junie 18 2016 - wellington-noordbossies in die karoo loop uit as dit gereën het. jy sal dalk sing...

4
NGK Wellington-Noord MacCronestraat 11 – Wellington – 7655 Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765 Bankbesonderhede: ABSA, Wellington: 430 580 019 www.facebook.com/wellingtonnoord E-pos adresse: Francois Human: [email protected] Johann Crous: [email protected] Marita Coetzee: [email protected] Marius Otto: [email protected] Johann Enslin: [email protected] Jandré Viljoen: [email protected] 19 Junie 2016 Koninkrykstyd Welkom by vandag se erediens! VANDAG SE PROGRAM Predikant Johan Crous Orrelis Johann Enslin 09:30 Erediens – Biddag vir Blindes Dienswerkers: Geen agv langnaweek DEUROFFER: Atlete vir Christus – die studente van Stellenbosch draf elke jaar gedurende die Junie vakansie om fondse in te samel vir Barmhartigheidswerk. VADERSDAG Gelukkige Vadersdag hoopal onspa’s word vandag opdie hande gedra Baie Dankie vir die Grootrol watpa’sin die samelewing vertolk onswaardeer julle!! GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK- BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord

Upload: others

Post on 10-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Junie 18 2016 - Wellington-Noordbossies in die karoo loop uit as dit gereën het. Jy sal dalk sing die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie want U beskerm my. Gedurende Herfs

NGK Wellington-Noord

MacCronestraat 11 – Wellington – 7655 Tel/Faks: 021 873 2763 I Pastorie: 021 873 2765

Bankbesonderhede: ABSA, Wellington: 430 580 019 www.facebook.com/wellingtonnoord

E-pos adresse: Francois Human: [email protected]

Johann Crous: [email protected] Marita Coetzee: [email protected]

Marius Otto: [email protected] Johann Enslin: [email protected]

Jandré Viljoen: [email protected]

19 J

unie

2

016

Koninkrykstyd

Welkom by vandag se erediens!

VANDAG SE PROGRAM Predikant Johan Crous

Orrelis Johann Enslin

09:30 Erediens – Biddag vir Blindes Dienswerkers: Geen agv langnaweek

DEUROFFER: Atlete vir Christus – die studente van Stellenbosch draf elke jaar gedurende die Junie vakansie om fondse in te samel vir Barmhartigheidswerk.

VADERSDAG – Gelukkige Vadersdag – hoop al ons pa’s word vandag op die hande gedra – Baie Dankie vir die Groot rol wat pa’s in die samelewing vertolk – ons waardeer julle!!

GAAN BESOEK GERUS ONS WEBBLAD: www.wellingtonnoord.co.za of ons FACEBOOK-BLAD: www.facebook.com/wellingtonnoord

Page 2: Junie 18 2016 - Wellington-Noordbossies in die karoo loop uit as dit gereën het. Jy sal dalk sing die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie want U beskerm my. Gedurende Herfs

Bybelskool Dinsdag 21 Junie om 18:30 en Woensdag 22 Junie om

9:30. Almal baie welkom om dit by te woon. Die tema vir eerskomende week se Bybelskool is LIEFDE

Wellington Gebedsimfonie

Die Gebedsimfonie (interkerklike gebedsgroep vir herlewing en sending) ontmoet weer op Sondag 19 Junie om 15:30 by Eerstelaan 22. Ons doen voorbidding vir Wellington en sy sendelinge. Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 55 79796.

DANKFEES VAKANSIE BAIE DANKIE vir R 77 893 wat ons reeds ontvang het. Ons het R 135 000 begroot vir hierdie jaar se Dankfees – uitstaande Dankoffers is nog steeds

welkom! Weet net dat ons elke offer – hoe groot of hoe klein ongelooflik BAIE WAARDEER.

Die skole sluit Vrydag 24 Junie en heropen Maandag 18 Julie.

Graag wens ons almal ‘n wonderlike vakansie toe. Rus

lekker en kom veilig terug.

