jv-nuushtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/jv-nuus18...jv-nuus meyerstraat 1072 tel : 012 332...

8
Hierdie is die laaste nuusbrief vir die tweede kwartaal. 26 30 JUNIE Vanaf Maandag 26 Junie word die gewone skoolrooster gevolg, ons begin Maandag met dag 3. Leerders is verplig om skool by te woon aangesien nuwe werk behandel sal word. SKOOL SLUIT Die skool sluit op Vrydag, 30 Junie om 11:00. Geniet die vakansie, ry veilig indien u iewers heen reis, en kom uitgerus terug! MOSIES Mev Linda Bezuidenhout, mev Erenchia J van Rensburg en mnr Flip van Rooyen verjaar almal Vrydag, 23 Junie. Mev Mariëtte Keyter verjaar Dinsdag. 27 Junie en mnr Pieter Erasmus Donderdag, 29 Junie. Baie geluk! KLEREBANK Die klerebank doen ‘n dringende beroep op u om indien u ou skoolklere het, dit vir die klerebank te skenk. Daar is veral ‘n groot behoefte aan truie, serpe en skoene . Ons sal u hulp in hierdie koue tyd baie hoog op prys stel. ATLETIEK Die Atletiek se oefenprogram is as volg: Maandag: spiesgooi/gewigstoot/diskus 12:30 13:15 Dinsdag: naellope/middelafstande 12:30 13:15 Donderdag: spiesgooi/gewigstoot/diskus 12;30 13:15 Vrydag: naellope/middelafstande 12:30 13:15 Ons doen ‘n ernstige beroep op ons atlete om gereeld en indien moontlik, alle oefeninge by te woon. Slegs deur harde werk kan die beste in ons na vore kom. KRIEKET Voorseisoen oefentye: Woensdag Krieket O/14 A/B & O/15A/B 12:15 - 13:00 Vrydag Krieket 1A/2A & 1B 13:15 - 14:00 JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 18/2017

Upload: others

Post on 22-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

Hierdie is die laaste nuusbrief vir die tweede kwartaal.

26 – 30 JUNIE Vanaf Maandag 26 Junie word die gewone skoolrooster gevolg, ons begin Maandag met dag 3. Leerders is verplig om skool by te woon aangesien nuwe werk behandel sal word.

SKOOL SLUIT Die skool sluit op Vrydag, 30 Junie om 11:00. Geniet die vakansie, ry veilig indien u iewers heen reis, en kom uitgerus terug!

MOSIES

Mev Linda Bezuidenhout, mev Erenchia J van Rensburg en mnr Flip van Rooyen verjaar almal Vrydag, 23 Junie. Mev Mariëtte Keyter verjaar Dinsdag. 27 Junie en mnr Pieter Erasmus Donderdag, 29 Junie. Baie geluk!

KLEREBANK

Die klerebank doen ‘n dringende beroep op u om indien u ou skoolklere het, dit vir die klerebank te skenk. Daar is veral ‘n groot behoefte aan truie, serpe en skoene . Ons sal u hulp in hierdie koue tyd baie hoog op prys stel.

ATLETIEK

Die Atletiek se oefenprogram is as volg: Maandag: spiesgooi/gewigstoot/diskus 12:30 – 13:15 Dinsdag: naellope/middelafstande 12:30 – 13:15 Donderdag: spiesgooi/gewigstoot/diskus 12;30 – 13:15 Vrydag: naellope/middelafstande 12:30 – 13:15 Ons doen ‘n ernstige beroep op ons atlete om gereeld en indien

moontlik, alle oefeninge by te woon. Slegs deur harde werk kan die beste in ons na vore kom.

KRIEKET

Voorseisoen oefentye:

Woensdag Krieket O/14 A/B & O/15A/B 12:15 - 13:00 Vrydag Krieket 1A/2A & 1B 13:15 - 14:00

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 18/2017

Page 2: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

MATRIEK WINTERSKOOL

Die Matriek Winterskool vind plaas vanaf 10 – 21 Julie. Daar is nog enkele plekke beskikbaar, betaal by die finansies kantoor vóór of óp Vrydag 23 Junie om jou plek te verseker. Die Program is as volg:

