai omdat hy bang was dat dit op ‘n ramp sou afstuur. Nou het dit meer as ‘n uur geneem om ‘n ander loods te kry.” So, die Hoorder kan dalk verkies om ‘n ander loods of ‘n ander Boodskapper te kry, maar dit kan rampspoedige gevolge hê op die einde van dag en Heb. 6:4 – 6 kan moontlik in werking tree. “Want dit is onmoontlik om die wat eenmaal verlig geword het en die hemelse gawe gesmaak en die Afgesonderde Gees deelagtig geword het, en die goeie woord van Elohim gesmaak het en die kragte van die toekomstige wêreld, en afvallig geword het – om diè weer tot bekering te vernuwe, omdat hulleself die Seun van Elohim weer folter en openlik tot skande maak.” As die Hoorder egter die Posduif se Boodskap, die Goeie Nuus, aanneem in geloof, sal dit vir hom/haar behoud van die lewe wees. As ons onttrek van die Goeie Nuus Boodskap, sal dit vir ons die Verderf meebring.

Page 27: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

27

Heb. 10:38 – 39 “Maar die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie. Maar by ons is daar geen onttrekking tot verderf nie, maar geloof tot behoud van die lewe.” Is daar dus vir JaHUsha as Messias wat ons deur Sy Bloed losgekoop het en sodoende vergifnis bewerk het, ‘n rusplek in ons geloof en hoe ons met die Skrif omgaan? Is ons reeds deel van Romeine 11 se Olyfboom? Word ‘n Duif As ons die Kwitansie aangeneem het en reeds deel het aan die Boom van die lewe, en die Gees by ons ‘n rusplek gevind het, dan word ons onvermydelik Sy Boodskappers, Sy Duiwe. Ons word die Duif wat uitgestuur word met ‘n Boodskap van JaHUaH om skeiding te bring tussen lig en duisternis. As daar aanvanklik geen ontvangs is van die Boodskap wat ons dra nie, gaan rus ons maar in Hom en wag ‘n verdere tydperk af totdat Hy ons weer uitstuur. Miskien is daar ‘n Olyfblaar waarmee ons so nou en dan mee kan teruggaan na Hom toe. Maar uiteindelik sal JaHUaH se boodskap ‘n sitplek kry. Ons sal te doen kry met Hoorders wat soos die kraaie is wat tevrede is met die aas op die water. Hulle is tevrede met al die onreinheid asook om in die skemer te leef waar lig en duisternis so vermeng is dat jy nie kan onderskei wat lig is en wat duisternis is nie. Hulle is tevrede om te bly waar hulle is tussen al die onreinheid, want hulle wil dalk ook nie aanstoot gee nie. Hulle sal die Boodskapper aanval en vervolg omdat hulle mislei is en geen onderskeiding het nie. Maar ons moet fokus op ons Duiwe-maat JaHUsha. Hy het nie tou opgegooi nie, maar die hele prys betaal. Hy is fyngemaal deur die Olyfpers (Getsèmane in Hebreeus) om die Lig van die wêreld te kan wees; ja, ook vir die kraaie. ‘n Dienskneg is nie hoër as sy Meester nie, as hulle Hom vervolg het, sal hulle sy Duiwe-Boodskappers ook vervolg.

Page 28: JONA: DUIF - Nuweliednuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/JONA-Duif-2015... · 2015. 9. 26. · 2 As mens nou Simon ar Jona letterlik kon vertaal, sou dit kon beteken: ZLuister-met-toewyding,

28

Hou dus aan, Boodskappers van JaHUaH, lede van die Olyfboom, takke en blare van die Olyfboom. Dis vir die genesing van die nasies! Die waters van die wêreldwye vloed is besig om te sak, en die Olyfboom word sigbaar!

-o-o-o-o-o-o-o-o-o-o- Sketse is deur Maryke Fick gedoen. Verskeie aspekte is nie in hierdie lering breedvoerig aangeraak nie, en die Leser word aangemoedig om ander artikels ook op te soek, naamlik:

1. Die Orde van Melgisèdek teenoor die Levitiese Orde http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/MelgisedekLevitieseHersien2015.pdf 2. Die Banier van JaHUaH http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/DieBanierJaHUaH.pdf 3. Die Torah van die Messias http://nuwelied.info/wp-content/uploads/2012/04/DIE-TORAH-VAN-DIE-MESSIAS-FINAAL.pdf