jul 2019 janneke se breigroep - bougainvilla aftree-oord€¦ · and that i’m not yet dead! but...

8
Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 1 Nuusbrief van Bougainvilla Aftree-oord / Newsletter of Bougainvilla Retirement Village Nr. 45 Jun 2019 Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP Janneke was vroeër betrokke by ‘n uitreik van hul gemeente by Themba, waar hulle swart v rouens leer brei het. Dit het so goed gegaan dat sommige van die vroue vir hulself klein besigheidjies begin het en so hul gesinne kon onderhou, maar dit het tot ‘n einde gekom en Janneke het na haar man se siekte en afsterwe na Bougainvilla verhuis. Sy het nie geweet wat om met al die wol te maak nie, maar sy het ander ontmoet wat ook lief was vir brei, en so het hul breigroep ontstaan. Dit was die begin van ‘n heel nuwe rigting! Deur vir ander iets te doen, vergeet jy van jouself, en jou eie lewe kry koers en rigting! Die hoofdoel van die breigroep was om barmhartigheid (warmhartigheid) aan ander in nood te bewys. Ook ander kunstige breiwerk is geskep. Van die pragtige serpies en ander produkte word op die mark verkoop sodat daar weer wol gekoop kan word om vir liefdadigheid te brei. Die breigroep het uitgebrei (met June, Emilda, Karien, Roseann, Trudie en Wilna) Janneke se woonstel het te klein geword om almal wat wou brei, te akkommodeer. Vroeër hierdie jaar is nog ‘n groepie gevorm wat Donderdae-oggende bymekaarkom, met Heila, Fiefie, Pulani, Gezina, Hannie en Bettie. Ons brei hoofsaaklik musse. So het ons nou al vir die volgende aksies musse geskenk: PEN-aksie (wat betrokke is by haweloses, ongehude moeders en kleuters in Pretoria se middestad) ‘n Groot gesin in Cullinan wie se huis afgebrand het. ‘n Gemeente in die Transkei ‘n Gemeente in Ertjiesvlei in Hermanus Die afdeling vir premature babas in die Kloof Hospitaal Senior burgers en kinders by Filadelfia Ark in Kameeldrif-Wes Die Seemans-Organisasie in die Kaap, Port Elizabeth en Durban. (Dis dieselfde organisasie vir wie Rina Hugo sing vir fondse.) Ons eintlike breiwerk gaan vir die seemanne, wat dan ‘n mus en ‘n warm nekband kry. Die skepe vaar na kouer wêrelddele waar dit nuttig te pas kom. Daar is geestelike werkers wat in die hawens werk om, as die skepe in ons hawens aandoen, die manne, wat soms baie lank van hul huise af weg is, te bearbei en te bemoedig met ‘n warm mus en ‘n Bybel of ander leesstof. Wat ‘n voorreg om deel te wees van ‘n groter groep wat meewerk in God se Koninkryk! So kom ons weekliks bymekaar om hard te werk, by mekaar te leer en gesellig te verkeer rondom ‘n heerlike koppie tee of koffie en “ietsie lekkers” daarby! Baie dankie ook aan almal wat vir ons donasies gegee het om wol aan te koop! So het julle ook meegewerk aan ‘n groter projek . . .! Trudie Maritz (namens ons breigroepe), Woonstel 2101 Kinders kry musse So help ons mekaar brei Musse vir seemanne Daar is nog tyd vir koek en tee! Kloksgewys: June, Heila, Janneke, Magriet, Trudie, Gezina, Emilda en Pulani

Upload: others

Post on 27-Jun-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 1

Nuusbrief van Bougainvilla Aftree-oord / Newsletter of Bougainvilla Retirement Village Nr. 45 Jun 2019 – Jul 2019

JANNEKE SE BREIGROEP

Janneke was vroeër betrokke by ‘n uitreik van hul gemeente by Themba, waar hulle swart vrouens leer brei het. Dit

het so goed gegaan dat sommige van die vroue vir hulself klein besigheidjies begin het en so hul gesinne kon onderhou,

maar dit het tot ‘n einde gekom en Janneke het na haar man se siekte en afsterwe na Bougainvilla verhuis. Sy het nie

geweet wat om met al die wol te maak nie, maar sy het ander ontmoet wat ook lief was vir brei, en so het hul breigroep

ontstaan. Dit was die begin van ‘n heel nuwe rigting! Deur vir ander iets te doen, vergeet jy van jouself, en jou eie lewe

kry koers en rigting! Die hoofdoel van die breigroep was om barmhartigheid (warmhartigheid) aan ander in nood te

bewys. Ook ander kunstige breiwerk is geskep. Van die pragtige serpies en ander produkte word op die mark verkoop

sodat daar weer wol gekoop kan word om vir liefdadigheid te brei.

