kalahari bulletin 13 december 2012

16
13 DESEMBER 2012 VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG GRATIS TEL. 054-331-3482 AS die son oor die water sak, skilder dit ’n onvergeetlike prentjie. Die pragtige sonsondergang is op 28 November van die brug oor die Oranjerivier by Upington afgeneem. Foto: Cindy Theron Lizette Slabber DIE nuwe name van vyf strate op Upington is verlede Woensdag amptelik deur Limakatso Koloi, burgemeester van //Khara Hais, ont- hul. Brugstraat is nou Z.F. Mgcawulaan, Rond- omstraat is nou Ds. Aubrey Beukesstraat en Swartmodderweg sal nou as Anton Lubowski- weg bekend staan. Lemoenweg, van die ingang van Keimoes oor Le Rouxstraat en Malherbe- straat tot by Schröderstraat, sal nou as Dr. Nel- son Mandela-rylaan bekend staan. Die straat van ou Keimoesweg af deur Hill- straat tot by Schröderstraat by Absa sal nou as Upington 26-laan bekend staan. Op die onthullingseremonie het Thomas Basson, speaker van //Khara Hais, gesê: “Ons moet ’n //Khara Hais bou wat die kulturele ag- tergrond en diversiteit van sy mense weerspie- el.” Hy het bygevoeg dat “ons nie verskoning kan vra daarvoor dat ons ’n Suid-Afrika wil bou wat beter sal wees vir almal wat hier bly nie. Daarom moet ons erkenning gee aan almal wat bygedra het om Suid-Afrika ’n demokra- tiese land te maak.” Op die onthulling van ZF Mgcawulaan het Getty Xabendlini, suster van Fatman Mgcawu na wie die straat genoem is, gesê. “Ek wil van- dag sê ek is baie, baie bly, want wat hy gedoen het, was vir die breër wêreld en as die breër wêreld dit erken, dan maak dit ons familie baie bly.” Mgcawu was die eerste demokraties verkose burgemeester van //Khara Hais en was van 1987 af vir die opbou van ANC-strukture in Siy- anda verantwoordelik. Met die onthulling van Dr. Nelson Mandela- rylaan het Basson gesê: “Hoe verduidelik ons aan ons kinders dat byna elke dorp in Suid- Afrika ’n Nelson Mandelastraat het, maar ons het nie een nie?” Anton Lubowski se familie het die onthul- ling bygewoon van die straat wat sy naam gaan dra. Hy was die bekende Namibiese pro- kureur wat die Upington 26 onder andere ver- teenwoordig het. Op die onthulling van die Upington 26-laan het Koloi gesê dié straat gaan vir “ons en ons nageslag as ’n simbool dien van die opofferings wat die Upington 26 gemaak het”. Ds. Aubrey Beukes was ’n lid van die United Democratic Front en het as woordvoerder vir die 14 lede van die Upington 26, wat ter dood veroordeel is, opgetree. Sien foto op bl. 2. Nuwe name onthul Goue gloed oor rivier

Upload: kalaharibulletin

Post on 29-Mar-2016

319 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Kalahari Bulletin 13 December 2012

TRANSCRIPT

Page 1: Kalahari Bulletin 13 December 2012

13 DESEMBER 2012 VERSPREIDINGSGEBIED: UPINGTON, KEIMOES, KAKAMAS, GROBLERSHOOP, KATHU, KURUMAN, DANIËLSKUIL, OLIFANTSHOEK, POSTMASBURG GRATIS TEL. 054­331­3482

AS die son oor die water sak, skilder dit ’n onvergeetlike prentjie. Die pragtige sonsondergang is op 28 November van die brug oor die Oranjerivier by Upington afgeneem.Foto: Cindy Theron

Lizette Slabber

DIE nuwe name van vyf strate op Upington isverlede Woensdag amptelik deur LimakatsoKoloi, burgemeester van //Khara Hais, ont-hul.Brugstraat is nou Z.F. Mgcawulaan, Rond-

omstraat is nou Ds. Aubrey Beukesstraat enSwartmodderweg sal nou as Anton Lubowski-wegbekendstaan.Lemoenweg, vandie ingangvan Keimoes oor Le Rouxstraat en Malherbe-straat tot bySchröderstraat, salnouasDr.Nel-son Mandela-rylaan bekend staan.Die straat van ou Keimoesweg af deur Hill-

straat tot by Schröderstraat by Absa sal nouas Upington 26-laan bekend staan.Op die onthullingseremonie het Thomas

Basson, speaker van //KharaHais, gesê: “Onsmoet ’n //KharaHais bouwat die kulturele ag-tergrondendiversiteit vansymenseweerspie-el.”Hy het bygevoeg dat “ons nie verskoning

kan vra daarvoor dat ons ’n Suid-Afrika wilbou wat beter sal wees vir almal wat hier blynie.Daarommoetonserkenninggeeaanalmalwat bygedra het om Suid-Afrika ’n demokra-tiese land te maak.”Op die onthulling van ZF Mgcawulaan het

Getty Xabendlini, suster van FatmanMgcawunawie die straat genoem is, gesê. “Ek wil van-dag sê ek is baie, baie bly, want wat hy gedoenhet, was vir die breër wêreld en as die breërwêrelddit erken,danmaakdit ons familiebaiebly.”Mgcawuwasdieeerstedemokratiesverkose

burgemeester van //Khara Hais en was van1987afvirdieopbouvanANC-strukture inSiy-anda verantwoordelik.Met die onthulling van Dr. NelsonMandela-

rylaan het Basson gesê: “Hoe verduidelik onsaan ons kinders dat byna elke dorp in Suid-Afrika ’n NelsonMandelastraat het, maar ons

het nie een nie?”Anton Lubowski se familie het die onthul-

ling bygewoon van die straat wat sy naamgaan dra. Hy was die bekende Namibiese pro-kureur wat die Upington 26 onder andere ver-teenwoordig het.Op die onthulling van die Upington 26-laan

het Koloi gesê dié straat gaan vir “ons en onsnageslagas ’nsimbooldienvandieopofferingswat die Upington 26 gemaak het”.Ds. AubreyBeukeswas ’n lid van dieUnited

Democratic Front en het as woordvoerder virdie 14 lede van die Upington 26, wat ter doodveroordeel is, opgetree. Sien foto op bl. 2.

Nuwe name onthul

Gouegloed oor rivier

Page 2: Kalahari Bulletin 13 December 2012

2 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

17/34

NW­10

19/36

W­10

19/37

W­20

Woon onthulling byGETTY XABENDLINI (links), suster van Fatman Mgcawu, en Limakatso Koloi, burge-meester van //Khara Hais, met die onthulling van die ZF Mgcawu-laan. Foto: Lizette Slabber

Lizette Slabber

WÊRELD-VIGS-DAGis op Dinsdag 4 De-sember deur die Kor-rektiewe Dienste opUpington gedenk.Al die sewe be-

stuursgebiede vandie Noord-Kaap enVrystaat het die her-denking en bewus-making van vigs by-gewoon.Volgens Subashini

Moodley, streeks-kommissaris vir dieVrystaat en Noord-Kaap, herdenk Kor-rektiewe Dienste Wê-reld-Vigs-dag omdathulle sterk voel daar-oor om die versprei-ding van dieMI-virusen vigs te verminder.Moodley sê hulle

het heelwat MIV-po-sitiewe oortrederswat met MIV in dietronke inkom.Daar word baie ge-

doen om dié oortre-ders met mediesehulp by te staan.In die Noord-Kaap

en Vrystaat het hulleanti-retrovirale be-handelingsentrumsin Kimberley, Kroon-stad, Grootvlei enGroenpunt. In die an-der tronke is daarhulp-ooreenkomstemet die plaaslike hos-pitale.

