junie/june 2019 volume 2 jaar/year 39 hoe sÊ mens … · en dan is daar dié kere wat die gees die...

16
JUNIE/JUNE 2019 VOLUME 2 JAAR/YEAR 39 HANDEL REG HOE SÊ MENS TOTSIENS? Josef Joubert Aan die einde van hierdie kwartaal sê ons totsiens aan drie legendariese perso- neellede. Juffrou Melanie du Toit ver- laat die skool na 12 jaar diens. Sy was ’n puik onder- wyser in die Wiskunde depar- tement en het ’n groot bydrae by hokkie, meisieskrieket en kaskar gelewer. Juffrou Melanie se bekwame ondersteuning en innove- rende leiding met skoolakti- witeite en funksies sal vir lank onthou word. Juffrou Ansie Glover verlaat ons en ons gaan haar toewy- ding en veelsydigheid baie mis. Juffrou Ansie het in die Engelse departement ’n groot verskil gemaak. Sy het ook ’n groot bydrae by hokkie en kaskar gelewer. Sy was be- trokke by die Interhoërsang en by die Rasieleiers. Haar unieke humorsin sal ons nog lank bybly. Juffrou Illze Malan het by ons in 2008 netbal begin afrig en as onderwyser in 2012 begin. Sy het ’n enorme indruk op ons gemaak met haar toegewydheid, passievolle hart en vermoë om te mo- tiveer. Juffrou Malan was ’n dina- miese Geografie-onderwyse- res en het ook ’n groot bydrae by Interhoërsang en netbal gelewer. Dit is eintlik onmoontlik om te beskryf wat hierdie onderwy- sers vir Hoërskool Piet Pot- gieter beteken. Ons weet net dat elkeen se kwaliteitsmerk op vele projekte gemis sal word. Pottiekaner sê met ’n baie swaar hart totsiens. Ons salueer elkeen en wens hulle ’n geseënde toekoms toe.

Upload: others

Post on 28-Dec-2019

7 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

JUNIE/JUNE 2019 VOLUME 2 JAAR/YEAR 39

HANDEL REG

HOE SÊ MENS TOTSIENS? Josef Joubert

Aan die einde van hierdie kwartaal sê ons totsiens aan drie legendariese perso-neellede.

Juffrou Melanie du Toit ver-laat die skool na 12 jaar diens. Sy was ’n puik onder-wyser in die Wiskunde depar-tement en het ’n groot bydrae by hokkie, meisieskrieket en kaskar gelewer. Juffrou Melanie se bekwame ondersteuning en innove-rende leiding met skoolakti-witeite en funksies sal vir lank onthou word.

Juffrou Ansie Glover verlaat ons en ons gaan haar toewy-ding en veelsydigheid baie mis.

Juffrou Ansie het in die Engelse departement ’n groot verskil gemaak. Sy het ook ’n groot bydrae by hokkie en kaskar gelewer. Sy was be-trokke by die Interhoërsang en by die Rasieleiers. Haar unieke humorsin sal ons nog lank bybly.

Juffrou Illze Malan het by ons in 2008 netbal begin afrig en as onderwyser in 2012 begin. Sy het ’n enorme indruk op ons gemaak met haar toegewydheid, passievolle hart en vermoë om te mo-

tiveer. Juffrou Malan was ’n dina-miese Geografie-onderwyse-res en het ook ’n groot bydrae by Interhoërsang en netbal gelewer.

Dit is eintlik onmoontlik om te beskryf wat hierdie onderwy-sers vir Hoërskool Piet Pot-gieter beteken. Ons weet net dat elkeen se kwaliteitsmerk op vele projekte gemis sal word.

Pottiekaner sê met ’n baie swaar hart totsiens. Ons salueer elkeen en wens hulle ’n geseënde toekoms toe.

2 Junie 2019 Redaksioneel/Editorial

Redakteur René Buitendag

Bemarking René Buitendag Pietie Vogel

Fotograaf Altus van der Merwe

Joernaliste Mariam Cassim Kaylen Deysel

Denja Pretorius Mmotegi Mothiba Elmerie Fourie Ruchalein Fourie Josef Joubert Salomina Joubert Marinel Muller Mia Olivier Altus van der Merwe Anina van der Wateren Pietie Vogel

Redigering en Proeflees Karin Steyn

Proeflesers Joekie Lessing

Bemarking Michelle Buitendag

Redaksiespan

ONS MAAK ’N VERSKIL

So kom nog ’n kwartaal tot ’n einde. Ek hoop dat elkeen van julle die punte gekry het wat julle verdien en dat julle verbaas was. Die WINTERSKOOL is nou verby en die rekordeksamen is net om die draai. Byt vas, ons is amper daar. Ons het drie baie spesiale juffrouens gegroet voor die vakansie. Juffrou Illse, Ansie en Melanie, mag julle vreugde vind in die nuwe toekoms wat vir julle wag. Die blou masjien gaan julle voorwaar mis. Aan al die onderwysers en leerders, sterkte met die derde kwartaal. Tyd het vlerke! As ons weer kyk is die jaar verby. Maak elke minuut die moeite werd.

DIS NIE LEKKER OM “BYE” TE SÊ NIE

HPP besoek die DBV

Die ATKV Jeugtak het die Zamokuhle sen-trum vir gestremdes besoek en bederf met basiese benodighede.

SOULFOOD SIELSKOS

Geestelik/Spiritual June 2019 3

With sadness in our hearts, we say goodbye to Kagiso Mathibela. God has picked one of the prettiest flowers.

Kagiso was friendly and smiled at beginner’s tennis. Her respect towards her elders touched everyone. Although she didn’t live a full life, she deeply touched the hearts of those who knew her. She will be remembered as the girl with kindness in her heart.