Die breigroep het uitgebrei (met June, Emilda,

Karien, Roseann, Trudie en Wilna) Janneke se

woonstel het te klein geword om almal wat wou

brei, te akkommodeer. Vroeër hierdie jaar is nog

‘n groepie gevorm wat Donderdae-oggende

bymekaarkom, met Heila, Fiefie, Pulani, Gezina,

Hannie en Bettie. Ons brei hoofsaaklik musse. So

het ons nou al vir die volgende aksies musse geskenk:

PEN-aksie (wat betrokke is by haweloses, ongehude moeders en kleuters in

Pretoria se middestad)

‘n Groot gesin in Cullinan wie se huis afgebrand het. ‘n Gemeente in die Transkei ‘n Gemeente in Ertjiesvlei in Hermanus

Die afdeling vir premature babas in die Kloof Hospitaal

Senior burgers en kinders by Filadelfia Ark in Kameeldrif-Wes

Die Seemans-Organisasie in die Kaap, Port Elizabeth en Durban. (Dis dieselfde organisasie vir wie Rina Hugo

sing vir fondse.)

Ons eintlike breiwerk gaan vir die seemanne, wat dan ‘n mus en ‘n warm nekband kry. Die skepe vaar na kouer wêrelddele waar dit nuttig te pas

kom. Daar is geestelike werkers wat in die hawens werk om, as die skepe

in ons hawens aandoen, die manne, wat soms baie lank van hul huise af

weg is, te bearbei en te bemoedig met ‘n warm mus en ‘n Bybel of ander leesstof. Wat ‘n voorreg om deel te

wees van ‘n groter groep wat meewerk in God se Koninkryk!

So kom ons weekliks bymekaar om hard te werk, by mekaar te

leer en gesellig te verkeer rondom ‘n heerlike koppie tee of koffie en “ietsie lekkers” daarby!

Baie dankie ook aan almal wat vir ons donasies gegee het om

wol aan te koop! So het julle ook meegewerk aan ‘n groter projek . . .!

Trudie Maritz (namens ons breigroepe), Woonstel 2101

Kinders kry musse

So help ons

mekaar brei

Musse vir

seemanne

Daar is nog tyd vir koek en tee!

Kloksgewys: June, Heila, Janneke, Magriet, Trudie,

Gezina, Emilda en Pulani

Page 2: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 2

‘N DAG IN DIE KOMBUIS

Almal wat in die kombuis werk begin reeds om 7:00 vm.

Dan is dit volstoom om ontbyt aan die sorgsentrum om 8:00 te verskaf (daar is op die oomblik 18 mense in die

sorgsentrum).

Voorbereiding vir die etes vir die ander inwoners is nou reeds aan die gang.

Om 10:00 word ‘n “snack” aan die mense in die sorgsentrum besorg.

Nou begin die gewoel, teen 11:00 word alle aflewerings gedoen. Teen die tyd moet die tafels

in die eetsaal gedek wees, want vanaf 11:00 tot 11:45 kan wegneem etes afgehaal word in

die eetsaal.

Eerste sessie in die eetsaal begin 11:45 dan is dit volstoom bedien, afdek, skottelgoed was

en die eetsaal weer reg te kry vir tweede sessie wat om 13:00 begin. O ja, byna vergeet ek,

12:00 word middagete na die sorgsentrum geneem. Nou word die tweede sessie bedien en

die hele proses van weer afdek, eetsaal ontruim, en die was van die skottelgoed.

Voorbereiding vir die volgende dag moet ook nou begin. Drie uur die middag word weer ‘n “snack” by die sorgsentrum besorg en daar word voorbereidings gedoen vir aandete wat voor 17:00 afgelewer moet word en ook ‘n “snack” vir 20:00 die aand.

Uiteindelik is die dag nou verby en kan die personeel huis toe gaan om na hulle eie gesinne te gaan omsien.

Bietjie nuttelose inligting: Wanneer op die spyskaart, word daar so plus-minus 84kg beenlose varkribbetjie voorberei.

Moedersdag was daar 485 etes voorberei. Sondae word daar gemiddeld 520 etes voorberei.