Dag en datum Vak Tyd Onderwyser

Maandag 10 Julie Afrikaans Letterkunde

7:30 – 10:30 11:00 – 14:30 15:00 – 18:00

E Olwage

Dinsdag 11 Julie

Wiskunde Wiskunde Geletterdheid

8:00 – 14:00 9:00 – 12:00

R vd Merwe A Meyer & J Swart

Woensdag 12 Julie

Wiskunde (Sessie 1) Wiskunde Geletterdheid

8:00 – 14:00 9:00 – 12:00

R vd Merwe A Meyer & J Swart

Donderdag 13 Julie

Wiskunde (Sessie 1) Wiskunde Geletterdheid

8:00 – 14:00 9:00 – 12:00

R vd Merwe A Meyer & J Swart

Maandag 17 Julie RTT 8:00 – 12:30 M Geyser

Dinsdag 18 Julie

RTT 8:00 – 12:30 M Geyser

Maandag 17 Julie

FW (Sessie 1) FW (Sessie 2)

7:30 – 10:30 10:45 – 13:45

F v Rooyen

Dinsdag 18 Julie

FW (Sessie 1) FW (Sessie 2)

7:30 – 10:30 10:45 – 13:45

F v Rooyen

Woensdag 19 Julie

FW (Sessie 1) FW (Sessie 2)

7:30 – 10:30 10:45 – 13:45 F v Rooyen

Donderdag 20 Julie IGO 9:00 – 13:30 C v Niekerk

Vrydag 21 Julie IGO 9:00 – 13:30 C v Niekerk

TENNIS

o/15 JV’s - 27 South-Downs College - 41 JV’s - 45 AHS - 24 JV’s - 49 Akasia – 18 Bo 15A JV’s - 13 Eldoraingne - 54 JV’s - 24 Overkruin - 43 JV’s - 29 Oos-Moot - 38 JV’s - 49 Cornwall Hill – 18

Bo 15B JV’s - 61 Pretoria-Noord - 6 JV’s - 45 Tuine - 23 JV’s - 67 FH Odendaal - 0 JV’s - 54 Hillview High - 14 JV’s - 67 Tyger Valley - 0 JV’s - 41 Oos-Moot - 26 JV’s - 32 Pretroia-Noord - 35

Page 3: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

HULPFONDS

Ons help weer hierdie jaar 10 gesinne wat swaarkry uit met nie-bederfbare kosprodukte en skoonmaakmiddels. Ons doen graag weer ‘n beroep op die

van u wat kans sien om te help, om ons te voorsien van die volgende items waarvoor daar steeds ‘n groot behoefte is: Suiker; melkpoeier; langlewe melk; blikkies vleis en ontbytpappe.

FURY-MOTORKOMPETISIE

Dit is weer tyd vir ons jaarlikse motorkompetisie waar u vir slegs R10 (dis minder as ‘n brood se prys!) die kans staan om ‘n splinternuwe Mazda 2 te wen!

Ons mikpunt vanjaar is dat elke leerder ten minste twee boekies (20 kaartjies) moet verkoop. Ons doen ‘n beroep op u om ons asseblief hierin te ondersteun

en sê sommer by voorbaat dankie vir u ondersteuning.

GEDAGTE VIR DIE DAG

Elke uitvindsel was eens slegs 'n idee - glo aan jou drome!

TOTSIENS Ons neem afskeid van mev Mariëtte Keyter en mnr Diederick Barnard wat ons verlaat aan die einde van die kwartaal.

VERLORE SELFONE

Daar is nog steeds ’n verlore selfoon by die Admin kantoor. Doen navraag indien jy een verloor het.

SAAMRYGELEENTHEID

Benke Zeelie is beskikbaar om te help met vervoer van en na skool en na sportbyeenkomste. Kontak haar vir verdere besonderhede by [email protected] of whatsapp of skakel 061 248 8226.

Saamry geleentheid - middae vanaf skool na Gezina, 8ste Laan x 2 kinders asb. Kontak asb vir Michelle Watkins op 084 688 9111 of [email protected].

Saamry geleentheid gesoek in middae na Karel Trichardtstraat, Mountain View, kontak Hannelie by 076 978 5020.

Enige iemand wat kan help met ‘n saamrygeleentheid vanaf

Grootfontein/Moreletta Park kontak asseblief vir Moira du Plessis by 061 815 5658 of Andries du Plessis by 084 689 3157 of e-pos [email protected].

Page 4: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

JV-RAAD KAMP

Die JV-Raad kamp vind plaas van 30 Junie tot 2 Julie by Môrester kampterrein. Ons vertrek 12:00 vanaf die skool en sal op 2 Julie nie later as 10:30 terug wees by die skool.

GRAPJAS

Gert: “Pa, ek is moeg vir huiswerk doen!” Pa: “Seun, hard werk het nog nooit iemand dood gemaak nie.” Gert: “Dit mag so wees, maar ek wil nie die eerste een wees nie!”

