jv-nuus · gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n...

11
1 LUIDSPREKERS Let asseblief daarop dat leerders nie toegelaat word om “boombox” luidsprekers skool toe te bring nie. Genuine JV-ondersteunershemde beskikbaar @ R100 elk by die klerebank Maandae tot Donderdae vanaf 7:00 14:15. Ondersteun ons asseblief en koop jou hemp! KRIEKET JV-ONDERSTEUNERSHEMP JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 4/2019

Upload: others

Post on 18-Aug-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

1

LUIDSPREKERS

Let asseblief daarop dat leerders nie toegelaat word om “boombox” luidsprekers

skool toe te bring nie.

Genuine JV-ondersteunershemde beskikbaar @ R100 elk by die klerebank

Maandae tot Donderdae vanaf 7:00 – 14:15. Ondersteun ons asseblief en

koop jou hemp!

KRIEKET

JV-ONDERSTEUNERSHEMP

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 4/2019

/2017

Page 2: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

2

Page 3: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

3

PROGRAM: ATLETIEK @ PTA-NOORD

Page 4: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

4

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende

dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke

vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt

bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal het

in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graadgroep vir

die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het.

NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE

eksamen/toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat

oorskryf, indien die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van

bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie

sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke

klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n

bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan

dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien

daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om

me Dowd enige tyd by die skool te skakel.

FIETSLOODS

Leerders wat van die fietsloods gebruik maak moet seker maak dat hulle fietse aan

die fietsloods vasgesluit is. Die skool kan nie verantwoordelikheid neem vir fietse

wat gesteel word indien dit nie vasgesluit is nie. Dit is die leerder se eie verant-

woordelikheid om toe te sien dat sy fiets behoorlik vasgesluit is.

GRAPJAS

Engelse onnie: “Gert, give a sentence beginning with ‘I’”.

Gert: “I is....”

Onnie: “Stop there, you need to begin with ‘I am’.”

Gert: “Oh, okay... I am the ninth letter of the alphabet.”

Gr 8-VERPLIGTE BYWONING VAN SPORTBYEENKOMSTE

Alle graad 8-leerders is verplig om die volgende sport byeenkomste by te woon:

Atletiek 8 Februarie en rugby 4 Maart, 14 Maart en 25 April.

Page 5: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

5

TUINRUBRIEK

WAT IS ‘N SUURVY?

Die “Natalse Suurvy” – Carpobrotus dimidiatus word wyd geplant regdeur die land.

Van die kusdele van die Kaapse strande en duine, Noordwaarts na Natal, Mozambiek en baie dele in die binneland. Kenmerkend is hierdie kruipende vetplantagtige vygie met sy driekantige “vet” blaar wat redelik droogte bestand is en ‘n geheimsinnige blom wat later ‘n eetbare vrug vorm.

Die vrug is vol baie sade en word deur ‘n verskeidenheid diertjies versprei.

Beskrywing:

Carpobrotus dimidiatus is ‘n taai, rankagtige plant met vleesagtige drie-kantige groen blare. Die Natalse Suurvy sprei vinning oor ‘n groot oppervlakte en vorm ‘n taai gronddekker wat gehard is teen droogtes en soutsproei vanaf die kusdele.

Die groot blink, pienkerige, vygie-agtige blom word gedra aan regop blomstingels.

Hierna vorm die blom ‘n vrug. Die suurvy se vrug het ‘n suur smaak, vandaar die naam “suurvy” ook genoem “strandvy”.

Gebruike:

Carpobrotus spesies word baie gebruik om verspoelings tee te werk langs paaie, spoorlyne en teen walle.

Carpobrotus dimidiatus word veral gesien by “retaining wall” – keer walle wat uit “Loffenstein” stene gebou word, “constructed” of “plant blocks”.

Die Natalse Suurvy is ook ‘n geneesmiddel vir verskeie siektes:

Maak blare fyn en sif die sap uit, gorrel vir ‘n seer keel.

Page 6: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

6

Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae.

Vir maag opgeblaasheid of “diaeree.

‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde.

Groei die plant gemaklik met steggies wat gemaak word van blaardele gesny net onder die blaar-knop/ blaar-lasplek. Plant steggie met kompos en bietjie beenmeel, in die plek waar hy permanent gaan groei.

Gee dadelik en gereeld water en die plant sal binnekort wortels vorm.

Carpobrotus dimidiatus.

Page 7: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

7

KLETSHOEKIE

Onverskrokke vir Jesus

Johan Smith

Kirk Cameron, bekende Amerikaanse akteur en werker onder die jeug van Amerika,

waarsku die kerk en jongmense met die volgende woorde:

“We are desperately trying to attract them to the Saviour by offering a comfy, cozy,

non-confrontational, buddy-buddy relationship with Jesus that promises personal

satisfaction.”

Dit is duidelik dat ‘n verhouding met Jesus nie in die eerste plek oor jou persoonlik

bevrediging en satisfaksie gaan nie. Nee, dit gaan in die eerste plek oor God en dit wat

Hy vir jou gedoen het deur Jesus en die kruis en dit wat Hy in jou lewe wil doen deur die

kragtige werking van die Heilige Gees.

God soek manne, vroue, seuns en dogters wat bereid is om onbeskaamd op te staan en

werkers in die Koninkryk te word. Sadrag, Mesag en Abednego lees jy van in Daniël 3.

Die koning het ‘n bevel uitgevaardig dat as die musiekinstrumente speel sal almal voor

die goue beeld buig. Indien nie, word jy doodgemaak deurdat jy in die brandende

vuuroond gegooi word. Wat ‘n vooruitsig! Maar die drie manne skrik nie. Hulle stap dan

ook eendag in die strate toe die musiekinstrumente begin speel. Almal val neer – so plat

soos ‘n pannekoek, want niemand wil in die vuuroond gegooi word nie. Maar nie die

drie manne nie. Nee, hulle staan penregop: die wêreld kan en moet sien. Hulle buig voor

geen ander god as hulle enigste, ware God nie. Hulle word dan ook in die vuuroond

gegooi lees ons in Daniël 3, maar brand nie dood nie, want God is aan hulle kant en

beskerm hulle lees ons in vers 25:

Maar ek sien dan vier manne wat vry en ongedeerd rondbeweeg in die vuur, en die

vierde lyk soos ‘n hemelwese.

Ja, al kan jy teenkanting te wagte wees, kan jy altyd weet God is aan jou kant en Hy sal

jou beskerm. Met God aan jou kant is jy in elk geval sterker as enige oormag

HIERDIE WEEK

KYK ONS NA…

Antoinette Dowd

Page 8: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

8

(vra maar vir kleine Dawid teen die grote Goliat!). God soek na die Sadrags, Mesags

en Abednego’s van die nuwe millennium. God soek na die Sadrags, Mesags en

Abednego’s wat bereid is om in hulle skole, huise, universiteite, technikons en

werke vir hom op te staan en ‘n verskil te maak. God soek jou om radikaal voluit vir

Hom te leef.

Oswald Chambers het gesê:

The best measure of the spiritual life is not its ecstasies, but its obedience.

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie

en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za

of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene

kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die

kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat

u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle

dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.

Page 9: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

9

STRESONTLAAIER

Page 10: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

10

VERTENSIES

12 STEPS SCHOOL WEAR

vol sweetpak

vol stel

-

Page 11: JV-NUUS · Gebruik ook gemaklik die sap vir veluitslae. Vir maag opgeblaasheid of “diaeree. ‘n Lap wat deurweek is met die suurvy se sap sal help vir brandwonde. Groei die plant

11

OM HIER TE ADVERTEER, KONTAK DIE SKOOL