Dankie aan al die personeel wat net hulle beste gee!

DIE KUNSTENAARS IN ONS GELEDERE

Een van hulle is Babsie Meyer van w/s 5011. Sy is 96 jaar oud en teken steeds. Dit gaan maar moeilik om die penne

deesdae vas te hou want die vingers wil nie meer saamwerk nie maar ophou is min.

Sy her jare gelede al begin met olieverf skilderye maar die is almal by die kinders want

plek is hier nie. Sy het 30 jaar gelede met waterverf begin en van die begin af was dit

kunswerke.

Esta, haar dogter van huis 75, sê sy is ‘n

wonderlike humoristiese ma wat omgee vir almal.

Sakke aartappels

word opgesny

Bo: Haar eerste waterverf

skildery. Kyk net die detail.

Heel links: Een van talle

waterverf skilderye van Kaapse

huisies.

Links: ‘n Onlangse penskets.

Page 3: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 3

Bougainvilla Aftree Oord het

nogsteeds ‘n Wassery diens.

In Januarie 2019, het die proses verander omdat wasgoed nie meer by die Kiosk

soos voorheen ingehandig word nie, maar by die Wassery self op die 1ste vloer in

die Dienssentrum of ons kom haal die wasgoed by u. Net soos voorheen.

Daar was groot verwarring omdat u ook nie die Wassery direk kon skakel begin

Januarie nie, omdat ons ‘n rukkie moes wag vir ons foon, wat u dalk laat dink het die Wassery bestaan nie meer nie.

GOEIE NUUS!!!!!!!!! Die Wassery diens is nog steeds net so goed soos

voorheen en daar vir u gerief.

Die Wassery se uitbreiding is 7021. Skakel gerus as ons u wasgoed moet hom haal.

Die Wassery is oop Maandae tot Vrydae van 08:00 tot 16:00. Aflewerings word tussen 14:00 en 15:00 gedoen.

GOOD NEWS!!!!!!!!! The Laundry service is still operational and never closed

when the Kiosk and Laundry contracts were separated. You can contact us on

7021 and we will collect and deliver as usual.

Beste groete/Kind regards, -

A man died...

When he realized it, he saw God coming closer with a

suitcase in his hand.

Dialog between God and Man:

God: “Alright son, it’s time to go”

Man: So soon? I had a lot of plans...

God: “I am sorry but, it’s time to go”

Man: What do you have in that suitcase?

God: “Your belongings”

Man: My belongings? You mean my things...

Clothes... money...

God; “Those things were never yours, they belong to

the Earth”

Man: Is it my memories?

God: “No. They belong to Time”

Man: Is it my talent?

God: “No. They belong to Circumstance”

Man: Is it my friends and family?

God: “No son. They belong to the Path you travelled”

Man: Is it my wife and children?

God: “No. they belong to your Heart”

Man: Then it must be my body

God: “No No... It belongs to Dust”

Man: Then surely it must be my Soul!

God: “You are sadly mistaken son. Your Soul belongs

to me.”

Man with tears in his eyes and full of fear

took the suitcase from God's hand and opened it...

Empty...

Heartbroken and with tears running down his cheeks

he ask God...

Man: I never owned anything?

God: “That’s Right. You never owned anything”.

Man: Then? What was mine?

God: your “MOMENTS”.

Every moment you lived was “yours”.

Do Good in every moment

Think Good in every moment

Thank God for every moment

Life is just a MOMENT!.

Page 4: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 4

KUNSTEFEES OP PLESIERBOOT

n Regmerkie op Johann en Alet Lemmer se emmerskoplysie toe hulle onlangs die Oppiwaterkunstefees op

die MSC Musica bygewoon het.

Meer as 2 000 feesgangers gaan in Durban aan boord. Die 92 000 ton

Musica vaar die hawe uit. Ons kajuit is op dek 9 en ons skuif die

balkondeur oop om vars lug in te asem. Eers die reddingsbaadjie oor die

kop trek want die kaptein laat nie toe dat jy verder vaar sonder die

veiligheidsdril nie. Dan begin die weeklange kunstefees, vermaak en

partytjie op dek 13 langs die swembaddens, borrelbaddens waar aan

skemerkelkies geteug word.