Daarby word oor-treders opgelei aseweknie-opvoeders.Dié oortreders ver-sprei die boodskaponder hul mede-oor-treders om veilig engesond te lewe.Moodley sê hulle

wil graagdie gemeen-skappe motiveer omte beweeg na ’n staatwaar geen infeksie engeen diskriminasie

teen MIV-positiewemense en geen sterf-tes weens vigs salplaasvind nie.“Oortreders kom

van gemeenskappeen gaan terug na hulgemeenskappe. Daar-om moet almal ver-antwoordelik en vei-lig lewe sodat ver-spreiding van diesiekte gestop kanword.”

Vigs-dag gedenk

VAN links is, voor: Gustav Wilson, Grace Molatedi, Subashini Moodley, Ruth Kgaile en ValerieModiragale; agter: Moses Plaatjies, Lionel du Preez, Vusi Sibeko, Mandla Mkhwanazi en Ma-gadima Masia. Foto: Lizette Slabber

Page 3: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 3

André Botha

’n KERSGESKENKvan R1 miljard virdie herstel vanvloedskade in dieOranjerivier-gebiedmet byna 70 000werkgeleenthedewat daardeur geskepword, is verledeweek op Keimoesdeur Tina Joemat-Pettersson, ministervan landbou, bosbouen visserye, aange-kondig.Benewens die hulp

aan die gebiedwat indie vloed van Janua-rie 2011 deurgeloophet, is dit dus ’n enor-me ekonomiese in-spuiting vir die pro-vinsie.Vir die boere van

die Koopmansfon-tein- en Kuruman-gebied wat onderverwoestende veld-brande deurgeloop

het, was daar ook diebelofte van hulp vo-rentoe.In Joemat-Petters-

son se Kersfeessakwas ook 72 splinter-nuwe trekkers watin 58 projekte in dieprovinsie gebruikgaan word.Joemat-Petters-

son, wat dié aankon-digings op die Blocu-so-Trust se landbou-projek buiteKeimoes gedoen het,het gesê die geld isreeds aan die provin-siale regering oorge-dra en moet dadelikbestee word.Altesaam 55 000 ty-

delike en 15 000 per-manente werkge-leenthede sal hieruitspruit, het sy gesê.Dit sal vir sowel

kommersiële boereas nuwelingboere ge-bruik word. Die re-gering het ’n verplig-

ting teenoor albeigroepe.Die gebied waarin

dit aangewend salword strek van Boe-goeberg anderkantGroblershoop tot byOnseepkans digbydieNamibiese grens.Sowat R800 mil-

joen is bestem omgrondskade op plasete herstel. NogR80 miljoen sal ge-bruikwordomskadeaan waterinfra-struktuur by On-seepkans te herstel.Vir die herstel vanpaaie weens dievloed is daarR21 miljoen en virdie instandhoudingvan keerwalleR76 miljoen begroot.Dit was duidelik

dat die skerp kritiekophaar die laaste tydnie maklik in haarklere gaan sit hetnie. Sy het gesê daar

was kritiek op haaroor die brandskadeop Koopmansfonteinnog voordat sy enig-iets kon doen.“Nog voordat ons

kon reageer, wasmense klaar nega-tief.“Toe ek hier inge-

vlieg kom, toe kry ekboere wat kla.”Almal kan nie net

met die nasionaleminister praat nie.Die provinsiale rege-ring kan ook help.Sy het gesê 82 boe-

re het om vloedhulpaansoek gedoen. Netdié boere gaan hulpkry.Dit sal egter nie

moontlik wees om aldie geld vir werkwatreeds gedoen is, aandie boere terug te be-taal nie.Oor hulp aan die

boere wat brandska-de gekry het, het sy

gesê sowat R3 mil-joen is vir onmiddel-like hulp beskikbaargestel.Daar word egter

aan ’n beter pakketvir dié boere gewerk.Sylvia Lucas, LUR

vir omgewingsake,het in ’n opmerkingvan die verhoog afgesê baie boere hetnie sedert die vloedstilgesit nie, maarreeds baie gedoenom skade te herstel.

Hulpvir boere oppad

DIE minister van landbou, Tina Joemat-Pettersson, het Vrydag opKeimoes aangekondig sowat R1 miljard sal vir vloedhulp aan boerevoorsien word. Sy het ook trekkers aan plaaslike boere oorhandig.Die 72 trekkers word geskenk vir 58 projekte in die Noord-Kaap.

Foto: Anena Burger

Page 4: Kalahari Bulletin 13 December 2012

4 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

LENA MOOS, Wrenchville:

NAMENS die Emmanuel-dag-sorgsentrum vir gestremdes wilons graag vir almal hartlikbedank vir elke bydrae grooten klein wat deur hierdie jaaraan ons gemaak is.

Wees verseker dat al hierdiebydraes nie ongesiens verbyge-gaan het nie en dat ons ditbaie waardeer.

Ons wil julle ook inkennis stel dat ons van 3Januarie af na ons tydelikegebou in Lewerinkiestraatverskuif.

Ons wens almal ’n geseëndeKersfees en ’n voorspoedigenuwe jaar toe.

Beleef Kerstydvreugde van geeIS jy een van diegene wat die Kers-tyd gebruik om ander mense uit tebuit en in die tyd die meeste geldte maak deur jou pryse te verhoog?

Of is jy een van diegene wat dieKerstyd gebruik om aan die min-derbevoorregtes, die agtergeblewe-nes, die eensames wat deur hulmense vergeet is, onvoorwaardelikte gee?

In die omgewing wil dit tog voor-kom asof mense die ware gees vanKersfees beleef.

Dit is ’n riem onder die hart omte sien hoe die gemeenskap na hulbejaardes omsien. Besoeke aan dieMimosahof-ouetehuis op Kurumanis algemeen. Die motorfietsklubshet onlangs vir die bejaardes sken-kings en ’n ete gegee. ’n Paar kin-ders van die kinderkoor inWrenchville het die tehuis besoekmet geskenke en ’n opvoering enander kindertjies het ook in dieself-de week die bejaardes met gesken-

kies en drukkies bly gemaak.Bejaardes kan so maklik in ’n te-

huis geplaas en vergeet word, ter-wyl hulle die pioniers en geskiede-nismakers van die verlede is.

Die huidige geslag moet juis uitdie ouer mense se lewenservaringleer.

Gelukkig word die gees van Kers-fees oral ervaar. ’n Kersparty wordvir die weeskinders van die omge-wing beplan en skenkings aan min-derbevoorregtes word in die fees-tyd gemaak.

’n Man in ’n rolstoel meld by ’ngastehuis aan om te rus en slaapoor omdat mense omgee. Iemandskenk ’n wasmasjien en ’n stofsuiervir minderbevoorregtes. Klereword by die Kalahari Bulletin sekantoor afgelaai om mense bly temaak.

Op dié manier kan ’n gemeen-skap die vreugde van gee in diefeestyd ervaar.

Ietsmoes gesêword,maar almalwas stom

Schalk Theart

ONGEMERK ry ek verby ’n oubord: ‘Welkom in die Groen Kala-hari.’

Roes en rook het dit byna onlees-baar gemaak. Telefoondrade hangin die roet. Die pale en ankers isverkool.

So ’n skroeiende vuur is nognooit gesien nie.