FAREWELL, SWEET KAGISO! Salomina Joubert

It’s that time of the year again for the Grade 12 learners (trial exams) to study until they look like zombies, over-think things and have nervous breakdowns. It seems a bit much for a single sentence, but in reality that sentence is what a Grade 12 learner’s life is all about before, during and after an exam. We have just survived the mid-year exams and have very little space to breathe. We seem to be choking on the little time that is left before the trial exams. Why do we fear the exams and the out-comes? It’s because we don’t have enough confidence. It’s okay to worry because it means we’re fighting for something, but it’s better to rise above our fears and be pre-pared for what lies ahead. We can’t do it by ourselves and that is why we turn to the Al-mighty in prayer. Isaiah 41:10 reads: “So do not fear, for I am with you; do not be dis-mayed, for I am your God. I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand.” No matter how your life is going at the mo-ment, just remember that you don’t have to fear. Fear is a choice. The future is not yours to control; it belongs to the Lord. Prepare very well in advance and study hard for the exams. This will give you the confidence you need. Pray for strength and make the best of every opportunity. Life has its way of knock-ing us down, but don’t let the fall define you. Stand up. Pray. Work hard. Be better.

Motegi Mothiba

“Die stem vol hoop … ”

Dit was ’n gewone duif wat ’n waterskeidingsrol in Noag se lewe gespeel het. Noag moes weet wan-neer dit veilig is om die ark te verlaat en stuur daarom drie maal ’n duif op die verkenningstog uit. Die eerste keer moes die duif omdraai omdat hy nêrens staanplek op die watermassas kon kry nie. Die tweede keer kom hy terug met ’n olyfblaartakkie … vol hoop. ’n Week later verander hierdie hoop in ’n vaste fondament toe hy uiteindelik sy wêreldse tuiste tussen die takke van die bome vind. Toe weet Noag dat die tyd amper reg is.

Die Goddelike Duif – die Gees van God – praat vandag steeds met ons:

Soms sê Hy: “Wees geduldig. Op die régte tyd sal jy antwoorde en ’n uitkoms kry.”

Ander kere fluister Hy: “Ek wil jou seën met die olyftakkies van die lewe. Vind rus op die plek waar jy nóú is.”

En dan is daar dié kere wat die Gees die groen lig gee: “Doen wat Ek vra. Die tyd is reg.”

Wat sê die Heilige Gees vandag vir jou?

Geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Denja Pretorius

4 Junie 2019 Nuus/News

Die afgelope kwartaal het die graad 7-leerlinge van Laer-skool Krugerpark asook die van Bysonderheid ’n dag van pret as ‘n Pottie kom ervaar! Hulle is in groepe verdeel en het ’n verkenningstoer gehad deur ’n verskeidenheid klasse. Hulle het kennis gemaak met die vak wetenskap saam met juffrou Wilma, van Rooyen,

geleer van wiskunde saam met juffrou Melanie du Toi, ’n paar interessante dinge geleer van rekenaars by meneer Hannes Oosthuizen en natuur-lik die legendariese juffrou Coba Beyneveldt in haar nuwe leessentrum ontmoet! Na die verreikende toer het die graad 7’s en die leerling-raad die dag afgesluit met

‘minute- to-win-it’ speletjies en ’n kleur fees op die rugbyveld. Die hoogtepunt vir die graad 7’s was om die leerlingraad in hul skooluniforms so kleurvol as moontlik te probeer kry. Ons sien uit daarna om hulle volgende jaar as Notties te verwelkom!

GRAAD 7’s RAAK OPGEWONDE VIR HOËRSKOOL!

Kaylen Deysel

Kaylen Deysel

Foto’s: Facebook

Nuus/News June 2019 5

Spelling mag dalk verveelig vir die gemiddelde mens wees, maar Josef Joubert geniet sy spelling!Josef se unieke en humoristiese persoonlikheid maak ook dat ander giggel en glimlag terwyl hulle deelneem. Josef het weereens aan ’n spelkompetisie: die Talethon deelgeneem. Josef

het soos altyd goed presteer! Hy moes in Engels, Afrikaans, Zoeloe en Noord-Sotho spel! Josef was 8ste in Gauteng. Hy het beslis goed gevaar vir iemand wat nie Zoeloe of Noord-Sotho kan praat of spel nie! Josef het ’n blink toekoms wat voor hom lê, (en ek sê nie dit omdat hy my boetie is nie; ag, dalk doen ek — mag ek nie ’n trotse sussie wees nie?) Josef los goue voetspore! Wat los jy?

JOSEF LOS GOUE SPELLINGVOETSPORE Salomina Joubert

MUSIEK IS MEDISYNE VIR DIE SIEL

Oorfone is een van die dinge wat ’n tiener die meeste ge-bruik. Ongelukkig word dit nie toegelaat by die skool nie. Daar is reëls in plek en leer-ders mag oorfone net vóór of ná skool gebruik. Baie leerders ignoreer die reëls. Party glo dat hulle weet hoe om oorfone op ’n self-standige wyse te gebruik. Vir leerders is die voordeel van oorfone by die skool om na musiek te luister. Die musiek dien as: • ’n ontspanningsmiddel; • help om die leerder te mo-

tiveer; en • help die leerder om ’n bie-

tjie te ontvlug van realiteit en die lawaai om hom (geraasbesoedeling).

Die nadeel van oorfone is geraasbesoedeling word nie regtig verlig nie, net vervang met die keuse van lawaai waarna jy wil luister.

Hoë volume op oorfone is eenvoudig nie goed nie. Dit kan lei tot permanente beskadiging van die kogleêre haarselle in die binneoor, wat rek en krimp in reaksie op klank. Geen reël op aarde gaan keer dat ’n persoon se gehoor beskadig word nie. Elkeen bly verantwoordelik vir hoe hy/sy oorfone gebruik. Die vrae wat ontstaan is: Hoe-kom kan leerders nie oorfone gebruik nie? Help musiek jou om te konsentreer of nie? In-teressant genoeg, baie onder-wysers merk met oorfone en musiek. Volgens navorsing verbeter musiek sekere soorte kognitiewe take, mits dit nie té hard gespeel word nie. Musiek lei tot positiewe veranderinge in bui, gedrag sowel as verhoogde kreati-witeit. Trouens, in kulture waar musiek ’n belangrike rol in

daaglikse roetine speel, kan ’n persoon se bui en gedrag negatief beïnvloed word wan-neer die musiek stimulus ver-wyder word. Dalk moet skole eksperimen-teer en oorfone asook musiek op die stoepe met klas-wisseling en tydens pouse toelaat. Dalk sal musiek akademie en dissipline verbeter. Hoe sal ons weet as ons dit nie probeer nie?

