julie ~ november 2013 - malieveld...

29
1 Foto: Een van Moir's Jaar van die tert kompetisie wenner Elba Kruger Vroue Landbou Unie ~ Malieveld Streek Mpumalanga Julie ~ November 2013

Upload: others

Post on 09-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

1

Foto: Een van Moir's Jaar van

die tert kompetisie wenner

Elba Kruger

VVrroouuee LLaannddbboouu UUnniiee ~~ MMaalliieevveelldd SSttrreeeekk MMppuummaallaannggaa

J u l i e ~ N o v e m b e r 2 0 1 3

Page 2: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

2

BRIEF VAN DIE REDAKSIE 3

HULLETS PRESERVEER KOMPETISIE 3

EILAND SPA WENNERS 3

HANDWERK & PRAKTIESE IDEES 4, 5

MALIEVELD STREEKSVOORSITSTER SKRYF 6, 7

WEES HERGEBRUIK SLIM 7

GARDENING TIPS 8

NUWE DIENSTE VIR HUISHULP 8

VROUEKEURKOMPETISIE 8

WENKE & IDEES 9

ONTMOET NOG ‘N TAKLID VAN FINESSE 10, 11

NUUS VANUIT FLEUR-DE-LIS 11

RESEPTE 12

GESONDHEID 13

OULIKE PROJEKTE 14

VROUWEES 15

WENNERS VAN DIE MOIRS JAAR VAN DIE TERT KOMPETISIE 16

LIEFDE VAN ‘N OUMA 17

ETIKET 18, 19

TAFELDEK 19

LIEFDE IS 19

WAT IS BIOFEEDBACK? 20-22

2014 KERSMARK 22

VAS 23

GESONDE VRIENDSKAP 24

VRIENDSKAP IS SOOS DIE NATUUR 25

DINK & HUMOR 26-27

ANNEBEL - MALIEVELD PROJEK VAN DIE JAAR 28

� � �

Page 3: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

3

BBrriieeff vvaann ddiiee rreeddaakkssiiee DDiiee jjaaaarr ssnneell vveerrbbyy eenn ddiiee wwiinntteerr tteell ssyy ddaaee aaff

bbllaaaarr vviirr bbllaaaarr.. DDiiee mmeennssddoomm iiss bbeessiigg eenn aallmmaall

sskkaarrrreell rroonndd ttuusssseenn ddaaggttaakkee eenn vveerrpplliiggttiinnggee..

TToogg mmooeett oonnss aass VVLLUU vvrriieennddiinnnnee ttyydd iinnrruuiimm

oomm ddaaaarr ttee wweeeess vviirr mmeekkaaaarr,, aannddeerr vvaann nnaaddeerr

ttee lleeeerr kkeenn eenn oomm ‘‘nn nnuuwwee hhaannddvvaaaarrddiigghheeiidd

aaaann ttee lleeeerr ooff ddiiee oouu vveerrggeettee eenn vveerrllaattee

pprroojjeekkttee oopp ttee tteell,, aaff ttee ssttooff eenn mmeett nnuuwwee dduurrff

ttee vvoollttooooii..

DDiiee MMaalliieewwaalleess kkaann hhiieerrmmeeee hheellpp eenn iiss ggeemmiikk

oopp ddiiee VVLLUU lliidd,, ddiiee iinnddiivviidduu eenn nniiee ssooooss ddiiee

CCoommmmuunniiqquuee wwaatt mmeeeessttaall ggeemmiikk iiss oopp ddiiee

ttaakkkkee eenn ddiiee oorrggaanniissaassiiee.. DDuuss ddooeenn eekk ggrraaaagg ‘‘nn

bbeerrooeepp oopp ddiiee sskkaakkeellss oomm aarrttiikkeellss ooff oouulliikkee

bbyyddrraaeess bbyy jjuullllee ttaakklleeddee ttee kkrryy eenn aaaann oonnss ttee

ssttuuuurr vviirr oonnss vvoollggeennddee uuiittggaawwee.. OOnnss iiss bbaaiiee

aaffhhaannkklliikk vvaann eellkkeeeenn ssee bbyyddrraaee eenn wwaaaarrddeeeerr

ddiiee ttyydd wwaatt eellkkeeeenn nneeeemm oomm hhiieerraaaann ddeeeell ttee

nneeeemm..

OOnnss wwiill ggrraaaagg oonnss lleeddee vvaann

nnaabbyy oonnttmmooeett eenn vvrraa ddaatt jjyy

oonnss mmeeeerr vveerrtteell vvaann jjoouusseellff,,

ooff sskkrryyff oooorr eeeenn vvaann jjoouu

mmeeddee VVlluu vvrriieennddiinnnnee ssee ddooeenn

eenn llaattee,, wwaatt hhaaaarr uunniieekk mmaaaakk,,

hhaaaarr bbyyddrraaee ttoott ddiiee

ssaammeelleewwiinngg,, hhaaaarr ttaalleennttee ooff

hhooee ssyy hhaaaarr vvrroouuwweeeess vviieerr,, ssoo kkaann oonnss

mmeekkaaaarr lleeeerr kkeenn eenn nnaammee bbyy ddiiee ggeessiiggttee ppllaaaass

eenn nnoouueerr ssaaaammttrreekk oomm oonnss ‘‘nn kkrraaggttiiggee

oorrggaanniissaassiiee ttee mmaaaakk..

EEllkkee oorrggaanniissaassiiee vveerrgg ssaammeewweerrkkiinngg,,

ssaammeehhoorriigghheeiidd eenn ppaassssiieevvoollllee aakkttiieewwee lleeddee eenn

oonnss vveerrttrroouu ddaatt eellkkeeeenn ssaall hheellpp ddeeuurr ddiiee

ppooggiinnggss oomm ‘‘nn ssttaappppiiee nnaaddeerr aaaann mmeekkaaaarr ttee

ggeeee eenn aaaann ssaall ggrryypp.. NNooggmmaaaallss ddaannkkiiee vviirr

eellkkeeeenn wwaatt ‘‘nn bbyyddrraaee ggeelleewweerr hheett..

MMaalliieevveelldd ggrrooeettee EEuunnaannzzaa

HHuulllleettss PPrreesseerrvveeeerr KKoommppeettiissiiee ::

Daar was wonderlike deelname van die

Malieveld dames aan die Hullets preserveer kompetisie. Hierdie foto van almal se

heerlike tuisgemaakte gebottelde produkte was op die dag van die inhandiging geneem.

Dankie julle flukse Malieveld dames.

EEiillaanndd SSppaa WWeennnneerrss::

Malieveld se wenner vir die Eiland Spa:

Mariana en Hannes Badenhorst

van Polokwane

MALIEVELD STREEKNUUS

Page 4: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

4

HANDWERK & PRAKTIESE IDEES

Page 5: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

5

Page 6: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

6

MALIEVELD STREEKSVOORSITSTER

MMaarriieettttee JJoouubbeerrtt sskkrryyff........VVaann kklleeiinnss aaff ttoott bbyy VVrroouuee LLaannddbboouu UUnniiee…….. Van kleins af was dit vir my heerlik om iets kreatief met my hande te kon doen – my geliefde tannie Rina het my op 5-jarige ouderdom leer hekel (weliswaar net een lang ketting!) en my bekendgestel aan die wonderwêreld van borduurwerk. Sy het vir my en my sussie die oulikste voorskote borduur met lang- en kortsteekprentjies – ek onthou spesifiek daar was worshondjies op een. My eerste borduurwerkie was ‘n tapisserie van Hompie Kedompie, ek het dit as ‘n Kersgeskenk ontvang en het nie eintlik aandag gegee aan my ander geskenke nie – kon nie wag om dit klaar te maak nie. Ek was ook altyd lief om krale te ryg en was woedend as my kleinsus dit ook wou doen, want sy het my krale die wêreld vol gestrooi. My ouma was ‘n naaldwerkster van formaat, maar daai talent het ek nie gekry nie. Sy het eenmaal, ek was seker so vier, vir my kolle op Crimpelene uitgeknip wat ek met die hand moes vasryg op ‘n ander lappie. Toe ryg ek dit sommer nog aan my rok ook vas, dis seker hoekom ek nou nog nie daarvan hou om iets los te torring nie! Buiten lees, het brei en hekel en borduurwerk vir my heerlike ontspanning geword en het ek ook vir my ouboet en nuwe skoonsus ‘n tafellap gehekel as trougeskenk, ek was toe dertien! Ek dink hierdie was ook my ouma se invloed, sy was nêrens sonder ten minste hekelgaring in haar sak nie. Selfs tydens vakansies by die see, kon ek my hande so besig hou in die aande.