Selfs die verskroeide aarde-be-leid kon dit nie ewenaar nie.

Vaalbos, olien, swarthaak enenige vorm van gras is verskroei.

Warrelwinde wil die wreedheidvan ’n tot-as-verbrande land weg-waai.

In die warm son strek ’n koedoe-bul hom uit om ’n paar blare tevreet.

Beeskalwers trap spore in dieswartgrys as. Hulle bulk vir hulma’s. Niks keer hul rigting nie.Grensdrade lê soos spinnerakkeverskeur.

Weerskante van die pad en ver-der is alles tot as. Dit wat die oogsien, kan die verstand nie begrypnie.

Totius se gedig oor Die Godsbe-sluit dwaal deur my kop. Al dievrae draai net vaster.

By Koopmansfontein staan boe-re, werkers en vuurvegters rond.Hulle wag vir die diens om te be-gin.

Almal deel hul ervarings van dieafgelope 11 dae.

“Dit was hel!” vertel ’n jongboer.

Vir baie was dit ’n eerste erva-ring.

Iets moet gesê word, maar almalis stom.

Jesaja smeek: Laat die reën uit-sak hemel, laat redding reën, wolkbreek op aarde, laat voorspoed ont-kiem . . .

Ons sê gedemp: Ons glo in Goddie Vader, ons glo in Jesus Chris-tus en ons glo in die lewendmaken-de Heilige Gees.

Langs my sit ’n prediker uitUganda.

Hy lees saam met ons ’n onver-staanbare taal.

Ons gesels later oor Uganda, IdiAmin, armoede en hongersnood.

Ons ruil e-posadresse uit engroet.

Ek ry stadig weg asof van ’n rou-diens.

Die aarde lê begrawe onder roet.Voordat ek by Daniëlskuil af-

draai, sien ek hope lusern en hooi.Dit het saggies begin reën.Vir ’n paar dae val die reën

8 mm, 15 mm, 20 mm en selfs60 mm, sê die meters.

Die profeet sê: Reën kom uit diehemel en dit gaan nie daarheen te-rug nie, maar dit deurweek dieaarde en laat plante bot.

So belowe Hy: “My woord sal nieonverrigter sake terugkeer nie,maar sal doen wat Ek gedoen wilhê, en tot stand bring waarvoor Ekdit gestuur het.”

Ek word gevra: Jou tema virSondag?

Jesus sê: Hiervoor het ek mensgeword!. Ds. Schalk Theart is leraar vandie NG gemeente op Daniëlskuil.

Engeltjie, duiweltjie, engeltjie – in enkeleminuteAnnerie Louw

EK het al gehoor van tantrums enterrible two’s, maar nooit in mywildste drome kon ek glo dat ons eieBelangrikste met haar engelgesig-gie ook daardie stadiums sou bereiknie - totdat ek ene beleef het.

Die ergste vir my is dat sy in diehitte van so ’n “vloermoer” niks metdie simpatie van haar toegewyde ou-ma te doen wil hê nie. Mind you, ooknie met haar super-oulike ma nie.Met niemand nie! Iemand het ietsverkeerd gedoen en al probeer ons

hoe hard, sy bly onverbiddelik. Nikswat jy aanbied, belowe of mee dreig,beïndruk vir klein tornado’tjie nie.Sou jy enigsins in haar rigting kyk,draai sy die krane van skreeu-huilvoluit oop en hoop jy net die buredink nie jy rand die kind aan nie.Wie gaan jou in elk geval glo met dieklem nou op die 16 dae-aktivismeteen kindermishandeling?

Ek het haar liefdevol probeer op-tel, maar is met ’n hol rug en ergegeskoppery begroet. Was dit vroeërjare sou ek maar ’n houtjie op dieboud gegee het, maar ek oorweeg ditnie eens nie, want eerstens is dit niemy eie kind nie en tweedens worddie kinders nie vandag met houtjiesgrootgemaak nie. Daar word met diekinders van twee jaar gepraat enverduidelik en geredeneer en almalpas maar daarby aan. Inaggenomedat ek ’n ouma is wat haar kleinkindmin sien, wil ek ook graag hê dat symoet weet dat ek haar onvoorwaar-

delik liefhet en dat sy my nie vir ’nheks moet onthou nie. Mooiste sêons moenie kommer nie: Dit hou eenof ander tyd op. Daarom ignoreer ekdie toestand omdat ek nie weet hoeanders om dit te hanteer nie. Dier-baarste is ook stil geskrik, want onsonthou nie ons eie kinders se tan-trums nie.

So vinnig en so intens soos dit ge-kom het, is dit verby. Niemand hetiets daaraan gedoen nie. Die toe-stand het homself op sy eie tyd uitge-woed. Ongelooflik hoe so ’n kleintornado weer in ’n oulike, opvreet-

bare dingetjie kan verander. Jy kannie glo dis dieselfde kind nie. Geluk-kig het die klein gemoedjie weer ge-kalmeer en kry Ouma en Oupa weerdrukkies en met Mooiste “Mamma-tjie” word geselsies gemaak. Asof syweet sy het haar ouma te nagekom,kom sit sy stroopsoet met haarwarm lyfie op my skoot en ek ruikdie babaseep aan haar lyfie. Ons kanweer kommunikeer en sy is weerhaar oulike self.

Ek kan nie help om te wonder hoeander ouers sulke tantrums hanteernie. Hopelik het hulle ook geduld.

Doen dingeeerder selfCHAEL TERBLANCHE, Kuru-ma:

EK het die week besef hoebelangrik dit is dat gemeenskap-pe betrokke moet wees met veraldie werking van hul munisipali-teite, aangesien dit hoofsaaklikwanfunksioneel is. Ons het dieweek agtergekom dat diemunisipaliteit ons merendeelsmeer vir krag laat betaal as wathy mag.

Die mense en instansies watdie ergste hierdeur geraak word,is skole, kerke, ouetehuis ennie-winsgewende organisasies.Indien ’n mens hulle sou indeelin die sektor van besigheidskrag-verbruikers betaal hulle tot 53cper eenheid meer vir krag asnodig.

Dit het byvoorbeeld vir partymense verbruik van tot meer asR6 000 per maand se krag totgevolg. Al die verbruikers trekgeldelik noustrop en word deurdie munisipaliteit uitgebuit.

Ek weet ek het hierteen op diebegrotingsvergadering beswaargemaak.

Daar is belowe dat aandag aandie saak geskenk sou word,maar, helaas, al die besware isgeïgnoreer.

Wat vir my hartseer is, is datdaar geeneen van die organisa-sies se leiers teenwoordig wasom toe te sien dat hulle nieingeloop word nie.

Ons gemeenskap dink mos

daar sal altyd ander wees wat nahul belange sal omsien. Ek dinkregtig dat ons ons verantwoorde-likheid moet nakom en ophouom ander daarvoor verantwoor-delik te hou. Ek is ook teleurge-steld in ons opposisie omrede ditduidelik iets is waarmee hulleons gemeenskap moes help, maarhelaas ook verniet.

Dinge sal nie beter gaan tensyjyself iets daaromtrent doen nie.

DIE laaste oranje gloed van die ondergaande son bo-op ’n duin op die plaas Lushof naby Vanzylsrus.Foto: Annerie Louw

Bly positief inmoeilike tyeROSS CHAPMAN EN HENNIEJOUBERT, Kuruman:

HOE donkerder die wolke, hoegroter die reënstorm . . .

As die wolke vol water is, reënhulle leeg op die aarde . . .(Prediker 11:3).