FONDSINSAMELINGS

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug. Total Totiusdal het ‘n lojaliteitskaart bekendgestel. Wanneer u weer daar brandstof ingooi, vra vir die strokie waarop u kan registreer vir die kaart, wat u dan gee wanneer u brandstof ingooi. Die skool ontvang dan ‘n gedeelte terug.

My School Gebruik u MySchool kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n

persentasie en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n

aansoekvorm by die algemene kantoor kom afhaal.

Makro Daar is ‘n moontlikheid van twee opsies: Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm

van ‘n rabat. Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die

kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.

Page 5: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

ADVERTENSIES

Page 6: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

SIEKTE-EKSAMEN REËLINGS

AFWESIGHEDE TYDENS TOETSE EN EKSAMENS / ONVOLLEDIGE PUNTE

Afwesighede van leerders tydens skooldae waarop portefeulje-opdragte voltooi moet word, maar veral tydens TOETSE EN EKSAMENS, veroorsaak vir die skool en personeel werklik ‘n groot kopseer. Daar is op verskeie geleenthede al op die

ouers ‘n beroep gedoen om GEEN afsprake tydens skoolure te reël nie en nie u kinders tydens skoolure te kom uitteken nie. Die kinders kan eenvoudig nie die verlore werk inhaal en optimaal presteer nie.

Leerders se rapportpunte word saamgestel uit eksamenpunte, toetspunte en die punte van portefeulje-opdragte wat deur die loop van elke kwartaal op ‘n deurlopende basis

afgeneem word.

Indien leerders wettig afwesig is as gevolg van siekte, wat met ‘n mediese sertifikaat gestaaf word, ‘n persoonlike krisis het, wat met die hoofde bespreek is, of vir sportdeelname op Provinsiale en Nasionale vlak en dit met die skool bespreek is, sal leerders geleentheid kry om die opdrag in te haal of in die geval van toetse en eksamens ‘n siektevraestel af te lê.

DIE PROSEDURE OM TE VOLG VIR REËLINGS VIR DIE SIEKTE-EKSAMEN OF-TOETS IS AS VOLG:

1. Vir gewone afwesighede stel u me Keyter in kennis by [email protected]. 2. Doen aansoek by me Dowd by die volgende e-pos adres vir u kind se siekte-

eksamen: [email protected]

3. Laaste tydgleuf vir aansoek: Op die laatste die Maandagoggend 09:00, ná die week waarin die leerder die toets of die eksamen gemis het.

4. Leerders/ Ouers wat nie binne die tydskedule hou nie, sal die geleentheid verbeur om die eksamenvraestel of toets in te haal.

5. Op die e-pos is die leerder se volledige naam, klas, datum van afwesigheid asook die vak/ke wat die leerder nie kon skryf nie aangetoon.

6. Heg die stawende dokumente (Doktersbrief/begrafnisbrief ens) vir die afwesigheid by die e-pos aan. HARDE KOPIEë VAN DIESELFDE DOKUMENTE WORD BY DIE KLASVOOG INGEDIEN.

7. Die siektetoets/-eksamen word die Woensdagmiddag, in die week na die toets/e; eksamenvraestel/le gemis is, om 14:00 in lokaal 111 afgelê.

8. Indien die leerder meer as een toets of eksamenvraestel in die betrokke week gemis het, sal 1 van die toetse of eksamenvraestelle die daaropvolgende week se Woensdagmiddag afgelê word.

9. Indien ‘n leerder vir ‘n langer periode as ‘n week afwesig is agv hopitalisasie, of

nie kan skryf nie agv gebreekte arm of been sal ‘n individuele reëling met die

ouers en die leerder getref word. 10. Indien u nie ‘n e-pos fasiliteit tot u beskikking het nie word dieselfde prosedure

gevolg, behalwe dat die leerder self die dokumente, soos op die tye bo aangedui, by me Dowd inhandig.

11. By versuim van bogenoemde reëlings sal die leerder die punte vir die betrokke toets/eksamen/opdrag verbeur maw ‘n nul-punt ontvang.

NB: GEEN SIEKTE-TOETSE OF EKSAMEN SAL GEREËL

WORD INDIEN U NIE BY DIE BELEID HOU NIE!

Page 7: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

TRANSORANJE SKOOL VIR DOWES

Transoranje Skool vir Dowes hou ‘n Nataniël oggend vir fondse. Daar is nog kaartjies beskikbaar indien enige iemand belangstel.

Page 8: JV-NUUShtsjv.co.za/wp-content/uploads/2017/06/JV-Nuus18...JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein No 18/2017 MATRIEK WINTERSKOOL Die Matriek Winterskool vind plaas

STRES ONTLAAIER