Toe gebeur hoërskool en was ek daar so besig met sport en buitemuurse-aktiwiteite dat my handwerk min aandag gekry het. Maar daar was tog altyd ‘n projekkie waarmee ek ledige tydjies om gekry het. Na my huwelik met Kobus, moes ek eers ‘n administratiewe-stelsel op die plaas aan die gang kry. Daar was letterlik net ‘n klomp state en fakture in ‘n laai, sommige nog nie eers uit hul koeverte gehaal nie, wat net so aan die boekhouer van destyds gegee is aan die einde van die jaar. Dit het my oneindig gegrief en het ek al my aandag daaraan gegee, en is dit iets waarop ek baie trots is. As ek die Laevelder gelees het met VLU-berigte daarin (die Loeries was toe al baie goed daarmee), het ek begin wens dat ek aan die oulike organisasie kon deel hê. Maar my skoonpa sou dit nooit duld dat ek die familiebesigheid so in die steek laat deur vir “onbenullighede” weg

Page 7: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

7

te wees van die kantoor nie. Toe gebeur 2002 en ek en Skoonpa het so ‘n hewige argument dat ek toe eintlik afgedank word – dit het op ‘n goeie tyd gebeur, want Cara was toe reeds in die skool en moes ek in elk geval elke dag ry om haar weg te bring en te gaan haal – al was dit op daardie stadium nog net busstop toe by Barvale. Vroeg in 2004 ontvang ek ‘n oproep van Hester Schoeman wat my nooi vir die stigting van ‘n VLU-tak in Schoemanskloof! Edentak is toe gebore, en ek was reeds van dag een af op die bestuur – as tesouriere, wat anders? In 2005 is Hester terug Loeries toe en word ek die voorsitster. Dieselfde jaar word ek verkies as tesouriere vir Malieveldstreek – die amp wat ek gevul het tot ek streekvoorsitster geword het. En die res van die storie ken die meeste van julle… Die Vroue Landbou Unie is vir my ‘n wonderlike plek om te wees, ek verlang my elke maand morsdood na die heerlike samesyn saam met vroue en vriendinne wat omgee vir die dinge wat my ook na aan die hart lê. Ek bid dat dit elke lid se ideaal is dat hierdie unieke organisasie van ons tot groot krag in ons land sal groei, want deur die eeue heen is dit telkens bewys dat dit vroue is wat die wêreldwiel aan die rol hou! Maar ons sal moet hard werk om dit te kan doen.

� � �

WEES HERGEBRUIK-SLIM

Elba wys hoe sy haar spieëltafel se stoeltjie

oorgetrek het met die ‘grazy-patch’ brei

metode. Baie oulike idee.

Moeg vir jou gehekelde lappies, maar sentiment of ure se hekel-sweet weerhou jou om daarvan ontslae te raak: Kikker dit op deur enige borduursteke daarop te doen en

so gee jy dit nuwe lewe en ‘n “hip” voorkoms.

Page 8: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

8

GARDENING

TIPS

NUWE DIENSTE

NNuuwwee ddiieennssttee eenn hhuullpp rraakkeennddee jjoouu hhuuiisshhuullpp::

Ek het vanmiddag op 'n wonderlike webwerf afgekom wat ek ook toe sommer begin gebruik het. Dit is vir ons wat huis hulpe het en graag binne die wet wil bly. Jy kan op jou naam tot 5 werkers registreer. Daar is 'n kontrak wat jy kan uitdruk, verlof word ingevul, betaalstrokie word uitgedruk en selfs 'n pligstaat is deel van die webwerf en soveel meer. Die webmeester registreer jou by UIF en alles word in die wet hanteer. Wanneer jy dissiplinêre stappe moet neem is daar tot 'n keuse vir dit. Die waarskuwing kan dan uitgedruk word en jy kan dit op leer hou. Werk uit op R 59.16 per maand. Dit sluit dan van 1 tot 5 werkers in. Dit is werklik die moeite werd. Gaan kyk gerus na http://www.domesticsa.co.za. julle sal nie spyt wees nie. Kan jou dalk net baie sonde en ergernis in die toekoms spaar.

EKSTERNE KOMPETISIES

VVrroouueekkeeuurr:: BBrreeii ooff hheekkeell ...... eenn WWEENN!! Brei en hekel jy vir ’n vale? Nou is jou kans om die penne nader te trek

...kan jy gróót geld wen! Skryf vir ons opwindende Vrouekeur & Elle-kompetisie in en jy het ’n kans om

groot pryse te wen. Vyf wenners gaan deur ’n paneel beoordelaars gekies word en sal R10 000 elk plus

’n Vrouekeurgeskenkpak wen! Gaan besoek gerus hulle webwerf: http://www.vrouekeur.co.za en kyk

onder WEN.

BBeerrnniinnaa KKrreeaattiieewwee AApppplliieekk SSttrrooooiikkuussssiinnggkkoommppeettiissiiee Inskrywingsvorm by http://vlumalieveld.weebly.com/geborgde-kompetisies.html of Vir meer inligting kontak Moira Snyman by (011) 726 1800, of skryf aan: [email protected]

Page 9: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

9

A PICTURE PAINTS A THOUSAND WORDS….

Rina Potgieter

WENKE

• As jy vergeet om ‘n verfkwas skoon te maak, week dit vir ‘n halfuur in asyn en was dan met seep en water.

• Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n stukkie klam brood.

• Verhit sitrusvrugte 30-90 sekondes lank in mikro op medium, dit sal makliker uitdruk en meer sap lewer.

• Plaas gedroogte lemoenskille in laaie en kaste om motte uit te hou.

• Strooi boraks in vullisblikke om onaangename reuke te verwyder.

MMaaaakk iieettss vviirr ddiiee kklleeiinnssppaann

Page 10: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

10

ONTMOET ONS LEDE

OOnnttmmooeett nnoogg ‘‘nn ttaakklliidd vvaann FFiinneessssee ~~ DDiiaannaa FFeerrrreeiirraa ((nneeéé PPyycckkee))

Gebore in Groblersdal op 21 November 1961

Laerskool: Julian Muller (Groblersdal)

Hoërskool: Middelburg Hoërskool

Universiteit: Tuks

Getroud: 1983 met Johan (Hoërskool-adjunkhoof), haar beste vriend en sielsgenoot

Kinders: Stephan en Suné & Kleinkinders: 1 kleindogter

Troeteldiere: ‘n Pekinese & ‘n Jack Russell en ‘n mak duif wat in haar kombuis kom eet

Diana het verlede jaar in Julie tydens ons Internasionale dag haar eerste takvergadering bygewoon by

Finesse. Sy en haar man het in Desember 2011 Nelspruit toe verhuis nadat hul jare lank in Middelburg

gewoon het.

As ‘n jong meisie met vele talente het Diana medies geswot maar die bloed en grillerige goed het haar

in haar vierde net nie meer aangestaan nie en sy het toe ‘n totale ommeswaai gemaak na ‘n B.Com-

kursus waarna sy vir 18 jaar rekenmeester was by o.a ABSA bank en in die familiebesigheid saam met

haar pa.

Diana se natuurlike passie en omgee vir mense het so tussen die boontjietellery weer sy kop uitgesteek

en sy het in haar dertigers weer die drade opgetel deur verskeie kursusse te doen, onder meer

Refleksologie, Aromaterapie asook Sielkunde en Berading. Dit is egter slegs na haar eie ervaring met

geweldige hoë bloeddruk en handevol medikasie wat nie wou help nie, dat sy by ‘n Scio Biologiese

Terugvoer (Biofeedback) konsultant in Johannesburg gaan aanklop het vir hulp en merkwaardige

resultate daarmee ervaar het.

2004 het ‘n omwenteling in haar lewe teweeggebring toe Diana se pa die familiebesigheid na

Mosambiek toe skuif. Alhoewel daar ‘n geleentheid vir hulle was om ‘n verdere rol in die groeiende

besigheid te speel, het Johan en Diana besluit om in Middelburg aan te bly waar Diana haar droom

verwesenlik het om haar eie Scio Biologies Terugvoerpraktyk oop te maak.

Diana is ‘n praktiese, doelgerigte persoon en haar eie agtergrondskennis en lewenservaringe het haar

toegerus om met deernis en empatie haar medemens te help om optimale gesondheid op alle terreine

te bereik. Sy glo “ons almal op hierdie aarde het iets om te leer en my grootste doel is om te leer wat

ek moet leer.” Te oordeel aan al die boeke en tydskrifte oor die mens: sy liggaam, siel en gees wat jy in

haar kantoor sien, is Diana nog steeds besig om te leer en ook om haar kennis met andere te deel.

Tussendeur geniet sy dit om tuin te maak (verlang net na ‘n groter tuin!) en ‘n mens sien hier en daar

in haar huis handwerk en kunsvlytartikels wat sy self gemaak het.

Page 11: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

11

Sy glo sy is bevoorreg en geseënd om met ‘n man soos Johan getroud te wees en hierdie jaar is baie

spesiaal vir haar want hul dogter trou in Oktober en uit die aard van die saak word alles net perfek en

met liefde beplan..... Haar gunstelinge: akteur - Al Pacino; aktrise – Meryl Streep; kleur – ligpers; gereg

– pasta; blom – lelie; musiek – wyd en uiteenlopend van Beethoven tot Steve Hofmeyer (tog net nie

heavy metal nie).