Ruchalein Fourie

6 Junie 2019 Onderhoud/Interview

Meneer Carel Gentle het onlangs deel van die Pottie-familie geword en ons leer hom graag beter ken.

1. Waar is meneer gebore? Pietersburg 2. Waar het meneer matrikuleer? Hoërskool Pietersburg

(PHS). 3. Wat was meneer se gunsteling buitemuurse aktiwiteit

op skool? Ek was mal oor boogskiet gewees. 4. Wat is meneer se gunsteling gereg? Niks kom by ’n

Big Mac Meal van McDonald’s nie. 5. Watter dier beskryf meneer se persoonlikheid die be-

ste en hoekom? ’n Kat. Ek is maar ’n rustige mens. 6. Waar is meneer se geliefkoosde plek in Suid-Afrika?

Die pragtige Bosveld net buite Potties. 7. As meneer ’n gratis vlug na enige plek in die wêreld

gehad het, waarheen sou meneer vlieg? Definitief Ysland. Ek wil die Northern Lights beleef.

8. Waar het meneer se belangstelling in rekenaars begin? Al van jongs af. So rondom 5 jaar ouderdom het ek al besef dis wat ek wil doen.

9. Waar het meneer al die rekenaarkennis opgedoen? By CTU Training Solutions in Polokwane (’n twee jaar kursus).

10. Is daar iemand spesiaal in meneer se lewe? Ja, my ouma is vir my ’n baie spesiale mens. 11. Watter wenke het meneer vir jongmense wat in die rekenaarwese belangstel? Moet nooit

ophou leer nie. Die groot wêreld van rekenaars hou nooit op groei nie. Vind jou belangstel-ling en in watter rigting jy wil spesialiseer en GO FOR IT!

CAREL GENTLE —

ONS REKENAAR FUNDI Anina van der Wateren

Foto: WhatsApp

BOOK REVIEW

Vermaak/Entertainment June 2019 7

NOT QUITE EXPIALIDOCIOUS, BUT OK!

Josef Joubert

The Syndicate is the second major novel by acclaimed author Guy Bolton. It is an emotional rollercoaster filled with twists, turns and tear jerking moments. The book is set in Hollywood during the 1940’s. Jonathan Craine is a former crooked detective, who oversaw matters relating to the movie industry. After bringing down a major crime ring, he decides to live a quiet life along with his son on a farm. However, your past always catches up to you. A group out of his past kidnaps his son, forcing him to find the killer of a mob boss within a week. He is accompanied by a veteran hitman, and a reporter with a sad connection to Craine’s past. The author does immaculate work in portraying Craine as a conflicted and brooding character. He perfectly sets the tone within the opening pages, and doesn’t let up. Intense research into the time period also flushes out the story. With an ever-developing plot, and a strong supporting cast who you instantly empathize with, The Syndicate is a must read for every lover of the action/thriller genre. The Syndicate is arguably Guy Bolton’s magnum opus, surpassing all expectations, and setting a new bar for realism in fiction. It comes in at a 10/10, because of the sheer immersion and com-pelling characters, who surely justify a sequel.

Pietie Vogel

Another Disney classic has its turn to make a sequel: Mary Poppins Returns. I must say that Emily Blunt plays her role fan-tastically. For all the Mamma Mia fans, there is a lot of familiar faces in Mary Poppins. From my point of view, the sequel is an embarrassment to the original Mary Poppins where everyone knew what supercalifragilisticexpiali-docious and a spoon full of sugar was. In the sequel, the songs are so unpredic-table and not catchy at all. What I did like was the instrumental parts that were put in to remind us of the original movie. I loved that so many of the places were still in the movie from the original. Obviously, they were very different. It remains a heartwarming story. Even though it is ruined by the unknown songs, please watch the movie. But eish! Vat dit maar met ’n knippie sout, mense! I give this movie a rating of 7/10.

MOVIE REVIEW

8 Junie 2019 Vermaak/Entertainment

Jakaranda FluisteringeJakaranda FluisteringeJakaranda FluisteringeJakaranda Fluisteringe

DOWN PIET POT LANE ...

Piet Pot se liefde loop weer oor Want die winter se koue is tog te goor! Marcel hou Jeanri styf vas as sy koud kry, En Janus se drukkies maak Marli se hart bly. Michael en Chardiné sal nooit eensaam kan voel, Franco en Liani sonder mekaar het geen doel. Percy en Mieke is steeds aan die koer Terwyl Anina en Pietie vir mekaar kort-kort loer. Wiehan het Iné se mooi hart gesteel Terwyl Eric en Bernice alles met mekaar wil deel. Meinrich en Erna se houding vat nog vlam En oulike Joné maak Pieter se bene lam. Justin hou steeds Kesia se handjie vas En vir party is verhoudings ’n ewige las. Gaan uit hierdie winter en raak verlief, Gaan en vind vir jou ’n hartedief!

Now that everyone seems to have settled in It’s time to dig DEEP …

Yusuf and Lerato have officially become “a thing”! Junior’s new love has him spending too much time texting. Oh, look! Megan and Louis—they’re made for each other. While we’re sitting waiting and looking at one another... Paballo and Nicole are taking their jolly time Come on, people! Love isn’t a crime! Last but not least, before I run off for more juicy news Keep an eye out for Marvin and Billy—some win and some lose. As for Pottie singles, get ready to mingle: Our hunk, William is finally single (Ladies!).