Ons droom groot! Ons het ‘n ruk gelede die voorportaal, argiefgedeelte asook die twee sy-ingange van die konsistorie opgradeer met die lê van ‘n pragtige mat. Dit is nou ons droom om die hele kerk se matte te vervang met dieselfde mat as in die voorportaal, maar gaan dit ongeveer R 50 000 kos, waarvoor ons nie nou beskikbare fondse het nie. Enige voorstelle oor hoe u as gemeente dink ons kan ekstra fondse genereer vir so ‘n projek sal baie welkom wees. Kerkkantoor 0218732763.

Sakkie-vir-‘n-pakkie

Onthou ons sakkie-vir-’n-pakkie projek waar u kruideniersware aankoop volgens die lysie in die sakkie. Ons wend die kruideniersware aan vir die kospakkies wat ons maandeliks , op die oomblik aan 15 gesinne verskaf. Die sakkies sal u vind in die mandjie in die voorportaal. Die sak met gekoopte kruideniersware kan by die kerkkantoor afgegee word, of kan ook Sondag in die voorportaal langs die mandjie neergesit word. BAIE DANKIE vir gereelde sakkies wat ons terug ontvang.Dit stel ons in staat om aan meer sorgbehoewendes te kan voorsien.

Page 3: Junie 18 2016 - Wellington-Noordbossies in die karoo loop uit as dit gereën het. Jy sal dalk sing die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie want U beskerm my. Gedurende Herfs

Kursusse / Byeenkomste

Page 4: Junie 18 2016 - Wellington-Noordbossies in die karoo loop uit as dit gereën het. Jy sal dalk sing die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie want U beskerm my. Gedurende Herfs

Preek: 12 Junie – Seisoene gee die volle beeld (Pred. 3:1-11) Prediker 3 vat ons terug na ‘n tyd vir alles – seisoene, ens. Ons kan baie uitbrei oor vasgestelde tye, seisoene in ons gesondheid, emosionele groei, boerdery, ens. Lente het ‘n manier wat jou teruvat na lewe – opgewondenheid in die natuur – verwagting van groei, goeie oes – nuutheid. Die Liefde van Jesus is wonderbaar – daar is ‘n nuwe afwagting in die seisoen van lente – nuutheid wat kom. In watter seisoen van my lewe is ek? Somer is ‘n tyd wanneer vrugte groei, bossies in die karoo loop uit as dit gereën het. Jy sal dalk sing die Here is my Herder, niks sal my ontbreek nie want U beskerm my. Gedurende Herfs val die blare af – dinge kom tot rus.’n Seisoen breek aan en dit is amper asof ek tot ruste kom. Daar is egter ook hongerte – dit voel soms asof die Here daar ver is. Alleenheid vang ouer mense die meeste. Dit het soms te doen met ‘n gebeurtenis in jou lewe- waar is my Herder dan nou – ek het Hom nou so nodig. Gedurende winter is daar soms ‘n behoefte van ingekeerdheid, maar in dieselfde asem sien saaiboere uit na winter – dit reën sodat saailinge kan opkom. Die boemelaar vrees weer nat en koue weer want hy bly op straat. Ons elkeen beleef die seisoene anders, daarom skryf Prediker dat daar ‘n tyd vir alles is. Die Here sê jy is ‘n vier seisoene kind – Ek het jou gemaak. Niks kan jou skei van die Liefde van jou Here nie. Jy is God se vier seisoene kind.

Verjaarsdae! Marlize Hamman (19) – Hannie Malan (20) – Maria Steyn (20) – Rohan Hansen (21) – Gert Bothma (22)

– Shaun Swanepoel (22) – June Lotze (23) – De Wet van Huyssteen (23) – Jaques Wiggins (23) – Dirk Leiding (24) – Bea le Roux (24) – Danielle Rautenbach (24) – Erich Nel (24) – Adreas Smit (24) – Simon

Smith (24) – Christiaan Visser (24) – Gerdi Visser (24) – Wilna Steyn (26) – Marietjie Verhagen (26) – Madelaine Conradie (26) – Lize Prins (26)

Die vraelys vir die gesprek tussen Moederkerk en Noordkerk is op die webblad beskikbaar by www.wellingtonnoord.co.za/aflaai

Die blou kaartjies op die punt van die kerkbank is daar gestel indien lidmate ‘n spesifieke versoek verlang. Merk asb die toepaslike blokkie en plaas dit in die kollektebordjie sodat ons aandag daaraan kan gee.