Dít is Diana Ferreira: a women, wife, mother, grandmother, friend and healer par excellence.

� � �

NUUS VANUIT FLEUR-DE-LIS

Dit is met groot hartseer dat Fleur-de-Lis van Janete Algera afskeid neem. Janete wil meer tyd saam met haar familie deur bring. "Ek het baie by VLU geleer, en dit was vir my lekker om deel te kon wees van VLU. Mag Fleur-de-Lis tak van krag tot krag gaan" Janete Algera, Emma Botha en Rina Venter was deel van die

stigtings van VLU in 1980. Die tak was Staatmakers genoem en Elba

Kruger het dit toe later na Fleur-de-Lis verander.

� � �

NUUS VANUIT FLEUR-DE-LIS

Op 11 April 2013 het Witrivier VLU hulle maand vergadering gehou by Timbali, waar die boere hul

blomme onder AmaBlom bemark op die Friedenheim plaas net buite Nelspruit. Dit was ongelooflik

interessant om meer te kon leer oor hoe Timbali jong boere bemagtig sodat hulle internasionaal

kompeterend is en 'n bydrae lewer in die ekonomie. Timbali is gerig om kleinskaalse kwekers die

geleentheid te gee om vir hulself ‘n deurlopende inkomste te skep met behulp van publieke en privaat

befondsing. AmaBlom is een van die afdelings van Timbali wat 'n Nie-Vir-Profyt-Maatskappy is.

Blomme word op grootskaal gekweek en reg oor die wêreld versprei. AmaBlom lewer pragtige blomme

van ‘n baie goeie gehalte oral in Suid Afrika.

Die dames van die VLU Querida Tak Witrivier het die

gasvryheid van Mev. Susann van Heerden baie geniet. Ons

kan sien waarom Timbali so ‘n groot sukses is en van krag

tot krag gaan.

0p die foto 0p die foto 0p die foto 0p die foto regs regs regs regs is: is: is: is: Elena Martens, Elise Eybers, Heidi Morse, Nanette

Cox, Elly Pienaar, Toy van Niekerk, Santa Kruger, Hettie Oosthuizen,

Perto van Rooyen, Yolanda Bargiacchi en Susan van Heerden

� � �

Page 12: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

12

RECIPES

SSttuuffffeedd IIttaalliiaann BBrreeaadd 1 Italian loaf 1 stick butter, melted 1/8 cup olive oil 3 tsp minced onion 2-3 cloves garlic, grated 1 tbsp dijon mustard 1 tbsp poppy seeds 3 tsp chopped parsley (add more if you

wish) 1 ½ cup grated cheese Preheat the oven to 180 degree C

• Mix the melted butter, olive oil, onion, garlic, dijon mustard, poppy seeds and parsley in a bowl.

• Cut the bread into cubes with X slices without cutting all the way through the bottom crust.

• Pour the butter-onion garlic mixture carefully into those X cracks using a small spoon and over the top of the bread. Fill those delicious cracks with the grated cheese. (It seems like a lot of work and trouble but it's all worth it. Yes.)

• Wrap the entire loaf with foil, sealing the sides properly and bake for 15-20 minutes. Remove from the oven and unwrap. Bake for another 10 minutes until the cheese is melted and gooey.

BBrrooccccoollii SSoouutttteerrtt 300 g broccoli – goed gewas en in blommetjies gesny 2 uie fyn gekap 5 ml knoffel 250 g ‘russians’ of spek 3 eiers 1 blik Ideal melk 25 ml vars pietersielie 5 ml witpeper 2 ml neut 2 paprika 250 ml gerasperde cheddar kaas

• Verhit oond tot 180°C.

• Kook broccoli bietjie in soutwater en dreineer of stoom gaar.

• Braai uie, knoffel en worsies of gesnipperde spek.

• Klits eiers en ideal melk saam en meng alles behalwe helfte van die kaas.

• Gooi orige kaas bo-oor. Bak 30 minute tot bruin en gestol.

Page 13: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

13

GESONDHEID

MMyy vvrriieennddiinn kkoomm kkuuiieerr........ Dis ‘n koel wintersoggend en ek lê rustig op die houtdek, met lyf effe oorgewig, so half met my agterstewe in die sonnetjie, want ag my ou velletjie brand tog so erg sonvlekkies en dit jeuk gedurig, en van daardie taai aptekerssalf hou ek net niks, oe! Die reuk.! My verjaarsdag is volgende week en ek nooi graag elke jaar my vriendinnetjie vir eetgoedjies oor, maar ons albei het gesondheidsprobleme, sy’s fyngebou en punteneurig wat sy eet, O! Tog nie te soet nie en as dit soutigheid is dan geheel en al laevet-vleisigheid en verkieslik tuisgemaak. As sy soms oorslaap oor naweke, is dit letterlik ‘n karvragvol van die spesiale kos, die soort beskuitjies met allerhande vormpies en ‘n koelhouer vol meters en botteltjies, elke dag moet sy medisyne kry. Met die dat ek so effe neig tot oorgewig, verkies ek my eie bed en hou van my privaatheid en so aan, want anders as sy, is ek maar traag om rond te rits en dan spuit hul my in en toets als en voer pilletjies, netnou sien ek weer kans om in die tuin te gaan rondloer.

Maar orals daarbuite is nog ander mense wat nie weet dat hul ook my siekte het nie, want, ek en Bulla en my vriendinnetjie Sophia het Honde Diabetes en my mamma toets en spuit ons met insulien, want min mense weet dat ons ook diabetes kry. Dis juis waarom ek en Sophia so groot geleentheid van my 14de verjaarsdag maak. Maak asseblief seker dat jou Bulla nie ook ons siekte het nie! Vra jy nog wat ons doen op my verjaarsdag? Ons begrawe mekaar se koekies en snuffel dit uit en mamma gee ons baie vars water in so mooi blink bak, dat as jy drink kan jy darem sien hoe jou gesiggie glinster van pret. Honde diabetes is nie algemeen bekend aan die mens nie, so maak seker dat jou Bulla en Sophia getoets word as hul aanhoudend moeg en tam lyk. Ns: Skryf gou my mamma se hondekoekies wat sy vir my bak af. Ek mag net elke aand enetjie kry voor slaaptyd. Liefde Woef-Woef Bulla

� � �

BBuullllaa ssee kkooeekkiieess ½ kop Water 2 ½ kop Nutty wheat 1 tl Suiker ½ kop Poeiermelk 6 eetl Vet 1 Eier, geklits ½ tl Knoffel Metode: Meng al die bestanddele saam, vorm koekies en bak 180°C vir 25 – 30 min

Page 14: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

14

OULIKE PROJEKTE

MMyy 55--jjaaaarr--jjeeuukk So eenmaal elke vyf jaar kry ek ‘n vreeslike jollie-jeuk. Dit is nou nie om van my man te skei nie (dáái jeuk verskyn gewoonlik elke vyf maande!). Nee, díe jeuk is om tuin te maak. Dit is iets

waarmee ek nie juis baie goed is nie en ek vaar gewoonlik baie beter daarin om goed te snoei en uit te roei as om dit aan die groei te kry. Hierdie jaar het ek egter besluit om die ‘gesondheids-roete’ te volg: ek gaan kruie plant. My kruie het natuurlik ‘n baie spesiale plek nodig, dus word ‘n ander bedding vervaard uitgeroei en omgedolwe en GROOT beplanning word gedoen. Ná vele nagte se navorsing op die internet en in al my vorige vyf-jaar-jollie-jeuk-boeke, besluit ek dus op trapklippe om die plantjies van mekaar te skei en die toeganklikheid makliker te maak. Nadat ek by sewe plekke aangeklop het vir pryse van trapklippe kom ek tot die slotsom dat daar nie ‘n manier is wat ek dit kan bekostig nie – ek het omtrent vyftig nodig. Gits, ek is mos nie verniet ‘n VLU-vrou nie (én boonop ‘n oud-Voortrekker) en besluit daar en dan om my eie te maak. Dan kan ek dit mos versier met afdrukke van die kruie en allerhande interessante dinge. My dierbare wederhelfte het my gehelp om twee rame van hout te maak waarin ons agt klippe op ‘n slag kan maak. So, nou word daar elke naweek gemeng en gemors en ek bewonder kort-kort my handewerk. Verlede Saterdag kom kuier ‘n vriendin by my en sy raak so begeesterd dat sy sommer die versiering van die pas gegote klippe by my oorneem. Met haar tuiskoms en verslaggewing aan haar twee tienerdogters is hul so boos oor die pret waaraan hul uitgemis het, dat ons toe daar en dan ‘n ‘trapklip-versierings-partytjie’ vir hulle, plus twee maats moes reëlvir die volgende stel. Dit vind nou volgende Saterdag plaas. Intussen het ek gedink: dis mos ‘n wonderlike manier om iets blywend van jou vriende en familie te bewaar, om nie te praat van ‘vele hande ligte werk nie.’ So…. as jy lus het om jou merk in die lewe te maak, kom kuier by my en doen sommer jou goeie daad vir die dag ook.