Let’s wait and see how many ships are yet to sail or sink… If love is out there, I’ll find it; nudge-nudge, wink-wink!

Nuus/News June 2019 9

Op 14 Mei, sommer net voor die eksamen, het ons skool die WOW Spelfees se interne kompetisie aangebied. Ek was gelukkig genoeg om van 14:00-17:00 daar te kon sit in die personeelkamer en fyn te kon luister na die spellery. Dít is werklik baie lekker as jy jou kop regaangeskroef het! Dit was vir my bitter teleurstel-lend om te sien hoeveel kinders net uitval vir die ple-sier daarvan. "Trotse" teen-woordigers van die skool as jy my vra? Hierdie fees bied soveel geleenthede. Ek het dit self beleef. My hart gaan staan sommer stil as ek dink aan die leë getalle wat opgedaag het by die graad 9's en gr. 10's. Baie geluk aan die

gr. 8's wat meer as dertig teenwoordiges gehad het! Uit-muntend! Ook 'n ander di-lemma is, daar is nie kompe-tisie nie. Die standaard van die kinders se spelling is só swak dat die deelnemers nie eers verder as rondte 20 gevorder het nie. Die skool is die aanbieders van hierdie spoggeleentheid. Die kinders wat deurgedring het na die Provinsiale uit-dunne beter hulle sokkies optrek. Anders suig Piet Pot wéér aan die agterspeen by die Provinsiale uitdunne. Op 'n positiewe noot, daar was wel spellers wat hulle alles gegee het. As jy nie deurgekom het nie, en jy het werklik jou beste

gegee, moenie ‘komkommer’ nie. Volgende jaar is net om die draai. Vir Juf. Joekie wil ek, Josef Joubert, vanuit die diepste hoekie van my hart bedank vir al die opofferings wat sy doen om die Spelfees nog lewendig te hou. Sonder haar, sou die Spelfees lánkal al die gees gegee het by Piet Pot. Van elke graad het daar ses leerlinge deurgedring. Kom ons sien wat gebeur tydens die Provinsiale uitdunne.

SO SPEL MENS HOND UIT ’N BOS UIT Josef Joubert

Dit is baie moeilik vir Juffrou Malan om enkele herinneringe by HPP uit te sonder. Sang, netbal, kaskar, matriekafskeid, m o d e p a r a d e , r e v u e , voogklasse, vriendinne, groot legendes... Noem dit, dit is alles mooiste herinneringe. Hier het sy herinneringe ge-maak vir ’n leeftyd. Juffrou Malan sê sy gaan die volgende die meeste mis: Juf-frou dos Santos, haar netbal-dogters, die sang op ’n inter-hoëroggend, haar klas, haar stoel, tee in K29, en Juffrou Glover se stories en drukkies vir haar kinders. Juffrou Malan het in 2008 hier by Piet Pot begin as netbal

afrigter. Sy het eers in 2012 amptelik as onderwyser begin. Sy sê HPP is deel van haar DNA! Juffrou Malan het geen spesi-fieke klas wat sy die meeste gaan mis nie. Sy gaan almal mis. Soms kon die leerders haar teen die mure uitdryf, maar tog was dit vreugdevol. Sy sê, “Mens raak geheg aan die klomp kinders, stout of soet, woelig of stil. Onnies kry net meer plooie en gryshare by.” Die waarde wat sy by HPP geleer het is empatie. “Stap eers in iemand anders se skoene voordat jy jou opinie vorm. Almal soek net erken-

ning, bietjie liefde en hope lag,” sê sy. Sy het by die skool as jong on-derwyser by die bestes geleer. Sy het geleenthede gekry wat vir haar baie beteken het. Sy het besef hoe sterk en broos kinders terselfdertyd kan wees. Sy het ook besef dat ’n familie meer kosbaar is as al die geld in die wêreld, bloed of nie. Juffrou Malan sê, “Hier het ek geleer om te glo. Om op jou knieë na antwoorde te soek is wat ons sterk maak. ’n Lewe saam Jesus is noodsaaklik!” Juffrou Malan verhuis na Polokwane en ons gaan haar ontsettend baie mis. Al Pottiekaner se liefde. ♥

JUF ILLZE SÊ TOTSIENS! Josef Joubert

10 Junie 2019 Nuus/News

As jy na die drie dames kyk, sou jy nooit kon raai dat die le-wenslustige vroue die verplet-terende slag van kanker ervaar het nie. Juffrou Elmarie Oosthuizen is op 3 Maart 2018 met ‘Epithelial Overian Cancer’ gediagnoseer. Nadat sy ongemaklik om haar middel begin voel het, het sy Dr. Neels van Heerden besoek en is daarna na ’n chirurg in Pretoria, Dr. Arrie Mouton, ver-wys. Vir behandeling het sy ’n operasie ondergaan saam met nege chemoterapie behan-delings. “Ek het hierdie as ’n baie verreikende ervaring beleef. Dit klink dalk vreeslik soetsappig, maar ek het geleer om mense wat vir my goed is, te waardeer.” Juffrou Elmarie sê egter dat dit vir haar onstel-lend was om die kanker pasiënte om haar, wat baie ernstig siek is en swaarder kry as sy, te sien. Sy noem dat haar hare wat uitgeval het, snaaks genoeg die heel swaar-ste van die hele kanker bele-wenis was. Sy het toe besluit om vir haar ’n pruik, genaamd Heather, aan te skaf. Met eer-likheid kan sy sê dat haar geloof nooit gewankel het nie. Sy is baie dankbaar dat haar kanker nou onder beheer is. Juffrou Nesta Malan is op 30 Maart 2018 met borskanker ge-diagnoseer. Met die aanhoor van die diagnose was sy woedend vir die Here, omrede dit ’n week was voordat sy terug kon kom skool toe, na haar heup vervanging. “Sonder Elmarie se vriendskap sou ek

