jv-nuus - hts john vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/jv-nuus16.pdfbotha in die algemene...

16
1 MOSIES Mnr. Erich Broodrijk van die sportkantoor verjaar Saterdag, 18 Mei. Baie geluk! Mnr. en mev. Sias en Sanda Botha se dogter Kaylin behaal ‘n tweede plek in die Gauteng-Noord Akrobaat kampioenskappe. Baie geluk! Mev. Rochelle van der Merwe se seun verwerf 3 A + -sertifikate en een A-sertifikaat vir sang by die Pretoria Eisteddfod. Baie geluk! Mev. Esra Olwage se dogter behaal 2 A + -sertifikate by die Radikale Redenaars. Baie geluk! GLANSFEES Op 9 Mei het HTS John Vorster ‘n glansryke skouspel aangebied saam met die gewilde sangeres, Eunice Kemp. Optredes van reg oor die Moot het ingesluit sangitems, orkesmusiek, dramastukke, kooroptredes, gimnastiek, revues asook klavier en trompet uit HTS John Vorster, Oos-Moot, Villieria, Boerefort, Voorpos en Die Poort. Gaskunstenaars het ingesluit Anri van Greunen, Marcel Dednam en Bianca du Plessis. Die radio-oproeper, Phil Loots, het as seremoniemeester opgetree en uiteindelik aan Marizel Brits haar R2000 toegeken as Glansfees-wenner! Wat 'n puik aand met bobaas vermaak op die planke! Baie dankie aan elkeen wat ‘n aandeel aan die aand se sukses gehad het. JV-NUUS Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2 Rietfontein Webblad: www.htsjv.co.za No 16/2019

Upload: others

Post on 22-Jan-2020

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

1

MOSIES

Mnr. Erich Broodrijk van die sportkantoor verjaar Saterdag, 18 Mei. Baie geluk!

Mnr. en mev. Sias en Sanda Botha se dogter Kaylin behaal ‘n tweede plek in die

Gauteng-Noord Akrobaat kampioenskappe. Baie geluk!

Mev. Rochelle van der Merwe se seun verwerf 3 A+-sertifikate en een A-sertifikaat vir

sang by die Pretoria Eisteddfod. Baie geluk!

Mev. Esra Olwage se dogter behaal 2 A+-sertifikate by die Radikale Redenaars. Baie

geluk!

GLANSFEES

Op 9 Mei het HTS John Vorster ‘n glansryke skouspel aangebied saam met die gewilde

sangeres, Eunice Kemp. Optredes van reg oor die Moot het ingesluit sangitems,

orkesmusiek, dramastukke, kooroptredes, gimnastiek, revues asook klavier en trompet

uit HTS John Vorster, Oos-Moot, Villieria, Boerefort, Voorpos en Die Poort.

Gaskunstenaars het ingesluit Anri van Greunen, Marcel Dednam en Bianca du Plessis.

Die radio-oproeper, Phil Loots, het as seremoniemeester opgetree en uiteindelik aan

Marizel Brits haar R2000 toegeken as Glansfees-wenner! Wat 'n puik aand met bobaas

vermaak op die planke!

Baie dankie aan elkeen wat ‘n aandeel aan die aand se sukses gehad het.

JV-NUUS

Meyerstraat 1072 Tel : 012 332 1760/1/2

Rietfontein

Webblad: www.htsjv.co.za

No 16/2019

/2017

Page 2: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

2

BERGFIETS

Evan Prinsloo behaal ‘n eerste plek in die o/15 52km padwedren by Rooiwal.

Baie geluk!

KULTUUR

Pierre van der Merwe verwerf drie A+-sertifikate en een A-sertifikaat in die afdeling

Vokaal Senior by die Pretoria Eisteddfod.

Lané Smit en Zaylee-Ann Olwage verwerf albei twee A+ -sertifikate by die

Radikale Redenaars.

Baie geluk!