Dit was omtrent ‘n ontdekkingstog. Ons moes mooi beplan

wanneer om die kajuit te verlaat, watter een van die 13 hysbakke

om te gebruik om na watter van die 16 dekke te gaan waar van

die 25 produksies, wat deel is van die kunstefees, by te woon. Om

nie van die eet te praat nie! Ons tafelnommer was 516 in een van

die vier reuse eetlokale. Gelukkig kan jy tussen vertonings hap

want die buffet is 20 uur per dag oop waar ‘n fees van disse geniet kan word.

Die Musica is een van MSC Cruises se 12 plesierbote wat almal musikale name het. Sy is ‘n Italiaanse skip

wat deur Sofia Loren “gedoop” is. Ons vaart het 950 bemanningslede gehad met 2 548 passasiers. Die skip is 293 meter lank en 32 meter breed. Daar is ‘n ouditorium met ongeveer 1 000 sitplekke op twee dekke. Die vertonings is hier en in nog drie ander groot lokale gehou. Die swembadarea het ook ‘n oefengimnasium en skoonheidsalonne, haarsalon, stoombaddens en saunas asook ‘n solarium as jy vining wil bruin brand..

Daar is ‘n sushi-restaurant, kuns- en fotogalery, biblioteek, internetkafee, boetiek juweliers- en

parfuumwinkels, bingolokaal en casino. Vir die kinders en jongmense is daar ‘n disko en hele dek met speelkamers. Op nog ‘n dek is dekspeletjies, ‘n minigholfbaan en bewegende staproete. Gelukkig hoef ons nie die mediese sentrum te besoek het nie.

Die bestemming was die pragtige Pomene-eiland in Mosambiek. Hier is in die golwe baljaar, gesnorkel en

ander watersport beoefen en in die son gebaai.

Die kunstefees gekoppel aan luukse verblyf en vermaak was ‘n ideale manier om ons 54 ste huweliksherdenking te vier. Daar word klaar planne gemaak om dit volgende jaar te herhaal, dié keer op

die Orchestra wat vanaf Kaapstad na Luderitz en Walvisbaai vaar.

Kom vaar gerus saam! - Johann en Alet Lemmer

Page 5: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 5

A LETTER TO A FRIEND

A line to say I’m still alive, And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head.

I’m used to my arthritis, to my dentures I’m resigned. I can manage my bifocals,

but how I miss my mind!

Sometimes I can’t remember

when I’m standing by the stair. If I’m going up for something

or if I just came down from there.

And when I stand before the

fridge,

My mind is full of doubt.

Have I just put some food away,

Or come to get it out?

I go into the other room

and when I get there, what

I want to know is why I’ve come?

Already I forgot.

But remenber that I love you,

And wish that you lived near.

And now it’s time I posted this

And say “Good night” my dear.

Now I’m standing at the Post

Box and my face is ruby red

For instead of posting it to you,

I’ve opened it instead. ------ Author unknown.

Links: Watertenks word geïnstalleer om te

verseker dat die kombuis en sorgsentrum

altyd water het tydens munisipale water-

onderbrekings. Die kapasiteit van die tenks

is ‘n ongelooflike 10 000 liter.

Indien u dalk gewonder het? Nee, water

gaan nie oud word in die tenks nie. Daar

vloei altyd vars water in die tenks in tydens

normale water gebruik. Pompe gekoppel

aan die uitlaat van die tenks sorg vir die

nodige waterdruk in die krane.

LAAT DAAR WATER WEES

Page 6: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 6

Ons wens ons SENIOR INWONERS (80 en ouer) wat in Junie en Julie

verjaar ‘n gesëende jaar toe. 80 EN OUER WAT IN JUNIE VERJAAR 80 EN OUER WAT IN JULIE VERJAAR