� � �

Page 15: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

15

VROUWEES

KKaaaallvvooeett MMeeiissiieekkiinndd…… Soms wonder mens waar het dit verkeerd geloop … Ek het haar op 'n dag gesoek Skielik besef sy's weg. Maar hoe en waar en wanneer ? Ek het dan belowe ek sal haar nooit vergeet ... Nooit teleurstel ... Ek't haar belowe ek sal No Matter what ... Haar altyd onthou ... Maar " Life Happens " En mens raak besig ... Met jou lewe ... Met jou man ... Met jou kids ... Jou werk ... en dan op 'n dag Besef jy sy's weg … Hoe het dit dan gebeur ? Dan kom ons hemelse Dad en hy vat jou ... Hy wys jou waar sy is ... My kind kyk in die spieël ... Kyk mooi … Sy is daar ... Jy moet net soek ... Sy is nogsteeds daar binne jou ...Jou VROUWEES ... Meisiekind van God Ons is so besig om van die lewe 'n tuiste te wil maak en om die kids groot te maak en om Supervrou te probeer wees … Dat ons vergeet het om "VROU" te wees ... wat God besluit het ons moet wees ... Die sieraad van Sy skepping ... As jy as vrou voel jy is nie meer so mooi /sexy of vroulik soos altyd nie ... As jy dink jou man sien jou nie meer raak nie ... Daar is hoop ... Jy kan weer die Girl wees Waarop jou man verlief geraak het ... Jou man sal weer drome droom oor jou ... Jy sal sy Darling en weer Koningin van sy lewe wees ... As jy single is : Girla maak jou gereed want God is nou besig om die mooiste liefdes storie Vir jou te skryf ... En hoe weet ek al die dinge ... Want ek het die pad geloop ... En op 'n dag het God my gevat, omgedop en weer myself My beste vriendin gemaak ... Wat vol komplimente is en nie net vol selfafbreking en selfkastydings nie ... Ek is weer na al die jare myself ... Die vrou wie God besluit het ek moet en gaan wees ... Ek is God se kaalvoet meisiekind ...

� � �

Page 16: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

16

WWeennnneerrss vvaann ddiiee 22001133 MMooiirr’’ss JJaaaarr VVaann DDiiee TTeerrtt kkoommppeettiissiiee

Drie van die 16 wenners kom uit VLU Mpumalanga: Henrietta Schoeman (Kosmos), Elba Kruger (Malieveld) (sien voorblad foto) Linda Nhlabathi (Tambuki).

Page 17: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

17

FAMILIE IS KOSBAAR

DDiiee LLiieeffddee vvaann ‘‘nn OOuummaa........!!

Dit is ouma Andria Hattingh se verjaarsdag en moedersdag op 12 Mei 2013. Soos dit die gebruik is wanneer jy verjaar by Spar kry jy 'n verjaarsdag tert in Nelspruit. Anri, Andria se dogter sê in Johannesburg kry jy ook by Pick en Pay met jou ‘smart shopper’ kaart 'n koek. So besluit ons om te gaan koek kry vir hierdie dubbele geleentheid. By Spar het ons 'n heerlike Kondensmelk tert gekry en van die personeel het ook dan gesing. Anjonette (4 jaar) ouma se kleinkind het oral saam met haar "pienk ouma " gegaan. By Pick en Pay het ons gaan koop en by die til is die kaart deurgetrek maar niks gebeur nie. Anri vra die kassiere hoekom gee hul nie vir Andria 'n koek nie, want dit is haar verjaarsdag. Nee sê die dame dit is nie so nie. Anri gaan na die vloer bestuurder toe om te gaan uit vind wat aan gaan. Hy neem toe die kaart en skakel die hulplyn, daar kom hul agter dat jy vir die sms en email moet afmerk. Terwyl hy op die foon besig is agter die deur staan daar toe die Barny, waarmee Andria en Anjonette speel in die kantoor, terwyl ma Anri sê hul moet stop, speel die twee te lekker en die lag ook te lekker, met Barny. Nie te min sê die bestuurder hy sal nogtans iets gee. Hy gaan haal toe 'n room-skon wat in 'n boks verpak is en roep vir Anjonette nader, sê vir haar "hierdie is vir jou omdat ouma verjaar en jy kan dit saam met ouma gaan eet". Baie bly neem Anjonette dit. Hy roep toe vir Andria en sê hier is ook ietsie vir haar, hy neem toe die grote Barny en gee dit as verjaarsdag geskenk. Toe Anjonette dit sien gee sy dadelik die room-skon vir haar ma en hol na ouma Andria toe en sê "Ouma is hierdie ons verjaarsdag persent", vat met opgewonde die Barny aan die hand om vir ma Anri te wys.

So stap ons uit na die voertuig parkering, Anjonette wat alleen vir Barny dra, wat net so groot soos sy is, al sukkelende na die voertuig, kan nie ophou praat van die grote Barny nie. By die voertuig se Anjonette vir pappa en oupa, kyk ouma en my verjaarsdag present. Die hele pad huis toe is dit net Barny voor en Barny agter. Toe ouma nou Barny wil vat sal Anjonette sê dit is dan haar Barny en sê dankie ouma dat jy verjaar en ek die Barny kan kry vir 'n present. So is Anjonette terug Johannesburg toe met Barny en ouma Andria het darm die foto van haar Barny en Anjonette om aan hierdie lekker verjaarsdag terug te dink. Wat 'n ouma nie alles vir haar kleinkinders sal doen nie. Dit is die liefde van 'n ouma....

� � �

Page 18: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

18

ETIKET

HHooee eeeett jjyy......??

“Daar is geen beter aanduiding van ’n beskaafde mens as die manier

waarop hy eet nie.' Hy kan daarmee wegkom deur goed geklee te

wees ... maar as hy nie die ware Jakob is nie, sal sy tafelmaniere hom verraai” So skryf Agogos in 1834.

Vandag is daar twee soorte mense: dié wat glo dat tafelmaniere en ander voorskrifte bog is, en dié wat

weet dat bogenoemde stelling ná byna 200 jaar steeds die waarheid is.

Etiket (die woord is afgelei van die Franse woord wat letterlik "sleutel" beteken) is 'n sosiale stelsel of

struktuur wat bestaan uit reekse en reekse reëls, kulturele verskille, aanbevelings en riglyne wat eeue

lank al ontwikkel en van geslag tot geslag oorgedra word. Hierdie reëls volg mekaar soos skakels in 'n

ketting en hou almal verband. Alhoewel die moderne gemeenskap dikwels giggel oor die idee van

etiket of 'n formele gedragskode, bly dit 'n noodsaaklike sisteem vir professionele sukses,

internasionale onderhandelinge, vreedsame kommunikasie en respek vir ander.

'n Beroemde kosfilosoof herinner 'n mens daaraan dat 'n ete eintlik 'n wrede en gewelddadige proses

is: Die maaltyd word eers vermoor, vermorsel en verbrand, en dan vergader die hongeriges met messe

en tande - 'n barbaarse situasie. Van die vroegste tye is reëls ingespan om die vrede te bewaar. Lepels

en vurke het op die tafel verskyn om die gebruik van messe te verminder. In die Ooste verskyn daar

vandag nog geen mes op 'n tafel nie; daar word met stokkies geëet. Gelykheid is ook aangemoedig. Die

gebruiklike kerf van 'n karkas wat gelei het tot beter en swakker dele, asook ongelyke porsies, is beperk

met die voorsit van sop, pastei of frikkadelle, sodat almal dieselfde mag geniet. ('n Hopelose poging as

'n mens onthou dat die sosiale hiërargie van "wie sit waar" in dieselfde tye 'n hoogtepunt bereik het.)

Eetgewoontes het stadig en met moeite deur die eeue verander. Die mens was duidelik nie lus vir

verfyning nie. In 1530 skryf Erasmus dat braking niks is om oor skaam te wees nie, maar dit moet

verkieslik weg van die tafel gedoen word. Spoeg is ook beter op die vloer. Verskille tussen kulture,

kontinente en klasse het al hoe duideliker begin word in die eetkamer. In die 19de eeu was 'n Franse

skrywer geskok deur die Britse gewoonte om sekere toiletgeriewe in die eetkamer te hou, ook sonder

enige afskorting, want dit sou die vloei van 'n gesprek belemmer!

In verskeie lande is gesprekke aan tafel vandag nog onaanvaarbaar; op ander plekke word moeite

gedoen om gaste aan die gesels te kry. In die Weste word 'n bord of bak nooit opgelig nie; in die Ooste

word die bak na die mond gebring om die gasheer te komplimenteer.

Dit bly fassinerend om te sien hoe etiket, of die beoefening van uiters goeie maniere, dit wat eintlik

mense nader aan mekaar moet bring, dikwels juis die mure of grense tussen mense versterk.

Oorspronklik is daar met die hand uit 'n groot gemeenskaplike bak of skottel geëet. Uiteindelik het

elkeen met sy eie lepel of bak kom aansit. Deesdae word daar 'n individuele plek vir elke gas gedek,

met genoeg apparate, houers en oppervlakke sodat hy byna nooit vir iets hoef te vra nie.