dit nie maak nie.” Tydens die stryd het sy egter geestelike verdieping ervaar. Sy sê dat al haar krag alleenlik van die Here af gekom het. Haar pa het elke keer tydens die behan-deling vir die volle vier en ’n half ure by haar kom sit. Ty-dens die stryd het sy 18 kg ver-loor, waar wortelsop en mieliepap haar stapelvoedsel was. Sy het getwyfel in “oorwinning” omrede kanker ’n baie slegte geskiedenis het. “Die kanker kan so klein soos ’n kopspeld wees en 3000 sel-letjies daarop hê.” Sy het dieselfde onkoloog as haar ma (wat ongelukkig die stryd teen kanker verloor het) besoek. Tydens die laaste besoek aan hom, het haar pa die volgende vir haar gesê: “Nesta, hy het vandag vir jou die beste nuus ooit gegee, iets wat hy nooit aan Ma kon gegee het nie.” Die kanker-susters was vir haar on-gelooflik, omdat hulle altyd vrolik, oop en eerlik met haar was. Dit was egter moeilik vir haar om positief te bly, maar om elke middag steeds musiek te kon gee het, het haar moed gegee. Tydens die stryd het sy vir haarself gesê: “Ek is sterk genoeg, ek kan dit oorwin.” Na die oorwinning het sy ‘n bors-prostese gekry. Sy is baie dankbaar vir tannie Rheta Pro-zesky wat ’n groot onder-steuningspilaar was. Juffrou Ilze Malan is met ‘Basal Cell Carcinoma’ (velkanker) gediagnoseer. In 2011 is die eerste een laat vries. In 2013, het sy meer bewus daarvan

geword, omdat dit groter ge-word het en het dit weer ’n paar keer laat vries. In 2015, na haar seun (Hunter) se ge-boorte, het sy dit laat verwyder. “Drie steke verder en ek was ‘brand new’!” In 2017 was dit dieper en groter en in 2018 is ‘n klompie in teater verwyder. Die dokter het wel gesê, as hulle ’n kanker kon kies, sou dit die een wees, omrede dit nie sommer na die res van die lig-gaam versprei nie. Dr. JD Vor-ster se raad aan haar was om dit dadelik te verwyder en om son te vermy in die gesig en op die kopvel. Haar grootste vrees was dat daar iets in teater sou verkeerd loop. “Wie gaan dan my drie manne nagsoen, briefies vir hulle skryf en hulle kosblikke pak?” Die ergste van haar stryd was dat hulle moont-lik haar hare moes afskeer. Sy het baie gehuil, maar weer vin-nig besef dat haar hare wel sal terug groei. “Kyk dan net hoe ‘sexy’ lyk tannie Elmarie en tannie Nesta!” Sy het jare lank gedraf sonder sonskerm en ’n hoed, omrede sy nie die son-skade met die blote oog kon sien nie. Sy smeer haar twee seuntjies met sonskerm, dat hulle soos twee roomyse op die strand lyk, alhoewel Sebastian (haar ander seun) dit verpes. Haar geloof het nooit gewankel nie en haar verhouding met Jesus het slegs versterk. Uit hierdie drie verhale kan ons sien dat ons ’n ALMAGTIGE GOD aanbid. Kanker kan oorwin word, want vir ons God is niks onmoontlik nie.

KANKER KRY ’N KLOPHOU Denja Pretorius

Kaylen Deysel

PIETIE PRAAT PRONTUIT

Opinie/Opinion June 2019 11

MEANDERING THOUGHTS

Om bekommerd te wees oor eksamens is menslik. Eksamens het dikwels ’n nega-tiewe stigma gepaard daarmee. Die visie van lang, laataande agter boeke geforseer, is vir meeste nie ’n fantasie nie. Almal is bekommerd oor punte, veral in die senior-fase. Die punte wat nou behaal word, beïnvloed jou toekoms. Baie word dadelik angs-bevange en kan glad nie tot die

beste van hulle vermoëns presteer nie. Maar, daar is leerders wie bo hierdie uitstyg en dit as ’n uitdaging hanteer. Motivering is die sleutel tot suk-ses. Om gemotiveerd te bly, moet jy ’n duidelike doel in sig hê waarvoor jy werk. Beloon jouself sodra jy die doel bereik het; jy verdien dit. Jy moet ook bereid wees om op te offer. Elke eksamen is tydelik, met ’n lekker lang

vakansie wat voorlê. Weet net, met die record- en eindjaar ek-samen, moet jy bereid wees om baie harder te werk. Wees positief en vertrou dat alles sal uitwerk. Vertrou dat jy beloon sal word vir jou harde werk. Vertrou in jou vermoëns sodat jy volgende jaar in die volgende graad sal wees. Ver-trou veral in jou geloof. Jy is tot “alles in staat deur Hom wat jou krag gee” (Filippense 4:13).

Pietie Vogel

I was lying in bed early one morning, when I awoke to a commotion in the hallway. I listened to the bemused voice of my little sister as she tore through the house, bewildered about the fact that there was no water for her to shower. Unable to resist, I took a peak to see what was happening. To my amusement, I saw my mother holding her hair brush as a microphone and saying in her most sarcastic reporter voice: “Yes, Kaylen. I’m re-porting to you live from the family hallway where your sis-ter is having an epic meltdown. Early reports indicated that there would be no water be-tween 6 and 2 today. That’s why clear instructions were given to take a shower last night, which according to this tantrum didn’t happen. So back to you, Kaylen.” Without hesitation, I applauded my mother for her witty come-back to my little sister’s tan-trum.