Ons as boere in die distrikKuruman beleef op die oomblikdonker tye. Veldbrande, vee- envoerverlies . . . Die lys is baielank, maar ek wil hiermee virjulle ’n boodskap van hoopbring.

Daar sal altyd storms in onslewe woed, want dit is die lewe,maar dan sal die son deurbreeken dit sal ’n nuwe dag wees.Sonder die donker wolke kandaar nie reën wees nie. ’nPositiewe houding in die

moeilike tye maak ’n grootverskil. Spreek die goeie dingein die lewe toe oor jou plaas,gesin, familie en vriende. Dietong het krag. Ons as mense faalsoms hiermee, maar ek weet datons nie die storm in ons lewehoef te vrees nie. Ons dien ’nAlmagtige God vol wonderwerke.Niks is vir God onmoontlik nie.God beloof in Sy Woord om onsin moeilike tye te dra. Hy salons nooit verlaat of in die steeklaat nie. God sal aan al onsbehoeftes voldoen. Stel vandagjou vertroue in die Here enonthou: “Elke dag hou diemoontlikheid van ’n wonderwerkin”.

Briewe mag nie langer as 400 woorde wees nie. Voorkeur word aan kort briewe gegee waarinstandpunte bondig gestel word. Laster en beledigings is nie aanvaarbaar nie. Briewe moet dieskrywer se naam, van en adres bevat asook ’n telefoonnommer waar die briefskrywer bedagsgekontak kan word. Dit geld selfs al skryf u onder ’n skuilnaam. As die brief na ’n berig verwyswat verskyn het, verskaf asseblief die opskrif van die berig asook die datum waarop dit verskyn

het. Die Bulletin behou hom die reg voor om briewe te keur, te verkort of te redigeer virpublikasie. Briewe wat per e­pos ontvang word, sal voorkeur geniet.

Verf met sy laaste strale die Kalahari mooi

Dankbaar viralle bydraes

Page 5: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 5

Receives R4 000 donation for relayTHE Oasis Lodge in Kuruman donated R4 000 to the Cansa Relay for Life functionto be held inMarch 2013 to help pay for one of the entertainers, Pieter Smit. The donationcomes out of the member’s pockets. “We always have charity on our minds,” said pastmaster of Oasis Lodge and district grand warden of SA Central Division, David Holden.Chantal Farinha of the Relay receives the donation from Holden. Photo: Annerie Louw

Page 6: Kalahari Bulletin 13 December 2012

6 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

FOKUSOP PALERMO

Annerie Louw

’n VERANDERDE Palermo-restau-rant in die Hoofstraat van Kuru-manword op 14Desember amptelikgeopen.Die reeds bekende gasvryheid

wordmet vernuwing aan die gebouen verbetering van geriewe verdervoortgesit. Met die insluiting vandie aanliggende onderneming sewinkelruimte word ’n groter eet-plek ingerig om gesellighede te kanaanbied. Die eerste verdiepingword beter benut deur ’n bykomen-de kroeg met tafels en stoele wat bydie buitestoep aansluit. Die stoephet sproei-verkoeling en skadunet.Die kombuis is vergroot om die

aangepaste spyskaartmet Jacqui laGrange (voorheenvanPalmsCoffeeShop) se spesialiteite en ook spesia-le aanbiedinge vir kinders te kanbehartig.Kinders sal binnekort ookSlush Puppies daar kan koop.’n Speelplek vir kinders van ver-

skillende ouderdomme word inge-rig. Behalwe vir ’n trampolien metbeskerming om en ’n springkasteelgaan ’n pophuis ingerig word. Virdie kinders tot 4 jaar oud sal daarsagte speelgoed, balle en toesigwees. Danword ’nScratchPatch be-

plan waar klippies uitgesoek kanword. “Dit is sommer leersaam ter-wyl dit lekker opwindend is,” sê diemede-eienaar, Sarita Roux, opge-wonde oor al die kindervriendelikeveranderings. ’nAirHockey-tafel enHoop-Ballmetmandjies waarin dieballe gegooiword, staanreeds indievertrek.Vir die groter kinders is daar

Play Stations enX-Boxeswaar deel-nemers teen mekaar kan speel.“Onsbeplan laterkompetisies in re-kenaarspeletjies vir die deelne-mers,” sê Dawid Roux, eienaar,“asook kinderpartytjies om van tedroom”.Die bekendstelling vind môre

van 18:00 af plaas. Besoekers gaandeur die sanger Jeffrey deBruyn enander plaaslike kunstenaars ver-maakword. Daarword 50%kortingop die kosrekening gegee. Boonopkan mense lekker in die ope lugdans op Palermo se parkeergebiedwat toegespan gaan word.

Groter, beter Palermo openVrydag

DIE uitsig van die Palermo-restau-rant se stoep af waar jy deesdae insproei-mis kan sit om af te koel ensteeds die buitelug te geniet.

Foto: Stefan Louw

Page 7: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 7

Page 8: Kalahari Bulletin 13 December 2012

8 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

DIE lede van die senior raad van die Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas vir 2013 is van links, voor: Rian Rautenbach (ondervoorsitter), Hannie Carstens-Nel (skakelonderwyser),Charl Koortzen (voorsitter), Katrien Janse van Vuuren (voorsitter), Jacques Kotze (skoolhoof) en Niki Kotze (ondervoorsitter); agter: Diederi Venter, Elzanne Myburgh, André Agenbag,MP van Rooyen, Faan Lerm, Geraldo de Wee, Mieke Prinsloo en Marzanne Janse van Rensburg. Foto: Verskaf

MARLI NEL van die Hoër-skool Martin Oosthuizen opKakamas het dié skool sehoogste eerbewys op diejaarlikse prysuitdelingontvang.

Marli het ’n kontantprys,asook die Hendrik Lieben-berg-duxtrofee ontvang. Sybehaal al van gr. 8 af dieeerste klasplek in haargraad.

Hiermee is sy ook op dieakademiese ererol in dieskoolsaal geplaas.

Buiten vir haar akademiese

prestasie is Marli vanjaar ookas die veelsydigste matriek-leerling aangewys.

Hierdie eerbewys word aandie leerling met die veelsydig-ste bydrae op akademiese enbuitemuurse gebied gegee.Marli was vanjaar dievoorsitter van die skool sesenior raad. Sy het die eersteplek in die Noord-Kaap op dieNasionale Verbruiker-studie-olimpiade gehaal. Opdie sportveld was sy deel vandie skool se eerste netbalspan.Op kultuurgebied was Marli’n top-redenaar wat na dieprovinsiale eindronde van dielandwye ATKV-redenaarskom-petisie deurgedring het.

Sy het ook vanjaar kontant-pryse vir die beste leerling inrekenaartoepassingstegnolo-gie, Afrikaans huistaal,verbruikerstudie-prakties,verbruikerstudie-teorie enlewenswetenskappe ontvang.Sy het verder ’n kontantprysvir beste taalgebruik inredenaars ontvang. Sy het dieVolkskas-wisselbeker virsenior redenaar van die jaarverower, die Radie Kotze-Afri-kaan-trofee vir die gr. 12-leer-ling wat in sy of haarhoërskoolloopbaan die bestevolgehoue prestasie inAfrikaans gelewer het.

Sy het ook die trofee ’n Slagmet die woord vir diegr. 12-leerling met ’n beson-derse skryftalent ontvang.

Marli beplan om in 2013verbruikerswetenskappe aandie Noordwes-universiteit sePotchefstroomkampus te gaanstudeer.