Page 19: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

19

Die rykes en draers van blou bloed gebruik al eeue lank die eetkamer en sy ingewikkelde wette om

hulself van die werkersklas te onderskei. Ek glo nog altyd aan logika, die keuse tussen goed of kwaad,

persoonlike ondervinding en 'n instinktiewe skatting van 'n situasie. Eerder as swoeg met 'n wetboek,

moet elke persoon sy eie beste aan familie of gaste bied. Maar ek glo ook aan kennis, die groter

prentjie, die verstaan van herkoms. Dit bly 'n ongelooflike voorreg om te weet dat jy elke dag, met die

mees algemene aktiwiteit, deel is van 'n geskiedenis en moontlik skryf aan 'n toekoms. Die lig van 'n

glas, die vou van 'n servet, die kantel van 'n lepel, elke ding vertel 'n lang, lang storie.

Dit bly iets om oor te dink; om jouself in te verlustig.

� � �

WWiill jjyy ttaaffeellddeekk......??

Moenie angsaanvalle kry of in bloedsweet uittap as

jy formele tafel moet dek nie. Dis eintlik heel

maklik.. Wanneer jy by 'n funksie kom en die hele

tafel is vol messe en vurke en glase en jy weet nie

waar om te begin nie is hier 'n maklike diagram om

jou te help.

Messe en vurke word altyd van die buitekant na die

binnekant (in die rigting van die bord) gebruik. Die belangrikste reël is om te onthou dat jou

kleinbordjie aan jou linkerkant is. Gebruik tog asb. die regte een, anders gaan die gas langs jou kyk hoe

jy hulle sopbroodjie hap. Onthou dat wanneer jy klaar geëet is, jy die mes en vurk langs mekaar neersit

in die bord. Dit sal 'n teken vir die kelner wees dat jy klaar is en dat hy die bord kan wegneem.

LLiieeffddee iiss...... Liefde is nie wat jy kan kry nie, maar wat jy kan gee.

Liefde is nie wat ander vir jou kan doen nie, maar wat jy vir ander kan doen.

Liefde is ‘n glimlag, nie ‘n frons nie.

Liefde is ‘n drukkie, nie ‘n klap in die gesig nie.

Liefde is omgee, nie misbruik nie.

Liefde is om die sambreel vir iemand in die storm te wees en die reënboog na die storm.

Liefde is om iemand se trane af te vee, nie dit te veroorsaak nie.

Liefde is om boek te hou van goeie tye, nie die slegte tye nie.

Liefde vergewe nog voor iemand jou seer gemaak het.

Liefde maak van jou ‘n ligtoring wat ander die rigting wys in die donker.

Liefde maak van jou ‘n boom wat koelte gee vir die wat rus nodig het.

Liefde word nie gespreek nie, maar gewys.

Liefde kan genees, vertroos, versterk al het jy niks om iemand te bied nie, maar jy het liefde wat geld

nie kan koop nie

Page 20: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

20

GESONDHEID

WWaatt iiss BBiiooffeeeeddbbaacckk......?? Het jy al ooit oorweeg om ‘n alternatiewe roete na genesing te probeer wanneer jy moeg, moedeloos en raadop is met hoe jy elke dag voel? Wanneer talle doktersbesoeke, medikasie en bloedtoetse jou net nie beter laat voel nie..... Tog wonder ‘n mens of alternatiewe geneeskunde regtig werk en of die tradisionele Westerse geneesmiddels nie maar veiliger is nie? In vandag se tyd is daar boonop so ‘n magdom alternatiewe paaie na genesing beskikbaar. Alternatiewe geneeskunde word dikwels met skeptisisme bejeën. Die beswaar wat dikwels geopper word is, dat dit onwetenskaplik is. Volgens Dr Dawie van Velden, ‘n huisarts en dosent wat jare ondervinding in die mediese wetenskap het, het Westerse geneeskunde geweldige sukses behaal in die behandeling van akute mediese toestande. “Dit red lewens deur middel van veilige narkose, steriele teaters, suksesvolle operasies, doeltreffende antibiotika, ensovoorts. Dit is egter nie so suksesvol met die behandeling van chroniese en degeneratiewe siektes soos kanker, osteoporose, osteoartritis, kardiovaskulêre siektes, allergieë en sekere outo-immuun siektes nie”. Volgens alternatiewe geneeskunde, het die liggaam ‘n inherente natuurlike vermoë tot genesing. Daarom word daar nie net gefokus op simptome nie, maar hoofsaaklik op die oorsaak van simptome. Die benadering is dus meer holisties en word daar op die liggaam en die gees gefokus. Baie mense is al ontnugter met tradisionele geneeskunde, veral weens die langtermyn newe-effekte van veral medikasie en daarom is dit nou die tyd dat ons alternatiewe geneeskunde by tradisionele Westerse geneeskunde inkorporeer, ten einde siektetoestande optimaal te kan aanspreek. VIR DIE WÊRELD GESONDHEIDSORGANISASIE BETEKEN ‘OM GESOND TE WEES’ DIE VOLGENDE:

• Om vry wees van enige siekte of aandoening- nie net simptoomvry nie, want baie siektes is lankal reeds teenwoordig sonder dat ons weet

• Om vry te wees van stres, depressie of enige geestes siekte

• Om in staat wees om effektiewe en optimale werk te kan lewer

• Om 100% te kan konsentreer en fokus op die spesifieke dinge waarmee ons tans besig is

• Om ons gewig binne optimale perke te kan handhaaf

• Om voldoende goeie kwaliteit slaap te kan geniet

• Om optimale metaboliese aktiwiteite soos gesonde asemhaling en goeie spysvertering te hê

• Om goed te voel oor onsself en gesonde verhoudinge te kan handhaaf

• Om ons gevoelens en emosies vrylik en openlik te kan uitdruk

• Om gelukkig te wees

Daar is seker ‘n pil wat ten minste 75% van al hierdie dinge kan aanspreek, maar teen watter koste op ons liggame op die lang duur? Dit is hier waar BIOFEEDBACK / SCIO BEHANDELING ‘n rol het om te speel. As gesondheidskonsultant maak ek, as hulpmiddel in my praktyk, gebruik van die SCIO- masjien. SCIO –

Page 21: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

21

is ‘n klein woordjie wat die afkorting is vir: scientific consciousness interface operations system. Die SCIO is ‘n elektro-fisiologiese masjien – m.a.w. ‘n sensitiewe, gesofistikeerde elektroniese masjien, wat frekwensie inligting verkry van die liggaam(d.m.v. elektrodes in die kopband en arm en been bande), en dit dan met ‘n biologiese-terugvoer rekenaar sagteware te verwerk, tot ‘n akkurate en presiese aanduiding van die liggaam se stres areas. Hierdie verwerking geskied volgens die beginsel dat alle materie (hetsy weefsel, orgaan, mineraal, samestelling of enige substans) vibreer teen sy eie spesifieke en unieke frekwensie a.g.v. elektriese ladings van die deeltjies op atomiese vlak. Verskillende selle, weefsels en organe, siek of gesond, het almal verskillende elektriese frekwensiepatrone en uitstralings. Siekte begin dus as ‘n frekwensie of energie versteuring en gee dan aanleiding tot spesifieke stres frekwensiepatrone wat meetbaar is. M a w die SCIO sien die veranderings wat gaan lei tot siekte selfs nog voordat fisiese simptome voorkom. Nadat die versteurings geïdentifiseer is, doen die SCIO energie-herstel-behandelings. Die versteuring word opgehef en gelyktydig kry die liggaam kans om weer sy eie genesingsproses te aktiveer. Deur aan die liggaam die regte gesonde frekwensiepatrone te verskaf, word die herstelproses geaktiveer en die inherente vermoë om gesond te wees, weer gestimuleer. Deur die toedien van omgekeerde frekwensiepatrone, word patogene en siekte-patrone uitgekanselleer, wat hulle versteuringseffek verminder en die liggaam weereens kans gee om te herstel. Die SCIO help nie net met gesondmaak nie, maar werk ook voorkomend, omdat ‘n siekte-tendens geneutraliseer kan word, nog voordat dit fisiese simptome veroorsaak. Die SCIO word gebruik vir die analisering van:

- Tekorte

- Voedsel-sensitiwiteite en allergieë

- Toksisiteite

- Die liggaam in die algemeen asook die spesifieke organe, spiere, kliere, en sisteme

- Hormone

- Brein golf patrone

- Emosionele blokkasies en stres

- Hidrasie, suurstofinhoud en pH

- Bakterieë, virusse, swamme, parasiete Dit kan veilig gelyktydig met die inneem van ons dokter medikasie gebruik word, want navorsing het aangetoon dat selle ‘n honderd keer meer gevoelig is vir elektriese as chemiese stimulasie. ‘n 1ste SCIO sessie neem so ongeveer 2 ure en verloop so: Jou algemene inligting word verkry en ingevoer in die rekenaar. Jy word gekoppel aan die masjien dmv die kop en polsgewrig en enkelbande. Die liggaam word eers elektries gekalibreer en dan volg ‘n toets van 5 minute, om die frekwensies van die liggaam te bepaal. Die inligting word dan geselekteer en deur die SCIO in orde van hoogste reaksie geplaas. Gedurende die sessie word die stressors geanaliseer, gebalanseer en aangespreek en aanbevelings word gedoen. ‘n Volledige verslag word aan jou gegee en ‘n datum vir ‘n opvolgsessie word bevestig. ‘n Opvolgsessie is ‘n uur lank. Die liggaam word weer getoets en die resultate word vergelyk met die vorige toets en dan word daar weer aan die hoogste stressors aandag gegee. Dit is nie ‘n kitsoplossing vir enige gesondheidsprobleem nie. As jy jou siekte gebruik as ‘n kruk of as jy aanhou om die onderliggende emosionele kwessies te ignoreer, sal jy nie gesond kan word nie. Siekte kan jou belangrikste leermeester wees. Dit kan jou help om ongesonde patrone te verbreek wat nie tot voordeel van jou liggaam is nie.