This got me thinking... Is this really how we react when our plans don’t work out? Do we throw a fit? Do we throw a tan-trum like my little sister and hope that water will come pouring out of the shower head? Why is it so easy to always identify the problem, but so dif-ficult to see a solution. Many of us live life at full speed, confi-dent and untroubled. We’re sure of what we want and where we’re going. Then, all of a sudden, something happens. We get thrown off our horse and we’re left panic-stricken. What happened? Newsflash! Life is not a straight line. It’s full of twists and turns, sudden obstacles and constant detours. Let me tell you, it takes guts to get back in the saddle. You have to get up, dust yourself off and take an alternative route. These unforeseen challenges shouldn’t hold us back. Instead, they should drive us to take the

next step forward. Like a Chinese pro-verb says: “When the winds of change blow, some people build walls. Others build windmills.” Which one are you? I’ve been both. I’m still tearing down walls that I’ve built-in an-ger. I’ve learned that everybody needs guidance like a blue-print. We are very privileged to have parents and teachers as mentors to guide us on our journeys. After many hard knocks, I realized that it takes courage to continue. It doesn’t help to hear the voices on the sidelines tearing you down. I used to be one of them, always seeing the negative side of life. Not any-more. Today I aim to encourage my fellow travellers and applaud them when they succeed. So I ask you today, are you a wall builder or is your windmill standing tall?

WALLS AND WINDMILLS

12 Junie 2019 Opinie/Opinion

Hallo Pottiekaners!

Vandag wil ek die volgende vraag vra: “As dit nie hy is nie, dan wie?” Dalk moet ek dit anders bewoord: “As dit nie sy is nie, dan wie?” Miskien verstaan julle nog nie. Ek probeer weer: “As dit nie jy is nie, dan wie?” Verstaan jy al? Laaste poging: “As dit nie ons is nie, dan wie?”

Die mense staan rond: hulle drom saam en vertrap mekaar. En kyk! Ou Suurdeeg is hier. Huigelaar is hier. Verspotter is hier. So baie mense is teenwoordig en almal praat agter hulle hande. Hulle praat in hoekies, agter toe deure en fluister in elke oor wat gretig is om te hoor. En nie één is tevrede nie. Nie een sien die groter prentjie raak nie. En nou vra ek dit weer op ’n ander manier: “Wie het jou as Regter of Spreekbuis vir die massas aangestel?”

Vandag sê Spook vir julle dat julle almal hier by Hoërskool Piet Potgieter is om ‘n baie spesifieke rede. Die hoof, onderwysers, ouers, leerders asook admin- en terreinwerkers is nie een hier uit eie keuse nie. Tog, maak julle asof julle die besluite oor julle lewe kan neem. Weet julle dan nie? Dit is die Here wat julle hier bymekaar gebring het. Sy groter doel is dat julle mekaar nodig het, hier, vandag, by Piet Pot. Dalk is dit tyd dat julle leer om LOJAAL te wees teenoor mekaar. Die goeie nuus is: hoe meer lojaliteit jy betoon, hoe makliker sal dit word om lojaal te wees.

Miskien verstaan jy nog nie. Jou doel hier by Piet Pot is om rele-vant te bly, om nodig te bly, om aktief betrokke te bly — ter wille van elke ander persoon wat hier saam met jou is. Dit begin by hom. Dit begin by haar. Dit begin by jou. Dit begin by elkeen van ons. Ons kán ’n positiewe verskil maak. Wys dat jou bloed blou is en wees LOJAAL. Handel Reg! Spookgroete!

Boe! Pottie Spook

When was the last time you showed your gratitude? When last did you thank someone for doing something for you? When was the last time you thanked someone you have probably never spo-ken to or met? Look around you. There are so many people at school that take care of you and your environment. You aren’t even aware of them. Think about the school factotum, Mr. Fanie Fixit, and all the school workers and cleaners that walk past you every day. You might take them for granted, but they make sure that our school is always in tip-top shape. You might think that it’s easy, but imagine you have to sweep and mop the floors, clean the windows, scrub the walls, wa-ter the garden, empty the dustbins and mow the lawn every day. We just take that for granted. Your mind should be a garden that is deeply rooted in gratitude. I think it's time we show our ap-preciation. Don’t shy away from being grateful towards them. Go out there and greet them. Say thank you. It’s that easy. It may take a few seconds of your day, but it will truly make their day. Superheroes and heroines don't fly above the clouds. They live amongst us in places we never thought to look.

HAVE AN ATTITUDE OF GRATITUDE Motegi Mothiba

Why do you do what you do? Why do you make us feel less significant than the rest of the world? Why do you break, crack and force us down, mould us to feed your sick fantasy? Yet, you still blame us when we fall apart. Why when we aren’t ashamed of being us, a per-son who is supposed to be a mentor and role model for young minds, you make jokes to embarrass us in front of our peers? Why when we try to speak out and make our voices heard, are we swept under the rug like dust, meaningless-unworthy- of-justice dust. Why do you treat us like trash when our way of being does not meet your standards? We pity small minded people. They will never know true happi-ness with all that hate in their heart. How do you live with the burden of judgement?

WHY? Mia Olivier

Nuus/News June 2019 13

In 2015, 2016, 2017 en 2018 en nou hopelik 2019, neem ek deel aan die Sanlam WOW Spelfees Na-sionaal. In 2015 het ek aan my eerste Bosveld Kunstefees deelgeneem met A+++. In 2017, speel ek die Hoofseunsrol in Laerskool Unitas se Eeukonsert. In 2018, stap ek weg as Nasionale Gr. 8 wen-ner vir Afrikaanse Spelling by Stellenbosch. Ook in daardie jaar, kry ek die geleentheid om deel te wees van die ATKV jeugtak, waarby ek steeds betrokke is, en ook van die HPP Landsdiens-groep. In 2018, het ek 'n solo in die revue gehad en ook in die revue gedans. Vet pret! Ek het aan die Bosveld Kunstefees deelgeneem en met 'n klomp 90%-toekennings weggestap asook: die Beste Bybelvoordrag vir Gr. 8 & 9, en die Beste Bladlees Prosa en Poësie vir Gr. 8 & 9. Ek het aan Op-pietongaf Redenaars deelgeneem en deurgedring tot Nasionale vlak. Ek ontvang erekleure vir