DAG NAAM VAN EENHEID DAG NAAM VAN EENHEID

2 Annetjie du Plessis 18 2 Christa du Plooy 28

6 Ria Gertzen 5102 4 Marie Smuts 3110

7 Franci de Klerk 69 5 Franci van der Laan 5212

7 Ivo Petr 246 6 Frida Bruyns 31

8 Paul Joubert 195 9 Jenny Viljoen 61

9 Mara Maree 2104 13 Stollie van Zyl 128

11 Marie Strimer 258 14 Arend Adriaanse 145

13 Hannes Smith 9 16 Hester Hattingh 71

14 Marie Van Rooyen 1210 16 Miemie Van Wyk 244

14 Jacobus de Bruyn 234 17 Magrieta Visagie 192

15 Breggie Muller 1309 19 Hendrik van Jaarsveldt 160

15 Hermanus Visagie 192 20 Mart Malan 5107

16 Petro Koch 27 23 Hannetjie Swanepoel 3310

16 Anna Steyn 186 23 Chris Lombaard 2308

22 Koos Steyn 167 24 Bets de Vries 2108

22 Anna Bouch 292 24 George Domian 113

24 Phoebe Wagener 1311 25 Leensie van der Merwe 138

25 Hennie Cronje 112 27 Rina Van Rooyen 2009

25 Christine Coetser 220 28 Miems Van der Walt 1107

25 Louna Kruger 4103 28 Andria Albertse 290

27 Mari van Deventer 3002 28 Eleanor Theron 4013

29 Ida Pretorius 151 29 Theunis Snyman 1001

29 Clasie Classen 123 29 Magda van der Walt 165

29 Estelle van der Merwe 5112

29 Johnny O'Connell 4306

30 Heinz Giese 3202

30 Gezina Kamstra 103

30 Ensie Botha 15

31 Christa Altona 203

31 Charles Hamilton 227

IN DIE WASSERY

Hierdie dames word nie baie gesien

nie. Hulle is Annah Skosana en

Annah Monjelele wat agter die toe

deure van die wassery sorg dat u

wasgoed gewas en netjies gestryk

word.

Veels geluk

Page 7: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 7

Testamente

Boedels

Trusts

Persoonlike diens in

die gemak van u

woning.

Bekostigbare

eksekuteursfooie.

Hein Klokov

Praktiserende prokureur (LLB)

Lid van Fiduciary institute of

Southern Africa

Kontak Besonderhede

084 581 8146

012 543 1806

Page 8: Jul 2019 JANNEKE SE BREIGROEP - Bougainvilla Aftree-oord€¦ · And that I’m not yet dead! But I’m getting more forgetful And mixed up in my head. I’m used to my arthritis,

Bougainvilla Informant Nr. 45 Jun. - Jul 2019 8

BOUGAINVILLA KERKDIENSTE.

Sondag oggende 10:00

2 Junie Ds. Johan de Bruin (Herv)

9 Junie Ds. Tienie de Bruyn (NG)

16 Junie Dr. J Bingle (Geref)

23 Junie Ds. Tienie de Bruyn (NG) NAGMAAL

30 Junie Ds. Johan Olivier (NG)

7 Julie Ds. Johan de Bruin (Herv)

14 Julie Ds. Tienie de Bruyn (NG)

21 Julie Dr. J Bingle (Geref)

28 Julie Ds. Tienie de Bruyn (NG)

4 Aug Dr Wian Kloppers (Herv)

11 Aug Ds. Tienie de Bruyn (NG)

18 Aug Dr. J Bingle (Geref)

25 Aug Ds. Tienie de Bruyn (NG)

Elke

Sondag

17:00

Pastoor Gilbert van der Hoven van

die Pinksterkerk

IMPORTANT PHONE NUMBERS

NB: For medical emergencies or fire: Use panic

button.

Security: 6363 / 1126

Dr. Stephanie Gouws: 012 940 2724

Frail care (Sr. Ina): 7020

Clinic: (Sr. Anesta) 1127

Electrician: (Kobus) 083 225 0229

Plumber: (Gerrie) 071 194 2153

Kitchen: 7018

Hair salon: 7019

Beauty salon: 7005

Laundry: 7024

Village manager: 7003

Reception: 9 or 7001 or 7002

Die menings en kommentaar wat in hierdie blad verskyn is nie

noodwendig diè van die redaksie, direksie of bestuursagent van

Bougainvilla Aftree-oord nie. Die redaksie behou die reg voor

om bydraes te korrigeer of te verkort. Nie alle berigte of fotos

wat ontvang word sal noodwendig geplaas word nie. Sommige

mag oorstaan na ‘n volgende uitgawe. Indien die redaksie van

mening is dat ‘n bydrae onvanpas is sal die berig nie geplaas word nie en die outeur sal sodanig in kennis gestel word. Geen

produkte wat in INFORMANT geadverteer word word

onderskryf nie.

Berigte en artikels kan gestuur word na Henri Braak #25

of Didi en Dana by ontvangs.

E-pos: [email protected].

HERSIENE KLINIEK TYE

Sr. Annesta

Maandag, Dinsdag, Donderdag en Vrydag:

10:00 – 11:00

Woensdag: 08:00 – 09:00

Dokter Stephanie Gouws

Woensdag 09:00 tot 13:00

Nuwe verligte naamborde is by die

ingangshek aangebring.