Page 22: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

22

SIEKTE VERTEL JOU WAAR JY UIT VOELING IS MET JOUSELF.

SCIO behandeling is ‘n proses wat aanvanklik gereelde opvolgsessies nodig het en algaande al minder sessies tot ons later, wanneer die liggaam se inherente genesingsproses voldoende gestimuleer is, uitkom by net ‘ check-up’ en ‘tune-up’. Hoekom SCIO: hoekom nie 1 van die ander sisteme wat op die mark is nie? Die SCIO is die mees gesofistikeerde instrument in die wêreld van biologiese terugvoer vandag. Dit kombineer alle bekende toepassings van biologiese terugvoer met unieke mediese sagteware ten einde aan die kliënt die beste komplementere sorg te kan verskaf. Dit is die enigste sisteem wat in Amerika aanvaar en geregistreer is en bly op die voorpunt van nuwe ontwikkeling in hierdie gebied. Ek gebruik al ongeveer 10 jaar die SCIO in my praktyk en is nog steeds elke dag opnuut verstom oor die verandering, wat hierdie behandeling aan elkeen , se gesondheid maak. Franklin Pierce Adams het gesê: Health is the only thing that makes you feel that now is the best time of the year. Vir verdere inligting rondom Biofeedback, kontak gerus vir Diana by 072 476 3036

� � �

MALIEVELD STREEKNUUS

22001144 KKeerrssmmaarrkk 222222222222555555555555 &&&&&&&&&&&& 222222222222666666666666 OOOOOOOOOOOOKKKKKKKKKKKKTTTTTTTTTTTTOOOOOOOOOOOOBBBBBBBBBBBBEEEEEEEEEEEERRRRRRRRRRRR 222222222222000000000000111111111111333333333333 Dagsê alle VLU Malieveld dames

Na ons Agri skou gaan ons weer hard bedrywig wees met ons Kers-mark in Oktober. Ons vra dat al die VLU dames, van elke tak in Malieveld, betrokke sal raak met die maak van handgemaakte artikels. GEEN artikels sal op die tafels verskyn wat by ‘n winkel gekoop is nie. Die artikels kan gemaak word vir tak fondse of vir jou eie sak. 15% van wat verkoop word, word gehou vir ons Annebel projek. Ons weet dat julle almal baie kreatief is en aan iets besonders gaan dink om te maak veral met die kers-tema of as kers-geskenkie gebruik kan

word. Daar kan op die web ingegaan word op “ pinterest” waar daar baie idees is. Lekker werk aan al julle artikels Malieveld Bestuur Groete

Page 23: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

23

EEkk hheett bbeesslluuiitt oomm ''nn bbiieettjjiiee ttee vvaass......

NEE nie van kos nie - veels te honger en Dan nie genoeg energie vir draf of optredes nie. Ek vas van WOORDE. Ek hou hulle in my gedagtes en bekyk hulle - het hulle NUT of is dit sommer net geluide - soos die geblaf van honde en karre wat jaag. Ons praat so maklik en so baie..... NONSENS. Tot 'n mens besef HOEVEEL krag daar in die gesproke woorde is. Die hele Skepping is met WOORDE geskep. God het gesê: Laat daar LIG wees, met WOORDE. En toe was daar LIG. Wat sê jy met JOU WOORDE? Oor die land: Die land is in sy maai. Die land is korrup. Bankrot. 'n Nare plek om in te woon met nare mense. Oor mense: Jou vark? Jy is treurig. Jou dom onnosele &*%#. Jy maak my siek! En oor jouself: Ek kan nie. Ek is moeg. Ek is siek. Ek is sat. Ek is af. Ek is depressief. Ek glo nie meer nie. Ek is vet. Ek is lelik. Ek is sonder talent. Ek is bang.... Ek is kragteloos. Hopeloos. OPPAS wat jy sê. As die meeste woorde wat by jou mond uitkom, negatief en onopbouend is, het dit 'n negatiewe effek. Op jou en almal wat jou aanhoor. Is dit tyd dat jy VAS saam met my? Geen mens kan die tong self tem nie - jy moet saam met die Here klas loop om te leer SNOEI

aan die onkruide in jou woordeskat - om meer en meer woorde van LEWE te spreek in plaas van dood. Oor die land, oor die mense wat jou irriteer, oor jouself -as jy papgeslaan voel. LIG jouself en ander met jou woorde. Woorde is nie net lettertjies nie. Dis gelaai met KRAG. Krag om op te bou en krag om te vernietig. Daarom is 'n goeie vas baie gesond. Vas so 'n bietjie van onnodige woorde: Vra die Here om jou te wys waar jy woorde tot jouself en ander se leed inspan. Skinder jy maklik? Is jy lief om slegte nuus aan te dra. Onmin tussen mense te saai? Kla jy gereeld - sommer as 'n gewoonte. Vloek jy of seën jy? Kom ons vas so 'n bietjie vanaand - deurdink ons baie woorde in God se Stilte. Rol hulle in jou kieste rond. Proe hulle in jou gedagtes. VOEL die uitwerking van die woorde wat jy wil sê - spreek dit van LIG of van donker. Bekyk jou gedagtes. Dis die enjin wat jou woorde aanvuur. Die Woord sê duidelik, dit wat in jou gedagtes (jou hart) omgaan bepaal jou hele toekoms. En ander s'n. Sit vandag so 'n oomblik daai handrem op al die nonsens praat. Al die twak. Al die leuens. Die woede. Die geskinder. Die suur woorde. Die snydende woorde. Die wrede woorde. Die woorde wat jou (en ander) afbreek en beperk. Kom ons krul die tonge terug soos biltong en sit 'n slot om die punt. Druk die oer krokodilbrein TERUG in sy kas. DINK en besin voor ons praat. Vra jouself: Is dit opbouend om die woorde te gebruik? Is dit goed. Is dit nodig? Want woorde is almal vuurhoutjies -- dit kan groot vure aansteek. 'n Vuur van lewe of 'n vuur van dood. En dis moeilik om daai vure dood te slaan. Veral die vuur wat skroei. Nie eers die brandweer se ‘hose pipe’ is lank genoeg nie. GESKRYF DEUR SUSAN COETZER

� � �

Page 24: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

24

GESONDE VRIENDSKAP

HHooee ggeemmaaaakk aass ssyy oooorrkkoomm vviirr tteeee??...... ‘n Mens beskou goeie gesondheid soms as van selfsprekend en is soms salig onbewus van die gesondheids-stryd wat ander mense besig mee is nie. Diabetes is een van daai uitdagings wat baie maal deur vriende en restaurante nie in ag geneem word nie, aangesien diegene wat daaraan lei ‘n spesiale dieet nodig het en baie versigtig moet eet. Met die ingedagte nooi jy soms jou diabeet vriendin oor vir tee en jy sit so ewe jou lekker tuisgebakte Soetkoekies of Sjokolade-vierkante uit op ‘n mooi bord, net vir jou diabeet vriendin om dit met ‘n mond wat water aan te gluur sonder dat sy kan saam eet of as sy ‘n happie daarvan vat, sy ekstra medikasie sal benodig om haarself staande te hou. Ek dink dit is soms nodig dat ons met deernis na mekaar omsien en soms spesiale moeite doen as ons weet iemand naby ons is hieraan blootgestel. Wat van ons skaf ‘n paar maklike diabeet resepies aan en dink net hoe spesiaal sal sy voel as sy volgende keer jou pragtige bordjie eetgoed sien en sy hoor dis spesiaal vir haar gemaak....