Redenaars 2018 en WOW Spelfees 2018. Daar was ook 'n gedigte kompetisie gedryf deur die kring se regering; ek het 2de gekom. Ek het aan die Interhoër Redenaars deel-geneem. Ek skou met hoenders. By die Nasionale skou het ek weggestap met die beste Yakido hoender (Dis 'n ras). Vanjaar pak ek weer my kruiwa vol, maar dié keer, tot by die “brim”! Ek neem deel aan die Wêreldkennis Olimpiade, die Wiskunde Olim-piade, die ATKV Afrikaanse Olimpiade, die Spelathon, die Sanlam WOW Spelfees, die Oppietongaf Redenaars, ATKV Redenaars, die Talethon, Podiumpret (waar ek in die 90% gekry het vir al my leesstukke, en ek dring deur om in Paarl te lees in September), die Bosveld Kunstefees, Tienertoneel, die Bos-veld Musiekfees en ek hóóp om die oudisie by NW Jeugkoor te slaag en in hul koor te sing. Ek was op TV want ek het meer onlangs aan Op Die Spel deelgeneem. As daar nog geleenthede op my pad is, gryp ek dit aan. Hoekom neem ek so deel aan al hierdie manewales? Dit is vir my ongelooflik lekker... Daar is niks lekkerder as om in jou moedertaal te kan woeker nie! My dryfkrag is om te weet dat ek ‘hierdie’ en ‘hierdie en ‘hierdie’ al gedoen. Ek het ‘so’ gevaar en ek het ‘dit’ daaruit geleer? Ek lewe voluit, want ek kan! Wat doen jy?

FOTO’S VERSKAF

EK LEWE VOLUIT! Josef Joubert POTTIEKANER se redaksielid, Josef Joubert , het ’n borrelende per-

soonlikheid. Met entoesiasme gaan hy alles wat die lewe vir hom inhou bruisend en manhaftig tegemoet. Piet Pot is ’n skool wat leerders help om hul talente tot die hoogste vlak te beoefen. Dit is elke leerkrag se be-geerte dat elke blink-oog kind by Piet Pot betrokke sal raak aan die groot verskeidenheid aktiwiteite en gebruik sal maak van die verskil-lende fasiliteite wat die skool aanbied. Hier is Josef se verhaal.

14 Junie 2019 Onderhoud/Interview

Pottiekaner has had the opportunity to sit down and talk to one of our new teachers, Miss Melissa Slippers.

Where are you or ig inal ly f rom? I ’m f rom Nelsprui t . Which school did you go to? I attended Hoërskool Bergvlam. What made you decide to become a teacher? I love helping people. I also take a keen interest in marketing and eventplanning. Teaching is the best occupation where I can combine these interests. At which university did you study? I studied at the University of Pretoria. I majored in Mathemati-cal Literacy, Business Studies and Afrikaans. What are you currently studying? I’m not studying anything at the moment, but next year I want to study my Honours degree in Educational Law and Policy. Why did you choose to teach at Hoërskool Piet Potgieter? My fiancé works here. Other than that, I believe that Hoërskool Piet Potgieter is a dynamic school. I also believe that I can make a posi-tive contribution at this school. What are your future plans regarding teaching? Next term I’ll be teaching Mathematical Literacy for the Grade 11’s and 12’s and I CAN’T WAIT!!! I hope to stay in this subject field for many years. What do you believe are the essentials of being a teacher? Passion, patience and hard work. How do you feel about being engaged? It feels normal. Being engaged doesn’t change how much we love each other or how we treat each other. It shouldn’t. But planning our wedding, when we have time, is super fun. What do you and Mnr.Oosthuizen plan for the future? Our wedding is on the 21st of December, 2019. We are also planning on buying a car and we’re saving to buy our own house.

Pottiekaner wishes you all of the best as a teacher here at our school. We also hope that your wedding will be everything that you dreamed it would be. Good luck with the rest of the wedding plans. We are super-excited for you and can’t wait to see the photos!

MEET MELISSA SLIPPERS — AN AMBITIOUS YOUNG TEACHER!

Mariam Cassim

Gunsteling kos: Braai-broodjies, steak (medium-rare) en sampioensous Gunsteling kleur: Burgundy Gunsteling flieks: “The Ultimate Gift” en “A Walk to Remember” Gunsteling liedjies: “Bitter” - Joe Black; “Human” - Christina Perri; “Desember” - Jan Blou Kaas; “Die Lyn” - Elandré Gunsteling akteur: Zac Efron Gunsteling aktrise: Emma Watson Gunsteling “Disney princess”: Rapunzel van “Tangled” Gunsteling vakansieplek: Kruger Wildtuin Wat is jou idee van pret? Om in my PJ’s heeldag te wees en “Series” te kyk. Wat is jou grootste vrees? Wat mense van my dink. Foto’s verskaf

Sport June 2019 15

NETBALL GIRLS PLAY THEIR s OUT! Elmerie Fourie

DIE VLAGSKIP VIR 2019?

En so is nog ’n netbal-seisoen op ’n einde, met baie hoogte en laag-tepunte soos

dit maar in enige sport gaan. Die triomflike oorwinnings en die hartseer van die verloor is wat ons voorberei vir nog baie lewenslesse in die toekoms. Daar steek voorwaar baie meer in Netbal as net wen en verloor. Dit is ’n spansport. Jy leer om met 13 ander spelers oor die weg te kom. Jy leer om saam met jou eie 7 spelers ’n pad van wen en verloor te

stap. Dit is nie altyd maklik om aan die verloorkant te wees nie, maar as alles dan altyd net voorpoedig in jou lewe en sport gaan, hoe sal jy uit jou foute leer en verbeter. In die HPP netbal kamp gaan dit maar soms broekskeur. Dit voel soms of ons so aan die agterspeen moet suig. Daar is soms nie eens regtig ondersteuning van mede-leerders of medesportseuns of -dogters nie. Dit voel of die Netbal gans te min bloot-stelling kry in vergelyking met van die ander win-tersport-soorte. Maar nog

steeds blus dit nie die harte van ons Netbal dogters nie. Elke seisoen pak hulle die bul by die horings, speel hulle hul harte uit. Hulle bloed is ook blou. Hou hulle dop in 2020. Hulle netbalharte gaan uit hul nate bars.

Sonder twyfel ’n onvergeetlike seisoen!! Talentvolle, toege-wyde en gedisiplineerde spelers soos díe van Piet Pot, is verseker goud werd! Suk-sesvol! Na ’n harde seisoen en ure se oefening in soms die onuithou-bare hitte van die somer en selfs kouer winterdae was die hokkiespanne van Hoërskool Piet Potgieter kookwater – of sal ek sê: “Verseker die Vlag-

skip van die skool”. Laat mens dink ,né? Ons ligawenners gedurende 2019 is die 0/16 en 2de span dogters… maar dit kom nie maklik nie. Ure se oefening, minder lekker fiksheid, lyne, aanhou uithou – kom ons probeer weer – vier dae ’n week! Maar elke week is ons hokkievelde net weer vol posi-tiewe en gemotiveerde afrig-ters en dogters. Met motiver-

ing soos Steers se “Man of the Match” rompie en ’n heerlike Hamburger, hoe dan nou anders! Baie dankie Steers! Afrigters en spelers het na vele wedstryde en oefen-sessies koning gekraai en het as wenners uit die stryd

getree – ongeag of die spanne ’n eerste plek behaal het – die HOKKIE GEES was ’n WEN! Eerste Span 2019 – Afrigters mev. Melanie du Toit en mnr. Hannes de Bruin. Hiermee ’n groot dank aan elke afrigter vir jul opoffering en uithouvermoë – want ’n klomp tienerdogters by mekaar – Sjoe! – “Gee vir daardie afrigter ’n BELLS”. Baie geluk ook aan die vol-gende spelers wat Limpopo Span behaal het: Kaylen Dey-sel, Mac Tefo, Elrike Marais, Fralize van der Hoven.

Marinel Muller

Dit was ’n moeilike jaar vir die o/14-span. Hul afrigter, Mar-tiens Joubert, sê die span het baie verbeter en gegroei deur die jaar. Tydens die laaste twee wedstryde het hulle hul beste gedoen teen Hans Stri-jdom en Ellisras waar hul net met twee punte verloor het. Franco van der Nest (kaptein) en Henriko Kruger (onder-kaptein) het hul spanmaats suksesvol gelei en gemotiveer reg deur die jaar. Die o/14-spangees het gegroei en daar word met verwagting uitgesien na hoe die span die skool se

naam hoog gaan hou in die volgende vier jaar. Die skool se o/15-span het goed gevaar en het 8 uit 12 wedstryde gewen. Die span het ongelukkig by die semi-finaal van die Limpopo-beker uitgeval. Die onder o/16-span het ’n moeilike jaar gehad omdat daar baie beserings was. Declan Brews (kaptein) het ’n ernstige kniegbesering opge-doen en Hanno Janse van Rensburg het daarna die man-tel oorgeneem. Met die hulp van Eric Strydom (onder-kaptein), het Hanno die span suksesvol gelei en gemo-

tiveer. Hulle het ses van hul 13 wedstryde gewen. Albei spanne hou hul span-gees hoog want hulle gaan in die vakansie hul staal in die Virsekerbeker toon. Die derdespan het vierde al-geheel geëindig met geen uitspeel nie. Die tweedespan het nuwe truie ontvang en daarmee ’n nuwe tradisie onder die spanlede begin. Jaco van den Berg, die afrigter van die derdespan, sê hy het dit geniet om te sien hoe die seuns gegroei het. Hy sien daarna uit om die span weer volgende jaar af te rig.

Dit is weer tyd om totsiens te sê aan ons matrikulante wat Eerstespan rugby gespeel het. Ons kyk terug en besef dat hierdie jaar, meer as iets anders, ’n leerskool was. Die matrikulante van 2019 het as ’n o/14-span 3 wedstryde verloor, as ’n o/15-span 2 wedstryde verloor en verder as ’n o/16-span 2 wedstryde verloor. In hulle o/14 jaar het hulle die

L impopo-beker ge-wen en in die Virse-kerbeker, in die half-eind-stryd, uitgeval. In

hulle o/15 jaar het hulle die Limpopo- en Virsekerbeker gewen. Verlede jaar het hulle 3 wedstryde verloor en tydens hierdie jaar se seisoen 4 wed-stryde. Hierdie jaar het glad nie ver-loop soos die span beplan en gehoop het nie, maar elke seun en die afrigters is oortuig daarvan dat hulle baie meer van mekaar geleer het. Alhoewel hierdie jaar nie ’n groot sukses op die rugbyveld was nie, was dit beslis ’n suk-sesvolle leerskool vir almal. Die seuns wat nou by die Eerstespan moet aansluit, het geleer hoe hard daar gewerk moet word om in die Eerstespan te wees en hoe om rugby uit te bou. Ons sê dankie vir die 2019 kaptein,

Wian van der Kolff, en die onder-kaptein, Meinhardt Ver-maak, vir hul besondere lei-ding. Hoewel ons nie op die veld gewen het nie, bly Piet Pot steeds bo. Deur te verloor het ons meer geleer en dit het ons spangees ’n sukses ge-maak. Die Eerstespan wil dankie sê aan hul uitstekende afrigters, Renier Labuschagne en Brad-ley Pieterse. Die span en af-rigters bedank Wessel Venter wat vir vyf jaar as die span-bestuurder opgetree het, Gerda Hawken, hul fisiotera-peut asook vir Dr André van der Berg, die span se dokter. Die span sê ook dankie aan al die ouers, die hoof en perso-neel, leerders… almal wat hulle ondersteun het.

EERSTES BLY WENNERS!

RUGBY VLOEI DEUR ONS ARE Altus van der Merwe

Bladsy 15

Foto’s: Facebook

Altus van der Merwe