Marli met’n stringeerbewysebeloon

MARLI NEL. Foto: Verskaf

Verkies tot senior raad

DIE Barnie Mans-kultuurtrofee isaan Estie Longland toegeken. Dieeerbewys gaan aan die leerling watop ’n wye gebied van kultuur ge-presteer het. Estie het vanjaar on-der meer tot die top30-ronde vandie Stad Kaapstad se dramakom-petisie deurgedring en het ook ver-skeie goue eerbewyse op die on-derskeie toneelfeeste ontvang.

DIE Johannes Loubser- beste ak-teur-trofee is aan Mariza Therontoegeken. Mariza het die afgelopeseisoen etlike goue eerbewyse opdie onderskeie toneelfeeste ont-vang, waaronder ’n goue eerbewysin die streekeindronde van die nasi-onale ATKV-tienertoneelkompeti-sie in Springs. Sy het ook vroeërvanjaar deurgedring tot die top60-ronde van die Stad Kaapstad sedramakompetisie

DIE Volksblad-wisselbeker vir die beste senior redenaar is aan Marli Nel(regs) toegeken en die CS Williams-wisselbeker vir die beste junior rede-naar aan Hananja Jordaan. Hananja het vanjaar tot die eindronde van dienasionale ATKV-redenaarskompetisie deurgedring. Foto’s: Verskaf

DIE beste akteur- goue penningvan die Vryfees seReza deWet-tie-nertoneelfees is aan Jeandré Jan-se van Nieuwenhuizen toegeken.Jeandré het die eerbewys op dieVryfees, wat in die Junievakansie inBloemfontein aangebied is, ont-vang. Dit is die derde agtereenvol-gende jaar dat die eerbewys aan ’nakteur van Martin Oosthuizen toe-geken is.

Vereer as beste redenaars

DIE Hoërskool Martin Oost-huizen op Kakamas het van-jaar heelwat kultuur-eerbe-wyse toegeken.

Page 9: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 9

MNR. EN MEJ. TWINKLESTAR is by dieVoorbereidingskool Fanie Malan aange-wys.In die ouderdomsgroep drie tot vyf jaar

is Minke

aangewys met Jobrey Oberholzer aseerste prinses en Michelle Dryer astweede prinses.In die ses tot agt jaar-ouderdomsgroep

is Chrina du Raan as die Mej. Twinkle-star aangewys met Sharonay Esterhui-zen as eerste prinses en Narike Hoft astweede prinses.In die seunsafdeling is Kyle Barendse

as Mnr. Twinklestar aangewys metVohn Heydenreich as eerste prins enRolan Louw as tweede prins.Lyndon Ferns, ’n bekende Suid-Afri-

kaanse swemmer, was een van diebeoordelaars.

Sterre kry krone

DIE wenners is, voor: Minke Barendse; middel: Jobrey Oberholzer en Kyle Barendse; agter:Michelle Dryer, Chrina du Raan, Lyndon Ferns (beoordelaar), Sharonay Esterhuizen en RolanLouw.

VOHN HEYDENREICH (links) en Kyle Ba-rendse stap vol selfvertroue op die verhoog.

Foto’s: Anena BurgerCHRISNA ROOS, aanbieder, saam met Mi-chelle Dryer.

is MinkeBarendse asdie wenner

is Chrina du Raan as die Mej. Twinkle-star aangewys met Sharonay Esterhui-zen as eerste prinses en Narike Hoft astweede prinses.In die seunsafdeling is Kyle Barendse

as Mnr. Twinklestar aangewys metVohn Heydenreich as eerste prins enRolan Louw as tweede prins.Lyndon Ferns, ’n bekende Suid-Afri-

kaanse swemmer, was een van diebeoordelaars.

Page 10: Kalahari Bulletin 13 December 2012

10 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

VereerredenaarsDIE Laerskool Sentraal opKakamas het eerbewysegegee aan die leerlinge watvanjaar aan hul interne re-denaarskompetisies deel-geneem het. Van links is,voor: Elze Becker, DanelHayes, Michelle Schreuder,Zandri Thirion en HandréNel; tweede ry: ChristoffLoubser, Le Roux de Vos,Heila Hayes, GT Gelden-huys en Koot Becker; derdery: Andri Longland, CarmiVictor, Charlotte van Wyk,Jo-Marie Jayes, AnnetiaCa-litz en Mea Swart; agter:Shania Koortzen, Nina Ac-kerman, Marna van Wyk,Anelsje de Vos, Lara-MariGeldenhuys, Ané Koortzenen Jacoline Hayes.

Foto: verskaf

CHARLENE STY-GER het die Agri-mark-kompetisie watin die Kalahari Bulletinverskyn het, gewen.Kliënte moes die ad-vertensie wat in dieBulletin verskyn het,na Agrimark neemom vir ’n geskenkbe-wys in aanmerking tekom. Hier oorhandigOckert Heyns, juniortakbestuurder, diekoopbewys aan Sty-ger. Foto: verskaf

HIERDIE leerlinge van die Laerskool Sentraal op Kakamas het almal pryse tydens die ATKV-spelolimpiade ontvang. Van links is, voor: Abrie Ollewagen (gelukstrekking vir leerlinge watmeer as R100 ingesamel het), AJ Koch (gelukstrekking vir leerlinge wat 100% vir die toetsgekry het) en Fabri-Ann vanRooyen (leerlingwat diemeeste geld ingesamel het); agter: Jacoli-neHayes (gelukstrekking vir leerlingewat 100%vir die toets gekry het), DBSchreuder (geluks-trekking vir leerlinge wat meer as R100 ingesamel het) en Rey Fourie (voorsitter van die Kaka-mas-ATKV-tak). Foto: verskaf

Wenbewys omlekker tekoop

Page 11: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 11

PROMOSIE

Vier eerste jaar op KurumanDEBONAIRS KURUMAN het op Maandag 10 Desember sy eerste verjaardag gevier. Die personeel en bestuur isdankbaar vir die lojaliteit van gereelde kliënte opKuruman, Kathu en omliggende dorpe. Hulle is veral dankbaar teenoorhul klante vir die ondersteuning tydens hul eerste jaar op Kuruman. Hulle gaan steeds goeie diens aan al die getroueklante lewer en wens almal ’n vreugdevolle feestyd toe. Foto: Solomon Jacobs

Storm ruk bome uit grond’n BOOM wat op die sypaadjie in Moss-straat, Kuruman, gestaan het,het met verlede Donderdagmiddag se storm oor die heining op diedak van Ronnie en Sandra Viljoen se huis geval. Sandra sê hulle hetnog buite gesit en kuier toe die storm losbars en hulle die huis in moesvlug. Die volgende oomblik het hulle net ’n slag gehoor. Die ronde-blaarbloekom, wat gewild is vir blommerangskikkings, is uit die grondgeruk. Die heining, die huis se dak en ’n binnemuur is beskadig.

Foto’s: Annerie Louw

NOG ’n boom lê wor-tels in die lug langsdie hoofpad na Hota-zel net buite Kuru-man. Die doring-boom het met sy tak-ke op die grasperkgeval. Van die huisese dakke in die ne-dersettings buite Ku-ruman het ookweens die skielikesterk wind afgewaai.

Page 12: Kalahari Bulletin 13 December 2012

12 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

DIE Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD)op Upington het ’n paar maande geledeborde waarop misdaad aangemeld kanword in twee supermarkte op Upingtonaangebring.

Die doel van die borde is om diepubliek die geleentheid te bied omklagtes of wenke anoniem te verskaf.

’n Gleuf soortgelyk aan die van ’nposbus is by die borde aangebringwaarby mense die klagtes of wenke kaningooi.

Die sektorbestuurder van die gebiedbesoek die borde gereeld en gee onmid-dellik aandag aan enige klagtes of wenkewat só ontvang is.

Kapt.Jacques September, woordvoerdervan die SAPD, vra dat mense veral in dieKerstyd van die borde gebruik sal maakom misdaad onder hul aandag te bring.

“Ons wil die Kerstyd graag mense metdie borde help deur nie net veiligheids-wenke te verskaf nie, maar ook deuraandag te gee aan die klagtes en wenkewat in die posbus geplaas word.”

Die borde maak ook voorsiening viradvertensies van plaaslike ondernemings.Daar word ook gereeld wenke oormisdaadvoorkoming op die borde aange-bring. Die wenke word gereeld verandersodat mense op die hoogte van nuweontwikkelings kan bly.

SAPD rig posbus virklagtes, wenke in

PIETER VAN WYK (links), areabestuurder: misdaad rapporteringsborde, en kapt. JacquesSeptember by een van die misdaad-rapporteringsborde. Foto: Verskaf

DIESuid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) opUpington gaan dieKerstyd verskerpte optre-de teen begin mense wat drank in die open-baar gebruik.

Volgens Jacques September, woordvoer-der van die SAPD, gaan veral streng opge-treeword teenmensewat drankvanuit voer-tuie se bagasieruim gebruik.

“Die nuutste neiging is dat voertuie oralop sypaadjies voor die nagklubs parkeer.

“Verkeersreëls word blatant geïgnoreeren ander motoriste word hierdeur geïntimi-deer,” het hy gesê.

Ingevolge die drankwet is dit ’n oortre-ding om drank in die openbaar te gebruik.

Die oortreding is strafbaar en oortredersstel hulself bloot aan vervolging.

September sê lede van die SAPD gaanveral oor naweke die plaaslike nagklubsbesoek en streng optree teen mense watdrank buite die nagklubs gebruik.

Kol. Henk vanHeerden, die stasiekommis-saris van die Upington SAPD, sê die optre-des by nagklubs is daarop gemik om verant-woordelike drankbeheer te bevorder en datdie polisie nie sal skroom om oortredersvas te vat nie.

Drinkers vasgevat

Page 13: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 13

Building a world-classdiamond group

Finsch Diamond Mine

www.humanjobs.co.za Human Communications 94180

Finsch Diamond Mine is situated in the town of Lime Acres 165km west of Kimberleyin the Northern Cape. The Mine is currently mining at a depth of 630 meters usingmechanised trackless block-cave mining.

Clerk of WorksTasks and responsibilities: • Oversee the contractors working within area ofresponsibility • Be responsible for the on-site coordination, quality control, supervisionand progress reporting of civil, mechanical and structural work done within area ofresponsibility • Monitor and control contractor performance according to plans andcontracts • Perform on-the-job audits, comparing work in progress against contractualrequirements • Perform final handover inspections of completed work • Plan andschedule allocated work taking into account customer requirements • Develop andsubmit ongoing action plans • Initiate orders for materials required in order to executework • Monitor waste control and environmental aspects.

Minimum requirements: • Qualified as an Artisan with 5 years’ experience OR BlastingCertificate Holder for Scheduled Mines with 5 years’ experience • A Code 08 driver’slicence • 3 years’ experience as an Engineering Foreman OR Shiftboss • Computerliteracy.

Other skills/competencies: • Good knowledge of civil, mechanical and structuralconstruction pieces • Experience in maintenance workshop supervision • Good verbaland written communication in English • Budgeting and cost control skills.

(Ref. FINSCH053)

Finsch Diamond Mine is an equal opportunity employer and reserves the right toappoint. Preference will be given to EE applicants. Pre-screening, profile testing,on-mine assessments, medical and security clearances form part of the minimumrequirement and selection process. Short-listed candidates will be required to attend apanel interview. Employment of the successful candidate is subject to passing on-mineinduction and the aforementioned criteria.

Please complete an application form (available on http://www.petradiamonds.com/careers/current-vacancies) and forward, together with your résumé, qualificationsand ID, to [email protected] or fax to 086 692 2442. Pleasenote that incomplete application forms and documentation will not be considered.

Closing date: 2 January 2013.

If you have not heard from us within 30 days of the closing date, please regard yourapplication as unsuccessful.

LITTLE MIRACLESDAYCARE/Babies from 3months to 4 years. R650monthly. Phone Melanie073 342 7152.

AANDAG: ALLE GROOTMANS! Groot nommers in

winkel beskikbaar.Kontantafslag gewaarborg.Specials vir die week!Uitgesoek vir die somer.Kortmouhemde - R100Kortbroeke - R150

The Nu-Shop, Palm Gate-sentrum, Hoofstraat, Kuru-

man.Tel. 053 712 1264.

GRATIS: Christelike DVD'soor die Bybel enBybelstudie. SMS jou naamen besonderhede na Johan:076 878 0468.

ARIBA-SKADUNETTE:Vir die oprig van skadunettein enige vorm asookstaalafdakke, die maak vandiefwering enveiligheidshekke. SkakelZelda 079 941 5057.

ELEKTRIESE HEININGS:Beveilig u eiendom. Vir pro-fessionele installasie, skakelFrancois 072 156 4035.

HEKMOTORHERSTEL en-installasie. Skakel Okker082 829 0292.

SWEMLESSE VIRhoërskoolleerlinge envolwassenes. Kan dadelikbegin met kursus. SkakelRiana 082 308 2067.

Selfsorg WoonstelleParow Noord.KaapstadNaby Canalwalk Panora-ma Hosp. Leona083 339 6939

HILUX 2400, 1995 R43 500.1992 Hilux 2400 - R37 000.Phone 071 967 0285 or072 472 8686.

ISUZU 220, 1988 R26 000.1997 Mazda 2200 - R25 000.1995 Bantam - R25 000.Phone 072 472 8686.

COROLLA 140i, 2005 -R53 000. 2007 Golf 130i -R43 000. Phone 072 472 8686or 071 967 0285.

FIAT 1400, 2003 - R16 500.1991 Sentra 1600 - R21 00.Phone 072 472 8686 or071 967 0285.

FORD ESCORT,1300, 1986 -R15 500. 1988 Opel 1800 -R13 500. Phone 072 472 8686or 071 967 0285.

GOLF 140i, 2002 R32 500.1999 Golf 1.6 - R29 500.Phone 072 472 8686 or071 967 0285.

JETTA 180 CLi, 1997 -R28 000. 1992 Cressida 2800GLi - R24 000. Phone072 472 8686.

NEW LDV'S -Isuzu-Ford-Mazda. S/C , D/Cand X/CAB and any othernew vehicles. Financingavailable if you arecreditworthy. Please

call Stefanie 076 944 0676

NEW LDV'S -Isuzu-Ford-Mazda. S/C, D/Cand X/CAB and any othernew vehicles. Financingavailable if you arecreditworthy. Pleasecall Cois 082 940 9461

NEW LDV'S -Isuzu-Ford-Mazda. S/C, D/Cand X/CAB and any othernew vehicles. Financingavailable if you arecreditworthy. Pleasecall Adrie 084 615 6681

NEW LDV'S -Isuza-Ford-Mazda. S/C, D/Cand X/CAB and any othernew vehicles. Financingavailable if you arecreditworthy. Please

call Khwaza 083 392 4317

TOYOTA TAZZ 130: 2002.A/c, mags, CD, gearlock, fullservice history. Idealstudent car. R49 900. Phone082 302 7485.