� � �

KKooeekkiieess vviirr ddiiaabbeettee 75 ml (60 g) fruktose 250 ml (120 g) koekmeel 250 ml (90 g) hawermout 125 ml (40 g) droë, fyn klapper 25 ml kakaopoeier 75 ml (55 g) hawersemels (oat bran) 2 ml koeksoda 5 ml bakpoeier 100 ml (90 g) sagte margarien 1 groot eier, geklits 5 ml vanieljegeursel Verhit oond tot 180 °C. Meng droë bestanddele en vryf margarien by tot goed gemeng. Klits eier en geursel saam en roer by meelmengsel om ’n klam mengsel te vorm. Druk in ’n gesmeerde rolkoekpan vas. Bak vir 20 – 25 minute tot gaar. Sny 48 vierkante terwyl koek nog warm is. Laat in die pan afkoel voor jy dit uithaal. (Resep vanaf webwerf Sarie.com)

Energie: 396 kJ Koolhidrate: 10 g Vet: 5,1 g Glukemiese indeks: laag (52) Lewer 48 vierkante Porsiegrootte: 2 vierkante

Page 25: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

25

VVrriieennddsskkaapp iiss ssooooss ddiiee nnaattuuuurr.. Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop En te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk. Die lewe se wind dra ons weg met ‘n oppervlakkige “ Goed dankie” en “Sien jou later”. Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en Wonder ons hoekom het ons nie lankal gevra nie. Soms sien ons net die lentekleur raak op ‘n gesig en is ons nie eers bewus Van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie. Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of Dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai. Pluk iemand ons vir ‘n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar. Roos se dorings steek te seer en papawer wil MOS langs niemand wees nie! Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en Hibiskus Wonder of almal weet van haar verlede. Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op Sy tuin en net pragtige blomme sien. Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë. Vergewe my daarom as ek by jou verbygewaai het op ‘n herfsoggend en Nie jou hand gevat het in die sonlig nie. Vergewe my as ek op ‘n wintersoggend nie vir jou ‘n trooskombersie van Woorde wou oorgooi teen die rypskade nie. Vergewe my as ek op ‘n lente-oggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en Spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie. Vergewe my as ek op ‘n warm somersdag nie vir jou ‘n tydjie gemaak het nie, Omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte Van my vriendskap te bied. Ek vra verskoning… weet asseblief dat ek daar is en wil wees vir jou! Psalm 118:8: “Om by die Here te skuil is beter as om op mense te vertrou!”

SSoommss vveerrggeeeett oonnss oomm ttee ssee...... Dankie Ek ìs jammer Vergewe my Ek is lief vir jou

OOff oomm ttee vvrraa...... Hoe gaan dit? Is jy ok? Kan ek help?

Page 26: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

26

DINK & HUMOR

LLaassllaappppiiee--kkoommbbeerrss

Laslappie-kombers, soveel verskillende kleure ‘n Roostuin wat

blom, soveel verskillende geure Dit is hoe ek my lewe wil sien Ek wat ‘n God van liefde dien Soms is die kleur van my lewe swart Dan vra ek vergifnis diep uit my hart Soms is die kleur van my lewe rooi Blink oë en ‘n hart vol liefde getooi Soms is die kleur van my lewe geel Sulke dae wat ek my hart verseël Soms is die kleur van my lewe blou Geluk in my hande wat ek na jou toe hou Soms is die kleur van my lewe groen Wonder wat ek op hierdie aarde doen Soms is die kleur van my lewe grys Dan ‘n vriendin wat haar liefde vir my wys Maar vandag is die kleur van my lewe ‘n reënboog so mooi Met vrede, liefde, geluk, en respek wat ek na jou kant toe gooi Ek sê dankie vir my Vader in die Hemel dat ek ‘n reënboog kan wees Want almal wat my ken, kan altyd die kleur van my lewe op my gesig lees My lewens-reënboog het ‘n breë goue rand Want ek weet Hy is elke dag aan my kant n Kleurvolle lewe waarna ek smag Liefde, vreugde en respek elke dag Mag die rooi en blou ook jou lewe omvou Jy mag foute maak solank jy dit berou Mag die goue rand jou reënboog verhelder Hartseer, seer en verlange vir altyd kelder Hulle sê onder die reënboog vind jy mos ‘n pot goud Goud het ek reeds gevind, want my God is my behoud Blou, pienk, oranje, pers en rooi My lewe ‘n laslappie-kombers, kleure so mooi

UUiitt ddiiee ppeerrdd ssee bbeekk.. .. .... HUWELIKSERTIFIKAAT: 'n Soort jaglisensie wat jou tot een bok beperk. KREDIETKAART: Iets wat die meeste mense gebruik wanneer hulle ontdek geld kan nie alles koop nie. VLEISBRAAI: 'n Partytjie waar die kos so 'n bietjie rou is en die gaste so 'n bietjie gaar is. WITTEBROOD: Die vakansie wat 'n man neem voor hy vir 'n nuwe baas begin werk. ALMANAK: 'n Kaart waarop jy kan sien hoe om by Kersfees uit te kom. BABA: 'n Soort engel waarvan die vlerke korter word namate die bene langer word. BABAWAENTJIE: Verlede jaar se pret op wiele. BELASTING: Die beloning vir energie, harde werk en spaarsamigheid. GESINSVAKANSIE: Wanneer jy alles saamneem waarvan jy eintlik wil wegkom. KORTPAD: 'n Pad waarop jy niemand kan kry om jou te sê waar jy is nie.

Page 27: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

27

DINK & HUMOR

jjiipp--jjiipp vviirr wwiillddee AAffrriikkaaaannssee wwoooorrddeesskkaatt

DEUR JOHANNA VAN EEDEN - Pretoria

DIE duisterfluisteraars wat Afrikaans se dood voorspel, is van hul breinselle beroof. Dit is die gevolgtrekking waartoe 'n mens kom ná 'n gesprek met mev. Joey Basson, die baasbrein agter die Hoërskool Richardsbaai se Wilde Woordeboek. Basson, vakhoof van Afrikaans by dié skool, het in 1993 met 'n projek begin om kinders aan te moedig om nuwe woorde in Afrikaans te skep. Dié nuutskeppings is in 1997 in 'n Wilde Woordeboek opgeneem. Die projek het sedertdien gegroei tot 'n landwye wedstryd waarin oud en jonk nuwe asem in die taal blaas. ``Ons het vanjaar 587 nuutskeppings aangeteken en ons is besig om te werk aan 'n nuwe Wilde Woordeboek. Volgende jaar wil ons twee nuwe afdelings vir die wedstryd skep waarin deelnemers idiome en intensiewe vorme moet uitdink. ``Baie van die huidige idiome, soos agteros kom ook in die kraal, het geen betekenis vir vandag se jongmense nie. En wat beteken spierwit en potblou? ``Die uitdaging is om nuwerwetse, eietydse nuutskeppings uit te dink,'' sê Basson. Baie van die woorde wat in die vorige wedstryde geskep is, word reeds in die algemene spreektaal gebruik. Een van die woorde wat veral gewild is, is vloermoer. Dit is die Wilde Woordeboek se antwoord op die Engelse ``to throw a tantrum''. Onder die nuutste Wilde Woordeboek-werpsel is selfs 'n Afrikaanse verklaring vir die ``raves'' waar jong mense hul lywe rondpluk. Van die voorstelle sluit in 'n raaswals, 'n zombidans, 'n maltrap, 'n kopspin of 'n hottentotsgoddans. 'n Oplossing word ook gebied om die Engelse ``longdrop'' te beskryf. Noem dit liewer 'n besoek aan die plonsput, die dieptroon, die gemakgat of die plaaspardoems. Wanneer u volgende keer ``spare ribs'' wil bestel, verras die kelner met 'n versoek vir evabeentjies, vleiskitaartjies of otgenot. Hoe gemaak met die lekker Engelse woord ``stapler'' waarmee 'n mens papiere bind? Probeer draadjiedrukker of papiervampier. Wat van iemand wat ongeskik

verklaar word vir werk? Pleks om te sê hy is ``geboard'', laat die man liewer sagte plankies kap, sê hy werk by die suikermyn, hy is onklaar verklaar of hy is gerak. Die Wilde Woordeboek is 'n goudmyn van lekkersê-woorde wat soms onverwags verras met raakvat-beskrywings. 'n Wilde Woordeboek-boodskap om iemand se Blou Maandag op te beur (met verklarings in hakies) kan byvoorbeeld só lui: Is jy in 'n perdebui (bad mood) omdat iemand besig is om jou handvatsels glad te vat (jou rond te shunt)? Jy is mos nie 'n sponskind (softy) nie jy met daardie natuurlike noedelhare (spiral perm). Of word jy nou 'n tannetjie hekel (oulady). Onthou jy nog hoe jy druktyd (sweet sixteen) beleef het? Miskien moet jy maar 'n ou loslooitjie (affair) aanknoop om jouself op te beur. Nooit gedink my blindederm sal lank genoeg wees (ek sal die guts hê) om dit voor te stel nie, né? Wat van daardie oulike moerjoggie (appy)? Of verkies jy eerder 'n fundivakie (nerd)? Wie se sjokoladepoppie (sweetie) wil jy wees? Spin jy jou driewiel (gooi 'n tantrum) omdat jy vanoggend weer besef het jou vriend is 'n onrehabiliteerbare skouervlieg (back seat driver)? Dit sal my ook ystervarke laat vang ('n gasket laat blaas) as iemand heeltyd soos 'n koopsebliefie (rep) sy stembande om my ore rek (nag). Hy het seker maar vanoggend weer 'n effense bewerlewertjie (hangover) ná gisteraand se gekuier oor die polisiekoffie (halfjackie). Komaan, klim uit die streskas (unwind). As hy weer iets sê oor jou bestuursvernuf en jy trek holrug (kry creeps), sê vir hom hy soek vir gips en steke (watch it)! Gaan huis toe, groet die bure se brommerboel (brandsiek brak) en tooi jouself in jou mooiste saterdrag (informele klere) vir daai mog dit trof (blind date). As dit 'n petofferige (flashy) ou is wat met 'n sardyntrein (taxi) voor die deur stop, sê vir hom jy is poegemoeg (lights out) en wil liewer vanaand alleen wees. Slaan 'n vleismolessie (stew) aanmekaar, haal die jeugdeeg (make-up) van jou gesig af en snik jou sorge weg in 'n bloplappie (tissue). Hou sommer môre 'n vakbondvastrap (toi-toi) voor jou werkplek en vra vir 'n verhoging om te betaal vir die hysbakkies (face lift) waarvan jy droom. Jip-jip? (okay?).