SKAAK

Ons skaakspanne het tot dusver baie goed gevaar in die liga. Hulle is:

o/17:

Inge Vosloo, Albert Jacobs, Zander Bezuidenhout, Coenraad Slabber, Adriaan

Theron, Alexander Ferreira, Ruan Venter en Elisma Vermeulen.

o/15:

Reinhardt Jordaan, Jonathan Ferreira, Lohin Rademeyer, Deon Petzer, Cecil Lotriet,

Hanro de Bruin en Abraham Meyer.

GRAAD 8 - 2020

Aanlynregistrasie vir graad 8 – 2020 is uitgestel en open op 20 Mei 2019 om 8:00.

Ouers moet binne 7 dae van registrasie die dokumente by die skool inhandig.

Aansoeke waarvan dokumente nie ontvang is nie, sal outomaties van die Departement

se aanlynlys verwyder word.

SCHOOLRIDE

Ons bring graag weer die volgende onder u aandag. Daar is ‘n firma wat leerders

ván en ná aktiwiteite vervoer, met baie meer veiligheidsaspekte as ander

instansies wat tans beskikbaar is. Hulle is spesifiek daarop ingestel dat u kind se

veiligheid eerste kom en dat u ten alle tye die beheer het oor die oplaai en aflaai

van u kind. Hulle is ook op soek na ouers wat bereid is om as bestuurders op te

tree. U kan sodoende ‘n ekstra inkomste genereer. Lees gerus die inligtingstuk op

bl. 15.

Page 3: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

3

TENNIS

TENNIS

Page 4: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

4

SIEKTE EKSAMEN / TOETSREËLINGS

1. ‘n Leerder wat met ‘n wettige rede afwesig was dien die stawende

dokumente bv ‘n doktersbrief/begrafnisbrief by die spesifieke

vakonderwyser in. Die vak-onderwyser sal dan vir die leerder ‘n punt

bereken met in ag neming van die leerder se punte wat hy/sy reeds behaal

het in vorige opdragte asook die gemiddelde persentasie wat die graad-

groep vir die bepaalde opdrag (waartydens die leerder afwesig was) behaal het.

NB: Dit staan egter die bepaalde vakonderwyser vry om ENIGE eksamen/

toets wat die leerder gemis het, met genoeg kennisgewing te laat oorskryf, indien

die vakonderwyser die leerder se kennis in terme van bepaalde werk wil toets.

2. Indien die leerder nie binne ‘n week na die afwesigheid die dokumente indien nie

sal die leerder nul vir die bepaalde opdrag kry.

3. Bogenoemde reëlings vrywaar nie die leerder om ook by sy/haar betrokke

klasvoog die bewyse/motivering vir afwesighede in te dien nie.

4. Indien enige leerder misbruik maak van die geleentheid om die formule-punt vir ‘n

bepaalde opdrag te kry sal die leerder summier nul vir die opdrag kry en ook aan

dissiplinêre aksies onderwerp word.

Ons vertrou dat bogenoemde reëlings vir u duidelik is en dat u daarby sal hou. Indien

daar egter nog enige verdere onsekerhede in die verband is, is u meer as welkom om

mev. Dowd enige tyd by die skool te skakel.

RUGBY

GRAPJAS

Koos: “As jy in ‘n kamer vol mense staan, hoe weet jy watter een is die vlieënier?”

Gert: “Nee, ek weet nie.”

Koos: “Maklik, hy sal wel vir jou sê.”

Page 5: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

5

EKSAMENREËLINGS EN EKSAMENROOSTERS

Elke leerder ontvang vandag sy/haar finale eksamenrooster. Bestudeer dit asseblief sorgvuldig saam

met u kind. (Let op die veranderinge vanaf die voorlopige eksamenrooster na die finale eksamenrooster).

1. Algemene reëlings vir Gr 8 en 9: 1.1 Die skool begin elke dag om 7:35. 1.2 Alle leerders meld in hul voogklasse aan vir algemene administrasie en kontrole tot

8:00. 1.3 Leerders wissel na eksamenlokale van 8:00 tot 8:10. 1.4 Leerders meld om 8:10 by hulle eksamenlokale aan vir eksamenadministrasie. 1.5 Na afloop van die eksamen is daar ’n studiesessie tot 12:00, waarna die leerders

toegelaat sal word om te verdaag. Geen leerder sal toegelaat word om voor 12:00 te loop nie.

1.6 Leerders wat afwesig is in die voogklasse, sonder 'n geldige rede, sal nie toegelaat word om saam met die groep eksamen te skryf nie.

1.7 Leerders moet ook die dae wat hul nie eksamenvraestelle skryf nie, by die skool studeer.

2. Verdaging na eksamensessies: Leerders mag onder geen omstandighede in die parkie voor die skool wees nie en ook nie by

die winkelsentrums of in die strate rondloop nie. Dit is hier waar moeilikheid ontstaan en waar leerders aan negatiewe elemente blootgestel word.

3. Verpligte studieklas:

Daar is 'n verpligte studieklas, elke dag tot 13:30 (Vrydae tot 13:00), vir leerders wat hulle aan wangedrag skuldig gemaak het of leerders wat hulle tydens die eksamen skuldig maak aan wangedrag of minagting van die skoolrëels. Die ouers van die betrokke leerders sal vroegtydig in kennis gestel word.

4. Ouerversoek- studieklas:

Daar is 'n ouerversoek studieklas beskikbaar by die skool vir leerders wat nie na afloop van die eksamen kan huis toe gaan nie as gevolg van vervoerprobleme of indien u as ouer verkies dat hulle by die skool onder toesig tot 13:30 (Vrydae 13:00) studeer

.

5. Afwesighede tydens die eksamen:

Alle leerders skryf hulle vraestelle soos op die eksamenrooster aangedui. Neem asseblief kennis dat geen vraestel op enige ander tyd of dag geskryf kan word nie. Slegs 'n dokter-sertifikaat en onvermydelike, persoonlike omstandighede byvoorbeeld begrafnisse, sal as wettige verskonings aanvaar word, sodat ‘n leerder nie ‘n nulpunt vir die vraestel wat nie geskryf is nie, kry nie. Vervroegde vakansiereëlings tel nie as onvermydelike, persoonlike omstandighede nie, aangesien die skoolkwartaaldatums reeds 'n jaar vooruit deurgegee is. Doktersbriewe word onmiddellik, op die dag, waarop die leerder terug is by die skool, by die voogonderwyser EN vakonderwyser ingedien.

6. Amanuensesleerders let op die volgende:

6.1 Om 8:00 beweeg die amanuensesleerders na die algemene kantoor waar hulle die vraestelle en lokaalsleutels by me. Botha sal ontvang.

6.2 Die amanuensesleerder beweeg dan na sy/haar toegewysde lokaal en kan dan met die vraestel om 8:15 begin.

6.3 Sodra die leeder klaar is met sy/haar vraestel, handig hy/sy die vraestel en sleutel by me. Botha in die algemene kantoor in.

6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer tot 12:00. 6.5 Dit is die amanuensesleerder se verantwoordelikheid om die lokaal netjies agter te laat, die

vensters toe te maak, die ligte af te skakel en te sluit nadat hy/sy klaar is met die eksamen. Dit is 'n voorreg om amanuenses te gebruik en as hulle die klasse misbruik kan hulle die voorreg verbeur. Moet dus asseblief nie in die personeel se laaie en kaste krap nie en laat die tafels en stoele soos u dit gekry het.

Alle eksamennavrae kan aan me. Dowd gerig word.

Page 6: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

6

Page 7: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

7

VERLORE SELFOON

Ons het steeds die foon wat agtergebly het in die bus na Pretoria-Noord verlede Vrydag, in die kantoor. Indien dit joune is kom kry dit asseblief, dit is nie gesteel nie.

Page 8: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

8

Elke leerling ontvang vandag sy/haar finale eksamenrooster. Bestudeer dit asseblief sorgvuldig saam

met u kind. (Let op die veranderinge vanaf die voorlopige eksamenrooster na die finale eksamenrooster).

1 Algemene reëlings vir Gr 10-12: 1.1. Die skool begin elke dag om 7:35. 1.2. Alle leerlinge meld in hul voogklasse aan vir algemene administrasie en kontrole tot 8:00.

2 Dagprogram

2.1 Voogperiode : 7:35 – 8:00

2.2 Leerders wissel na eksamenlokaal : 8:00 – 8:10

2.3 Eksamen begin stiptelik om : 8:15 (departementele en provinsiale

vraestelle om 9:00).

2.4 Eksamen eindig 15 minute na die tydsduur van die vraestel.

2.5 Sessie twee begin stiptelik : 14:00 (leerders meld om 13:30 aan)

2.6 Sessie twee eindig 15 minute na die tydsduur van die vraestel.

3 Verdaging na eksamensessies: Leerders mag onder geen omstandighede in die parkie voor die skool wees nie en ook nie by die winkelsentrums of in die strate rondloop nie. Dit is hier waar moeilikheid ontstaan en waar leerders aan negatiewe elemente blootgestel word.

4 Verpligte studieklas:

Daar is 'n verpligte studieklas, elke dag tot 13:30 (Vrydae tot 13:00), vir leerders wat hulle aan wangedrag skuldig gemaak het of leerlinge wat hulle tydens die eksamen skuldig maak aan wangedrag of minagting van die skoolrëels. Die ouers van die betrokke leerders sal vroegtydig in kennis gestel word.

5 Ouerversoek-studieklas:

Daar is 'n ouerversoek-studieklas beskikbaar by die skool vir leerders wat nie na afloop van die eksamen kan huis toe gaan nie, as gevolg van vervoerprobleme of indien u as ouer verkies dat hulle by die skool onder toesig tot 13:30 (Vrydae 13:00) studeer.

6 Afwesighede tydens die eksamen:

Alle leerders skryf hulle vraestelle soos op die eksamenrooster aangedui. Neem asseblief kennis dat geen vraestel op enige ander tyd of dag geskryf kan word nie. Slegs 'n doktersertifikaat en onvermydelike, persoonlike omstandighede byvoorbeeld begrafnisse, sal as wettige verskonings aanvaar word sodat ‘n leerling nie ‘n nulpunt vir die vraestel wat nie geskryf is nie, kry nie. Vervroegde vakansiereëlings tel nie as onvermydelike, persoonlike omstandighede nie, aangesien die skoolkwartaaldatums reeds 'n jaar vooruit deurgegee is. Doktersbriewe word onmiddellik, op die dag waarop die leerder terug is by die skool, by die voogonderwyser EN vakonderwyser ingedien.

7 Amanuensesleerders let op die volgende:

7.1 Om 8:00 beweeg die amanuensesleerders na die algemene kantoor waar hul hul vraestelle en lokaalsleutels by me. Botha sal ontvang.

7.2 Die amanuensesleerder beweeg dan na sy/haar toegewysde lokaal en kan dan met die vraestel

om 8:15 begin. 7.3 Sodra die leerder klaar is met sy/haar vraestel, handig hy/sy die vraestel en sleutel by me. Botha

in die algemene kantoor in. 7.4 Dit is die amanuensesleerder se verantwoordelikheid om die lokaal netjies agter te laat, die

vensters toe te maak, die ligte af te skakel en te sluit nadat hy/sy klaar is met die eksamen. Dit is 'n voorreg om amanuenses te gebruik en as hulle die klasse misbruik kan hulle die voorreg verbeur. Moet dus asseblief nie in die personeel se laaie en kaste krap nie en laat die tafels en stoele soos u dit gekry het.

Alle eksamennavrae kan aan me. Dowd gerig word.

Page 9: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

9

Page 10: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

10

Page 11: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

11

TUINRUBRIEK

RUGBYPROGRAM @ OVERKRUIN

Page 12: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

12

KLETSHOEKIE

Aanhouer wen Johan Smith

Jy ken die spreekwoord: “aanhouer wen.” Om aan te hou is nie altyd maklik nie. Soms gaan dit swaar, soms kry jy swaar, baie keer is dit nie lekker nie, gewoonlik is jy nie lus nie – dis die tye wat jy moet aanhou en aanhou en aanhou. As dit voel of die lewe jou klap en toegooi met teleurstellings - dis juis die tyd om aan te hou en nooit op te gee nie. Paulus het Jesus eers glad nie geken nie. Inteendeel; hy was die bobaas meester in die vervolging van christene. Ek dink volgens vandag se jongmens beskrywings sou mens kon sê hy het baie kerkdienste van christene ge-gatecrash. Hy het Jesus egter ontmoet en gou agter gekom dat christenskap nie maklik is nie. Hy het baie gou agter gekom dat hy dit nie sou maak as christen sonder volharding en baie guts nie. Aanhou en nooit ingee nie, het deel van sy mondering en lewe geword. Van die dinge wat hy beleef en ervaar het, lees ons van in 2 Korintiërs 11: 27: Daar was vir my harde werk en swaarkry, dikwels nagte sonder slaap, dikwels honger en dors, en dikwels was ek sonder kos, sonder skuiling of bedekking teen koue. Dit is maar enkele van die dinge wat Paulus beleef het. In die gedeelte, die verse voor en na vers 27, beskryf nog vele ander swaar en moeilike tye. Paulus het egter volhard en staan bekend as een van die grootste apostels van alle tye. Die wonderlike vroutjie, Moeder Teresa, wat onbaatsugtig terminaal siekes versorg het tot en met haar dood het dit ook nie altyd maklik gehad nie. Sy sê ook dat mense baie keer onredelik en selfsugtig is. Sy het selfs ervaar dat mense jou kwalik neem as jy hulle wil help. As antwoord, sê sy: Wees maar nog steeds vir hulle lief. Help maar nog altyd. Hou aan om nooit op te hou nie!

HIERDIE WEEK

KYK ONS NA…

Antoinette Dowd

Page 13: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

13

FONDSINSAMELINGS

Total

Ondersteun asseblief vir Total wanneer u brandstof ingooi. By Total Hertzog-

straat gooi u die strokie in die houer gemerk HTS John Vorster. Die skool kry ‘n

gedeelte terug.

My School

Gebruik u MySchool-kaart wanneer u aankope doen, die skool kry ‘n persentasie

en u kry ook afslag op u aankope. Vir meer inligting gaan na www.myschool.co.za

of skakel hulle op 0860 100 445. U kan ook ‘n aansoekvorm by die algemene

kantoor kom afhaal.

Makro

Daar is twee opsies:

• Indien u nie ‘n Makrokaart het nie, kan u aansoek doen om ‘n kaart te bekom.

U kaart word dan aan HTS John Vorster se rekening gekoppel en die skool

ontvang ‘n persentasie van die wins van die aankope in die vorm van ‘n rabat.

• Indien u wel ‘n Makrokaart besit, kan u ook die vorm voltooi en versoek dat die

kaart aan HTS John Vorster gekoppel word, sodat die skool vir alle aankope wat

u by Makro maak, die rabat ontvang.

Blits Elektries

Wanneer u enige aankope by Blits doen, noem die skool se naam sodat hulle

dit kan aanteken, die skool ontvang krediet.

TRANSORANJE SKOOL

Ondersteun Transoranje Skool vir Dowes se jaarlikse Gholfdag op 6 Junie 2019 te

Pretoria Golf Club. Die Gholfdag is 'n uiters belangrike fondsinsameling vir die skool

om aan die spesiale behoeftes van 'n leerder met Doofheid te kan voorsien. SWING

FOR A DEAF CHILD GOLF DAY 6 June, Pretoria Golf Club. Tee-off from

10:30. R2200/4ball. Bookings & info: [email protected] or 012-3866072

Die klerebank is steeds op soek na truie. Indien u JV-truie het wat te klein geword het, bring dit asseblief na die klerebank, daar is ‘n groot behoefte, veral met die winter wat op hande is.

TEKENTAFEL

Indien u belangstel in die onderstaande tekentafel, kontak gerus vir Adele Marren by 083 275 9977. Dis gratis.

KLEREBANK

Page 14: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

14

STRESONTLAAIER

Page 15: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

15

ADVERTENSIES

Page 16: JV-NUUS - HTS John Vorsterhtsjv.co.za/wp-content/uploads/2019/05/JV-Nuus16.pdfBotha in die algemene kantoor in. 6.4 Die leerder beweeg dan terug na sy voogklas waar hy/sy kan studeer

16