UNO PACER: 1996. Goeietoestand, met mags. Te koop.R27 000. Skakel 076 077 6261.

VOLKSWAGEN JETTA 4:2001-model. R65 000. Skakel083 653 7931.

CASH FOR CARS ANDBAKKIES. Phone071 967 0285.

V-TEC TRAILERS, KURU-MAN: Verkoop van nuwesleepwaens. Verskaf ook 4 x4-kampeer- enbagasiewaentjies. SkakelLouwrens083 310 0272/053 712 1072.Hobsonsingel 10, Kuruman.

4-SLK-HUIS TE HUUR ingoeie area. R12 000 p.m. Ska-kel Susan 082 423 6311.

NUWE 3-SLK-HUIS te huurin veilige kompleks. R14 000p.m. Skakel Susan082 423 6311.

RUIM 3-SLK-HUIS in veili-ge kompleks. R13 000 p.m.Skakel Susan 082 423 6311.

TE HUUR: 5-slk-/2-badk-huis. Sentraal geleë. R15 500p.m. Skakel 076 445 4041.

TE HUUR: Moderne 4-slk-huis, naby skole. R16 500p.m. Skakel Susan082 423 6311.

2-SLK-MEENTHUIS tehuur, R12 000 p.m. SkakelSusan 082 423 6311.

PAKHUIS IN KURUMAN:Industriële gebied. 3-fase-krag. 380 vk m. BeskikbaarJanuarie 2013. Skakel083 524 4995.

EENMANWOONSTEL tehuur: R4 000 p.m. krag inge-sluit. Baie lekker sentraalgeleë. Skakel 084 800 7779.

BEKENDE TAKE-AWAY-kafee in Kuruman te koop.Eienaar het te veel ander be-lange. Skakel Piet083 390 0870.

SECURITY GUARDSNEEDED with PSIRAgrades. Only men neede.Fax CV to 086 773 6409.

C.R. Monchwe

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleChaletse Richard Monchwe,identiteitsnommer610303 6405 088 ongetroud enin lewe woonagtig te HuisNo 160, Lokaleng Village,distrik Kuruman.

Boedelnommer: 13378/2010Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwida-sie- en distribusierekeningin bogenoemde boedel ter in-sae lê by die kantoor van dieMeester van die Hooggeregs-hof te Mmabatho en 'n af-skrif daarvan by die Land-droskantoor, Mothibistad,vir 'n tydperk van 21 (EENEN TWINTIG) dae vanaf 14Desember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460

D.R. Booysen

NOTICE TOCREDITORS INDECEASED ESTATEIn the estate of the lateDaniel Reginald Booysen,identity number551014 5047 083 andsurviving spouse SarahBooysen, of 20 Bo Street,Postmasburg.

Estate number: 1095/2012All persons having claimsagainst the undermentionedestate must lodge it with the

Executor concerned within30 days (or as indicated)from date of publicationhereof.J.J. LOFTY-EATONc/o BOTHA NELATTORNEYS1030 Saxby avenue,CenturionTel. 012 654 0544.

H. ORREN

In the estate of the late Har-ris Orren, identity number430428 5073 088, of 1 Reser-voir Street, Wrenchville,Ku-ruman.

Estate number: 945/2012All persons having claimsagainst the estate mustlodge it with the executorconcerned within 30 daysfrom 14 December 2012.Signed at Kuruman on 5December 2012KBVS ATTORNEYSPO Box 565Kuruman8460.

M.A. Galeboe

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleModisagarekwe AndriesGaleboe, identiteitsnommer190603 5147 088, getroud bin-ne gemeenskap van goedmet nagelate eggenoteKebitsamang NellieGaleboe, identiteitsnommer340903 0284 087, woonagtig inHuis 78E, Dithakong, distrikKuruman.

Boedelnommer: 13937/2010.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwida-sie- en distribusierekeningin bogenoemde boedel ter in-sae lê by die Kantoor van dieMeester van die Hooggeregs-hof, Mmabatho en 'n afskrifdaarvan by die Landdros-kantoor, Mothibistad, vir 'ntydperk van 21 (EEN ENTWINTIG) dae vanaf 14 De-sember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460.

M.M. Sebopelo

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleMokaimang MichaelSebopelo, identiteitsnommer440506 5482 082, met nagelateeggenote Senyaditswe MarySebopelo, identiteitsnommer510604 0747 084, in lewe vanHuis A63, Bendell Village,distrik Kuruman.

Boedelnommer: 3291/2011.Skuldeisers en skuldenaarsin bogemelde boedel wordversoek om hul vorderingsin te lewer en hul skulde tebetaal by die kantore vanondergenoemde binne 30(DERTIG) dae vanaf 14 De-sember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460.

P. van der Walt

In die boedel van wyle Pedrovan der Walt,identiteitsnommer380726 5021 084, getroudbuite gemeenskap van goed,van Houtstraat 23, Postmas-burg 8420.Boedelnommer: 2601/2011Neem asseblief kennis datdie eerste en finale likwida-sie- en distribusierekeningin bogenoemde boedel ter in-sae lê vir 'n periode van 21dae vanaf 21 Desember 2012by die Landdroskantoor,Postmasburg en dieMeesterskantoor, Kimber-ley.ANDRE DE BEERPosbus 18Bostraat 24Postmasburg 8420.Tel. 053 313 0508

T.P. Chiri

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyleTsatsi Piet Chiri,identiteitsnommer400106 5533 089, getroud bin-ne gemeenskap van goederemet Martha Chiri,identiteitsnommer500725 0316 080, in lewe vanHuis 2873, Slagpaal,Batlharos, distrik Kuruman.

Boedelnommer 10328/2011.Skuldeisers en skuldenaarsin bogemelde boedel wordversoek om hul vordering inte lewer en hul skulde te be-taal by die kantore vanondergenoemde binne 30(DERTIG) dae vanaf 14 De-sember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460.

T.S. Choenyane

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

In die boedel van wyle TlapiSarie Choenyane,identiteitsnommer240916 0202 082, in lewe vanHuis E7, Dinokaneng- sek-sie, Tsening, Distrik Kuru-man.

Boedelnommer 8818/2011.Skuldeisers en skuldenaarsin bogemelde boedel wordversoek om hul vorderingsin te lewer en hul skulde tebetaal by die kantore vanondergenoemde binne 30(DERTIG) dae vanaf 14 De-sember 2012.DUVENHAGE & VAN DERMERWEPosbus 63Kuruman8460.

KP Morometsi/LTMorometsi

Duvenhage &Van Der Merwe Ing.

Behoorlik gelas daartoedeur die verdeler in dieegskeidingsaangeleentheidvan KP Morometsi (Eiseres)en LT Morometsi(Verweerder), sal dieondergemelde eiendom opVrydag 15 Februarie 2013om 10:00 per openbare vei-ling aangebied word vir ver-koping by Catalpalaan 7, Ku-ruman.ERF: 2157GELEË: In die Ga-Segonyana Munisipaliteit,Afdeling Kuruman,Provinsie Noord-Kaap.GROOT: 1 000 (eenduisend)vierkante meter.Die eiendom is verbeter met'n woonhuis. Die eiendomword voetstoots aangebiedvir verkoping en 10% vandie koopprys sal by die toe-slaan van die bod betaalbaarwees deur die koper. Vir diebalans koopprys sal die ko-per 'n aanvaarbarebankwaarborg aan die Ver-deler lewer binne 7 (SEWE)dae na datum waarop diebod deur die Verdeler aan-vaar is. Die Verdeler sal 'ntydperk van 7 (SEWE) daehê om te besluit of die hoog-ste bod op die veiling aan-vaarbaar is al dan nie.NAVRAE:JOHAN CALITZDUVENHAGE & VAN DERMERWETel. 053 712 1064JACO MOORCROFTBalju-kantoreTel. 053 712 0630.

WARRIOR VIAGRA:Nou in Kuruman

beskikbaar.Sterker, langer ereksie.Hou 10 keer langer uit.

Verbeter jou seksleweten volle. 100%

geldterugwaarborg. 100%veilig (medies getoets).

073 894 5273073 522 8346.

Beskikbaar byJimmy's Drankwinkel,h/v Livingston- en Short-straat, Kuruman & Uping-ton Hannes 078 722 4631.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Page 14: Kalahari Bulletin 13 December 2012

14 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

DIE Laerskool Sentraal op Kakamas het die eerste keer ’n landloopbyeenkoms aange-bied. Die suksesvolle byeenkoms is met ’n sosatiebraai-kompetisie vir die ouers gekom-bineer. Oud en jonk het aan die landloopbyeenkoms deelgeneem en ná die tyd is lekkergekuier. Die leerlinge, ouers en onderwysers is dit eens dat dié dag groot pret was.

Foto: Verskaf

FIGHT like a girlwas die boodskapwat Upington Toyotaen Kansa op hulPienk Stap vir Kan-ker-staptog uitgedrahet.Bykans al die on-

dernemings opUpington het saammet Elsabé en RiëlGresse vanUpingtonToyota skouer aandie wiel gesit om vandie 5 km en 1 km sestap ter bewusma-king van borskanker’n reuse-sukses temaak.Pathcare het swart-en-pienk T-hemde vir

die stappers laat maak, Trans-Oranje-druk-kers het ’n verfrissende halfpadwaterpuntbeman en Capitec Bank het die vure laatbrand vir ’n feestelike atmosfeer en het ook

worsbroodjies voorsien.Die stappers het verskeie pryse gewen.Die hoogtepunt vir die 240 stappers was die

strate wat in pienk getooi was met die bood-skap Fight like a girl wat oral te sien was.

Stappers sweet vir Kansa

DIEUpington Toyota-spanwat die 5 km en 1 km se stap ter bewusma-king van borskanker gereël het. Foto: Verskaf

Page 15: Kalahari Bulletin 13 December 2012

KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012 15

DIE Serfontein-ten-nisakademie het ’nontwikkelingstoer-nooi vir leerlingevan die distrik Siy-anda aangebied.

Die toernooi, watnou elke kwartaalaangebied sal word,was ’n reuse-suksesen leerlinge is ge-leer om vinniger teontwikkel en ’n lief-de vir die spel te ont-wikkel.

Die Serfontein-tennisakademie be-plan om op 14 en 15Januarie 2013 ’n oe-fenkamp vir die ten-nisspelers aan tebied.

Rig navrae aan Ti-aan Serfontein by083-462-7179 virmeerinligting oor diekamp.

Tenniskamp in Januarie gehou

DIE tennisspelers van Siyanda wat die Serfontein-tennisakademie se ontwikkelingstoernooi bygewoon het. Foto’s: Verskaf

LIEBENENGELBRECHT (links) enStefan Joubert het die gr. 1- totgr. 3-afdeling gewen. DANEL HAYES van Kakamas reik na die bal.

ANDRÉ VAN ZYL (links) en PieterNel het die gr. 4- tot gr. 7-afdelinggewen.

Eindig 2de insy afdelingSJ CORBET van die Laer-skool Oranje-Noord wastweede in die gr. 1- totgr. 3-afdeling van die STA-tennistoernooi vir beginners.Hy is in gr. 2 en ontvangafrig-ting aan die Anta-tennisaka-demie. Foto: Verskaf

Page 16: Kalahari Bulletin 13 December 2012

16 KALAHARI BULLETIN, DONDERDAG 13 DESEMBER 2012

TENNISSPELERS van oor Siyanda heen hetaan die Siyanda-tennisproewe deelgeneem.Hier is ’n span gekies wat van 24 tot 26 Janu-arie in Kimberley gaan speel.Bea Engelbrecht (o.9) en Jolise Swanepoel

(o.10) van die Voorbereidingskool FanieMa-lan is gekies.Van die Laerskool Sentraal op Kakamas is

Danel Hayes (o.9), Anke Engelbrecht (o.10),Heila Hayes (o.11), Elani Brand (o.12), IlseSchreuder (o.12), Le Roux de Vos (o.10), JeanPierre Louw (o.10), Tiaan Viviers (o.11), Lo-han van Zyl (o.11), André van Zyl (o.12), Ko-bus van Zyl (o.12), Micke Engelbrecht (o.13),

Joline van Zyl (o.13), Jo-Mari Hayes (o.14),Carli Brand (o.14) en Christin Fox (o.14) ge-kies.Van die Laerskool Oranje-Noord is Janice

Avenant (o.11), Melisa van Zyl (o.12), Chris-tel van Zyl (o.12), Lieben Engelbrecht (o.9),Lombaard Conradie (o.9), Johandré Ter-blanche (o.9), Stefan Joubert (o.10), Ian Eras-mus (o.11), Ané Jonas (o.13), Chané Avenant(o.14), Benré Engelbrecht (o.13), LemleyMulder (o.13), Francois Joubert (o.14), Jo-hann Joubert (o.14) en Thinus Opperman(o.14) gekies.Van die Primêre Skool op die Voorpos is

Ona Lamprecht (o.11), Berna Killian (o.11),GeoEngelbrecht (o.10), HeinNeser (o.12), Jo-Nel Neser (o.13), Zoë Strauss (o.13), LihannNieuwoudt (o.13) en Albert van Niekerk(o.13) gekies.Van die Laerskool Postmasburg is Stefan

Swart (o.11) en Scholz Oberholster (o.12) ge-kies.Van die Hoërskool Duineveld is Deanke

van Zyl (o.15), Ané Dippenaar (o.16), Daniel-le Nel (o.16), Mia Strauss (o.16), Elmoné Bo-tha (o.17), Duncan McGregor (o.15), ConnieConradie (o.15), Edgar Zealand (o.16), Joa-han de Klerk (o.16), JayD van Zyl (o.17), Be-

andré Swart (o.17), Nicholas McGregor(o.19) en Jan-Louis Basson (o.19) gekies.Van die Hoërskool Upington is Christine

Becker (o.15), Jana Becker (o.15), Liané vanNiekerk (o.16), Esmarie Ferreira (o.17), Salo-me Hanekom (o.17), Marica Loots (o.19),Gustav Loots (o.16), Gert Rupping (o.17),Eduard Kilian (o.17), Loupie Nieuwoudt(o.19) en Franco Swart (o.19) gekies.Van die Hoërskool Martin Oosthuizen op

Kakamas is Christi van Niekerk (o.15), So-nette Oosthuizen (o.17), Gerber van Rooyen(o.15), Frikkie van Tiddens (o.15) en Adri duPlessis (o.16) gekies.

Siyanda kies tennisspanneANKE (regs) en Micke Engelbrecht van Kakamas is albei eer-ste in hul ouderdomsgroepe gekeur. Foto’s: Verskaf

LOUPIE (links) en Lihann Nieuwoudt is albei eerste in hul ou-derdomsgroepe gekeur.

STEPHAN (links) en Francois Joubert is albei eerste in hulouderdomsgroepe gekeur.