Page 28: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

28

OOnntthhoouu MMaalliieevveelldd pprroojjeekk vvaann ddiiee jjaaaarr :: AAnnnneebbeell OOrrggaanniissaassiiee

Hoe verskil die Annebel Organisasie van Hoe verskil die Annebel Organisasie van Hoe verskil die Annebel Organisasie van Hoe verskil die Annebel Organisasie van sommige liefdadigheidsorganisasies?sommige liefdadigheidsorganisasies?sommige liefdadigheidsorganisasies?sommige liefdadigheidsorganisasies? Die Annebel Organisasie versorg meer as 500 tienermeisies landswyd. Elke maand gee die Annebel Organisasie bederfpakkies vir minderbevoorregte tienermeisies. Pakkies wat hulle nie soos welsynsgevalle laat voel nie, maar eerder soos prinsesse. Daar is so baie goed wat ons as vanselfsprekend aanvaar, maar wat vir duisende meisies ‘n luuksheid is. Die pakkies bevat produkte soos Sjampoe, “Roll on” “Deodorant”, Tandepasta, Handeroom en Sanitêre produkte. Die pakkies word op ‘n maandelikse basis persoonlik vir hul oorhandig. (Daar word ook tydens die byeenkomste gratis basiese afrondingsklasse gegee.)

Annebel Foundation

Direkteur en stigter - Tania Strauss

Deur die Annebel Organisasie, borg ons matriekdogters se afskeidsgeleentheid, neem hulle op uitstappies, leer hulle hoe om ‘n CV in te vul en vir werksonderhoude voor te berei, leer hulle tafel dek, help hulle om hulle bestuurslisensie te kry, ens. Ons by die Annebel Organisasie besef dat ‘n produk alleen gaan nie ‘n verskil maak nie, maar saam met die produk gee ons ook die opvoeding en poog ons om hierdie pragtige meisies hoop te gee! Hoe funksioneer die AnneHoe funksioneer die AnneHoe funksioneer die AnneHoe funksioneer die Annebel Organisasie?bel Organisasie?bel Organisasie?bel Organisasie? Die Annebel Organisasie bestaan uit takke. Ons wil graag poog om by elke skool, kerk, of dienssentrum waar daar ‘n behoefte is ‘n tak te open. Die Annebel Organisasie het reeds meer

as 40 takke landswyd en word hoog aangeskryf deur die skole in Suid-Afrika. Elke tak bestaan uit tussen 5 en 20 meisies (na gelang van die behoefte by bv. die skool, kerk of dienssentrum) Elke tak word deur ‘n opgeleide takbestuurder bestuur. Daardie takbestuurder betrek die gemeenskap om haar te ondersteun met opheffingsprogramme, uitstappies ens. Hoe kan ‘n individu of besigheid betrokke raak?Hoe kan ‘n individu of besigheid betrokke raak?Hoe kan ‘n individu of besigheid betrokke raak?Hoe kan ‘n individu of besigheid betrokke raak? Die goeie nuus is dat die organisasie nie deur een persoon bestuur word nie, maar dat die Annebel Organisasie vroue (en mans) motiveer en bemagtig om ‘n verskil te maak. Ons bied kwartaalliks gratis opleidings/inligtingsdae aan. Tydens daardie sessies, keur ons dames om takke te bestuur. Skole, kerke en dienssentrums doen direk by ons aansoek om ‘n Annebel tak te open. Ons plaas dan ‘n takbestuurder by so skool, of lei iemand in daardie omgewing op om die tak te bestuur. Dit is egter nie nodig om ‘n tak te bestuur om ‘n verskil te maak nie. Jy kan dalk een van die persone wees wat jou kennis, jou besigheid ens. beskikbaar stel om deel te wees van die opheffingsgedeelte van ons organisasie. Jy of jou besigheid kan bv. die vervoer, ons uitstappies, matriekafskeidrok, bestuurslisensie-afsprake ens. borg. Hoe oorleef die Annebel Foundation?Hoe oorleef die Annebel Foundation?Hoe oorleef die Annebel Foundation?Hoe oorleef die Annebel Foundation? Die Annebel Organisasie is afhanklik van skenkings. Die kostes om een dogter per maand te onderhou is ongeveer R100. Ons doen ‘n beroep op individue en besighede om dogters “aan te neem”. Dit beteken dat ons mense vra om een of meer meisie per maand se “pakkie” te borg. Besoek gerus hulle webwerf by: www.annebel.org Plaaslike tak: Annabel Club Nelspruit Hannelie 0761747787

� � �

Page 29: Julie ~ November 2013 - Malieveld Streekvlumalieveld.weebly.com/uploads/1/2/7/6/12760415/maliewales_jul_t… · • Wanneer vrugtesap op die tafeldoek uitval, bedek dadelik met ‘n

29

VVrroouuee LLaannddbboouu UUnniiee Belangrike skakels:

http://vlumalieveld.weebly.com/

www.vlumpumalanga.weebly.com

www.savlu.org

Volg ons ook op Facebook. Daar sal jy die SA VLU, VLU Malieveld asook onderskeie takke se individuele facebook blaaie vind.

Hoekom die VLU?Hoekom die VLU?Hoekom die VLU?Hoekom die VLU? VLU is nie meer net op die boervrou gerig is nie. Alhoewel van die lede se manne nog boer, is die groter meerderheid van ons lede in dorpe en stede. Mense moet ‘n kopskuif maak omtrent die VLU – ons is nie net boervroue nie en is nie ou tannies met styfgekrulde hare en voorskote nie! Ons is dinamiese vroue wat onsself op alle

lewensterreine van vrouwees wil bekwaam en verryk tot diens aan die gemeenskap. VLU bied aan elke vrou ‘n wonderlike geleentheid om haar uniekheid en talente uit te leef! Daar is baie vroue organisasies, maar wat ons uniek maak, is die

handvaardighede wat ons aanleer. Ons streef daarna om dames te leer om o.a. naaldwerk te doen, te brei, te hekel, kunsvaardighede te bemeester, blomme te rangskik, te bak, produkte te bottel, fotografie te bemeester en die nuutste tegnologie baas te raak.

Alhoewel ons aanpas by die tyd, werk ons tog daaraan dat sekere handvaardighede nie verlore moet gaan nie soos bv sekere borduursoorte. Elke tak hou maandeliks takvergaderings en elke streek hou jaarliks drie streekvergaderings en ‘n Konferensie (lg is waar al die takke in die streek bymekaarkom, ons spog-geleentheid waar erkenning gegee word aan harde werk in die jaar wat verby is) Die streke van ‘n Provinsie kom jaarliks bymekaar vir ‘n Kongres en al die provinsies kom driejaarliks bymekaar vir die SA Kongres. Ons werk gestruktureerd en doelgerig en gebruik ons tyd oordeelkundig! Vroue ontdek en ontgin hul talente. Ons bied vele kursusse en werksklasse aan deur kundiges waar vroue hulself kan bekwaam. Ons konsentreer op opleiding van vroue en om vroue die geleentheid te bied om haar vrouwees uit te leef. Elke tak, streek en provinsie het projekte en tema’s vir die jaar. Alhoewel ons nie ‘n liefdadigheid organisasie is nie, is ons projekte van so‘n aard dat ons die gemeenskap dien. Ons leer ook meer oor bome van die jaar en kies jaarliks ‘n persoonlikheid, skrywer en produk waaroor ons meer inligting bekom. VLU is nie daar vir vroue wat alles kan doen nie, dis juis daar om vroue vaardighede te leer sodat sy weer ‘n bydrae tot die gemeenskap en haar gesin kan maak. Elke vrou is uniek en elke tak het ‘n eie karakter, maar saam het ons een visie, missie en doel en reik ons uit na mekaar en na ander. As dames lekker wil saamkuier rondom vroue dinge, is VLU die plek om te wees!

Antwoord: